Original Research

T.T. Cloete en die omdigting van die Psalms

M. Venter
In die Skriflig/In Luce Verbi | Vol 30, No 1 | a1568 | DOI: https://doi.org/10.4102/ids.v30i1.1568 | © 1970 M. Venter | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 12 June 1996 | Published:

About the author(s)

M. Venter,, South Africa

Full Text:

PDF (172KB)

Abstract

Sedert 1989 is T.T. Cloete saam met ander digters werksaam aan die omdigting van die Psalms - ’n taak wat, soos hy self sê, ’n nuwe dimensie in sy lewe ingedra het, maar ook ’n taak wat buitengewone eise stel: eksegeties en hermeneuties moet die Skrifgegewe in die omdigting met omsigtigheid vertolk word, die struktuurpatrone van die grondtaal moet nie onnodig versteur word nie en die eindproduk moet musikologies en harmonies aanvaarbaar op die oor val. In hierdie opsig is die bestaande Geneefse melodie soms ’n verdere dwangmeester wat die verslengte en die strofebou bepaal. Waar ook die melodie in berekening gebring moet word, moet hierdie ‘ruimte’ sinvol ‘ingevul’ word met Skrifgetroue inhoud. En wat poëties, semanties en taalkundig ‘normaal’ is, is nie altyd singbaar nie - die omdigtings moet uiteindelik in aldagtaal gesing word. Woorde, betekenisnuanses, verse en lettergrepe moet dus letterlik en figuurlik geweeg en getel word.

Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 2383
Total article views: 2596


Crossref Citations

No related citations found.