<?xml version="1.0" encoding="UTF-8"?>
<!DOCTYPE article PUBLIC "-//NLM//DTD JATS (Z39.96) Journal Publishing DTD v1.1d1 20130915//EN" "http://jats.nlm.nih.gov/publishing/1.1d1/JATS-journalpublishing1.dtd">
<article xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xmlns:mml="http://www.w3.org/1998/Math/MathML" article-type="research-article" xml:lang="af">
<front>
<journal-meta>
<journal-id journal-id-type="publisher-id">IDS</journal-id>
<journal-title-group>
<journal-title>In die Skriflig / In Luce Verbi</journal-title>
</journal-title-group>
<issn pub-type="ppub">1018-6441</issn>
<issn pub-type="epub">2305-0853</issn>
<publisher>
<publisher-name>AOSIS</publisher-name>
</publisher>
</journal-meta>
<article-meta>
<article-id pub-id-type="publisher-id">IDS-50-2058</article-id>
<article-id pub-id-type="doi">10.4102/ids.v50i3.2058</article-id>
<article-categories>
<subj-group subj-group-type="heading">
<subject>Original Research</subject>
</subj-group>
</article-categories>
<title-group>
<article-title>Die mensbeskoulike en samelewingsteoretiese vertrekpunte van &#x2019;n <italic>onbekende</italic> skrywer, toegespits op Hebre&#x00EB;rs 10:38&#x2013;39</article-title>
</title-group>
<contrib-group>
<contrib contrib-type="author" corresp="yes">
<name>
<surname>van der Walt</surname>
<given-names>Sarel</given-names>
</name>
<xref ref-type="aff" rid="AF0001">1</xref>
</contrib>
<aff id="AF0001"><label>1</label>Faculty of Theology, North-West University, Potchefstroom Campus, South Africa</aff>
</contrib-group>
<author-notes>
<corresp id="cor1"><bold>Corresponding author:</bold> Sarel van der Walt, <email xlink:href="sarel.vanderwalt@nwu.ac.za">sarel.vanderwalt@nwu.ac.za</email></corresp>
</author-notes>
<pub-date pub-type="epub"><day>29</day><month>07</month><year>2016</year></pub-date>
<pub-date pub-type="collection"><year>2016</year></pub-date>
<volume>50</volume>
<issue>3</issue>
<elocation-id>2058</elocation-id>
<history>
<date date-type="received"><day>03</day><month>11</month><year>2015</year></date>
<date date-type="accepted"><day>25</day><month>02</month><year>2016</year></date>
</history>
<permissions>
<copyright-statement>&#x00A9; 2016. The Authors</copyright-statement>
<copyright-year>2016</copyright-year>
<license license-type="open-access" xlink:href="http://creativecommons.org/licenses/by/2.0/">
<license-p>AOSIS. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.</license-p>
</license>
</permissions>
<abstract>
<p><bold>The anthropological and theoretical societal views of an unknown author, focusing on Hebrews 10:38&#x2013;39.</bold> This article describes the hypothesis that, regarding his anthropological and societal-theoretical viewpoints, the unknown author of the book Hebrews was not influenced by the thought patterns of the time, but was possibly offering a corrective on the (then) traditional anthropological and societal-theoretical viewpoints. Within the context of the Greco-Hellenistic world and the broad history of revelational lines in the Bible, this article takes as point of departure Hebrews 10:38&#x2013;39. The article focuses on the question: What were the anthropological and societal-theoretical viewpoints of the <italic>unknown</italic> author of the book of Hebrews? Firstly, the article focuses on the prevailing perception of the Greek Hellenistic period, especially the known schools of thought during that time. The aim is to briefly describe the anthropological context in which the author of Hebrews wrote. Secondly, the discussion shows how the revelational-historical information in Hebrews offers a corrective on the thought patterns of that time. Thirdly, the article focuses on the way the societal-theoretical point of departure, when confronted with the thought patterns of that time, is illuminated from a correct understanding of the gospel.</p>
</abstract>
</article-meta>
</front>
<body>
<sec id="s0001">
<title>Inleiding</title>
<p>Professor Jordaan het deur die jare &#x2019;n besondere belangstelling in en kennis van die Hebre&#x00EB;rboek openbaar. Sy insigte oor hierdie unieke onderdeel van God se Woord was en is steeds &#x2019;n bron van inspirasie vir menige student en kollega se bestudering van Hebre&#x00EB;rs. Dit is my voorreg om &#x2019;n bydrae tot hierdie huldigingsuitgawe te lewer deur dieper hierin te delf met dank aan professor Jordaan vir die aktualisering van die Hebre&#x00EB;rboek in my lewe.</p>
<p>Daar word algemeen aanvaar dat die outeur van die Hebre&#x00EB;rboek nie bekend is nie. Verskillende oorleweringstradisies bied nie &#x2019;n oplossing op die vraag oor wie die Hebre&#x00EB;rboek geskryf het nie (Lane <xref ref-type="bibr" rid="CIT0026">1991</xref>:xlix; Vorster <xref ref-type="bibr" rid="CIT0044">1990</xref>:76). Daar is onder andere voorgestel dat Paulus (Andriessen &#x0026; Lenglet <xref ref-type="bibr" rid="CIT0003">1971</xref>:9; Borchert <xref ref-type="bibr" rid="CIT0004">1985</xref>:320; Vorster <xref ref-type="bibr" rid="CIT0044">1990</xref>:76), Apollos (Hurst <xref ref-type="bibr" rid="CIT0022">1985</xref>; Lo Bue <xref ref-type="bibr" rid="CIT0028">1956</xref>; Montefiore <xref ref-type="bibr" rid="CIT0030">1964</xref>:18; Vorster <xref ref-type="bibr" rid="CIT0044">1990</xref>:77), Barnabas (Borchert <xref ref-type="bibr" rid="CIT0004">1985</xref>:322; Pixner <xref ref-type="bibr" rid="CIT0036">1992</xref>), Lukas (Allen <xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">1996</xref>:3&#x2013;11), Prescilla (Hoppin <xref ref-type="bibr" rid="CIT0020">1969</xref>) en selfs Klemens van Rome (Calvyn <xref ref-type="bibr" rid="CIT0006">1963</xref>:216; Moffat <xref ref-type="bibr" rid="CIT0029">1924</xref>:xiii) moontlike outeurs van die brief kon wees. Nie een van hierdie tradisies toon egter oortuigend aan dat hulle voorstel met betrekking tot die outeur van die Hebre&#x00EB;rboek deurslaggewend is nie. Navorsers aanvaar dus dat die outeur van Hebre&#x00EB;rs onbekend is.</p>
<p>Die doel van hierdie artikel is nie om &#x2019;n oplossing te probeer bied met betrekking tot die outeurskap van Hebre&#x00EB;rs nie, maar eerder om aan te toon dat die Hebre&#x00EB;rskrywer, met betrekking tot sy mensbeskouing en samelewingsteoretiese vertrekpunte, moontlik nie soos dit deur sommige aanvaar word (vgl. Brown <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">1990</xref>:73), deur die denkstrome van sy tyd be&#x00EF;nvloed is nie, maar weliswaar &#x2019;n korrektief op hierdie tradisies se mens- en samelewingsbeskouing bied (Thompson <xref ref-type="bibr" rid="CIT0042">2008</xref>:21&#x2013;26). Binne die konteks van die Grieks-Hellenistiese w&#x00EA;reld en binne die bre&#x00EB; historiese openbaringslyne in die Bybel, neem hierdie artikel die vertrekpunt in Hebre&#x00EB;rs 10:38&#x2013;39, naamlik:</p>
<disp-quote>
<p>En wie deur My vrygespreek is omdat hy glo, sal lewe; maar as hy terugdeins, het Ek aan hom niks meer nie &#x2026; Maar ons is nie van di&#x00E9; wat terugdeins en verlore gaan nie; nee, ons glo en ons sal lewe. (1983-Afrikaanse Vertaling)</p>
</disp-quote>
<p>Die artikel fokus op die vraag: Wat was die mensbeskouing en samelewingsteoretiese vertrekpunte van die <italic>onbekende</italic> skrywer van die Hebre&#x00EB;rboek? Eerstens geniet die heersende mensbeskouing van die Grieks-Hellenistiese tydperk aandag, met &#x2019;n spesifieke fokus op bekende denkstrome van daardie tyd. Die doel is om die mensbeskoulike konteks waarbinne die Hebre&#x00EB;rskrywer geskryf het, kortliks te beskryf. Tweedens toon die bespreking aan hoe bepaalde openbaringshistoriese gegewens soos dit onder andere in die Hebre&#x00EB;rboek saamtrek, &#x2019;n korrektief op die denkstrome van daardie tyd stel. Derdens fokus die artikel op die wyse waarop die samelewingsteoretiese vertrekpunt, wanneer dit met die denkstrome van daardie tyd gekonfronteer word, vanuit &#x2019;n korrekte verstaan van die evangelie belig word.</p>
</sec>
<sec id="s0002">
<title>Die denkstrome van daardie tyd</title>
<sec id="s20003">
<title>Filo</title>
<p>Die invloed van Filo op die eerste-eeuse denke word wyd erken (vgl. Freeman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0013">2009</xref>:67; Greenlee <xref ref-type="bibr" rid="CIT0014">1975</xref>; Hurst <xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">1990</xref>:12). Dit kan daarom aanvaar word dat die gelowiges in Rome aan wie Hebre&#x00EB;rs gerig was, ook met Filo se denke in aanraking gekom het. Heel waarskynlik was hulle blootgestel aan die wyse waarop Filo die Ou Testament asook die konsepte <italic>geloof</italic> en <italic>kennis</italic> in die filosofiese platonisme hervertaal het. In alle waarskynlikheid was die skrywer van Hebre&#x00EB;rs van sy lesers se blootstelling aan Filoniese beskouings bewus, juis vanwe&#x00EB; die wye invloed van Filo op die denke van die eerste-eeuse samelewing. Die bestudering van die moontlike invloed van Filo op die destydse samelewing noop &#x2019;n mens daartoe om ook die invloed van Plato op Filo in gedagte te hou, aangesien daar by Filo &#x2019;n besondere vorm van platonisme te bespeur is (Punt <xref ref-type="bibr" rid="CIT0037">1997</xref>:125; Runia <xref ref-type="bibr" rid="CIT0039">1995</xref>:14) en dit vir &#x2019;n beskrywing van talle van Filo se gedagtes relevant is. Filoniese platonisme wat vanaf 50 v.C. tot ongeveer die tweede eeu n.C. gestrek het en die brug tussen Plato en die latere Neoplatonisme van veral Plotinus gevorm het (Snyman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0040">1992</xref>:254), het volgens Punt (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0037">1997</xref>:125&#x2013;126) sy oorsprong in Aleksandri&#x00EB; gehad (H&#x00E9;ring <xref ref-type="bibr" rid="CIT0018">1970</xref>:xii). &#x2019;n Ander denkstroom wat &#x2019;n invloed op die Hebre&#x00EB;rgemeente gehad het, was die Gnostisisme met sy aanvaarding van &#x2019;n radikale dualisme tussen die sigbare en die onsigbare w&#x00EA;reld asook &#x2019;n besondere klem op kennis. Die afdeling &#x2019;Gnostisisme&#x2019; fokus spesifiek daarop.</p>
</sec>
<sec id="s20004">
<title>Platoniese invloed op Filo van Aleksandri&#x00EB;</title>
<p>Die unieke kenmerke van &#x2019;n suiwer platoniese filosofie het ook op Filo van Aleksandri&#x00EB; &#x2019;n invloed uitgeoefen. &#x2019;n Suiwer platoniese filosofie bestaan in die kenmerkende dualisme tussen die fisiese w&#x00EA;reld en die ide&#x00EB;- (spirituele) w&#x00EA;reld (vgl. De Villiers <xref ref-type="bibr" rid="CIT0009">1997a</xref>:179; Hurst <xref ref-type="bibr" rid="CIT0021">1984</xref>:42; Williamson <xref ref-type="bibr" rid="CIT0045">1970</xref>:268). Hierdie twee w&#x00EA;relde word op grond van die metafisiese en epistemologiese onderskei en dit gee tot die volgende kontraste aanleiding: sleg teenoor goed; die o&#x00EB;nskynlike teenoor die werklike; asook voorlopige persepsies teenoor werklik kenbare idees (Punt <xref ref-type="bibr" rid="CIT0037">1997</xref>:126).</p>
<p>Volgens Ferguson (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">1993</xref>:364&#x2013;365) het die platoniese dualisme ook sy inslag in die Aleksandrynse denkw&#x00EA;reld gehad, maar is gedurende die Hellenisme deur die Aristoteliaanse logika gewysig tot &#x2019;n simbiose tussen Plato se idee van &#x2019;n <italic>Eerste Beginsel</italic> (die volmaakte idee of vorm) en Aristoteles se <italic>Hoogste Verstand</italic> (onbeweegbare Beweger). Op hierdie wyse is die platoniese ide&#x00EB; deur die mens as die gedagtes van die goddelike verstand beskou. Filo was die eerste skrywer of filosoof wat hierdie voortreflikheid van die goddelike verstand beklemtoon en op &#x2019;n wyse beskryf het waardeur hy dit in harmonie met die Skrif wou bring (Allen <xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">1985</xref>:72).</p>
<p>Guthrie (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0015">1962</xref>:45) wys op die platoniese teorie van ide&#x00EB; en die dualistiese w&#x00EA;reldbeskouing wat o&#x00EB;nskynlik in Hebre&#x00EB;rs voorkom. &#x2019;n Aantal tipiese uitdrukkings wat volgens Punt (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0037">1997</xref>:126) sterk trekke van &#x2019;n platoniese dualisme vertoon, word in Hebre&#x00EB;rs aangetref, waaronder &#x1F00;&#x03C0;&#x03B1;&#x03CD;&#x03B3;&#x03B1;&#x03C3;&#x03BC;&#x03B1; [weerspie&#x00EB;ling], &#x03C7;&#x03B1;&#x03C1;&#x03B1;&#x03BA;&#x03C4;&#x03AE;&#x03C1; [direkte voorstelling], &#x1F51;&#x03C0;&#x03CC;&#x03B4;&#x03B5;&#x03B9;&#x03B3;&#x03BC;&#x03B1; [voorbeeld, voorstelling], &#x03C3;&#x03BA;&#x03B9;&#x03AC; [skaduwee, afskaduwing] en &#x1F00;&#x03BD;&#x03C4;&#x03AF;&#x03C4;&#x03C5;&#x03C0;&#x03BF;&#x03C2; [verteenwoordiging] (vgl. ook Hurst <xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">1990</xref>:13&#x2013;21). Ook die vergelyking tussen die aardse en die hemelse tabernakel in Hebre&#x00EB;rs word volgens Runia (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0038">1993</xref>:77) in terme geskets wat o&#x00EB;nskynlik met die samesmelting van bybelse en platoniese taal ooreenstem soos wat ook by Filo aangetref word.</p>
</sec>
<sec id="s20005">
<title>Die platoniese dualisme van Filo van Aleksandri&#x00EB;</title>
<p>Filo het die ganse skepping vanuit &#x2019;n platonies-dualistiese vertrekpunt probeer verklaar. Volgens Runia (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0038">1993</xref>:41) het die konsep van <italic>kennis</italic> egter &#x2019;n sentrale rol in Filo se denke en filosofie gespeel vanwe&#x00EB; sy mensbeskouing waarbinne hy die mens as rasionele wese beskryf. Hiermee saam het geloof ook &#x2019;n sentrale plek in Filo se gedagtew&#x00EA;reld ingeneem (Williamson <xref ref-type="bibr" rid="CIT0045">1970</xref>:333). Binne die kontras tussen liggaam en siel, die materi&#x00EB;le w&#x00EA;reld en die geestelike w&#x00EA;reld, was ware kennis alleen in die onsienlike, die &#x2018;volmaakte idee&#x2019; opgesluit. Filo was egter besonder van die grense van menslike kennis bewus (Runia <xref ref-type="bibr" rid="CIT0038">1993</xref>:42). Ware kennis van die geestelike w&#x00EA;reld is nie moontlik nie, aangesien die liggaamlike behoeftes van die materi&#x00EB;le w&#x00EA;reld die mens se siel daarvoor afstomp (Williamson <xref ref-type="bibr" rid="CIT0045">1970</xref>:271). Die mens kan dus nie werklik tot kennis van die &#x2018;volmaakte idee&#x2019; kom nie. Dit is hier waar Filo die sentraliteit van geloof beklemtoon. Volgens Williamson (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0045">1970</xref>:331) is geloof vir Filo die wyse waarop die mens uit die kettings van die materi&#x00EB;le w&#x00EA;reld, vanuit die gevangeneskap van die liggaam, kan breek om sodoende tot kennis van die geestelike w&#x00EA;reld te kom. Geloof is die waarborg van die onsienbare.</p>
<p>Vir Filo is geloof die wyse waarop mense tot kennis van God kan kom (Williamson <xref ref-type="bibr" rid="CIT0045">1970</xref>:365). Filo gaan selfs so ver om te s&#x00EA; dat geloof in die liggaamlike (materi&#x00EB;le) die ekwivalent is van ongeloof in God (geestelike) en dat ongeloof in die stoflike ekwivalent is aan geloof in God (Williamson <xref ref-type="bibr" rid="CIT0045">1970</xref>:335). Filo handhaaf die dualisme van liggaam en siel, maar sien nie die liggaam as &#x2019;n gevangene van die siel nie. By Filo is die geloof die belangrikste van alle deugde, maar die &#x03C4;&#x1F74;&#x03BD;&#x0020;&#x03C0;&#x03C1;&#x1F78;&#x03C2;&#x0020;&#x03C4;&#x1F78;&#x0020;&#x1F42;&#x03BD;&#x0020;&#x03C0;&#x03AF;&#x03C3;&#x03C4;&#x03B9;&#x03BD; is nie die God van die Bybel nie, maar die god van die filosowe (m.a.w. die filosofiese persepsie van &#x2019;n godheid soos by Plato en Aristoteles). Die meeste wat van Filoniese eskatologie ges&#x00EA; kan word, is dat dit op twee skeibare w&#x00EA;relde fokus: die een fisies en die ander geestelik. By Filo is daar duidelike trekke van die platoniese mensbeskouing, hoewel sekere verskille aantoonbaar is. Hieruit blyk dat Filo nie werklik &#x2019;n alternatief op die platoniese dualisme bied nie, maar steeds sy vertrekpunte daaruit neem.</p>
</sec>
<sec id="s20006">
<title>Gnostisisme</title>
<p>Alhoewel die hoofstroom van Gnostisisme eers gedurende die tweede eeu n.C. herkenbaar geword het (De Villiers <xref ref-type="bibr" rid="CIT0010">1997b</xref>:209), bestaan die moontlikheid dat dit alreeds in &#x2019;n voorlopige vereenvoudigde vorm gedurende die voor-Christelike periode bestaan het (Connick <xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">1972</xref>:14; De Villiers <xref ref-type="bibr" rid="CIT0010">1997b</xref>:209; Helmbold <xref ref-type="bibr" rid="CIT0017">1975</xref>; Punt <xref ref-type="bibr" rid="CIT0037">1997</xref>:135; Wilson <xref ref-type="bibr" rid="CIT0046">1968</xref>:143). In hierdie verband wys Peel (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0035">1970</xref>:148), Koester (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0025">1982</xref>:272&#x2013;276) en Guthrie (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0016">1990</xref>:694) op die moontlikheid dat Hebre&#x00EB;rs t&#x00E9;&#x00E9;n die Gnostiese leer geskryf kon gewees het.</p>
<p>Die Gnostiese biblioteek met apokriewe evangelies en ander dokumente wat in 1945-1946 te Nag-Hammadi in Egipte ontdek is, toon die Gnostiese uitleg van die evangelie wat deur sekere (eerste- en tweede-eeuse) sektes aangehang is. Connick (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">1972</xref>) vat die Gnostiese oortuigings soos volg saam:</p>
<list list-type="order">
<list-item><p>Die hoofkenmerk van die Gnostisisme was die aanvaarding van &#x2019;n radikale dualisme tussen die sigbare en die onsigbare w&#x00EA;reld. Gees en materie, lig en donker, goed en sleg is skerp gekontrasteer. Die uiteindelike realiteit (God) is bokant die aarde en onsigbaar vir die menslike w&#x00EA;reld.</p></list-item>
<list-item><p>Die skepping van die w&#x00EA;reld is dikwels nie aan God toegeskryf nie, aangesien gees en materie onversoenbaar is. Die w&#x00EA;reld is die skepping van engele of selfs van &#x2019;n slegte God (<italic>demiurg</italic>).</p></list-item>
<list-item><p>Die mens het sy oorsprong aan God te danke, maar die onsterflike gees is vasgevang binne &#x2019;n materi&#x00EB;le w&#x00EA;reld.</p></list-item>
<list-item><p>Deur middel van verborge of geheime kennis en toepaslike aanbidding kan die mens se gees bevry word van materie en opvaar na die koninkryk van die lig.</p></list-item>
<list-item><p>Die verborge kennis raak alleen kenbaar by wyse van &#x2019;n bonatuurlike openbaring. (p. 14)</p></list-item>
</list>
</sec>
</sec>
<sec id="s0007">
<title>Hebre&#x00EB;rs 10:38&#x2013;39</title>
<sec id="s20008">
<title>Openbaringshistoriese lyne</title>
<p>Teen die agtergrond van bogenoemde bespreking van die Grieks-Hellenistiese denkstrome, word die volgende vraag vervolgens aan die orde gestel: Wat is die openbaringshistoriese korrektief wat die Hebre&#x00EB;rskrywer op die Grieks-Hellenistiese denke aan die eerste lesers van die Hebre&#x00EB;rboek binne hulle bepaalde samelewingsomstandighede bied?</p>
<sec id="s30009">
<title>Die regverdige sal uit die geloof lewe</title>
<p>Die fokus van hierdie artikel is Hebre&#x00EB;rs 10:38&#x2013;39 en dit word weergegee in <xref ref-type="table" rid="T0001">Tabel 1</xref>: &#x2018;Die regverdige sal uit die geloof lewe&#x2019;.</p>
<table-wrap id="T0001">
<label>TABEL 1</label>
<caption><p>Die regverdige sal uit die geloof lewe.</p></caption>
<table frame="hsides" rules="groups">
<thead>
<tr>
<th valign="top" align="left">Hebre&#x00EB;rs</th>
<th valign="top" align="left">Vers</th>
</tr>
</thead>
<tbody>
<tr>
<td align="left">Hebre&#x00EB;rs 10:38</td>
<td align="left">&#x1F41; &#x03B4;&#x1F72; &#x03B4;&#x03AF;&#x03BA;&#x03B1;&#x03B9;&#x03CC;&#x03C2; &#x03BC;&#x03BF;&#x03C5; &#x1F10;&#x03BA; &#x03C0;&#x03AF;&#x03C3;&#x03C4;&#x03B5;&#x03C9;&#x03C2; &#x03B6;&#x03AE;&#x03C3;&#x03B5;&#x03C4;&#x03B1;&#x03B9; &#x2026; (En wie deur My vrygespreek is omdat hy glo, sal lewe &#x2026;)</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">Hebre&#x00EB;rs 10:39</td>
<td align="left">&#x2026; &#x03C0;&#x03AF;&#x03C3;&#x03C4;&#x03B5;&#x03C9;&#x03C2; &#x03B5;&#x1F30;&#x03C2; &#x03C0;&#x03B5;&#x03C1;&#x03B9;&#x03C0;&#x03BF;&#x03AF;&#x03B7;&#x03C3;&#x03B9;&#x03BD; &#x03C8;&#x03C5;&#x03C7;&#x1FC6;&#x03C2;. (&#x2026; ons glo en ons sal lewe.)</td>
</tr>
</tbody>
</table>
<table-wrap-foot>
<fn><p><italic>Bron</italic>: Nestle, E., Aland, K., Aland, B., Karavidopoulos, J., Martini, C.M. &#x0026; Metzger, B.M., 1993, <italic>The Greek New Testament</italic>, 27th edn., Deutsche Bibelgesellschaft, Stuttgart</p></fn>
</table-wrap-foot>
</table-wrap>
<p>Die verband tussen geloof, regverdiging en lewe word ook elders in die Bybel vermeld. Anders gestel: Die raamwerk waarbinne diegene lewe wat glo, is die regverdiging deur God (vgl. Coetzee <xref ref-type="bibr" rid="CIT0007">1986</xref>:10; Du Toit <xref ref-type="bibr" rid="CIT0011">2006</xref>:15). Die beeld z Hebre&#x00EB;rskrywer van die mens gee, kan openbaringshistories slegs vanuit die verhouding tussen geloof en regverdigmaking verstaan word (O&#x2019;Brien <xref ref-type="bibr" rid="CIT0033">2010</xref>:391). Hierdeur word die sentrale lyn van die Nuwe-Testamentiese openbaring voortgesit, naamlik dat die mens in die sonde vasgevang is en slegs deur die geloof geregverdig word.</p>
<p>Die volgende Skrifgedeeltes bring die verband tussen geloof en regverdigmaking openbaringshistories na vore (die Afrikaanse weergawe van die Griekse teks word deurgaans deur die 1933/1953-Afrikaanse Vertaling van die Bybel weergegee. Dit bied &#x2019;n meer direkte vertaling van die teks en word uiteengesit in <xref ref-type="table" rid="T0002">Tabel 2</xref>: &#x2018;Deur die geloof word die gelowige geregverdig&#x2019;.</p>
<table-wrap id="T0002">
<label>TABEL 2</label>
<caption><p>Deur die geloof word die gelowige geregverdig.</p></caption>
<table frame="hsides" rules="groups">
<thead>
<tr>
<th valign="top" align="left">Teksverwysing</th>
<th valign="top" align="left">Griekse teks</th>
<th valign="top" align="left">1933/1953-Afrikaanse Vertaling</th>
</tr>
</thead>
<tbody>
<tr>
<td align="left">Johannes 3:16</td>
<td align="left">&#x03BF;&#x1F55;&#x03C4;&#x03C9;&#x03C2; &#x03B3;&#x1F70;&#x03C1; &#x1F20;&#x03B3;&#x03AC;&#x03C0;&#x03B7;&#x03C3;&#x03B5;&#x03BD; &#x1F41; &#x03B8;&#x03B5;&#x1F78;&#x03C2; &#x03C4;&#x1F78;&#x03BD; &#x03BA;&#x03CC;&#x03C3;&#x03BC;&#x03BF;&#x03BD;, &#x1F65;&#x03C3;&#x03C4;&#x03B5; &#x03C4;&#x1F78;&#x03BD; &#x03C5;&#x1F31;&#x1F78;&#x03BD; &#x03C4;&#x1F78;&#x03BD; &#x03BC;&#x03BF;&#x03BD;&#x03BF;&#x03B3;&#x03B5;&#x03BD;&#x1FC6; &#x1F14;&#x03B4;&#x03C9;&#x03BA;&#x03B5;&#x03BD; &#x1F35;&#x03BD;&#x03B1; &#x03C0;&#x1FB6;&#x03C2; &#x1F41; &#x03C0;&#x03B9;&#x03C3;&#x03C4;&#x03B5;&#x03CD;&#x03C9;&#x03BD; &#x03B5;&#x1F30;&#x03C2; &#x03B1;&#x1F50;&#x03C4;&#x1F78;&#x03BD; &#x03BC;&#x1F74; &#x1F00;&#x03C0;&#x03CC;&#x03BB;&#x03B7;&#x03C4;&#x03B1;&#x03B9; &#x1F00;&#x03BB;&#x03BB;&#x02BC; &#x1F14;&#x03C7;&#x1FC3; &#x03B6;&#x03C9;&#x1F74;&#x03BD; &#x03B1;&#x1F30;&#x03CE;&#x03BD;&#x03B9;&#x03BF;&#x03BD;.</td>
<td align="left">Want so lief het God die w&#x00EA;reld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan h&#x00EA;.</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">Johannes 20:31</td>
<td align="left">&#x03C4;&#x03B1;&#x1FE6;&#x03C4;&#x03B1; &#x03B4;&#x1F72; &#x03B3;&#x03AD;&#x03B3;&#x03C1;&#x03B1;&#x03C0;&#x03C4;&#x03B1;&#x03B9; &#x1F35;&#x03BD;&#x03B1; &#x03C0;&#x03B9;&#x03C3;&#x03C4;&#x03B5;&#x03CD;[&#x03C2;]&#x03B7;&#x03C4;&#x03B5; &#x1F45;&#x03C4;&#x03B9; &#x1F38;&#x03B7;&#x03C3;&#x03BF;&#x1FE6;&#x03C2; &#x1F10;&#x03C3;&#x03C4;&#x03B9;&#x03BD; &#x1F41; &#x03C7;&#x03C1;&#x03B9;&#x03C3;&#x03C4;&#x1F78;&#x03C2; &#x1F41; &#x03C5;&#x1F31;&#x1F78;&#x03C2; &#x03C4;&#x03BF;&#x1FE6; &#x03B8;&#x03B5;&#x03BF;&#x1FE6;, &#x03BA;&#x03B1;&#x1F76; &#x1F35;&#x03BD;&#x03B1; &#x03C0;&#x03B9;&#x03C3;&#x03C4;&#x03B5;&#x03CD;&#x03BF;&#x03BD;&#x03C4;&#x03B5;&#x03C2; &#x03B6;&#x03C9;&#x1F74;&#x03BD; &#x1F14;&#x03C7;&#x03B7;&#x03C4;&#x03B5; &#x1F10;&#x03BD; &#x03C4;&#x1FF7; &#x1F40;&#x03BD;&#x03CC;&#x03BC;&#x03B1;&#x03C4;&#x03B9; &#x03B1;&#x1F50;&#x03C4;&#x03BF;&#x1FE6;.</td>
<td align="left">[<italic>M</italic>]aar hierdie is beskrywe, dat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God; en dat julle deur te glo die lewe kan h&#x00EA; in sy Naam.</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">Handelinge 13:39</td>
<td align="left">&#x1F10;&#x03BD; &#x03C4;&#x03BF;&#x03CD;&#x03C4;&#x1FF3; &#x03C0;&#x1FB6;&#x03C2; &#x1F41; &#x03C0;&#x03B9;&#x03C3;&#x03C4;&#x03B5;&#x03CD;&#x03C9;&#x03BD; &#x03B4;&#x03B9;&#x03BA;&#x03B1;&#x03B9;&#x03BF;&#x1FE6;&#x03C4;&#x03B1;&#x03B9;.</td>
<td align="left">&#x2026; en dat elkeen wat glo, deur Hom geregverdig word van alles waarvan julle deur die wet van Moses nie geregverdig kon word nie.</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">Romeine 4:20, 22, 24</td>
<td align="left"><sup>20</sup>&#x03B5;&#x1F30;&#x03C2; &#x03B4;&#x1F72; &#x03C4;&#x1F74;&#x03BD; &#x1F10;&#x03C0;&#x03B1;&#x03B3;&#x03B3;&#x03B5;&#x03BB;&#x1FD2;&#x03B1;&#x03BD; &#x03C4;&#x03BF;&#x1FE6; &#x03B8;&#x03B5;&#x03BF;&#x1FE6; &#x03BF;&#x1F50; &#x03B4;&#x03B9;&#x03B5;&#x03BA;&#x03C1;&#x03AF;&#x03B8;&#x03B7; &#x03C4;&#x1FC7; &#x1F00;&#x03C0;&#x03B9;&#x03C3;&#x03C4;&#x03AF;&#x1FB3; &#x1F00;&#x03BB;&#x03BB;&#x02BC; &#x1F10;&#x03BD;&#x03B5;&#x03B4;&#x03C5;&#x03BD;&#x03B1;&#x03BC;&#x03CE;&#x03B8;&#x03B7; &#x03C4;&#x1FC7; &#x03C0;&#x03AF;&#x03C3;&#x03C4;&#x03B5;&#x03B9;, &#x03B4;&#x03BF;&#x1F7A;&#x03C2; &#x03B4;&#x03CC;&#x03BE;&#x03B1;&#x03BD; &#x03C4;&#x1FF7; &#x03B8;&#x03B5;&#x1FF7;&#x2026; <sup>22</sup> &#x03B4;&#x03B9;&#x1F78; [&#x03BA;&#x03B1;&#x1F76;] &#x1F10;&#x03BB;&#x03BF;&#x03B3;&#x03AF;&#x03C3;&#x03B8;&#x03B7; &#x03B1;&#x1F50;&#x03C4;&#x1FF7; &#x03B5;&#x1F30;&#x03C2; &#x03B4;&#x03B9;&#x03BA;&#x03B1;&#x03B9;&#x03BF;&#x03C3;&#x03CD;&#x03BD;&#x03B7;&#x03BD;. <sup>24</sup> &#x2026; &#x1F00;&#x03BB;&#x03BB;&#x1F70; &#x03BA;&#x03B1;&#x1F76; &#x03B4;&#x03B9;&#x02BC; &#x1F21;&#x03BC;&#x1FB6;&#x03C2;, &#x03BF;&#x1F37;&#x03C2; &#x03BC;&#x03AD;&#x03BB;&#x03BB;&#x03B5;&#x03B9; &#x03BB;&#x03BF;&#x03B3;&#x03AF;&#x03B6;&#x03B5;&#x03C3;&#x03B8;&#x03B1;&#x03B9;, &#x03C4;&#x03BF;&#x1FD6;&#x03C2; &#x03C0;&#x03B9;&#x03C3;&#x03C4;&#x03B5;&#x03CD;&#x03BF;&#x03C5;&#x03C3;&#x03B9;&#x03BD; &#x1F10;&#x03C0;&#x1F76; &#x03C4;&#x1F78;&#x03BD; &#x1F10;&#x03B3;&#x03B5;&#x03AF;&#x03C1;&#x03B1;&#x03BD;&#x03C4;&#x03B1; &#x1F38;&#x03B7;&#x03C3;&#x03BF;&#x1FE6;&#x03BD; &#x03C4;&#x1F78;&#x03BD; &#x03BA;&#x03CD;&#x03C1;&#x03B9;&#x03BF;&#x03BD; &#x1F21;&#x03BC;&#x1FF6;&#x03BD; &#x1F10;&#x03BA; &#x03BD;&#x03B5;&#x03BA;&#x03C1;&#x1FF6;&#x03BD; &#x2026;</td>
<td align="left"><sup>20</sup>En hy het aan die belofte van God nie deur ongeloof getwyfel nie, maar hy is versterk deur die geloof en het aan God die eer gegee &#x2026; <sup>22</sup>Daarom is dit hom ook tot geregtigheid gereken. <sup>24</sup>[<italic>M</italic>]aar ook om ons ontwil aan wie dit toegereken sal word &#x2013; ons wat glo in Hom wat Jesus, onse Here, uit die dode opgewek het &#x2026;</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">Galasi&#x00EB;rs 2:16</td>
<td align="left">&#x03B5;&#x1F30;&#x03B4;&#x03CC;&#x03C4;&#x03B5;&#x03C2; [&#x03B4;&#x1F72;] &#x1F45;&#x03C4;&#x03B9; &#x03BF;&#x1F50; &#x03B4;&#x03B9;&#x03BA;&#x03B1;&#x03B9;&#x03BF;&#x1FE6;&#x03C4;&#x03B1;&#x03B9; &#x1F04;&#x03BD;&#x03B8;&#x03C1;&#x03C9;&#x03C0;&#x03BF;&#x03C2; &#x1F10;&#x03BE; &#x1F14;&#x03C1;&#x03B3;&#x03C9;&#x03BD; &#x03BD;&#x03CC;&#x03BC;&#x03BF;&#x03C5; &#x1F10;&#x1F70;&#x03BD; &#x03BC;&#x1F74; &#x03B4;&#x03B9;&#x1F70; &#x03C0;&#x03AF;&#x03C3;&#x03C4;&#x03B5;&#x03C9;&#x03C2; &#x1F38;&#x03B7;&#x03C3;&#x03BF;&#x1FE6; &#x03A7;&#x03C1;&#x03B9;&#x03C3;&#x03C4;&#x03BF;&#x1FE6;, &#x03BA;&#x03B1;&#x1F76; &#x1F21;&#x03BC;&#x03B5;&#x1FD6;&#x03C2; &#x03B5;&#x1F30;&#x03C2; &#x03A7;&#x03C1;&#x03B9;&#x03C3;&#x03C4;&#x1F78;&#x03BD; &#x1F38;&#x03B7;&#x03C3;&#x03BF;&#x1FE6;&#x03BD; &#x1F10;&#x03C0;&#x03B9;&#x03C3;&#x03C4;&#x03B5;&#x03CD;&#x03C3;&#x03B1;&#x03BC;&#x03B5;&#x03BD;, &#x1F35;&#x03BD;&#x03B1; &#x03B4;&#x03B9;&#x03BA;&#x03B1;&#x03B9;&#x03C9;&#x03B8;&#x1FF6;&#x03BC;&#x03B5;&#x03BD; &#x1F10;&#x03BA; &#x03C0;&#x03AF;&#x03C3;&#x03C4;&#x03B5;&#x03C9;&#x03C2; &#x03A7;&#x03C1;&#x03B9;&#x03C3;&#x03C4;&#x03BF;&#x1FE6; &#x03BA;&#x03B1;&#x1F76; &#x03BF;&#x1F50;&#x03BA; &#x1F10;&#x03BE; &#x1F14;&#x03C1;&#x03B3;&#x03C9;&#x03BD; &#x03BD;&#x03CC;&#x03BC;&#x03BF;&#x03C5;, &#x1F45;&#x03C4;&#x03B9; &#x1F10;&#x03BE; &#x1F14;&#x03C1;&#x03B3;&#x03C9;&#x03BD; &#x03BD;&#x03CC;&#x03BC;&#x03BF;&#x03C5; &#x03BF;&#x1F50; &#x03B4;&#x03B9;&#x03BA;&#x03B1;&#x03B9;&#x03C9;&#x03B8;&#x03AE;&#x03C3;&#x03B5;&#x03C4;&#x03B1;&#x03B9; &#x03C0;&#x1FB6;&#x03C3;&#x03B1; &#x03C3;&#x03AC;&#x03C1;&#x03BE;.</td>
<td align="left">[<italic>O</italic>]ns weet dat die mens nie geregverdig word uit die werke van die wet nie, maar alleen deur die geloof in Jesus Christus, selfs ons het in Christus Jesus geglo, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof in Christus en nie uit die werke van die wet nie; omdat uit die werke van die wet geen vlees geregverdig sal word nie.</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">Galasi&#x00EB;rs 3:11</td>
<td align="left">&#x1F45;&#x03C4;&#x03B9; &#x03B4;&#x1F72; &#x1F10;&#x03BD; &#x03BD;&#x03CC;&#x03BC;&#x1FF3; &#x03BF;&#x1F50;&#x03B4;&#x03B5;&#x1F76;&#x03C2; &#x03B4;&#x03B9;&#x03BA;&#x03B1;&#x03B9;&#x03BF;&#x1FE6;&#x03C4;&#x03B1;&#x03B9; &#x03C0;&#x03B1;&#x03C1;&#x1F70; &#x03C4;&#x1FF7; &#x03B8;&#x03B5;&#x1FF7; &#x03B4;&#x1FC6;&#x03BB;&#x03BF;&#x03BD;, &#x1F45;&#x03C4;&#x03B9; &#x1F41; &#x03B4;&#x03AF;&#x03BA;&#x03B1;&#x03B9;&#x03BF;&#x03C2; &#x1F10;&#x03BA; &#x03C0;&#x03AF;&#x03C3;&#x03C4;&#x03B5;&#x03C9;&#x03C2; &#x03B6;&#x03AE;&#x03C3;&#x03B5;&#x03C4;&#x03B1;&#x03B9;&#x2022;</td>
<td align="left">En dat niemand deur die wet by God geregverdig word nie, is duidelik; want die regverdige sal uit die geloof lewe.</td>
</tr>
</tbody>
</table>
<table-wrap-foot>
<fn><p><italic>Bron</italic>: Nestle, E., Aland, K., Aland, B., Karavidopoulos, J., Martini, C.M. &#x0026; Metzger, B.M., 1993, <italic>The Greek New Testament,</italic> 27th edn., Deutsche Bibelgesellschaft, Stuttgart</p></fn>
</table-wrap-foot>
</table-wrap>
<p>Uit bostaande tekste blyk dat Lukas en Paulus die (ewige) lewe waarna Johannes verwys as regverdigmaking of vryspraak definieer.</p>
<p>Die versekering in bostaande Skrifgedeeltes is die hernude bevestiging van Jesus se eie woorde toe Hy in Johannes 3:16 aan Nikodemus ges&#x00EA; het: &#x2018;Want so lief het God die w&#x00EA;reld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan h&#x00EA;.&#x2019; (1933/1953- Afrikaanse Vertaling) Hierdie woorde, asook die woorde van Johannes 20:31, koppel geloof direk aan die (vir die menslike oog) onsienbare ewigheid. Die regverdiging van die mens en geloof gaan dus hand aan hand. Op geen ander wyse as deur die geloof nie, kan die gelowige die (tot dusver onsienbare) ewigheid betree. Galasi&#x00EB;rs 2:16 beaam dit:</p>
<disp-quote>
<p>En tog weet ons dat &#x2019;n mens nie van sonde vrygespreek word deur die wet van Moses te onderhou nie, maar alleen deur in Jesus Christus te glo. Ook ons het tot die geloof in Christus Jesus gekom, en dit is hoe ons vrygespreek is: deur in Christus te glo en nie deur die wet te onderhou nie, want geen mens word vrygespreek op grond daarvan dat hy die wet onderhou nie.</p>
</disp-quote>
<p>(Vgl. ook Hand 13:39 en Rom 4:22&#x2013;24.) Galasi&#x00EB;rs 3:11 vat dit saam: &#x2018;&#x2026; dat niemand deur die wet by God geregverdig word nie, is duidelik &#x2026;&#x2019;. (Sien <xref ref-type="table" rid="T0003">Tabel 3</xref>: &#x2018;Die regverdige sal deur die geloof lewe&#x2019;)</p>
<table-wrap id="T0003">
<label>TABEL 3</label>
<caption><p>Die regverdige sal deur die geloof lewe.</p></caption>
<table frame="hsides" rules="groups">
<thead>
<tr>
<th valign="top" align="left">Teksverwysing</th>
<th valign="top" align="left">Griekse teks</th>
<th valign="top" align="left">1933/1953-Afrikaanse Vertaling</th>
</tr>
</thead>
<tbody>
<tr>
<td align="left">Habakuk 2:4 (Septuaginta)</td>
<td align="left">&#x1FC8;&#x1F70;&#x03BD; &#x1F51;&#x03C0;&#x03BF;&#x03C3;&#x03C4;&#x03B5;&#x1F77;&#x03BB;&#x03B7;&#x03C4;&#x03B1;&#x03B9;, &#x03BF;&#x1F50;&#x03BA; &#x03B5;&#x1F50;&#x03B4;&#x03BF;&#x03BA;&#x03B5;&#x1FD6; &#x1F21; &#x03C8;&#x03C5;&#x03C7;&#x1F75; &#x03BC;&#x03BF;&#x03C5; &#x1F10;&#x03BD; &#x03B1;&#x1F50;&#x03C4;&#x1FF3;. &#x03B4;&#x1F72; &#x03B4;&#x1F77;&#x03BA;&#x03B1;&#x03B9;&#x03BF;&#x03C2; &#x1F10;&#x03BA; &#x03C0;&#x1F77;&#x03C3;&#x03C4;&#x03B5;&#x03C9;&#x03C2; &#x03BE;&#x1F75;&#x03C3;&#x03B5;&#x03C4;&#x03B1;&#x03B9;.</td>
<td align="left">Kyk, sy siel is opgeblase in hom en nie reg nie. Maar die regverdige, deur sy geloof sal hy lewe.</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">Romeine 1:17</td>
<td align="left">&#x03B4;&#x03B9;&#x03BA;&#x03B1;&#x03B9;&#x03BF;&#x03C3;&#x03CD;&#x03BD;&#x03B7; &#x03B3;&#x1F70;&#x03C1; &#x03B8;&#x03B5;&#x03BF;&#x1FE6; &#x1F10;&#x03BD; &#x03B1;&#x1F50;&#x03C4;&#x1FF7; &#x1F00;&#x03C0;&#x03BF;&#x03BA;&#x03B1;&#x03BB;&#x03CD;&#x03C0;&#x03C4;&#x03B5;&#x03C4;&#x03B1;&#x03B9; &#x1F10;&#x03BA; &#x03C0;&#x03AF;&#x03C3;&#x03C4;&#x03B5;&#x03C9;&#x03C2; &#x03B5;&#x1F30;&#x03C2; &#x03C0;&#x03AF;&#x03C3;&#x03C4;&#x03B9;&#x03BD;, &#x03BA;&#x03B1;&#x03B8;&#x1F7C;&#x03C2; &#x03B3;&#x03AD;&#x03B3;&#x03C1;&#x03B1;&#x03C0;&#x03C4;&#x03B1;&#x03B9;&#x2022; &#x1F41; &#x03B4;&#x1F72; &#x03B4;&#x03AF;&#x03BA;&#x03B1;&#x03B9;&#x03BF;&#x03C2; &#x1F10;&#x03BA; &#x03C0;&#x03AF;&#x03C3;&#x03C4;&#x03B5;&#x03C9;&#x03C2; &#x03B6;&#x03AE;&#x03C3;&#x03B5;&#x03C4;&#x03B1;&#x03B9;.</td>
<td align="left">Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe.</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">2 Korinti&#x00EB;rs 2:15&#x2013;16</td>
<td align="left"><sup>15</sup> &#x1F45;&#x03C4;&#x03B9; &#x03A7;&#x03C1;&#x03B9;&#x03C3;&#x03C4;&#x03BF;&#x1FE6; &#x03B5;&#x1F50;&#x03C9;&#x03B4;&#x03AF;&#x03B1; &#x1F10;&#x03C3;&#x03BC;&#x1F72;&#x03BD; &#x03C4;&#x1FF7; &#x03B8;&#x03B5;&#x1FF7; &#x1F10;&#x03BD; &#x03C4;&#x03BF;&#x1FD6;&#x03C2; &#x03C3;&#x1FF3;&#x03B6;&#x03BF;&#x03BC;&#x03AD;&#x03BD;&#x03BF;&#x03B9;&#x03C2; &#x03BA;&#x03B1;&#x1F76; &#x1F10;&#x03BD; &#x03C4;&#x03BF;&#x1FD6;&#x03C2; &#x1F00;&#x03C0;&#x03BF;&#x03BB;&#x03BB;&#x03C5;&#x03BC;&#x03AD;&#x03BD;&#x03BF;&#x03B9;&#x03C2;, <sup>16</sup> &#x03BF;&#x1F37;&#x03C2; &#x03BC;&#x1F72;&#x03BD; &#x1F40;&#x03C3;&#x03BC;&#x1F74; &#x1F10;&#x03BA; &#x03B8;&#x03B1;&#x03BD;&#x03AC;&#x03C4;&#x03BF;&#x03C5; &#x03B5;&#x1F30;&#x03C2; &#x03B8;&#x03AC;&#x03BD;&#x03B1;&#x03C4;&#x03BF;&#x03BD;, &#x03BF;&#x1F37;&#x03C2; &#x03B4;&#x1F72; &#x1F40;&#x03C3;&#x03BC;&#x1F74; &#x1F10;&#x03BA; &#x03B6;&#x03C9;&#x1FC6;&#x03C2; &#x03B5;&#x1F30;&#x03C2; &#x03B6;&#x03C9;&#x03AE;&#x03BD;.</td>
<td align="left"><sup>15</sup>Want ons is &#x2019;n aangename geur van Christus tot eer van God onder die wat gered word en onder die wat verlore gaan; <sup>16</sup>vir die laaste &#x2019;n reuk van die dood tot die dood, maar vir die eerste &#x2019;n reuk van die lewe tot die lewe.</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">Galasi&#x00EB;rs 3:11b</td>
<td align="left">&#x2026; &#x1F45;&#x03C4;&#x03B9; &#x1F41; &#x03B4;&#x03AF;&#x03BA;&#x03B1;&#x03B9;&#x03BF;&#x03C2; &#x1F10;&#x03BA; &#x03C0;&#x03AF;&#x03C3;&#x03C4;&#x03B5;&#x03C9;&#x03C2; &#x03B6;&#x03AE;&#x03C3;&#x03B5;&#x03C4;&#x03B1;&#x03B9;&#x2022;</td>
<td align="left">[&#x2026;] want die regverdige sal uit die geloof lewe.</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">1 Johannes 5:13</td>
<td align="left">&#x03A4;&#x03B1;&#x1FE6;&#x03C4;&#x03B1; &#x1F14;&#x03B3;&#x03C1;&#x03B1;&#x03C8;&#x03B1; &#x1F51;&#x03BC;&#x1FD6;&#x03BD; &#x1F35;&#x03BD;&#x03B1; &#x03B5;&#x1F30;&#x03B4;&#x1FC6;&#x03C4;&#x03B5; &#x1F45;&#x03C4;&#x03B9; &#x03B6;&#x03C9;&#x1F74;&#x03BD; &#x1F14;&#x03C7;&#x03B5;&#x03C4;&#x03B5; &#x03B1;&#x1F30;&#x03CE;&#x03BD;&#x03B9;&#x03BF;&#x03BD;, &#x03C4;&#x03BF;&#x1FD6;&#x03C2; &#x03C0;&#x03B9;&#x03C3;&#x03C4;&#x03B5;&#x03CD;&#x03BF;&#x03C5;&#x03C3;&#x03B9;&#x03BD; &#x03B5;&#x1F30;&#x03C2; &#x03C4;&#x1F78; &#x1F44;&#x03BD;&#x03BF;&#x03BC;&#x03B1; &#x03C4;&#x03BF;&#x1FE6; &#x03C5;&#x1F31;&#x03BF;&#x1FE6; &#x03C4;&#x03BF;&#x1FE6; &#x03B8;&#x03B5;&#x03BF;&#x1FE6;.</td>
<td align="left">Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God.</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">Judas 1:20</td>
<td align="left">&#x1F59;&#x03BC;&#x03B5;&#x1FD6;&#x03C2; &#x03B4;&#x03AD;, &#x1F00;&#x03B3;&#x03B1;&#x03C0;&#x03B7;&#x03C4;&#x03BF;&#x03AF;, &#x1F10;&#x03C0;&#x03BF;&#x03B9;&#x03BA;&#x03BF;&#x03B4;&#x03BF;&#x03BC;&#x03BF;&#x1FE6;&#x03BD;&#x03C4;&#x03B5;&#x03C2; &#x1F11;&#x03B1;&#x03C5;&#x03C4;&#x03BF;&#x1F7A;&#x03C2; &#x03C4;&#x1FC7; &#x1F01;&#x03B3;&#x03B9;&#x03C9;&#x03C4;&#x03AC;&#x03C4;&#x1FC3; &#x1F51;&#x03BC;&#x1FF6;&#x03BD; &#x03C0;&#x03AF;&#x03C3;&#x03C4;&#x03B5;&#x03B9;, &#x1F10;&#x03BD; &#x03C0;&#x03BD;&#x03B5;&#x03CD;&#x03BC;&#x03B1;&#x03C4;&#x03B9; &#x1F01;&#x03B3;&#x03AF;&#x1FF3; &#x03C0;&#x03C1;&#x03BF;&#x03C3;&#x03B5;&#x03C5;&#x03C7;&#x03CC;&#x03BC;&#x03B5;&#x03BD;&#x03BF;&#x03B9; &#x2026;</td>
<td align="left">Maar julle, geliefdes, moet julleself opbou deur jul allerheiligste geloof en in die Gees bid.</td>
</tr>
</tbody>
</table>
<table-wrap-foot>
<fn><p><italic>Bron</italic>: Nestle, E., Aland, K., Aland, B., Karavidopoulos, J., Martini, C.M. &#x0026; Metzger, B.M., 1993, <italic>The Greek New Testament</italic>, 27th edn., Deutsche Bibelgesellschaft, Stuttgart</p></fn>
</table-wrap-foot>
</table-wrap>
<p>Romeine 1:17b, as &#x2019;n aanhaling van Habakuk 2:4, lig dit uit dat geloof die grondslag van die lewe sowel as van die redding vorm. Die konteks van die uitspraak in Habakuk 2:4 is die bedreiging deur die Galde&#x00EB;rs (Babiloni&#x00EB;rs). Jerusalem kyk angsbevange toe hoedat hierdie nasie van krag tot krag gaan. Habakuk worstel met die vraag waarom God dit toelaat dat &#x2019;n goddelose nasie soveel voorspoed geniet en terselfdertyd as die instrument aangedui word waarmee God sy volk vir hulle sonde straf (vgl. Hab 1:6). Op die uitkyktoring ontvang Habakuk die verrassende antwoord van die Here. Met verwysing na die sondaars, s&#x00EA; God: &#x2018;Kyk, sy siel is opgeblase in hom en nie reg nie. Maar die regverdige, deur sy geloof sal hy lewe.&#x2019;</p>
<p>Die gedagte in hierdie antwoord is dat die regverdige nie leef by wat sy o&#x00EB; sien nie (ellende, bedreiging, verdrukking), maar wel by wat hy op grond van God se woord en belofte hoop en glo. Te midde van die bedreiging wat voor o&#x00EB; is, kan die gelowige gerus wees in die geloofswete dat God altyd oor hulle lewe beskik (vgl. Hill &#x0026; Walton <xref ref-type="bibr" rid="CIT0019">1991</xref>:402&#x2013;403; Lion-Cachet <xref ref-type="bibr" rid="CIT0027">1993</xref>:77).</p>
<p>In Romeine 1:17 en Galasi&#x00EB;rs 3:11b eggo bogenoemde woorde van Habakuk 2:4. Alhoewel die konteks waarbinne hierdie woorde in Romeine en Galasi&#x00EB;rs geuiter word dieselfde wesenskenmerke verteenwoordig as in die geval van Habakuk (ellende, bedreiging, verdrukking), is die bedreiging wesenlik anders. Nou nie meer &#x2019;n fisiese bedreiging (die Galde&#x00EB;rs) nie, maar &#x2019;n geestelike bedreiging (die sonde); nie meer die hunkering na &#x2019;n tydelike uitkoms nie, maar na een van ewige aard (die verlossing deur Christus). Dit is daarom te verstane dat die Nuwe Vertaling van die Bybel lees: &#x2018;&#x2026; want hy wat deur God vrygespreek is omdat hy glo, sal lewe&#x2019;. Die lewe in hierdie sin het ewigheidsbetekenis. Dit impliseer dat diegene wat vanwe&#x00EB; die geloof vrygespreek is, juis deur middel van die geloof lewe vanuit &#x2019;n wete wat die aardse en die tydelike te bowe gaan. Judas rig dus die aanmoediging tot gelowiges (Jud 1:20): &#x2018;Julle, geliefdes, moet egter voortgaan om julle lewe te bou op julle allerheiligste geloof&#x2019; (1983-Afrikaanse Vertaling). In dieselfde asem wys Judas dat sy aanmoediging nie hierdie bedeling in die oog het nie, maar dit wat hierna sal gebeur (Jud 1:21b): &#x2018;Vestig steeds julle verwagting op die barmhartigheid van ons Here Jesus Christus wat die ewige lewe aan julle sal skenk&#x2019; (1983-Afrikaanse Vertaling). Hierdie ewigheidsverwagting en die rol wat geloof daarin speel, word ondersteun wanneer 2 Korinti&#x00EB;rs 2:15&#x2013;16 en 1 Johannes 5:13 saam gelees word.</p>
</sec>
<sec id="s30010">
<title>Geloof is &#x2019;n gawe van God</title>
<p>Hierdie tema vloei nie logies vanuit Hebre&#x00EB;rs 10:38&#x2013;39 voort nie. Indien &#x2019;n mens egter in ag neem dat die verse wat hierop volg oor die geloof handel, asook oor geloof se samehang met kennis (wete), en voorts dat die inhoud van die wete (kennis) God as oorsprong het, volg dit dat &#x2019;n mens tog ook oor die oorsprong van die geloof moet besin, want dit is die wyse waardeur ons tot kennis of wete kom.</p>
<p>Die volgende Skrifgedeeltes wat in <xref ref-type="table" rid="T0004">Tabel 4</xref> (&#x2018;Geloof as gawe van God&#x2019;) uiteengesit is, dui daarop dat geloof van God afkomstig is.</p>
<table-wrap id="T0004">
<label>TABEL 4</label>
<caption><p>Geloof as gawe van God.</p></caption>
<table frame="hsides" rules="groups">
<thead>
<tr>
<th valign="top" align="left">Teksverwysing</th>
<th valign="top" align="left">Griekse teks</th>
<th valign="top" align="left">1933/1953-Afrikaanse Vertaling</th>
</tr>
</thead>
<tbody>
<tr>
<td align="left">1 Korinti&#x00EB;rs 12:7&#x2013;9</td>
<td align="left"><sup>7</sup> &#x1F11;&#x03BA;&#x03AC;&#x03C3;&#x03C4;&#x1FF3; &#x03B4;&#x1F72; &#x03B4;&#x03AF;&#x03B4;&#x03BF;&#x03C4;&#x03B1;&#x03B9; &#x1F21; &#x03C6;&#x03B1;&#x03BD;&#x03AD;&#x03C1;&#x03C9;&#x03C3;&#x03B9;&#x03C2; &#x03C4;&#x03BF;&#x1FE6; &#x03C0;&#x03BD;&#x03B5;&#x03CD;&#x03BC;&#x03B1;&#x03C4;&#x03BF;&#x03C2; &#x03C0;&#x03C1;&#x1F78;&#x03C2; &#x03C4;&#x1F78; &#x03C3;&#x03C5;&#x03BC;&#x03C6;&#x03AD;&#x03C1;&#x03BF;&#x03BD;. <sup>8</sup> &#x1FA7; &#x03BC;&#x1F72;&#x03BD; &#x03B3;&#x1F70;&#x03C1; &#x03B4;&#x03B9;&#x1F70; &#x03C4;&#x03BF;&#x1FE6; &#x03C0;&#x03BD;&#x03B5;&#x03CD;&#x03BC;&#x03B1;&#x03C4;&#x03BF;&#x03C2; &#x03B4;&#x03AF;&#x03B4;&#x03BF;&#x03C4;&#x03B1;&#x03B9; &#x03BB;&#x03CC;&#x03B3;&#x03BF;&#x03C2; &#x03C3;&#x03BF;&#x03C6;&#x03AF;&#x03B1;&#x03C2;, &#x1F04;&#x03BB;&#x03BB;&#x1FF3; &#x03B4;&#x1F72; &#x03BB;&#x03CC;&#x03B3;&#x03BF;&#x03C2; &#x03B3;&#x03BD;&#x03CE;&#x03C3;&#x03B5;&#x03C9;&#x03C2; &#x03BA;&#x03B1;&#x03C4;&#x1F70; &#x03C4;&#x1F78; &#x03B1;&#x1F50;&#x03C4;&#x1F78; &#x03C0;&#x03BD;&#x03B5;&#x1FE6;&#x03BC;&#x03B1;, <sup>9</sup> &#x1F11;&#x03C4;&#x03AD;&#x03C1;&#x1FF3; &#x03C0;&#x03AF;&#x03C3;&#x03C4;&#x03B9;&#x03C2; &#x1F10;&#x03BD; &#x03C4;&#x1FF7; &#x03B1;&#x1F50;&#x03C4;&#x1FF7; &#x03C0;&#x03BD;&#x03B5;&#x03CD;&#x03BC;&#x03B1;&#x03C4;&#x03B9;, &#x1F04;&#x03BB;&#x03BB;&#x1FF3; &#x03B4;&#x1F72; &#x03C7;&#x03B1;&#x03C1;&#x03AF;&#x03C3;&#x03BC;&#x03B1;&#x03C4;&#x03B1; &#x1F30;&#x03B1;&#x03BC;&#x03AC;&#x03C4;&#x03C9;&#x03BD; &#x1F10;&#x03BD; &#x03C4;&#x1FF7; &#x1F11;&#x03BD;&#x1F76; &#x03C0;&#x03BD;&#x03B5;&#x03CD;&#x03BC;&#x03B1;&#x03C4;&#x03B9; &#x2026;</td>
<td align="left"><sup>7</sup>Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is. <sup>8</sup>Want aan die een word deur die Gees &#x2019;n woord van wysheid gegee, en aan die ander &#x2019;n woord van kennis vanwe&#x00EB; dieselfde Gees; <sup>9</sup>aan &#x2019;n ander weer geloof deur dieselfde Gees &#x2026;</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">Efesi&#x00EB;rs 2:8</td>
<td align="left">&#x03A4;&#x1FC7; &#x03B3;&#x1F70;&#x03C1; &#x03C7;&#x03AC;&#x03C1;&#x03B9;&#x03C4;&#x03AF; &#x1F10;&#x03C3;&#x03C4;&#x03B5; &#x03C3;&#x03B5;&#x03C3;&#x1FF3;&#x03C3;&#x03BC;&#x03AD;&#x03BD;&#x03BF;&#x03B9; &#x03B4;&#x03B9;&#x1F70; &#x03C0;&#x03AF;&#x03C3;&#x03C4;&#x03B5;&#x03C9;&#x03C2;&#x2022; &#x03BA;&#x03B1;&#x1F76; &#x03C4;&#x03BF;&#x1FE6;&#x03C4;&#x03BF; &#x03BF;&#x1F50;&#x03BA; &#x1F10;&#x03BE; &#x1F51;&#x03BC;&#x1FF6;&#x03BD;, &#x03B8;&#x03B5;&#x03BF;&#x1FE6; &#x03C4;&#x1F78; &#x03B4;&#x1FF6;&#x03C1;&#x03BF;&#x03BD;&#x2022;</td>
<td align="left">Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God &#x2026;</td>
</tr>
</tbody>
</table>
<table-wrap-foot>
<fn><p><italic>Bron</italic>: Nestle, E., Aland, K., Aland, B., Karavidopoulos, J., Martini, C.M. &#x0026; Metzger, B.M., 1993, <italic>The Greek New Testament</italic>, 27th edn., Deutsche Bibelgesellschaft, Stuttgart</p></fn>
</table-wrap-foot>
</table-wrap>
<p>Die geloof wat tot regverdiging en gevolglik tot die lewe lei, kan nie aan die mens self toegeskryf word, asof dit &#x2019;n prestasie van die mens op sigself is nie. Geloof is &#x2019;n gawe van God (vgl. 1 Kor 12:7&#x2013;9 en Ef 2:8). Regverdiging wat vanuit die geloof voortvloei, is ook &#x2019;n gawe van God. Die (tot dusver) onsienbare ewigheid, wat vanuit die regverdiging voortvloei, is daarom ook &#x2019;n gawe van God. Die onsienbare ewigheid kan dus nie anders nie as om deur God se beskikkingsmag alleen deur die geloof gesien te word nie. Die wete van die onsienbare dinge is dus onteenseglik aan die geloof gekoppel.</p>
</sec>
</sec>
</sec>
<sec id="s0011">
<title>Openbaringshistoriese lig op die Grieks-Hellenistiese mens- en samelewingsbeskouing</title>
<sec id="s20012">
<title>Samelewingsteoretiese vertrekpunte</title>
<p>Van der Walt (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0043">2004</xref>:49&#x2013;62) bied &#x2019;n samelewingsteoretiese vertrekpunt ten opsigte van die eerste lesers van die Hebre&#x00EB;rboek. Die geadresseerdes van Hebre&#x00EB;rs was Joodse Christene in Rome wat die Hebre&#x00EB;rboek tussen 60 en 69 n.C. ontvang het. Die kern van die evangelieboodskap soos in Hebre&#x00EB;rs vervat, is op die realiteit van die toekomstige bedeling gerig wat in en deur Christus reeds aangebreek het. Hiervoor is geloof nodig, maar geloof wat tot ware kennis sal lei. Die Hebre&#x00EB;rskrywer wil hierdie geloofskennis versterk, omdat die gevaar bestaan dat die eerste lesers in hulle Joodse kultusdiens kan terugval. Die geloof van die Christene in Rome het, uit die perspektief van die Romeinse owerheid, van hulle &#x2019;n politieke bedreiging vir die Romeine gemaak. Aan die een kant het hulle geloof hulle laat uitstaan, maar aan die ander kant moes hulle geloof hulle midde in &#x2019;n tyd van vervolging laat vasstaan het. Dit was juis onder keiser Nero dat hierdie Christene vervolging moes verduur. Die versoeking moes groot gewees het om na die bekendheid van die Jodedom terug te val &#x2013; &#x2019;n Jodedom wat in hierdie tyd godsdienstige en politieke immuniteit geniet het en daarom van vervolging vrygestel was.</p>
<p>By die ontvangs van die Hebre&#x00EB;rboek het die gemeente uit &#x2019;n groot aantal huiskerke bestaan. Die sosiale en ekonomiese gegewens van daardie tyd bevestig dit dat die grootste gedeelte van die Christene van lae sosiale stand was. Die godsdienstige en politieke omstandighede het nie gehelp om hulle omstandighede te verbeter nie.</p>
<p>Die geadresseerdes ontvang die aanmoediging om in die geloof te volhard. Die geloof in Hebre&#x00EB;rs is op die toekoms gerig en vir die eerste lesers het dit &#x2019;n volhardende lewensingesteldheid behels met die oog op die glorieryke hemelse toekoms wat wag. Die kennis wat dit meebring, kyk verby die dood wat heersend en dreigend is; elke gelowige kan op grond van hierdie geloofskennis volhard, nie meer uit vrees nie, maar vry in die wete dat &#x2019;n heerlike toekoms wag.</p>
<p>Midde-in die vervolging was die gelowiges ook aan die invloed van vreemde lerings onderworpe, waaronder Filo se platoniese dualisme asook Gnostisisme. Elkeen van hierdie lerings was in &#x2019;n mindere of meerdere mate &#x2019;n bedreiging vir &#x2019;n korrekte mens- en samelewingbeskouing. Die Hebre&#x00EB;rboek verkondig teenoor hierdie dwalings die suiwere evangelie. Geloof is naamlik op die lewende God gerig wat Hom deur sy Seun openbaar het. Redding geskied alleenlik deur geloof hierin. Kennis alleen is nie die bepalende faktor vir redding nie, maar kennis van die onsienlike dinge is alleen moontlik deur die geloof en dit versterk ook die geloof. Kragtens die beloftewoord van God in die verlede, sal Christus in die toekoms weer kom om diegene wat dieselfde geloof deel, op te neem om aan die ewige heerlikheid deel te h&#x00EA;.</p>
</sec>
<sec id="s20013">
<title>Dualisme van liggaam en siel</title>
<p>Die skrywer van Hebre&#x00EB;rs sien die liggaam wel as &#x2019;n potensi&#x00EB;le bron van gevaar, maar nie as &#x2019;n gevangenis van die siel nie. In die Hebre&#x00EB;rboek is daar n&#x00EA;rens enige verwysing na die liggaam as die vyand van rasionele denke soos die geval by Filo is nie (Williamson <xref ref-type="bibr" rid="CIT0045">1970</xref>:275).</p>
</sec>
<sec id="s20014">
<title>Geloof en kennis</title>
<p>Die objek van Filo se geloof is nie die God van die Bybel nie, maar die god van die filosowe (m.a.w. die filosofiese persepsie van &#x2019;n godheid soos by Plato en Aristoteles). As korrektief hierteen beskryf Hebre&#x00EB;rs 10:38&#x2013;11:3 geloof as geloof in dieselfde God wat Homself in die loop van baie eeue openbaar het en wat gelowiges uit die Skrif ken. Williamson (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0045">1970</xref>:365) toon aan dat daar nie deurgaans &#x2019;n korrelasie tussen geloof en die sien van die onsienbare by Filo voorkom nie. In sommige gevalle verbind Filo wel geloof met &#x2019;n visie van God, maar dit is uitsluitlik &#x2019;n intellektuele visie, die <italic>visio Dei</italic> van die filosoof (soos hierbo reeds bespreek). Die taal van Hebre&#x00EB;rs rakende <italic>geloof</italic> en <italic>sien</italic> vorm egter &#x2019;n integrale deel van die unieke eskatologiese situasie waarin die lesers hulleself bevind. Williamson (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0045">1970</xref>:347) toon aan dat Filo die skeppingsw&#x00EA;reld as die duidelikste bewys van God se bestaan en heerskappy beskou. Die bewoording van Hebre&#x00EB;rs 11:1 en 3 ten opsigte van geloof as bewys van die onsienbare dinge dien as korrektief hierop. Hebre&#x00EB;rs 11:3 verkondig duidelik dat die gelowige deur die geloof weet dat die sienbare dinge deur die Woord van God ontstaan het; dat die sienbare dinge nie uit iets wat sienbaar is, ontstaan het nie. Geloof is nie op sigself &#x2019;n bewys hiervoor soos wat Filo geloof in die sin van <italic>bewys</italic> gebruik nie. Geloof g&#x00E9;&#x00E9; aan die mens die wete (die bewys) dat God wel bestaan en dat God die w&#x00EA;reld uit niks geskep het (Witherington <xref ref-type="bibr" rid="CIT0047">2007</xref>:301&#x2013;302).</p>
</sec>
<sec id="s20015">
<title>Eskatologiese beskouing</title>
<p>Hebre&#x00EB;rs bied &#x2019;n korrektief op die eskatologiese dimensie van Filo. Die meeste wat van die Filoniese eskatologie ges&#x00EA; kan word, is dat dit op twee skeibare w&#x00EA;relde fokus &#x2013; die een fisies en die ander geestelik. Hierteenoor is die eskatologiese fokus van Hebre&#x00EB;rs op twee aeone gerig, met ander woorde die vooruitskouing op &#x2019;n toekomstige bedeling wat tot sy volheid sal kom na afloop van die eerste. In hierdie opsig vertoon Hebre&#x00EB;rs trekke van die Joodse eskatologie, maar dan Christologies ingeklee.</p>
<p>Williamson (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0045">1970</xref>:371) verduidelik hoe die eskatologiese karakter van geloof in Hebre&#x00EB;rs 11 die toekomstige dinge &#x2019;n werklikheid maak. Volgens Hebre&#x00EB;rs 11 is geloof &#x2019;n positiewe reaksie op gebeure wat tot op hede deur geen menslike oog gesien kon word nie. Geloof behels egter die herkenning dat &#x2019;n keerpunt in die geskiedenis bereik is vandat Christus mens geword het, en dat dinge waarop daar in die verlede gehoop is, werklik begin plaasvind het. Met Christus se koms na die aarde is &#x2019;n reeks gebeure aan die gang gesit wat die toekoms nader gebring het en wat hoop en belofte tot werklikheid en volvoering getransformeer het. Hiervan wil Hebre&#x00EB;rs 11 getuig. Volgens Williamson (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0045">1970</xref>:371) is hierdie eskatologiese karakter van geloof n&#x00EA;rens by Filo te bespeur nie.</p>
</sec>
<sec id="s20016">
<title>Die rasionele karakter van redding</title>
<p>Die klem in die Gnostiek val tot &#x2019;n baie groot mate op kennis (Nock <xref ref-type="bibr" rid="CIT0032">1964</xref>:7) &#x2013; in die eerste plek kennis aangaande die mens. Daarom gaan dit vir die mens in die Gnostiek oor vrae soos wie hy is, wat hy was en waaruit hy verlos moet word. Deur rasionele inspanning alleen kan die mens vanuit sy posisie van gevangenskap in hierdie w&#x00EA;reld van die pad tot verlossing bewus raak. Volgens De Villiers (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0010">1997b</xref>) word:</p>
<disp-quote>
<p>[<italic>h</italic>]ierdie kennis verkry [&#x2026;] deur die goddelike roep wat na [<italic>die mens</italic>] kom en hom van sy hemelse herkoms bewus maak. Die kennis wat deur die roep gewek word, beteken nie slegs dat die mens van sy oorspronklike toestand bewus gemaak word nie, maar dit verleen ook aan hom die vermo&#x00EB; om uit die gevangenis te kom en die terugreis na sy hemelse tuiste aan te pak. (bl. 210)</p>
</disp-quote>
<p>Die klem op kennis en die moontlikheid van die verkryging daarvan het die navolgers van die Gnostiese beweging &#x2019;n intellektuele hoogmoed besorg (vgl. Pagels <xref ref-type="bibr" rid="CIT0034">1979</xref>:121): hulle, en hulle alleen, besit die ware kennis wat tot &#x2019;n lewe saam met die ware God kan lei (Thompson <xref ref-type="bibr" rid="CIT0041">1998</xref>:316).</p>
<p>Die aanloklikheid van die Gnostiese leer kon vir die eerste lesers van Hebre&#x00EB;rs op die vlak van gevangenskap in hierdie w&#x00EA;reld gel&#x00EA; het asook die moontlikheid om deur die inperkings van die gevangenskap te breek op reis na die hemelse tuiste &#x2013; veral gemeet aan hulle inperkings en ekonomiese status as uitgeworpenes in Rome. Met betrekking tot hierdie artikel is dit daarom te verstane dat die outeur van Hebre&#x00EB;rs in die besonder die aandag op geloof vestig om daarmee die kennisaspek in perspektief te stel. In die Gnostisisme is kennis die bepalende faktor tot verlossing uit hierdie w&#x00EA;reld om daardeur die voleinding te bereik. Geloof word tot &#x2019;n funksie van kennis gedegradeer.</p>
<p>In teenstelling met die Gnostiese leer stel Hebre&#x00EB;rs dat redding nie van kennis afhanklik is nie, maar van geloof in die ho&#x00EB;priesterlike offer van Christus (vgl. Heb 10). K&#x00E4;semann (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0024">1984</xref>:39) praat van gehoorsaamheid aan die geloof wanneer &#x2019;n mens (in vertroue op die goddelike belofte) gewillig deur die teenswoordige tyd van lyding tot by die hemelse toekoms gelei word. Deur die geloof kom &#x2019;n mens tot die wete dat daar &#x2019;n onsigbare werklikheid is; dat die w&#x00EA;reld nie ontstaan het uit iets wat die mens kan sien nie, maar uit iets wat vir die menslike oog onsigbaar is (Heb 11:3), naamlik dieselfde God wat sy Seun gestuur het om &#x2019;n offer te wees vir diegene wat in Hom glo. Geloof in Hebre&#x00EB;rs sluit kennis nie uit nie, maar rig die kennis op die ewige verlossing wat bewerk is.</p>
</sec>
</sec>
<sec id="s0017">
<title>Gevolgtrekking</title>
<p>Die eerste lesers van Hebre&#x00EB;rs het in &#x2019;n w&#x00EA;reld geleef waarin die Filoniese denke en invloede van die Gnostisisme &#x2019;n bepaalde invloed op die mensbeskouing van die Hebre&#x00EB;rs gehad het. Dit het voorts &#x2019;n bepaalde siening ten opsigte van die samelewing en religieuse vertrekpunte gevorm. Die moontlikheid bestaan daarom dat die verband tussen die gedagtes in Hebre&#x00EB;rs en die gedagtes in die histories-kontempor&#x00EA;re stromings van die Joodse Hellenisme verklaar kan word asof Hebre&#x00EB;rs as &#x2019;n korrektief op laasgenoemde dien, juis om die uniekheid van &#x2019;n Christelike perspektief op geloof en kennis te benadruk.</p>
<p>In hierdie artikel is aangetoon hoedat Hebre&#x00EB;rs &#x2019;n korrektief op invloede bied wat die unieke karakter van die Christelike geloofskennis verdring en ongedaan wil maak. Filo se geloofsbeskouings spruit voort uit &#x2019;n dualistiese w&#x00EA;reldbeskouing met platoniese ondertone. By Filo word geloof die beste verstaan met betrekking tot &#x2019;n platoniese ruimtelike skema. Die invloed van die Gnostiek het die geloof geheel en al negeer. Kennis was die spil waarom die lewe van die mens gedraai het.</p>
<p>Midde-in &#x2019;n tyd van vervolging en &#x2019;n w&#x00EA;reld van idees, filosofie&#x00EB; en godsdienste, verkondig Hebre&#x00EB;rs die uniekheid van die Christelike geloof, en die bevrydende kennis wat dit teweegbring, naamlik dat geloof op God gerig is. Dit is dus (contra Filo) op die lewende God gerig wat eenmaal in die verlede deur sy Seun gespreek het. Daardeur is nuwe beloftes gegee wat eendag in die toekoms in vervulling sal gaan. Kennis van hierdie onsienlike toekoms is nou reeds deur die geloof sienbaar. Hierdie God wat Homself (contra die Jodedom) genadiglik deur sy Seun geopenbaar het, is (contra die Gnostiek) dieselfde God wat die hemel en die aarde gemaak het. Hy sal (contra Filo) weer kom om diegene wat hierdie dinge glo in heerlikheid op te neem &#x2013; nie (contra die Gnostiek) op grond van versamelde kennis nie, maar op grond van die ho&#x00EB;priesterlike offer van Jesus Christus en die mens se geloof daarin.</p>
</sec>
</body>
<back>
<ack>
<title>Erkenning</title>
<sec id="s20018">
<title>Mededingende belange</title>
<p>Die outeur verklaar dat hy geen finansi&#x00EB;le of persoonlike verbintenis het met enige party wat hom nadelig kon be&#x00EF;nvloed het in die skryf van hierdie artikel nie.</p>
</sec>
</ack>
<ref-list id="references">
<title>Literatuurverwysings</title>
<ref id="CIT0001"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Allen</surname>, <given-names>D</given-names></string-name></person-group>., <year>1985</year>, <source><italic>Philosophy for understanding theology</italic></source>, <publisher-name>John Knox</publisher-name>, <publisher-loc>Atlanta</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0002"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Allen</surname>, <given-names>D.L</given-names></string-name></person-group>., <year>1996</year>, &#x2018;<article-title>The Lukan authorship of Hebrews: A proposal</article-title>&#x2019;, <source><italic>Journal of Translation and Textlinguistics</italic></source> <volume>8</volume>, <fpage>1</fpage>&#x2013;<lpage>22</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0003"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Andriessen</surname>, <given-names>P</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Lenglet</surname>, <given-names>A</given-names></string-name></person-group>., <year>1971</year>, &#x2018;<article-title>De brief aan de Hebree&#x00EB;n</article-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>W.</given-names> <surname>Grossouw</surname></string-name>, <string-name><given-names>B.</given-names> <surname>van Iersel</surname></string-name> &#x0026; <string-name><given-names>F.</given-names> <surname>Neirynck</surname></string-name> (eds.)</person-group>, <source><italic>Het Nieuwe Testament</italic></source>, bl. <fpage>1</fpage>&#x2013;<lpage>258</lpage>, <publisher-name>Romen &#x0026; Zonen</publisher-name>, <publisher-loc>Roermond</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0004"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Borchert</surname>, <given-names>G.L</given-names></string-name></person-group>., <year>1985</year>, &#x2018;<article-title>A superior book: Hebrews</article-title>&#x2019;, <source><italic>Review and Expositor</italic></source> <volume>82</volume>(<issue>3</issue>), <fpage>319</fpage>&#x2013;<lpage>332</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0005"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Brown</surname>, <given-names>C</given-names></string-name></person-group>., <year>1990</year>, <source><italic>Christianity &#x0026; western thought: A history of philosophers, ideas &#x0026; movements: From the ancient world to the age of the Enlightenment</italic></source>, vol. <volume>1</volume>, <publisher-name>InterVarsity</publisher-name>, <publisher-loc>Illinois</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0006"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Calvyn</surname>, <given-names>J</given-names></string-name></person-group>., <year>1963</year>, &#x2018;<article-title>The epistle of Paul the Apostle to the Hebrews and the first and second epistles of St. Peter</article-title>&#x2019;, <person-group person-group-type="translator">transl. <string-name><given-names>W.B.</given-names> <surname>Johnston</surname></string-name></person-group>, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>D.W.</given-names> <surname>Torrance</surname></string-name> &#x0026; <string-name><given-names>T.F.</given-names> <surname>Torrance</surname></string-name> (eds.)</person-group>, <source><italic>Calvin&#x2019;s Commentaries</italic></source>, pp. <fpage>1</fpage>&#x2013;<lpage>378</lpage>, <publisher-name>Eerdmans</publisher-name>, <publisher-loc>Grand Rapids</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0007"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Coetzee</surname>, <given-names>J.C</given-names></string-name></person-group>., <year>1986</year>, &#x2018;<article-title>Die gedagtestruktuur (-lyn) van Romeine</article-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>J.C.</given-names> <surname>Coetzee</surname></string-name> (red.)</person-group>, <source><italic>Glo &#x2013; en jy sal lewe! Die brief aan die Romeine &#x2013; Vir preeklees en Bybelstudie</italic></source>, bl. <fpage>6</fpage>&#x2013;<lpage>12</lpage>, <publisher-name>EFJS</publisher-name>, <publisher-loc>Potchefstroom</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0008"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Connick</surname>, <given-names>C.M</given-names></string-name></person-group>., <year>1972</year>, <source><italic>The New Testament: An introduction to its history, literature and thought</italic></source>, <publisher-name>Dickenson</publisher-name>, <publisher-loc>Encino</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0009"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>De Villiers</surname>, <given-names>J.L</given-names></string-name></person-group>., <year>1997a</year>, &#x2018;<article-title>Filosofiese strominge in die Grieks-Romeinse w&#x00EA;reld</article-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>A.B.</given-names> <surname>du Toit</surname></string-name> (red.)</person-group>, <source><italic>Handleiding by die Nuwe Testament, band 2: Die leefw&#x00EA;reld van die Nuwe Testament</italic></source>, bl. <fpage>173</fpage>&#x2013;<lpage>195</lpage>, <publisher-name>Orion</publisher-name>, <publisher-loc>Halfway House</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0010"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>De Villiers</surname>, <given-names>J.L</given-names></string-name></person-group>., <year>1997b</year>, &#x2018;<article-title>Godsdienstige lewe</article-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>A.B.</given-names> <surname>du Toit</surname></string-name> (red.)</person-group>, <source><italic>Handleiding by die Nuwe Testament, band 2: Die leefw&#x00EA;reld van die Nuwe Testament</italic></source>, bl. <fpage>197</fpage>&#x2013;<lpage>220</lpage>, <publisher-name>Orion</publisher-name>, <publisher-loc>Halfway House</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0011"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Du Toit</surname>, <given-names>A</given-names></string-name></person-group>., <year>2006</year>, <source><italic>Hebre&#x00EB;rs vir vandag</italic></source>, <publisher-name>Christelike Uitgewersmaatskappy</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0012"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Ferguson</surname>, <given-names>E</given-names></string-name></person-group>., <year>1993</year>, <source><italic>Backgrounds of early Christianity</italic></source>, <publisher-name>Eerdmans</publisher-name>, <publisher-loc>Grand Rapids</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0013"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Freeman</surname>, <given-names>C</given-names></string-name></person-group>., <year>2009</year>, <source><italic>A new history of early Christianity</italic></source>, <publisher-name>Yale University Press</publisher-name>, <publisher-loc>New Haven</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0014"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Greenlee</surname>, <given-names>J.H</given-names></string-name></person-group>., <year>1975</year>, &#x2018;<article-title>Philo Judeus</article-title>&#x2019;, in <source><italic>The Wycliffe Bible Encyclopedia</italic></source>, <comment>CD-ROM</comment>, <publisher-name>Logos Electronic Books</publisher-name>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0015"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Guthrie</surname>, <given-names>D</given-names></string-name></person-group>., <year>1962</year>, <source><italic>Hebrews to Revelation: New Testament introduction</italic></source>, <publisher-name>Tyndale Press</publisher-name>, <publisher-loc>London</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0016"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Guthrie</surname>, <given-names>D</given-names></string-name></person-group>., <year>1990</year>, <source><italic>New Testament introduction</italic></source>, <publisher-name>InterVarsity</publisher-name>, <publisher-loc>Downers Grove</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0017"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Helmbold</surname>, <given-names>A.K</given-names></string-name></person-group>., <year>1975</year>, &#x2018;<article-title>Gnosticism</article-title>&#x2019;, in <source><italic>The Wycliffe Bible Encyclopedia</italic></source>, <comment>CD-Rom</comment>, <publisher-name>Logos Electronic Books</publisher-name>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0018"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>H&#x00E9;ring</surname>, <given-names>J</given-names></string-name></person-group>., <year>1970</year>, <source><italic>The epistle to the Hebrews</italic></source>, <person-group person-group-type="translator">transl. <string-name><given-names>A.W.</given-names> <surname>Heathcote</surname></string-name> &#x0026; <string-name><given-names>P.J.</given-names> <surname>Allcock</surname></string-name></person-group>, <publisher-name>Epworth Press</publisher-name>, <publisher-loc>London</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0019"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Hill</surname>, <given-names>A.E</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Walton</surname>, <given-names>J.H</given-names></string-name></person-group>., <year>1991</year>, <source><italic>A survey of the Old Testament</italic></source>, <publisher-name>Zondervan</publisher-name>, <publisher-loc>Grand Rapids</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0020"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Hoppin</surname>, <given-names>R</given-names></string-name></person-group>., <year>1969</year>, <source><italic>Priscilla, author of the epistle to the Hebrews and other essays</italic></source>, <publisher-name>Exposition Press</publisher-name>, <publisher-loc>New York</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0021"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Hurst</surname>, <given-names>L.D</given-names></string-name></person-group>., <year>1984</year>, &#x2018;<article-title>Eschatology and &#x201C;Platonism&#x201D; in the epistle to the Hebrews</article-title>&#x2019;, <source><italic>Society of Biblical Literature</italic></source> <volume>23</volume>, <fpage>41</fpage>&#x2013;<lpage>74</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0022"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Hurst</surname>, <given-names>L.D</given-names></string-name></person-group>., <year>1985</year>, &#x2018;<article-title>Apollos, Hebrews, and Corinth: Bishop Montefiore&#x2019;s theory examined</article-title>&#x2019;, <source><italic>Scottish Journal of Theology</italic></source> <volume>38</volume>, <fpage>505</fpage>&#x2013;<lpage>513</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0023"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Hurst</surname>, <given-names>L.D</given-names></string-name></person-group>., <year>1990</year>, &#x2018;<article-title>The epistle to the Hebrews: Its background of thought</article-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>G.N.</given-names> <surname>Stanton</surname></string-name> (ed.)</person-group>, <source><italic>Society for New Testament Studies, Monograph Series</italic></source>, vol. <volume>65</volume>, pp. <fpage>1</fpage>&#x2013;<lpage>209</lpage>, <publisher-name>Cambridge University Press</publisher-name>, <publisher-loc>Cambridge</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0024"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>K&#x00E4;semann</surname>, <given-names>E</given-names></string-name></person-group>., <year>1984</year>, <source><italic>The wandering people of God: An investigation of the letter to the Hebrews</italic></source>, <person-group person-group-type="translator">transl. <string-name><given-names>R.A.</given-names> <surname>Harrisville</surname></string-name> &#x0026; <string-name><given-names>L.</given-names> <surname>Sandberg</surname></string-name></person-group>, <publisher-name>Augsburg</publisher-name>, <publisher-loc>Minneapolis</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0025"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Koester</surname>, <given-names>H</given-names></string-name></person-group>., <year>1982</year>, <source><italic>Introduction to the New Testament</italic>, vol. 2: <italic>History and literature of ancient Christianity</italic></source>, <publisher-name>Fortress</publisher-name>, <publisher-loc>Philadelphia</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0026"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Lane</surname>, <given-names>W.L</given-names></string-name></person-group>., <year>1991</year>, &#x2018;<article-title>Hebrews 1&#x2013;8</article-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>D.A.</given-names> <surname>Hubbard</surname></string-name> &#x0026; <string-name><given-names>G.W.</given-names> <surname>Barker</surname></string-name> (eds.)</person-group>, <source><italic>Word Biblical Commentary</italic></source>, vol. <volume>47a</volume>, pp. <fpage>i</fpage>&#x2013;<lpage>clvii</lpage>, <publisher-name>Word Books</publisher-name>, <publisher-loc>Dallas</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0027"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Lion-Cachet</surname>, <given-names>F.N</given-names></string-name></person-group>., <year>1993</year>, <source><italic>So s&#x00EA; die Here: Besondere kanoniek van die latere profete</italic></source>, <publisher-name>Departement Sentrale Publikasies, PU vir CHO</publisher-name>, <publisher-loc>Potchefstroom</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0028"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Lo Bue</surname>, <given-names>F</given-names></string-name></person-group>., <year>1956</year>, &#x2018;<article-title>The historical background of the epistle to the Hebrews</article-title>&#x2019;, <source><italic>Journal of Biblical Literature</italic></source> <volume>75</volume>, <fpage>52</fpage>&#x2013;<lpage>57</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0029"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Moffat</surname>, <given-names>J</given-names></string-name></person-group>., <year>1924</year>, &#x2018;<article-title>A critical and exegetical commentary on the epistle to the Hebrews</article-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>A.</given-names> <surname>Plummer</surname></string-name> (ed.)</person-group>, <source><italic>The international critical commentary on the Holy Scriptures of the Old and the New Testaments</italic></source>, pp. <fpage>i</fpage>&#x2013;<lpage>lxxxvi</lpage>, <publisher-name>Clark</publisher-name>, <publisher-loc>Edinburgh</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0030"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Montefiore</surname>, <given-names>H</given-names></string-name></person-group>., <year>1964</year>, &#x2018;<article-title>A commentary on the epistle to the Hebrews</article-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>H.</given-names> <surname>Chadwick</surname></string-name> (ed.)</person-group>, <source><italic>Black&#x2019;s New Testament Commentaries</italic></source>, pp. <fpage>1</fpage>&#x2013;<lpage>272</lpage>, <publisher-name>Black</publisher-name>, <publisher-loc>London</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0031"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Nestle</surname>, <given-names>E</given-names></string-name>., <string-name><surname>Aland</surname>, <given-names>K</given-names></string-name>., <string-name><surname>Aland</surname>, <given-names>B</given-names></string-name>., <string-name><surname>Karavidopoulos</surname>, <given-names>J</given-names></string-name>., <string-name><surname>Martini</surname>, <given-names>C.M</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Metzger</surname>, <given-names>B.M</given-names></string-name></person-group>., <year>1993</year>, <source><italic>The Greek New Testament</italic></source>, <edition>27th</edition> edn., <publisher-name>Deutsche Bibelgesellschaft</publisher-name>, <publisher-loc>Stuttgart</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0032"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Nock</surname>, <given-names>A.D</given-names></string-name></person-group>., <year>1964</year>, &#x2018;<article-title>Gnosticism</article-title>&#x2019;, <source><italic>Harvard Theological Review</italic></source> <volume>57</volume>(<issue>4</issue>), <fpage>1</fpage>&#x2013;<lpage>25</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0033"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>O&#x2019;Brien</surname>, <given-names>P.T</given-names></string-name></person-group>., <year>2010</year>, <source><italic>The letter to the Hebrews</italic></source>, <publisher-name>Eerdmans</publisher-name>, <publisher-loc>Grand Rapids</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0034"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Pagels</surname>, <given-names>E</given-names></string-name></person-group>., <year>1979</year>, <source><italic>Gnosis: Self-knowledge as knowledge of God</italic></source>, <publisher-name>Weidenfeld &#x0026; Nicolson</publisher-name>, <publisher-loc>London</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0035"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Peel</surname>, <given-names>M.L</given-names></string-name></person-group>., <year>1970</year>, &#x2018;<article-title>Gnostic eschatology and the New Testament</article-title>&#x2019;, <source><italic>Novum Testamentum</italic></source> <volume>12</volume>(<issue>2</issue>), <fpage>141</fpage>&#x2013;<lpage>165</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0036"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Pixner</surname>, <given-names>B</given-names></string-name></person-group>., <year>1992</year>, &#x2018;<article-title>The Jerusalem Essenes, Barnabas and the epistle to the Hebrews</article-title>&#x2019; in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>Z.J.</given-names> <surname>Kapera</surname></string-name> (ed.)</person-group>, <source><italic>Intertestamental essays in honour of J&#x00F3;sef Tadeusz Milik</italic></source>, pp. <fpage>167</fpage>&#x2013;<lpage>178</lpage>, <publisher-name>Enigma Press</publisher-name>, <publisher-loc>Krak&#x00F3;w</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0037"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Punt</surname>, <given-names>J</given-names></string-name></person-group>., <year>1997</year>, &#x2018;<article-title>Hebrews, thought-patterns and context: Aspects of the background of Hebrews</article-title>&#x2019;, <source><italic>Neotestamentica</italic></source> <volume>31</volume>(<issue>1</issue>), <fpage>119</fpage>&#x2013;<lpage>158</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0038"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Runia</surname>, <given-names>D.T</given-names></string-name></person-group>., <year>1993</year>, &#x2018;<article-title>Philo in early Christian literature: A survey</article-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>Y.</given-names> <surname>Aschkenasy</surname></string-name> (ed.)</person-group>, <source><italic>Compendia rerum Iudaicarum ad Novum Testamentum, Section 3: Jewish traditions in early Christian literature</italic></source>, pp. <fpage>1</fpage>&#x2013;,<lpage>362</lpage> <publisher-name>Fortress</publisher-name>, <publisher-loc>Minneapolis</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0039"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Runia</surname>, <given-names>D.T</given-names></string-name></person-group>., <year>1995</year>, &#x2018;<article-title>Platonism, Philonism, and the beginnings of Christian thought</article-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>D.T.</given-names> <surname>Runia</surname></string-name></person-group>, <source><italic>Philo and the church fathers: A collection of papers</italic></source>, pp. <fpage>1</fpage>&#x2013;<lpage>24</lpage>, <publisher-name>Brill</publisher-name>, <publisher-loc>Leiden</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0040"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Snyman</surname>, <given-names>G</given-names></string-name></person-group>., <year>1992</year>, &#x2018;<article-title>Kenteoretiese besinning oor teologiebeoefening aan die Teologiese Skool van Potchefstroom die afgelope twintig jaar</article-title>&#x2019;, <source><italic>In die Skriflig</italic></source> <volume>26</volume>(<issue>2</issue>), <fpage>247</fpage>&#x2013;<lpage>266</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0041"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Thompson</surname>, <given-names>J.W</given-names></string-name></person-group>., <year>1998</year>, &#x2018;<article-title>The appropriate, the necessary, and the impossible: Faith and reason in Hebrews</article-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>A.J.</given-names> <surname>Malherbe</surname></string-name>, <string-name><given-names>J.W.</given-names> <surname>Thompson</surname></string-name> &#x0026; <string-name><given-names>F.W.</given-names> <surname>Norris</surname></string-name></person-group>, <source><italic>The early church in its context: Essays in honor of Everett Ferguson</italic></source>, pp. <fpage>302</fpage>&#x2013;<lpage>317</lpage>, <publisher-name>Brill</publisher-name>, <publisher-loc>Leiden</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0042"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Thompson</surname>, <given-names>J.W</given-names></string-name></person-group>., <year>2008</year>, <source><italic>Hebrews</italic></source>, <publisher-name>Baker Academic</publisher-name>, <publisher-loc>Grand Rapids</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0043"><mixed-citation publication-type="thesis"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van der Walt</surname>, <given-names>S.P</given-names></string-name></person-group>., <year>2004</year>, &#x2018;<source><italic>&#x201C;Ons weet omdat ons glo!&#x201D; &#x2019;n Eksegeties-openbaringshistoriese studie vanuit Hebre&#x00EB;rs 10:38&#x2013;11:3 toegepas op die problematiek van die verhouding tussen geloof en kennis</italic></source>&#x2019;, <comment>PhD-proefskrif</comment>, <publisher-name>Fakulteit Teologie, PU vir CHO</publisher-name>, <publisher-loc>Potchefstroom</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0044"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Vorster</surname>, <given-names>W.S</given-names></string-name></person-group>., <year>1990</year>, &#x2018;<article-title>Inleiding tot Hebre&#x00EB;rs</article-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>A.B.</given-names> <surname>du Toit</surname></string-name> (red.)</person-group>, <source><italic>Handleiding by die Nuwe Testament, band 6: Die Johannesevangelie &#x2013; Hebre&#x00EB;rs tot Openbaring: Inleiding en teologie</italic></source>, bl. <fpage>73</fpage>&#x2013;<lpage>88</lpage>, <publisher-name>N.G. Kerkboekhandel</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0045"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Williamson</surname>, <given-names>R</given-names></string-name></person-group>., <year>1970</year>, &#x2018;<article-title>Philo and the epistle to the Hebrews</article-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>K.H.</given-names> <surname>Rengstorf</surname></string-name> (ed.)</person-group>, <source><italic>Arbeiten zur Literatur und Geschichte des Hellenistischen Judentums</italic></source>, vol. <volume>4</volume>, pp. <fpage>1</fpage>&#x2013;<lpage>602</lpage>, <publisher-name>Brill</publisher-name>, <publisher-loc>Leiden</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0046"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Wilson</surname>, <given-names>R. McL</given-names></string-name></person-group>., <year>1968</year>, <source><italic>Gnosis and the New Testament</italic></source>, <publisher-name>Fortress</publisher-name>, <publisher-loc>Philadelphia</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0047"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Witherington</surname>, <given-names>B</given-names></string-name></person-group>., <year>2007</year>, <source><italic>Letters and homilies for Jewish Christians: A socio-rhetorical commentary on Hebrews, James and Jude</italic></source>, <publisher-name>InterVarsity</publisher-name>, <publisher-loc>Illinois</publisher-loc>.</mixed-citation></ref></ref-list>
<fn-group>
<fn><p><bold>How to cite this article:</bold> Van der Walt, S., 2016, &#x2018;Die mensbeskoulike en samelewingsteoretiese vertrekpunte van &#x2019;n <italic>onbekende</italic> skrywer, toegespits op Hebre&#x00EB;rs 10:38&#x2013;39&#x2019;, <italic>In die Skriflig</italic> 50(3), a2058. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://dx.doi.org/10.4102/ids.v50i3.2058">http://dx.doi.org/10.4102/ids.v50i3.2058</ext-link></p></fn>
<fn><p><bold>Note: </bold>Hierdie artikel is &#x2019;n verwerkte weergawe van &#x2019;n gedeelte van &#x2019;n hoofstuk van die outeur se proefskrif: &#x2018;Ons weet omdat ons glo!&#x2019; &#x2019;n Eksegeties-openbaringshistoriese studie vanuit Hebre&#x00EB;rs 10:38&#x2013;11:3 toegepas op die problematiek van die verhouding tussen geloof en kennis.</p></fn>
</fn-group>
</back>
</article>