Vir ’n eeu (1888–1988) het daar ’n groeiende en florerende Gereformeerde jeugbeweging, die Jongeliedeverenigings op Gereformeerde grondslag (afgekort as JV), in Suid-Afrika bestaan. Hierdie min of meer onafhanklike beweging het ’n belangrike rol gespeel om by jongmense ’n Christelike lewensvisie tuis te bring en hulle daardeur te inspireer. Hierdie artikel begin met ’n motivering, waarna dit ’n kort historiese skets oor die ontstaan en ontwikkeling van die beweging bied gevolg deur ’n oorsig oor die bronne wat nog beskikbaar is en hieroor geraadpleeg kan word. Die volgende gedeelte van die artikel bevat twee gevallestudies. Die eerste bied ’n oorsig oor die breë spektrum van aktiwiteite van ’n spesifieke JV (nl. JV Gideon). Die spesifieke aktiwiteite van hierdie JV het dit in staat gestel om sy lede met ’n wye koninkryksperspektief toe te rus. In die tweede geval toon die bedrywighede van die Transvaalse Bond van JV’s (bv. deur sy leierskampe en verdere publikasies) dieselfde omvattende formatiewe waarde. In die lig van die voorafgaande gegewens, kan die besluit van die sinode (1988) van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) om finaal die jeug
For a century (1888–1988) a growing and flourishing Reformed youth movement, called the ‘
Om ou koeie uit die sloot te grawe, is vandag nie juis populêr nie vandaar die tweeledige motivering vir hierdie refleksie, naamlik ’n historiese en ’n meer sistematiese benadering.
Vanuit ’n
Tweedens het navorsing aangetoon dat weinig historiese materiaal nog in kerklike argiewe beskikbaar is. Die skrywer se persoonlike argief (Van der Walt
In die derde plek wil hierdie bydrae nie net by die verlede bly staan nie, maar ook daaruit vir die toekoms leer (vgl. die slotgedeelte).
Vanuit ’n
Die (prinsipiële) hipotese van waaruit hierdie ondersoek plaasvind, is die volgende: Hoewel min of meer selfstandige jeug
Om die verwarring tussen jeugwerk en jeugsorg aan te toon, word eers ’n kort historiese oorsig oor die ontstaan en ontwikkeling van veral eersgenoemde verskaf.
’n Voëlvlug word eers oor die vroegste ontwikkelings in die Europese en Angel-Saksiese wêreld gemaak, waarna enkele grepe uit die latere geskiedenis in Suid-Afrika (1888–1988) gemaak word.
Heel waarskynlik is die ou, tweedelige standaardwerk van Knoppers (
Knoppers behandel in deel 2 onder andere die Protestantse jeugwerk in die algemeen, asook die Gereformeerde, Roomse, Joodse en Kommunistiese jeugwerk. In deel 1 van hierdie massiewe werk van byna 1100 bladsye, behandel hy inleidend ook die verskillende doelstellings waarop jeugwerk deur die geskiedenis gefokus het, byvoorbeeld seksuele, liggaamlike, geestelike, estetiese, politieke en sosiale opvoeding asook die rol wat die gesin, die kerk, die staat en die breë maatskappy daarin gespeel het.
Hieruit blyk duidelik dat jeugwerk vanaf die ontstaan daarvan nie tot die jeugsorg van verskillende kerklike denominasies beperk was nie. Die jeugbewegings wat alreeds aan die einde van die agtiende eeu ontstaan het, het ook geleidelik gegroei, sodat daar teen die helfte van die negentiende eeu (1855) reeds ’n Wêreldbond ontstaan het wat nie net die Europees-Engelse nie, maar ook die Amerikaanse jeugaksies saamgesnoer het.
Die fokus val nou verder spesifiek op die Gereformeerd-Protestantse jeugwerk (vgl. ook Van der Walt
In die lig van die sterk invloed wat die Duitse piëtisme en die Engels-Amerikaanse metodisme op die ontwaking van Christene gedurende die Réveil gehad het, was die jeugaksies aanvanklik dikwels sterk op die onderlinge stigting van die jeug in kerke (soortgelyk aan jeugsorg) gefokus, óf na buite op evangelisasie en sending gerig. Dit moet teen die agtergrond gesien word van pogings om ’n destydse verstarde en vervalle kerklike lewe van binne te verander.
Die verdere verloop van die geskiedenis na die Réveil en veral die ontwikkeling van die Neo-Calvinisme daarna deur byvoorbeeld die bekende Abraham Kuyper (1837–1920), het tot die totstandkoming van talle selfstandige reformatoriese verenigings, organisasies en instellings gelei (vgl. Skillen & McCarthy
Volgens die samelewingsbeginsel van soewereiniteit in eie kring (later in hierdie Calvinistiese tradisie die ‘gedifferensieerde verantwoordelikheid van die verskillende samelewingsverbande’, of ook ‘strukturele en konfessionele pluralisme’ genoem), het die verskillende Christelike aksies wat toe ontstaan het, ’n eie, spesifieke taak, roeping en bestaansreg in die omvattende koninkryk van God gehad. Christelikheid is nie tot die kerklike lewe beperk nie. Om op ’n gereformeerde grondslag te werk en aanspraak op ’n eie taak en selfstandigheid te maak, het dus nie beteken dat ’n organisasie buite die kerk in kompetisie met enige kerk wou wees nie. (Vir meer inligting oor die verskillende denkers i.v.m. sodanige reformatoriese samelewingsfilosofie, vgl. Skillen & McCarthy
Soos uit hierdie artikel blyk, bied so ’n samelewingsvisie ook die prinsipiële vertrekpunt vir ’n evaluering van die latere verloop van die JV-geskiedenis in Suid-Afrika. In die lig daarvan kan die vraag beantwoord word of kerklike jeug
Eers ’n kort historiese blik op die Suid-Afrikaanse geskiedenis.
Op 25 Oktober 1888 is in ’n kamertjie in Amsterdam, Nederland die eerste Bond van Jongeliedeverenigings op Gereformeerde grondslag gestig. Dit het spoedig as model vir sulke bewegings ook in Suid-Afrika en in ander lande gedien.
Die doelstelling en grondslag van die Suid-Afrikaanse JV's was feitlik identies met dié van hulle Nederlandse voorgangers. Hulle amptelike doelstelling was volgens Van Maarleveld en Van der Walt ( Die JV stel hom ten doel om die jongmense in die geleentheid te stel om hulle onderling te oefen in alles wat kan bydrae tot die vorming wat hulle nodig het om hulle toekomstige roeping as lidmate van die kerk, burgers van die staat en lede van die maatskappy ooreenkomstig die eis van die Woord van God te vervul. (bl. 6)
Hierdie bron (Van Maarleveld & Van der Walt
Reeds in 1894 het die KJV (Christelike Jongelingsvereniging)
Indien ’n mens deur die notuleboek van Dient Elkander van 1914–1915 blaai, vind jy dat onderwerpe soos die volgende bespreek is: ‘
Volgens oorlewering het die jongedogters egter nie op hulle laat wag nie: in Pretoria is spoedig ’n Jongedogtersvereniging met die naam,
Voordat verder deur die geskiedenis gestap word, eers nog ’n paar voorbeelde waaroor die debatte by Dient Elkander ’n eeu gelede gevoer is. Oor sommige van die onderwerpe sou ’n mens vandag nog kon debatteer niks nuuts onder die son nie!. Op 05 Augustus 1915 het ‘Is doodstraf wenslik, of is die afskaffing daarvan beter?’ aan die orde gekom en ‘Mag lede van die J.V. lid van die Vrymesselaars word?’ (11 Augustus 1915).
Sommige ander onderwerpe het vandag egter so antikwaries geword dat dit ’n mens laat glimlag. Op ’n sekere vergadering het die debat gegaan oor ‘Is bioskoop zonde of niet?’ en op ’n latere vergadering oor ‘
Ook al klink sulke onderwerpe vandag lagwekkend, moet ’n mens begryp dat hulle destyds aktueel was en deur daaroor te besin, is jongmense se denke geslyp.
Die verdere voetspore van die JV's word tot enkele bakens beperk. In April 1925 het die bestaande Transvaalse JV's in ’n Bond van JV's op Gg (Gereformeerde grondslag) in Transvaal verenig. In die daaropvolgende jaar (30 September 1926) het ook ’n Kaaplandse Bond tot stand gekom en op 20 April 1935 is ’n Vrystaatse Bond in die lewe geroep. Hierdie drie bonde het in 1940 in ’n Federale Raad vir die hele land verenig. Die Raad het egter om die een of ander rede binne ’n jaar ontbind. Eers in 1953 het daar weer uniale samewerking gekom, en nog later (1961) het die drie bonde ’n Federale Bond gesluit. In 1964 is daar ook in Natal ’n eie bond gebore.
Voordat een spesifieke JV se werksaamhede as ’n voorbeeld geneem word van aktiwiteite waarmee die JV's hulle na die totstandkoming van die verskillende Bonde besig gehou het, volg (puntsgewys en chronologies) ’n lysie van beskikbare, geraadpleegde bronne. Moontlike toekomstige navorsers sou daarvan gebruik kon maak indien hulle hierdie geskiedenis vollediger op skrif wil stel:
In sy inleiding sê Venter dat die Suid-Afrikaanse JV's geskoei was op dié wat in 1888 in Nederland saamgekom het. Hy verwys ook na die reeds genoemde werk van Knoppers (
Venter (
Verder skryf hy dat die jongmense by ’n jeugbeweging self hulle doel bepaal. Die JV's se doel is volgens hom voorbereiding en die vorming van die jongmens vir sy toekomstige roeping en taak op
Soos sal blyk, is die presiese verhouding tussen die kerk en die JV egter blykbaar nooit finaal opgeklaar nie. Aanvanklik (by ’n konferensie in 1917) het, volgens Venter, die kerklike jeugsorgbeginsel nog oorheers. Eers in 1925 het enkele JV's in Transvaal bymekaar gekom en die eerste Bond gestig (Venter
Van die verdere bronne wat die skrywer van hierdie artikel nog tot sy beskikking gehad het, volg nou ’n kursoriese oorsig:
By spesiale geleenthede het gedenkuitgawes van hierdie blad ook verskyn. In
Verdere oorsigtelike (historiese) bydraes is dié van Duvenage (
Die volgende publikasie behandel nie die JV-geskiedenis nie. As ’n omvattende handleiding (soortgelyk aan Venter
Behalwe al hierdie bronne, sal hieronder (vgl. ‘Verskillende publikasies’) nog enkele verdere publikasies genoem word wat na aanleiding van die leierskampe van die Transvaalse Bond die lig gesien het en verdere historiese materiaal bied.
Die belangrikste oogmerk van hierdie ondersoek is om vas te stel presies wat die JV's se aktiwiteite destyds ingehou het. Dit stel ’n mens in staat om die vormende waarde van hierdie jeugwerk te bepaal en dit mag dan help met ’n antwoord op die belangrike vraag wat sover reeds verskeie kere opgeduik het, naamlik of so ’n jeugbeweging ook ’n eie bestaansreg het.
Omdat die skrywer persoonlik by JV Gideon betrokke was (een van die talle JV's wat destyds op Potchefstroom bestaan het),
Die leser word genooi om saam na die sestigerjare terug te stap. Vyftig jaar na JV Dient Elkander (1915) het tye en omstandighede verander en dus ook die dinge wat destyds vir die jongmense van JV Gideon aktueel was. Vandag, weer ’n halwe eeu later, klink baie van die onderwerpe waarmee die jeug hulle destyds besig gehou het, weer antikwaries. Nogtans is dit duidelik dat daar by jongmense ’n wesenlike behoefte bestaan het om sáám oor eietydse vraagstukke te besin om daardeur hulle eie lewenskoers te kan bepaal.
Deur die aktiwiteite in besonderhede weer te gee, word aangetoon hoe hierdie JV gepoog het om omvattende vormingswerk vir sy naskoolse, reeds werkende en jong studerende lede te bied.
Gedurende die eerste semester van 1959 is buiten die gereelde Bybelstudie (deur verskillende JV-lede aangebied met samesang daarna) kort toesprake met bespreking daarna oor die gevare van rook, Bybelfilms en let op ook oor gemengde baaiery gehou. Ds. Beyers Naude (toe nog NG-predikant op Potchefstroom) het oor koshuislewe gepraat; ’n professor van die Puk oor die rassevraagstuk; en ’n debat is oor Volkspele gevoer (op 24 April 1959). (Moontlik ’n bietjie skynheilig, omdat baie van die JV-lede toegewyde volkspelers was.) Behalwe Calvyn het die kommunisme in Rusland ook die nodige aandag geniet.
Afgevaardigdes van die JV kon ook die eeufeesvierings van die GKSA (1859–1959) op Rustenburg bywoon.
Gedurende die tweede semester van 1959 (op 21 Augustus 1959), is JV Gideon se 15e bestaansjaar feestelik herdenk met die vertel van sy geskiedenis, voordragte, orrelspel en sang. Ander JV's (soos Rotsvas) is besoek; JV Klerksdorp het JV Gideon vir ’n Bybelvasvra uitgedaag en JV Mooirivier het teen die Gideoniete ringtennis, jukskei en tafeltennis gespeel.
Behalwe boekbesprekings het die volgende onderwerpe onder andere ook aan die orde gekom: Die godsdienste van die wêreld; Die verhouding tussen jongman en -dame (altyd aktueel); en Wat met die mens by die dood gebeur. Die jaar se werksaamhede is met speletjies, ’n vleisbraai en daarna ’n filmvertoning in die eerste Gereformeerde Kerkie op Potchefstroom (vandag ’n historiese monument) afgesluit.
Ook die program van die eerste semester van 1960 het ’n wye verskeidenheid onderwerpe op kerklike, sosiale en politieke terrein gebied. Voorbeelde hiervan is oor sendingwerk, sektes, alkoholisme en doodstraf, ’n debat oor die vraag of die moderne mens te besig is, oor die natuurwetenskappe, oor wat sal gebeur wanneer Suid-Afrika ’n Republiek word, oor groot volksfigure soos die staatsman Paul Kruger, die beeldhouer Coert Steynberg en die digter NP van Wyk Louw. Die jongste uitgawe van
Dit is opmerklik dat die belangrike sosiale faset van jonkwees nie verwaarloos is nie. Saterdagmiddae is byvoorbeeld gereeld ring- en tafeltennis gespeel. Selfs tydens vakansies is informele byeenkomste aan huise van lede gehou. Gedurende die Kerstyd het die JV-lede hulle ouers en bejaarde kerklidmate met ’n serenade verras. Die Uniale Kongres en die jaarlikse kamp op JV-eiland naby Parys het ook vormingservarings van uiteenlopende aard gebied.
Ander fasette wat gedurende die tweede helfte van hierdie jaar opgeduik het, was kort toesprake oor die moderne beeldende en literêre kunste en musiek, ’n gespreksreeks oor wêreldgebeure, ’n besoek aan die plaaslike KJV (die Kerkjeugvereniging van die NG Kerk), nuusflitse oor die jeugaksies in Nederland en die VSA, gesprekke oor die omgang tussen die twee geslagte jongmense, die Christelike huisgesin en nog ’n leierskamp op JV-eiland (3–5 Sept.).
In 1960 het JV Gideon
Omdat nie net die toneelspelers by sulke projekte betrokke was nie (dit het heelwat beplanning en organisasie geverg), het dit onderlinge samewerking bevorder, estetiese waardering gestimuleer, vrymoedigheid om in die openbaar op te tree bevorder en ook die JV se beperkte finansiële inkomste uit jaarlikse ledegeld aangevul (die JV het nie finansiële steun van die plaaslike kerkraad ontvang nie).
Uit die program vir 1961 blyk verder hoe belangrik gedrukte handleidings vir die JV-werk was. Op die spyskaart was daar dikwels ’n onderwerp uit
Gedurende die apartheidsjare (op 08-09-1961) het ds. Simon Seadira, ’n swart predikant, die JV toegespreek. Die JV-lede het in 1962 ’n vroeë mis by die plaaslike Rooms-Katolieke Kerk bygewoon natuurlik met ’n bespreking daarna. Daar was ook ’n diens by die plaaslike swart Gereformeerde Gemeente van Ikageng op die program en ’n vraebus waarin lede hulle vrae kon plaas met die oog op moontlike onderwerpe vir bespreking.
Onderwerpe wat vandag nog net so aktueel is, het ook op die program verskyn soos die bedreiging van die (radikaler) Islam. Verder is daar deurentyd oor die JV se eie doel en werkswyse besin om meer jongmense te betrek en die werk effektiewer te kan doen. Dit blyk verder dat die JV nie bloot ’n serebrale vereniging was wat net vir die ‘intellektueel’ voedsel verskaf het nie. Daar was ook byeenkomste (meestal in die aande) vir speletjies, plate luister (daar was nog nie CD's nie), pannekoek bak, sang, vasvra, besoeke aan en van ander JV's en veldpieknieks.
Aan die einde van hierdie oorsig oor JV Gideon se aktiwiteite oor ’n periode van drie jaar (1959–1961) kan die volgende konklusies gemaak word.
Eerstens het dit omvattende lewensbeskoulike vorming vanuit ’n Christelike perspektief gebied. Feitlik alle lewensterreine is op die een of ander stadium gedek deur verskillende aksies en onderwerpe wat destyds aktueel was.
Soos duidelik uit al die werksaamhede blyk, is vele fasette van jongmenswees geslyp, naamlik die fisies-biotiese (bv. verskillende soorte ontspanning en sport); die emosionele (in die vorming van die onderlinge verhoudings tussen die twee geslagte en mense van verskillende geaardhede, of die hantering van eie spanning om byvoorbeeld ’n lesing te kon aanbied); die logiese (om denkend oor vraagstukke van allerlei aard te besin); die linguale (om ’n mens se gedagtes duidelik te kan verwoord); die sosiale (wat voortdurende onderlinge samewerking vereis het); ’n historiese besef (deur bv. kennis te neem van belangrike figure en gebeurtenisse uit die verlede); die ekonomiese kant (om behalwe vir ledegeld ook vir groter uitgawes te beplan en daarvoor te werk); die estetiese (o.a. die bespreking van verskillende kunsvorms, asook toneelopvoerings); die juridiese faset (bv. deur lesings oor onpartydige geregtigheid in ’n tyd van apartheid); die morele (in verskeie onderwerpe oor die verhouding tussen die twee geslagte); ook ’n verdieping van die eie geloofslewe (deur o.a. gesamentlike Skrifstudie en sang).
Tweedens was die vorming intensief. Elke lid het ’n geleentheid gekry om op die een of ander wyse met ’n eie bydrae ’n ‘vuurdoop’ te ondergaan of ’n ander verantwoordelikheid te aanvaar.
In die derde plek het ’n buitestander net by uitsondering op die program verskyn. Bereidwillige lede het die geleentheid gekry om deur selfstandige nadenke, die raadpleging van bronne en vakkundiges, ’n Bybelstudieonderwerp of ander lesing aan te bied. Daarbenewens het die verskeidenheid ander verantwoordelikhede aan alle lede die geleenthede gebied om hulle talente te ontwikkel.
Vierdens was die program gebalanseerd in dié sin dat dit nie net vir serebrale, verstandelike vorming gesorg is nie, maar ook vir die sosiale en ander fasette van menswees. Daar is byvoorbeeld lewenslange geesgenootlike vriendskapsbande gesmee. Natuurlik is ook vir die amoreuse gesorg baie lede het destyds hulle toekomstige lewensmaats by die JV ontmoet.
Laastens kon die jongmense hulle Christelike geloof werklik beleef iets wat vandag baie belangrik geword het (vgl. Van der Stoep, Kuiper & Ramaker
Vanselfsprekend het al bogenoemde elemente nie by alle JV's gerealiseer nie. JV Gideon was in die bevoorregte posisie om op Potchefstroom reeds werkende lede, en ook ’n hele paar teologiese en ander studente as lede te hê. Nogtans dien hierdie JV as ’n voorbeeld van wat sodanige vereniging destyds vir jongmense se toerusting op pad na volwassenheid kon beteken.
Na die gevallestudie oor ’n spesifieke JV, word vervolgens die werk van die Bond van JV's vir die hele destydse Transvaal vlugtig bekyk.
Omdat die Bond van Transvaal (en ook die ander Bonde) besef het dat ’n vereniging soos die JV slegs met ’n goed toegeruste en geïnspireerde leierskorps kan floreer, is vroeg al leierskampe vir JV-bestuurslede aangebied. Vanaf die middel van die vyftigerjare het die Transvaalse Bond leierskampe op Sondagseiland (tot
Die vormingswerk tydens sulke kampe was egter nie tot organisatoriese sake beperk nie. Die Christelike, lewensbeskoulike vorming van die JV-leiers het ook die nodige aandag ontvang. Dit blyk uit die inhoud van die volgende publikasies wat na afloop van die verskillende kampe verskyn het en dus ook vir ’n wyer leserskring as bloot die kampgangers beskikbaar gestel is.
Addisioneel tot ‘historiese bronne nog beskikbaar’, word hier ’n aantal
Die tema van die lesings by die vyfde kamp het oor ‘Die roeping van die Gereformeerde jeug in die huidige politieke konstellasie in Suid-Afrika’ gehandel en is in 1960 onder die titel,
Die sesde kamp (Sept. 1961) het oor verskillende aspekte van die JV se organisasie en werksprogram gehandel asook Skrifstudiewenke en is as
Aan die einde van 1962 het
Hierdie publikasie is deur
Die laaste uitgawe (nr. 3) in die
Sowel op die plaaslike JV-vlak as in wyer verbande is die skrywer nie netself deur die JV gevorm nie, maar hy kon ook die besondere slypingsproses van sy medejongmense van naby waarneem. Sy persoonlike indruk is dat dit op verskeie vlakke plaasgevind het.
Feitlik alle dimensies van menswees is aangeraak. Dit het gestrek vanaf die fisiese (ringtennis of pluimbal) en die biotiese (van die voorsiening van verversings by vergaderings tot by volledige etes tydens kongresse en kampe) tot by die geloofslewe (gesamentlike Bybelstudie, ’n diens tydens ’n kamp, of om saam kerk toe te gaan). Tussen die fisiek-biotiese en die geloofsaspek is die ander fasette van menswees ook vanuit ’n Christelike oriëntasie geslyp. Soos reeds genoem, sluit dit die ontplooiing van die emosionele, logiese, kulturele, linguale, sosiale, ekonomiese, estetiese, juridiese en morele fasette van menswees in. Dit is belangrik dat hierdie vormingswerk
Onder mekaar kon hulle nie net hulle eie beperkings en gebreke nie, maar ook hulle talente en gawes ontdek en oefen, byvoorbeeld hulle organisasievermoë om ’n aksie te beplan, aan te bied en om te leer wat eie verantwoordelikheid beteken. Talle ander vaardighede is in die proses ontwikkel.
Dat hierdie vorming in groepsverband deur jongmense self uiters belangrik vir die res van hulle lewe is, is reeds deur talle studies vanaf die vorige eeu aangetoon (vgl. die uitgebreide literatuurlys daarvoor in Van der Walt
Die lewenseisoen van die meeste jongmense wat lede van JV's was (tradisioneel die
Die nuutste navorsing wys selfs daarop dat die adolessensiejare deesdae (veral in die westerse wêreld) langer duur as in die verlede. Die Christelike psigiater, Van Belle (
Soos uit Van Wyk (
Dieselfde bundel bevat egter alreeds ’n voorbode van wat binne ’n dekade sou gebeur. Van Wyk (
Slegs tien jaar later (GKSA
By ’n vroeëre sinodebesluit oor ’n georganiseerde vroue-organisasie het dieselfde problematiek heel waarskynlik ’n rol gespeel en die antwoord daarop het moontlik ’n presedent geskep waarvolgens die JV-saak later gehanteer is. Die verloop daarvan word daarom eers kortliks hier weergegee (vir die geskiedenis van die Gereformeerde Susters-organisasies vanaf 1918, vgl. Van der Merwe & Venter
Die sinodes van 1949, 1952 en 1955 het breedvoerig oor die voortbestaan van die Gereformeerde Sustersvereniging as vereniging gedebatteer. ’n Kommissie van die sinode het by die sinode van 1949 aanbeveel dat so ’n vereniging haar oop kerklike belydenisgrondslag mag stel en (as selfstandige liggaam) in vrywillige verband met die kerk kan tree. Die sinode self het egter besluit dat die susters alleen onder toesig van die plaaslike kerk mag funksioneer. Die sinode van 1952 het hierdie besluit herbevestig, naamlik dat die susters nie ’n onafhanklike vereniging met ’n eie statute en bestuur mag hê nie.
By die sinode van 1958 het daar egter verskillende beswaarskrifte teen genoemde besluit en sy implikasies gedien. Die besluit het volgens die beswaardes (onbedoeld) daartoe gelei dat die GKSA in Roomse vaarwaters beland waarvolgens die kerk die hele lewe sou oorkoepel. Die roeping van vrouelidmate (en elke ander lidmaat) strek volgens die amp van die gelowige verder as die kerk as instituut. Vroue behoort dus self eie inisiatief te kan neem om ’n vereniging met ’n eie gesagstruktuur te bestuur.
Die kommissie wat die beswaarskrifte gehanteer en die sinode moes adviseer, het egter aanbeveel dat ’n selfstandige vroue-aksie nie in ooreenstemming met die belydenis en die kerkorde is nie, sodat die sinodebesluit ‘dat die beginsel dat op kerklike erf geen verenigings bestaansreg het nie, onverswak gehandhaaf word’ (GKSA
Die Gereformeerde susters het hierdie besluit intussen sodanig verstaan dat daar
Te midde van die onduidelikheid het die kerkraad van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom-Noord intussen goeie prinsipiële leiding aan sy susters verskaf oor ’n te stigte, selfstandige Christelike Vrouevereniging
Die sinode het die 1958-besluit egter anders as die susters verstaan. Daarom het hy die bestaan van die GSO nie goedgekeur nie ongeag of dit binne of buite die kerklike instituut wou funksioneer. Hierdie selfde verwarring het uiteindelik ook tot die ondergang van ’n selfstandige Gereformeerde jeugbeweging gelei. Daarop word nou kortliks gelet.
Omdat dit so ’n ingrypende besluit was, nie net vir die reeds honderdjarige JV-beweging nie, maar ook vir die GKSA, word die agtergrond en aanloop tot die finale besluit van 1988 hier kortliks weergegee. Die breedvoerige rapport van die Deputate vir Jeugsorg by die 1985-sinode (GKSA
Eers op die sinode van 1939 is besluit om jeugdeputate te benoem. Hulle het by die 1942-sinode gerapporteer en het ’n duidelike onderskeid tussen jeugwerk (deur die JV's) en kerklike jeugsorg getref. Tussen 1942 en 1955 het die betrokke deputate egter telkens gerapporteer dat daar ‘nie veel aandag aan die uitbouing van kerklike jeugsorg gegee kan word nie’. By die sinode van 1961 is nie weer deputate vir jeugsorg benoem nie.
Volgens die GKSA ( nog steeds voortgegaan om opbouende werk onder ’n deel van die jeug te verrig. Waar die jeug in groepe bearbei word, word die JV gesien as
In 1982 (GKSA
Hierdie rapport beklemtoon opnuut dat jeugsorg ’n wesenlike taak van die GKSA is. Daar word ook erken dat ‘daar tot nog toe geen gemeenskaplike aksie ten opsigte van jeugsorg bestaan het nie en in die meeste gemeentes nie voldoende aandag aan die eiesoortige behoeftes van die jeug gegee is nie’ (GKSA
Daarin word vermeld dat die deputate met die voorsitter van een van die JV-bonde ’n gesprek gehad het oor die vraag: ‘In watter mate word die JV se aktiwiteite as genoegsame kerklike versorging of as bykomende kerklike versorging van die kerkjeug gesien?’ Die JV is ’n selfstandige Christelike vereniging wat naas die plaaslike kerk funksioneer en mag nie as iets kerkliks beskou word nie. Daarom mag die plaaslike kerke ook nie hulle verantwoordelikheid om die jeug op te voed op ’n nie-kerklike vereniging afskuif nie. Die praktiese situasie is egter dat daar nie in al die gemeentes ’n JV bestaan nie. Waar ’n JV wel bestaan, beskou die kerkrade dit gewoonlik as genoegsame aandag aan die kerkjeug (vgl. GKSA
Tot sover kan ’n mens alleen waardering hê vir hierdie rapport met sy groot klem op die belangrikheid van kerklike jeugsorg. Die huidige lesers sal egter verbaas staan oor die gevolgtrekkings wat daaruit gemaak is (GKSA
Die besluit wat uit bogenoemde rapport voortgevloei het, lui soos volg:
Indien kerkrade vanaf die begin af die versorging van die kerklike jeug as ’n eiesoortige bedieningsvlak gesien het en die kerklike jeug as ’n groep daadwerklik versorg het,
Verder:
Die JV het in die verlede op besondere wyse die versorging van die jeug behartig, maar nou moet kerkrade hulle jeugsorg selfstandig doen.
Heelwat vrae sou hieroor gestel kon word. Hoe klop dit byvoorbeeld dat daar aan die een kant net die grootste waardering is vir wat die JV's ’n eeu lank vir die soms verwaarloosde kerkjeug beteken het, maar aan die ander kant moet hierdie werk nou gestaak word? So ’n besluit kan moontlik verklaar word indien ’n mens sou aanneem dat die deputate onbewus was van die duidelike verskil (volgens ’n reformatoriese samelewingsvisie) tussen kerklike jeugsorg en die eiesoortige werk van ’n selfstandige reformatoriese jeugbeweging soos die JV. Die feit dat die kerk sy eie verpligtings teenoor sy jong lidmate wou nakom, impliseer geensins dat dit hulle sou verplig om ’n Christelike jongmensvereniging op te skort nie. Die rapport bied ook geen motivering waarom dit noodwendig moes gebeur nie.
Uit die volgende kort rapport van die Deputate vir Jeugsorg (GKSA
Blykbaar was die JV's egter tog nie heeltemal oortuig dat dit die regte stap was nie, want in die rapport staan ook:
Indien die kerke jeugsorg tot sy volle konsekwensies deurvoer
Vir die sinode was die terminering van die JV egter ’n voldonge feit. Sy deputate het ten slotte die opdrag gekry om kerkrade van inligting te voorsien ‘om die oorgang van die JV-bedeling na kerklike jeugsorg te vergemaklik’ (GKSA
Die laaste woorde oor die JV's lees ’n mens in die volgende Die Sinode neem kennis van die brief wat die Deputate vir Jeugsorg aan kerkrade gerig het waarin gestel word ‘dat die Sinode die oorgang ná die JV-bedeling as ’n geleidelike oorgang sien en dat dit eerder moet geskied langs die weg van die aktivering van kerklike jeugsorg,
Vanaf die ontstaan van die JV tot by sy einde is die verwarring oor die bestaan al dan nie van ’n Christelike vereniging op gereformeerde grondslag
Aangesien hierdie onsekerheid oor die JV ook gedurende die sestigerjare bestaan het, het die skrywer alreeds vantevore prinsipieel daaroor besin (Van der Walt
Die vraag waarvoor die geskiedenis ’n mens stel, is of die huidige situasie eenvoudig aanvaar moet word of met die oog op die toekoms verdere besinning daaroor belangrik is. Die skrywer verkies laasgenoemde. Aangesien die sinode nie ’n duidelike motivering gebied het waarom die JV's getermineer behoort te word nie, word vragenderwys vervolgens vyf moontlikhede ondersoek waarom dit moontlik kon gebeur het.
Eerstens is ’n jeugaksie, soos dié wat van die JV's uitgegaan het, iets
Ongelukkig is dit juis op die breë terrein van die daaglikse lewe waar jeugsorg se vormende invloed in vergelyking met ’n jeugaksie versmal is. Die JV's se amptelike doel was immers om die jeug die geleentheid te bied om hulle onderling in alles te oefen wat tot die vorming kan bydra wat hulle nodig het om hulle roeping in die koninkryk van God te vervul (vgl. ’Doelstellings’ hierbo).
Uit ‘’n Herhaling van die geskiedenis’ en ‘Die agtergrond van die finale besluit van die sinode oor die JV’ wil dit lyk asof kerke dalk ’n bietjie jaloers op ’n volwasse vroueaksie en ’n selfstandige jeugaksie was. Daaragter mag egter ’n dieper rede skuil, naamlik die verkeerde idee dat die omvattende koninkryk van God en alles wat Christelik is tot die kerk beperk is en dat die kerk gevolglik daaroor toesig moet hê. Selfstandige Christelike inisiatief buite die kerk is waarskynlik daarom nie verwelkom nie.
Die vroulike lidmate en die jongmense wou egter nie in kompetisie met die kerk tree nie, maar aanvullend hulle eie roeping vervul. Indien daar dalk gereken is dat die JV's die jongmense van die kerk sou vervreem, was dit ’n foutiewe gedagte. Die JV het onder andere die jeug aangemoedig om meelewende kerklidmate te wees.
Vervolgens kan die vraag dus gestel word of so ’n sinodebesluit nie prinsipieel verkeerd was nie. Soos reeds genoem, het jeug
Daar moet bygevoeg word dat sulke Christelike verenigings en instellings ’n eie taak en gesag het die beginsel van soewereiniteit in eie kring of van gedifferensieerde verantwoordelikheid, is alreeds beklemtoon.
Volgens so ’n pluralistiese samelewingsvisie is dit prinsipieel ook onaanvaarbaar om van die standpunt uit te gaan dat, omdat die JV op die terrein van die koninkryk van God beweeg, dit onder kerklike toesig moet geskied (vgl. Breed
Ook die argument dat die JV onder kerklike toesig sou hoort omdat dit op ’n Gereformeerde grondslag wil staan, hou volgens dieselfde samelewingsbeskouing nie water nie. Om op ’n reformatoriese belydenis of credo te werk, is die voorreg van enige Christelike organisasie of instelling met ’n gereformeerde oriëntasie en behoort nie as die monopolie van ’n kerk alleen beskou te word nie.
Die sinodebesluite was, opvoedkundig beskou, heel waarskynlik swak besluite. Op die voorafgaande bladsye is in besonderhede oor die JV-werk geskryf ten einde die intensiewe en omvattende vormingswaarde daarvan te bewys. Hierdie vormende waarde kan alleen effektief in die groepsverbande van die jongmense
Die gesin, skool, kerk, en so meer kan ’n Christelike lewensvisie en -wandel aan die jongmense
Firet en Van Riessen (
Samehangend met die vorige punt word die volgende vraag gestel.
Moontlik het genoemde sinodes die JV-geskiedenis en werk nie van naby genoeg geken nie, of die lede van die sinode was dalk nooit self aktief by JV-aktiwiteite betrokke nie.
’n Verkenning soos hierdie artikel kan as ’n korreksie vir sodanige gebrek aan historiese insig dien. Die inligting kan by vele voormalige JV-lede getoets word en steeds sal die reaksie ongeveer dieselfde wees, naamlik dat sodanige lede besonder dankbaar is vir die breë vorming wat hulle as jongmense in die JV ontvang het.
Die getuienis van ’n paar senior burgers wat oud JV-lede is, dien as voorbeeld wanneer hulle onder andere skryf: Verskeie leiers in die kerklike lewe, die onderwys en die akademie, in die sakewêreld, in die lands- en provinsiale regerings tot op kabinetsvlak en op talle ander lewensterreine, was manne en vroue wat die eerste keer in hulle lewe juis in ’n JV-vergadering of tydens ’n kongres ’n lesing gelewer of ’n beskrywingspunt toegelig het. (bl. 37)
Die volgende anonieme stelling kan ook in die geval van die JV's bevestig word, naamlik: Indien ’n mens vir slegs een jaar beplan, saai dan koring wat jy binne ’n paar maande kan oes. Indien jy vir tien jaar beplan, plant dan bome. Maar as jy vir ’n leeftyd wil beplan en belê, vorm dan jongmense.
Aangesien die sinode van 1988 besluit het om die JV-werk met kerklike jeugsorg te vervang, sou ’n mens ten slotte ook laasgenoemde werk oor die afgelope byna drie dekades wou evalueer en dit selfs met die vroeëre JV-aktiwiteite wou vergelyk.
Om veral twee redes is die huidige skrywer nie daartoe in staat nie. Eerstens was hy nie persoonlik daarby betrokke nie, sodat hy nie eerstehandse kennis daaroor beskik nie. Tweedens wil dit voorkom asof daar ook oor hierdie werk min bronne vir navorsing beskikbaar is. Behalwe die gereelde driejaarliks Rapporte van die Jeugdeputate (vgl. GKSA
Die skrywer gaan van die veronderstelling uit dat jeugwerk, soos dié van die destydse JV's en kerklike jeugsorg twee verskillende sake is. Hoewel hulle nie waterdig van mekaar geskei kan word nie, behoort hulle tog duidelik onderskei te word. Albei is noodsaaklik vir die vorming van jong gelowiges, maar elkeen kan ’n eie, unieke bydrae daartoe lewer.
Op grond van die voorafgaande ondersoek kan twee gevolgtrekkings gemaak word. Eerstens, dat die JV's van destyds ’n onvervangbare taak vervul het om die jeug vir hulle roeping in die omvattende koninkryk van God te skool. Tweedens, dat iets soortgelyks as die destydse JV's dus ook vir die toekoms opnuut oorweeg behoort te word. Laasgenoemde stelling word kortliks in die lig van veral die toenemende sekularisme en relativisme van huidige, nuwe omstandighede gemotiveer.
Word die gees van die huidige tyd beproef (1 Joh 4:1), besef ’n mens dat dit wat die apostel Paulus aan die jongman, Timoteus (1 Tim 3:1–8) geskryf het, ook die dinge is waarmee ons jongmense van vandag daagliks gekonfronteer word. In hedendaagse taal word dit
’n Lewensbelangrike vraag is dus hoe die jonger generasie in hierdie doolhof van goddelose sekularisme en koerslose relativisme staande sal kan bly sonder die nodige Christelike lewensbeskoulike toerusting.
Seuns word in die Bybel as skerp pyle (Ps 127:3, 4) beskryf. Watter jeugaksie bestaan daar om hierdie
Een van die belangrikste insigte van die afgelope aantal jare is dat die burgerlike samelewing (
Die JV's van die verlede was ’n duidelike voorbeeld van presies so ’n inisiatief (vgl. Van der Walt
Die GKSA se pas afgelope sinode het ’n ingrypende en omvattende omkeerstrategie aanvaar (vgl. GKSA
Die outeur verklaar dat hy geen finansiële of persoonlike verbintenis het met enige party wat hom nadelig kon beïnvloed het in die skryf van hierdie artikel nie.
Na die afhandeling van hierdie artikel skenk die skrywer sy persoonlike argief vir hierdie doel aan die Argief van die GKSA. Hoewel hierdie publikasies van datums voorsien is, ontbreek die uitgewer en die plek van uitgawe daarvan dikwels (vgl. die ‘Bibliografie’). Die rede hiervoor is heel waarskynlik omdat sulke gegewens destyds nie as belangrik beskou is nie. Verder het die meeste van hierdie bronne by bepaalde herdenkingsgeleenthede verskyn, sodat hulle ’n meer
Vanaf 1960 tot 1968 het die skrywer in verskillende hoedanighede op hierdie blad se redaksie gedien.
Aangesien die skrywer se weergawe die bril is waardeur hy na JV Gideon en wyer kan kyk, volg hier enkele datums oor sy betrokkenheid. Ongeveer 1956 het hy lid van JV Gideon geword en ongeveer 1957 en 1958 die eerste Bondskongresse bygewoon. In 1959 het hy voorsitter van JV Gideon en later ook van Afdeling Mooirivier (wat die JV's van Potchefstroom, Klerksdorp, Parys en omgewing verteenwoordig het) geword en dus ook lid van die Bondsbestuur, wat gereeld eers in Johannesburg en later in Pretoria vergader het.
Om die skrywer se ervaring van die verskillende werksaamhede van hierdie Bond gedurende ’n dekade (1958–1968) te bevestig, kan die volgende datums uit die skrywer se JV curriculum vitae genoem word. In 1962 is hy as publikasiebeampte van die Bond benoem; in 1962 en 1963 het hy as
Verskeie JV's van Transvaal het ook ’n byeenkoms gehou waar die artikelskrywer as spreekbuis opgetree het om hulle protes teen die sinodebesluit te laat hoor.