Die artikel is ’n poging om Paulus se retoriese strategie uit die teks self te rekonstrueer, eerder as om ’n klassieke of moderne retoriese model op die teks toe te pas. ’n Voorstel vir so ’n teksgesentreerde benadering word kortliks opgesom, gevolg deur ’n beskrywing van die retoriese situasie wat Paulus in die brief wil ondersoek. Daar word geargumenteer dat Romeine 9:1–10:4 ’n integrale deel van Paulus se retoriese strategie vorm met die doel om sy gehoor te oortuig om sy siening van God se verlossingsplan, asook sy beoogde sending na Spanje te steun. In die proses van oorreding gebruik hy verskillende soorte argumente en retoriese tegnieke om die trefkrag van sy kommunikasie te verhoog. Die gevolgtrekking is dat ’n teksgesentreerde benadering (met fokus op die funksionele aspekte van die teks) ’n beter alternatief as die bestaande benaderings (met fokus op die formele aspekte van die teks) bied.
This article is an attempt to reconstruct Paul's rhetorical strategy from the text itself, rather than applying ancient or modern rhetorical models to his letters. A proposal for such a text-centred approach is briefly summarised, followed by a discussion of the rhetorical situation that Paul wants to address in this letter. It is argued that Romans 9:1–10:4 forms an integral part of his rhetorical strategy, aimed at persuading his audience in Rome to support his view on God's plan of salvation as well as his forthcoming mission to Spain. In the process of persuasion Paul uses various types of argument and rhetorical techniques to enhance the impact of his communication. The conclusion is that a text-centred approach (with its focus on the functional aspects of the text) provides a better alternative to existing approaches (which focus on the formal aspects of the text).
Bryan (
The section is in some ways the most rhetorically striking of the entire letter, and makes extensive use of virtually the entire range of techniques of the podium and the classroom. (p. 160)
Hierdie stelling word bevestig deur die groot aantal retoriese analises wat die afgelope jare oor die gedeelte gepubliseer is. Die studies word hoofsaaklik deur twee benaderings gekenmerk. Die eerste is om ’n model van buite te gebruik om die retoriese struktuur van ’n brief mee te beskryf. Feitlik al Paulus se briewe is al op dié wyse geanaliseer en wel deur die Grieks-Romeinse sisteem met sy bekende exordium, propositio, narratio, probatio en peroratio te gebruik (sien die subopskrifte vanaf Romeine 9:1–5 tot by Romeine 9:30–10:4 hieronder). Deur die tweede benadering word die studie van oorreding beperk tot ’n paar retoriese tegnieke en stylfigure. Sporadiese opmerkings hieroor word in die meeste kommentare gevind, maar selde is probeer om dit binne ’n bepaalde raamwerk te ondersoek, of die funksies daarvan binne konteks te beskryf (sien die subopskrifte vanaf Romeine 9:1–5 tot Romeine 9:30–10:4 hieronder, asook kommentare in die bronnelys).
Anders as deur bogenoemde twee benaderings, word retoriese analise in hierdie artikel verstaan as ’n beskrywing van al die middele in die teks (wyse van redenering, tipes argumente en ondersteunende retoriese tegnieke) wat die outeur gebruik om die lesers van sy standpunt te oorreed. ’n Model van buite word nie op die teks afgedwing nie, maar alles wat tot die proses van oorreding bydra, word geïdentifiseer en hulle funksies binne konteks bepaal. ’n Voorstel vir so ’n teksgesentreerde metode van retoriese analise word in die proefskrif ‘Persuading the Galatians’ (Tolmie
’n Beskrywing van die retoriese situasie van die brief, d.w.s. wát Paulus in die brief as geheel wil bereik.
’n Ontleding van hoé hy sy lesers probeer oorreed, gebaseer op sy ‘
Die doel van hierdie artikel is om Tolmie se voorstel vir retoriese analise op Romeine 9:1–10:4
As vertrekpunt van hierdie artikel word aanvaar dat Paulus die Romeine van sy standpunt oor ’n bepaalde saak of sake wou oorreed. Sonder om te herhaal wat in enige goeie kommentaar gevind kan word, word by twee sake wat Jewett (
’n Tweede saak blyk uit hoofstuk 15 wat oor Paulus se toekomsplanne in die uitvoering van sy taak as apostel aan die heidene handel. Hy staan op die punt om die evangelie in die Weste (Spanje) te gaan verkondig (15:23–24). Om dit te doen, moes hy in Rome aandoen as gevolg van die belangrike rol wat die gemeentes daar in die kerk van die Weste vervul het – vandaar sy voorneme ‘om julle op my deurreis te sien en dan deur julle daarheen voortgehelp te word’ (15:24). Deur sy brief wil hy dus die band met die gemeentes in Rome versterk en só hulle ondersteuning kry vir sy voorgenome besoek aan Spanje wat sy wêreldwye sendingtaak sou voltooi (Debanné
Geleerdes wat verkies om die Grieks-Romeinse retoriese sisteem te gebruik om Paulus se briewe te analiseer, verskil oor die indeling van die brief. Volgens Jewett (
Dit is interessant dat die meeste geleerdes wat die klassieke sisteem gebruik hoofstukke 9–11 as ’n eenheid beskou, en wel as deel van die probatio van die brief. Volgens Louw (
dealing with Israel in relation to faith as the basis of being put right with God. Though this unit constitutes a section on its own, it links with the previous large section (1:18–8:39) to compose the main part of the letter. In fact, it will be shown by our analysis that 9:1–11:36 actually involves an application to the situation of Israel of the thesis expounded in 1:18–8:39. (p. 97)
Romeine 9:1–10:4 vorm die eerste deel van die eenheid en is op grond van inhoudelike en retoriese oorwegings afgebaken. Die gedeelte word in vier dele uiteengesit wat soos volg afgebaken kan word: Eerstens, 9:1–5 word gekenmerk deur emfatiese styl, die gebruik van die eerste persoon enkelvoud, lofprysing aan die einde van vers 5, en met ἀμήν afgesluit. Die raaisel van Israel se ongeloof, wat Paulus in 9:1–5 so diep bedroef, word in die tweede onderdeel (9:6–13) beantwoord deur daarop te wys dat nie al die afstammelinge van Abraham in God se belofte ingesluit is nie. Die ware Israel berus nie op afstamming nie, maar op sy vrymagtige verkiesing. Die bespreking in die gedeelte word met ’n Skrifsitaat uit Maleagi 1:2–3 afgesluit. By 9:14 begin die derde onderdeel, wat van die vorige een deur die konkluderende vraag, naamlik ‘Wat sal ons dan sê?’ (9:14a) onderskei word en strek tot by die volgende konkluderende vraag in 9:30a. In 9:14–29 argumenteer Paulus dat God se verkiesing op sy ontferming berus; nie op iets wat die mens kan doen nie en dat die mens Hom op geen wyse kan weerspreek nie. Die konkluderende vraag in 9:30a lei die laaste onderdeel in en word tot by 10:4 beredeneer. In sy beredenering wys Paulus op die regte en verkeerde manier om geregtigheid te verkry. Met ’n sterk emosionele wens in 10:1, wat aan 9:1–5 herinner, sluit hy die laaste onderdeel af en omraam só die hele gedeelte onder bespreking.
Die vier dele waarin 9:1–10:4 verdeel kan word, is dus 9:1–5; 9:6–13; 9:14–29 en 9:30–10:4. Die dominante retoriese strategie in 9:1–10:4 is om die hoorders van Israel se rol in God se verlossingsplan vir die wêreld te oortuig. Die strategieë van die vier onderdele kan soos volg geformuleer word:
9:1–5: Die raaisel van Israel se ongeloof.
9:6–13: Die ware Israel is die kinders van die belofte, nie die nageslag van Abraham nie.
9:14–29: God se verkiesing berus op sy ontferming.
9:30–10:4: God se geregtigheid (δικαιοσύνη) word slegs deur geloof in Christus verkry; nie deur wetsonderhouding nie.
Aangesien hierdie artikel primêr retories is, val die klem op oorreding. Ten einde Paulus se oorredingsmiddele reg te verstaan, moet dít wat hy sê egter ook aandag kry. Gevolglik word die hooflyne van sy diskoers deurlopend verreken. Aanhalings uit Romeine kom almal uit die
In hierdie afdeling verwoord Paulus sy droefheid dat die Joodse volk nie in Christus glo nie. Hy begin in 9:1 met drie stellings wat al drie op die inhoud van wat hy in 9:2 wil sê, afgestem is: ‘Ek praat die waarheid in Christus, ja, ek lieg nie, en my gewete, deur die werking van die Heilige Gees, getuig saam met my dat ek in my hart ’n ontsaglike droefheid en ’n onophoudelike pyn ervaar’ (9:1–2). Die stellings vul mekaar aan en die waarheid van wat hy teenoor sy volksgenote voel, word met ’n beroep op Christus en die werking van die Heilige Gees gewaarborg. In 9:3 bevestig hy dat hy selfs vervloek sou wou wees, ‘verwyder van Christus, in belang van my broers’. Die term ἀνάθεμα beteken ‘that which has been cursed – “cursed, accursed”’ en volgens Louw and Nida (
Vir ons doel is die twee argumente wat Paulus in 9:1–5 gebruik, asook die doksologie aan die einde belangrik. Die eerste is ’n argument gebaseer op goddelike gesag in 9:1. Deur hom op Christus en die werking van die Heilige Gees te beroep, verseker hy sy gehoor dat sy droefheid oor Israel wáá r en ég is. As enigiemand sou twyfel aan die egtheid van sy toewyding aan die Joodse volk, sou die beroep op Christus en die Heilige Gees hom of haar van die teendeel oortuig. Om die werklikheid van sy droefheid te betwyfel, sou op niks minder as twyfel aan Christus en die werking van die Heilige Gees neerkom nie.
Tweedens gebruik Paulus in die gedeelte ’n argument gebaseer op emosie. Die raaisel van Israel se ongeloof bring mee dat hy in sy hart ‘’n ontsaglike droefheid en ’n onophoudelike pyn ervaar’ (9:2). Al is hy ’n apostel vir die heidene, is hy diep besorg en bedroef oor sy eie mense se weerstand teen die evangelie. Die emosie is daarop gemik om ’n soortgelyke gevoel by sy hoorders te ontlok, deur hoofsaaklik sy heiden-christelike gehoor te oorreed ‘to share his profound and anxious compassion for the Jews who have not yet embraced the fulfilment of what is properly their destiny’ (Elliott
Die verwysing na Christus as God in die doksologie van 9:5 is ook belangrik vir Paulus se beredenering in 9:1–5. In die eerste deel van vers 5 wys hy op die belangrike voordeel vir die Joodse volk: uit húlle het Christus as mens gekom. Hierdie stelling oor Christus se mensheid roep egter om voltooiing: Hy is nie net mens nie, maar ook ‘God bo alles, lofwaardig vir ewig’. Deur sy godheid in die doksologie te verwoord, voer Paulus sy argument in 9:1–5 tot ’n hoogtepunt en beklemtoon hy dat, om Jesus as Christus te erken, die erkenning van sy goddelike natuur insluit. Laasgenoemde was juis die belangrikste struikelblok vir die Jode om Christus as Messias te aanvaar.
Retoriese tegnieke wat Paulus se kommunikasie in 9:1–5 versterk, sluit in:
die
die sesvoudige herhaling van καί [en] in 9:4, wat bekend staan as
die herhaling van die genitief meervoud ὧν of ἐξ ὧν aan die begin van drie opeenvolgende frases in 9:4–5 wat beklemtoon dat die voorregte alles ‘aan hulle’ (d.i. die Israeliete) behoort. Op hierdie wyse word die raaisel van Israel se ongeloof verdiep. Die tegniek staan bekend as
die plasing van ‘uit hulle het ook die Christus as mens gekom’ (9:5) aan die einde van die reeks voorregte, beklemtoon dat die voorregte geldig bly en nie tot die verlede behoort nie, omdat dit in Hóm steeds geldig is. Dit verdiep Paulus se droefheid oor sy volksgenote nog verder (Tobin
Daar is verskille oor die vraag of die onderdeel by 9:13 eindig (soos Käsemannn
Sleutelterme in die gedeelte is
Historiese inligting oor God se uitverkiesingsproses kenmerk die betrokke gedeelte, maar ontbreek vanaf 9:14. Die name van Abraham, Isak, Sara, Rebekka, Jakob en Esau word slegs hier genoem en dien om ‘God se voorneme volgens sy uitverkiesing’ (9:11–12) te illustreer.
Die gedeelte begin by 9:6, omdat die doksologie en die ‘Amen’ aan die einde van 9:1–5 dit duidelik van 9:6–13 onderskei.
Die gedeelte strek tot by 9:13, omdat die konkluderende vraag ‘Wat sal ons dan sê?’ in 9:14a ’n nuwe bespreking, net soos ’n soortgelyke vraag in 9:30a die laaste onderdeel (9:30–10:4) inlei.
Die diskoers in 9:6–13 begin met die vraag na die geldigheid van God se woord in die lig van die feit dat Israel geweier het om Jesus as Messias te aanvaar (9:1–5). In 9:6 word die geldigheid bevestig, gevolg deur ’n rede: ‘Want nie almal wat uit Israel afkomstig is, is die ware Israel nie.’ Dié stelling, wat die verdere bespreking oorheers, word vervolgens met ’n aanhaling uit Genesis 21:12 bevestig: nie alle afstammelinge van Abraham is God se ware kinders nie! Dit is die basiese antwoord op die probleem wat in 9:1–5 aan die orde was en vir Paulus soveel droefheid veroorsaak het: die ware Israel is nie ’n saak van fisiese afstamming nie. Wat dit werklik is, word vanaf 9:8 verduidelik: dit is ’n saak van belofte. Dit word nogeens met ’n sitaat uit Genesis 18:10, 14 gestaaf.
Die inhoud van die belofte word vervolgens in 9:10–12 uiteengesit. Dit behels dat Israel slegs deur Isak sal voortbestaan. Isak het twee seuns by Rebekka gehad en dit bring Paulus by die kern van die saak: nie al Abraham se kinders is by die belofte ingesluit nie. Al het Rebekka twee seuns gehad, was die belofte net vir éé n van hulle bedoel, en wel op grond van ‘God se voorneme volgens sy uitverkiesing’ (9:12b). Dit word met ’n sitaat uit Maleagi 1:2–3 bevestig: ‘Jakob het Ek liefgehad, maar van Esau het Ek ’n afkeer gehad’ (9:13). Die onderskeiding tussen Jakob en Esau is afdoende bewys van Paulus se stelling in 9:6b dat nie almal wat uit Israel afkomstig is, die ware Israel is nie.
Vanuit ʼnretoriese perspektief gebruik Paulus twee soorte argumente in 9:6–13. Die eerste is ’n argument gebaseer op die gesag van die Skrif. Volgens Witherington (
die band tussen Paulus en sy gehoor versterk, deur hulle aan die God van Israel te bind;
die gehoor oortuig van Paulus se standpunt wanneer hulle sien hoe vaardig hy die gewyde teks hanteer;
alle menslike argumente en oorwegings oortref as synde die gesaghebbende en finale woord oor enige saak;
in goed-gestruktureerde beredenerings ingebed is – dikwels nadat hulle ietwat aangepas is om die verband tussen die sitaat en die argumentasie duideliker te maak (Stanley
Die funksie van elke Skrifsitaat is in die analise hierbo uitgestippel. Telkens dien dit om sekere basiese stellings in die diskoers te bevestig as synde die gesaghebbende woord oor die saak onder bespreking.
Die tweede soort argument is een wat op die dissosiasie van idees gebaseer is. In 9:12b dissosieer Paulus dít wat mense doen (d.i. die nageslag van Abraham) van dít wat God doen (d.i. sy roeping) en bied laasgenoemde as basis van die uitverkiesing aan wanneer hy skryf: ‘Dit het gebeur sodat God se voorneme volgens sy uitverkiesing sou bly staan, nie op grond van mense se dade nie, maar op grond van Hom wat roep.’ Vir hierdie soort argument gebruik Paulus gewoonlik antiteses waarin die klem op die tweede deel van die teenstelling val (Tolmie
Wat retoriese tegnieke betref, wys Jewett (
Daar is eenstemmigheid oor die afbakening van die gedeelte. Dit begin in 9:14a met die konkluderende vraag: ‘Wat sal ons dan sê?’ en bespreek dit aan die hand van verdere vrae, wat handel oor God se regverdigheid (9:14b) en wat die mens beplan en doen, omdat hy of sy God nie kan weerspreek nie (9:19–20). Die vrae word almal beantwoord en voorsien van Skrifsitate, wat (soos genoem) kenmerkend is van Paulus se beredenering in hoofstukke 9–11. Die bespreking strek tot by 9:29 wat deur ’n tweede konkluderende vraag in 9:30 gevolg word en só die laaste gedeelte (9:30–10:4) inlei. In sy beantwoording van die vrae, soos gestel in 9:14b en 9:19–20, probeer Paulus die handelinge van God regverdig deur sy gehoor te oortuig dat God se optrede teenoor Jode én heidene volledig in pas is met dít wat die Skrif sê en wat hy as apostel verkondig.
Paulus se opmerkings oor die uitverkiesing in die vorige gedeelte (9:11–13) gee aanleiding tot die logiese beswaar in 9:14a: ‘Wat sal ons dan sê?’ Die diskoers wat volg, word met die vraag in 9:14b ingelei: ‘Is daar dan enige onreg by God?’ (9:14b). Dit word heftig ontken met μὴ γένοιτο [geensins] en gevolg deur ’n Skrifsitaat uit Eksodus 33:19: ‘Ek sal My ontferm oor wie Ek My wil ontferm, en Ek sal barmhartig wees teenoor wie Ek barmhartig wil wees.’ Hiermee word God se oppermag bevestig: Dit wat die mens doen, beteken niks en dus is God nie verplig om enigiets vir hom te doen nie. Wat God doen, doen Hy enkel uit ontferming. In 9:16 word dit presies so verwoord en in 9:18 herhaal – ondersteun deur die Skrifsitaat uit Eksodus 9:16. Soos belofte die sleutelwoord was in die vorige onderdeel (9:6–13), so is ontferming die sleutelwoord in 9:14–29. God se uitverkiesing is ’n saak van ontferming, nie ’n menslike reg nie (Louw
Laasgenoemde lei vanself tot die vrae van ’n denkbeeldige opponent in 9:19: ‘Hoe kan Hy dan nog ’n mens die skuld gee? Want wie kan sy wil teengaan?’ Die vrae word in 9:20–29 beantwoord en ingelei met die skerp teenvraag: ‘Wie is jý tog, o mens, om God te weerspreek?’ (9:20a). Daarop volg die vergelyking van die pottebakker en sy werk met God en dit wat Hy in sy ontferming doen – weereens afgesluit met Skrifsitate uit Hosea en Jesaja.
In hulle eksegese van 9:14–29 het Skrifverklaarders soos Louw (
Dit bring ons terug by Paulus se basiese stelling in 9:6: ‘Nie almal wat uit Israel afkomstig is, is die ware Israel nie.’ God se mense (die ware Israel) is nie op natuurlike afstamming gebaseer nie, maar op sy ontferming oor alle nasies. In sy groot ontferming kies Hy sy mense uit alle nasies – nie op grond van wat hulle doen nie, maar op grond van sy genadige besluit. Daardie mense word deur die geloof, as vrug van God se verkiesing, gered, want δικαιοσύνη is gebaseer op geloof alleen. Dit word die sentrale besprekingspunt in 9:30–10:4 as die laaste onderdeel van Paulus se oorhoofse retoriese strategie in 9:1–10:4, naamlik om sy hoorders van Israel se rol in God se verlossingsplan vir die wêreld te oortuig.
In 9:14–29 gebruik Paulus drie soorte argumente om sy gehoor te oorreed. Die eerste is weer argumente gebaseer op die gesag van die Skrif. Die tipe argument word onder andere gebruik om te bevestig dat:
God nie onregverdig is nie, omdat sy uitverkiesing nie op sy ongekwalifiseerde wil berus nie, maar op sy vrymagtige ontferming (9:15, met verwysing na Eks 33:19);
God vir farao gebruik het as voorbeeld van ’n ongelowige in diens van die uitvoering van sy verlossingsplan vir die hele wêreld (9:17, met verwysing na Eks 9:16);
die nuwe volk van God, die christelike gemeenskap, uit Jode en nie-Jode bestaan (9:25–26, met verwysing na Hos 2:22 en 1:10);
die evangelie van verlossing die hele aarde sal bereik en ‘’n oorblyfsel’ dus ook uit Israel verlos sal word (9:27–28, met verwysing na Jes 10:22–23 en Hos 1:10);
die ware Israel ook uit die nageslag van Abraham, wat oorgebly het om saam met alle gelowiges op die oordeelsdag te deel in God se ontferming, sal bestaan (9:29, met verwysing na Jes 1:9).
Die tweede soort argument is gebaseer op die dissosiasie van idees soos in 9:12b hierbo uiteengesit. Die argument word in die sleutelvers van die diskoers, naamlik 9:16 gevind: ‘Dit berus dus nie by die mens wat hom inspan nie, maar by God wat Hom ontferm.’ In die antitese val die klem weer op die tweede deel daarvan: God se uitverkiesing kan slegs binne die konteks van sy ontferming verstaan word. Die basiese waarheid word in die res van die gedeelte uitgewerk, naamlik in 9:20–24, waarin die handelinge van die pottebakker met dié van God vergelyk word.
Die derde soort argument is op analogie gebaseer. Hierdie soort argument word deur sy eenvoud gekenmerk en is daarom ’n effektiewe oorredingsmiddel: ’n Situasie word eers geskets en dan op die saak onder bespreking toegepas (Tolmie
Dit is te betwyfel of die vergelyking tussen die pottebakker en God in 9:20–24 ’n voorbeeld is van ’n argument a minore ad maius soos Louw (
Retoriese tegnieke in die gedeelte sluit in:
die antitetiese parallelisme in 9:16, wat die inhoud (en só die sentrale posisie van die teks in 9:14–29) beklemtoon: Wat die mens wil en waarvoor hy hom inspan, is irrelevant wanneer dit kom by God se ontferming as grond vir die uitverkiesing;
die uitroep ὦ ἄνθρωπε [o mens] aan die begin van 9:20 in die oorspronklike Grieks, wat op kragtige wyse die teenstelling tussen God en mens onderstreep;
die praktyk om op vrae, nie met antwoorde nie, maar met retoriese vrae te reageer (soos in 9:20–21). Tegnies staan dit as
Die afbakening van die gedeelte is problematies. Die vraag is of 9:30, onafhanklik van hoofstuk 9, ’n nuwe hoofdeel inlei en waar die gedeelte eindig as dit deel van hoofstuk 9 vorm. Volgens Käsemannn (
die term δικαιοσύνη sewe keer in 9:30–10:4 voorkom en dus die sentrale tema van die diskoers vorm;
dit ingelei word met ’n konkluderende vraag in 9:30 en só van 9:14–29 onderskei word;
10:1 dieselfde emosionele strekking as 9:1–5 het en só die seksie 9:1–10:4 omraam;
10:2–4 basies dieselfde argument voer as 9:30–33, naamlik die regverdigmaking deur geloof in Christus alleen, en dus deel van die diskoers in 9:30–10:4 vorm.
Die gedeelte begin met die konkluderende vraag: ‘Wat sal ons dan sê?’ (9:30a), gevolg deur verdere vrae in 9:30b–32a en die antwoord in 9:32b. In hierdie gedeelte, wat weer met ’n Skrifsitaat in 9:33 afgesluit word, wys Paulus op sekere implikasies van sy bespreking in 9:14–29. Die heidene word as mense wat nie die geregtigheid nagejaag het nie gedefinieer, terwyl Israel dit wel gedoen het deur die wet te probeer onderhou. Die Jode het nie in hulle doel geslaag nie; die heidene wel. Die rede waarom die Jode gefaal het, word in 9:32b verwoord: hulle wou nie die geregtigheid op grond van geloof verkry nie, maar op grond van hulle dade. So het hulle oor die struikelblok, Jesus Christus, gestruikel.
Hoofstuk 10:1 is ’n invoeging waarin Paulus sy hartewens, naamlik dat sy volk verlos mag word, uitspreek. Die vers bind asundeties aan die vorige een en herinner aan die persoonlike trant in 9:1–5 waar Paulus ook in die eerste persoon enkelvoud geskryf het. Tobin (
In 10:2–4 word die diskoers van 9:30–33 voortgesit: Israel dien God met ywer, ‘maar sonder insig’ (10:2). Die stelling word in verse 3–4 verduidelik: God se geregtigheid kan slegs deur geloof in Christus wat ‘die einddoel (τέλος) van die wet is’, verkry word. Al die vorige Afrikaanse vertalings het τέλος met ‘einde’ vertaal. Die 2014-vertaling se ‘einddoel’ is egter in pas met die beste kommentare wat die term teleologies verstaan en dit met ‘fulfilment’ of ‘goal’, in plaas van met ‘end’ vertaal (vir ’n bespreking van die vertaalprobleem, vgl. Tobin
In 9:30–10:4 word weer ’n argument gebaseer op die gesag van die Skrif gebruik as Paulus in 9:33 uit Jesaja 28:16 aanhaal: ‘Kyk, Ek sit in Sion ’n klip neer om oor te struikel, ’n rots om oor te val; maar wie in Hom glo, sal nie beskaamd staan nie.’ Volgens die aanhaling sit God self die klip neer, wat vir die gehoor die einde van alle teenspraak moes beteken. Binne konteks is die skaamte waarna verwys word, eskatologies bedoel: dit is om op die oordeelsdag verleë voor God se regterstoel te verskyn (Witherington
Retoriese tegnieke in 9:30–10:4 sluit in:
die metafoor van die struikelblok in 9:32b, waardeur die hoorders gekonfronteer word met ’n nuwe, ongewone uitkyk op ’n saak en hulle aandag dus meer daarop gefokus word (Tolmie
die aanspreekvorm ἀδελφοί [broers] in 10:1, wat op die emosionele band tussen Paulus en sy hoorders dui en dit versterk;
τέλος in 10:4, wat as eerste woord in die sin in ’n beklemtoonde posisie staan.
Die slotsom van die artikel is dat verskillende oorredingsmiddele in die teks, waarvan die funksies binne konteks bepaal is, ’n sinvolle bydrae lewer om die beredenering te versterk en die hoorders van Paulus se standpunt te oortuig, sonder om retoriese modelle of middele van buite vir die doel te gebruik. In hierdie artikel is 9:1–10:4 op grond van enkele inhoudelike en retoriese oorwegings afgebaken, en in vier dele verdeel, naamlik 9:1–5; 9:6–13; 9:14–29 en 9:30–10:4. Elke afdeling is gemotiveer en in die analise is op die soorte argumente wat Paulus gebruik, asook die retoriese tegnieke wat die kommunikasieproses ondersteun, gefokus. Sy argumentasie is veral gekenmerk deur argumente gebaseer op die gesag van die Skrif, terwyl argumente gebaseer op goddelike gesag, op die dissosiasie van idees, op emosie en op analogie ook gevind is.
Verskeie erkende retoriese tegnieke van Grieks-Romeinse oorsprong is ook gebruik om die trefkrag van Paulus se kommunikasie te verhoog en sy gehoor te oorreed om sy siening van Israel se rol in die uitvoering van God se verlossingsplan vir die wêreld te steun.
Die outeur verklaar dat hy geen finansiële of persoonlike verbintenis het met enige party wat hom nadelig kon beïnvloed in die skryf van hierdie artikel nie.
Verder verwysings na die boek Romeine sal slegs deur hoofstukke en verse aangedui word.