In die verhaalgang van die Johannesevangelie vind die navorser ’n verskeidenheid denkpatrone. Hierdie denkpatrone is uniek en waarborg ook ’n narratiewe verband tussen die vorm en die inhoud. Vorm deel in die drakrag van die teologiese inhoud en neem op dinamiese maniere aan die inhoud deel. Die tipiese styl beklemtoon die unieke semantiese integriteit van die inhoud van die Johannesevangelie. Ter wille van ’n breër verkenning van die problem, sluit ons aan by Raymond Brown (
Bogenoemde oorsig van die tipiese Johannese formele styl om die teologiese inhoud van
Die aanleiding tot hierdie navorsingsvraag het ’n meerledige oorsprong, naamlik uit artikels deur R. Bauckham (
Vanuit ’n interpretatiewe hoek is die interaksie tussen die teks en die leser van die Johannesevangelie ’n funksionele proses in die vorm van ’n narratief. ‘
Sonder om volledig die
Die doel is eerstens om die moontlike dominante rol van Semitiese chiasmes, met inagneming van Griekse beïnvloeding in die verstaan van die Johannese denkpatrone, binne ’n narratiewe raamwerk te identifiseer. Om tot ’n gekontroleerde weergawe van die boodskap van die Johannesevangelie te kom, word die navorser beweeg om deeglik van die vertellersperspektiewe en die plot van die Johannes-narratief kennis te neem. Binne sodanige geheelbeeld word verder aandag gegee aan die bydrae wat chiastiese strukture as vorm aan die inhoud van die Johannesevangelie verleen.
Lees en beleef die vierde Evangelie as ’n teologiese narratief.
Die Johannesevangelie kan as ’n getuigende narratief met ’n bepaalde plot in gedagte, vanuit die liefling dissipel, Johannes, se vertellersperspektief beskou word. Hy is ook die verteller wat die Jesus-verhaal met bepaalde bedoelings oorvertel. Johannes se dieperliggende motivering fokus sterk op verhoudings (J. du Rand
Johannes lewer ’n getuigende vertelling wat die fokus op die historiese betroubaarheid van die teks en die narratief plaas. Die Johannesevangelie is ’n getuienis in narratiewe formaat om die menswording van die Seun van God te beskryf en dit so dinamies te doen dat die lesers en hoorders ten volle kan meeleef. Dit bring mee dat die
… such stories, and the symbolic words they project, are not like monuments that men behold, but like dwelling places. People live in them. … They are moving forms, at once musical and narrative, which inform people’s sense of the story of which their own lives are a part. (p. 295)
Johannes het die tradisies en die oorvertellings oor Jesus versamel, georden en die Jesus-verhaal oorvertel met inagneming van die gemeenskaplesers se sosiale en psigiese behoeftes. Binne sodanige raamwerk formuleer Johannes ’n plan of plot vir sy narratief en bou dit dramaties in ’n eiesoortige Johannese styl uit (H. Koester
Die gang van die narratief is ten nouste aan die verskillende teksbindings en die tekssamehang verbonde. Die geheelverband van die Johannesevangelie as evangeliegenre is dus van groot belang. Die oorredende krag van die vierde Evangelie kom juis na vore wanneer dit in die geheel gehoor of gelees word (J. du Rand
Das Buch (= Johannesevangelium) als ganzes macht durchaus einen geschlossenen Eindruck und scheint einen sinnvollen Plan zu folgen. Und doch ist die Suche nach den leitenden Gesichtspunkten der Gesamtstruktur noch nicht zur Ende. (p. 55)
Binne die narratief as kommunikasiemodel moet na opeenvolging (J. du Rand
Die plot van die narratief ontvou dus in ’n proses van assosiasie of dissosiasie (M. J. Meye-Thompson
Voordat by die moontlike formulering van ’n plot uitgekom word, moet op die ontvouing van die intrige ten opsigte van die identiteit van Jesus gelet word. Die
Die
In die
Die
Die rol van meerdere stylfigure in die denkstrukture van die narratief van Johannes word grotendeels deur die narratologiese raamwerk van kommunikasie bepaal. Om byvoorbeeld die Evangelieverhaal met die aangrypende proloog in Johannes 1 af te skop en dit dan in ’n chiasme te rangskik, spreek boekdele. Vertellersperspektiewe en plotontwikkeling bied die literêre en inhoudelike ruimte waarbinne die tipiese Johannese styl die nodige effek bewerkstellig om lesers en hoorders in hulle geloofsverhouding met Jesus, die Seun van God, te versterk.
Vertellersperspektiewe verwys na die plan waarvolgens die outeur-verteller sy narratief struktureer. Dit raak die inhoudelike styl van die Johannesevangelie (vgl. Scholes & Kellogg
In hierdie bydrae val die hoofklem op die ideologiese of teologiese vertellersperspektief, maar sommige van die ander perspektiewe word ter wille van reliëf kortliks aangestip.
Die
Die
Volgens die
Indien die
Hierdie dinge is egter neergeskryf sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God en dat julle deur te glo die lewe in sy Naam kan hê.
Die lesers se geloof moet versterk word (Du Rand
Die styl van die Johannesevangelie is die hart van die narratiewe lees van die teks. Die plot van die Johannesevangelie raak die plan wat in die outeur se denke geleef het by die vertelling van die Jesus-verhaal. Dit raak die organisering van die rol wat die dade en die gebeure speel (Segovia
Die plot van die Johannesevangelie organiseer en interpreteer nie net die gebeure nie, maar plaas dit in ’n ideologiese volgorde en verband. Op hierdie wyse word die plot en die styl sekondêr omdat dit bloot die draer van geïnterpreteerde betekenis is. Al vertel die vier Evangelies dieselfde verhaal, verskil hulle wesenlik wat elkeen se plot betref. Die proloog van die Johannesevangelie (Joh 1:1–18) is die sleutel vir die plot om die res van die vertelling in perspektief te plaas. Binne die raamwerk van hierdie 18 verse moet die navorser gekontroleerd na die kern van die Johannese plot soek. In so ’n geval speel herhaling, variasie en die chaismes sleutelrolle. Jesus se sending deur sy Vader gaan oor op die dissipels se sending en word deur Jesus beklemtoon. Hierdie vertellyn fokus op ’n kettingstyl van verhoudings: van Vader na Seun (Joh 3:16); van Jesus na die dissipels (Joh 20:21); van die dissipels na die navolgers (Joh 13:34; cf. Tannehill
Jesus se opwekking uit die dood en sy verskynings aan sy dissipels is die kragtige stroomversnelling om die voortgaande missionêre verhoudingslyn te beklemtoon. Die bevestiging van die verhouding tussen Jesus en die dissipels word sterk deur die drievoudige gesprek tussen Jesus en Petrus volgens Johannes 21 gedra. Die dissipels moes leer dat die ideologiese vertellersperspektief om
Die Johannese boodskap en styl binne ’n narratiewe raamwerk vra verdere verfyning. Ten einde reliëf te kry ten opsigte van die styl van die Johannesevangelie, is dit raadsaam om op hoë skouers te staan. Daardeur word ’n ryker insig in die vraag na die tipiese dominante styl van die vierde Evangelie verkry. Die oorsigartikel deur G. van Belle (
Hierdie bydrae is vermeldingswaardig. Mlakuzhyil bestudeer 24 verskillende strukturerings van die Johannese denkpatrone en besluit op die Christosentriese literêre struktuur van die vierde Evangelie. Hy beklemtoon die bekende tweedeling vir die Johannesevangelie en benoem 2:1–12:50 as die ‘
Op die voetspoor van R.A. Holst (
Albei Johannesenavorsers se bydraes plaas die verstaan van die styl van die Johannesevangelie binne die raamwerk van
Repetition of words also link different contexts together … Repetition in the examples investigated (= life and love) is a stylistic tool that could be fruitfully used in analysing and interpreting the text of the Gospel according to John. (p. 78; vgl. ook Anderson
Du Rand (
Om die samehang van die denkstrukture van die Johannesevangelie as ’n vloeiende musikale simfonie te beskou, open heelwat hermeneutiese moontlikhede (Bamberger & Brofsky
Die beklemtoning van ’n
Anderson (
Die bedoeling is hoegenaamd nie om voor te gee dat chiasmes nou in die Johannesevangelie ontdek word nie, maar wel dat chiasmes ’n belangrike plek in die verstaan van die styl van die Johannesevangelie inneem. Dit kan ook direk in verband met die tipiese Semitiese klem op parallellismes gesien word.
Die vurige tweegesprek tussen H.B. Lightfoot (
’n Chiasme is ’n literêre styltegniek van idees wat in omgekeerde of oorkruisvolgorde gebruik word om veral beklemtoning en fokus te aksentueer (B. McCoy
In regard to the Gospel of John, scolars have proposed a plethora of theories concerning content and organization in effort to explain certain literary rough spots and supposed inconsistencies in the chronological and geographical flow of the narrative of the book. … A chiastic analysis of its overall literary structure transforms any erroneous perceptions of the book as a disorganized literary patchwork … it is an ingeniously constructed integrated whole which has been justly described as arguably the theological and literary masterpiece of the Churchs’s canon. (p. 21)
Volgens die Johannesevangelie volg die outeur eerder die Semitiese patroon van chiasmes. Dit word egter ook aanvaar dat chiasmes in die Grieks-Romeinse literatuur voorkom (Porter
Dit kan aangetoon word dat die Johannesevangelie as geheelnarratief sterk chiastiese trekke vertoon. In 1:35–51 is byvoorbeeld sprekende parallelle met 20:1–29 (
Johannese chiasmes.
Johannes 1:35–51 | Johannes 20:1–29 |
---|---|
Twee dissipels hoor Jesus is die Lam en volg Hom. | Twee dissipels hoor Jesus se liggaam word vermis en gaan om uit te vind. |
Jesus draai om: Wie soek julle? Rabbi: Waar is U tuis? | Sy draai om: Wie soek jy? Rabboeni: Waar het julle Hom neergelê? |
Andreas aan Petrus: Ons het die Messias gevind |
Maria aan die dissipels: Ons het die Here gesien. |
Stelling van twyfel |
Stelling van twyfel |
Nog ’n bepalende voorbeeld van ’n semantiese chiasme wat ook vir die res van die narratief betekenis inhou, is sekerlik 1:1–18:
A (1–2): Die
B (3): Alles
C (4–5):
D (6–7):
E (8–9): Ware
F (10–11): Sy
F1 (12–13):
E1 (14):
D1 (15):
C1 (16): Ontvangs van
B1 (17): Genade en waarheid
A1 (18): Enigste
Die oorkruis of parallellistiese verbande kan soos volg saamgevat word:
A:
B:
C: Gawe van
D:
E: Ware
F: Om Hom te
Dit gaan dus wesenlik oor die
Die narratief volgens Johannes 4:3–42 word aan die hand van ’n chiasme ontleed, wat die klem semanties uitdruklik op verse 21–24 laat val, volgens die strukturering. Vir die tipiese Joodse lesers is dit semanties veelseggend want hulle weet nou waar om die fokus te laat val:
A (3–9):
B (4–10):
C (11–12): Waar
D (13–14): Wie hierdie
E (15):
F (16–18): Jy sê tereg jy het nie ’n
G (19–20):
H (21–24): Ware
G1 (25–26): Ek weet, die
F1 (27–29): Kom, sien die
E1 (30–31):
D1 (32): Ek het
C1 (33): Het
B1 (14:34–38): My
A1 (38–42):
Die fokus van hierdie gedeelte handel oor die
A:
B:
C:
D: Van waar die
E: Sy
F:
G:
H:
Volgens Johannes 13:1–14:31 sou ’n mens hier ’n dubbele chiasme kan onderskei wat semanties veelseggend is. Dit help die verstaan van die eerste Afskeidsrede:
A (13:1–2):
B (3–9):
C (10–11):
D (12–17):
E (18–19): Maar die
D1 (20): Wie My
C1 (20–22):
B1 (23–26):
A1 (27–30):
Hierdie gedeelte laat die klem op die
A (13:31–35):
B (36–37): Woorde van
C (38–14:4): Waarheen
D (5): Woorde van Tomas
E (6–7): Ek is die
D1 (8): Woorde van Filippus
C1 (9–21): Waarheen
B1 (22): Woorde van
A1 (23–31): Die
Geskematiseerd lyk dit soos volg:
A:
B:
C:
D:
E:
In albei hierdie chiastiese strukture (13:1–30 en 13:31–14:31) word op Jesus se
Die versoeking is te groot om nie die res van die Afskeidsgesprekke (15:1–17:26) se styl na te gaan en om die chiastiese stylgebruik uit te lig nie:
A (15:1–17):
B (18–27): Sodat die
C (16:1–4): Hulle
D (5–16):
E (17–18):
F (19–22):
G (23–24): Wat julle
H (25):
G1 (26–27): Wat julle
F1 (28):
E1 (29–30):
D1 (31–33): Die
C1 (17:1–10): Dat hulle
B1 (11–21): Sodat die
A1 (22–26):
Die chiastiese strukturering lig die volgende uit:
A:
B:
C: Om
D: Om die
E:
F:
G: Vra in
H: Om die
In Jesus se eie woorde vertel hoofstukke 15–17 dat dit oor
Die behandelde voorbeelde bevestig die volgende: die chiastiese styl van die Johannesevangelie om die
Hierdie aanbieding, uit my Johannese binneste, word opgedra aan Jan van der Watt: ’n gewaardeerde vriend, kollega en uitnemende akademiese vakgenoot saam met wie ek die genadevoorreg vir etlike dekades lank kon deel om ons liefde vir die Bybel, die Teologie en veral die Johannese geskrifte nasionaal en internasionaal te beoefen.
Die outeur verklaar dat hy geen finansiële of persoonlike verbintenis het met enige party wat hom nadelig of voordelig kon beïnvloed het in die skryf van hierdie artikel nie.