Original Research

Twee vroeë reaksies van Gereformeerde kant op Karl Barth

B. J. Engelbrecht
In die Skriflig/In Luce Verbi | Vol 20, No 78 | a1275 | DOI: https://doi.org/10.4102/ids.v20i78.1275 | © 1986 B. J. Engelbrecht | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 06 June 1986 | Published: 06 June 1986

About the author(s)

B. J. Engelbrecht,, South Africa

Full Text:

PDF (253KB)

Abstract

In 1919 het die eerste uitgawe van die epogmakende “Romerbrief” van Karl Barth verskyn. Van die tweede druk in 1922 sê hy dat “kein Stein mehr auf dem andem” gelaat is nie. So opspraakwekkend was hierdie boek dat in 1929 die 5de druk van die tweede, radikaal-hersiene uitgawe verskyn het. Intussen het nog ander werke van Barth en selfs oor Barth verskyn. 0ns noem o.a. sy Der Christ in der Gesellschaft (1920); Das Wort Gottes und die Theologie (1924); Vom Christlichen Leben (1926); Auferstehung der Toten (2. Aufl. 1927), sy preke saam met Eduard Thurneysen Komm Schopfer Geist, (Dritt Aufl., 7-9 Tausend(!) 1926). Maar 1927 was veral belangrik vanweë die verskyning van Barth se eerste Dogmatiekboek: “Die Christliche Dogmatik im Entwurf. 1 Die Lehre vom Worte Gottes. Prolegomena zur Christlichen Dogmatik” . Voor dié datum het dwarsoor die wêreld, maar ook in Nederland wye reaksie op sy teologie ontstaan. In 1926 skryf Max Strauch sy “Theologie Karl Barth’s”, terwyl Haitjema in Nederland ook in 1926 sy Barth boek die lig laat sien (Prof. dr. Th. L. Haitjema, Karl Barth, Wageningen 1926.) Ander Nederlanders wat gereageer het, was drr. A. H. de Hartog, V. Hepp, Ph. Kohnstamm en di. D. Tromp en 0. Noordmans.

Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 2545
Total article views: 1848


Crossref Citations

No related citations found.