<?xml version="1.0" encoding="UTF-8"?>
<!DOCTYPE article PUBLIC "-//NLM//DTD JATS (Z39.96) Journal Publishing DTD v1.1d1 20130915//EN" "http://jats.nlm.nih.gov/publishing/1.1d1/JATS-journalpublishing1.dtd">
<article xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xmlns:mml="http://www.w3.org/1998/Math/MathML" article-type="book-review" xml:lang="en">
<front>
<journal-meta>
<journal-id journal-id-type="publisher-id">IDS</journal-id>
<journal-title-group>
<journal-title>In die Skriflig</journal-title>
</journal-title-group>
<issn pub-type="ppub">1018-6441</issn>
<issn pub-type="epub">2305-0853</issn>
<publisher>
<publisher-name>AOSIS OpenJournals</publisher-name>
</publisher>
</journal-meta>
<article-meta>
<article-id pub-id-type="publisher-id">IDS-49-1906</article-id>
<article-id pub-id-type="doi">10.4102/ids.v49i1.1906</article-id>
<article-categories>
<subj-group subj-group-type="heading">
<subject>Book Review</subject>
</subj-group>
</article-categories>
<title-group>
<article-title>Israelisme &#x2013; Is Christus steeds uniek?</article-title>
</title-group>
<contrib-group>
<contrib contrib-type="author" corresp="yes">
<name>
<surname>van der Walt</surname>
<given-names>Sarel P.</given-names>
</name>
<xref ref-type="aff" rid="AF0001">1</xref>
</contrib>
</contrib-group>
<aff id="AF0001"><label>1</label>Faculty of Theology, North-West University, Potchefstroom Campus, South Africa</aff>
<author-notes>
<corresp id="cor1"><bold>Email:</bold> <email xlink:href="sarel.vanderwalt@nwu.ac.za">sarel.vanderwalt@nwu.ac.za</email> <bold>Postal address</bold>: PO Box 19846, Noordbrug 2522, South Africa</corresp>
<fn><p><bold>How to cite this book review:</bold> Van der Walt, S.P., 2015, &#x2018;Israelisme &#x2013; Is Christus steeds uniek?&#x2019;, <italic>In die Skriflig</italic> 49(1), Art. #1906, 2 pages. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://dx.doi.org/10.4102/ids.v49i1.1906">http://dx.doi.org/10.4102/ids.v49i1.1906</ext-link></p></fn>
</author-notes>
<pub-date pub-type="epub">
<day>24</day>
<month>02</month>
<year>2015</year>
</pub-date>
<pub-date pub-type="collection">
<year>2015</year>
</pub-date>
<volume>49</volume>
<issue>1</issue>
<fpage>1</fpage>
<lpage>2</lpage>
<product product-type="book"><source>Israelvisies in beweging: Gevolgen voor kerk, geloof en theologie</source><inline-graphic id="F0001" xlink:href="IDS-49-1906-g001.tif"/><person-group person-group-type="author"><name><surname>Pass</surname><given-names>Steven</given-names></name></person-group><isbn>978-94-91583-35-3</isbn><publisher-name>Brevier Uitgeverij</publisher-name>, <year>2014</year>, <price>R429.03*</price><comment>*Book price at time of review</comment></product>
<permissions>
<copyright-statement>&#x00A9; 2015. The Authors</copyright-statement>
<copyright-year>2015</copyright-year>
<license license-type="open-access" xlink:href="http://creativecommons.org/licenses/by/2.0/">
<license-p>AOSIS OpenJournals. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.</license-p>
</license>
</permissions>
</article-meta>
</front>
<body>
<p>Mag Christene simpatie teenoor &#x0027;n godsdiens betoon waarin Christus verwerp word? Met hierdie onderliggende vraag in die voorwoord van die boek begin Paas sy reis op soek na duidelikheid op die betekenis van Israel as gewese verbondsdraer enersyds, en andersyds &#x0027;n inkyk op die vooronderstelling dat Israel veel eerder op gelyke voet met elke ander volk in die w&#x00EA;reld beskou moet word. Op hierdie reis bevind Paas hom weliswaar tussen twee vure soos hy dit self stel, naamlik die verwerping van Christus deur die Juda&#x00EF;sme aan die een kant en simpatie teenoor die Joodse volk in die lig van &#x0027;n afsku van wat die Jode in die westerse konteks moes ondergaan.</p>
<p>Paas is eerlik sonder skroom. In sy eie woorde stel hy dat sy liefde vir Jesus Christus dit vir hom moeilik maak om simpatie vir die Juda&#x00EF;sme te h&#x00EA;, aangesien Juda&#x00EF;sme op &#x0027;n verwerping van Christus neerkom. Tog getuig hierdie boek van &#x0027;n sensitiewe, dog eerlike benadering tot &#x0027;n moeilike vraagstuk en &#x0027;n sensitiewe onderwerp.</p>
<p>Op bladsy 7 stel hy die rede vir sy belangstelling in die onderwerp:
<disp-quote>
<p>De belangrijkste reden voor publicatie van het resultaat van deze studie is om te beklemtonen dat Jezus uniek is en dat het onmogelijk is om Hem te vervangen of te verwijderen uit het centrum, waar Hij de goddelijke Messias is, de Zoon van God en de Redder van de wereld, die ieder die tot Hem gaat verlost van de eeuwige verlorenheid.</p>
</disp-quote></p>
<p>Op grond van hierdie vertrekpunt, sien &#x0027;n studiestuk van hom die lig twee jaar voor die publikasie van <italic>Israelvisies</italic>, naamlik <italic>Christian Zionism examined: A review of ideas on Israel, the church and the kingdom</italic> (2012) waarop &#x0027;n latere Nederlandse weergawe volg waarby diskussies van en reaksies op die Engelse publikasie ingewerk is. Hierdie Nederlandse weergawe dien klaarblyklik as die grondwerk vir die uiteindelike publikasie van <italic>Israelvisies</italic>.</p>
<p><italic>Israelvisies</italic> beslaan 316 bladsye waarby talle verduidelikende voetnote, &#x0027;n bibliografie en twee registers van onderskeidelik terme en name ingesluit is. Die 17 hoofstukke van die boek vind sy afsluiting in konklusies (hfst. 16) en aanbevelings (hfst. 17) waarop &#x0027;n bylaag in die vorm van &#x0027;n ope brief volg. Die ope brief, gerig aan Christene in Nederland, weerspie&#x00EB;l die outeur en mede-ondertekenaars se ge&#x00EF;nteresseerdheid in die onderwerp, maar ook die erns en oortuiging waarmee hierdie saak benader word.</p>
<p>Die eerlikheid in die benadering tot die onderwerp blyk uit die volgende klompie vrae wat vroeg in die boek aan die orde gestel word: Waarom identifiseer Christene so gemaklik die huidige etniese Israel met die Israel van die Bybel? Waarom dink mense dat die Joodse volk &#x0027;n belangriker plek in God se heilsplan inneem as enige ander volk? Waarom verwag mense dat die Joodse volk as nasie hulle tot die Christendom sal bekeer en die kerk tot bloei sal bring of na die wederkoms 1000 jaar saam met Christus die aarde sal regeer? Op grond waarvan meen mense dat Jesus se &#x2018;Jood-skap&#x2019; die kerk tot &#x0027;n meerdere mate onopgeefbaar aan die na-bybelse Israel verbind eerder as aan ander volke vir wie Hy ook as Middelaar na die w&#x00EA;reld toe gekom het? Waarom steun Christene die Joodse Zionisme wat selfs ook as ideologiese uitwas tot onreg teenoor ander volke gelei het?</p>
<p>Paas wys die (teologiese) gevolge van &#x2018;<italic>Christelijke Zionisme</italic>&#x2019; uit. Daarmee bedoel hy Christelike steun aan Joodse Zionisme (vgl. bl. 19). Hy kies egter vir die benaming <italic>Isra&#x00EB;lisme</italic> om daardeur die komplekse inhoud van die saak meer tot sy reg te laat kom. Alhoewel die term n&#x00EA;rens formeel gedefinieer word nie, word dit plek-plek beskryf, byvoorbeeld &#x2018;<italic>een rijk geschakeerde beweging</italic> &#x2026; <italic>waarvan de aanhangers</italic> &#x2026; <italic>religieus gefascineerd zijn door het nabijbelse etnische, geografische en godsdienstige Isra&#x00EB;l</italic>&#x2019; (bl. 289); &#x2018;<italic>christenen die in hun theologie plaats geven aan een aards Zion</italic>&#x2019; (bl. 31); &#x2018;<italic>het Isra&#x00EB;lisme stelt de Kerk in de schaduw van Isra&#x00EB;l</italic>&#x2019; (bl. 38).</p>
<p>Hierdie standpunte word deur duidelike eksegese begrond. God self stel &#x0027;n nuwe volk, Israel, in die vooruitsig &#x2013; &#x0027;n volk wat Israel sal wees en tog nie Israel nie, want baie nasies sal by die Here aansluit en hulle sal die nuwe volk word. Hierdie nuwe volk is die kerk, want die kerk is die ware saad van Abraham, die ware uitverkorenes. In die nuwe volk het die nakomelinge van die ou Israel nie bevoorregting of benadeling nie &#x2013; wie hom tot Christus bekeer, word lid van die nuwe volk; maar wie hom nie bekeer nie, staan buite hierdie volk.</p>
<p>Die outeur toon die gevare van Israelisme duidelik aan, synde dat die fondamente van die kerk, geloof en teologie ondergrawe word wanneer aan Sion meer prominensie as aan Christus verleen word.</p>
<p>Dit kan te wagte wees dat die boek, uit die aard van die onderwerp, wye belangstelling sal ontlok, waaruit steun &#x00E9;n kritiek mag vloei. Vanuit &#x0027;n gereformeerd-teologiese oogpunt kan egter besondere waardering uitgespreek word vir die eerlike wyse waarop die lyne van die genadeverbond asook di&#x00E9; van die kerk en die koninkryk getrek word. Die begronding van argumente in die drie formuliere van eenheid wanneer daar oor dogmatiese aspekte van die kerk, koninkryk en Israel as volk gehandel word, is verhelderend en prysenswaardig in &#x0027;n tyd waarin die konfessies as <italic>norma normata</italic> nie altyd meer die bindingskrag geniet wat dit toekom nie. Alhoewel die boek &#x0027;n stewige akademiese werk is, word dit op so &#x2018;n wyse aangebied dat dit leesbaar en ontvanklik vir enigeen sal wees.</p>
</body>
</article>
