Editorial

Editorial Reviews

Editorial Office
In die Skriflig/In Luce Verbi | Vol 45, No 4 | a199 | DOI: https://doi.org/10.4102/ids.v45i4.199 | © 2011 Editorial Office | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 26 July 2011 | Published: 26 July 2011

About the author(s)

Editorial Office,, South Africa

Full Text:

PDF (127KB)

Abstract

Die redaksie is weereens bevoorreg om artikels in hierdie laaste uitgawe van 2011 aan te bied. Soos gewoonlik is die artikels vanuit verskillende tradisies en teologiese dissiplines. Die eerste artikel, geskryf deur H.J.C Pieterse, vorm deel van die projek “Metateore- tiese vertrekpunte in die Praktiese Teologie”. Binne die teologiese raamwerk van die projek, naamlik dat ons die werklikheid sien as God wat daarin werksaam is en ook die interpretasie van die praksis vanuit ons teologiese invalshoek benader, handel hierdie artikel oor ’n benadering tot die interpretasie van die praksis, wat deur die ou- teur as ’n hermeneutiese moment gesien word. Tans bestaan daar onder andere die empiriese, hermeneutiese, bevrydingsteologiese en narratiewe benaderings tot die Praktiese Teologie. Die outeur het gekies om vanuit reformatories-teologiese perspektief die herme- neutiese benadering tot die vak te bespreek. Die wetenskapsfiloso- fiese teorieë oor die hermeneutiek, en die hermeneutiese benade- rings tot die Praktiese Teologie van Browning, Dingemans, Heitink en Osmer word bespreek. Die gevolgtrekking is dat praktiese teoloë vanuit ’n reformatoriese perspektief krities by Osmer se benadering kan aansluit. Die artikel is aktueel en lewer ’n goeie bydrae tot die metateorie van die Praktiese Teologie.

Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 3158
Total article views: 1487


Crossref Citations

No related citations found.