*Book price at time of review
In
Hierdie gedrukte Bybelskool bestaan uit drie dele wat telkens in ’n aantal Bybelreise opgedeel word om ’n totaal van 166 Bybelreise te beslaan. Elkeen van die drie dele van die publikasie, of die onderskeie kleiner afdelings in die groter dele van die publikasie, begin met ’n Bybelreis wat die agtergrond en konteks van daardie deel skets. Elkeen van hierdie drie inleidende Bybelreise skets dus die agtergrond waarteen die res van die Bybelreise in daardie betrokke deel of afdeling van die publikasie gelees moet word.
Deel 1, genaamd,
Deel 2 behandel die Ou Testament en word in drie kleiner gedeeltes verdeel, naamlik
Deel 3 wat die Nuwe Testament behandel, beslaan Bybelreise 77–166 en behandel die Evangelies, die briewe en die ander literatuur van die Nuwe Testament in die volgorde wat dit in die Skrif voorkom. Elke boek van die Nuwe Testament word met ’n inleidende Bybelreis begin wat die konteks, die skrywer en die ontstaanswerklikheid van elke boek weergee. Elke Bybelreis bevat ook vrae waardeur die Bybelstudent begelei word om die eksegetiese en hermeneutiese vertrekpunte op die verskillende genres van die Nuwe Testament toe te pas.
Alhoewel die publikasie nie op volledigheid aanspraak maak nie, is dit tog opmerklik dat daar sekere openbaringshistoriese lyne is wat nie in hierdie publikasie aandag ontvang nie. Só is dit byvoorbeeld opvallend dat daar in Bybelreise 22 en 23, wat handel oor die lewe van Dawid volgens 1 en 2 Samuel, niks van die verbond wat God met Dawid opgerig het, vermeld word nie. Hier word dus ’n kritiese openbaringshistoriese lyn, wat ’n klimaks in die troonbestyging van Christus bereik, nie hanteer nie.
Alhoewel sommige teologiese begrippe in die teks gedefinieer word, sou ’n volledige woordelys ’n groot aanwins tot die publikasie gewees het. Die gebruik van tydlyne in die publikasie sou verder tot die duidelike uiteensetting van die konteks van die verskillende dele in die Skrif kon bydra asook van die openbaringshistoriese lyne wat in die publikasie bespreek word.
Van groot waarde in hierdie publikasie, is die beskrywing van die sosio-historiese konteks wat deurgaans aangetref word. Alhoewel Bybelreise 4 en 5 op ’n paar aspekte van die sosio-historiese konteks van die Nuwe Testament fokus, word daar regdeur die publikasie waardevolle insigte in die leefwêreld van die skrywers en die karakters gegee.
In ’n era van relativisme en waar die gesag van die Skrif bevraagteken word, is hierdie publikasie van besondere waarde vir elke ernstige Bybelstudent. Alhoewel daar nie nuwe of oorspronklike perspektiewe op die Skrifwaarhede gegee word nie, bied hierdie publikasie waardevolle gereedskap aan elke leser waarmee die waarheid van die Woord aan die dag gelê kan word – ’n ware transformerende Bybelreis!