Poem
1Faculty of Theology, University of Pretoria, South Africa
Postal address: PO Box 754, Pretoria 0043, South Africa
How to cite this article: Vos, J.A., 2015, ‘Jou Ithaka- Vgl. Die Odusseia, Boek XII Vir Jan du Rand’, In Die Skriflig 49(2), Art. #2014, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/ids.v49i2.2014
Copyright: © 2015. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.
Jan, onthou jy nog ons dae van luister
toe die maan vir ons drome fluister?
Met Kant in jou hand kies jy Homeros.
Ligvoets trippel jy oor die Ilias en Odusseia,
bekoor deur Grieks se klankweelde
word jy lewenslank wewer van woordbeelde.
Jy vra dat jy oor uitgestrekte oseane mag vaar
as die daeraad soos ’n rosige kleed oopvou.
Jy sal die woeste Poseidon spioenoog dophou.
Jy laat met jou roeispane die see bruis,
nog net ’n bietjie meer en jy is tuis.
In die verte staan veldlelies al in bloei.
Jan, nog net ’n bietjie, net ’n bietjie.
Ons hande raak aan mekaar, onsigbaar
om ons moed te gee – ons is amper daar.
Ithaka wag soos ’n bruid gekant en klaar
vir jou skip vragvol drome en juwele
om in sproeivlae na die hawe te vaar.
Die tafel is vir jou gedek met sange,
vars brood, ou wyn en soetryp vye,
neem, eet en lig jou glas op genadetye.