<?xml version="1.0" encoding="UTF-8"?>
<!DOCTYPE article PUBLIC "-//NLM//DTD JATS (Z39.96) Journal Publishing DTD v1.1d1 20130915//EN" "http://jats.nlm.nih.gov/publishing/1.1d1/JATS-journalpublishing1.dtd">
<article xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xmlns:mml="http://www.w3.org/1998/Math/MathML" article-type="book-review" xml:lang="en">
<front>
<journal-meta>
<journal-id journal-id-type="publisher-id">IDS</journal-id>
<journal-title-group>
<journal-title>In die Skriflig</journal-title>
</journal-title-group>
<issn pub-type="ppub">1018-6441</issn>
<issn pub-type="epub">2305-0853</issn>
<publisher>
<publisher-name>AOSIS OpenJournals</publisher-name>
</publisher>
</journal-meta>
<article-meta>
<article-id pub-id-type="publisher-id">IDS-49-1970</article-id>
<article-id pub-id-type="doi">10.4102/ids.v49i1.1970</article-id>
<article-categories>
<subj-group subj-group-type="heading">
<subject>Book Review</subject>
</subj-group>
</article-categories>
<title-group>
<article-title>Wees Jesus se hande en voete deur anders te dink en te leef as die w&#x00EA;reld</article-title>
</title-group>
<contrib-group>
<contrib contrib-type="author" corresp="yes">
<name>
<surname>Denton</surname>
<given-names>Rudy A.</given-names>
</name>
<xref ref-type="aff" rid="AF0001">1</xref>
</contrib>
<aff id="AF0001"><label>1</label>Faculty of Theology, North-West University, South Africa</aff>
</contrib-group>
<author-notes>
<corresp id="cor1"><bold>Email:</bold> <email xlink:href="rudydenton@vodamail.co.za">rudydenton@vodamail.co.za</email>, <bold>Postal address:</bold> PO Box 20015, Noordbrug 2522, South Africa</corresp>
<fn><p><bold>How to cite this book review:</bold> Denton, R.A., 2015, &#x2018;Wees Jesus se hande en voete deur anders te dink en te leef as die w&#x00EA;reld&#x2019;, <italic>In die Skriflig</italic> 49(1), Art. #1970, 1 page. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://dx.doi.org/10.4102/ids.v49i1.1970">http://dx.doi.org/10.4102/ids.v49i1.1970</ext-link></p></fn>
</author-notes>
<pub-date pub-type="epub">
<day>03</day>
<month>07</month>
<year>2015</year>
</pub-date>
<pub-date pub-type="collection">
<year>2015</year>
</pub-date>
<volume>49</volume>
<issue>3</issue>
<fpage>1</fpage>
<lpage>1</lpage>
<product product-type="book"><source>Net soos Jesus: Wees Jesus se hande en voete in die w&#x00EA;reld</source><inline-graphic id="F0001" xlink:href="IDS-49-1970-g001.tif"/> <person-group person-group-type="author"><name><surname>Smit</surname><given-names>J.</given-names></name></person-group> <isbn>978-1-4316-0769-3</isbn>, <comment>2013</comment> <publisher-name>Vereeniging: Christelike Uitgewersmaatskappy</publisher-name>, <year>2014</year>, <comment>R124.00*</comment> <comment>*Book price at time of review</comment></product>
<permissions>
<copyright-statement>&#x00A9; 2015. The Authors</copyright-statement>
<copyright-year>2015</copyright-year>
<license license-type="open-access" xlink:href="http://creativecommons.org/licenses/by/2.0/">
<license-p>AOSIS OpenJournals. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.</license-p>
</license>
</permissions>
</article-meta>
</front>
<body>
<p>Die tema van hierdie unieke publikasie, <italic>Net soos Jesus: Wees Jesus se hande en voete in die w&#x00EA;reld</italic>, leer en lei die leser om anders te dink en te leef as die w&#x00EA;reld. Die kernvraag van hierdie publikasie is of Jesus nog &#x2019;n impak op die denk- en leefw&#x00EA;reld van die mense van vandag het. Die outeur, Johan Smit, slaag inderdaad in sy doel met die publikasie om deur 38 bybelstudies &#x2019;n in-diepte verduideliking te gee van hoe mense anders dink, praat en optree wanneer hulle, in ooreenstemming met bepaalde Skrifgedeeltes, soos Jesus dink en leef. Die inhoud van elke studie word vanuit &#x2019;n koninkrykperspektief benader &#x2013; &#x2019;n koninkryk wat naby gekom het soos deur Jesus uitgespel is. Deurentyd word die leser gemotiveer om Jesus as Koning te erken en om volgens die grondwet van sy koninkryk te lewe. Dit lei die leser tot selfondersoek. Verder inspireer en daag dit die leser uit om die grondwet van God se koninkryk as riglyn te aanvaar.</p>
<p>Elkeen van die 38 bybelstudies bespreek &#x2019;n bepaalde tema oor verskillende lewenspraktyke na aanleiding van Jesus se woorde en ander Skrifgedeeltes oor dieselfde tema. Die studies is in agt afdelings met verskillende temas verdeel: Die koninkryk het naby gekom; die Nuwe lewe in die koninkryk; Geloof en die koninkryk; Sleutelwoorde in die koninkryk; Nog sleutelwoorde; Gevare wat die koninkryk bedreig; Knelpunte in die koninkryk; en Verhoudings in die koninkryk.</p>
<p>By elkeen van hierdie studies kan die vraag gevra word: Wat sou Jesus doen?; of Wat het Jesus hieroor te s&#x00EA;? Die skrywer volg elke Skrifgedeelte op met vrae oor die onderwerp, sy eie besinning daaroor en &#x2019;n gedagte om oor na te dink.</p>
<p>Die publikasie is &#x2019;n unieke en handige bybelstudiegids en s&#x00F3; geskryf dat gelowiges die inspirasie en uitdaging van die betrokke Skrifgedeeltes kan begryp. Die publikasie lewer &#x2019;n waardevolle bydrae tot die &#x2018;Ontdek en beleef&#x2019;-bybelstudiereeks. Deur die o&#x00EB; en begeleiding van die outeur word gelowiges gelei en uitgedaag om Jesus se hande en voete in die w&#x00EA;reld te wees. Dit inspireer en moedig die leser aan om die uitdaging van selfondersoek te aanvaar en binne die koninkrykperspektief anders te dink en te leef as die w&#x00EA;reld &#x2013; kortom, om Jesus se hande en voete in die w&#x00EA;reld te wees.</p>
<p><italic>Net soos Jesus: Wees Jesus se hande en voete in die w&#x00EA;reld</italic> kan aanbeveel word vir persone wat dieper delf in die bestudering van die Bybel. Dit sal lesers toerus om op praktiese wyses te leef volgens Jesus se riglyne vir die koninkryk. Inderdaad &#x2019;n besondere versameling studies, ideaal vir sowel individuele as groepbybelstudie, in een publikasie saamgevat. Die skryfstyl is gemaklik, verstaanbaar en getuig van deeglike navorsing.</p>
</body>
</article>