<?xml version="1.0" encoding="UTF-8"?><!DOCTYPE article PUBLIC "-//NLM//DTD JATS (Z39.96) Journal Publishing DTD v1.1d1 20130915//EN" "http://jats.nlm.nih.gov/publishing/1.1d1/JATS-journalpublishing1.dtd"><article xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xmlns:mml="http://www.w3.org/1998/Math/MathML" article-type="research-article" xml:lang="af"><front><journal-meta><journal-id journal-id-type="publisher-id">IDS</journal-id><journal-title-group><journal-title>In die Skriflig</journal-title></journal-title-group><issn pub-type="ppub">1018-6441</issn><issn pub-type="epub">2305-0853</issn><publisher><publisher-name>AOSIS OpenJournals</publisher-name></publisher></journal-meta><article-meta><article-id pub-id-type="publisher-id">IDS-49-1921</article-id><article-id pub-id-type="doi">10.4102/ids.v49i1.1921</article-id><article-categories><subj-group subj-group-type="heading"><subject>Original Research</subject></subj-group></article-categories><title-group><article-title>&#x2019;n Retoriese analise van Romeine 9:1&#x2013;10:4</article-title></title-group><contrib-group><contrib contrib-type="author" corresp="yes"><name><surname>(Andries) Snyman</surname><given-names>A.H.</given-names></name><xref ref-type="aff" rid="AF0001">1</xref><xref ref-type="corresp" rid="cor1"/></contrib><aff id="AF0001"><label>1</label>Department of New Testament, University of the Free State, South Africa</aff></contrib-group><author-notes><corresp id="cor1"><bold>Correspondence to:</bold> A.H. (Andries) Snyman <bold>Email:</bold> <email xlink:href="asnyman44@gmail.com">asnyman44@gmail.com</email> <bold>Postal address:</bold> PO Box 339, Bloemfontein 9300, South Africa</corresp><fn><p><bold>How to cite this article:</bold> Snyman, A.H., 2015, &#x2018;&#x2019;n Retoriese analise van Romeine 9:1&#x2013;10:4&#x2019;, <italic>In die Skriflig</italic> 49(1), Art. #1921, 7 pages. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://dx.doi.org/10.4102/ids.v49i1.1921">http://dx.doi.org/10.4102/ids.v49i1.1921</ext-link></p></fn></author-notes><pub-date pub-type="epub"><day>11</day><month>06</month><year>2015</year></pub-date><pub-date pub-type="ppub"><year>2015</year></pub-date><volume>49</volume><issue>1</issue><elocation-id>1921</elocation-id><history><date date-type="received"><day>12</day><month>01</month><year>2015</year></date><date date-type="accepted"><day>07</day><month>04</month><year>2015</year></date></history><permissions><copyright-statement>&#x00A9; 2015. The Authors</copyright-statement><copyright-year>2015</copyright-year><license license-type="open-access" xlink:href="http://creativecommons.org/licenses/by/2.0/"><license-p>AOSIS OpenJournals. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.</license-p></license></permissions><abstract><title>Abstrak</title><p>Die artikel is &#x2019;n poging om Paulus se retoriese strategie uit die teks self te rekonstrueer, eerder as om &#x2019;n klassieke of moderne retoriese model op die teks toe te pas. &#x2019;n Voorstel vir so &#x2019;n teksgesentreerde benadering word kortliks opgesom, gevolg deur &#x2019;n beskrywing van die retoriese situasie wat Paulus in die brief wil ondersoek. Daar word geargumenteer dat Romeine 9:1&#x2013;10:4 &#x2019;n integrale deel van Paulus se retoriese strategie vorm met die doel om sy gehoor te oortuig om sy siening van God se verlossingsplan, asook sy beoogde sending na Spanje te steun. In die proses van oorreding gebruik hy verskillende soorte argumente en retoriese tegnieke om die trefkrag van sy kommunikasie te verhoog. Die gevolgtrekking is dat &#x2019;n teksgesentreerde benadering (met fokus op die funksionele aspekte van die teks) &#x2019;n beter alternatief as die bestaande benaderings (met fokus op die formele aspekte van die teks) bied.</p></abstract><trans-abstract xml:lang="en"><title>Abstract</title><sec id="st1"><title>A rhetorical analysis of Romans 9:1-10:4.</title><p>This article is an attempt to reconstruct Paul&#x0027;s rhetorical strategy from the text itself, rather than applying ancient or modern rhetorical models to his letters. A proposal for such a text-centred approach is briefly summarised, followed by a discussion of the rhetorical situation that Paul wants to address in this letter. It is argued that Romans 9:1&#x2013;10:4 forms an integral part of his rhetorical strategy, aimed at persuading his audience in Rome to support his view on God&#x0027;s plan of salvation as well as his forthcoming mission to Spain. In the process of persuasion Paul uses various types of argument and rhetorical techniques to enhance the impact of his communication. The conclusion is that a text-centred approach (with its focus on the functional aspects of the text) provides a better alternative to existing approaches (which focus on the formal aspects of the text).</p></sec></trans-abstract></article-meta></front><body><sec id="s0001"><title>Inleiding</title><p>Bryan (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0003">2000</xref>) skryf oor Romeine 9:1&#x2013;11:36:</p><disp-quote><p>The section is in some ways the most rhetorically striking of the entire letter, and makes extensive use of virtually the entire range of techniques of the podium and the classroom. (p. 160)</p></disp-quote><p>Hierdie stelling word bevestig deur die groot aantal retoriese analises wat die afgelope jare oor die gedeelte gepubliseer is. Die studies word hoofsaaklik deur twee benaderings gekenmerk. Die eerste is om &#x2019;n model van buite te gebruik om die retoriese struktuur van &#x2019;n brief mee te beskryf. Feitlik al Paulus se briewe is al op di&#x00E9; wyse geanaliseer en wel deur die Grieks-Romeinse sisteem met sy bekende exordium, propositio, narratio, probatio en peroratio te gebruik (sien die subopskrifte vanaf Romeine 9:1&#x2013;5 tot by Romeine 9:30&#x2013;10:4 hieronder). Deur die tweede benadering word die studie van oorreding beperk tot &#x2019;n paar retoriese tegnieke en stylfigure. Sporadiese opmerkings hieroor word in die meeste kommentare gevind, maar selde is probeer om dit binne &#x2019;n bepaalde raamwerk te ondersoek, of die funksies daarvan binne konteks te beskryf (sien die subopskrifte vanaf Romeine 9:1&#x2013;5 tot Romeine 9:30&#x2013;10:4 hieronder, asook kommentare in die bronnelys).</p><p>Anders as deur bogenoemde twee benaderings, word retoriese analise in hierdie artikel verstaan as &#x2019;n beskrywing van al die middele in die teks (wyse van redenering, tipes argumente en ondersteunende retoriese tegnieke) wat die outeur gebruik om die lesers van sy standpunt te oorreed. &#x2019;n Model van buite word nie op die teks afgedwing nie, maar alles wat tot die proses van oorreding bydra, word ge&#x00EF;dentifiseer en hulle funksies binne konteks bepaal. &#x2019;n Voorstel vir so &#x2019;n teksgesentreerde metode van retoriese analise word in die proefskrif &#x2018;Persuading the Galatians&#x2019; (Tolmie <xref ref-type="bibr" rid="CIT0021">2005</xref>) gemaak. Tolmie (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0021">2005</xref>:28) beskryf sy voorstel as &#x2019;n &#x2018;minimal theoretical framework to guide the analysis&#x2019; en beklemtoon dat dit nie verstaan moet word as &#x2019;n rigiede metode wat stiptelik op die teks toegepas moet word nie. Sy voorstel het heelwat byval gevind en kan soos volg opgesom word:</p><list list-type="bullet"><list-item><p>&#x2019;n Beskrywing van die retoriese situasie van die brief, d.w.s. w&#x00E1;t Paulus in die brief as geheel wil bereik.</p></list-item><list-item><p>&#x2019;n Ontleding van ho&#x00E9; hy sy lesers probeer oorreed, gebaseer op sy &#x2018;<italic>minimal theoretical framework</italic>&#x2019;, wat uit die volgende elemente bestaan: die identifisering van die dominante retoriese strategie in elke gedeelte of fase deur die prim&#x00EA;re retoriese doel daarvan te beskryf en aan te dui hoe Paulus probeer om dit te bereik. In die proses val die klem op die wyse waarop hy redeneer en die tipes argumente wat hy gebruik om sy gehoor te oorreed. Ten slotte word die sogenaamde retoriese tegnieke, wat dien om die trefkrag van sy kommunikasie te verhoog, ge&#x00EF;dentifiseer en hulle funksies beskryf.</p></list-item></list><p>Die doel van hierdie artikel is om Tolmie se voorstel vir retoriese analise op Romeine 9:1&#x2013;10:4<xref ref-type="fn" rid="FN0001"><sup>1</sup></xref> toe te pas en die waarde daarvan te bepaal deur die proses van oorreding aan die hand daarvan te beskryf. In die beskrywing staan die teks dus sentraal en word die verskillende oorredingsmiddele in die teks ge&#x00EF;dentifiseer en hulle funksies bepaal ten einde aan te toon ho&#x00E9; hulle die gang van die beredenering (te wete Israel se rol in God se verlossingsplan) ondersteun. Dit lei tot ander resultate as die formele afbakening van die teks aan die hand van eksterne kategorie&#x00EB; en die blote benoeming van erkende oorredingsmiddele en stylfigure, sonder om hulle funksies te beskryf.</p></sec><sec id="s0002"><title>Retoriese situasie</title><p>As vertrekpunt van hierdie artikel word aanvaar dat Paulus die Romeine van sy standpunt oor &#x2019;n bepaalde saak of sake wou oorreed. Sonder om te herhaal wat in enige goeie kommentaar gevind kan word, word by twee sake wat Jewett (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">2007</xref>:41&#x2013;42, 80) in sy standaardwerk belig het, aangesluit. Die eerste is die bestaan van verskillende huiskerke in Rome, wat onderling oor leerstellige aangeleenthede verskil het. Met die brief probeer Paulus die konflikte tussen veral die Joodse en heiden-christene byl&#x00EA;, deur die kernboodskap van die evangelie waarvoor hy geroep is om aan die hele w&#x00EA;reld te verkondig, te beklemtoon (1:17; Given <xref ref-type="bibr" rid="CIT0007">2001</xref>:140&#x2013;147). Paulus fokus hierop in die eerste 11 hoofstukke van die brief en toon aan dat alle mense (Jode sowel as nie-Jode) vrygespreek is as hulle in Christus glo en dat hulle as vrygespreekte mense moet lewe. Die posisie van die volk Israel in die hele proses van verlossing is vir hom van buitengewone belang en daarom bespreek hy dit breedvoerig in hoofstukke 9&#x2013;11, wat die konteks is waarbinne 9:1&#x2013;10:4 verstaan moet word. Met die brief wil Paulus sy gehoor waarsku teen di&#x00E9; &#x2018;wat verdeeldheid en struikelblokke veroorsaak, in stryd met die leer waarin julle onderrig is&#x2019; (16:17).</p><p>&#x2019;n Tweede saak blyk uit hoofstuk 15 wat oor Paulus se toekomsplanne in die uitvoering van sy taak as apostel aan die heidene handel. Hy staan op die punt om die evangelie in die Weste (Spanje) te gaan verkondig (15:23&#x2013;24). Om dit te doen, moes hy in Rome aandoen as gevolg van die belangrike rol wat die gemeentes daar in die kerk van die Weste vervul het &#x2013; vandaar sy voorneme &#x2018;om julle op my deurreis te sien en dan deur julle daarheen voortgehelp te word&#x2019; (15:24). Deur sy brief wil hy dus die band met die gemeentes in Rome versterk en s&#x00F3; hulle ondersteuning kry vir sy voorgenome besoek aan Spanje wat sy w&#x00EA;reldwye sendingtaak sou voltooi (Debann&#x00E9; <xref ref-type="bibr" rid="CIT0004">2006</xref>:196).</p></sec><sec id="s0003"><title>Analise van Romeine 9:1&#x2013;10: Atlanta:4</title><p>Geleerdes wat verkies om die Grieks-Romeinse retoriese sisteem te gebruik om Paulus se briewe te analiseer, verskil oor die indeling van die brief. Volgens Jewett (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">2007</xref>:viii&#x2013;ix) is 1:1&#x2013;12 die exordium, 1:13&#x2013;15 die narratio, 1:16&#x2013;17 die propositio, 1:18&#x2013;15:13 die probatio en 15:14&#x2013;16:24 die peroratio daarvan. Talbert (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0019">2002</xref>:14) het dieselfde indeling, terwyl Reid (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0014">1995</xref>:117&#x2013;139) die brief verdeel in die exordium (1:8&#x2013;15), transitus (1:16&#x2013;17), narratio (1:18&#x2013;3:20), propositio (3:21&#x2013;31), probatio (4:1&#x2013;11:36), paraenesis (12:1&#x2013;15:13) en die peroratio (15:14&#x2013;33). Hoofstuk 16 is vir hom nie deel van die retoriese struktuur nie. Vir Witherington (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0022">2004</xref>:21&#x2013;22) word die brief as geheel verdeel in die briefopening en groete (1:1&#x2013;7), exordium (1:8&#x2013;10), narratio (1:11&#x2013;15), propositio (1:16&#x2013;17), probatio (1:18&#x2013;8:39, wat uit agt argumente bestaan), refutatio (9:1&#x2013;15:13, met vier argumente) en peroratio (15:14&#x2013;21), asook &#x2019;n aantal mededelings oor Paulus se reisplanne en groetewense (15:22&#x2013;16:27). Hierdie groot verskeidenheid indelings vanuit dieselfde retoriese sisteem plaas die teoretiese regverdiging vir die gebruik daarvan onder ernstige verdenking. Om hierdie rede word verkies om (saam met Tolmie en ander) &#x2019;n teksgesentreerde benadering te volg, waar die teks self as vertrekpunt van analise dien. Hiermee word nie ontken dat Paulus, soos Mitchel (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">2002</xref>) tereg aangetoon het, deur die Grieks-Romeinse retoriek be&#x00EF;nvloed is nie. Hierdie be&#x00EF;nvloeding beteken egter nie dat hy sy briewe as geheel op basis van gemelde retoriese kategorie&#x00EB; gestruktureer het nie.</p><p>Dit is interessant dat die meeste geleerdes wat die klassieke sisteem gebruik hoofstukke 9&#x2013;11 as &#x2019;n eenheid beskou, en wel as deel van die probatio van die brief. Volgens Louw (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0010">1979</xref>) wat teksgesentreerd werk, vorm die drie hoofstukke ook &#x2019;n eenheid:</p><disp-quote><p>dealing with Israel in relation to faith as the basis of being put right with God. Though this unit constitutes a section on its own, it links with the previous large section (1:18&#x2013;8:39) to compose the main part of the letter. In fact, it will be shown by our analysis that 9:1&#x2013;11:36 actually involves an application to the situation of Israel of the thesis expounded in 1:18&#x2013;8:39. (p. 97)</p></disp-quote><p>Romeine 9:1&#x2013;10:4 vorm die eerste deel van die eenheid en is op grond van inhoudelike en retoriese oorwegings afgebaken. Die gedeelte word in vier dele uiteengesit wat soos volg afgebaken kan word: Eerstens, 9:1&#x2013;5 word gekenmerk deur emfatiese styl, die gebruik van die eerste persoon enkelvoud, lofprysing aan die einde van vers 5, en met &#x1F00;&#x03BC;&#x1F75;&#x03BD; afgesluit. Die raaisel van Israel se ongeloof, wat Paulus in 9:1&#x2013;5 so diep bedroef, word in die tweede onderdeel (9:6&#x2013;13) beantwoord deur daarop te wys dat nie al die afstammelinge van Abraham in God se belofte ingesluit is nie. Die ware Israel berus nie op afstamming nie, maar op sy vrymagtige verkiesing. Die bespreking in die gedeelte word met &#x2019;n Skrifsitaat uit Maleagi 1:2&#x2013;3 afgesluit. By 9:14 begin die derde onderdeel, wat van die vorige een deur die konkluderende vraag, naamlik &#x2018;Wat sal ons dan s&#x00EA;?&#x2019; (9:14a) onderskei word en strek tot by die volgende konkluderende vraag in 9:30a. In 9:14&#x2013;29 argumenteer Paulus dat God se verkiesing op sy ontferming berus; nie op iets wat die mens kan doen nie en dat die mens Hom op geen wyse kan weerspreek nie. Die konkluderende vraag in 9:30a lei die laaste onderdeel in en word tot by 10:4 beredeneer. In sy beredenering wys Paulus op die regte en verkeerde manier om geregtigheid te verkry. Met &#x2019;n sterk emosionele wens in 10:1, wat aan 9:1&#x2013;5 herinner, sluit hy die laaste onderdeel af en omraam s&#x00F3; die hele gedeelte onder bespreking.</p><p>Die vier dele waarin 9:1&#x2013;10:4 verdeel kan word, is dus 9:1&#x2013;5; 9:6&#x2013;13; 9:14&#x2013;29 en 9:30&#x2013;10:4. Die dominante retoriese strategie in 9:1&#x2013;10:4 is om die hoorders van Israel se rol in God se verlossingsplan vir die w&#x00EA;reld te oortuig. Die strategie&#x00EB; van die vier onderdele kan soos volg geformuleer word:</p><list list-type="bullet"><list-item><p>9:1&#x2013;5: Die raaisel van Israel se ongeloof.</p></list-item><list-item><p>9:6&#x2013;13: Die ware Israel is die kinders van die belofte, nie die nageslag van Abraham nie.</p></list-item><list-item><p>9:14&#x2013;29: God se verkiesing berus op sy ontferming.</p></list-item><list-item><p>9:30&#x2013;10:4: God se geregtigheid (&#x03B4;&#x03B9;&#x03BA;&#x03B1;&#x03B9;&#x03BF;&#x03C3;&#x03CD;&#x03BD;&#x03B7;) word slegs deur geloof in Christus verkry; nie deur wetsonderhouding nie.</p></list-item></list><p>Aangesien hierdie artikel prim&#x00EA;r retories is, val die klem op oorreding. Ten einde Paulus se oorredingsmiddele reg te verstaan, moet d&#x00ED;t wat hy s&#x00EA; egter ook aandag kry. Gevolglik word die hooflyne van sy diskoers deurlopend verreken. Aanhalings uit Romeine kom almal uit die <italic>Nuwe Testament en Psalms: &#x2019;n Direkte Vertaling</italic> (2014), omdat dit, as direkte vertaling, die beelde, styl en struktuur van die oorspronklike so ver moontlik behou en vir studies soos hierdie benut kan word.</p><sec id="s2004"><title>Romeine 9:1&#x2013;5: Die raaisel van Israel se ongeloof</title><p>In hierdie afdeling verwoord Paulus sy droefheid dat die Joodse volk nie in Christus glo nie. Hy begin in 9:1 met drie stellings wat al drie op die inhoud van wat hy in 9:2 wil s&#x00EA;, afgestem is: &#x2018;Ek praat die waarheid in Christus, ja, ek lieg nie, en my gewete, deur die werking van die Heilige Gees, getuig saam met my dat ek in my hart &#x2019;n ontsaglike droefheid en &#x2019;n onophoudelike pyn ervaar&#x2019; (9:1&#x2013;2). Die stellings vul mekaar aan en die waarheid van wat hy teenoor sy volksgenote voel, word met &#x2019;n beroep op Christus en die werking van die Heilige Gees gewaarborg. In 9:3 bevestig hy dat hy selfs vervloek sou wou wees, &#x2018;verwyder van Christus, in belang van my broers&#x2019;. Die term &#x1F00;&#x03BD;&#x03AC;&#x03B8;&#x03B5;&#x03BC;&#x03B1; beteken &#x2018;that which has been cursed &#x2013; &#x201C;cursed, accursed&#x201D;&#x2019; en volgens Louw and Nida (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0011">1988</xref>:443) sou die vers ook vertaal kon word met, &#x2018;I would wish that God himself had cursed me&#x2019;. Die rede vir hierdie sterk wens word nie verskaf nie, maar dit kan deur die uitbreiding in 9:4 verklaar word: sy volksgenote, die Israeliete, deel in &#x2019;n hele klomp voorregte wat hulle behoort te oortuig dat Jesus die Messias is. Die feit dat hulle, ten spyte van al hulle voorregte, weier om Jesus as Messias te erken, is dus die rede vir Paulus se buitengewone droefheid. Die lys voorregte word afgesluit met die stelling dat Jesus self tot die Joodse volk behoort. Vir Paulus is dit die belangrikste rede vir sy droefheid en lei hom tot die doksologie aan die einde van 9:5, waarin die goddelike natuur van Christus besing word: Hy is God bo alles, &#x2018;lofwaardig vir ewig!&#x2019; (Louw <xref ref-type="bibr" rid="CIT0010">1979</xref>:97&#x2013;98).</p><p>Vir ons doel is die twee argumente wat Paulus in 9:1&#x2013;5 gebruik, asook die doksologie aan die einde belangrik. Die eerste is &#x2019;n argument gebaseer op goddelike gesag in 9:1. Deur hom op Christus en die werking van die Heilige Gees te beroep, verseker hy sy gehoor dat sy droefheid oor Israel w&#x00E1;&#x00E1; r en &#x00E9;g is. As enigiemand sou twyfel aan die egtheid van sy toewyding aan die Joodse volk, sou die beroep op Christus en die Heilige Gees hom of haar van die teendeel oortuig. Om die werklikheid van sy droefheid te betwyfel, sou op niks minder as twyfel aan Christus en die werking van die Heilige Gees neerkom nie.</p><p>Tweedens gebruik Paulus in die gedeelte &#x2019;n argument gebaseer op emosie. Die raaisel van Israel se ongeloof bring mee dat hy in sy hart &#x2018;&#x2019;n ontsaglike droefheid en &#x2019;n onophoudelike pyn ervaar&#x2019; (9:2). Al is hy &#x2019;n apostel vir die heidene, is hy diep besorg en bedroef oor sy eie mense se weerstand teen die evangelie. Die emosie is daarop gemik om &#x2019;n soortgelyke gevoel by sy hoorders te ontlok, deur hoofsaaklik sy heiden-christelike gehoor te oorreed &#x2018;to share his profound and anxious compassion for the Jews who have not yet embraced the fulfilment of what is properly their destiny&#x2019; (Elliott <xref ref-type="bibr" rid="CIT0006">1990</xref>:263). Ter wille van sy volksgenote is hy selfs bereid om &#x2019;n vervloeking te wees, &#x2018;verwyder van Christus&#x2019; (9:3). Die stellings dui almal op sterk emosie en is op die meelewing van sy gehoor afgestem &#x2013; &#x2019;n meelewing wat ook implikasies kan h&#x00EA; vir sy voorgenome besoek aan Spanje waarmee hy beoog om sy w&#x00EA;reldwye sendingtaak te voltooi. Die emosie bevestig immers die erns waarmee hy sy taak as apostel beje&#x00EB;n.</p><p>Die verwysing na Christus as God in die doksologie van 9:5 is ook belangrik vir Paulus se beredenering in 9:1&#x2013;5. In die eerste deel van vers 5 wys hy op die belangrike voordeel vir die Joodse volk: uit h&#x00FA;lle het Christus as mens gekom. Hierdie stelling oor Christus se mensheid roep egter om voltooiing: Hy is nie net mens nie, maar ook &#x2018;God bo alles, lofwaardig vir ewig&#x2019;. Deur sy godheid in die doksologie te verwoord, voer Paulus sy argument in 9:1&#x2013;5 tot &#x2019;n hoogtepunt en beklemtoon hy dat, om Jesus as Christus te erken, die erkenning van sy goddelike natuur insluit. Laasgenoemde was juis die belangrikste struikelblok vir die Jode om Christus as Messias te aanvaar.</p><p>Retoriese tegnieke wat Paulus se kommunikasie in 9:1&#x2013;5 versterk, sluit in:</p><list list-type="bullet"><list-item><p>die <italic>chiasme</italic> in 9:2, waar die terme <italic>ontsaglike droefheid</italic> en<italic> &#x2019;n onophoudelike pyn</italic> in die oorspronklike Grieks as droefheid (s.nw.); ontsaglik (b.nw.); onophoudelik (b.nw.); en pyn (s.nw) georden is. Op hierdie wyse word die aandag van die gehoor op die inhoud van die teks gevestig (Tolmie <xref ref-type="bibr" rid="CIT0021">2005</xref>:151). Die inhoud is veral relevant vir die onmiddellike konteks wat oor die raaisel van Israel se ongeloof handel;</p></list-item><list-item><p><italic>homoioteleuton</italic> met die uitgange -&#x03B8;&#x03B5;&#x03C3;&#x03AF;&#x03B1;, -&#x03B1;, -&#x03B1;&#x1FBE; en -&#x03B8;&#x03B5;&#x03C3;&#x03AF;&#x03B1;, -&#x03B1;, -&#x03B1; (9:4), waarop die Griekse woorde wat die Israeliete se voorregte beskryf, eindig (Jewett <xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">2007</xref>:556). Deur hierdie tegniek word die reeks voorregte aan mekaar verbind;</p></list-item><list-item><p>die sesvoudige herhaling van &#x03BA;&#x03B1;&#x1F77; [en] in 9:4, wat bekend staan as <italic>polisundeton</italic> (Nida et al. <xref ref-type="bibr" rid="CIT0013">1983</xref>:177) en gebruik word om die groot aantal voorregte waarin die Israeliete deel te verbeeld;</p></list-item><list-item><p>die herhaling van die genitief meervoud &#x1F67;&#x03BD; of &#x1F10;&#x03BE; &#x1F67;&#x03BD; aan die begin van drie opeenvolgende frases in 9:4&#x2013;5 wat beklemtoon dat die voorregte alles &#x2018;aan hulle&#x2019; (d.i. die Israeliete) behoort. Op hierdie wyse word die raaisel van Israel se ongeloof verdiep. Die tegniek staan bekend as <italic>epanaphora</italic> (Nida et al. <xref ref-type="bibr" rid="CIT0013">1983</xref>:175) en nie as <italic>paronomasia</italic>, soos Jewett (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">2007</xref>:556) beweer nie. <italic>Paronomasia</italic> is die herhaling van dieselfde vorme met verskillende betekenisse, soos &#x03BB;&#x03B9;&#x03BC;&#x03BF;&#x03AF; [hongersnood] en &#x03BB;&#x03BF;&#x03B9;&#x03BC;&#x03BF;&#x03AF; [epidemies] in Lukas 21:11. (Nida et al. <xref ref-type="bibr" rid="CIT0013">1983</xref>:179);</p></list-item><list-item><p>die plasing van &#x2018;uit hulle het ook die Christus as mens gekom&#x2019; (9:5) aan die einde van die reeks voorregte, beklemtoon dat die voorregte geldig bly en nie tot die verlede behoort nie, omdat dit in H&#x00F3;m steeds geldig is. Dit verdiep Paulus se droefheid oor sy volksgenote nog verder (Tobin <xref ref-type="bibr" rid="CIT0020">2004</xref>:305).</p></list-item></list></sec><sec id="s2005"><title>Romeine 9:6&#x2013;13: Die ware Israel is die kinders van die belofte, nie die nageslag van Abraham nie</title><p>Daar is verskille oor die vraag of die onderdeel by 9:13 eindig (soos K&#x00E4;semannn <xref ref-type="bibr" rid="CIT0009">1980</xref>:260&#x2013;267; Siegert <xref ref-type="bibr" rid="CIT0017">1985</xref>:123&#x2013;127 en Schlier <xref ref-type="bibr" rid="CIT0015">1977</xref>:289&#x2013;293 beweer) of by vers 18 (soos Louw <xref ref-type="bibr" rid="CIT0010">1979</xref>:99&#x2013;100 en Jewett <xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">2007</xref>:570&#x2013;584 dit afbaken). Na my mening vorm 9:6&#x2013;13 &#x2019;n eenheid en wel om die volgende redes:</p><list list-type="bullet"><list-item><p>Sleutelterme in die gedeelte is <italic>nageslag</italic>, <italic>kinders</italic> en veral <italic>belofte</italic>. In die volgende gedeelte (9:14&#x2013;29) handel dit nie hieroor nie, maar oor God se ontferming oor die ware Israel.</p></list-item><list-item><p>Historiese inligting oor God se uitverkiesingsproses kenmerk die betrokke gedeelte, maar ontbreek vanaf 9:14. Die name van Abraham, Isak, Sara, Rebekka, Jakob en Esau word slegs hier genoem en dien om &#x2018;God se voorneme volgens sy uitverkiesing&#x2019; (9:11&#x2013;12) te illustreer.</p></list-item><list-item><p>Die gedeelte begin by 9:6, omdat die doksologie en die &#x2018;Amen&#x2019; aan die einde van 9:1&#x2013;5 dit duidelik van 9:6&#x2013;13 onderskei.</p></list-item><list-item><p>Die gedeelte strek tot by 9:13, omdat die konkluderende vraag &#x2018;Wat sal ons dan s&#x00EA;?&#x2019; in 9:14a &#x2019;n nuwe bespreking, net soos &#x2019;n soortgelyke vraag in 9:30a die laaste onderdeel (9:30&#x2013;10:4) inlei.</p></list-item></list><p>Die diskoers in 9:6&#x2013;13 begin met die vraag na die geldigheid van God se woord in die lig van die feit dat Israel geweier het om Jesus as Messias te aanvaar (9:1&#x2013;5). In 9:6 word die geldigheid bevestig, gevolg deur &#x2019;n rede: &#x2018;Want nie almal wat uit Israel afkomstig is, is die ware Israel nie.&#x2019; Di&#x00E9; stelling, wat die verdere bespreking oorheers, word vervolgens met &#x2019;n aanhaling uit Genesis 21:12 bevestig: nie alle afstammelinge van Abraham is God se ware kinders nie! Dit is die basiese antwoord op die probleem wat in 9:1&#x2013;5 aan die orde was en vir Paulus soveel droefheid veroorsaak het: die ware Israel is nie &#x2019;n saak van fisiese afstamming nie. Wat dit werklik is, word vanaf 9:8 verduidelik: dit is &#x2019;n saak van belofte. Dit word nogeens met &#x2019;n sitaat uit Genesis 18:10, 14 gestaaf.</p><p>Die inhoud van die belofte word vervolgens in 9:10&#x2013;12 uiteengesit. Dit behels dat Israel slegs deur Isak sal voortbestaan. Isak het twee seuns by Rebekka gehad en dit bring Paulus by die kern van die saak: nie al Abraham se kinders is by die belofte ingesluit nie. Al het Rebekka twee seuns gehad, was die belofte net vir &#x00E9;&#x00E9; n van hulle bedoel, en wel op grond van &#x2018;God se voorneme volgens sy uitverkiesing&#x2019; (9:12b). Dit word met &#x2019;n sitaat uit Maleagi 1:2&#x2013;3 bevestig: &#x2018;Jakob het Ek liefgehad, maar van Esau het Ek &#x2019;n afkeer gehad&#x2019; (9:13). Die onderskeiding tussen Jakob en Esau is afdoende bewys van Paulus se stelling in 9:6b dat nie almal wat uit Israel afkomstig is, die ware Israel is nie.</p><p>Vanuit &#x0149;retoriese perspektief gebruik Paulus twee soorte argumente in 9:6&#x2013;13. Die eerste is &#x2019;n argument gebaseer op die gesag van die Skrif. Volgens Witherington (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0022">2004</xref>:237&#x2013;238) bevat 9:1&#x2013;11:36 die meeste Skrifsitate in die hele brief; trouens, 31% van Skrifsitate in al Paulus se briewe word in hierdie drie hoofstukke gevind. Volgens Tobin (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0020">2004</xref>:299&#x2013;300) plaas die groot aantal Skrifsitate die gedeelte (8:31&#x2013;11:36), wat hy as &#x2019;n eenheid beskou, in &#x2019;n klas van sy eie en dien dit om die gedeelte van die res van die brief te onderskei. Sulke Skrifsitate is retoriese belangrik omdat dit:</p><list list-type="bullet"><list-item><p>die band tussen Paulus en sy gehoor versterk, deur hulle aan die God van Israel te bind;</p></list-item><list-item><p>die gehoor oortuig van Paulus se standpunt wanneer hulle sien hoe vaardig hy die gewyde teks hanteer;</p></list-item><list-item><p>alle menslike argumente en oorwegings oortref as synde die gesaghebbende en finale woord oor enige saak;</p></list-item><list-item><p>in goed-gestruktureerde beredenerings ingebed is &#x2013; dikwels nadat hulle ietwat aangepas is om die verband tussen die sitaat en die argumentasie duideliker te maak (Stanley <xref ref-type="bibr" rid="CIT0018">1998</xref>:712&#x2013;716).</p></list-item></list><p>Die funksie van elke Skrifsitaat is in die analise hierbo uitgestippel. Telkens dien dit om sekere basiese stellings in die diskoers te bevestig as synde die gesaghebbende woord oor die saak onder bespreking.</p><p>Die tweede soort argument is een wat op die dissosiasie van idees gebaseer is. In 9:12b dissosieer Paulus d&#x00ED;t wat mense doen (d.i. die nageslag van Abraham) van d&#x00ED;t wat God doen (d.i. sy roeping) en bied laasgenoemde as basis van die uitverkiesing aan wanneer hy skryf: &#x2018;Dit het gebeur sodat God se voorneme volgens sy uitverkiesing sou bly staan, nie op grond van mense se dade nie, maar op grond van Hom wat roep.&#x2019; Vir hierdie soort argument gebruik Paulus gewoonlik antiteses waarin die klem op die tweede deel van die teenstelling val (Tolmie <xref ref-type="bibr" rid="CIT0021">2005</xref>:17, 53, 61). In die lig hiervan wil Paulus dus die handeling van God (sy roeping) as grond van die uitverkiesing beklemtoon, deur dit te dissosieer &#x2018;van mense se dade&#x2019;. Die argument word met die Skrifsitaat uit Maleagi 1:2&#x2013;3 bevestig.</p><p>Wat retoriese tegnieke betref, wys Jewett (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">2007</xref>:572) op die parallelle sinstruktuur in 9:8 wat die belangrikheid van die betrokke teks in Paulus se hele diskoers beklemtoon: &#x2018;kinders na die liggaam&#x2019; (d.i. almal wat uit Israel afkomstig is) is nie almal &#x2018;kinders na die belofte&#x2019; (d.i. die ware Israel) nie.</p></sec><sec id="s2006"><title>Romeine 9:14&#x2013;29: God se uitverkiesing berus op sy ontferming</title><p>Daar is eenstemmigheid oor die afbakening van die gedeelte. Dit begin in 9:14a met die konkluderende vraag: &#x2018;Wat sal ons dan s&#x00EA;?&#x2019; en bespreek dit aan die hand van verdere vrae, wat handel oor God se regverdigheid (9:14b) en wat die mens beplan en doen, omdat hy of sy God nie kan weerspreek nie (9:19&#x2013;20). Die vrae word almal beantwoord en voorsien van Skrifsitate, wat (soos genoem) kenmerkend is van Paulus se beredenering in hoofstukke 9&#x2013;11. Die bespreking strek tot by 9:29 wat deur &#x2019;n tweede konkluderende vraag in 9:30 gevolg word en s&#x00F3; die laaste gedeelte (9:30&#x2013;10:4) inlei. In sy beantwoording van die vrae, soos gestel in 9:14b en 9:19&#x2013;20, probeer Paulus die handelinge van God regverdig deur sy gehoor te oortuig dat God se optrede teenoor Jode &#x00E9;n heidene volledig in pas is met d&#x00ED;t wat die Skrif s&#x00EA; en wat hy as apostel verkondig.</p><p>Paulus se opmerkings oor die uitverkiesing in die vorige gedeelte (9:11&#x2013;13) gee aanleiding tot die logiese beswaar in 9:14a: &#x2018;Wat sal ons dan s&#x00EA;?&#x2019; Die diskoers wat volg, word met die vraag in 9:14b ingelei: &#x2018;Is daar dan enige onreg by God?&#x2019; (9:14b). Dit word heftig ontken met &#x03BC;&#x1F74; &#x03B3;&#x1F73;&#x03BD;&#x03BF;&#x03B9;&#x03C4;&#x03BF; [geensins] en gevolg deur &#x2019;n Skrifsitaat uit Eksodus 33:19: &#x2018;Ek sal My ontferm oor wie Ek My wil ontferm, en Ek sal barmhartig wees teenoor wie Ek barmhartig wil wees.&#x2019; Hiermee word God se oppermag bevestig: Dit wat die mens doen, beteken niks en dus is God nie verplig om enigiets vir hom te doen nie. Wat God doen, doen Hy enkel uit ontferming. In 9:16 word dit presies so verwoord en in 9:18 herhaal &#x2013; ondersteun deur die Skrifsitaat uit Eksodus 9:16. Soos belofte die sleutelwoord was in die vorige onderdeel (9:6&#x2013;13), so is ontferming die sleutelwoord in 9:14&#x2013;29. God se uitverkiesing is &#x2019;n saak van ontferming, nie &#x2019;n menslike reg nie (Louw <xref ref-type="bibr" rid="CIT0010">1979</xref>:100).</p><p>Laasgenoemde lei vanself tot die vrae van &#x2019;n denkbeeldige opponent in 9:19: &#x2018;Hoe kan Hy dan nog &#x2019;n mens die skuld gee? Want wie kan sy wil teengaan?&#x2019; Die vrae word in 9:20&#x2013;29 beantwoord en ingelei met die skerp teenvraag: &#x2018;Wie is j&#x00FD; tog, o mens, om God te weerspreek?&#x2019; (9:20a). Daarop volg die vergelyking van die pottebakker en sy werk met God en dit wat Hy in sy ontferming doen &#x2013; weereens afgesluit met Skrifsitate uit Hosea en Jesaja.</p><p>In hulle eksegese van 9:14&#x2013;29 het Skrifverklaarders soos Louw (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0010">1979</xref>:102&#x2013;103), Achtemeier (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">1985</xref>:164&#x2013;165), Barrett (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">1991</xref>:171), Wright (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">2002</xref>:635&#x2013;639), Witherington (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0022">2004</xref>:255) en Jewett (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">2007</xref>:590&#x2013;605) insiggewende opmerkings oor Paulus se beskouing van die uitverkiesing gemaak. Dit gaan vir Paulus nie oor verkiesing versus verwerping nie, en ook nie oor die lot van invidue nie. Sy diskoers fokus op die positiewe sy van God se uitverkiesing, naamlik sy ontferming. Dit gaan nie om wat Israel doen of nie doen nie, maar oor die feit dat God sy verlossingsplan in die w&#x00EA;reld verwerklik al laat alle mense Hom in die steek, omdat die plan deur en deur op s&#x00FD; ontferming berus. Dit gaan ook nie oor die verkiesing of verwerping van enige individu nie, maar oor God se handelinge met die volk Israel &#x2013; selfs al het die volk sy eie Seun verwerp. Om &#x2019;n uitverkiesingsleer vir individue op die gedeelte te bou (soos menige dogmatikus gedoen het), is dus om die strekking en doel van Paulus se hele diskoers verkeerd te verstaan. Die diskoers handel oor korporatiewe entiteite: oor die ou Israel en die nuwe Israel (die kerk).</p><p>Dit bring ons terug by Paulus se basiese stelling in 9:6: &#x2018;Nie almal wat uit Israel afkomstig is, is die ware Israel nie.&#x2019; God se mense (die ware Israel) is nie op natuurlike afstamming gebaseer nie, maar op sy ontferming oor alle nasies. In sy groot ontferming kies Hy sy mense uit alle nasies &#x2013; nie op grond van wat hulle doen nie, maar op grond van sy genadige besluit. Daardie mense word deur die geloof, as vrug van God se verkiesing, gered, want &#x03B4;&#x03B9;&#x03BA;&#x03B1;&#x03B9;&#x03BF;&#x03C3;&#x1F7B;&#x03BD;&#x03B7; is gebaseer op geloof alleen. Dit word die sentrale besprekingspunt in 9:30&#x2013;10:4 as die laaste onderdeel van Paulus se oorhoofse retoriese strategie in 9:1&#x2013;10:4, naamlik om sy hoorders van Israel se rol in God se verlossingsplan vir die w&#x00EA;reld te oortuig.</p><p>In 9:14&#x2013;29 gebruik Paulus drie soorte argumente om sy gehoor te oorreed. Die eerste is weer argumente gebaseer op die gesag van die Skrif. Die tipe argument word onder andere gebruik om te bevestig dat:</p><list list-type="bullet"><list-item><p>God nie onregverdig is nie, omdat sy uitverkiesing nie op sy ongekwalifiseerde wil berus nie, maar op sy vrymagtige ontferming (9:15, met verwysing na Eks 33:19);</p></list-item><list-item><p>God vir farao gebruik het as voorbeeld van &#x2019;n ongelowige in diens van die uitvoering van sy verlossingsplan vir die hele w&#x00EA;reld (9:17, met verwysing na Eks 9:16);</p></list-item><list-item><p>die nuwe volk van God, die christelike gemeenskap, uit Jode en nie-Jode bestaan (9:25&#x2013;26, met verwysing na Hos&#x00A0;2:22 en 1:10);</p></list-item><list-item><p>die evangelie van verlossing die hele aarde sal bereik en &#x2018;&#x2019;n oorblyfsel&#x2019; dus ook uit Israel verlos sal word (9:27&#x2013;28, met verwysing na Jes 10:22&#x2013;23 en Hos 1:10);</p></list-item><list-item><p>die ware Israel ook uit die nageslag van Abraham, wat oorgebly het om saam met alle gelowiges op die oordeelsdag te deel in God se ontferming, sal bestaan (9:29, met verwysing na Jes 1:9).</p></list-item></list><p>Die tweede soort argument is gebaseer op die dissosiasie van idees soos in 9:12b hierbo uiteengesit. Die argument word in die sleutelvers van die diskoers, naamlik 9:16 gevind: &#x2018;Dit berus dus nie by die mens wat hom inspan nie, maar by God wat Hom ontferm.&#x2019; In die antitese val die klem weer op die tweede deel daarvan: God se uitverkiesing kan slegs binne die konteks van sy ontferming verstaan word. Die basiese waarheid word in die res van die gedeelte uitgewerk, naamlik in 9:20&#x2013;24, waarin die handelinge van die pottebakker met di&#x00E9; van God vergelyk word.</p><p>Die derde soort argument is op analogie gebaseer. Hierdie soort argument word deur sy eenvoud gekenmerk en is daarom &#x2019;n effektiewe oorredingsmiddel: &#x2019;n Situasie word eers geskets en dan op die saak onder bespreking toegepas (Tolmie <xref ref-type="bibr" rid="CIT0021">2005</xref>:145). In die geval van 9:20&#x2013;24 beskryf Paulus &#x2019;n situasie wat goed bekend was aan sy gehoor: &#x2019;n pottebakker het die reg om uit dieselfde stuk klei verskillende voorwerpe te maak, sonder dat &#x2019;n voorwerp die reg het om te vra hoekom hy s&#x00F3; gemaak is (9:20b&#x2013;21). Dit word dan in 9:22 toegepas: soos die pottebakker die reg het om verskillende voorwerpe te maak, s&#x00F3; het God ook die reg om &#x2018;voorwerpe van toorn&#x2019; en &#x2018;voorwerpe van ontferming&#x2019; te maak en met hulle na goeddunke te handel (9:22&#x2013;24). In 9:24 kom Paulus by sy eintlike punt as hy wys op die implikasie van die analogie vir sy hoorders: &#x2018;Dit is ons wat Hy geroep het, nie net uit die Jode nie, maar ook uit die nie-Jode.&#x2019; Ons is &#x2018;die voorwerpe van sy ontferming wat Hy vooraf vir heerlikheid bestem het&#x2019; (9:23). Die argument is effektief en versterk die verhouding tussen Paulus en sy gehoor op &#x2019;n besondere wyse.</p><p>Dit is te betwyfel of die vergelyking tussen die pottebakker en God in 9:20&#x2013;24 &#x2019;n voorbeeld is van &#x2019;n argument a minore ad maius soos Louw (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0010">1979</xref>:101) dit verstaan. Daar is nie &#x2019;n aanduiding in die teks om so &#x2019;n interpretasie te steun nie.</p><p>Retoriese tegnieke in die gedeelte sluit in:</p><list list-type="bullet"><list-item><p>die antitetiese parallelisme in 9:16, wat die inhoud (en s&#x00F3; die sentrale posisie van die teks in 9:14&#x2013;29) beklemtoon: Wat die mens wil en waarvoor hy hom inspan, is irrelevant wanneer dit kom by God se ontferming as grond vir die uitverkiesing;</p></list-item><list-item><p>die uitroep &#x1F66; &#x1F04;&#x03BD;&#x03B8;&#x03C1;&#x03C9;&#x03C0;&#x03B5; [o mens] aan die begin van 9:20 in die oorspronklike Grieks, wat op kragtige wyse die teenstelling tussen God en mens onderstreep;</p></list-item><list-item><p>die praktyk om op vrae, nie met antwoorde nie, maar met retoriese vrae te reageer (soos in 9:20&#x2013;21). Tegnies staan dit as <italic>anteisagoge</italic> bekend (Jewett <xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">2007</xref>:589) en verhoog die argumentatiewe effek van die diskoers.</p></list-item></list></sec><sec id="s2007"><title>Romeine 9:30&#x2013;10:4: God se geregtigheid word slegs op grond van geloof in Christus verkry, nie op grond van wetsonderhouding nie</title><p>Die afbakening van die gedeelte is problematies. Die vraag is of 9:30, onafhanklik van hoofstuk 9, &#x2019;n nuwe hoofdeel inlei en waar die gedeelte eindig as dit deel van hoofstuk 9 vorm. Volgens K&#x00E4;semannn (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0009">1980</xref>:277&#x2013;279), Schlier (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0015">1977</xref>:305&#x2013;308) en Siegert (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0017">1985</xref>:141) vorm 9:30&#x2013;33 &#x2019;n afsonderlike eenheid wat hoofstuk 9 afsluit. Volgens hulle begin &#x2019;n nuwe perikoop by 10:1. Vir Louw (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0010">1979</xref>:103&#x2013;104), Dunn (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">1988</xref>:578&#x2013;579), Schreiner (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0016">1998</xref>:534&#x2013;549) en Jewett (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">2007</xref>:606&#x2013;620) is 9:30&#x2013;10:4 egter &#x2019;n eenheid en begin &#x2019;n nuwe perikoop by 10:5. Na my mening het laasgenoemdes gelyk, omdat:</p><list list-type="bullet"><list-item><p>die term &#x03B4;&#x03B9;&#x03BA;&#x03B1;&#x03B9;&#x03BF;&#x03C3;&#x1F7B;&#x03BD;&#x03B7; sewe keer in 9:30&#x2013;10:4 voorkom en dus die sentrale tema van die diskoers vorm;</p></list-item><list-item><p>dit ingelei word met &#x2019;n konkluderende vraag in 9:30 en s&#x00F3; van 9:14&#x2013;29 onderskei word;</p></list-item><list-item><p>10:1 dieselfde emosionele strekking as 9:1&#x2013;5 het en s&#x00F3; die seksie 9:1&#x2013;10:4 omraam;</p></list-item><list-item><p>10:2&#x2013;4 basies dieselfde argument voer as 9:30&#x2013;33, naamlik die regverdigmaking deur geloof in Christus alleen, en dus deel van die diskoers in 9:30&#x2013;10:4 vorm.</p></list-item></list><p>Die gedeelte begin met die konkluderende vraag: &#x2018;Wat sal ons dan s&#x00EA;?&#x2019; (9:30a), gevolg deur verdere vrae in 9:30b&#x2013;32a en die antwoord in 9:32b. In hierdie gedeelte, wat weer met &#x2019;n Skrifsitaat in 9:33 afgesluit word, wys Paulus op sekere implikasies van sy bespreking in 9:14&#x2013;29. Die heidene word as mense wat nie die geregtigheid nagejaag het nie gedefinieer, terwyl Israel dit wel gedoen het deur die wet te probeer onderhou. Die Jode het nie in hulle doel geslaag nie; die heidene wel. Die rede waarom die Jode gefaal het, word in 9:32b verwoord: hulle wou nie die geregtigheid op grond van geloof verkry nie, maar op grond van hulle dade. So het hulle oor die struikelblok, Jesus Christus, gestruikel.</p><p>Hoofstuk 10:1 is &#x2019;n invoeging waarin Paulus sy hartewens, naamlik dat sy volk verlos mag word, uitspreek. Die vers bind asundeties aan die vorige een en herinner aan die persoonlike trant in 9:1&#x2013;5 waar Paulus ook in die eerste persoon enkelvoud geskryf het. Tobin (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0020">2004</xref>:302&#x2013;306) gaan breedvoerig in op die gebruik van die eerste persoon enkelvoud in passasies wat as beslissende momente in Paulus se diskoers beskou kan word. In 10:1&#x2013;2 dien dit om, soos in 9:1&#x2013;5, sy besorgdheid oor die lot van sy volksgenote te onderstreep. Die sinsdeel &#x2018;my hartewens en my gebed tot God&#x2019; is sterk gestel en verwoord Paulus se gesindheid teenoor hulle: al het hulle hom as renegaat behandel, is hy geensins vyandig teenoor hulle nie. As sodanig is die invoeging retories belangrik en bind dit sy gehoor aan hom. Dit is ook effektief omdat dit, as invoeging, aandag op die inhoud daarvan vestig.</p><p>In 10:2&#x2013;4 word die diskoers van 9:30&#x2013;33 voortgesit: Israel dien God met ywer, &#x2018;maar sonder insig&#x2019; (10:2). Die stelling word in verse 3&#x2013;4 verduidelik: God se geregtigheid kan slegs deur geloof in Christus wat &#x2018;die einddoel (&#x03C4;&#x1F73;&#x03BB;&#x03BF;&#x03C2;) van die wet is&#x2019;, verkry word. Al die vorige Afrikaanse vertalings het &#x03C4;&#x1F73;&#x03BB;&#x03BF;&#x03C2; met &#x2018;einde&#x2019; vertaal. Die 2014-vertaling se &#x2018;einddoel&#x2019; is egter in pas met die beste kommentare wat die term teleologies verstaan en dit met &#x2018;fulfilment&#x2019; of &#x2018;goal&#x2019;, in plaas van met &#x2018;end&#x2019; vertaal (vir &#x2019;n bespreking van die vertaalprobleem, vgl. Tobin <xref ref-type="bibr" rid="CIT0020">2004</xref>:312).</p><p>In 9:30&#x2013;10:4 word weer &#x2019;n argument gebaseer op die gesag van die Skrif gebruik as Paulus in 9:33 uit Jesaja 28:16 aanhaal: &#x2018;Kyk, Ek sit in Sion &#x2019;n klip neer om oor te struikel, &#x2019;n rots om oor te val; maar wie in Hom glo, sal nie beskaamd staan nie.&#x2019; Volgens die aanhaling sit God self die klip neer, wat vir die gehoor die einde van alle teenspraak moes beteken. Binne konteks is die skaamte waarna verwys word, eskatologies bedoel: dit is om op die oordeelsdag verle&#x00EB; voor God se regterstoel te verskyn (Witherington <xref ref-type="bibr" rid="CIT0022">2004</xref>:259). Vir Paulus en sy medegelowiges was dit egter nie &#x2019;n struikelblok nie. Op hierdie wyse onderskei die Skrifsitaat Paulus en sy mede-christene van die ongelowiges en bind hulle aan mekaar en aan die God van die Skrifte wat die finale woord spreek.</p><p>Retoriese tegnieke in 9:30&#x2013;10:4 sluit in:</p><list list-type="bullet"><list-item><p><italic>anastrophe</italic> met &#x03B4;&#x03B9;&#x03BA;&#x03B1;&#x03B9;&#x03BF;&#x03C3;&#x1F7B;&#x03BD;&#x03B7; in 9:30. Die stylfiguur beteken dat dieselfde woord aan die einde van die vorige en die begin van die volgende sinsdeel herhaal word (Nida et al. <xref ref-type="bibr" rid="CIT0013">1983</xref>:188). Dit word gewoonlik vir beklemtoning gebruik;</p></list-item><list-item><p>die metafoor van die struikelblok in 9:32b, waardeur die hoorders gekonfronteer word met &#x2019;n nuwe, ongewone uitkyk op &#x2019;n saak en hulle aandag dus meer daarop gefokus word (Tolmie <xref ref-type="bibr" rid="CIT0021">2005</xref>:99). Hier word die metafoor vir geloof in Christus as die grond of basis van &#x03B4;&#x03B9;&#x03BA;&#x03B1;&#x03B9;&#x03BF;&#x03C3;&#x1F7B;&#x03BD;&#x03B7; gebruik;</p></list-item><list-item><p>die aanspreekvorm &#x1F00;&#x03B4;&#x03B5;&#x03BB;&#x03C6;&#x03BF;&#x03AF; [broers] in 10:1, wat op die emosionele band tussen Paulus en sy hoorders dui en dit versterk;</p></list-item><list-item><p>&#x03C4;&#x1F73;&#x03BB;&#x03BF;&#x03C2; in 10:4, wat as eerste woord in die sin in &#x2019;n beklemtoonde posisie staan.</p></list-item></list></sec></sec><sec id="s0008"><title>Konklusie</title><p>Die slotsom van die artikel is dat verskillende oorredingsmiddele in die teks, waarvan die funksies binne konteks bepaal is, &#x2019;n sinvolle bydrae lewer om die beredenering te versterk en die hoorders van Paulus se standpunt te oortuig, sonder om retoriese modelle of middele van buite vir die doel te gebruik. In hierdie artikel is 9:1&#x2013;10:4 op grond van enkele inhoudelike en retoriese oorwegings afgebaken, en in vier dele verdeel, naamlik 9:1&#x2013;5; 9:6&#x2013;13; 9:14&#x2013;29 en 9:30&#x2013;10:4. Elke afdeling is gemotiveer en in die analise is op die soorte argumente wat Paulus gebruik, asook die retoriese tegnieke wat die kommunikasieproses ondersteun, gefokus. Sy argumentasie is veral gekenmerk deur argumente gebaseer op die gesag van die Skrif, terwyl argumente gebaseer op goddelike gesag, op die dissosiasie van idees, op emosie en op analogie ook gevind is.</p><p>Verskeie erkende retoriese tegnieke van Grieks-Romeinse oorsprong is ook gebruik om die trefkrag van Paulus se kommunikasie te verhoog en sy gehoor te oorreed om sy siening van Israel se rol in die uitvoering van God se verlossingsplan vir die w&#x00EA;reld te steun.</p></sec></body><back><ack><title>Erkenning</title><sec id="s2009"><title>Mededingende belange</title><p>Die outeur verklaar dat hy geen finansi&#x00EB;le of persoonlike verbintenis het met enige party wat hom nadelig kon be&#x00EF;nvloed in die skryf van hierdie artikel nie.</p></sec></ack><ref-list id="references"><title>Literatuurverwysings</title><ref id="CIT0001"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Achtemeier</surname>, <given-names>P.J.</given-names></string-name></person-group>, <year>1985</year>, <source><italic>Romans</italic></source>, <publisher-name>John Knox</publisher-name>, <publisher-loc>Atlanta</publisher-loc>.</mixed-citation></ref><ref id="CIT0002"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Barrett</surname>, <given-names>C.K.</given-names></string-name></person-group>, <year>1991</year>, <source><italic>A Commentary on the Epistle to the Romans</italic></source>, <publisher-name>Black</publisher-name>, <publisher-loc>London</publisher-loc>.</mixed-citation></ref><ref id="CIT0003"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Bryan</surname>, <given-names>C.</given-names></string-name></person-group>, <year>2000</year>, <source><italic>A preface to Romans: Notes on the epistle and its literary and cultural setting</italic></source>, <publisher-name>Oxford University Press</publisher-name>, <publisher-loc>Oxford</publisher-loc>.</mixed-citation></ref><ref id="CIT0004"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Debann&#x00E9;</surname>, <given-names>M.J.</given-names></string-name></person-group>, <year>2006</year>, <source><italic>Enthymemes in the Letters of Paul</italic></source>, <publisher-name>T&#x0026; T Clark International</publisher-name>, <publisher-loc>London/New York</publisher-loc>.</mixed-citation></ref><ref id="CIT0005"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Dunn</surname>, <given-names>J.D.G.</given-names></string-name></person-group>, <year>1988</year>, <source><italic>Romans 1-8; Romans 9-16</italic></source>, <volume>2</volume> vols., <publisher-name>Word</publisher-name>, <publisher-loc>Dallas</publisher-loc>. <comment>(WBC, 38a, 38b)</comment></mixed-citation></ref><ref id="CIT0006"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Elliott</surname>, <given-names>N.</given-names></string-name></person-group>, <year>1990</year>, <source><italic>The Rhetoric of Romans: Argumentative Constraint and Strategy and Paul</italic>&#x2019;<italic>s Dialogue with Judaism</italic></source>, <publisher-name>Sheffield Academic Press</publisher-name>, <publisher-loc>Sheffield</publisher-loc>. <comment>(JSNT, Sup. 45)</comment>.</mixed-citation></ref><ref id="CIT0007"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Given</surname>, <given-names>M.D.</given-names></string-name></person-group>, <year>2001</year>, <source><italic>Paul</italic>&#x2019;<italic>s true rhetoric. Ambiguity, cunning and deception in Greece and Rome</italic></source>, <publisher-name>Trinity Press International</publisher-name>, <publisher-loc>Harrisburg</publisher-loc>.</mixed-citation></ref><ref id="CIT0008"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Jewett</surname>, <given-names>R.</given-names></string-name></person-group>, <year>2007</year>, <source><italic>Romans. A Commentary</italic></source>, <publisher-name>Fortress Press</publisher-name>, <publisher-loc>Minneapolis</publisher-loc>.</mixed-citation></ref><ref id="CIT0009"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>K&#x00E4;semannn</surname>, <given-names>E.</given-names></string-name></person-group>, <year>1980</year>, <source><italic>Commentary on Romans</italic></source>, transl. <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>G.W.</given-names> <surname>Bromiley</surname></string-name></person-group>, <publisher-name>Eerdmans</publisher-name>, <publisher-loc>Grand Rapids</publisher-loc>. </mixed-citation></ref><ref id="CIT0010"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Louw</surname>, <given-names>J.P.</given-names></string-name></person-group>, <year>1979</year>, <source><italic>A Semantic Discourse Analysis of Romans</italic></source>, <volume>2</volume> vols., <publisher-name>University of Pretoria Press</publisher-name>, Pretoria.</mixed-citation></ref><ref id="CIT0011"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Louw</surname>, <given-names>J.P.</given-names> &#x0026; <surname>Nida</surname>, <given-names>E.A.</given-names></string-name></person-group>, <year>1988</year>, <source><italic>Greek-English Lexicon of the New Testament based on semantic domains</italic></source>, 2 vols., <publisher-name>United Bible Societies</publisher-name>, <publisher-loc>New York</publisher-loc>.</mixed-citation></ref><ref id="CIT0012"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Mitchel</surname>, <given-names>M.M.</given-names></string-name></person-group>, <year>2002</year>, <source><italic>The heavenly trumpet: John Chrysostom and the art of Pauline interpretation</italic></source>, <publisher-name>Westminister John Knox</publisher-name>, <publisher-loc>Louisville</publisher-loc>.</mixed-citation></ref><ref id="CIT0013"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Nida</surname>, <given-names>E.A.</given-names>, <surname>Louw</surname>, <given-names>J.P.</given-names>, <surname>Snyman</surname>, <given-names>A.H.</given-names> &#x0026; <surname>Cronje</surname>, <given-names>J. v. W.</given-names></string-name></person-group>, <year>1983</year>, <source><italic>Style and Discourse</italic></source>, <publisher-name>Bible Society of South Africa</publisher-name>, <publisher-loc>Goodwood</publisher-loc>.</mixed-citation></ref><ref id="CIT0014"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Reid</surname>, <given-names>M.</given-names></string-name></person-group>, <year>1995</year>, &#x2018;<chapter-title>Paul&#x0027;s rhetoric and mutuality: A rhetorical reading of Romans</chapter-title>&#x2019;, in <source><italic>SBL Seminar Papers</italic></source><italic>,</italic> pp. <fpage>117-139</fpage>, <publisher-name>Scholars Press</publisher-name>, <publisher-loc>Atlanta</publisher-loc>.</mixed-citation></ref><ref id="CIT0015"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Schlier</surname>, <given-names>H.</given-names></string-name></person-group>, <year>1977</year>, <source><italic>Der R&#x00F6;merbrief</italic></source>, <publisher-name>Herder</publisher-name>, <publisher-loc>Freiburg</publisher-loc>. <comment>(HThKNT, 6)</comment>.</mixed-citation></ref><ref id="CIT0016"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Schreiner</surname>, <given-names>T.R.</given-names></string-name></person-group>, <year>1998</year>, <source><italic>Romans</italic></source>, <publisher-name>Baker</publisher-name>, <publisher-loc>Grand Rapids</publisher-loc>. <comment>(BECNT, 6)</comment>.</mixed-citation></ref><ref id="CIT0017"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Siegert</surname>, <given-names>F.</given-names></string-name></person-group>, <year>1985</year>, <source><italic>Argumentation bei Paulus gezeigt an R&#x00F6;m 9-11</italic></source>, <publisher-name>Mohr-Siebeck</publisher-name>, <publisher-loc>T&#x00FC;bingen</publisher-loc>. <comment>(WUNT, 34)</comment></mixed-citation></ref><ref id="CIT0018"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Stanley</surname>, <given-names>C.D.</given-names></string-name></person-group>, <year>1998</year>, &#x2018;<chapter-title>Biblical quotations as rhetorical devices in Paul&#x0027;s letter to the Galatians</chapter-title>&#x2019;, in <source><italic>SBL Seminar Papers</italic></source>, pp. <fpage>700-730</fpage>, <publisher-name>Scholars Press</publisher-name>, <publisher-loc>Atlanta</publisher-loc>.</mixed-citation></ref><ref id="CIT0019"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Talbert</surname>, <given-names>C.</given-names></string-name></person-group>, <year>2002</year>, <source><italic>Romans</italic></source><italic>,</italic> <publisher-name>Smyth &#x0026; Helwys</publisher-name>, <publisher-loc>Macon</publisher-loc>.</mixed-citation></ref><ref id="CIT0020"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Tobin</surname>, <given-names>T.H.</given-names></string-name></person-group>, <year>2004</year>, <source><italic>Paul</italic>&#x2019;<italic>s rhetoric in its contexts: The argument of Romans</italic></source>, <publisher-name>Hendrickson</publisher-name>, <publisher-loc>Peabody</publisher-loc>.</mixed-citation></ref><ref id="CIT0021"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Tolmie</surname>, <given-names>D.F.</given-names></string-name></person-group>, <year>2005</year>, <source><italic>Persuading the Galatians. A text-centred rhetorical analysis of a Pauline letter</italic></source>, <publisher-name>Mohr-Siebeck</publisher-name>, <publisher-loc>T&#x00FC;bingen</publisher-loc>. <comment>(WUNT, 2/190)</comment></mixed-citation></ref><ref id="CIT0022"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Witherington</surname>, <given-names>B.</given-names></string-name></person-group>, <year>2004</year>, <source><italic>Paul</italic>&#x2019;<italic>s letter to the romans. A socio-rhetorical commentary</italic></source>, <publisher-name>Eerdmans Publishing Company, Grand Rapids</publisher-name>, <publisher-loc>MIchigan</publisher-loc>.</mixed-citation></ref><ref id="CIT0023"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Wright</surname>, <given-names>N.T.</given-names></string-name></person-group>, <year>2002</year>, &#x2018;<chapter-title>Romans</chapter-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>L.E.</given-names> <surname>Keck</surname></string-name></person-group>, <source><italic>The New Interpreter</italic>&#x2019;<italic>s Bible</italic></source>, vol. <volume>10</volume>, pp. <fpage>393</fpage>&#x2013;<lpage>770</lpage> <publisher-name>Abingdon</publisher-name>, <publisher-loc>Nashville</publisher-loc>.</mixed-citation></ref></ref-list><fn-group><fn id="FN0001"><label>1</label><p>Verder verwysings na die boek Romeine sal slegs deur hoofstukke en verse aangedui word.</p></fn></fn-group></back></article>