<?xml version="1.0" encoding="UTF-8"?>
<!DOCTYPE article PUBLIC "-//NLM//DTD JATS (Z39.96) Journal Publishing DTD v1.1d1 20130915//EN" "JATS-journalpublishing1.dtd">
<article xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xmlns:mml="http://www.w3.org/1998/Math/MathML" article-type="other" xml:lang="af">
	<front>
		<journal-meta>
			<journal-id journal-id-type="publisher-id">IDS</journal-id>
			<journal-title-group>
				<journal-title>IN DIE SKRIFLIG IN LUCE VERBI</journal-title>
			</journal-title-group>
			<issn pub-type="ppub">1018-6441</issn>
			<issn pub-type="epub">2305-0853</issn>
			<publisher>
				<publisher-name>AOSIS OpenJournals</publisher-name>
			</publisher>
		</journal-meta>
		<article-meta>
			<article-id pub-id-type="publisher-id">IDS-48-1860</article-id>
			<article-id pub-id-type="doi">10.4102/ids.v48i2.1860</article-id>
			<article-categories>
				<subj-group subj-group-type="heading">
					<subject>Book Review</subject>
				</subj-group>
			</article-categories>
			<title-group>
				<article-title>Vreemdelinge en bywoners</article-title>
			</title-group>
			<contrib-group>
				<contrib contrib-type="author" corresp="yes">
					<name>
						<surname>Vorster</surname>
						<given-names>Nico</given-names>
					</name>
					<xref ref-type="aff" rid="AF0001">1</xref>
				</contrib>
			</contrib-group>
			<aff id="AF0001">
				<label>1</label>Faculty of Theology, North-West University, Potchefstroom Campus, South Africa</aff>
			<author-notes>
				<corresp id="cor1">
					<bold>Email:</bold>
					<email xlink:href="nico.vorster@nwu.ac.za">nico.vorster@nwu.ac.za</email>, <bold>Postal address:</bold> PO Box 20004, Noordbrug 2522, South Africa</corresp>
				<fn>
					<p>
						<bold>Book Title:</bold> Vreemdelingen en bijwoners: Opstellen rond een urgent theologisch thema</p>
					<p>
						<bold>Editors:</bold> G.C. den Hertog and H.G.L Peels</p>
					<p>
						<bold>ISBN:</bold> 978-9-07584-737-6</p>
					<p>
						<bold>Publisher:</bold> Theologische Universiteit Appeldoorn, Appeldoorn, &#x20AC;17.50&#x002A;</p>
					<p>&#x002A;Book price at time of review</p>
					<p>
						<bold>How to cite this book review:</bold> Vorster, N., 2014, &#x2018;Vreemdelinge en bywoners&#x2019;, <italic>In die Skriflig</italic> 48(2), Art. #1860, 2 pages. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://dx.doi.org/10.4102/ids.v48i2.1860">http://dx.doi.org/10.4102/ids.v48i2.1860</ext-link>
					</p>
				</fn>
			</author-notes>
			<pub-date pub-type="epub">
				<day>05</day>
				<month>12</month>
				<year>2014</year>
			</pub-date>
			<pub-date pub-type="collection">
				<year>2014</year>
			</pub-date>
			<volume>48</volume>
			<issue>2</issue>
			<fpage>1</fpage>
			<lpage>2</lpage>
			<permissions>
				<copyright-statement>&#x00A9; 2014. The Authors</copyright-statement>
				<copyright-year>2014</copyright-year>
				<license license-type="open-access" xlink:href="http://creativecommons.org/licenses/by/2.0/">
					<license-p>AOSIS OpenJournals. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.</license-p>
				</license>
			</permissions>
		</article-meta>
	</front>
	<body>
		<p>
			<italic>Vreemdelingen en bijwoners</italic> bestaan uit &#x0027;n reeks opstelle oor die tema van vreemdelingskap. Die opstelle is deur dosente verbonde aan die Teologiese Universiteit van Appeldoorn geskryf en handel oor &#x0027;n interessante vraagstuk, naamlik: Wat kan die moderne kerk wat binne &#x0027;n post-Christelike era funksioneer, by die Vroe&#x00EB; Christelike Kerk, wat ook in &#x0027;n nie-Christelike era geleef het, leer?</p>
		<p>Die eerste drie artikels fokus op die Vroe&#x00EB; Kerk se verstaan van hulle vreemdelingskap in die w&#x00EA;reld, terwyl die tweede reeks opstelle Bybeltekste analiseer wat oor vreemdelingskap handel. Die derde groep opstelle bespreek die relevansie van die Vroe&#x00EB; Kerk se benadering tot vreemdelingskap vir die kerk vandag.</p>
		<p>In die eerste reeks opstelle gee A. Baars &#x0027;n oorsig oor die historiese situasie van die Vroe&#x00EB; Kerk, terwyl J.J. Oosterhuis den Otter die brief aan Diognetus (150 n.C.) bespreek en A.J.T. Ruis Tertullianus se perspektiewe op vreemdelingskap analiseer. Die bespreking van Baars is inderdaad &#x0027;n hoogtepunt in die boek. Hy wys daarop dat die vroe&#x00EB; Christene se ervaring van vreemdelingskap aanvanklik &#x0027;n sterk mission&#x00EA;re inslag getoon het. Martelaarskap is as &#x0027;n besondere offer aan God gesien en is soms op &#x0027;n onnatuurlike wyse verheerlik. Terselfdertyd het die gedagte van w&#x00EA;reldmyding egter ook in die vorm van asketiese praktyke na vore getree. Die vroe&#x00EB; Christene was sterk daarop ingestel om hulleself nie deur die heidense praktyke van ander godsdienste te laat meevoer nie.</p>
		<p>In die tweede reeks opstelle analiseer H.G.L. Peels die boek Jeremia, spesifiek hoofstuk 29, terwyl M.C. Mulder oor die Jode se herori&#x00EB;ntasie van hulle geloofslewe na die verwoesting van die tempel in 70 n.C. skryf. T.M. Hoffman bespreek die rol van die <italic>oikos</italic> in die lewe van die vroe&#x00EB; Christene, spesifiek in die lig van die geskrifte van Lukas. Peels se bydrae is, myns insiens, die hoogtepunt in hierdie stel bydraes. Benewens &#x0027;n historiese, liter&#x00EA;re en eksegetiese ontleding van Jeremia 29, trek hy die lyne vanaf die teks na die hedendaagse Christelike ervaring op &#x0027;n relevante wyse deur. Hy waarsku dat Christene in die post-Christelike era enersyds maklik in &#x0027;n passiewe vorm van isolasie kan verval, of andersyds in &#x0027;n negatiewe vorm van opstandigheid en negatiwiteit. Die egte Christelike gesindheid is egter om in &#x0027;n post-Christelike samelewing betrokke te bly deur die uitlewing van die Christelike roeping. Die belange van die Christen hang immers ten nouste saam met die belange van die samelewing.</p>
		<p>In die derde reeks opstelle analiseer G.C. den Hertog die etiek van die Vroe&#x00EB; Christelike Kerk, terwyl J. van &#x0027;t Spyker &#x0027;n perspektief op kerkwees in &#x0027;n post-Christelike kultuur bied. T.M. Hofmann bespreek die vreemdelingskap van die Samaritane in die Nuwe-Testamentiese tyd. Van &#x0027;t Spijker maak &#x0027;n aantal interessante opmerkings in sy bydrae. Hy wys daarop dat die situasie in die Vroe&#x00EB; Kerk nie noodwendig as normatief vir die kerk in &#x0027;n post-Christelike era beskou kan word nie. Die Vroe&#x00EB; Kerk het in &#x0027;n pre-Christelike era geleef, terwyl die hedendaagse kerk binne &#x0027;n samelewing leef wat van die Christelike geloof afskeid geneem het. Die postmoderne mens is kultureel-antropologies gesproke &#x0027;n ander tipe mens as die mens wat in die vroe&#x00EB; Christelike tye geleef het.</p>
		<p>Die boek <italic>Vreemdelingen en bijwoners</italic> bied interessante perspektiewe op die tema van vreemdelingskap en die bydraes is oor die algemeen van &#x0027;n goeie wetenskaplike standaard. Tog bevat die boek enkele leemtes. Eerstens toon dit &#x0027;n gebrek aan &#x0027;n werklike sistematiese omgang met die tema. Dit is byvoorbeeld nie duidelik hoe die opstel oor die Samaritane se vreemdelingskap by die logiese gang van die boek inpas soos dit in die voorwoord uiteengesit is nie. Verder fokus slegs die bydrae van Van &#x0027;t Spijker op die kontempor&#x00EA;re milieu, terwyl die ander bydraes op die vroe&#x00EB; Christelike era fokus. Die tema van die boek vereis sekerlik meer nadenke vanuit &#x0027;n kontempor&#x00EA;re perspektief. &#x0027;n Slothoofstuk wat die verskeidenheid perspektiewe in die boek sistematies saamvat en &#x0027;n duidelike antwoord op die vraagstuk bied, sou groter koherensie aan die boek gegee het. Tweedens gaan die boek van bepaalde uitgangspunte uit wat nie deeglik beredeneer word nie. Die gedagte dat die kerk in &#x0027;n post-Christelike samelewing leef, word as &#x0027;n gegewe beskou. Tog is daar baie literatuur binne die godsdienssosiologie wat die teendeel argumenteer. Hier kan na die opkoms van die desekularisasietese verwys word. Hierdie desekularisasietese bevraagteken die tradisionele sekularisasietese van Weber op empiriese gronde. Die boek toon oor die algemeen &#x0027;n uiters oppervlakkige analise van die kontempor&#x00EA;re godsdienstige milieu. &#x0027;n Derde leemte is dat die basiese vraag wat die boek aan die orde stel, nie werklik duidelik, sistematiese en goed begrond beantwoord word nie. Dit laat die leser uiteindelik met &#x0027;n gevoel van onvergenoegdheid.</p>
		<p>Ten spyte van bogenoemde kritiek kan die boek wel vir lesers aanbeveel word. Lesers wat in die vroe&#x00EB; Christelike era belangstel, sal veral by die boek baat vind.</p>
	</body>
</article>
