Editorial

Editorial

Editorial Office
In die Skriflig/In Luce Verbi | Vol 43, No 2 | a221 | DOI: https://doi.org/10.4102/ids.v43i2.221 | © 2009 Editorial Office | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 26 July 2009 | Published: 26 July 2009

About the author(s)

Editorial Office,, South Africa

Full Text:

PDF (29KB)

Abstract

Die redaksie is dankbaar om nog ’n uitgawe van In die Skriflig aan ons lesers te bied. Hierdie uitgawe bied ’n artikel van Fritz de Wet wat handel oor ’n pneumaties-bepaalde teoretiese raamwerk vir ’n navorsingsmetodologie in Praktiese Teologie. Hy wys op die unieke aard van prakties-teologiese wetenskapsbeoefening en toon aan hoe ’n pneumaties-bepaalde teoretiese raamwerk binne hierdie pro- ses diensbaar kan wees. Hierdie artikel is ’n belangrike bydrae vir navorsingsmetodologie in ’n tyd waarin sodanige metodologie weer in Teologie aan die orde gestel word. Hannes van der Walt vra die vraag of “Spiritualiteit” die nuwe godsdiens van ons tyd geword het? Hierdie vraag het belangrik geword in die postmoderne geestes- klimaat waar, in verset teen die dominansie van die rede, weer ge- soek word na “ervaring” en “gevoelsbelewing” binne ’n religieuse verband. Sy konklusie is dat hoewel “Spiritualiteit” nie werklik as ’n nuwe religie gesien kan word nie, dit tog waar is dat mense en- toesiasties soek na nuwe geestelike ervarings. Daarom draai baie mense hulle rug op die hoofstroomkerke waarin hulle meen hulle nie sulke ervarings kan beleef nie. Benno Zuiddam ondersoek die teo- logiese verskuiwing in die denke van David Faure, die negentiende- eeuse Kaapse predikant. Aanvanklik het Faure sy teologie in die lyn van die rasionalisme bedink, maar het daarna sy toevlug tot spiri- tisme geneem. Op grond van hierdie historiese gebeurtenis vra Benno die vraag of dit nie ook die lot gaan wees van die Nuwe Her- vormingbeweging in Suid-Afrika nie.

Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 2746
Total article views: 1920


Crossref Citations

No related citations found.