Die
Die Johannese
Jesus het nog baie ander wondertekens, wat nie in hierdie boek beskrywe is nie, voor sy dissipels gedoen. Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle deur te glo, in sy Naam die lewe kan hê. (Joh 20:30–31)
Dit dui aan wat Johannes se doel met die skryf van die Evangelie was, naamlik om geloof in die Seun van God aan te wakker en te hernu. Hierdie sterk teologiese stelling word ook binne die ná-Pase situasie met die Johannese konsep van die
Die wonderwerk te Kana is eie Johannese materiaal wat deur 'n spaarsamige narratiewe styl en 'n totale konsentrasie op die werklikheid van die wonder en die krag van die Wonderwerker gekenmerk word. Vormkrities gesien is dit 'n ‘gawe-wonderwerk’ – Walter Bauer (
Die Kana-perikoop is van besondere belang vir sowel die Johannese konsep van wonderwerke as Johannes se teologie in die geheel. Johannes het Jesus se openbare bediening met 'n wonderverhaal begin wat deur die hoogs gekondenseerde verhaalstyl en die wesenlike aard van die wonderwerk self die aandag uitsluitlik op die Een wat die wonderwerk doen, vestig. Die evangelis tel in Johannes 1:11 hierdie totale konsentrasie op die Wonderwerker op. Hy beskryf nie net die plek en die uitwerking van Jesus se eerste wonderwerk nie, maar deur middel van die
Die genesing van die seun van 'n βασιλικὸς [koning se amptenaar] in Johannes 4:46–54 berus op 'n gemeenskaplike tradisie met Matteus 8:5–13 en Lukas 7:1–10 (Wegner
'n Johannese tradisie met sinoptiese trekke word ook in Johannes 5:1–9ab gevind. Die strukturele ooreenkomste met die sinoptiese
Die wonderbaarlike voeding van vyfduisend en Jesus wat daarna volgens Johannes 6:1–25 op die water loop, is literêr en tradisie-histories van Markus 6:32–52 afhanklik. Kenmerkend van die voedingsverhaal is die intensifering van die wonderbaarlike in Johannes 6:7 en 11 en die eucharistiese eggo in vers 11. Die naaste godsdiens-historiese parallel kom in 2 Konings 4:42–44 voor.
Kenmerkend van Johannes 6:16–25 is die indrukwekkende beskrywing van 'n wonderwerk. Hierdie narratief, wat oorspronklik 'n epifanie was, kombineer motiewe van op die see te loop en van die stilmaak van die storm met 'n verdere wonderwerk, naamlik die skielike aankoms van die boot aan die oewer in vers 21b. Godsdiens-historiese parallelle van loop op die see kom sowel in die Ou Testament as in hellenistiese bronne voor; dit blyk egter dat die motief van 'n boot wat wonderbaarlik vinnig by die land aankom in die pre-Christelike tye slegs in Griekse literatuur aangetref word (vgl. Schnelle
Die genesing van die blindgebore man in Johannes 9 is ook 'n besondere tradisie van die Johannese skool. Hierdie
'n Verdere eie Johannese tradisie wat in 'n sterk geredigeerde vorm voorkom, is die opwekking van Lasarus in Johannes 11. In sy huidige vorm blyk die narratief inhoudelik swaar oorlaai te wees, maar in sy tradisionele, basiese vorm is dit, ten opsigte van die karakters (Luk 10:38–42; 16:19–31) asook die onderwerp (Mark 5:22–24, 35–43) baie naby aan die weergawes van soortgelyke sinoptiese tradisies en veral ook van Handelinge 9:36–42.
Die opwekking van Lasarus is die hoogtepunt van Jesus se openbare bediening en terselfdertyd aanleiding vir die finale besluit van die Joodse leiers om Jesus dood te maak (Joh 11:53).
Aan die ander kant verraai kleiner gegewens die groot verskille tussen Lasarus en Jesus. In die geval van Lasarus is die graf steeds gesluit (11:38) terwyl die klip reeds weggerol is by Jesus (20:1). Waar Lasarus van die stukke lap bevry moet word (11:43–44), bevry Jesus Homself van sy grafkleed (20:6–7), soos gesien kan word uit die netjies opgevoude lap wat om Jesus se kop gedraai was. Ten slotte dui die gebruik van die frase ὃνἤγειρενἐκνεκρῶν [wat hy uit die dood opgewek het] wat drie maal ten opsigte van Lasarus herhaal word (12:1, 9, 17) en ἠγέρθη ἐκ νεκρῶν in 2:22 vir Jesus, op 'n duidelike verband tussen die opwekking van Lasarus en die opstanding van Jesus. Die werkwoord ἐγ εί ρω kom in die sin van ‘uit die dood opgewek’ slegs op hierdie plekke in die Evangelie voor (en ook in die epiloog in 21:14).
Samevattend kan gesê word dat die Johannes-evangelis, blykbaar wonderverhale uit die verskillende lyne van tradisies wat beskikbaar was, benut. Buiten verhale wat duidelik die eie tradisies in die Johannese groep verteenwoordig, is daar ook verhale wat met die sinoptiese verhale ooreenstem – een vertelling waarvan die tradisiegeskiedenis nóú met die sinoptiese tradisie verbind is, asook twee wonderverhale uit die Markusevangelie.
Die godsdiens-historiese bevindings is kompleks. Nie net die Ou Testament en die Joodse motiewe en invloede nie, maar ook die hellenistiese en heidense motiewe en invloede kan gedemonstreer word. Hierdie resultaat staan teenoor alle pogings om die pre-Johannese wonderwerktradisie binne die raamwerk van slegs maar 'n
Uit Johannes 20:31 is dit duidelik dat die wonderwerke 'n teologiese funksie vir Johannes het: ‘… hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle deur te glo, in sy Naam die lewe kan hê.’ Die evangelis relativeer nie die wonderwerke nie, maar integreer dit in sy teologiese opvatting. Ses motiewe is hier van belang.
Vir Johannes het Jesus se wonderwerke openbaringskarakter. Die
Daarbenewens gebruik Johannes die konsep,
Die wonderwerke getuig van die eenheid van die Seun met die Vader. Die Seun doen die werke van die Een wat Hom gestuur het en die wonderwerke is niks anders as τὰ ἔργατοῦ θεοῦ ([werke van God]; vgl. Joh 5:20, 36; 6:29, 30; 7:3, 21; 9:3b–5; 10:25, 32 e.v., 38; 14:10–11; 15:24) nie. Veral in 9:3b–5 verbind die evangelis Jesus se wonderwerk-aktiwiteit aan die totale verlossende gebeurtenis wat in 4:34 en 17:4 ἔργον [
Deur die motief van die eenheid van die Vader en die Seun verenig die evangelis die
Soos Jesus se hele bediening 'n openbaring en verheerliking van die Vader deur die Seun is, en die Seun deur die Vader (Joh 8:54; 12:28; 13:31–32; 14:13), so is die wonderwerke die spesifieke lokus van hierdie openbaring. Dit is nie net 'n verwysing na die
In welke mate wonderwerke en geloof in Johannes saamhang, kan in Johannes10:40–42 gesien word met die essensiële verskil tussen Jesus en Johannes die Doper. Johannes het geen wonderwerke gedoen nie en daarom glo
Vir die evangelis, Johannes, lei wonderwerke tot geloof; vir hom word ‘om die σημεῖον [
Hierdie verband tussen om te sien en om te glo, word verder duidelik gemaak in Johannes 2:11, 23; 4:53; 6:14; 7:31; 9:35–38; 10:40–42; 11:15, 40, 45; 12:11; 20:8, 25, 27, 29a en speel 'n sentrale rol in die manier waarop die vierde evangelis geloof verstaan. Geloof ontstaan uit die wonderwerk wat reeds plaasgevind het; dit is nie geloof wat die wonderwerk moontlik maak nie. Johannes sien dus hoegenaamd nie geloof in wonderwerke as bloot 'n ‘voorlopige, eerste-vlak geloof’ nie; die wonderwerk genereer nie net 'n verwysing na die geloof, of 'n tweedehandse of onvolledig geloof nie,
Jesus se wonderwerke roep geloof en ongeloof op. Die evangelies formuleer hierdie situasie in programmatiese modus in Johannes 12:37: ‘Hoewel Hy so baie tekens in hulle teenwoordigheid verrig het, het hulle nie in Hom geglo nie.’ Selfs Jesus se broers glo nie in Hom nie (7:5), alhoewel hulle sy werke (7:3) gesien het. Die genesing van die man wat blind gebore is, lei tot geloof én ongeloof onder die Jode (9:16). Jesus neem die eens blinde man se belydenis, πι στ εύω, κύ ρι ε[Here, ek glo] in 9:38, as 'n geleentheid om die karakter van sy sending as 'n oordeel te beklemtoon. 'n Persoon se houding (geloof of ongeloof – vgl. 3:18) teenoor Jesus se wonderwerke is deurslaggewend vir die oordeel (9:39). Die opwekking van Lasarus lei baie Jode tot geloof (11:45) maar terselfdertyd verraai sommige Hom daardeur aan die Joodse leiers (11:46).
Johannes gebruik die wonderwerke om die aard van ongeloof te demonstreer, want in die lig van die σημεῖα is ongeloof die ontkenning van 'n onteenseglike werklikheid: Jesus Christus is die Seun van God. Die kentekens van ongeloof is nie 'n gebrek aan kennis of 'n onvermoë om te glo nie, maar ongeloof is eerder die doelbewuste ontkenning van 'n onmiskenbare en openbaar-sigbare feit.
Die verband tussen wonderwerke en ongeloof dui ook daarop dat die wonderwerke nie vir die evangelis magies werk nie. Ten spyte van hulle openbarende karakter, belangrikheid en werklikheid vereis wonderwerke 'n besluit van die kant van menslike getuies. Tot die mate wat Jesus se wonderwerke die geleentheid vir sowel geloof as ongeloof kan wees, vorm dit 'n sentrale element in Jesus se hele bediening, en die resultaat is dat sommige mense glo en ander nie (vgl. 5:47; 6:36, 64; 8:45, 46; 10:25, 26; 16:9).
Die realiteit van die wonderwerke word gedemonstreer deur hulle merkwaardige afmetings en deur die feit dat hulle geverifieer kan word (Joh 2:9–10; 4:51 e.v.; 5:2, 5; 6:13; 9:9, 20, 25, 39; 11:18, 39, 44) as die goddelike teenwoordigheid in die wêreld. Terselfdertyd beklemtoon die
Die teologiese punt is duidelik: deur sy reddende handelings in die wêreld het God Homself onlosmaaklik aan die mens, Jesus van Nasaret, en sy werk verbind. God self praat en tree in Jesus op en dit in 'n eksklusiewe en onoortreflike sin. God se woord kan nêrens anders gehoor word nie (5:39–40) en God se werke kan ook nêrens anders as deur die mens, Jesus van Nasaret, ervaar word nie (3:35; 5:20–22).
Die Joodse leiers se ongeloof lei tot Jesus se kruisiging. Hulle finale besluit om Jesus dood te maak, volg op sy kragtigste daad, die opwekking van Lasarus (Joh 11:53). Dit illustreer duidelik die onafhanklikheid van die vierde evangelis om sy werk saam te stel. Hy het die reiniging van die Tempel (vgl. Schnelle
Vanaf die begin is die titel, ὁ ἀμνὸς τοῦ θεοῦ [
Die evangelis verbind met Johannes 2:13 die eerste deel van die dubbele tradisie tot sy beskikking (2:1–10, 12; 4:46b, 47, 50–53; vgl Schnelle
Die herhaalde beskrywings van die reise na die godsdienstige feeste, asook ander verwysings na die feeste (2:23; 5:1; 6:4; 7:2, 10; 1l:18, 55 e.v.) het ook die uitsluitlike doel om Jesus herhaaldelik na Jerusalem te bring of om sy aktiwiteit aan Jerusalem te verbind, waar sy lot ook vervul sal word. Baie Jode het in Jesus begin glo deur die wonderwerke wat Hy gedurende die Paasfees in Jerusalem gedoen het. Die genesing by die poel van Siloam (Joh 9) gebeur tydens 'n fees in Jerusalem. Die voeding van vyfduisend en Jesus wat op die see loop, vind plaas – en vanuit die evangelis se oogpunt is dit nie toevallig nie – tydens die Pasga, in die teenwoordigheid van 'n groot skare. Jesus se broers moedig Hom aan om na die Loofhuttefees te gaan sodat Hy wonderwerke voor die skare daar kan doen. Maar Jesus gaan in die geheim na die fees omdat Hy weet dat die Jode Hom wil doodmaak. Johannes intensifeer doelbewus die genesing van die verlamde man by die poel en die genesing van die man wat blind gebore is op die Sabbat (5:9c; 9:14). Daarmee verskerp die konflik tussen Jesus en die Jode en word die wonderwerke as oorsaak vir die vervolging van Jesus en sy volgelinge geteken (5:16; 9:4, 16, 22, 34).
Vir Johannes is die wonderwerke komposisioneel en in terme van hulle inhoud 'n uitdrukking van sy
Sowel die sinoptici as die Evangelie van Johannes plaas die sentrale fokus van hulle verhale op Jesus se invloedryke bediening as bedienaar van wonderwerke en wondergeneser. Albei is dit op hierdie punt histories eens: Jesus was 'n Wonderwerker. Maar Johannes stel nie belang in die vraag na die historisiteit van die individuele wonderwerke nie. Hy aanvaar die historiese feit van Jesus se wonderwerke en integreer dit in sy teologiese opvatting, naamlik dat wonderwerke gebeure is waardeur die genadige God Homself na die wêreld draai.
Jesus draai na mense veral in sy wonderwerke; die konsep van waarneembare tekens is 'n sentrale element van die vierde Evangelie se inkarnasie-Christologie. Johannes integreer sewe
As kragtige dade deur ‘die Woord wat vlees geword het’, het die wonderwerke in die Evangelie van Johannes 'n fundamentele funksie. Met hulle digtheid en realisme wys dit dat Jesus Christus werklik ruimte en tyd binnegekom het. Die gelyktydige klem op Jesus se menslikheid is bedoel om die vleeslike bestaan van die Wonderwerker aan te toon. Wanneer geloof volg wanneer mense die wonderwerke sien, beteken dit dat Johannes op die belang van geloof in Jesus se verskyning in die vlees aandring. Die wonderwerke is demonstrasies van Jesus se heerlikheid in die wêreld en maak terselfdertyd deel van die Johannese
In teenstelling met die onderwaardering van die Johannese
Die tekens vorm die narratiewe basis van die hele Evangelie: die wonderverhale lei die leser tot die besef dat Jesus sy oorsprong in God het, dat Hy God se Woord is, naamlik die Seun wat die Vader gestuur het en die Een wat die ewige lewe bring.
Die outeur verklaar dat hy geen finansiële of persoonlike verbintenis het met enige party wat hom nadelig of voordelig kon beïnvloed het in die skryf van hierdie artikel nie.
Vir 'n analise van die Johannese wonderwerktradisie, vergelyk Nicol (
Oor die linguïstiese aspekte van die woord παρακλητος, vergelyk Behm (
Parallelle in Schnelle (
Vergelyk Philostratus
Vergelyk die tabel in Dodd (
Hier kan 'n mens primêr aan die Asklepiosheiligdomme dink. Vir parallelle, vergelyk Rengstorf (
Benewens standaardkommentare op Johannes 11:1–44, vergelyk in die besonder Labahn (
Vir 'n kritiese bespreking van Fortna (
Hierdie siening staan teenoor Bultmann (
Daar is nie fundamentele kritiek op wonderwerke in Johannes 2:24–25; 4:48; 6:30; 20:29b nie. Jesus verwerp slegs die eis of versoek vir 'n wonderwerk (4:48; 6:30), of andersins die twyfelagtige geloof van die skare (2:24–25; vgl. Bittner
Hierdie staan teenoor Bultmann (
In die klassieke tesis van Bultmann (
Bultmann (
Vir die Johannese