Alhoewel die voorkoms en gebruik van die Ou Testament in die meeste navorsing oor Hebreërs besonder baie aandag geniet, is dit nie die geval met die Hebreërskrywer se gebruik van inleidingsformules vir sy Ou-Testamentiese aanhalings nie. Die gevolg is dat daar tot op hede betreklik min selfstandige navorsing oor die Hebreërskrywer se tema van God se spraak by sy inleidingsformules gedoen is. In hierdie artikel word Hebreërs se inleidingsformules in besonderhede nagegaan om te bepaal wat die aard en inhoud van die Hebreërskrywer se verwysings na die tema van God se spraak in sy inleidingsformules is. Daar word onder andere bepaal dat Hebreërs 38 direkte aanhalings vanuit die Ou Testament bevat, dat die Hebreërskrywer, met slegs een uitsondering, elke inleidingsformule met ’n werkwoord van
Dit word universeel deur biblioloë aanvaar dat die Ou Testament die primêre grondslag van Hebreërs vorm. Elke hoofstuk van Hebreërs is met eksplisiete en implisiete verwysings na die Ou Testament deurdrenk. Die prominensie van die Ou Testament in Hebreërs het tot gevolg dat dit een van die grootste ondersoekvelde in navorsing oor Hebreërs is. Feitlik elke artikel, proefskrif en kommentaar oor Hebreërs neem deeglik van die prominente plek van die Ou Testament in Hebreërs kennis en verreken dit ook deeglik in die navorsing.
Alhoewel die voorkoms en gebruik van die Ou Testament in die meeste navorsing oor Hebreërs besonder baie aandag geniet, is dit nie die geval met die Hebreërskrywer se gebruik van inleidingsformules vir sy Ou-Testamentiese aanhalings nie. Hoewel die meeste navorsers van die Hebreërskrywer se (byna unieke) gebruik van inleidingsformules melding maak, bied slegs ’n handjievol van hulle meer uitgebreide navorsing oor hierdie onderwerp aan.
Die gevolg is dat daar tot op hede betreklik min selfstandige navorsing oor die Hebreërskrywer se tema van God se spraak in sy inleidingsformules gedoen is. Met die eerste oogopslag kom dit voor asof die Hebreërskrywer die meerderheid van sy Ou-Testamentiese aanhalings met ’n werkwoord van
Hierdie artikel poog om Hebreërs se inleidingsformules in besonderhede na te gaan om te bepaal wat die aard en inhoud van die Hebreërskrywer se verwysings na die tema van God se spraak by sy inleidingsformules is.
Om die inleidingsformules in Hebreërs in besonderhede na te gaan, moet eers bepaal word hoeveel inleidingsformules daar in Hebreërs is.
’n
In die Nuwe Testament kom die aantal inleidingsformules per Nuwe-Testamentiese boek meermale met die aantal direkte aanhalings uit die Ou Testament in die betrokke boek ooreen. Om die aantal inleidingsformules in Hebreërs rofweg te bepaal, kan daar dus eenvoudig gekyk word na die aantal direkte Ou-Testamentiese aanhalings in Hebreërs. Tog verskil die mees prominente navorsers onder mekaar oor die presiese getal Ou-Testamentiese aanhalings in Hebreërs.
Prominente navorsers se getal Ou-Testamentiese aanhalings in Hebreërs.
Prominente navorsers | Getal aanhalings |
Spicq ( |
36 |
Caird ( |
29 |
Kistemaker ( |
32 |
Barth ( |
± 31 |
Howard ( |
35 |
Schröger ( |
35 |
Westcott ( |
29 |
Lane ( |
31 |
Ellingworth ( |
35 |
Guthrie ( |
± 36 |
Longenecker ( |
38 |
Koester ( |
35 |
Johnson ( |
41 |
Lewicki ( |
35 |
Laughton ( |
39 |
Karrer ( |
± 35 |
Steyn ( |
34 |
Allen ( |
38 |
Cockerill ( |
32 |
Soos uit die tabel blyk, kom die meeste navorsers by ’n getal tussen 29 en 38 uit (vgl. ook Combrink
Hierdie verskille onder navorsers kan hoofsaaklik aan twee verskynsels toegeskryf word, naamlik akademici wat verskillende kriteria gebruik waarvolgens hulle verwysings na die Ou Testament as direkte aanhalings kategoriseer (vgl. Guthrie
Vir die doeleindes van hierdie artikel is die volgende definisie van Nel (
’n Direkte aanhaling is ’n aantal opeenvolgende woorde wat ’n hoë graad van konformiteit met (’n) spesifieke Ou-Testamentiese vers(e) vertoon,
Uit die aard van die saak was dit nie vir die Hebreërskrywer nodig om elke Ou-Testamentiese aanhaling met ’n inleidingsformule te begin nie. Tog maak die kriterium van
Nadat Hebreërs deeglik op grond van bogenoemde kategorisering deurgegaan is, is bepaal dat Hebreërs 38 direkte aanhalings vanuit die Ou Testament bevat. Dit kan soos volg getabelleer word (
Direkte aanhalings uit die Ou Testament in Hebreërs.
Nommer | Heb | Ou-Testamentiese teks |
1 | 1:5a | Ps 2:7 |
2 | 1:5b | 2 Sam 7:14 |
3 | 1:6 | Deut 32:43b (LXX) |
4 | 1:7 | Ps 104:4 (LXX 103:4) |
5 | 1:8–9 | Ps 45:7–8 (LXX 44:7-8) |
6 | 1:10–12 | Ps 102:26-28 (LXX 101:26-28) |
7 | 1:13 | Ps 110:1 (LXX 109:1) |
8 | 2:6-8a | Ps 8:5-7 |
9 | 2:12 | Ps 22:23 (LXX 21:23) |
10 | 2:13a | Jes 8:17 |
11 | 2:13b | Jes 8:18 |
12 | 3:7b–11 | Ps 95:7b–1 (LXX 94:7b–11) |
13 | 3:15 | Ps 95:7b-8 (LXX 94:7b–8) |
14 | 4:3 | Ps 95:11 (LXX 94:11) |
15 | 4:4 | Gen 2:2 |
16 | 4:5 | Ps 95:11 (LXX 94:11) |
17 | 4:7 | Ps 95:7b–8a (LXX 94:7b–8a) |
18 | 5:5 | Ps 2:7 |
19 | 5:6 | Ps 110:4 (LXX 109:4) |
20 | 6:14 | Gen 22:17 |
21 | 7:17 | Ps 110:4 (LXX 109:4) |
22 | 7:21 | Ps 110:4 (LXX 109:4) |
23 | 8:5 | Eks 25:40 |
24 | 8:8–12 | Jer 31:31–34 (LXX 38:31–34) |
25 | 9:20 | Eks 24:8 |
26 | 10:5–7 | Ps 40:7–9 (LXX 39:7–9) |
27 | 10:8 | Ps 40:7 (LXX 39:7) |
28 | 10:9 | Ps 40:8–9 (LXX 39:8–9) |
29 | 10:16–17 | Jer 31:33-34 (LXX 38:33–34) |
30 | 10:30a | Deut 32:35a |
31 | 10:30b | Deut 32:36a |
32 | 10:37–38 | Jes 26:20 & Hab 2:3–4 |
33 | 11:18 | Gen 21:12 |
34 | 12:5–6 | Spr 3:11–12 |
35 | 12:21 | Deut 9:19 |
36 | 12:26 | Hag 2:6 |
37 | 13:5 | Deut 31:6 |
38 | 13:6 | Ps 118:6 (LXX 117:6) |
Alhoewel daar 38 direkte aanhalings van die Ou Testament in Hebreërs is, word daar nie 38 verskillende passasies aangehaal nie. ’n Aantal van hierdie aanhalings herhaal plek-plek: Psalm 2:7 word twee keer aangehaal (1:5a; 5:5), Psalm 40:7–9 drie keer (10:5–7, 8, 9), Psalm 95:7b–11 vyf keer (3:7b–11, 15; 4:3, 5, 7), Psalm 110:4 drie keer (5:6; 7:17, 21) en Jeremia 31:31–34 twee keer (8:8–12; 10:16–17). Dit beteken dat die 38 aanhalings uit 28 Ou-Testamentiese passasies bestaan (vgl. Cockerill
Daar is ook bepaal dat, alhoewel Hebreërs 38 direkte aanhalings bevat, daar tegnies gesproke slegs 31 inleidingsformules is aangesien 1:5b (καὶ πάλιν), 1:8 (πρὸςδὲ τὸν υἰόν), 1:10 (καί), 2:13a (καὶ πάλιν), 2:13b (καὶ πάλιν), 4:5 (καὶ ἑν τούτῳ πάλιν) en 10:30b (καὶ πάλιν) slegs met ’n verbindingsfrase aan ’n ander inleidingsformule gekoppel word. Gerieflikheidshalwe word daar dus binne Hebreërs se 38 direkte aanhalings tussen 31 inleidingsformules en 7 verbindingsfrases onderskei.
Om die aard en inhoud van die inleidingsformules in Hebreërs te omskryf, is die volgende aspekte by elkeen van die 38 aanhalings se inleidingsformules bepaal:
die werkwoordstam(me) wat gebruik is;
die ontleding van die betrokke werkwoord(e) se tyd, modus en diatese;
die grammatikale onderwerp van die werkwoord(e);
die indirekte voorwerp van die werkwoord(e) (nl. aan
die inhoud waaroor die Ou-Testamentiese aanhaling handel.
Bogenoemde data word hieronder saam bestudeer om by ’n geheeldbeeld van die aard en inhoud van die Hebreërskrywer se inleidingsformules te kom.
Die bovermelde aspekte in Hebreërs se 31 inleidingsformules en 7 verbindingsfrases (in grys uitgelig) kan oorsigtelik soos volg getabelleer word (
’n Oorsig oor die inleidingsformules in Hebreërs.
Nommer | Heb | Stam | Ontleding | Onderwerp | Indirekte voorwerp | Inhoud |
1 | 1:5a | λέγω | Aor. Ind. Akt. | God | Die Seun | Seunskap |
2 | 1:5b | - | - | God | Die Seun | Seunskap |
3 | 1:6 | λέγω | Praes. Ind. Akt. | God | Engele | Aanbidding van Seun |
4 | 1:7 | λέγω | Praes. Ind. Akt. | God | - | Engele as skepsels |
5 | 1:8 | - | - | God | Die Seun | Seun se goddelikheid |
6 | 1:10 | - | - | God | Die Seun | Seun se goddelikheid |
7 | 1:13 | λέγω | Perf.Ind. Akt. | God | Die Seun | Seun se verheerliking |
8 | 2:6 | διαμαρτύρομαιλέγω | Aor. Ind. Med.Praes. Part. Akt. | ‘Iemand’ | God | Die mens se plek binne die skepping |
9 | 2:11–12 | λέγω | Praes. Part. Akt. | Jesus | God | Seun se solidariteit |
10 | 2:13a | - | - | Jesus | God | Seun se vertroue |
11 | 2:13b | - | - | Jesus | God | Seun se solidariteit |
12 | 3:7 | λέγω | Praes. Ind. Akt. | Heilige Gees | Hoorders | Hoor God se stem! |
13 | 3:15 | λέγω | Praes. Inf. Pass. | Heilige Gees | Hoorders | Hoor God se stem! |
14 | 4:3 | λέγω | Perf. Ind. Akt. | God | - | Sal nie rus ingaan! |
15 | 4:4 | λέγω | Perf. Ind. Akt. | God | - | God se rus op 7de dag |
16 | 4:5 | - | - | God | - | Sal nie rus ingaan! |
17 | 4:7 | λέγωπρολέγωλέγω | Praes. Part. Akt.Perf. Ind. Pass. | God | - | Hoor God se stem! |
18 | 5:5 | λαλέω | Aor. Part. Akt. | God | Die Seun | Seunskap |
19 | 5:6 | λέγω | Praes. Ind. Akt. | God | Die Seun | Seun se priesterskap |
20 | 6:13–14 | ὀμνύωλέγω | Aor. Ind. Akt.Praes. Part. Akt. | God | Abraham | Abraham se seën en nageslag |
21 | 7:17 | μαρτυρέω | Praes. Ind. Pass | God | Die Seun | Seun se priesterskap |
22 | 7:21 | λέγω | Praes. Part. Akt. | God | Die Seun | Seun se priesterskap |
23 | 8:5 | φημί | Praes. Ind. Akt. | God | Moses | Bou van tabernakel |
24 | 8:8 | λέγω | Praes. Ind. Akt. | God | Die volk | Nuwe verbond |
25 | 9:19–20 | λέγω | Praes. Part. Akt. | Moses | Die volk | Bloed van verbond |
26 | 10:5 | λέγω | Praes. Ind. Akt. | Jesus | God | Seun se offer |
27 | 10:8 | λέγω | Praes. Part. Akt. | Jesus | God | Onvoldoende offers |
28 | 10:9 | λέγω | Perf. Ind. Akt. | Jesus | God | Seun se offer |
29 | 10:15 | μαρτυρέω λέγω | Praes. Ind. Akt.Perf. Inf. Akt. | Heilige Gees | Skrywer en hoorders | Gerealiseerde nuwe verbond |
30 | 10:30a | λέγω | Aor. Part. Akt. | God | - | God se wraak |
31 | 10:30b | - | - | God | - | God se oordeel |
32 | 10:37 | - | - | God | Hoorders | Geloofs-volharding |
33 | 11:18 | λαλέω | Aor. Ind. Pass. | God | Abraham | Isak as nageslag |
34 | 12:5 | διαλέγομαι | Praes. Ind. Med. | God | Hoorders | Goddelike tugtiging |
35 | 12:21 | λέγω | Aor. Ind. Akt. | Moses | - | Moses se vrees |
36 | 12:26 | ἐπαγγέλλομαιλέγω | Perf. Ind. Med.Praes. Part. Akt. | God | - | Finale, eskatologiese oordeelsdag |
37 | 13:5 | λέγω | Perf. Ind. Akt. | God | Hoorders | God se getrouheid |
38 | 13:6 | λέγω | Praes. Inf. Akt. | Skrywer en hoorders | God | God se bystand |
Die onderskeie werkwoorde waarmee die Hebreërskrywer sy Ou-Testamentiese aanhalings inlei, asook hulle voorkoms in die inleidingsformules in Hebreërs, kan soos volg getabelleer word (
Werkwoordstamme in die inleidingsformules.
Werkwoord | Voorkoms in Hebreërs |
λέγω12 | 1:5a, 6, 7, 13; 2:6*,11–12; 3:7, 15; 4:3, 4, 7*; 5:6; 6:13–14*; 7:21; 8:8; 9:19–20; 10:5, 8, 9, 15*, 30a; 12:21, 26*; 13:5, 6 |
διαμαρτύρομαι | 2:6* |
προλέγω | 4:7* |
λαλέω | 5:5; 11:18 |
ὀμνύω | 6:13–14* |
μαρτυρέω | 7:17; 10:15* |
φημί | 8:5 |
διαλέγομαι | 12:5 |
ἐπαγγέλλομαι | 12:26* |
Met die eerste oogopslag is dit duidelik dat ’n vorm van die werkwoord, λέγω, in die meerderheid van die gevalle in Hebreërs se inleidingsformules voorkom. Hierdie werkwoord word in 25 van die Hebreërskrywer se 31 inleidingsformules gevind, wat beteken dat λέγω in net bietjie meer as 80% van die skrywer se inleidingsformules voorkom. Opmerklik genoeg word elke verbindingsfrase (1:5b, 8, 10; 2:13a, 13b; 4:5; 10:30b) aan ’n inleidingsformule gekoppel wat die werkwoord λέγω bevat; dit beteken dat die werkwoord λέγω implisiet by 32 van Hebreërs se 38 Ou-Testamentiese aanhalings voorkom (± 84%).
Wanneer bogenoemde nege werkwoorde se semantiese aanwending binne hulle onderskeie kontekste nagegaan word, is daar ’n verdere verskynsel wat uitstaan, naamlik dat elkeen van die nege werkwoorde wat in Hebreërs se inleidingsformules gebruik word om ’n Ou-Testamentiese aanhaling in te lei, telkens binne die semantiese domein ‘kommunikasie’ gebruik word (Louw & Nida semantiese domein 33). Dit impliseer dat met die uitsondering van die inleidingsformule in Hebreërs 10:37, wat geen werkwoord bevat nie,
Hieruit is dit duidelik dat die Hebreërskrywer telkens die klem op die verbale aard van die Ou Testament laat val. Die Hebreërskrywer maak geen melding van γράφω nie – dus asof die Ou-Testamentiese woorde wat hy aanhaal,
Die werkwoordtye van die 30 inleidingsformules in Hebreërs word in
Werkwoordtye van die inleidingsformules.
Tyd | Voorkoms in Hebreërs |
Praesens | 1:6, 7; 2:6*,11–12; 3:7, 15; 4:7*; 5:6; 6:13–14*; 7:17, 21; 8:5, 8; 9:19–20; 10:5, 8, 15*; 12:5, 26*; 13:6 |
Aoristus | 1:5a; 2:6*; 5:5; 6:13–14*; 10:30a; 11:18; 12:21 |
Perfektum | 1:13; 4:3, 4, 7*; 10:9, 15*; 12:26*; 13:5 |
Met die eerste oogopslag is die Hebreërskrywer se voorkeur van die
’n Blote tabel van die werkwoordtye van Hebreërs se inleidingsformules kan misleidend wees. Die primêre tye (
Agt inleidingsformules dui op ’n blote uitspraak in die verlede: 1:5a; 2:6; 5:5; 6:13–14; 9:19–20; 10:30a; 11:18; en 12:21.
Agt inleidingsformules bevat ’n historiese
Agt inleidingsformules dui op ’n uitspraak in die verlede waarvan die gevolge steeds in die hede voortduur: 1:13; 4:3, 4, 7; 7:21; 10:8, 9; 13:5.
Ses inleidingsformules bevat ’n uitspraak wat nou op die huidige oomblik gemaak word: 3:7, 15; 10:15; 12:5; 12:26;
Vanuit hierdie samevatting is dit duidelik dat die Hebreërskrywer ongeveer ’n kwart van sy Ou-Testamentiese aanhalings as blote uitsprake in die verlede inlei. Die oorgrote meerderheid van sy aanhalings dui hy deur die tyd van sy inleidingsformules aan as uitsprake in die verlede wat tans in die hede lewendig uitgedruk word as uitsprake waarvan die gevolge steeds in die hede voortduur – dus asof die uitsprake in die hede gemaak word. Die klem by die Hebreërskrywer se inleidingsformules is duidelik op die teenwoordige tyd.
Laastens is dit vanuit die onderskeie inleidingsformules ook duidelik dat die Hebreërskrywer die aktiewe diatese bo die passiewe verkies.
Die volgende Persone of persone is as die grammatikale onderwerpe van Hebreërs se inleidingsformules geïdentifiseer (vgl. Guthrie
Rakende die tema van God se spraak is dit opvallend dat die Hebreërskrywer in 27 van sy 31 inleidingsformules en in al sewe sy verbindingsfrases óf God, óf Jesus, óf die Heilige Gees as onderwerp het. Dit beteken dat ’n Persoon van die Drie-eenheid in 34 van die 38 direkte aanhalings in Hebreërs die onderwerp en gevolglike Spreker is (± 89%). In teenstelling hiermee word menslike onderwerpe binne die inleidingsformules slegs vier keer aangetref (nl.
Hierdie verskynsel noodsaak ’n vergelyking tussen die oorspronklike onderwerp van die Ou-Testamentiese aanhalings en die onderwerp wat die Hebreërskrywer in sy preek aan hierdie aanhalings toeken.
Eisenbaum (
’n Selfstandige studie oor die oorspronklike onderwerpe in die Ou-Testamentiese tekste wat in Hebreërs aangehaal word, bevestig Eisenbaum (
Uit hierdie navorsing is dit duidelik dat 37 van die 38 aanhalings inderdaad in die Ou Testament in die direkte rede voorkom. Die moontlikheid dat hierdie verskynsel aan toeval toegeskryf kan word, is weglaatbaar klein. Dit wil dus voorkom asof die Hebreërskrywer doelbewus Ou-Testamentiese aanhalings gekies het wat in die direkte rede bestaan.
Die enigste aanhaling wat nie in die Ou Testament in die direkte rede voorkom nie, is Hebreërs 4:4 se aanhaling van Genesis 2:2, wat ’n narratief is. Tog is hierdie uitsondering ook geweldig insiggewend: deur die woorde van hierdie narratief in die mond van God te lê, sê die Hebreërskrywer by implikasie dat God ook spreek deur die gebeure wat in die Ou Testament opgeteken is. Dit kan as bevestiging beskou word dat die Hebreërskrywer van die goddelike inspirasie van die Ou-Testamentiese skrifte oortuig was.
’n Vergelyking tussen die oorspronklike Ou-Testamentiese onderwerp en die onderwerp by die Hebreërskrywer se direkte aanhalings word in
Ou-Testamentiese onderwerpe vs. die onderwerp by die Hebreërskrywer se direkte aanhalings.
Onderwerp in Hebreërs | Onderwerp in die Ou Testament | |
God (25 keer) | God (18 keer): | 1:5a,5b, 13; 4:3, 5, 7; 5:5, 6; 6:13–14; 7:17, 21; 8:5, 8; 10:30a, 30b, 37; 11:18; 12:26 |
Moses (2 keer): | 1:6; 13:5 | |
Digter (4 keer): | 1:7, 8, 10; 12:5 | |
Geen (1 keer): | 4:4 | |
‘Iemand’ (1 keer) | Digter (1 keer): | 2:6 |
Jesus (6 keer) | Digter (4 keer): | 2:11–12; 10:5, |
Profeet (2 keer): | 2:13a, 13b | |
Heilige Gees (3 keer) | God (3 keer): | 3:7, 15; 10:15 |
Moses (2 keer) | Moses (2 keer): | 9:19–20; 12:21 |
Skrywer en hoorders (1 keer) | Digter (1 keer): | 13:6 |
Alhoewel God as onderwerp van die direkte aanhalings in Hebreërs in die meeste gevalle ook die onderwerp van die betrokke woorde in die Ou Testament is, huiwer die Hebreërskrywer nie om die woorde van óf Moses, óf ’n digter, óf ’n verteller (Gen 2:2 in Heb 4:4) aan God toe te ken nie. Hiermee saam word die woorde van digters en profete uitsluitlik in die mond van Jesus gelê. Gevolglik kom dit voor asof die Hebreërskrywer nie in die eerste plek in die menslike skrywers geïnteresseerd is nie, maar hulle in sy inleidingsformules doelbewus vermy om die Ou Testament as die woorde van God, Jesus of die Heilige Gees aan te dui (vgl. Schröger
Die feit dat die Hebreërskrywer die oorgrote meerderheid van sy direkte aanhalings as die spraak van God inlei, het tot gevolg dat baie biblioloë verklaar dat dit die skrywer se oorkoepelende oortuiging is dat die hele Ou Testament uit die mond van God kom, en dat die Ou Testament God se geldige en relevante openbaring bly (vgl. Bruce
Dit lyk asof die Hebreërskrywer doelbewus Ou-Testamentiese aanhalings gekies het wat uit direkte rede bestaan om sodoende te beklemtoon dat God die betrokke woorde
Die onderwerpe by die inleidingsformules dui ook iets van die Hebreërskrywer se prediking oor die Drie-eenheid aan. Die feit dat hy in sy inleidingsformules die gebruik van God, Jesus en die Heilige Gees afwissel, dui daarop dat hy al drie Persone as God beskou (vgl. Laughton
Laastens is dit opmerklik dat die enigste inleidingsformule met
In aansluiting by die onderskeie grammatikale onderwerpe van die werkwoorde van ‘sê’ in Hebreërs word die indirekte voorwerpe, naamlik hulle aan wie die betrokke woorde gerig word, in
Indirekte voorwerpe in die inleidingsformules.
Onderwerp | Indirekte voorwerp | |
God (25 keer) | Die Seun (9 keer): | 1:5a, 5b, 8, 10, 13; 5:5, 6; 7:17, 21 |
Die engele (1 keer): | 1:6 | |
Abraham (2 keer): | 6:13–14; 11:18 | |
Moses (1 keer): | 8:5 | |
Die volk (1 keer): | 8:8 | |
Die hoorders (3 keer): | 10:37; 12:5; 13:5 | |
Geen (8 keer):13 | 1:7; 4:3, 4, 5, 7; 10:30a, 30b; 12:26 | |
‘Iemand’ (1 keer) | God (1 keer): | 2:6 |
Jesus (6 keer) | God (6 keer): | 2:11–12, 13a, 13b; 10:5, 8, 9 |
Heilige Gees (3 keer) | Die hoorders (2 keer): | 3:7, 15 |
Skrywer én hoorders (1 keer): | 10:15 | |
Moses (2 keer) | Die volk (1 keer): | 9:19–20 |
Geen (1 keer): | 12:21 | |
Skrywer en hoorders (1 keer) | God (1 keer): | 13:6 |
Wanneer die indirekte voorwerpe van die inleidingsformules spesifiek in die lig van die tema van God se spraak nagegaan word, is daar veral twee kardinale ondersoekvelde wat uitstaan: die dialoog tussen die Persone van die Drie-eenheid onderling, en die dialoog tussen die Persone van die Drie-eenheid en die skrywer of die hoorders.
Wat die onderlinge dialoog tussen die Persone van die Drie-eenheid betref, kan die volgende bevestig word (vgl. Barth
God praat die meeste van die kere met die Seun (36% van sy spraak is aan Hom gerig), maar nie een keer met die Heilige Gees nie;
die Seun praat uitsluitlik met God; en
die Heilige Gees praat nie met God óf die Seun nie.
Wat die dialoog tussen die Persone van die Drie-eenheid en die skrywer of die hoorders betref, is dit opmerklik dat:
God af en toe met die skrywer of die hoorders praat (12% van sy spraak is aan hulle gerig);
die Seun glad nie met die skrywer of die hoorders praat nie;
die Heilige Gees uitsluitlik met die skrywer of die hoorders praat; en
die skrywer én die hoorders slegs één keer praat, en dan met God.
Wanneer hierdie twee ondersoekvelde gekombineer word, lyk dit soos volg:
God praat dikwels met die Seun en af en toe met die skrywer of die hoorders;
die Seun praat uitsluitlik met God;
die Heilige Gees praat uitsluitlik met die skrywer of die hoorders; en
die skrywer én die hoorders praat uitsluitlik met God.
Vanuit hierdie bevindings kan die volgende konklusies getrek word:
In Hebreërs is daar ’n dialoog tussen God en die Seun in die vorm van Ou-Testamentiese aanhalings. Dit lyk selfs asof die Hebreërskrywer die vreemde onderwerp,
Dit blyk dat die Heilige Gees se monoloog bedoel is om die woorde van God (onder andere die dialoog tussen God en die Seun) dinamies en relevant aan die hoorders
Die feit dat die enigste inleidingsformule wat
Hierdie onderskeie dialoë lei Barth (
In die lig van die dialoog tussen God en die Seun, die dialoog tussen God en die skrywer of die hoorders en die monoloog van die Heilige Gees met die skrywer en die hoorders, is dit belangrik om te weet wat die inhoud van hierdie gesprekke is – naamlik dit waaroor hulle praat. Aan die hand van die onderskeie onderwerpe en indirekte voorwerpe word die inhoud van hierdie Ou-Testamentiese aanhalings in
Die inhoud van die inleidingsformules.
Onderwerp | Indirekte voorwerp | Inhoud |
God | Seun (9 keer) | Sy Seunskap en sy Vader se Vaderskap (1:5a, 5b; 5:5).Sy goddelikheid en ewige koningskap (1:8).Sy goddelikheid, ewigheid en onveranderlikheid (1:10).Sy verheerliking aan God se regterhand (1:13).Sy ewige priesterskap (5:6; 7:17, 21). |
Hoorders (3 keer) | Geloofsvolharding in die lig van die wederkoms (10:37).Goddelike tugtiging en dissiplinering (12:5).Sy getrouheid (13:5). | |
Jesus | God (6 keer) | Sy solidariteit met mense (2:11–12, 13b).Sy vertroue op God (2:13a).Sy gewilligheid om sy liggaam as voldoende offer te gee in kontras met die Ou-Testamentiese offers (10:5, 8, 9). |
Heilige Gees | Hoorders (2 keer) | Die opdrag om vandag na God se stem te luister (3:7, 15). |
Skrywer en hoorders (1 keer) | Die voortreflikheid van die gerealiseerde nuwe verbond (10:15). | |
Skrywer, hoorders | God (1 keer) | God se bystand (13:6). |
Wanneer hierdie gesprekke van nader beskou word, lewer dit baie insiggewende resultate op:
By die dialoog tussen God en die Seun wat in Hebreërs aangehaal word, is dit opmerklik dat God se spreke met sy Seun uitsluitlik oor verklarings handel wat met sy
By die dialoog tussen God en die skrywer en die hoorders is dit opmerklik dat God hoofsaaklik met hulle praat oor die tipe geloofsvolharding wat Hy van hulle verwag. Hy verwag volharding in die geloof met die oog op die wederkoms (10:37), asook verdraagsaamheid tydens dissiplinering (12:5). Hiermee saam bevestig Hy ten slotte aan hulle dat Hy getrou is (13:5). Hierop reageer die skrywer en die hoorders deur teenoor God te bely dat hulle op Hom vertrou (13:6).
In die Heilige Gees se monoloog met die skrywer en die hoorders is dit opmerklik dat Hy hulle oproep om
In hierdie artikel is die inleidingsformules in Hebreërs in besonderhede nagevors met die doel om daaruit die aard en inhoud van die Hebreërskrywer se verwysings na die tema van God se spraak by sy inleidingsformules te beskryf. Die data en konklusies kan soos volg saamgevat word:
Uit die manier waarop die Hebreërskrywer na God se spraak verwys, blyk dit dat hy oortuig is dat God die Ou-Testamentiese skrifte geïnspireer het. Juis omdat dit deur God geïnspireer is, bly dit altyd-aktuele Godswoorde (Bateman
Die outeurs verklaar dat hulle geen finansiële of persoonlike verbintenis het met enige party wat hulle nadelig of voordelig kon beïnvloed het in die skryf van hierdie artikel nie
Hierdie artikel is ’n redegering en verkorting van ’n hoofstuk van A.J.C. (2014) (Noordwes-Universiteit) se proefskrif, ‘Die sprekende God in die boek Hebreërs: ’n openbaringshistoriese studie’, wat onder leiding van G.J.C.J. (Noordwes-Universiteit) voltooi is.
Die belangrikste studie in hierdie verband is Laughton (
Die moeilikheidsgraad om die presiese getal direkte aanhalings in Hebreërs te bepaal, is duidelik te siene uit Guthrie se drie navorsingsartikels wat oor die loop van ’n dekade gepubliseer is en waarin hy sê dat Hebreërs 36 (
Inleidingsformules waarin daar twee werkwoorde voorkom (meermale ’n indikatief, gevolg deur die praesens partisipium λέγων), word twee keer gelys, en is telkens met ’n asterisk (*) aangedui.
Alhoewel ἔτι γὰρ met die eerste oogopslag soos ’n verbindingsfrase lyk, het die feit dat daar geen nabye inleidingsformule is waaraan 10:37 as ’n verbindingsfrase gekoppel kan word nie, tot gevolg dat hierdie frase as ’n selfstandige inleidingsformule beskou moet word.
Op grond van die bywoord νῦν saam met die
Alhoewel óf die Heilige Gees, óf die Skrif as die geïmpliseerde onderwerp van 3:15 se inleidingsformule beskou kan word, maak die Hebreërskrywer se deurlopende beklemtoning dat God in en deur die Skrif praat, dit meer waarskynlik dat die Heilige Gees as die onderwerp bedoel word.
Dit lyk asof die Hebreërskrywer met sy verwysing na
Dit blyk dat die skrywer doelbewus die naam van Dawid in Hebreërs 4:7 vermeld ter wille van sy argument van tydsverloop. Op grond van die eksegetiese tegniek genaamd ‘die letterlike sin van ’n woord’ (vgl. Guthrie
Alhoewel dit nie ’n direkte aanhaling is nie, is ook Hebreërs 9:8 hier toepaslik, waar die Heilige Gees ’n feit rakende die Ou Testament aan die hoorders ‘duidelik maak’ (δηλοῦντος) in die teenwoordige tyd (vgl. Attridge
Die uitsondering is die aanhaling van 2 Samuel 7:14 (of 1 Kron 17:13) in Hebreërs 1:5b. Tog is hierdie aanhaling eintlik ook ’n uitsondering, aangesien hierdie versinhoud meer profeties as histories van aard is (Ellingworth
Hiermee vertoon Hebreërs ’n opvallende ooreenkoms met Jesus se belofte oor die parakletos in onder andere Johannes 14:25–26, 15:26–27 en 16:12–15.