Ingrypende kulturele verandering in die samelewing noodsaak kerke om ernstig oor hulle bediening en die opleiding van hulle leiers te besin. Hierdie bundel bevat voordragte van ’n simposium wat in 2013 deur die Nederlands Gereformeerde Predikantenopleiding saam met die Theologische Universiteit Apeldoorn gereël is en wat oor hierdie vraagstuk besin het.
Daar word kortliks op die drie hoof-akademiese referate gefokus. ‘Postchristendom’ is die noemer wat deurgaans gebruik word om die nuwe sosiale werklikheid te identifiseer. Sake Stoppels bied ’n interessante oorsig van wat hierdie oorgang impliseer en hy belig dit vanuit ’n gevallestudie in ’n Nederlandse dorp. Uit onderhoude en waarneming is dit duidelik dat die plaaslike PKN kerk nie net letterlik leegloop nie, maar dat inwoners van die dorp bykans totaal onbekend met die kerk is, en dit in elk geval glad nie vertrou nie. Stoppels verskil van ander waarnemers, naamlik dat die afname van geïnstitusionaliseerde godsdiens deur ’n nuwe belangstelling in spiritualiteit gebalanseer word; hy sien egter baie min tekens hiervan.
Robert Doornenbal hanteer in sy bydrae moontlike praktiese reaksies en lê veral klem op die Ou-Testamentiese wysheidsbegrip. Dit vra nie net ’n sensitiwiteit vir verandering en ’n gepaste reaksie nie, maar ook ’n antenna vir goddelike handeling in die situasie. Leierskap en die ontwikkeling daarvan is volgens hom die sleutel vir toekomstige optrede. Die kerk moet ook eerder as ’n
’n Sistematies-teologiese benadering word deur Gerard den Hertog gebied. Hy is veral sensitief hoe die begrip
Uit die drie hoofbydraes is dit duidelik waarmee die kerk in Nederland worstel en hoe daar in die algemeen gedink word. Die kerk in Suid-Afrika en teologiese opleiding staan ook voor talle eiesoortige veranderings en uitdagings. Hierdie bundel opstelle kan interessante leesstof wees veral vir teologiese dosente en predikante wat vir teologiese opleiding verantwoordelik is. Die akademiese gehalte van die opstelle wissel en geen besondere nuwe kennis word gegenereer nie. Die waarde van die boek lê waarskynlik daarin dat dit getuig dat die kerk in Nederland ernstig met verandering worstel en met ’n oop gemoed na wysheid vir die toekoms soek en getrou aan die evangelie wil wees.
Die vrae wat by die leser opkom, is of daar nie indringender oor die aard van sekularisasie gedink moet word nie, en ’n mens wonder hoe godsdiens-sosioloë daaroor dink. Die konvensionele sekularisasieteorie is al ingrypend deur navorsing verander. Die opstelle gee egter weinig blyke hiervan. Hoe kategorieë soos
Ek beveel die lees van die bundel aan, maar met die voorbehoud dat my drie punte van kritiek in gedagte gehou moet word. Verder vra die konteks in Suid-Afrika ’n unieke kartering, ’n eiesoortige ekklesiologie en ’n nuwe benadering tot teologiese opleiding.