<?xml version="1.0" encoding="UTF-8"?>
<!DOCTYPE article PUBLIC "-//NLM//DTD JATS (Z39.96) Journal Publishing DTD v1.1d1 20130915//EN" "http://jats.nlm.nih.gov/publishing/1.1d1/JATS-journalpublishing1.dtd">
<article xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xmlns:mml="http://www.w3.org/1998/Math/MathML" article-type="research-article" xml:lang="af">
<front>
<journal-meta>
<journal-id journal-id-type="publisher-id">IDS</journal-id>
<journal-title-group>
<journal-title>In die Skriflig / In Luce Verbi</journal-title>
</journal-title-group>
<issn pub-type="ppub">1018-6441</issn>
<issn pub-type="epub">2305-0853</issn>
<publisher>
<publisher-name>AOSIS</publisher-name>
</publisher>
</journal-meta>
<article-meta>
<article-id pub-id-type="publisher-id">IDS-50-2015</article-id>
<article-id pub-id-type="doi">10.4102/ids.v50i2.2015</article-id>
<article-categories>
<subj-group subj-group-type="heading">
<subject>Original Research</subject>
</subj-group>
</article-categories>
<title-group>
<article-title>Die verhouding tussen ouer en jonger geslagte in die Nuwe Testament: &#x2019;n Filologiese studie</article-title>
</title-group>
<contrib-group>
<contrib contrib-type="author" corresp="yes">
<contrib-id contrib-id-type="orcid">http://orcid.org/0000-0001-9999-7688</contrib-id>
<name>
<surname>Goede</surname>
<given-names>Hennie</given-names>
</name>
<xref ref-type="aff" rid="AF0001">1</xref>
</contrib>
<aff id="AF0001"><label>1</label>Unit for Reformed Theology, Faculty of Theology, North-West University, Potchefstroom Campus, South Africa</aff>
</contrib-group>
<author-notes>
<corresp id="cor1"><bold>Corresponding author:</bold> Hennie Goede, <email xlink:href="hennie.goede@nwu.ac.za">hennie.goede@nwu.ac.za</email></corresp>
</author-notes>
<pub-date pub-type="epub"><day>27</day><month>07</month><year>2016</year></pub-date>
<pub-date pub-type="collection"><year>2016</year></pub-date>
<volume>50</volume>
<issue>2</issue>
<elocation-id>2015</elocation-id>
<history>
<date date-type="received"><day>15</day><month>07</month><year>2015</year></date>
<date date-type="accepted"><day>23</day><month>12</month><year>2015</year></date>
</history>
<permissions>
<copyright-statement>&#x00A9; 2016. The Authors</copyright-statement>
<copyright-year>2016</copyright-year>
<license license-type="open-access" xlink:href="http://creativecommons.org/licenses/by/2.0/">
<license-p>AOSIS. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.</license-p>
</license>
</permissions>
<abstract>
<p><bold>The relationship between older and younger generations in the New Testament: A philological study.</bold> Churches experience tension between the ministry needs of younger and older generations in the congregation. A focus on either one or the other brings polarisation in congregations between younger and older members. The profile of the Early Church as sketched in the New Testament, however, draws a picture in which both younger and older generations are ministered. This study investigates texts from the New Testament philologically which sketch this picture and attempts to draw conclusions therefrom which can provide possible solutions to the tension between the ministry needs of younger and older generations in congregations. From this philological study it appears among others that the congregation must consist in its nature of younger and older members and that ministry practices must do justice to both groups. They are indeed all part of the household of God and thus spiritual brothers and sisters of one another. A healthy relationship between younger and older generations in the church is built on reciprocal respect, love, humility, and willingness to serve. When congregations implement these aspects and others in their ministry practices, they move closer to the New Testament image of a church in which both young and old believers have a place to serve and to be served.</p>
</abstract>
</article-meta>
</front>
<body>
<sec id="s0001">
<title>Inleiding</title>
<p>Kerke ervaar &#x2019;n spanning in die bedieningsbehoeftes van jonger en ouer geslagte lidmate in gemeentes. In gemeentes met &#x2019;n toenemend ouer lidmaattal moet die behoeftes van jonger lidmate ook in aanmerking geneem word, anders raak laasgenoemde groep vir sulke gemeentes verlore. Gemeentes wat doelgerig op die behoeftes van jonger lidmate fokus, se profiel sluit tipies min ouer lidmate in. Die profiel van die Vroe&#x00EB; Kerk soos dit in die Nuwe Testament opgeteken is, skets egter &#x2019;n prentjie waarin sowel &#x2019;n jonger as &#x2019;n ouer geslag bedien word. Hierdie studie ondersoek tekste in die Nuwe Testament wat hierdie beeld skets en poog om gevolgtrekkings daaruit te maak wat moontlike oplossings vir die spanning tussen die bedieningsbehoeftes van jonger en ouer geslagte in gemeentes kan bied.</p>
</sec>
<sec id="s0002">
<title>Probleemstelling</title>
<p>Die kerk het regdeur sy geskiedenis nog altyd &#x2019;n noue band met gesinne en families gehad (Garland <xref ref-type="bibr" rid="CIT0020">1999</xref>). Vandag staan die kerk voor &#x2019;n nuwe uitdaging wat gesinne en families betref, naamlik hoe om hierdie unieke band weer tot voordeel van gesinne maar ook tot die voordeel van gemeentes te versterk (Van Staden &#x0026; Dreyer <xref ref-type="bibr" rid="CIT0035">2013</xref>:1). Binne die kerk het &#x2019;n polarisasie tussen kinders en hulle ouers ontstaan en die volgende redes kan hiervoor aangevoer word (Renfro, Shields &#x0026; Strother <xref ref-type="bibr" rid="CIT0031">2009</xref>:26 e.v.):</p>
<list list-type="bullet">
<list-item><p>Die opkoms van adolessensie as portuurgroep en die samelewing se hantering van hierdie ekonomies aktiewe groep as &#x2018;a tribe apart&#x2019; wat deur volwassenes eenkant toe geskuif is en nou die fokus van bemarkers geword het.</p></list-item>
<list-item><p>Die kerk se reaksie op hierdie sosiale verskynsel, naamlik ouderdom-gefokusde bediening wat deur professionele jeugbedienaars aangebied en wat die bediening vir adolessente aantreklik moes maak.</p></list-item>
<list-item><p>Die gevolg van ouderdom-gefokusde bediening aan jongmense, naamlik dat die verantwoordelikheid vir hulle geestelike groei deur ouers op jeugbedienaars afgeskuif is, omdat die gaping tussen ouers se belewing en uitleef van hulle geloof en di&#x00E9; van hulle kinders (van alle ouderdomme) al hoe groter geword het. Ouers se betrokkenheid in kategese en belydenisaflegging het ook afgeneem.</p></list-item>
<list-item><p>Die gevolg is die verlies aan integrasie tussen jonger en ouer geslagte in gemeentes (dus wyer as net die gesin).</p></list-item>
</list>
<p>Die kerk worstel ook met die hersamestelling van gesinne in die samelewing vandag. Die tradisionele norm van &#x2019;n kerngesin met &#x2019;n pa, ma en kinders is nie meer die norm nie. Anthony (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">2011</xref>) beskryf hierdie proses van hersamestelling as &#x2018;the morphing of the family&#x2019;. Gesinne neem vandag verskillende vorms aan: enkelouergesinne as gevolg van dood of egskeiding, hersaamgestelde gesinne as gevolg van hertrou na &#x2019;n egskeiding of die dood, saamwoonverhoudings, gay en lesbiese verhoudings. &#x2019;n Mens sou ook nog kon byvoeg: aanneemgesinne, gesinne waar kinders verwek is deur <italic>in</italic>-<italic>vitro</italic>-behandeling en drie- of viergenerasiefamilies (Van Staden <xref ref-type="bibr" rid="CIT0034">2014</xref>:1). Dan kom die enkellopendes en die weduwees en wewenaars ook nog by. Binne die konteks van die bediening aan jonger en ouer geslagte binne &#x2019;n gemeente moet die werklikheid van hierdie morfering van gesinne deeglik erken en verreken word.</p>
</sec>
<sec id="s0003">
<title>&#x2019;n Filologiese studie</title>
<p>In hierdie studie is die relevante tekste uit die Nuwe Testament filologies ondersoek. Die linguis bestudeer taal ter wille van taal sonder om noodwendig die historiese en kulturele aspekte daarvan in ag te neem (Goede <xref ref-type="bibr" rid="CIT0021">2006</xref>:13). Daarteenoor bestudeer die filoloog taal met &#x2019;n ander doel, en benut die resultate van sy studie van taal om &#x2019;n ander doel te bereik, byvoorbeeld die interpretasie van &#x2019;n ander teks.<xref ref-type="fn" rid="FN0001"><sup>1</sup></xref> &#x2019;n Filologiese studie van antieke tekste behels die bestudering van sodanige teks deur middel van &#x2019;n taalanalise binne die teks se sosio-historiese konteks. So &#x2019;n filologiese studie sluit egter nie die gebruik van linguistiese metodologie&#x00EB;, beginsels en metodes uit nie, afhangend van die aard van die antieke teks wat ondersoek word (2006:14).</p>
<p>&#x2019;n Filologiese studie soos hierbo beskryf, kan met &#x2019;n grammaties-historiese benadering belyn word tot &#x2019;n eksegese van die Nuwe Testament waarin die sosio-historiese konteks van die teks behoorlik verreken word (De Klerk et al. <xref ref-type="bibr" rid="CIT0017">2011</xref>:139&#x2013;158). In die bepaling van die sosio-historiese kontekste van die Nuwe-Testamentiese tekste wat in hierdie artikel ondersoek word, is die sosio-historiese benadering soos deur Harrill (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0022">1998</xref>:4&#x2013;6) en Janse van Rensburg (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">2000</xref>) beskryf is, gevolg. Volgens hierdie benadering stel die filoloog sy vooronderstellings uitdruklik en poog hy om dit maksimaal te beheer met die doel om die mees waarskynlike werklike sosio-historiese konteks van die teks so realisties as moontlik te konstrueer (Harrill <xref ref-type="bibr" rid="CIT0022">1998</xref>:5). Die doel van hierdie artikel is om die sosio-historiese konteks van die verhouding tussen jonger en ouer geslagte in die Vroe&#x00EB; Kerk te ondersoek as deel van &#x2019;n bre&#x00EB;r filologiese analise van die relevante tekste in die Nuwe Testament.</p>
</sec>
<sec id="s0004">
<title>Die Nuwe Testament oor verskillende geslagte in die kerk</title>
<p>Die volgende tekste werp vanuit die Nuwe Testament lig op die verhouding tussen jonger en ouer generasies in die Vroe&#x00EB; Kerk: Efesi&#x00EB;rs 6:1&#x2013;4 (<xref ref-type="fig" rid="F0001">Figuur 1</xref>), Kolossense 3:20&#x2013;21 (<xref ref-type="fig" rid="F0002">Figuur 2</xref>), 1 Timoteus 4:12 (<xref ref-type="fig" rid="F0003">Figuur 3</xref>), 1 Timoteus 5:1&#x2013;2 (<xref ref-type="fig" rid="F0004">Figuur 4</xref>), Titus 2:1&#x2013;8 (<xref ref-type="fig" rid="F0005">Figuur 5</xref>), 1 Petrus 5:5 (<xref ref-type="fig" rid="F0006">Figuur 6</xref>) en 1 Johannes 2:12&#x2013;17 (Figuur). Sien <xref ref-type="fig" rid="F0001">Figure 1</xref> tot <xref ref-type="fig" rid="F0007">7</xref> hieronder.<xref ref-type="fn" rid="FN0002"><sup>2</sup></xref></p>
<fig id="F0001">
<label>FIGUUR 1</label>
<caption><p>Efesi&#x00EB;rs 6:1&#x2013;4.</p></caption>
<graphic xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xlink:href="IDS-50-2015-g001.tif"/>
</fig>
<fig id="F0002">
<label>FIGUUR 2</label>
<caption><p>Kolossense 3:20&#x2013;21.</p></caption>
<graphic xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xlink:href="IDS-50-2015-g002.tif"/>
</fig>
<fig id="F0003">
<label>FIGUUR 3</label>
<caption><p>1 Timoteus 4:12.</p></caption>
<graphic xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xlink:href="IDS-50-2015-g003.tif"/>
</fig>
<fig id="F0004">
<label>FIGUUR 4</label>
<caption><p>Timoteus 5:1&#x2013;2.</p></caption>
<graphic xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xlink:href="IDS-50-2015-g004.tif"/>
</fig>
<fig id="F0005">
<label>FIGUUR 5</label>
<caption><p>Titus 2:1&#x2013;8.</p></caption>
<graphic xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xlink:href="IDS-50-2015-g005.tif"/>
</fig>
<fig id="F0006">
<label>FIGUUR 6</label>
<caption><p>1 Petrus 5:5.</p></caption>
<graphic xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xlink:href="IDS-50-2015-g006.tif"/>
</fig>
<fig id="F0007">
<label>FIGUUR 7</label>
<caption><p>1 Johannes 2:12&#x2013;17.</p></caption>
<graphic xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xlink:href="IDS-50-2015-g007.tif"/>
</fig>
</sec>
<sec id="s0005">
<title>Uitgangspunte vir die effektiewe bediening van jonger en ouer geslagte in die kerk</title>
<p>Die filologiese ontleding van bogenoemde Nuwe-Testamentiese tekste het sekere uitgangspunte vir die effektiewe bediening van jonger en ouer geslagte in die kerk aan die lig gebring. Hierdie uitgangspunte sou soos volg in die praktiese bediening van jonger en ouer lidmate deur kerke en gemeentes verreken kon word:</p>
<list list-type="bullet">
<list-item><p>Die Ou-Testamentiese oproep tot kinders om hulle ouers (en by implikasie alle ouer mense) te eer, word bevestig. Kerklike bedieningspraktyke mag nie die indruk by jonger lidmate skep dat disrespek teenoor ouer mense die norm is nie, of dat ouer lidmate niks vir hulle geloofsgroei kan en moet beteken nie.</p></list-item>
<list-item><p>Ouers bly prim&#x00EA;r vir hulle kinders se geloofsgroei verantwoordelik. Hoewel die kerk &#x2019;n belangrike rol daarin speel, mag ouers nie hulle verantwoordelikheid op die kerk of ander gelowiges afskuif, of aangemoedig word om dit te doen nie.</p></list-item>
<list-item><p>Die gesinstruktuur bly &#x2019;n bousteen van die kerk selfs te midde van die veranderings wat in hierdie struktuur waargeneem word. Bedieningspraktyke moet vir die bediening van alternatiewe gesinne voorsiening maak.</p></list-item>
<list-item><p>Jonger &#x00E9;n ouer geslagte moet Christus se heerskap oor hulle erken en dit moet ook in die bedieningspraktyke tot uiting kom. Geen groep mag oor die ander heers en so die uitsluitlike bedieningspraktyk bepaal nie.</p></list-item>
<list-item><p>Ouderdom speel geen rol in die diens van gelowiges aan God en in die kerk van sy Seun nie. Die lewenswyse van elke gelowige is eerder bepalend. Bedieningspraktyke moet daarop gerig wees om vir elke gelowige ongeag ouderdom ruimte te gee, om te dien.</p></list-item>
<list-item><p>Die gemeente moet &#x2019;n verwelkomende ruimte vir gelowiges van alle ouderdomme bied en so die gemeenskap waarin die gemeente kerk is, weerspie&#x00EB;l. Dit beteken egter nie dat alle bedieningspraktyke dieselfde hoef te wees nie. Lidmate en kerkleiers behoort sensitief vir lidmate se ouderdomspesifieke behoeftes te wees, sonder om die geestelike familieband wat deur Christus en sy Gees tussen hulle gesmee is, te laat verslap.</p></list-item>
<list-item><p>Die verhouding tussen jonger en ouer geslagte word uitdruklik as wederkerig getipeer. Albei groepe is nederigheid aan mekaar verskuldig, en by implikasie dus ook diensbaarheid. Prakties beteken dit dat die twee groepe nie van mekaar geskei of weggehou mag word nie, want anders word hulle die geleentheid ontneem om nederigheid en diensbaarheid te betoon.</p></list-item>
<list-item><p>Die verhoudings tussen jonger en ouer lidmate is nie tot bloedverwantskap beperk nie, maar vergestalt ook &#x2019;n geestelike verhouding tussen jonger en ouer gelowiges. Geleentheid hiervoor moet prakties geskep word, eerder as bedieningspraktyke wat dit verhinder. Die kerk is immers in sy aard intergenerasioneel.</p></list-item>
<list-item><p>Die evangelieboodskap wat aan alle gelowiges verkondig word, bly dieselfde of dit aan kinders, aan volwassenes of aan jongmense gebring word. Die bedienaar(s) van die Woord in &#x2019;n gemeente moet daarvoor verantwoordelikheid aanvaar om altyd aan hierdie uitgangspunt reg te laat geskied. Prediking en kategese moet vir alle lidmate dieselfde inhoud h&#x00EA;, naamlik om nie die w&#x00EA;reld en die dinge van die w&#x00EA;reld lief te h&#x00EA; nie, maar vir God en jou medemens wel. Natuurlik mag en moet die toepassings van hierdie boodskap kontekstueel vir kinders, jongmense en ouer mense verskil.</p></list-item>
</list>
</sec>
<sec id="s0006">
<title>Samevatting</title>
<p>Die Nuwe Testament bied sekere perspektiewe wat lig op die kerklike dilemma van bediening aan jonger en ouer geslagte in een gemeente kan werp. &#x2019;n Filologiese studie van relevante tekste toon aan dat die gemeente in sy aard uit jonger en ouer lidmate moet bestaan en dat die bedieningspraktyke aan albei groepe reg moet laat geskied. Hulle is immers almal deel van die huisgesin van God en daarom geestelike broers en susters van mekaar. &#x2019;n Gesonde verhouding tussen jonger en ouer geslagte in die kerk word op wedersydse respek, liefde, nederigheid en diensbaarheid gebou. So &#x2019;n verhouding word net gebou waar bedieningspraktyke dit prakties toelaat om te ontwikkel en gekoester te word, en waarin ouderdomspesifieke behoeftes met volle integrasie van jonger en ouer geslagte gebalanseer word. In sulke gevalle sal gemeentes nader aan die Nuwe-Testamentiese beeld van &#x2019;n kerk beweeg waarin sowel jong as ouer gelowiges &#x2019;n plek het om te dien en bedien te word.</p>
</sec>
</body>
<back>
<ack>
<title>Erkenning</title>
<sec id="s20007">
<title>Mededingende belange</title>
<p>Die outeur verklaar dat hy geen finansi&#x00EB;le of persoonlike verbintenis het met enige party wat hom nadelig kon be&#x00EF;nvloed het in die skryf van hierdie artikel nie.</p>
</sec>
</ack>
<ref-list id="references">
<title>Literatuurverwysings</title>
<ref id="CIT0001"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Anthony</surname>, <given-names>M.J</given-names></string-name></person-group>., <year>2011</year>, &#x2018;<article-title>The morphing of the family</article-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>M.J.</given-names> <surname>Anthony</surname></string-name> &#x0026; <string-name><given-names>M.D.</given-names> <surname>Anthony</surname></string-name> (eds.)</person-group>, <source><italic>A theology of family ministries</italic></source>, pp. <fpage>2</fpage>&#x2013;<lpage>20</lpage>, <publisher-name>B &#x0026; H Publishing</publisher-name>, <publisher-loc>Nashville, TN</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0002"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Aune</surname>, <given-names>D.E</given-names></string-name></person-group>., <year>1987</year>, <source><italic>The New Testament in its literary environment</italic></source>, <publisher-name>Westminster Press</publisher-name>, <publisher-loc>Philadelphia, PA</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0003"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Bailey</surname>, <given-names>J.L</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Vander Broek</surname>, <given-names>L.D</given-names></string-name></person-group>., <year>1992</year>, <source><italic>Literary forms in the New Testament: A handbook</italic></source>, <publisher-name>Westminster John Knox</publisher-name>, <publisher-loc>Louisville, KY</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0004"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Bauer</surname>, <given-names>W</given-names></string-name></person-group>., <year>2000a</year>, &#x2018;<article-title>&#x1F10;&#x03C1;&#x03B5;&#x03B8;&#x03AF;&#x03B6;&#x03C9;</article-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>F.W.</given-names> <surname>Danker</surname></string-name> (ed.)</person-group>, <source><italic>A Greek-English lexicon of the New Testament and other early Christian literature</italic></source>, p. <fpage>391</fpage>, <publisher-name>University of Chicago Press</publisher-name>, <publisher-loc>Chicago, IL</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0005"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Bauer</surname>, <given-names>W</given-names></string-name></person-group>., <year>2000b</year>, &#x2018;<article-title>&#x03BA;&#x03CD;&#x03C1;&#x03B9;&#x03BF;&#x03C2;</article-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>F.W.</given-names> <surname>Danker</surname></string-name> (ed.)</person-group>, <source><italic>A Greek-English lexicon of the New Testament and other early Christian literature</italic></source>, pp. <fpage>576</fpage>&#x2013;<lpage>578</lpage>, <publisher-name>University of Chicago Press</publisher-name>, <publisher-loc>Chicago, IL</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0006"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Bauer</surname>, <given-names>W</given-names></string-name></person-group>., <year>2000c</year>, &#x2018;<article-title>&#x03BD;&#x03AD;&#x03BF;&#x03C2;</article-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>F.W.</given-names> <surname>Danker</surname></string-name> (ed.)</person-group>, <source><italic>A Greek-English lexicon of the New Testament and other early Christian literature</italic></source>, p. <fpage>669</fpage>, <publisher-name>University of Chicago Press</publisher-name>, <publisher-loc>Chicago, IL</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0007"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Bauer</surname>, <given-names>W</given-names></string-name></person-group>., <year>2000d</year>, &#x2018;<article-title>&#x03BD;&#x03B5;&#x03CC;&#x03C4;&#x03B7;&#x03C2;</article-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>F.W.</given-names> <surname>Danker</surname></string-name> (ed.)</person-group>, <source><italic>A Greek-English lexicon of the New Testament and other early Christian literature</italic></source>, p. <fpage>669</fpage>, <publisher-name>University of Chicago Press</publisher-name>, <publisher-loc>Chicago, IL</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0008"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Bauer</surname>, <given-names>W</given-names></string-name></person-group>., <year>2000e</year>, &#x2018;<article-title>&#x03C0;&#x03B1;&#x03C1;&#x03BF;&#x03C1;&#x03B3;&#x03AF;&#x03B6;&#x03C9;</article-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>F.W.</given-names> <surname>Danker</surname></string-name> (ed.)</person-group>, <source><italic>A Greek-English lexicon of the New Testament and other early Christian literature</italic></source>, p. <fpage>780</fpage>, <publisher-name>University of Chicago Press</publisher-name>, <publisher-loc>Chicago, IL</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0009"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Bauer</surname>, <given-names>W</given-names></string-name></person-group>., <year>2000f</year>, &#x2018;<article-title>&#x03C0;&#x03C1;&#x03B5;&#x03C3;&#x03B2;&#x03CD;&#x03C4;&#x03B5;&#x03C1;&#x03BF;&#x03C2;</article-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>F.W.</given-names> <surname>Danker</surname></string-name> (ed.)</person-group>, <source><italic>A Greek-English lexicon of the New Testament and other early Christian literature</italic></source>, p. <fpage>861</fpage>, <publisher-name>University of Chicago Press</publisher-name>, <publisher-loc>Chicago, IL</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0010"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Bauer</surname>, <given-names>W</given-names></string-name></person-group>., <year>2000g</year>, &#x2018;<article-title>&#x03C4;&#x03AD;&#x03BA;&#x03BD;&#x03BF;&#x03BD;</article-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>F.W.</given-names> <surname>Danker</surname></string-name> (ed.)</person-group>, <source><italic>A Greek-English lexicon of the New Testament and other early Christian literature</italic></source>, p. <fpage>994</fpage>, <publisher-name>University of Chicago Press</publisher-name>, <publisher-loc>Chicago</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0011"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Bauer</surname>, <given-names>W</given-names></string-name></person-group>., <year>2000h</year>, &#x2018;<article-title>&#x1F51;&#x03C0;&#x03B1;&#x03BA;&#x03BF;&#x03CD;&#x03C9;</article-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>F.W.</given-names> <surname>Danker</surname></string-name> (ed.)</person-group>, <source><italic>A Greek-English lexicon of the New Testament and other early Christian literature</italic></source>, p. <year>1028</year>, <publisher-name>University of Chicago Press</publisher-name>, <publisher-loc>Chicago, IL</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0012"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Bauer</surname>, <given-names>W</given-names></string-name></person-group>., <year>2000i</year>, &#x2018;<article-title>&#x1F51;&#x03C0;&#x03BF;&#x03C4;&#x03AC;&#x03C3;&#x03C3;&#x03C9;</article-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>F.W.</given-names> <surname>Danker</surname></string-name> (ed.)</person-group>, <source><italic>A Greek-English lexicon of the New Testament and other early Christian literature</italic></source>, p. <year>1042</year>, <publisher-name>University of Chicago Press</publisher-name>, <publisher-loc>Chicago, IL</publisher-loc></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0013"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Coenen</surname>, <given-names>L</given-names></string-name></person-group>., <year>1986</year>, &#x2018;<article-title>&#x03C0;&#x03C1;&#x03B5;&#x03C3;&#x03B2;&#x03C5;&#x0301;&#x03C4;&#x03B5;&#x03C1;&#x03BF;&#x03C2;</article-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>L.</given-names> <surname>Coenen</surname></string-name>, <string-name><given-names>E.</given-names> <surname>Beyreuther</surname></string-name> &#x0026; <string-name><given-names>H.</given-names> <surname>Bietenhard</surname></string-name> (eds.)</person-group>, <source><italic>New international dictionary of New Testament theology</italic></source>, p. <fpage>199</fpage>, <publisher-name>Zondervan</publisher-name>, <publisher-loc>Grand Rapids, MI</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0014"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Coetzee</surname>, <given-names>J.C</given-names></string-name></person-group>., <year>1975</year>, <source><italic>Die blye boodskap: &#x2019;n Gids deur die boeke van die Nuwe Testament</italic></source>, vol. <volume>1</volume>, <publisher-name>Pro Rege</publisher-name>, <publisher-loc>Potchefstroom</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0015"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Coetzee</surname>, <given-names>J.C</given-names></string-name></person-group>., <year>1990</year>, &#x2018;<article-title>Die Johannesbriewe</article-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>A.B.</given-names> <surname>du Toit</surname></string-name> (ed.)</person-group>, <source><italic>Handleiding by die Nuwe Testament</italic></source>, pp. <fpage>194</fpage>&#x2013;<lpage>209</lpage>, <publisher-name>NG Kerkboekhandel</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0016"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Coulter</surname>, <given-names>G.R</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Thompson</surname>, <given-names>J.W</given-names></string-name></person-group>., <year>2011</year>, &#x2018;<article-title>A theology of grandparenting and generational faith</article-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>M.J.</given-names> <surname>Anthony</surname></string-name> &#x0026; <string-name><given-names>M.D.</given-names> <surname>Anthony</surname></string-name> (eds.)</person-group>, <source><italic>A theology for family ministries</italic></source>, pp. <fpage>135</fpage>&#x2013;<lpage>154</lpage>, <publisher-name>B &#x0026; H Publishing</publisher-name>, <publisher-loc>Nashville, TN</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0017"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>De Klerk</surname>, <given-names>B.J</given-names></string-name>., <string-name><surname>De Wet</surname>, <given-names>F.W</given-names></string-name>., <string-name><surname>Lamprecht</surname>, <given-names>A</given-names></string-name>., <string-name><surname>Nel</surname>, <given-names>M</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Vergeer</surname>, <given-names>W.C</given-names></string-name></person-group>., <year>2011</year>, <source><italic>Preekgeboorte: Van eksegese tot preek</italic></source>, <publisher-name>Potchefstroomse Teologiese Publikasies</publisher-name>, <publisher-loc>Potchefstroom</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0018"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Furnish</surname>, <given-names>V.P</given-names></string-name></person-group>., <year>1996a</year>, &#x2018;<article-title>Colossians, epistle to the</article-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>D.N.</given-names> <surname>Freedmen</surname></string-name> (ed.)</person-group>, <source><italic>The Anchor Bible Dictionary</italic></source>, pp. 1:<year>1090</year>, <publisher-name>Doubleday</publisher-name>, <publisher-loc>New York</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0019"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Furnish</surname>, <given-names>V.P</given-names></string-name></person-group>., <year>1996b</year>, &#x2018;<article-title>Ephesians, epistle to the</article-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>D.N.</given-names> <surname>Freedmen</surname></string-name> (ed.)</person-group>, <source><italic>The Anchor Bible Dictionary</italic></source>, pp. <fpage>2:536</fpage>, <publisher-name>Doubleday</publisher-name>, <publisher-loc>New York</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0020"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Garland</surname>, <given-names>D.R</given-names></string-name></person-group>., <year>1999</year>, <source><italic>Family ministry: A comprehensive guide</italic></source>, <publisher-name>InterVarsity</publisher-name>, <publisher-loc>Downers Grove, IL</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0021"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Goede</surname>, <given-names>H</given-names></string-name></person-group>., <year>2006</year>, &#x2018;<article-title>Researching ancient texts: A philological and/or linguistic endeavour?</article-title>&#x2019;, <publisher-name>Paper presented at the New Testament Workshop of South Africa</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>, <comment>18th April</comment>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0022"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Harrill</surname>, <given-names>J.A</given-names></string-name></person-group>., <year>1998</year>, <source><italic>The manumission of slaves in early Christianity</italic></source>, <edition>2nd edn</edition>., <publisher-name>Mohr Siebeck</publisher-name>, <publisher-loc>Chicago, IL</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0023"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Janse van Rensburg</surname>, <given-names>F</given-names></string-name></person-group>., <year>2000</year>, &#x2018;<article-title>D&#x00E9;kor of konteks?: Die verdiskontering van sosio-historiese gegewens in interpretasie van &#x2019;n Nuwe Testament-teks vir die prediking van pastoraat, ge&#x00EF;llustreer aan die hand van die 1 Petrus-brief</article-title>&#x2019;, <source><italic>Skrif en Kerk</italic></source> <volume>21</volume>(<issue>3</issue>), <fpage>564</fpage>&#x2013;<lpage>582</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0024"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Jeffers</surname>, <given-names>J.S</given-names></string-name></person-group>., <year>1999</year>, <source><italic>The Greco-Roman world of the New Testament era: Exploring the background of early Christianity</italic></source>, <publisher-name>InterVarsity</publisher-name>, <publisher-loc>Downers Grove, IL</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0025"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Kysar</surname>, <given-names>R</given-names></string-name></person-group>., <year>1996</year>, &#x2018;<article-title>John, epistles of</article-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>D.N.</given-names> <surname>Freedmen</surname></string-name> (ed.)</person-group>, <source><italic>The Anchor Bible dictionary</italic></source>, pp. <fpage>3:902</fpage>, <publisher-name>Doubleday</publisher-name>, <publisher-loc>New York</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0026"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Louw</surname>, <given-names>J.P</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Nida</surname>, <given-names>E.A</given-names></string-name></person-group>., <year>1996</year>, <source><italic>Greek-English lexicon of the New Testament based on semantic domains</italic></source>, <publisher-name>United Bible Societies</publisher-name>, <publisher-loc>New York</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0027"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>MacDonald</surname>, <given-names>M.Y</given-names></string-name></person-group>., <year>2010</year>, &#x2018;<article-title>Kinship and family in the New Testament world</article-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>D.</given-names> <surname>Neufeld</surname></string-name> &#x0026; <string-name><given-names>R.E.</given-names> <surname>Demaris</surname></string-name> (eds.)</person-group>, <source><italic>Understanding the social world of the New Testament</italic></source>, pp. <fpage>29</fpage>&#x2013;<lpage>43</lpage>, <publisher-name>Routledge</publisher-name>, <publisher-loc>London</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0028"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Marshall</surname>, <given-names>I.H</given-names></string-name></person-group>., <year>2004</year>, <source><italic>A critical and exegetical commentary on the pastoral epistles</italic></source>, <publisher-name>Clark</publisher-name>, <publisher-loc>London</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0029"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Mundle</surname>, <given-names>W</given-names></string-name></person-group>., <year>1986</year>, &#x2018;<article-title>&#x1F51;&#x03C0;&#x03B1;&#x03BA;&#x03BF;&#x03CD;&#x03C9;</article-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>L.</given-names> <surname>Coenen</surname></string-name>, <string-name><given-names>E.</given-names> <surname>Beyreuther</surname></string-name> &#x0026; <string-name><given-names>H.</given-names> <surname>Bietenhard</surname></string-name> (eds.)</person-group>, <source><italic>New international dictionary of New Testament theology</italic></source>, p. <fpage>179</fpage>, <publisher-name>Zondervan</publisher-name>, <publisher-loc>Grand Rapids, MI</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0030"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Osiek</surname>, <given-names>C</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Balch</surname>, <given-names>D.L</given-names></string-name></person-group>., <year>1997</year>, <source><italic>Families in die New Testament world: Households and house churches</italic></source>, <publisher-name>Westminster John Knox Press</publisher-name>, <publisher-loc>Louisville, KY</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0031"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Renfro</surname>, <given-names>P</given-names></string-name>., <string-name><surname>Shields</surname>, <given-names>B</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Strother</surname>, <given-names>J</given-names></string-name></person-group>., <year>2009</year>, <source><italic>Perspectives on family ministry: 3 Views</italic></source>, <publisher-name>B &#x0026; H Publishing</publisher-name>, <publisher-loc>Nashville, TN</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0032"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Thomas</surname>, <given-names>J.C</given-names></string-name></person-group>., <year>1998</year>, &#x2018;<article-title>The literary structure of 1 John</article-title>&#x2019;, <source><italic>Novum Testamentum</italic></source> <volume>40</volume>(<issue>4</issue>), <fpage>369</fpage>&#x2013;<lpage>381</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://dx.doi.org/10.1163/156853698323282117">http://dx.doi.org/10.1163/156853698323282117</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0033"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><collab>United Bible Society</collab></person-group>, <year>1994</year>, <source><italic>Greek Bible with dictionary</italic></source>, <edition>4th</edition> rev. edn., <publisher-name>Deutsche Bibelgesellschaft</publisher-name>, <publisher-loc>Stuttgart</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0034"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van Staden</surname>, <given-names>J.M</given-names></string-name></person-group>., <year>2014</year>, &#x2018;<article-title>Gesinsbediening in &#x2019;n postmoderne kerk: Modelle en metodes</article-title>&#x2019;, <source><italic>HTS Teologiese Studies/Theological Studies</italic></source> <volume>70</volume>(<issue>1</issue>), <fpage>8</fpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://dx.doi.org/10.4102/hts.v70i1.2783">http://dx.doi.org/10.4102/hts.v70i1.2783</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0035"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van Staden</surname>, <given-names>J.M</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Dreyer</surname>, <given-names>Y</given-names></string-name></person-group>., <year>2013</year>, &#x2018;<article-title>Gesinsbediening in &#x2019;n postmoderne kerk vanuit Bybels-teologiese perspektiewe</article-title>&#x2019;, <source><italic>HTS Teologiese Studies/Theological Studies</italic></source> <volume>69</volume>(<issue>1</issue>), <fpage>7</fpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://dx.doi.org/10.4102/hts.v69i1.2049">http://dx.doi.org/10.4102/hts.v69i1.2049</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
</ref-list>
<fn-group>
<fn><p><bold>How to cite this article:</bold> Goede, H., 2016, &#x2018;Die verhouding tussen ouer en jonger geslagte in die Nuwe Testament: &#x2019;n Filologiese studie&#x2019;, <italic>In die Skriflig</italic> 50(2), a2015. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://dx.doi.org/10.4102/ids.v50i2.2015">http://dx.doi.org/10.4102/ids.v50i2.2015</ext-link></p></fn>
<fn id="FN0001"><label>1</label><p>Vir &#x2019;n volledige beredenering van die verskille tussen filologie en linguistiek, sien Goede (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0021">2006</xref>).</p></fn>
<fn id="FN0002"><label>2</label><p>Die keuse van tekste is deur die fokus van die studie bepaal, naamlik die verhouding tussen jonger en ouer geslagte in die Vroe&#x00EB; Kerk. Hoewel sommige van hierdie tekste nie direk op gemeentebediening betrekking het nie, werp dit wel lig op hierdie verhoudings as deel van die sosio-historiese konteks van die Nuwe Testament.</p></fn>
</fn-group>
</back>
</article>
