<?xml version="1.0" encoding="UTF-8"?>
<!DOCTYPE article PUBLIC "-//NLM//DTD JATS (Z39.96) Journal Publishing DTD v1.1d1 20130915//EN" "http://jats.nlm.nih.gov/publishing/1.1d1/JATS-journalpublishing1.dtd">
<article xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xmlns:mml="http://www.w3.org/1998/Math/MathML" article-type="book-review" xml:lang="af">
<front>
<journal-meta>
<journal-id journal-id-type="publisher-id">IDS</journal-id>
<journal-title-group>
<journal-title>In die Skriflig / In Luce Verbi</journal-title>
</journal-title-group>
<issn pub-type="ppub">1018-6441</issn>
<issn pub-type="epub">2305-0853</issn>
<publisher>
<publisher-name>AOSIS</publisher-name>
</publisher>
</journal-meta>
<article-meta>
<article-id pub-id-type="publisher-id">IDS-50-2165</article-id>
<article-id pub-id-type="doi">10.4102/ids.v50i1.2165</article-id>
<article-categories>
<subj-group subj-group-type="heading">
<subject>Book Review</subject>
</subj-group>
</article-categories>
<title-group>
<article-title>Nuut gedink oor die belang van empiriese werk in Suid-Afrikaanse gemeentes</article-title>
</title-group>
<contrib-group>
<contrib contrib-type="author" corresp="yes">
<name>
<surname>Venter</surname>
<given-names>C.J.H.</given-names>
</name>
<xref ref-type="aff" rid="AF0001">1</xref>
</contrib>
<aff id="AF0001"><label>1</label>Faculty of Theology, North-West University, Potchefstroom Campus, South Africa</aff>
</contrib-group>
<author-notes>
<corresp id="cor1"><bold>Corresponding author:</bold> C.J.H. Venter, <email xlink:href="casmar@lantic.net">casmar@lantic.net</email></corresp>
</author-notes>
<pub-date pub-type="epub"><day>24</day><month>08</month><year>2016</year></pub-date>
<pub-date pub-type="collection"><year>2016</year></pub-date>
<volume>50</volume>
<issue>1</issue>
<elocation-id>2165</elocation-id>
<product><source>Nuut gedink oor die belang van empiriese werk in Suid-Afrikaanse gemeentes</source> <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>W.J.</given-names> <surname>Schoeman</surname></string-name> (ed.)</person-group> <isbn>10158758</isbn> <publisher-name>SUN MeDIA</publisher-name>, <publisher-loc>Bloemfontein</publisher-loc>, <year>2015</year></product>
<permissions>
<copyright-statement>&#x00A9; 2016. The Authors</copyright-statement>
<copyright-year>2016</copyright-year>
<license license-type="open-access" xlink:href="http://creativecommons.org/licenses/by/2.0/">
<license-p>AOSIS. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.</license-p>
</license>
</permissions>
</article-meta>
</front>
<body>
<p>In hierdie bundel ondersoek verskeie outeurs die belang wat empiriese navorsing behoort in te neem in die verkenning van verskeie gemeentelike aspekte. Hierdie navorsing, saamgevat in &#x2019;n aantal wetenskaplike artikels, dek &#x2019;n wye area in die vakgebied Praktiese Teologie en word op die situasie in Suid-Afrikaanse gemeentes toegespits.</p>
<p>Na &#x2019;n boeiende inleidingshoofstuk oor prakties-teologiese empiriese navorsing in die NG Kerk Bloemfontein (die sg. Tweetoringkerk &#x2013; 1848), word verskillende hoofstukke (artikels) op &#x2019;n wetenskaplike wyse aangebied. Die volgende aspekte word in die empiriese ondersoek betrek: die area, doelstellings en kriteria vir sodanige prakties-teologiese ondersoek. Hierdie afdelings word opgevolg deur verdere artikels wat onder andere oor die volgende onderwerpe handel:</p>
<list list-type="bullet">
<list-item><p>praktyk-geori&#x00EB;nteerde navorsing oor die verbetering van kerklike praktyke in bepaalde dimensies van kerkwees, byvoorbeeld gemeente-analise deur die gebruikmaking van empiriese werk;</p></list-item>
<list-item><p>metodiese riglyne vir gemeente-ondersoek;</p></list-item>
<list-item><p>die identiteit van die kerklike gemeenskap;</p></list-item>
<list-item><p>redes waarom lidmate oorgaan van een gemeente na &#x2019;n ander;</p></list-item>
<list-item><p>leierskap in plattelandse gemeentes en gemeenskappe in die Noordoos-Vrystaat; en laastens</p></list-item>
<list-item><p>&#x2019;n verkenning van die gebruik van moderne tegnologie in plaaslike kerke.</p></list-item>
</list>
<p>Die outeurs het hulle dus ten doel gestel om vir die huidige tyd en in konkrete situasies van kerkwees empiries-wetenskaplike navorsing te doen in die vakgebied Praktiese Teologie.</p>
<p>Die vertrekpunte en navorsingsmetodes in hierdie supplementum vind sterk aansluiting by Osmer se model vir prakties-teologiese ondersoek. Osmer se model word wetenskaplik wyd erken en omvat die volgende dimensies van wetenskaplike ondersoek op &#x2019;n bepaalde probleemstelling: die deskriptief-analitiese moment (<italic>wat</italic> is die huidige posisie of situasie in die kerk en <italic>waarom</italic> is dit so?); die situasie-normatiewe aspekte; en laastens die prakties-beoogde oplossing (<italic>hoe</italic> kan &#x2019;n praktiese plan van aksie ontwerp en toegepas word in &#x2019;n gemeente?).</p>
<p>Wat die navorsing in Praktiese Teologie betref, bied die artikels in hierdie supplementum &#x2019;n welkome vernuwing vir navorsingsonderwerpe en navorsingsmetodologie om die praktyk van gemeentewees tot sy reg te laat kom.</p>
<p>Vroe&#x00EB;r is die ondersoekterrein in Praktiese Teologie tot &#x2019;n groot mate in beslag geneem deur die omskrywing van die <italic>rol</italic> <italic>van optrede</italic> &#x2013; en moontlike optrede &#x2013; van die pastor, die prediker, die liturg, die kategeet, die gemeentelike bouers, en so meer.</p>
<p>Die navorsingsartikels wat in hierdie supplementum saamgebundel is, getuig van wetenskaplike begronding, insig en vernuwing. Dit kan as leidinggewend beskou word vir gefundeerde kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsing op die vakgebied van Praktiese Teologie vandag &#x2013; juis ook in Suid-Afrika &#x2013; en vir die toekoms.</p>
</body>
<back>
<fn-group>
<fn><p><bold>How to cite this book review:</bold> Venter, C.J.H., 2016, &#x2018;Nuut gedink oor die belang van empiriese werk in Suid-Afrikaanse gemeentes&#x2019;, <italic>In die Skriflig</italic> 50(1), a2165. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://dx.doi.org/10.4102/ids.v50i1.2165">http://dx.doi.org/10.4102/ids.v50i1.2165</ext-link></p></fn>
</fn-group>
</back>
</article>