Johannes 1:1 is een van die bekendste sowel as een van die mees besproke verse in die Nuwe Testament. Hierdie stand van sake is vanweë die sleutelposisie van hierdie vers in die Evangelie, asook die openheid wat hierdie vers ten opsigte van verskillende en uiteenlopende interpretasies bied.
Tog is die vraag na die raaiselagtigheid nie ’n nuwe of vreemde vraag ten opsigte van die Johannesevangelie nie. Thatcher (
Met al bogenoemde in gedagte sal ’n realistiese vraag wees of hierdie inleidende stelling inderdaad bedoel is om duidelik in sy betekenis te wees? Was die bedoeling nie dalk juis dat die stelling die eienskappe van ’n raaisel moes ten toon stel nie? Hierdeur word die leser met dubbelsinnighede gekonfronteer wat verdere verduideliking aanmoedig (selfs vereis), maar wat nie direk in die teks op sigself te vind is nie – die betekenis moet eerder inter alia gesoek word deur die res van die Evangelie te bestudeer.
Voordat verder gegaan word, moet kortliks eers aandag geskenk word aan die vraag wat presies met die konsep
’n Basiese eienskap van ’n raaisel is dat dit inligtingselemente bevat wat vir sommige mense verborge is, terwyl diegene wat die sleutel tot die raaisel het, die inhoud daarvan verstaan. Die betekenis is dus nie onmiddellik duidelik nie – dit is verborge in die verskeie betekenisse wat ’n woord mag hê (vgl. Bratcher
Die doel van hierdie artikel is om te poog om die gemelde vraag – of die spesifieke grammatika van hierdie vers die gedagte ondersteun dat Johannes 1:1 raaiselagtige karaktertrekke het, al dan nie
Daar is drie grammatikale konstruksies in Johannes 1:1 wat die karaktertrekke van ’n raaisel mag suggereer. Die eerste hiervan is die inleidende woorde Ἐν ἀρχῇ (v. 1a), wat onbepaald is, hoewel dit blyk om bepaald te wees. Die tweede konstruksie is die gebruik van πρὸς in πρὸς τὸν θεόν (v. 1b) en die derde is die gebruik van die predikaat as voorsetsel in die frase καὶ θεὸς ἦν ὁ λόγος (v. 1c).
Die grammatikale probleem wat hier hanteer word, is die betekenis van die afwesigheid van die lidwoord in hierdie frase – indien dit wel betekenis het. Is die implikasie dan dat die verwysing na ‘
In die navorsing word die probleem uit verskillende hoeke benader, meestal om die normaliteit van die grammatikale konstruksie hier te motiveer. Die een benadering is dat die grammatika nie hier die hoofrol speel nie, maar wel die
’n Ander benadering lê klem op
Wallace (
Die mees omvangryke hantering van die probleem word by Caragounis (Van der Watt & Caragounis
Caragounis (Van der Watt & Caragounis
Caragounis (Van der Watt & Caragounis
Dit wil dus voorkom asof hierdie ‘grammatikale probleem’ nie werklik ’n probleem is nie – ten minste nie vir die Helleniste nie. Vir hulle sou dit moontlik wees om die bepaalde gebruik van hierdie onbepaalde frase as idiomaties tot Grieks te identifiseer. Die probleem lê eerder by die moderne interpretasies van die antieke Grieks, wat dit in ’n probleem omskep. Dit is hoogs onwaarskynlik dat ’n hellenistiese Griek die frase as ’n raaisel sou beleef of klassifiseer.
Van die drie frases onder bespreking blyk hierdie frase op die oog af die minste van ’n probleem te wees en is daarom ook oënskynlik die minste raaiselagtig. Wanneer die meerderheid Bybelvertalings in ag geneem word, blyk die vertaling van πρὸς τὸν θεόν voor die hand liggend te wees, naamlik ‘(die Woord) was
Liddell et al. (
Leksikografies kan πρός dus op
In ooreenstemming met die leksikografiese materiaal, het daar dus twee argumentasielyne ontwikkel.
Een van die interpretasielyne ten opsigte van πρός beklemtoon die idee van
Abbott (
Die tweede interpretasielyn wat deur die meeste vertalings ondersteun word, is daarmee tevrede dat die semantiese potensiaal genoegsaam uitgedruk word deur πρός hier bloot met
’n Volgende benadering maak van vergelykende taalkunde gebruik. Gebaseer op die aanname dat Aramees die taal en taalgebruik van Johannes beïnvloed het, argumenteer Barrett (
Sowel Zerwick (
Caragounis (Van der Watt & Caragounis
Deur tot hierdie konklusie te kom, verwerp Caragounis die interpretasie van πρός in vers 1b as dinamiese, aktiewe kommunikasie – dit is bloot teologiese nuanses wat nie op streng linguistiese oorwegings gebaseer is nie. Dit laat natuurlik die vraag na die invloed van die breër konteks op die betekenis van die woord ontstaan. Wat Caragounis doen, is uitstekende leksikografiese werk wat die potensiaal vir die gebruik van die woord aandui. Dra die assosiatiewe gebruik binne ’n konteks dan nie tog ook tot die betekenis van ’n spesifieke woord by nie (soos wat ondersteuners van die eerste argumentasielyn suggereer)? Dit stel dan juis ’n siening in die interpretasielyn wat deur Caragounis verwerp word, voor. Vir die doel van hierdie artikel is dit egter genoegsaam om te noteer dat hierdie konstruksie grammatikaal geensins uniek is nie en dat dit binne die aanvaarbare Griekse gebruik val. Dit lei weer tot die gevolgtrekking dat vanuit ’n grammatikale oogpunt, hierdie frase nie raaiselagtig is nie. Tog sê dit nog niks oor hierdie frase se teologiese kwaliteite nie.
Die gebruik van die onbepaalde preverbale predikaat nominatief in vers 1c is die omstrede kwessie wat hier ondersoek word. Die afwesigheid van die lidwoord in die preverbale predikaat nominatief in vers 1c is die eintlike bron van konflik.
Colwell (
Definite predicate nouns which precede the verb usually lack the article … a predicate nominative which precedes the verb cannot be translated as an indefinite or a ‘qualitative’ noun solely because of the absence of the article; if the context suggests that the predicate is definite, it should be translated as a definite noun. (pp. 12–21)
Dit beklemtoon die sterk skakel tussen formele grammatika en konteks. Wallace (
Wallace (
equation of subject and predicative nominative does not necessarily or even normally imply complete correspondence (e.g., as in the interchangeability of A=B, B=A in a mathematical formula). Rather, the predicative nominative normally describes a larger category (or
In Engels moet die subjek eerste vertaal word, maar in Grieks is die woordorde meer buigsaam, wat dus vir verskillende moontlikhede voorsiening maak. Dienooreenkomstig moet vers 1c dus vertaal word as ‘die Woord was God’ en nie as ‘God was die Woord’ nie (Wallace
Wallace (
Bogenoemde lei die interpreteerder om die volgende twee vrae te beantwoord:, Hoe kan die subjek van die predikaat nominatief onderskei word, aangesien woordorde nie ’n maatstaf is nie? en Wat is die semantiese verhouding tussen die twee? Die antwoorde op hierdie twee vrae help om te bepaal of ’n mens in hierdie geval met ’n vergelyking of ’n sub-stel te make het (cf. Petersen
when only
Let egter op dat ‘
Met versigtigheid merk Wallace (
The vast majority of
Dit word inter alia by die Jehova Getuies aangevoer dat, aangesien die voorafgaande frase die Woord beskryf as
Hoewel predikaat naamwoorde gewoonlik onbepaald is, is dit moontlik om die lidwoord wat tussen die subjek en die aanvulling onderskei, in te voeg indien die predikaat naamwoord veronderstel is om uniek of ’n noemenswaardige voorbeeld te wees. Dit beteken dat vers 1c net sowel as ὁ λόγος ἦν ὁ θεὸς gelees kan word,
Hierdie tipe vertaling is op ’n verkeerde aanname gebaseer, naamlik dat met werkwoorde van vergelyking voorsetsels uitruilbaar vertaal moet word. Die verduideliking van die algemene reël soos hierbo uiteengesit, maak hierdie vertaling hoogs onwaarskynlik.
Volgens Wallace (
Greenlee (
It is necessarily without the article inasmuch as it describes the nature of the Word and does not identify His Person. It would be pure Sabellianism to say ‘the Word was ὁ θεός. No idea of inferiority of nature is suggested by the form of expression, which simply affirms the true deity of the Word.
Noemenswaardig is dat hoewel die grammatici grootliks die interpretasie van θεός as
In hierdie verband is dit interessant om op Filo se opmerkings in
(1.229) What then ought we to say? There is one true God only: but they who are called Gods, by an abuse of language, are numerous; on which account the holy scripture on the present occasion indicates that it is the
Gebaseer op die opmerkings van Filo,
Daar is reeds na hierdie standpunt verwys wat inter alia deur die Jehova Getuies ingeneem word, naamlik dat die afwesigheid van die lidwoord aandui dat die frase as ‘’n god’ gelees behoort te word. Aan die ander kant is Brown (
In vs. 1c the Johannine hymn is bordering on the usage of ‘God’ for the Son, but by omitting the article it avoids any suggestion of personal identification of the Word with the Father. And for Gentile readers the line also avoids any suggestion that the Word was a second God in any Hellenistic sense. (p. 24)
Wallace (
Moule (
Caragounis (Van der Watt & Caragounis
Die lidwoord het die klassifisering en individualisering van substantiewe as ’n funksie, wat dus substantiewe as definitief en bepaald merk. Daar is egter ook verskille tussen Grieks en Engels soos Caragounis (Van der Watt & Caragounis
’n Tweede belangrike punt wat Caragounis (Van der Watt & Caragounis
Indien die grammatikale gebruik van hierdie frases in ag geneem word, is daar – ten spyte van die diskussies – min ondersteuning vir die siening dat die Grieks hier raaiselagtig is.
Die spesifieke vraag wat in hierdie artikel ter sprake is, is of daar spesifiek grammatikale aanduidings is dat Johannes 1:1 die karaktertrekke van ’n raaisel vertoon. Daar kan tot die onderstaande gevolgtrekking gekom word.
Alhoewel daar (soos hierbo aangedui) ’n voortgesette debat rondom die grammatikale eienaardighede van Johannes 1:1 is wat op ’n verskeidenheid maniere dui hoe om die grammatikale probleme te hanteer, is tot die gevolgtrekking gekom dat hierdie besprekings en debatte ’n berg van ’n molshoop maak. In al die gevalle wat ondersoek is, blyk dit dat ’n geloofwaardige
Dit moet ook hier in ag geneem word dat die spanning tussen verse 1b en 1c, tussen
Bogenoemde verduideliking suggereer dat in die besluit of Johannes 1:1 wel die karaktertrekke van ’n raaisel besit, baie meer aspekte as bloot die grammatika in ag geneem moet word. Dit is nie dieselfde as om te sê dat grammatikale oorwegings heeltemal weggelaat moet word nie. Wat wel waar blyk te wees, is dat die grammatika alleen nie sterk ondersteuning bied vir die tipering van hierdie teks as ’n
Die outeur verklaar dat hy geen finansiële of persoonlike verbintenis het met enige party wat hom nadelig kon beïnvloed het in die skryf van hierdie artikel nie.
Afgesien van die omvattende besprekings wat in byna elke kommentaar te vind is, vergelyk ook Miller (
Raaisels is in sowel die Ou as die Nuwe Testament te vind. Vergelyk Crenshaw (
Dit is belangrik om van Thatcher (
In Thatcher se baanbrekerswerk rondom raaisels in die Johannesevangelie, word Johannes 1:1 nie as ’n raaisel hanteer nie. Dit is hoofsaaklik as gevolg van sy definisie van raaisel, en sy spesifieke fokus op Jesus (vgl. Thatcher
Hierdie artikel gebruik navorsing wat ook die basis vorm van dié van Van der Watt en Caragounis (
Die gebruik van ἀρχή binne hierdie konteks is opmerklik. Vir die woord se verwysing, sien Bultmann (
Die korrektheid van Porter se lees en die plasing van Johannes 1:1a in die kategorie
’n Enkelvoudige naamwoord vereis nie die lidwoord om bepaald te wees nie aangesien dit ’n unieke naamwoord is (vgl. Buth
Greenlee (
Wanneer verskillende vertalings oorweeg word, is die volgende patroon duidelik waarneembaar: Omtrent alle vertalings vertaal dit as ‘die Woord was
Volgens Liddell et al. (
Volgens Porter (
Barrett (
Caragounis (Van der Watt & Caragounis
Vergelyk Petersen (
Dit is belangrik om aan te dui dat dit algemeen aanvaar word dat ὁ λόγος ’n personifikasie van Jesus, die Seun, is. Van der Watt (
Wallace (
Croft (
Windham (
Zerwick (
Windham (
Sien Köstenberger (
Harner (
Metzger (
Volgens Moulton (
Brown (
Carson (
Haenchen (