In hierdie artikel word ’n oorsig van die akademiese bydrae van prof. Jan A. du Rand, emeritus professor in Nuwe Testament aan die Universiteit van Johannesburg en Buitengewone Professor van die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom gebied. Ná ’n bondige biografiese oorsig, word Du Rand se akademiese bydrae onder die volgende opskrifte bespreek: Doktorale leiding, Publikasietendense, Griekse taalfase, Johannesevangelie- en -entolēfase, Openbaringfase, Paulusfase en ander publikasies, Hermeneutiese bydrae, Besondere boekpublikasies, Akademiese gemeenskapsbetrokkenheid, Bydrae tot vakverenigings, Bybelvertaling, Informele en kerklike bydraes en Toekennings.
Hierdie uitgawe van
Ek het Jan du Rand as Teologie-akademikus leer ken wat vanuit die Bybelteks handel om die groter tersaaklike teologiese kontoere te beklemtoon. Sy akademiese bydraes vind neerslag in 27 boeke (alleenouteur), 236 artikels, begeleier van 78 toegekende magistergrade en 36 doktorsgrade. Du Rand is die tipiese ewige student, steeds soekend na meer diepgang en kennis.
Benewens sy publikasies en sy
Jan Abraham du Rand is op 03 Augustus 1945 in Pretoria gebore. Hy is die ouer broer van Dorothea. Hulle twee is die kinders van wyle ds. Jannie en Marie (Brink) du Rand. Sy vader was aanvanklik in die siviele ingenieursbedryf en het eers op veertigjarige ouderdom predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk geword. Tussen Du Rand en sy ouers, in sy eie woorde, was ’n hegte verbondsverhouding en toegewyde liefde.
Du Rand het sy voorskoolse jare in Upington deurgebring. Dit was besondere jare op ’n kleinhoewe waar sy liefde vir diere en die grond gevestig is. Sy vader is na Pretoria verplaas waar hy deeltyds sy teologiese studie gedoen het. Van 1952 tot 1958 was Du Rand ’n leerling aan die Laerskool Generaal Jacques Pienaar in Pretoria, waar hy ook hoofseun was. Hy is veral deur mnr. Combrink geïnspireer (die vader van prof. Bernard Combrink, tans afgetrede Nuwe-Testamentikus van die Universiteit van Stellenbosch).
Du Rand was bevoorreg om sy hoërskooljare aan die Hoërskool Wonderboom deur te bring. Hy het met vyf onderskeidings gematrikuleer en in sy matriekjaar (1963) was hy ook hoofseun. Hy was in talle sportsoorte, volkspele en die CSV baie aktief. Hy praat nog steeds met lof van die stempel wat onderwysers soos mnre. Schalk van der Merwe (Wiskunde) en Koos Roux (Natuurwetenskap) op hom afgedruk het. In sy laaste twee skooljare het hy nooit minder as 90% vir Wiskunde gekry nie! Hy het klaar besluit om die Shell-beurs te aanvaar om chemiese ingenieurswese te gaan studeer.’n Ernstige motorongeluk aan die einde van standerd 8 het hom egter finaal laat besluit om hom vir die bediening as predikant voor te berei.
Hy het die BA-graad met lof behaal, asook die Honneurs BA in Grieks en die BD in Teologie, albei met lof. Intussen het hy sendingwerk onder Zoeloes en Xhosas in die Spoorwegkollege in Esselenpark gedoen. Gedurende sy studentejare was hy ondervoorsitter van die Afrikaanse Studentebond (ASB) en in 1970–1971 lid van die hoofbestuur van die ASB, waar hy saam met Callie Coetzee onder presidentskap van Ben de Klerk gedien het, albei ook later, soos hy, professors in die Teologie.
In sy finale teologiese jaar was Du Rand voorsitter van die teologiese vereniging
Die skakeling met lidmate op voetsoolvlak het meegewerk dat Du Rand vurig na die bediening uitgesien het. Hy en Anneli het in 1973 ’n beroep na die NG-gemeente Krokodilrivier (Brits) aangeneem waar hy tot 1976 gearbei het. Die jare se vorming en ondervinding in Krokodilrivier was baie spesiaal, in Du Rand se eie woorde. Sy liefde vir die bosveld het daar gegroei en twee dogters, Ingri en Mari, is daar gebore as die eerste dogtertjies in die pastorie nadat drr Gert Swart en Jannie Malan net seuns gehad het.
Hy is in 1976 na die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Pretoria as seniorlektor in die Departement Nuwe Testament, met opdrag Bybelkunde, beroep. Die jare aan die Fakulteit Teologie was vir hom as jong akademikus verrykend en vormend. As junior het hy soveel geleer. Dat hy voltyds in die akademie sou beland, was eintlik vroeg al duidelik. Hy was deeltydse dosent in Grieks aan UP (1968–1970), en lektor in Ou en Nuwe Testament aan UNISA (1971). Sy Bybeltaalkundigheid is met ’n Magister in Grieks aan die UOVS afgerond.
Ná die aftrede van prof. Groenewald het Du Rand hom in sy doktorale studie onder leiding van prof. Andrie du Toit aanvanklik op die Pauliniese geskrifte toegespits. Hy het egter sy fokus verander en sy doktorsgraad in die Johannesevangelie behaal met ’n proefskrif:
Dit was die begin van die stroomversnelling van ’n lewenslange liefdesverhouding met die Johannesevangelie, die Johannese briewe en Openbaring. Du Rand vergelyk sy ínleef in die Johannese geskrifte soos wanneer ’n mens ’n grot binnegaan. In die bek van die grot is nog genoeg lig, en wat jy sien, is só boeiend dat jy as ’t ware nie anders kan as om dieper en dieper te wil ontgin nie. Dit is nou al 43 jaar lank wat Du Rand toegewyd besig is om die Johannese geskrifte te ondersoek – en hy getuig dat hy nog elke dag verskuilde skatte ontdek. Sy studie onder prof. Schnackenburg in Wurzburg was vir hom iets besonders. Jan het die waarheid van een van Schnackenburg se stellings ervaar, naamlik
Die Johannese studie het by Du Rand nie net akademiese en populêr-akademiese publikasies opgelewer nie, maar – só getuig hy self – dit het tot ’n verdiepte en besondere spiritualiteit gelei. Die Johannese maatstaf is om ‘soos Jesus’ lief te hê, volgens Johannes 13:34: ‘Ek gee julle ’n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê.’
’n Nuwe fase het vir die Du Rands en hulle drie dogters, Ingri, Mari en Janet, aangebreek toe Jan in 1980 as hoof van die Departement Nuwe Testament aan die nuutgestigte Fakulteit Teologie aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat benoem is. Saam met die kollegas, proff. Mias de Klerk, Evert Kleynhans, Koos Smit, Mauritz Kloppers en Pieter Potgieter het die uitbeitel van ’n nuwe missie, visie, reglemente, leerplanne, roosters, voor- en nagraadse programme nuwe uitdagings gelewer. Gemotiveerde studente het hulle by die Fakulteit aangemeld om hulle toegewyd met die Teologie besig te hou. Kovsies het ruim geleentheid vir Du Rand geskep om nasionaal en internasionaal met sy Johannese navorsing voort te gaan, onder andere deur beurse vir oorsese studiebesoeke. Die vestiging en uitbou van ’n nuwe teologiese biblioteek is aan Du Rand toevertrou. Toe die Fakulteit uitgebrei het, het ds. Hermie van Zyl by hom in die Departement Nuwe Testament aangesluit, en dit was vir Jan ’n vreugde. Die kerklike betrokkenheid van die Fakulteit het aan die akademie ’n eie waarde en gerigtheid gegee.
In 1989 is Du Rand as professor in Nuwe Testament in die Department Bybelkunde aan die Randse Afrikaanse Universiteit aangestel. Die uitdaging wat hom gelok het, was die vooruitsig dat die RAU groter by interkerklike teologiese opleiding, onder andere dié van die AGS, betrokke sou raak. Du Rand het ruim akademiese geleenthede ontvang om navorsing te doen. Nogtans het hy die gemis aan ’n Fakulteit Teologie en kerklike akademiese binding aangevoel. Toe die RAU oorgegaan het om die Universiteit van Johannesburg te word, het nuwe geleenthede gewink, aangesien die Universiteit se nuwe leierskap berekend op navorsing gefokus het.
Aan die einde van 2009 het Du Rand amptelik by UJ afgetree om, onder andere, meer tyd aan sy vrou Anneli (wat borskanker ontwikkel het) te gee en ook om sonder onderbreking te kon skryf. Hy het uitnodigings as ’n buitengewone professor in Nuwe Testament van die Noordwes-Universiteit, die Universiteit van Pretoria, asook van die Northpark Theological Seminary in Chicago ontvang. Hy het by UJ as professor emeritus-navorser aangebly, en het daarmee saam geesdriftig die benoeming aan die NWU aanvaar. Hier het hy met nuwe geesdrif navorsing gedoen en dit as ’n tuiskoms saam met aangename kollegas en kerklike betrokkenheid ervaar.
Onder sy vele ander belangstellings tel eerstens sy gesin, daarna musiek, skilder met olieverf, houtbrandwerk, paneelklop, teel van skoubudjies, tennis en gholf.
Op nasionale en internasionale vlak lewer Du Rand hoogstaande navorsing, veral wat die Johannese geskrifte betref. Hy leef hom navorsingsmatig as studieleier van magisterstudie, promotor van doktorale studente, ander universiteitsoptredes en kerklike betrokkenheid uit. Die hoofmomente van sy akademiese bydraes word vervolgens kortliks aangestip.
In Du Rand se poging om die grense van die Nuwe-Testamentiese Wetenskappe te verskuif, het sy navorsing en publikasies saam met studente en deur middel van studieleiding besondere voorkeur geniet. Die eerste DLitt et Phil-graad onder Du Rand se leiding was in 1990, naamlik die geliefde akademikus van Unisa, Jack Wiid wat nuwe bane vir die eksegese geopen het met sy proefskrif oor
Die Johannesevangelie en -briewe is gefynkam en het die volgende proefskrifte opgelewer: In 1991 het C.J. van Heerden oor die oorwinningsperspektief in die afskeidgesprekke volgens Johannes gepromoveer. Dit sluit by die promotor se doktorale proefskrif in
Vanaf 1987 het Du Rand hom hoofsaaklik op Openbaringnavorsing toegespits en dit blyk ook uit die titels van sy doktorsgraadstudente se proefskrifte. Elke voltooide proefskrif moet volgens Du Rand as ’n deelname aan die grensverskuiwing van die Nuwe-Testamentiese Wetenskap gesien word. Du Rand was opgewonde toe A.G.S. Venter (
Die vraag na ’n gebalanseerde en Bybelgetroue verstaan van die struktuur en inhoud van Openbaring het deur die eeue heen navorsers geboei, veral die rol en die funksie van die apokaliptiek. Volgens Du Rand moet op ’n kreatiewe en gekontroleerde wyse ’n geheelprentjie geteken word om daaruit die onderdele te ondersoek. Verskeie proefskrifte gee blyke van die effek van hierdie benadering. Pohlmann (
Uit Suid-Korea het die geesdriftige en hardwerkende Song (
Du Rand se vroeë aangetrokkenheid tot die Pauliniese geskrifte het stand gehou soos blyk uit verskeie van die proefskrifte van sy studente. Perreira (
Thomas (
Du Rand se doktorsgraadstudente doen ook navorsing oor algemene teologiese en etiese onderwerpe. Van Moerkerken (
Alhoewel dit moontlik is om algemene tendense in Du Rand se bydraes raak te sien, is dit nodig om dit versigtig en selektief te doen. Hy het ’n paar honderd artikels en hoofstukke in boeke gelewer en 27 alleenboeke oor die Bybelinhoud. Du Rand het reekse artikels gewoonlik met boeke afgerond. Verder het hy sy promotorbegeleiding optimaal met sy publikasies, voordragte en kerklike- en gemeenskapsbetrokkenheid geïntegreer.
Die aanvanklike fase se publikasies het hoofsaaklik oor die Johannesevangelie en -briewe gehandel. Sy eerste professorale intreerede aan die Fakulteit Teologie aan die UOVS in 1981 (vgl 1981c;
’n Mens sou breedweg van Du Rand se navorsingsfases kon praat as die
Du Rand het terwyl hy nog in die wegspringblokke van sy publikasies was, weggespring deur homself deeglik ten opsigte van die Griekse en Hebreeuse teks van die Bybel te oriënteer. Dit het saamgehang met sy deeltydse lektorskap in die Departement Grieks aan UP toe hy Patristiek en Nuwe Testament gedoseer het (1968–1970). Hy het grondliggende kommentaar oor
Op die Griekse taalfase volg die Johannesevangelie en -briewefase. Sy boek,
Du Rand se passie vir lidmaattoerusting en groei in die waarhede van die Woord, het veral na vore getree in sy bydraes oor Johannese etiese sake (
Du Rand se doktorale proefskrif (
Sy eerste professorale intreerede (
Uit die hoogoond van eksegetiese metodes het die
Dit het tyd geword vir ’n teologiese slotsom oor die Johannesbriewe. Hieroor volg twee publikasies, naamlik
Du Rand se uitleg van Johannes in die
Een van die hoogtepunte in Du Rand se publikasiebydraes is ongetwyfeld die verskyning van
Een van Du Rand se knapste studente, D.F. Tolmie, se proefskrif oor die afskeidsredes van Jesus volgens Johannes 13–17 het hom as promotor ook besiel om die narratiewe uitlegmetode in publikasies te beproef (vgl.
Die afskeidsgesprekke was die navorsingsraamwerk van die artikel oor ’n aforisme in Johannes 16:20 en is deel van die feesbundel wat aan J.P. Louw (
Saam met Fika J. van Rensburg (red.) en I.J. du Plessis skryf hierdie drietal die Nuwe-Testamentiese deel van
Du Rand het in al sy publikasies deeglik met sy groot liefde vir taal, musiek en wiskunde rekening gehou. Dit blyk uit die kreatiewe artikel oor die rol van variasie as ’n krag in die Johannesnarratief (
Die verskyning van
Artikels oor die skeppingsmotief in Johannes (
’n Verdere twee boeke wat Du Rand se Johannese bydrae vollediger maak, was
Alhoewel Du Rand se eerste liefde vir die Johannesevangelie en -briewe nooit sal taan nie, het hy hierdie fase (relatief) met ’n dagboek,
Vir bykans 26 jaar van sy loopbaan het Du Rand sy energie en entoesiasme aan die boek Openbaring en die eskatologie gewy. In
Ná hierdie boek het etlike navorsingspublikasies gevolg, waarvan slegs die hoofmomente vermeld word. Du Rand se aanvanklik fokus was op die opbou en indeling van Openbaring (
In 1993 het ’n artikel verskyn wat ’n unieke bydrae gemaak het, naamlik
In 1993 het ’n boek,
Navorsingsinligting behoort, volgens Du Rand, nie in ivoortorings stof te versamel nie, maar moet ook wyer bekend gemaak word. Hierdie siening loop op die boek,
In 1995 het Du Rand ’n uitnodiging ontvang om as buitelandse teoloog die Lund-voordragte aan die Northpark Universiteit in Chicago oor die Heilige Gees in die Johannese geskrifte te lewer. Dit is aanvanklik in die
Du Rand se referaat by die SNTS en die publikasie daarvan (
Oor die moontlikheid om Openbaring as ’n drama te beskou, is al heelwat gedebatteer en geskryf. Du Rand (
Bedryf 1: God oorwin deur die Lam
Bedryf 2: God voltrek deur Christus verlossing en oordeel
Bedryf 3: God lei deur Christus sy eiendom tot hulle bestemming
Volgens hierdie drie bedrywe kom God se beskikking en begeleiding deur die Gees dramaties na vore (
In die meer onlangse verlede het die klem in Du Rand se navorsingspublikasies al hoe meer op die eskatologie geval. Die vraag is hoe dit gebalanseerd Bybels verstaan moet word (
Soos reeds vermeld, lê die Pauliniese geskrifte, net soos die Johannese, Du Rand na aan die hart. Ná sy grondige ontginning van Paulus se gebruik van die Griekse taal (vgl.
Hermeneutiek en eksegetiese metodologie speel ’n belangrike rol in al die publikasies van Du Rand. Vir hom is die Bybelteks van kardinale belang. Soos aangetoon, het hy aanvanklik by die taal begin. Dit word gevolg deur die teks-wetenskaplike metode soos dit na vore tree in die struktuuranalise van ’n teks (
Die verrassende van die eksegetiese pad van ’n Nuwe-Testamentikus is dat hy homself akademies kan verras! Dit is presies wat Du Rand in sy narratiewe publikasie oor Johannes 13–17 (
In albei Du Rand se professorale intreeredes (
Du Rand gebruik ook sy musiekkennis om Openbaring beter te eksegetiseer (vgl.
Saam met Rotz van Idaho in die VSA het Du Rand die prominente aspek van die karakterisering van God in die narratief van Openbaring ontgin. Dit het die teologiese persepsie van God volgens Openbaring se vertelling verhelder (
Saam met departementskollegas het twee boekreekse vir studente in Bybelkunde gevolg, naamlik
Die godsdiens-historiese uitlegmetode is wat gebruik betref, deur heelwat ander metodes verbygegaan, maar dit het tog ’n eie nis behou, afhangende van die vraag wat die eksegeet aan die teks vra. Deur hierdie wyse het Du Rand juwele in sommige apokriewe boeke raakgeloop, onder andere by 4 Esra (
Wanneer aan Du Rand gevra word watter van die 27 boeke wat hy geskryf het, uitstaan, huiwer hy nie om veral twee te noem nie. Dit is nie omdat albei die Andrew Murray-prys vir Christelike en teologiese literatuur ontvang het nie (onderskeidelik in 2008 en 2014), maar omdat dit dekades se navorsing verstaansmatig aanbied. In
Vir Du Rand is dit belangrik dat alle akademiese teologie in die Suid-Afrikaanse konteks ‘kant en wal’ moet raak. Hy voeg die daad by die woord deur sy kennis in die samelewing terug te ploeg – soos hy dit stel: op die markplein waar die gewone mense saamkom.
In 1980 het hy die Christen se politieke en etiese rol volgens Jesus se prediking en die toepassing daarvan onderstreep (
Du Rand is vanaf 1972 lid van die Nuwe-Testamentiese Werkgemeenskap van Suid-Afrika (NTWSA), en vanaf 1978 van die internasionale
Du Rand lewer referate by die internasionale
Du Rand was redakteur van
Du Rand word baie opgewonde wanneer hy oor Bybelvertaling uitgevra word. Hy het aan ses Afrikaanse vertaalprojekte by die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (BSA) en die Christelike Uitgewersmaatskappy (CUM) deelgeneem:
1983: Afrikaanse vertaling (BSA): In 1971–1982 was hy lid van die subgroepe Efesiërs (J.H. Roberts) en Johannes, Lukas en Openbaring (F.J. Botha).
1998: Die 1983 Vertalingsverwysingsbybel (BSA): Du Rand was vir Openbaring verantwoordelik.
2004:
2006: Die
2013:
2014: Die Afrikaanse Standaardvertaling (CUM): Du Rand is vir Markus, Handelinge 20–28, en Openbaring verantwoordelik (
2014: Direkte Bybelvertaling in Afrikaans (BSA): Du Rand is verantwoordelik vir Markus, Handelinge 20–28, en Openbaring (
Hierbenewens is Du Rand reeds 28 jaar die skriba van die NG Kerk se Algemene Sinode se Kommissie vir Bybelvertaling, -verklaring en -verspreiding.
Du Rand het oor die jare heen Bybelkundige bydraes by die SAUK en RSG (waar hy vir 14 jaar betrokke was by die programme
Wat toekennings betref, het hy die Nasionale beurs vir doktorale studie ontvang; merietebeurse by UP, RGN/NNS, UOVS, RAU en UJ. Hy het ook talle toekennings vir publikasies by CUM ontvang. Hy het vier keer die Andrew Murray-prys ontvang, naamlik in 2008 en 2014 vir publikasies waarvan hy die alleenouteur is, en in 1999 en 2004 vir publikasies waarvan hy mede-outeur is. In 2005 word hy as die Teoloog van die Jaar aangewys deur die Baptist Theological College of South Africa en in 2008 het hy die Eeufeesmedalje vir Teologie van die UOVS ontvang.
Ten slotte is enkele geheelindrukke gepas. Du Rand se belangrikste akademiese bydrae was (en is steeds!) op die gebied van die Johannesevangelie en -briewe, Openbaring, die eskatologie, fasette van die Pauliniese studie, die hermeneutiek en Bybelvertaling.
Uit sy publikasies blyk deurentyd dat hy hoë agting vir die gesag van die Bybel het en hom aan die Bybelteks hou; hy aanvaar die dissipline van die teks onvoorwaardelik. Verder ag hy kerklike binding en diensbaarheid besonder hoog. Dit blyk onder andere uit die feit dat hy telkens wéér in sy wetenskaplike publikasies die lyn na die kerklike bediening en die huidige tyd deurtrek. Dit word ook duidelik uit sy grootskaalse betrokkenheid by die praktiese bediening, sowel deur pastorale betrokkenheid as deur prediking en die aanbied van Bybelskole. Hierdie praktykgerigte en diensbaarheidsinstelling blyk egter die heel duidelikste uit die talle populêr-wetenskaplike publikasies – dikwels oor onderwerpe wat normaalweg nie maklik verteerbaar is nie, maar wat hy wél op bevatlike wyse aanbied.
Die feit dat hy by etlike Suid-Afrikaanse Universiteite as akademikus gewerk het – Unisa, UP, UOVS, RAU/UJ en tans ook by die NWU – en dat hy vir lang tye in die buiteland navorsing gedoen het en ’n besondere internasionale netwerk gevestig het, dra daartoe by dat sy bydrae geensins ’n ghetto-karakter het of van isolasionisme getuig nie. Sy D-studente is verteenwoordigend van ’n hele spektrum kerklike tradisies en teologiese paradigmas, almal egter met dieselfde voorneme om voor die dissipline van die teks te buig.
Die oorsig oor sy
Die verskillende fases waardeur sy fokus gegaan het, het mekaar gekomplementeer. Sy
Alhoewel baie van sy artikels as paradigmaverskuiwend en as impakmakend getipeer kan word, is dit veral drie van sy boeke wat sy bydrae die beste demonstreer:
Sy
Daarna volg
Sedert die vroeë sewentigerjare van die vorige eeu het Du Rand op die terrein van
Jan A. Du Rand het ’n nalatenskap wat inspireer, sowel in die vorm van sy eie publikasies, as in die persone van sy afgelewerde doktorsgraadstudente. Verskeie universiteite, by name RAU/UJ en in die jongste tyd ook die NWU, geniet onmeetbare voordeel van sy bydrae. Sy lewenslange akademiese liefdesverhouding met die Johannese Nuwe-Testamentiese geskrifte is vir die navorsingsgemeenskap, die kerke en die samelewing tot groot seën!
Die publikasies van Jan A. du Rand word hieronder in drie kategorieë aangebied: eerstens, onder die opskrif,
Die outeur verklaar dat hy geen finansiële of persoonlike verbintenis het met enige party wat hom nadelig of voordelig kon beïnvloed het in die skryf van hierdie artikel nie.
Die SNTS is ’n internasionale Nuwe-Testamentiese Werkgemeenskap met eksklusiewe lidmaatskap op grond van nominering en keuring. Du Rand is deur Rudolph Schnackenburg (Wurzburg) en Andrie du Toit (Pretoria) voorgestel. Du Rand het sy referate voor die Subgroep: Johannese Studies gelewer.
Titel verander na