<?xml version="1.0" encoding="UTF-8"?>
<!DOCTYPE article PUBLIC "-//NLM//DTD JATS (Z39.96) Journal Publishing DTD v1.1d1 20130915//EN" "JATS-journalpublishing1.dtd">
<article xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xmlns:mml="http://www.w3.org/1998/Math/MathML" article-type="other" xml:lang="af">
	<front>
		<journal-meta>
			<journal-id journal-id-type="publisher-id">IDS</journal-id>
			<journal-title-group>
				<journal-title>IN DIE SKRIFLIG IN LUCE VERBI</journal-title>
			</journal-title-group>
			<issn pub-type="ppub">1018-6441</issn>
			<issn pub-type="epub">2305-0853</issn>
			<publisher>
				<publisher-name>AOSIS OpenJournals</publisher-name>
			</publisher>
		</journal-meta>
		<article-meta>
			<article-id pub-id-type="publisher-id">IDS-48-1903</article-id>
			<article-id pub-id-type="doi">10.4102/ids.v48i2.1903</article-id>
			<article-categories>
				<subj-group subj-group-type="heading">
					<subject>Book Review</subject>
				</subj-group>
			</article-categories>
			<title-group>
				<article-title>Bybelse perspektiewe oor hoop</article-title>
			</title-group>
			<contrib-group>
				<contrib contrib-type="author" corresp="yes">
					<name>
						<surname>de Klerk</surname>
						<given-names>Ben J.</given-names>
					</name>
					<xref ref-type="aff" rid="AF0001">1</xref>
					<xref ref-type="corresp" rid="cor1">&#x002A;</xref>
				</contrib>
			</contrib-group>
			<aff id="AF0001">
				<label>1</label>Faculty of Theology, North-West University, Potchefstroom Campus, South Africa</aff>
			<author-notes>
				<corresp id="cor1"><bold>Email:</bold> <email xlink:href="ben.deklerk@nwu.ac.za">ben.deklerk@nwu.ac.za</email>, <bold>Postal address:</bold> PO Box 20764, Noordbrug 2522, South Africa</corresp>
				<fn>
					<p>
					<bold>Book Title:</bold> Hoop ons lewensanker</p>
				<p>
					<bold>Author:</bold> Adrio K&#x00F6;nig</p>
				<p>
					<bold>ISBN:</bold> 978-1-4316-0684-9</p>
				<p>
					<bold>Publisher:</bold> Christelike Uitgewersmaatskappy, Vereeniging, 2014, R169.95&#x002A;</p>
				<p>&#x002A;Book price at time of review</p>
					<p><bold>How to cite this book review:</bold> De Klerk, J.B., 2014, &#x2018;Bybelse perspektiewe oor hoop&#x2019;, <italic>In die Skriflig</italic> 48(2), Art. #1903, 1 page. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://dx.doi.org/10.4102/ids.v48i2.1903">http://dx.doi.org/10.4102/ids.v48i2.1903</ext-link></p>
				</fn>
			</author-notes>
			<pub-date pub-type="epub">
				<day>18</day>
				<month>12</month>
				<year>2014</year>
			</pub-date>
			<pub-date pub-type="collection">
				<year>2014</year>
			</pub-date>
			<volume>48</volume>
			<issue>2</issue>
			<fpage>1</fpage>
			<lpage>1</lpage>
			<permissions>
				<copyright-statement>&#x00A9; 2014. The Authors</copyright-statement>
				<copyright-year>2014</copyright-year>
				<license license-type="open-access" xlink:href="http://creativecommons.org/licenses/by/2.0/">
					<license-p>AOSIS OpenJournals. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.</license-p>
				</license>
			</permissions>
		</article-meta>
	</front>
	<body>
			<p>Adrio K&#x00F6;nig skryf oor &#x0027;n begrip wat verskillende kante het en wat daarom kan inspireer, maar ook bittere teleurstelling kan veroorsaak: Hoop! Wanneer hoop op moontlike verbeterde omstandighede gegrond is, verskil dit radikaal van die hoop wat in God self gegrond is. Wat hierdie nuwe boek oor die ou onderwerp van <italic>hoop</italic> uniek maak, is dat K&#x00F6;nig hier ernstige bybelse perspektiewe oor hoop gee. Hy dui oortuigend aan dat hoop in die hart van die Bybel staan. Oor die geskiedenis van Israel in die Ou Testament skryf hy:<disp-quote>
					<p>Die lyn van toekoms, beloftes en hoop is &#x0027;n baie sterk lyn in die Bybel. En dit is duidelik wie daaragter sit: die God van Israel self. Dit is Hy wat die volk met beloftes die toekoms intrek, en hulle hoop gee dat hierdie beloftes vervul sal word. (bl. 44)</p>
				</disp-quote>
			</p>
			<p>Die beloftevervullingslyn deur die Bybel skep hoop, want die God wat reeds soveel beloftes vervul het (dink maar aan die beloftes aan Abraham), bepaal die toekoms. Sy trou is die waarborg vir die vervulling van sy beloftes.</p>
			<p>In &#x0027;n omvattende hoofstuk oor hoop in die Ou Testament handel die skrywer oor God wat Hom in die profesie&#x00EB; van Amos en Jeremia as die einde van hoop openbaar, maar tegelyk is Hy ook die nuwe begin, soos in Job en veral Klaagliedere 3. In die Psalmbundel roep die po&#x00EB;tiese stemme dat met hoop volhardend op God gewag moet word. Die Ou Testament leer in die woorde van K&#x00F6;nig: &#x2018;Hoop is in die eerste plek vertroue op die Here, in ver-wag-ting op Hom gerig&#x2019; (bl. 93). Hoop is &#x0027;n ryker begrip in die Nuwe Testament en in &#x0027;n volgende hoofstuk fokus die skrywer op Romeine wat besondere nadruk op hoop plaas. Hy wys byvoorbeeld hoe Paulus in Romeine 5:2 by hoop begin en langs die ompad van swaarkry, uithouvermo&#x00EB; en getoetsheid weer by hoop uitkom en so die sirkel voltooi (vers 5). God is die bron van hoop (Rom 15:13) en &#x2018;dit is opvallend hoe hoop, vreugde en vrede hier inmekaar geweef is&#x2019; (bl. 120).</p>
			<p>In die mees omvattende hoofstuk handel K&#x00F6;nig oor die lyn van hoop deur die Bybel. Hy dui belofte en vervulling aan as die grondstruktuur van hoop, maar God se beloftes aan Israel en hulle hoop was verbind aan hulle trou en gehoorsaamheid. Alreeds voor die ballingskap het daar profesie&#x00EB; van hoop deurgekom en dit word sterker gedurende die ballingskap (vgl. Jes 40&#x2013;55). K&#x00F6;nig beskryf vier groot temas van hoop in hierdie profesie&#x00EB;: &#x0027;n nuwe verbond, &#x0027;n nuwe Koning, die nuwe Jerusalem en &#x0027;n nuwe natuur. In hierdie profesie&#x00EB; kom die getrouheid van God te midde van die volk se ontrou na vore en daarom neem God die inisiatief en skep &#x0027;n nuwe hart. Die messiasverwagting kom ook hier ter sprake, &#x0027;n verwagting van &#x0027;n besondere persoon wat die Messias sal wees en dat die Messias goddelik sal wees en dat Hy as oorwinnende Koning sal kom.</p>
			<p>&#x0027;n Belangrike deel van die hoofstuk oor die lyn van hoop deur die Bybel handel oor die nuwe, bonatuurlike toekomsverwagting wat nie in die grootste deel van die Ou Testament voorgekom het nie, maar wel in die latere boeke soos Dani&#x00EB;l en dele van Sagaria en Jesaja. Dit gaan veral oor die opstanding uit die dood, die oordeel oor alle mense, die ewige lewe en die ewige verdoemenis, die voleinding van die ou w&#x00EA;reld, die nuwe hemel en die nuwe aarde en die ewige heerlikheid. K&#x00F6;nig s&#x00EA; van hierdie hoop: &#x2018;Ons hoop reik bo-oor die hede uit, die toekoms in, na die groot toekoms wat God vir ons beloof het. Hoop sonder hierdie perspektief op God se groot toekoms is waardeloos.&#x2019; (bl. 185.) Die skrywer stel dit dat die tekens van die tye telkens in die geskiedenis voorkom en dat elke geslag deur die eeue die skielike koms van Christus moet verwag:</p>
			<disp-quote><p>Enige siening wat nog eers dinge verwag v&#x00F3;&#x00F3;r die wederkoms, wat nie aanvaar dat Jesus <italic>vandag</italic> kan kom nie, sal probleme h&#x00EA; met die eenstemmige boodskap van die Nuwe Testament oor die <italic>nabye</italic> wederkoms van Jesus. (bl. 215)</p></disp-quote>
			
			<p>Omdat Adrio K&#x00F6;nig bybelse perspektiewe op hoop gee en die gedeeltes waaroor dit gaan binne konteks en die kulturele agtergrond uitl&#x00EA;, is die boek &#x0027;n waardevolle toevoeging in die nadenke oor die gawe wat God aan sy kinders gegee het, naamlik die vaste hoop. Die boek is toeganklik vir alle gelowiges wat vanuit die Bybel hulle hoop op God en sy beloftes wil versterk. Ook vir predikante en ander wat hulle wetenskaplike kennis oor hoop wil vermeerder, kan die boek waarde toevoeg. Vanuit die Skrif spoor hierdie boek ons aan om vas te hou aan die hoop wat vir ons weggel&#x00EA; is, want ons besit hierdie hoop as &#x0027;n veilige en onbeweeglike lewensanker.</p>
	</body>
</article>
