Die drie susterskerke sowel as sekere onafhanklike gemeentes en die Church of England in Suid-Afrika se wortels lê stewig in die regsinnige kerk van die vroegste tye en die Protestantse teologie van die sestiende eeu geanker. Die betoog wat volg, is veral op hiérdie gereformeerdes in Suid-Afrika gerig, maar wil ook ’n problematiek in die groter gereformeerde wêreld hanteer.
Vanaf die vroegste tye tot op hede aanvaar die regsinnige Christelike kerk die Tora as deel van die Bybel en daarom, op een of ander wyse, as gesaghebbend en bindend. Baie vroeg in die geskiedenis het die kerk besef dat die Tora nie sonder meer direk deur die Christelike kerk in die geheel oorgeneem kan word nie. Vandaar die onderskeidings wat reeds van die vroegste tye af binne die Tora gemaak is. ’n Kenmerkende verdeling, waarskynlik die mees populêre by die kerkvaders, is die verdeling van die Tora in twee dele, naamlik die morele gebooie wat deur Christus behou en uitgebrei is en die seremoniële wat met Christus tot ’n einde kom (Irenaeus
Sekerlik die bekendste onderskeiding is die driedeling in morele, seremoniële en burgerlike wetgewing wat reeds by Thomas van Aquino voorkom (
Die Hervormers neem hierdie driedeling oor. Die seremoniële wet is gesien as ’n onderwysing van die Jode waarmee dit die Here behaag om sy volk in hulle kinderskoene te oefen totdat die volheid van die tyd aanbreek. Die burgerlike wet is beskou as gegee vir staatsreëling, met bepaalde voorskrifte van billikheid en geregtigheid sodat mense daarvolgens sonder skade en rustig teenoor mekaar kon optree (Calvyn 1948:
Die sedewet is as die ware en ewige reël van geregtigheid gesien wat vir mense van alle volkere en tye voorgeskryf is. Calvyn gebruik die sedewet in hierdie sin en verdeel dit verder, op grond van die funksies, in drie dele:
dit dryf ons in sy veroordeling na Christus;
dit bedwing die goddelose; en
dit lei gelowiges dieper in die kennis van die wil van God en spoor hulle tot geregtigheid aan (Calvyn 1948:
Hierdie gebruik deur Calvyn vind onder andere in die Heidelbergse Kategismus. (Sondag 2–4 en Sondag 32–52) asook die Westminster Confession (par. 19) neerslag.
In die Protestantse teologie word die volgende volgorde van die gebruik van die sedewet dus gemene taal:
die
die
die
Dit is egter binne die sogenaamde
Aangesien die invloed van federale teologie via die belydenisskrifte steeds sterk in die gereformeerde wêreld figureer, moet hierdie teologiese rigting as die ‘opponent’ in hierdie artikel gesien word.
Met hierdie teologiese agtergrond is dit natuurlik vanselfsprekend dat die gebruik van die lees van die Dekaloog aan die begin van elke erediens ’n instelling is wat selde in sekere kerke onder die invloed van federalisme bevraagteken word. Dit is insiggewend dat die Dekaloog nie in die Vroeë Kerk en gedurende die vroeë Middeleeue in die erediens aangetref word nie (Barnard
Voortvloeiend hieruit word die vraag na wat vandag die riglyn vir die Christen se etiek is dikwels sonder enige huiwering beantwoord met verwysing na die Dekaloog.
Vir gelowiges wat glo dat gereformeerdheid juis
Daag Galasiërs 6:2, naamlik ‘Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus’, die geldigheid van die gebruik van die Tora vir gelowiges se beoefening van etiek na die koms, lewe, sterwe en opstanding van Christus, uit? Dit is die vraag wat nou hanteer moet word om uiteindelik aan te dui dat Jesus nie net ’n sogenaamde sedewet nie, maar die Tora as geheel, oorgeneem het. Dit het diepgaande implikasies vir die etiek van gelowiges wêreldwyd en spesifiek vir die kerk in Suid-Afrika.
Dit is belangrik om te begryp dat die titel van hierdie artikel nie verstaan moet word asof Galasiërs 6:2 die allesomvattende antwoord sou wees op die vraag na die Christen en etiek en selfs die Christen en die wet nie. Die hantering van Galasiërs 6:2 is gemik om die
In die beantwoording van hierdie vraag is dit van groot nut om van die uiters insiggewende en deurslaggewende navorsing deur Seyoon Kim, kennis te neem in verband met die Jesus-tradisie, of die sogenaamde ‘
Volgens Kim (
Hierdie insigte is uiters belangrik, want dit beteken dat ’n mens kan verwag dat Paulus se siening van die voortgaande geldigheid van die wet (Tora) in noue ooreenstemming sal wees met dié van Jesus soos dit in Matteus 5:17 na vore kom. Verder kan verwag word dat die Christus-gebeure van die kruis en die opstanding ’n belangrike rol in Paulus se siening van die Tora sal speel.
Allison (
Dat Jesus die rol van Israel in Matteus se denke oorneem, is duidelik wanneer Jesus uit Egipte geroep word (Matt 2:15), deur die water gaan (Matt 3) en in die woestyn versoek word soos Israel (Matt 4). Dat Jesus Satan uit Deuteronomeum die verbondsboek antwoord, is natuurlik ook insiggewend.
Dit is nog meer ooglopend dat Jesus homself in Matteus 5 terselfdertyd met Moses kontrasteer in die lig van die makroteks, die groter konteks. Matteus 5:1–2 is spesifiek belangrik waar die Sinai-tipologie die leser lei om ’n nuwe openbaring deur die nuwe Moses te antisipeer (Poythress
Daar moet onthou word dat Mosaïese karaktertrekke in Judaïsme na latere wetgewers en leraars transmigreer. Hier dink ’n mens byvoorbeeld aan Esegiël en Hillel. In
In soverre Matteus dus die klem laat val op die feit dat sy leraar en openbaarder ’n nuwe Moses is, is hy slegs konvensioneel. Die feit dat die spreker van die Bergrede meer is, is egter belangrik. Hy is die Messias. Met ander woorde, Hy is die vervulling van die eskatologiese verwagting; die kulminasie van Israel se geskiedenis. Die vraag is nou of ’n mens van ’n ‘messiaanse’ Tora moet praat. Saam met Allison (
Matteus assosieer waarskynlik Jesus se amp as leraar met sy status as Messias. Dit volg uit die verwagting waarvan daar in baie tekste sprake is uit verskillende tye en plekke. Volgens hierdie tekste sal die Messias en moontlik een of ander eskatologiese figuur eskatologiese instruksie bring.
Allison (
Dit is veelseggend dat drie van die voorspellings van Jeremia 31:31–34 ’n vervulling in Matteus vind: Jesus die Messias stel ’n nuwe verbond in (Matt 26:28), lê klem op die interne dimensies van die gebooie (Matt 5:21 e.v.) en Hy gee sy lewe as losprys vir baie (Matt 20:28; 26:28). Verder neem baie kommentatore in Matteus 26:28 (‘dit is die bloed van die nuwe verbond … tot die vergifnis van sonde’) ’n sinspeling waar op Jeremia 31:31 en verkondig op so ’n wyse die realisering van Jeremia se woorde in Jesus se dade (Luk 22:17; 1 Kor 11:25).
Die versoeking is groot om die aanname te maak dat Matteus 1–5 Jesus as die nuwe wetgewer, die eskatologiese interpreteerder van die Tora, voorhou. Dit is hierdie Tora wat Jesus inderdaad kom instel het, wat Hyself in werklikheid beliggaam. Dit is ook hierdie Tora, dus Jesus self, wat die vervulde Tora van Matteus 5–17 is. Hierdie Tora is nie ’n vernietiging van die ou Tora nie, maar die vervulling daarvan tot ’n ongekende volheid.
Sonder twyfel kan hierdie opmerkings ’n aanduiding wees dat Paulus op ’n bekende tradisie steun en dit dan met sy eie inhoud verder vul en uitbou. Met hierdie opmerkings in gedagte kan daar nou intensief na Galasiërs 6:2 gekyk word. Wanneer hierdie uitspraak ontleed word, is dit van die uiterste belang om hermeneuties getrou aan Paulus se bedoeling in die hele brief te wees. Uitsprake oor die betekenis van Galasiërs 6:2 wat uiteindelik in stryd is met Paulus se brief in die geheel, kan nie op grond van dogmatiese oortuigings gelewer word nie. Inteendeel, die vraag na die hermeneutiese sleutel tot die verstaan van Galasiërs is in hierdie verband ononderhandelbaar.
Dit ly geen twyfel nie dat Jeffrey Weima met sy ‘
Wat die Galasiërs-brief betref, is die slot deurslaggewend vir ons verstaan van waaroor die brief gaan en ook vir die verstaan van Galasiërs 6:2. Hierdie briefeinde bevat ’n reeks skerp kontraste tussen Paulus en sy opponente. Weima (
Wanneer Galasiërs 6:2 op die tafel kom, moet dus verwag word dat hierdie sentrale saak, naamlik die kruis van Christus, ook hier van deurslaggewende belang is – dit terwyl Paulus by Jesus se siening van die vervulling van die wet binne die koninkryk, te wete die nuwe verbond, aansluit. Die nuwe verbond is egter vir Paulus ondenkbaar sonder die Gees. Wright (
In die vraag na die betekenis van die ‘wet van Christus’ moet bogenoemde elemente op ’n logiese wyse met mekaar in verband gebring word.
Inleidend moet kortliks kennis geneem word van Betz se siening dat die frase, ‘wet van Christus’ op ’n polemiese wyse in Galasiërs 6:2 gebruik word. Volgens Betz (
Die ooreenkoms tussen Galasiërs 6:2 en Galasiërs 5:14 is opvallend. Dit wil voorkom asof Paulus juis die betekenis van ‘vervulling van die wet’ wil verhelder deur die voorwerp van vervulling te verander van ‘die hele wet’ (Gal 5:14) na ‘die wet van Christus’ (Gal 6:2). Die onmiddellike konteks van die verwysing na die wet van Christus vestig ’n treffende kontras tussen die wet van Moses en die wet van Christus. Die wet van Christus word vervul deur sondaars te herstel en hulle laste te dra (Gal 6:1–2), terwyl die doel van die Mosaïese wet is om ‘oortredings uit te wys’ (Gal 3:19). Paulus se hele brief aan die Galasiërs is vol illustrasies van maniere waarop die Tora gebruik is om sondaars van die kerk te
Ten spyte van die belangrike kontras tussen die wet van Moses en die wet van Christus in Galasiërs, is daar tog ’n treffende parallel tussen Paulus se aanhaling van die liefdesgebod uit die Tora (Gal 5:14) en sy verwysing na die wet van Christus (Gal 6:2). Albei ‘wette’ word deur gebooie om wedersydse diens te verrig, ingelei: ‘Dien mekaar in liefde’ (Gal 5:13) en ‘dra mekaar se laste’ (Gal 6:2). In albei gevalle word die term,
So ’n eenvoudige gelykstelling werk egter nie in Galasiërs nie. Benewens dit wat nou reeds bespreek is omtrent die hermeneutiese sleutel tot die brief, wys Paulus ook dat ten minste sommige gebooie van die Tora – soos die voedselwette (Gal 2:14), die Sabbat- en feesregulasies (Gal 4:10) en die besnydenis (Gal 5:2-4) – slegs op Joodse Christene van toepassing is en nie op die heiden-Christene nie. Hy gaan voort om teen enige poging om die hele Tora te onderhou (Gal 5:3), te waarsku.
Ander navorsers interpreteer weer die verbintenis tussen die vervulling van die liefdesgebod van die Tora en die vervulling van die wet van Christus as ’n bewys dat slegs die gebod om lief te hê – losstaande van alle ander eksterne beginsels of direktiewe – die wet van Christus is (Fung
Nog ander meen dat die liefdesgebod soos deur die lering en voorbeeld van Jesus gedefinieer en geïllustreer, die ‘wet van Christus’ is (Davies
Die probleem met so ’n perspektief is dat dit die
In die lig hiervan moet tot die gevolgtrekking gekom word dat vir Paulus
Dit is interessant om daarop te let dat Hofius tot dieselfde slotsom kom. Hy verstaan die ‘wet van Christus’ asof gegrond in die Knegliedere van Jesaja 42:1–4 en 52:13–53:12. Die Kneg as die sondedraende plaasvervanger dra die
Aansluitend by hierdie siening, is dié van Hays. Hy reken ook dat om volgens die wet van Christus te lewe, beteken om in ooreenstemming met die patroon te leef wat deur Jesus duidelik gemaak is. Christus se gee van Homself aan die kruis word die paradigma vir alle mense (Hays
Dit bring ’n mens by die feit dat hierdie wet van Christus, wat ook Christus die gekruisigde is, die wet onder die nuwe verbond is wat die nuwe volk van God se riglyn binne die nuwe verbond vorm. ’n Riglyn wat as sodanig nie die ou Tora vernietig nie, maar juis tot sy volheid vul en sy oorspronklike bedoeling, wat nooit nagekom kon word nie, ’n moontlikheid maak onder die ‘nuwe Israel’ van God. Hierdie nuwe Israel toon juis sy andersheid deur die ‘kruisliefde’.
In gedeeltes soos Eksodus 19:5–6 en in die tradisionele Judaïsme is die doel van die nakoming van God se gebooie om te verseker dat God se kosbare mense in hulle heiligheid onderskeibaar is. In die lig hiervan is Paulus se saak teen die nakoming van die wet vir baie Joodse Christene van sy tyd sekerlik niks anders nie as ’n skewe teologie en praktiese, uiters gevaarlike raad. Die rede is dat dit voorgekom het asof dit sonder enige leiding vir, of enige eksterne beperking gelê het op elke dag se lewe. Indien die wet, wat verlossing betref, irrelevant is soos Paulus duidelik geglo het, is die weg natuurlik oop vir ’n etiese antinomie en selfbevrediging sonder perke. Paulus dui ook aan dat dit presies die aanklag is wat teen hom gelê is (Rom 3:8 en 6:1, 15).
Dit wil voorkom asof die Christene in Galasië bekommerd was oor dieselfde ‘tekortkominge’ in Paulus se verstaan van die wet. Hulle het duidelik die Tora gesien as sowel die middel waardeur iemand ingewy is onder Abraham se erfgename, en ook die standaard waarvolgens etiese gedrag hanteer en gereguleer moes word. Paulus se brief hanteer hierdie saak aanvanklik in verhouding tot die getroue lewe van Christus wat in die lewe van Christene beliggaam is. In Galasiërs 2:19 maak Paulus dus daarop aanspraak dat Christus in hom leef – ’n gedagte wat hy verder in vers 20 ontwikkel in terme van die getrouheid van Christus (ἐν πίστει ζῶ τῇ τοῦ υἱοῦ τοῦ θεοῦ).
In Paulus se verstaan, word die gelowige se daaglikse lewe nie deur die onderhouding van wettiese verpligtings gekenmerk nie, en ook nie deur wetteloosheid nie, maar deur die verbondsgetrouheid van die Seun van God wat in die gelowige uitgeleef word (Longnecker
Paulus se etiek in Galasiërs ontwikkel vanuit hierdie Christologiese punt en in verhouding tot die Gees, wat as die Gees van Christus (Gal 4:6) geïdentifiseer word. Die Gees se aktiwiteit voed eienskappe binne die Christelike gemeenskap wat die karakter van Jesus uitbeeld. Dit is niks minder nie as dinamiese uitbreidings van die kwaliteite wat Hy in sy aardse lewe ten toon stel, maar spesifiek ook die liefde wat Hy aan die kruis bewys; liefde wat alle ander vorms van liefde oortref. Hierdie kruisliefde van Christus word nou ook deur gelowiges getoon in die dra van mekaar se laste.
Die Christologiese model van verbondsgetrouheid, wat in liefde en die gee van die self manifesteer (Gal 1:4; 2:20), is Paulus se paradigma vir ’n Christelike lewenstyl (Gal 5:22–23). Hierdie Christus-gelykvormige karakter moet binne die korporatiewe lewe van gelowiges (Gal 4:19) gevorm word. Dit gebeur namate die lede ‘beklee word met Christus’ (Gal 3:27), net soos ’n akteur die kleredrag van ’n ander aantrek sodat hy daardie persoon binne die konteks van die toneelstuk ‘kan wees’. Binne hierdie vergelyking is die hele lewe die teater waarin Christene Christus
Die verbondsgetrouheid van Christus tot aan die kruis, is die konteks waaruit die karakterkenmerke van die nuwe wêreldorde van Geesgedrewe liefde en die gee van die self ontstaan. Die hele vraag of dit tot wetteloosheid lei, word as ’t ware deur Paulus in Galasiërs 5:13–14 beantwoord wanneer hy hierdie eskatologiese karakter beskryf as die manier waarop die wet vervul word. Diegene wat deur die Gees in liefde en diens aan ander wandel, vervul of ‘voldoen aan die standaard’ van die Mosaïese wet deur daardie Christus-gelykvormige liefde, selfs sonder die nakoming van die wet se spesifieke voorskrifte (Rom 8:4; 13:8–10; Gal 6:2; vgl. Schreiner
Dit is sekerlik nodeloos om te beklemtoon dat hierdie wet van Christus die hele Tora oorneem en nie net die sogenaamde morele of sedewet nie. Wanneer Paulus in Galasiërs van die
Galasiërs 5:23: ‘teen sulke dinge is daar geen wet nie’, waar Paulus waarskynlik ook kan verwys na die Tora; en
Galasiërs 4:21b waar Paulus duidelik na die Pentateug verwys. In sekerlik een van die mees resente, omvattende studies oor Paulus en die wet, dui Rosner (
Christus die gekruisigde neem dus nou die rol van die Tora oor. In hierdie nuwe Tora en die navolging daarvan, kan dit wat die Mosaïese Tora nooit kon vermag nie, tot vervulling kom. Dit gebeur in die liefdevolle diens van diegene wat deur die Gees van Christus tot gelykvormigheid aan die karakter van Christus getransformeer is. Hulle is die volk van die nuwe verbond. Die meer resente werk van Law (
Dit is daarom nie vreemd dat Paulus die term
Wanneer daar oor die praktiese implikasies besin word wat hierdie artikel vir die etiek en etiese prediking inhou, is dit belangrik om te weet wat presies daarmee bedoel word. Met etiese prediking word prediking bedoel waarin daar gepoog word om lidmate in die lig van die Bybel te laat besin oor die
Cilliers (
Die wet van Moses (Tora) mag nie van sy begronding in die verbondsgeskiedenis losgemaak word nie. Dit was nie ’n goddelike wetgewing wat onafhanklik van God se groot handeling van verlossing in die Eksodus is nie. Die wet van Moses het as ’t ware uit die Eksodusgeskiedenis gegroei. Hierdie groot handeling van God het van die Israeliete gedrag vereis wat ’n toepaslike reaksie op sy verlossing sou wees. Die totale etiese sisteem van die Ou Testament is deur die Eksodusgebeure gestruktureer en gekleur. Die karakter van die Eksodusgebeure het die manier waarop Israel verplig was om te leef, bepaal.
Die Dekaloog, ook genoem die ‘woorde van die verbond’ (Eks 34:28), word deur ’n stelling omtrent God se verlossing (Eks 20:2) voorafgegaan. Juis omdat die magtige Skepper, die Vader, Man, Koning en Bondgenoot van sy volk geword het deur middel van ’n handeling van vrye guns en liefde, en omdat Hy hulle Beskermer is en die Waarborg dat Israel alles sal hê (‘Ek is … jou God’), is daar ’n geïmpliseerde
In die Ou Testament is die essensie van aanbidding die onthou, herhaling en oordenking van die magtige handelinge van God, spesifiek in die Eksodusverhaal (Rig 5:11; Ps 66; 78; 105; 106; 111:4). Sonde was altyd ’n uitdrukking van ’n vergeetagtigheid ten opsigte van wat God gedoen het. Vir die Ou-Testamentiese heilige was die lewe ’n dankbare viering van die eksodus. Sy godsdiens was een van herinnering en dankbaarheid.
Die wet van Moses was niks anders nie as die definiëring van konkrete handelinge waardeur die magtige dade van God onthou kon word en die Israeliet sy dankbaarheid vir die insluiting in daardie heilige geskiedenis kon uitdruk. Die eksodus het bepaal hoe Israel in elke saak moes optree.
Die Nuwe-Testamentiese etiek het dieselfde karakter as die Ou-Testamentiese etiek aangesien dit uit die verlossingsgeskiedenis voortvloei en deur daardie geskiedenis gestruktureer en gekleur word. Hierin lê die kontinuïteit tussen die etiek van die Ou Testament en dié van die Nuwe Testament. Aangesien albei in ’n groot verlossingshandeling gegrond is, vereis albei ’n etiek van dankbaarheid en ’n lewe van geloof en liefde.
Tog is daar ook diskontinuïteit tussen die etiek van die Ou en die Nuwe Testament. Die Nuwe Testament is
Net soos die wet van Moses die morele imperatiewe bevat wat uit die Eksodus voortvloei – die Sinai-gebeure – so beliggaam die ‘wet van Christus’ die morele imperatiewe wat uit die lewe, dood en opstanding van Christus voortvloei – die Christusgebeure. Die manier waarop die Christelike gemeenskap opgeroep word om te lewe, is gestruktureer, bepaal en gekleur deur die Christusgebeure.
In die Nuwe Testament is die imperatiewe gegrond in die herhaling van God se groot daad in Christus. Die verwysing na ‘soos Christus’ word ook meermale gebruik om gelowiges na ’n selfopofferende liefdevolle optrede op te roep. Liefde kry ’n nuwe historiese verwysingspunt, naamlik liefde wat deur die kruis van Christus gedefinieer word.
Die gevaar bestaan dat gereformeerdes onder die invloed van federalisme as ’t ware vir genade na die Christus-gebeure kan gaan, maar na Moses vir etiek terugkeer. Laasgenoemde gedrag sê ten diepste dat Christus ons
Hierin skuil egter ’n nog groter gevaar. Wanneer die Westminster Confession se hantering van die Sabbat as lakmoes gebruik word vir die wyse waarop hulle die
Meer kommerwekkend is die feit dat as ’n gereformeerde, ’n mens aanvoel dat hier ten diepste ’n verdraaiing van die skopus en klem van die totale Skrifboodskap omtrent Jesus Christus as die Alfa en die Omega is. Hierdie skopus en klem is vanuit ’n dogmatiese hoek reeds uiters suksesvol deur Adrio König in
’n Mens kan dus met vrymoedigheid beklemtoon dat die Nuwe Testament daarom nie die gees-gedoopte gemeenskap na Moses terugstuur om hulle plig te leer nie. Nêrens word die ná-Pinkstergemeenskap vermaan om die Tora as riglyn vir hulle lewe te bestudeer nie. Paulus redeneer deurgaans in sy briewe vanaf die evangeliegebeure na die etiek. Hy wys hoe die verlossingshandeling in Christus moet bepaal hoe ’n mens jou in alle menslike verhoudings moet gedra (bv. 1 Kor 6:15–20). Dit is insiggewend dat Paulus wel na Christene verwys wat die wet ‘vervul’, maar nooit sê dat gelowiges die wet moet ‘hou’ of ‘gehoorsaam’ nie. Gelowiges ‘gehoorsaam’ die evangelie (Rosner
Wanneer Petrus en sy geselle in Antiochië fouteer en in die openbaar tereggewys moet word, verdoem Paulus hulle gedrag ook nie op grond van die wet van Moses nie. Hy staan hulle teë op grond van die feit dat ‘hulle nie reguit loop volgens die waarheid van die evangelie nie’ (Gal 2:14). Paulus haal die Ou-Testamentiese gebooie slegs in drie of vier geïsoleerde gevalle aan. Waar hy dit wel doen, is dit nie die basis van sy etiese appèl nie, maar ’n sekondêre appèl – en selfs dán gebruik hy die wet van Moses met groot profetiese vryheid (vgl. 1 Kor 9:9). ’n Stelling uit die wet het nie vir Paulus dieselfde absolute outoriteit as wat dit vir die Judaïsme het nie. Rosner (
Aangesien die wet van Moses ons tot heiligheid en dankbaarheid teenoor God en ’n lewe van geloof en liefde oproep, leef die gees van die ou wet steeds onder die nuwe bedeling voort. Die tydlose etiese beginsels in die wet van Moses leef onder die ‘wet van Christus’voort. As deel van ’n
Vir die prediking is hierdie klem van die uiterste belang. Die
Paulus sê aan die Galasiërs dat enigeen wat aan die wet van Moses onderworpe is, niks anders as ’n slaaf is nie. Die onderhouding van ‘dae en maande en tye en jare’ is ‘diensbaarheid onder die eerste beginsels van die wêreld’ (vgl. Gal 4:1–10). Die apostel doen ’n beroep op sy bekeerlinge wat na hierdie dinge wil terugkeer: ‘Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie’ (Gal 5:11).
God wou gehad het dat Israel oorvloedig en vrygewig moes wees in dit wat God aan hulle gegee het, en Hom as die Gewer en Besitter van alles sou erken. Om hulle hierin te help, het Hy hulle ‘kinderlike’ opvoedingsregulasies gegee. Hierdie regulasies was nie die regte wet agter die wet nie. Nog minder was dit permanent van aard. Dit was tydelike regulasies wat op Israel afgedruk is, totdat Christus sou kom (Gal 3:23–24). In die Nuwe Testament verander God nie die werklike wet agter die Mosaïese regulasies nie. Die Nuwe Testament wil nog meer hê dat God se mense vrygewig met sy gawes moet wees en dat hulle sy aanspraak op alles wat hulle is en het, sal raaksien. Die Nuwe Testament gee egter nie regulasies oor tiendes, offerandes en tye en plekke van aanbidding nie.
Natuurlik het die kerk steeds tye en plekke van aanbidding nodig.
Paulus beskryf hierdie respons in algemene terme as
Die wet van Moses is kulties. Alhoewel dit tydlose etiese beginsels bevat, is dit in ’n kultiese kleed geklee. Die kultiese eiesoortigheid van die Mosaïese Tora het ’n skeidsmuur gevorm wat die heidene as ’t ware uitgehou het. Christus het juis hierdie skeidsmuur afgebreek (Ef 2:14, 15). Onder die wet van Christus gaan dit dus nie meer oor ’n afskeiding van die buitewêreld om sodoende heilig te bly nie, maar dit gaan juis daaroor om die onheilige met die heilige binne te dring en so die onheilige te omvorm. Daar is ook nie meer net sekere heilige dae en tye wat beskerm moet word nie, maar alle dae, tye en plekke moet binnegedring en heilig gemaak word.
Samehangend met die voorafgaande moet onthou word dat die wet van Christus mense verenig en nie verdeel nie. Die Tora onder Moses het mense eenkant gehou en sodoende ’n skeiding in die mensdom veroorsaak. Hierdie benadering mag geen rol in die internasionale Christelike gemeenskap speel nie. Die middelmuur van skeiding is afgebreek. Hierdie waarheid is uiters relevant vir die gees van vreemdelingehaat wat tans in Suid-Afrika heers.
Paulus waarsku Titus teen Joodse Christene (Tit 1:10–14) wat die wet gebruik om allerlei ‘twis en stryery’ onder Christene te veroorsaak (Tit 3:9; vgl. 1 Tim 1:6, 7). In die prediking moet baie aandag aan hierdie aspek gegee word; die prediking van die wet van Christus moet eenheid bevorder! Die relevansie hiervan vir die kerk in Suid-Afrika is ooglopend vir elkeen wat die gebeure rondom die Belhar Belydenis gevolg het.
In die lig van hierdie studie en veral die implikasies soos dit beklemtoon is, moet daar daarom deeglik aan die liturgie aandag geskenk word. Die lees van die wet met die sondebelydenis wat daarop volg, kan nie meer onnadenkend toegepas word nie. Die huidige gebruik in die meerderheid gereformeerde denominasies kommunikeer onteenseglik dat hulle steeds onder die ‘wet van Moses’ staan. Daar moet deeglik tot op Sinodale vlak besin word hoe die liturgie daar moet uitsien noudat die wet van Christus die rol van die Tora oorgeneem het.
Jean-Luc Marion (
Wie is ons as Christene? Blote sterflinge wat geneig is om te dwaal en die waarheid in ongeregtigheid te onderdruk. Wie is ons om oor God te praat? Tog is dit so dat stilbly van ons kant af ’n weiering is om God, wat met ons in sy Tora praat, aan die woord te stel. Juis daarom poog hierdie artikel om weg te bly van ’n blote sistematies teologiese bespreking en ’n eksegetiese studie te doen.
Dit is die outeur se diepste versugting dat die etiek van gelowiges wêreldwyd en spesifiek die kerk in Suid-Afrika, deur die wet van Christus gevorm sal word. Dit is juis hierdie wet van Christus wat nodig is om ook in Suid-Afrika soos Jesus grense oor te steek. Anders gestel, hierdie wet kan vir ons ’n koninkryksingesteldheid gee wat die grense van ras, kleur, kultuur en geskiedenis oorsteek. Dit is juis omdat Jesus homself gesien het as die Een wat die koninkryk van God ingelui het, dat Hy buite die grense van Israel kon beweeg. Die Tora was daarom ook nie die beslissende beginsel in Jesus se optrede nie, maar wel die koninkryk van God. Dit beteken nie dat daar ’n diskrepansie tussen die koninkryk van God en die Tora is nie, maar eerder dat die ou Tora ‘teruggedruk’ word in verhouding tot God se koninkryk (Bosch
Die outeur verklaar dat hy geen finansiële of persoonlike verbintenis het met enige party wat hom nadelig kon beïnvloed het in die skryf van hierdie artikel nie.
Met