Original Research

Antwoord op Deist se kritiek

F. N. Lion-Cachet
In die Skriflig/In Luce Verbi | Vol 19, No 75 | a1258 | DOI: https://doi.org/10.4102/ids.v19i75.1258 | © 1970 F. N. Lion-Cachet | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 06 June 1985 | Published:

About the author(s)

F. N. Lion-Cachet,, South Africa

Full Text:

PDF (107KB)

Abstract

F. E. Deist (Des. 1984: 47—56) het in sy reaksie op my kritiek op ’n ABC van Bybeluitleg (Maart 1984 : 38—51) geoordeel dat ons verskille op kenteoretiese vlak lê en sy hele diskussie daarvolgens gevoer. Hy het my nie t.o.v. my kernkritiek op die ABC geantwoord nie maar “my kenteorie” (waaroor dit nie in my kritiek gegaan het nie) as Platonies-realisties (Neoplatonies) gebrandmerk en aan homself ’n histories-kritiese kenteorie in die tradisie van (Vico, Spengler), Collingwood en Popper toegeëien. Na ’n paar inleidende vraagtekens, wat ek weer kan bevraagteken, het hy tot die aanval oorgegaan. Aanval is mos die beste verdediging. Hy soek dan na voorbeelde van my “Platoniese kenteorie” en nooi my dan uit om op kenteoretiese vlak verder met hom die gesprek te voer.

Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 2514
Total article views: 1718


Crossref Citations

No related citations found.