<?xml version="1.0" encoding="UTF-8"?>
<!DOCTYPE article PUBLIC "-//NLM//DTD JATS (Z39.96) Journal Publishing DTD v1.1d1 20130915//EN" "http://jats.nlm.nih.gov/publishing/1.1d1/JATS-journalpublishing1.dtd">
<article xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xmlns:mml="http://www.w3.org/1998/Math/MathML" article-type="book-review" xml:lang="af">
<front>
<journal-meta>
<journal-id journal-id-type="publisher-id">IDS</journal-id>
<journal-title-group>
<journal-title>In die Skriflig</journal-title>
</journal-title-group>
<issn pub-type="ppub">1018-6441</issn>
<issn pub-type="epub">2305-0853</issn>
<publisher>
<publisher-name>AOSIS OpenJournals</publisher-name>
</publisher>
</journal-meta>
<article-meta>
<article-id pub-id-type="publisher-id">IDS-49-1991</article-id>
<article-id pub-id-type="doi">10.4102/ids.v49i1.1991</article-id>
<article-categories>
<subj-group subj-group-type="heading">
<subject>Book Review</subject>
</subj-group>
</article-categories>
<title-group>
<article-title>&#x2019;n Studie van die Bybel as God se mosa&#x00EF;ekwerk</article-title>
</title-group>
<contrib-group>
<contrib contrib-type="author" corresp="yes">
<name>
<surname>(Andries) Snyman</surname>
<given-names>A.H.</given-names>
</name>
<xref ref-type="aff" rid="AF0001">1</xref>
<xref ref-type="corresp" rid="cor1"/>
</contrib>
<aff id="AF0001"><label>1</label>Department of New Testament, University of the Free State, South Africa</aff>
</contrib-group>
<author-notes>
<corresp id="cor1"><bold>Email:</bold> <email xlink:href="asnyman44@gmail.com">asnyman44@gmail.com</email> <bold>Postal address:</bold> PO Box 339, Bloemfontein 9300, South Africa</corresp>
<fn><p><bold>How to cite this book review:</bold> Snyman, A.H., 2015, &#x2018;&#x2019;n Studie van die Bybel as God se mosa&#x00EF;ekwerk&#x2019;, <italic>In die Skriflig</italic> 49(1), Art. #1991, 2 pages. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://dx.doi.org/10.4102/ids.v49i1.1991">http://dx.doi.org/10.4102/ids.v49i1.1991</ext-link></p></fn>
</author-notes>
<pub-date pub-type="epub">
<day>15</day>
<month>07</month>
<year>2015</year>
</pub-date>
<pub-date pub-type="collection">
<year>2015</year>
</pub-date>
<volume>49</volume>
<issue>1</issue>
<fpage>1</fpage>
<lpage>2</lpage>
<product product-type="book"><source>Ontdek die boodskap van die Nuwe Testament</source><inline-graphic id="F0001" xlink:href="IDS-49-1991-g001.tif"/><person-group person-group-type="author"><name><surname>van der Watt</surname><given-names>Jan</given-names></name><name><surname>Tolmie</surname><given-names>Francois</given-names></name></person-group><isbn>978-1-4316-0847-8</isbn><publisher-name>Christelike Uitgewers Maatskappy</publisher-name>, <year>2014</year>, <comment>R149.95* *Book price at time of review</comment></product>
<permissions>
<copyright-statement>&#x00A9; 2015. The Authors</copyright-statement>
<copyright-year>2015</copyright-year>
<license license-type="open-access" xlink:href="http://creativecommons.org/licenses/by/2.0/">
<license-p>AOSIS OpenJournals. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.</license-p>
</license>
</permissions>
</article-meta>
</front>
<body>
<sec id="s0001">
<title></title>
<p>In hulle boek beskou die outeurs die Bybel as &#x2019;n pragtige mosa&#x00EF;ekwerk wat uit derduisende klein bousteentjies (woorde, gedagtes, teksverse) opgebou is. Hulle bekyk die steentjies soms van nader, en soms staan hulle effens terug om die geheelbeeld te skets. Die steentjies waaruit die mosa&#x00EF;ek opgebou is, is onder andere die Koninkryk van God; God as Skeppergod (Koning en Vader, met wie ons in &#x2019;n verhouding kan staan); Jesus as Messias en Redder van die w&#x00EA;reld, wat die kernboodskap van die Nuwe Testament is; geloof as &#x2019;n verhoudingsterm, wat wil s&#x00EA; dat mense volledig van hulleself en hulle eie belange moet afsien en Jesus in volkome gehoorsaamheid moet volg; die persoon en werk van die Heilige Gees; die kerk; die Christelike etiek (wat leer hoe ons as mense van God moet lewe) en ten slotte die toekoms wat op ons as Christene wag. Tussen al die dele waaruit die mosa&#x00EF;ek bestaan, word verbande gel&#x00EA;, aanvullende inligting verskaf (klein steentjies in die mosa&#x00EF;ek) wat die groter prentjie helderder skets en Skrifgedeeltes effektief ingewerk om die boodskap van die Ou en Nuwe Testament as &#x2019;n aangrypende stuk mosa&#x00EF;ek te bou.</p>
<p>Die meriete van die boek is daarin gele&#x00EB; dat die leser voortdurend binne die mosa&#x00EF;ek as geheel gehou word, terwyl daar ook na die klein steentjies gekyk word. Die groot temas word op so &#x2019;n manier gerangskik dat die een tema in die ander vloei en so die verhaal van God se bemoeienis met sy mense van begin tot end vertel. Die leser kan sien hoe dieselfde tema deur verskillende Nuwe-Testamentiese skrywers op verskillende wyses en vanuit verskillende gesigshoeke beskou word. Te midde van al die verskeidenheid is daar egter die groot lyne van God se betrokkenheid by sy mense wat deur al die boeke heen loop en hulle tot &#x2019;n eenheid saambind.</p>
<p>Twee interessante aspekte van die boek is die wyse waarop sleutelterme kernagtig gedefinieer en eksegeties-moeilike tekste saaklik bespreek word. Voorbeelde van eersgenoemde is die definisie van sonde as dit wat God se eer aantas (bl. 102), van die kerk as navolgers van Jesus (bl. 243), van waarheid as &#x2019;n verhoudingswoord (bl. 214&#x2212;215) en van die Koninkryk van God as dit wat gebeur wanneer God se Koningskap hier op aarde &#x2019;n werklikheid word (bl. 49&#x2212;50). Eksegeties-moeilike tekste word in die mosa&#x00EF;ek opgeneem, uitgel&#x00EA; en ge&#x00EF;ntegreer: die Messiasgeheim in Markus 3:11&#x2212;12 (bl. 133&#x2212;135), die sonde tot die dood toe in 1 Johannes 5:16 (bl. 201&#x2212;202), die laster teen die Heilige Gees in Markus 3:28&#x2212;29 (bl. 209&#x2212;210) en die versoek van die dissipel om eers sy pa te gaan begrawe voordat hy vir Jesus volg in Matteus 8:21&#x2212;22 (bl. 165). Die boek bou op na &#x2019;n hoogtepunt. Vir my persoonlik is die steentjie &#x2018;&#x2019;n Hoop op wat gaan kom&#x2019; (bl. 354&#x2212;357) &#x2013; seker vanwe&#x00EB; my jare! &#x2013; die mooiste in die hele mosa&#x00EF;ek. Trouens, hoofstuk 9, wat handel oor die eindtyd met as opskrif &#x2018;Waarheen alles op pad is&#x2019; (bl. 354&#x2212;394) gee hoop en uitsig aan alle Christene wat in hierdie deurmekaar w&#x00EA;reld met vreugde en volharding hulle pad wil loop. </p>
<p>Die uitgangspunte van die boek sluit in God se betrokkenheid by sy mense, wat soos &#x2019;n goue draad deur al die boeke van die Nuwe Testament heen loop:</p>
<list list-type="bullet">
<list-item><p>die parallelle lyne tussen die verhale van oud-Israel en die Christendom, omdat albei dieselfde God aanbid</p></list-item>
<list-item><p>die outeurs se beskouing van die Skrif as &#x2019;n eenheid, waarvolgens die Ou Testament deurlopend die agtergrond vir die Nuwe Testament vorm</p></list-item>
<list-item><p>die feit dat die Nuwe Testament die Ou-Testamentiese gebeure en persone in perspektief plaas sonder om die Ou Testament te kritiseer of te vernietig en die verstaan van die Ou Testament in die lig van Jesus se koms en optrede</p></list-item>
<list-item><p>die gevolglike kontinu&#x00EF;teit en diskontinu&#x00EF;teit tussen die Ou en die Nuwe Testament wat (wysgerig beskou) die identiteit van elke tema bepaal.</p></list-item></list>
<p>Die outeurs slaag in hulle doel om die boodskap van die Nuwe Testament stap vir stap uiteen te sit deur so naby as moontlik aan die Nuwe-Testamentiese teks te bly en so h&#x00FA;lle teks en die teks van die Nuwe Testament soos &#x2019;n mosa&#x00EF;ek inmekaar te bou. </p>
<p><italic>Ontdek die Boodskap van die Nuwe Testamen</italic>t met sy logiese en vakkundige inhoud kan nuttig gebruik word deur Skrifstudente om &#x2019;n bepaalde tema binne konteks te verstaan omdat dit ingebed is in die mosa&#x00EF;ek van God se Woord. Die boek word ook met vrymoedigheid aanbeveel vir elkeen wat ernstig is om in ons gebroke w&#x00EA;reld oorwinnend en tot eer van God te lewe.</p>
</sec>
</body>
</article>