Dit is 'n groot voorreg om as gasredakteur betrokke te wees by die samestelling van hierdie bundel wat die redaksie van In die Skriflig/In Luce Verbi aan 'n gewaardeerde kollega, Herrie van Rooy, opdra. Hierdie is een van drie huldigingsbundels wat in 2014, die jaar waarin Herrie vyf-en-sestig jaar oud word, aan hom opgedra is. In hierdie bundel is bydraes vervat wat veral afkomstig is uit die geledere van sy kollegas en oud-studente aan die Noordwes-Universiteit (voorheen PU vir CHO). As sodanig gee hierdie artikels, wat enersyds geskryf is vanuit verskillende aksente binne die teologiese ensiklopedie, iets weer van die huidige stand van sake binne die Reformatoriese teologie, soos beoefen deur geesgenote binne hierdie tradisie. Ander bydraes bied 'n blik op die navorsing wat ons vanuit die nuutgestigte fokusarea, Antieke Tekste: Teks, Konteks en Resepsie, te wagte kan wees.
In die eerste bydrae tot hierdie bundel gee DF Muller, wat self 'n voorgraadse student van Herrie was en wie se seun nog onlangs dieselfde eer gesmaak het, 'n populêr-wetenskaplike oorsig oor die geskiedenis, asook die lewe en werk van Herrie van Rooy. As kerkhistorikus spoor Muller die Van Rooy-stamboom na tot by hulle vroeë voorsate in die Nederlande. Hy toon aan hoe 'n groot invloed hierdie begaafde familie in hulle nuwe vaderland gehad het en gee dan kortliks aandag aan Herrie se bydraes tot die akademie, kerk en gemeenskap.
G Breed let in sy artikel 'n Kritiese blik op missio Dei in die lig van Efesiërs op die problematiek verbonde aan die ongekwalifiseerde gebruik van die term missio Dei. In sy kritiese bespreking van verskillende nuanses wat in resente literatuur aan die begrip gegee word, is die bydrae wat hierdie artikel maak dat telkens 'n beoordeling van die bepaalde nuanse aan die orde kom. Hierdie beoordeling word Skriftuurlik geanker in Paulus se brief aan die Efesiërs. Hierdie bydrae het egter nie net 'n negatiewe beoordeling van resente navorsers se gebruik van hierdie seminale begrip in die ekklesiologie ten doel nie. Breed sluit vanuit sy kritiese ontleding op 'n positiewe noot af wanneer hy voorstel dat die begrip missio Dei met die volgende betekenisinhoud gevul behoort te word: ‘Missio Dei dui op elke optrede van die drie-enige God om sy ewige raadsplan (ekonomia) tot uitvoer te bring’.
S Coetzee-Van Rooy's contribution is the first of four solicited from Harry's next of kin who agreed to write articles in which they dove-tale their research interests with his. As a researcher studying the phenomenon of multilingualism, her vantage point is that the ‘ability of church leaders to foster effective communication in a linguistically complex setting is important in the general interest of successful evangelisation’. She presents and discusses the results of a specific case study. These potentially have very important consequences for both church leaders who experience the multilingual reality on a daily basis and for institutions involved in the training of church leaders to function optimally in such a reality.
The article by MR Dircksen and B Britz stands squarely the field of the Classics and investigates Tertullian's use of classic stories about brave pagan women as examples to his (mostly) Christian audience. The authors give a brief biographical sketch of Tertullian and then highlight aspects of the classical education that he received. References to the brave pagan women that Tertullian uses in his work are then discussed as these appear in the classical literature. This forms the foundation for Dircksen and Britz to reflect on the reasons for Tertullian's use of these examples. They highlight how he adapted his examples to serve his own rhetorical purpose. Their conclusion that the ‘reworked and adapted examples of pagan women in Tertullian's work illustrate how and why ancient rhetoric became part of Christian literary tradition’, calls for similar investigations in relation to other ancient texts.
In his contribution, BJ de Klerk, a former colleague of Van Rooy from the subject group Practical Theology, links up with Van Rooy's research interest related to the Book of Psalms. First, he alerts us to the current ecological crisis and points to the fact that church communities have failed to respond to this crisis, save the isolated sermon now and then on ecological responsibility. Then, on basis of careful interpretations of three ‘creation psalms’ (19, 104, 148) the author offers practical suggestions as to how each of these psalms can raise the ecological awareness of participants in worship services in both verbal and visual ways. In this process, participants who acknowledge themselves as being part of creation can also reflect on ecological sins and express hope for the ‘restoration of the ecology’ through God's merciful gift of new life.
In 'n belangwekkende bydrae tot die Kerkreg, bied AL du Plooy in sy artikel 'n kritiese refleksie op die sogenaamde ‘doktore-amp’. Hy spoor die historiese ontwikkeling van hierdie ‘amp’ terug tot by die standpunte van die kerkhervormer, Johannes Calvyn, en die verkonkretisering daarvan in die Dordtse kerkorde van die vroeg-sewentiende eeu. Voorts word die Skrifbegronding vir hierdie amp krities in oënskou geneem, waarna in die algemeen verwys word na die verhouding tussen kerklike en universitêre opleiding in die teologie. Hierdie ontleding word laastens verbesonder wanneer dit van toepassing gemaak word op die GKSA en die kerke se ooreenkoms met die huidige NWU. In die lig van hierdie beredenering is Du Plooy se oproep om 'n herbesinning met betrekking tot die bewoording van KO artikel 18 'n saak waarvan kennis geneem moet word.
An Old Testament colleague from the United States who became involved with the Faculty of Theology through a Fulbright scholarship, R Gallaher Branch, in her contribution addresses the issues of gender and violence in Old Testament texts. The title of her article is clear in indicating that she seeks to answer the basic question of how heroines in biblical and Apocryphal literature differ from those in ancient literature regarding violence. After separate discussions of heroines in firstly the Old Testament and Apocrypha and secondly in other ancient texts, she concludes that the heroines in these two sets of texts differ greatly as regards their motivations and eventual actions.
JL Helberg, afgetrede Ou-Testamentikus en eertydse leermeester en latere kollega van Van Rooy is bekend vir sy werk in verband met 'n koninkryksperspektief soos dit openbaringshistories in die Ou Testament vergestalt word. In sy bydrae Is God (in)konsekwent? Heerskappy, oorweging en aanspreeklikheid in die Dawidsgeskiedenis in die boeke van Samuel kom hierdie perspektief duidelik na vore. Hy tree in gesprek met Walter Brueggemann en vind, met sy groter klem op die goddelike oorsprong van die teks, in die geopenbaarde goddelike misterie 'n antwoord op die vraagstelling na God se (in)konsekwentheid. In hierdie verband vra sy nuutskepping revelational remembering om verdere ontginning.
GJC Jordaan, for many years Van Rooy's colleague in New Testament Studies, explores the unity of 2 Corinthians in his contribution. He presents a well-argued case for the hypothesis that this letter was written by the apostle Paul over a longer period of time during different sittings. After considering recent views on the problem of the apparent disunity of the letter, Jordaan sets out to prove his alternative suggestion. Using both evidence from the text and a historical reconstruction based on the text, he concludes that this suggestion gives ‘an explanation for the abrupt transitions and incoherencies in 2 Corinthians without having to question the letter's integrity’.
Although not a staff member of the Faculty of Theology in Potchefstroom, it is clear from the contribution by HAJ Kruger that he feels at home in the theological paradigm associated with this faculty. His article Laughter in the Old Testament: a hotchpotch of humour, mockery and rejoicing?, critically examines the notion that the Old Testament presents the reader with examples of what in a modern idiom can be labelled ‘humour’. After a detailed discussion of texts representing various genres in the Old Testament and examining the idea of God laughing, Kruger concludes that the conviction that ‘the Old Testament contains material of a humorous character’ does not stand up to sound exegesis.
PP Krüger, ook 'n voormalige doktorale student van Van Rooy wat later 'n kollega in die Ou-Testamentiese vakgroep sou word, neem die gesprek rakende Skrifuitleg in die reformatoriese tradisie soos vergestalt in die Fakulteit Teologie aan die NWU 'n hele paar tree vorentoe. Sy artikel Genesis 3:15 in Suid-Afrikaanse konteks ontleed verskillende verklarings wat Suid-Afrikaanse Bybelwetenskaplikes vir hierdie crux interpretum aanbied. Hierdie ontleding staan in die lig van 'n ‘betekenismatriks’ wat voorgestel word vir die kartering van bepaalde rasionaliteitsmodelle wat hierdie interpretasies moontlik ten grondslag lê. Sy gevolgtrekking is dat die ‘geldigheid van 'n bepaalde verklaring moet aan die rasionaliteitsmodel van die verklaarder gemeet word’. Hierdie artikel open die moontlikheid vir 'n verdere ondersoek na die ontwikkeling van rasionaliteitsmodelle binne bepaalde tradisies en meer spesifiek die GKSA.
A contribution from a fellow Old Testament scholar, M Nel, entitled Function of space in Daniel 1, follows a recent trend in biblical studies that take due cognisance of the spatial aspect present in texts. The author briefly notes four different dimensions of space that can be discerned in biblical narrative and which he uses to ‘indicate how space determines and serves the socio-historic background and ideology of the composition of Daniel 1’. Nel provides a detailed analysis of spatial issues as these occur in the different sections (scenes) of Daniel 1. Based on this analysis he is able to indicate how the narrator in fact uses space to undermine the royal ideology visible in the narrative on a superficial reading. By taking spatial analysis into account, the author underscores the finding that ‘Daniel 1 begins with an invasion of YHWH's space, but ends with a successful invasion of Nebuchadnezzar and/or Marduk's space by the God of Israel’. Nel convincingly indicates how this finding is relevant to the situation in the second century BCE.
AL Rheeder, an ethicist, in his article explores both the advantages and disadvantages of synthetic biology from a Christian ethical perspective. The first part of this contribution mentions the remarkable achievements scientists have reached through this procedure. He also gives a detailed, yet clear description of what the concept synthetic biology entails and predicts that the technical difficulties hampering the process will be overcome in the next decade. The second part of the article starts off by discussing the advantages of synthetic biology especially in die areas of energy production and medicine. Rheeder then discusses the disadvantages that centres on the unpredictability of future ‘creations’, and the danger of contaminating existing ecosystems through such new organisms. After providing a detailed assessment of both sides he reaches the balanced conclusion that ‘the advantages of synthetic biology outweigh the potential disadvantages’.
In sy bydrae ondersoek D Saaiman in watter mate die begrip koninkryk van God 'n sinvolle kontekstueel-paradigmatiese sleutel vir Skrifberoepe in die etiek kan wees. Die koninkryk van God word eers omskryf aan die hand van getuienis uit die Ou en Nuwe Testamente. Hierna word die konkrete aard van die koninkryk se deurbreek in die huidige werklikheid belig. Vanuit hierdie begronding bied Saaiman 'n toepassing van die model aan wanneer hy die saak van doodstraf beredeneer met inagneming van 'n hedendaagse staatsbestel. Sy bevinding lui soos volg: ‘Die koninkryk van God as kontekstueel-paradigmatiese sleutel vir Skrifberoep in die etiek is 'n geestelike werklikheid wat in die geloof aanvaar en bely word, maar terselfdertyd is dit ook 'n werklikheid wat nou reeds transformerend op sosiale strukture inwerk.’
Die bydrae van HG Stoker, Moet Abraham sy kind offer? 'n Etiese beoordeling, bevestig opnuut bepaalde winspunte van 'n openbarings-historiese lees van die teks. Aan die hand van verskillende verklaarders se verstaan van Genesis 22, een van daardie gedeeltes in die Ou Testament waaroor al boekdele geskryf is, ontleed Stoker eers Abraham se reaksie op God se opdrag. Vervolgens beoordeel die skrywer Abraham se optrede in die lig van welgekose tekste uit albei Testamente. Die outeur kom tot die slotsom dat Abraham se optrede wel as eties regverdigbaar gesien kan word.
Die problematiek rakende Christusprediking uit die Ou Testament in die algemeen en verteltekste in besonder word deur HSW Strauss en sy promotor FW de Wet belig. Nadat hulle 'n aantal grondbeginsels wat van belang is vir die hermeneutiese proses postuleer, word die aandag bepaal by 'n verantwoorde eksegetiese metode. Die holistiese histories-kritiese metode wat in hierdie verband voorgestel word, word versoen met 'n fokus op die mens se in-sonde-gevalle toestand om organies vanuit die Ou-Testamentiese teks na Christus te beweeg. Alhoewel leemtes in hierdie metode bestaan en erken word, sal predikers baat vind daarby om hierdie insigte toe te pas wanneer hulle preke uit Ou-Testamentiese narratiewe gedeeltes maak.
A doctoral student turned colleague of Van Rooy, C van der Walt, investigates the ‘theological significance’ of the compilation of sentences in Isaiah 42 and 43 using the words blind and death together. Building on a careful consideration of two of the opening chapters to the book (Isaiah 1 and 6) the author is able to indicate how the use of blindness and deafness in second Isaiah should be understood in light of the proceedings of the heavenly court reflected in the opening chapters. The author answers his original problem statement when he opines: ‘the reason why Israel could not see what was happening to them at the hand of Yahweh was because they did not listen to the prophets. Deafness therefore gave rise to blindness.’
AJ van Rooy se Korpus-linguïtiese vergelyking van die Totius- en Cloete-Psalmomdigting span 'n moderne ontwikkeling in die taalkunde in om 'n bydrae te lewer tot die debat rakende die mees resente omdigting van die psalms veral vir liturgiese gebruik. Nadat hy enkele van die kritiese stemme teen hierdie omdigting (hoofsaaklik vanuit die GKSA) aan die orde stel, plaas hy hierdie gedagtegang in gesprek met resente ontwikkelings in die taalkunde. Die wesentlike bydrae wat Van Rooy lewer kom vervolgens aan die beurt wanneer hy die resultate van 'n korpus-linguïstiese ontleding aanbied om hierdie twee omdigtings volgens 'n gestandaardiseerde model te vergelyk. Op grond van hierdie taalkundige ontleding word die volgende gevolgtrekking rakende die omdigtings onder bespreking gemaak: ‘Geen teologiese verskille blyk uit die analise nie’. Hierdie artikel sal 'n gespreksgenoot moet wees in enige verdere debat aangaande hierdie saak.
In haar bydrae tot hierdie bundel stel JH van Rooy die vraag of die lae gebruikfrekwensie van bepaalde psalms in die erediens moontlik medebepaal word deur die melodie van die psalm. Sy gee eers aandag aan die vereistes gestel aan en funksie van die sogenaamde kerklied wat tydens die erediens gesing word. Hierna word leemtes in bestaande navorsing oor hierdie saak uitgewys wat die weg open vir Van Rooy om die resultate van 'n empiriese studie aan te bied waarin bepaalde psalms met 'n lae gebruiksfrekwensie geïdentifiseer is. Hierdie vyf liedere word vervolgens in besonderhede bespreek met spesifieke verwysing na die melodieë. Die ses konkluderende stellings wat gemaak word, dui daarop dat ‘melodie inderdaad 'n belangrike rol in die lae gebruiksfrekwensie van sekere liedere tydens eredienste kan speel’.
Another ethicist and older colleague of the laureate, JH van Wyk, seeks to make a contribution to a recent and on-going debate in the South African context that is aptly captured by the title of his article, Calvinism, atheism and freedom of religion. The author begins his argument by providing brief but focused descriptions of what is generally understood by each of the three multifaceted expressions used. He then indicates how atheism and Calvinism is juxtaposed with regard to ideas on God, humanity and science. Next, the influence of Calvinist and atheist ideas regarding the state and education is briefly touched upon. The article concludes with a call for continued debate conducted with ‘an attitude of openness, dignity and objectivity’. Time will tell whether this article contributed towards such a debate.
The title of the contribution by FP Viljoen, Jesus healing the leper and the Purity Law in the Gospel of Matthew, indicates that this Matthew scholar seeks to put the ministry of Jesus, as seen through the eyes of the Matthean community, into conversation with the Old Testament legal tradition. He resolves the problem of Jesus’ apparent contravention of the purity regulations prescribed in the Hebrew Bible by indicating how, for the Matthean community, ‘the concept of purity has been transposed from a cultic to an ethical level’. In Jesus the prescribed purification rites have been fulfilled.
JM Vorster, afgetrede etikus en navorser wat veral op menseregte fokus, slaan met sy bydrae Etiese perspektiewe op haatspraak in die lig van die derde gebod 'n interessante rigting in. Hy beredeneer eerstens die reikwydte van die derde gebod deur aan te toon hoe die benaminge van God in die Ou en Nuwe Testamente 'n bepaalde gemeenskaps-verbintenis tussen God en mens daarstel. Op grond van hierdie verbintenis word die derde gebod in 'n wyer konteks verstaan. Vorster kom op grond van hierdie invalshoek tot die slotsom dat alle vorme van haatspraak, waarvan hy voorbeelde uit die Suid-Afrikaanse samelewing bespreek, in stryd is met die derde gebod.
Vanuit die veld Praktiese Teologie lewer CJA Vos, wat verbonde is aan die Universiteit van Pretoria, voorstelle vir die ontplooiing van homiletiek binne 'n moderne konteks. Hy vind die teoretiese begronding vir hierdie voorstelle in die denke van Paul Ricoeur wat hy ontgin om die positiewe bydrae wat dit bied, aan die orde te stel. Verder word intertekstualiteit as teoretiese gespreksgenoot betrek om die gemeente se situasie ‘op die kruispunt tussen die Christelike tradisie en huidige kultuur’ te belig. Vanuit hierdie stewige teoretiese onderbou trek Vos die lyne deur na die estetiese inkleding van die prediking en wys op die ryk moontlikhede wat hierdie literêr-estetiese benadering inhou vir die daarstel van 'n ‘lewenskragtige homiletiese model’.
Enkele resensies van onlangs gepubliseerde werke sluit die bundel af en stel die lesers bekend aan resente ontwikkelings in die akademiese wêreld.
|