<?xml version="1.0" encoding="UTF-8"?>
<!DOCTYPE article PUBLIC "-//NLM//DTD JATS (Z39.96) Journal Publishing DTD v1.1d1 20130915//EN" "http://jats.nlm.nih.gov/publishing/1.1d1/JATS-journalpublishing1.dtd">
<article xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xmlns:mml="http://www.w3.org/1998/Math/MathML" article-type="research-article" xml:lang="af">
<front>
<journal-meta>
<journal-id journal-id-type="publisher-id">IDS</journal-id>
<journal-title-group>
<journal-title>In die Skriflig / In Luce Verbi</journal-title>
</journal-title-group>
<issn pub-type="ppub">1018-6441</issn>
<issn pub-type="epub">2305-0853</issn>
<publisher>
<publisher-name>AOSIS</publisher-name>
</publisher>
</journal-meta>
<article-meta>
<article-id pub-id-type="publisher-id">IDS-51-2249</article-id>
<article-id pub-id-type="doi">10.4102/ids.v51i1.2249</article-id>
<article-categories>
<subj-group subj-group-type="heading">
<subject>Original Research</subject>
</subj-group>
</article-categories>
<title-group>
<article-title>Transkonfessionalisme, konstruktivisme en Karel Schoeman (1939&#x2013;2017) oor die Kaapse pi&#x00EB;tisme</article-title>
</title-group>
<contrib-group>
<contrib contrib-type="author" corresp="yes">
<name>
<surname>Raath</surname>
<given-names>Andries W.G.</given-names>
</name>
<xref ref-type="aff" rid="AF0001">1</xref>
</contrib>
<aff id="AF0001"><label>1</label>Department of History, University of the Free State, South Africa</aff>
</contrib-group>
<author-notes>
<corresp id="cor1"><bold>Corresponding author:</bold> Andries Raath, <email xlink:href="raatha@ufs.ac.za">raatha@ufs.ac.za</email></corresp>
</author-notes>
<pub-date pub-type="epub"><day>05</day><month>09</month><year>2017</year></pub-date>
<pub-date pub-type="collection"><year>2017</year></pub-date>
<volume>51</volume>
<issue>1</issue>
<elocation-id>2249</elocation-id>
<history>
<date date-type="received"><day>07</day><month>03</month><year>2017</year></date>
<date date-type="accepted"><day>06</day><month>06</month><year>2017</year></date>
</history>
<permissions>
<copyright-statement>&#x00A9; 2017. The Authors</copyright-statement>
<copyright-year>2017</copyright-year>
<license license-type="open-access" xlink:href="https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/">
<license-p>Licensee: AOSIS. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.</license-p>
</license>
</permissions>
<abstract>
<p><bold>Transconfessionalism, constructivism and Karel Schoeman (1939&#x2013;2017) on Cape pietism.</bold> The South African historiographer Karel Schoeman&#x2019;s (1939&#x2013;2017) research on 17th and 18th-century ecclesiastical life and Protestant spirituality at the Cape is embedded in the context of transconfessional and transnational pietism research. As such, Schoeman&#x2019;s transconfessional approach produces important correctives to traditional constructivist pietism approaches. Schoeman&#x2019;s approach enables him to study Cape Protestant spirituality of the 17th and 18th centuries within the context of pietism being the most significant devotional movement (<italic>Frommigkeitsbewegung</italic>) of Protestantism after the Reformation, manifesting pietism primarily as a religious phenomenon with astonishing spatial, temporal, social, spiritual, church-confessional and theological complexities that arose around the turn of the 16th to the 17th century from criticism of the existing ecclesiastical and spiritual relations at nearly the same time in England, the Netherlands and Germany. From there it spread to Switzerland, Scandinavia, Eastern Europe and the United States. It contributed to a great extent to the worldwide Protestant mission and has remained an active movement into the present</p>
</abstract>
</article-meta>
</front>
<body>
<sec id="s0001">
<title>Inleiding</title>
<p>Die Duitse kerkhistorikus Heinrich Heppe se pionierstudie <italic>Geschichte des Pietismus und der Mystik in der reformierten Kirche, namentlich der Niederlande</italic> (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">1879</xref>) was die eerste om &#x2019;n indringende ondersoek na die Nederlandse gereformeerde pi&#x00EB;tisme teen die agtergrond van die pi&#x00EB;tisme as transnasionale verskynsel te doen. Heppe beskou pi&#x00EB;tisme as &#x2019;n spesifieke Protestants-kerklike ontwikkeling. In die lyn van Philipp Jakob Spener (1635&#x2013;1705) definieer Heppe (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">1879</xref>:6) die pi&#x00EB;tisme as die strewe na die voltooiing van die sestiende-eeuse Kerkhervorming, synde &#x2019;n blote reformasie van die leerstellige met verwaarlosing van lewensvroomheid, naamlik &#x2018;<italic>das Streben nach Vervollst&#x00E4;ndigung der Kirchenreformation des sechzehnten Jahrhunderts als einer blosen Reform der Lehre durch Erweckung der pietas oder eine Reform des Lebens</italic>&#x2019;.</p>
<p>&#x2019;n Jaar n&#x00E1; Heppe se werk verskyn Albrecht Ritschl se driedelige <italic>Geschichte des Pietismus</italic> (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0019">1880&#x2013;1886</xref>). In hierdie werk gee Ritschl &#x2019;n geheelbeeld van die pi&#x00EB;tisme, sowel as die gereformeerde en Lutherse variante daarvan. Ritschl kom tot die teenoorgestelde bevinding as Heppe: die pi&#x00EB;tisme verteenwoordig nie &#x2019;n voltooiing van die Reformasie nie, maar was verantwoordelik vir die deformasie daarvan. Ten spyte van meningsverskille oor die kerkhistoriese gevolge van die pi&#x00EB;tisme in die Protestantse w&#x00EA;reld, deel Heppe en Ritschl minstens twee perspektiewe wat vir pi&#x00EB;tisme-navorsing van deurslaggewende betekenis is: eerstens, die pi&#x00EB;tisme is &#x2019;n Protestantse verskynsel van internasionale omvang; en tweedens, die mistiek as kerkhistoriese fenomeen is nie tot die Protestantse spiritualiteit beperk nie, maar staan in direkte verband daarmee.</p>
<p>Heppe se weerstand teen die verabsolutering van die Lutherse (oftewel Spenerse) pi&#x00EB;tisme en die implikasies van Ritschl se standpunt dat die Lutherse pi&#x00EB;tisme uit die gereformeerde pi&#x00EB;tisme voortspruit, het vir langer as &#x2019;n eeu navorsing oor die sewentiende- en agtiende-eeuse pi&#x00EB;tisme in Nederland rigtinggewend be&#x00EF;nvloed. Pi&#x00EB;tisme-navorsing is sedertdien in twee duidelik onderskeibare tendense te onderskei: enersyds, navorsers wat die aard van die pi&#x00EB;tisme in die transkonfessionele en internasionale karakter daarvan soek; en andersyds, diegene wat konstruktivisties die nasionale vergestaltings van die pi&#x00EB;tisme as normatief vir pi&#x00EB;tisme-studie opneem.</p>
<p>Die konstruktivistiese benadering tot die Nederlandse pi&#x00EB;tisme beklemtoon die Nadere Reformasie as &#x2019;n unieke geestesbeweging wat min verband met die Duitse pi&#x00EB;tisme het. Suid-Afrikaanse navorsers soos Hofmeyr en Malan het hierdie benadering gevolg en die inslag en voortgang van die pi&#x00EB;tisme aan die Kaap tot die Nadere Reformasie beperk.</p>
<p>Die afgelope twee dekades het Karel Schoeman (1939&#x2013;2017) se historiografiese publikasies oor die sewentiende- en agtiende-eeuse Kaapse geskiedenis toenemend aandag vir die internasionale en transkonfessionele aard van die pi&#x00EB;tisme as Europese verskynsel gevra. Die implikasies van Schoeman se navorsing is vir die historiografiese en teologiese navorsing oor die Kaapse pi&#x00EB;tisme van diepgaande betekenis: pi&#x00EB;tisme is nie tot die Nadere Reformasie beperk nie &#x2013; laasgenoemde word as term vir die Nederlandse pi&#x00EB;tisme gebruik. Die pi&#x00EB;tistiese be&#x00EF;nvloeding van die Protestantse spiritualiteit aan die Kaap vertoon &#x2019;n bepaalde transkonfessionele karakter en benewens Lutherse en Nederlandse invloede het Engels-Skotse Puritanisme meegedoen in die identiteitsvorming van die Kaapse pi&#x00EB;tisme. In hierdie artikel word veral op twee aspekte van Schoeman se navorsing gefokus: eerstens, wat behels sy transkonfessionele tipering van die pi&#x00EB;tisme aan die Kaap; en tweedens, wat is die implikasies daarvan vir pi&#x00EB;tisme-navorsing in &#x2019;n transnasionale verband.</p>
</sec>
<sec id="s0002">
<title>Karel Schoeman se tipering van die Kaapse pi&#x00EB;tisme</title>
<sec id="s20003">
<title>Die historiografiese datering van die Kaapse pi&#x00EB;tisme</title>
<p>In Nederlandse verband het S. van der Linde die voortou geneem om die term <italic>pi&#x00EB;tisme</italic> konstruktivisties vir die Duitse pi&#x00EB;tisme te reserveer en sy voorkeur vir &#x2018;Nadere Reformasie&#x2019; ter tipering van die Nederlandse pi&#x00EB;tisme uit te spreek (kyk ook Van der Linde <xref ref-type="bibr" rid="CIT0036">1954</xref>:215&#x2013;225; <xref ref-type="bibr" rid="CIT0037">1967</xref>:5&#x2013;16; <xref ref-type="bibr" rid="CIT0038">1973</xref>:193&#x2013;205; <xref ref-type="bibr" rid="CIT0039">1976a</xref>:6&#x2013;21; <xref ref-type="bibr" rid="CIT0040">1976b</xref>:246&#x2013;267; <xref ref-type="bibr" rid="CIT0041">1976c</xref>:189&#x2013;200). Van der Linde se navolger, C. Graafland, brei hierdie onderskeid tussen die pi&#x00EB;tisme en die Nadere Reformasie uit deur &#x2019;n konstruktivistiese metodologie ter beskrywing van die Nederlandse pi&#x00EB;tisme van die sewentiende en agtiende eeu aan te wend. In sy vergelykende studie oor die Reformasie en Nadere Reformasie, tref hy onderskeid tussen die sistematiese en stigtelike skrywers van die Nadere Reformasie. Tot die eerste groep reken hy Guilielmus Amesius (1576&#x2013;1633), Gisbertus Voetius (1589&#x2013;1676), Johannes Coccejus (1603&#x2013;1669) en Hermannus Witsius (1636&#x2013;1708); tot die laaste groep word Ian Tafiin (c. 1528&#x2013;1602), W. Teellinck (1579&#x2013;1629), Jacobus Koelman (1633&#x2013;1695) en W. &#x00E0; Brakel (1635&#x2013;1711) gereken. Volgens Graafland (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0004">1961</xref>) het die Nadere Reformasie &#x2019;n geleidelike oorgang na pi&#x00EB;tisme beleef &#x2013; &#x2019;n tendens wat in vergelyking met die Reformasie rasionaliserend en verengend afgeloop het. &#x2019;n Soortgelyke beperkende visie op die Nadere Reformasie kulmineer by T. Brienen, L.F. Groenendijk, W.J. Op &#x2019;t Hof en C. Meeuse in &#x2019;n definisie wat poog om hierdie beweging van die pi&#x00EB;tisme te onderskei. Uitgaande van die veronderstelling dat die Nadere Reformasie uitsluitlik op die sewentiende eeu betrekking het, definieer hulle hierdie Protestantse godsdiensbenadering as synde die beweging binne die Nederlandse Gereformeerde Kerk wat teen die algemeen verbredende wantoestande en misopvattinge in die Kerk gerig was en wat die verdieping en verbreding van die sestiende-eeuse Hervorming beoog het en met profetiese geesdrif hulle vir die innerlike deurlewing van die gereformeerde leer en die persoonlike lewensheiliging sowel as die radikale en totale heiliging van alle terreine van die lewe beywer het (Brienen et al. <xref ref-type="bibr" rid="CIT0003">1983</xref>:109&#x2013;113).</p>
<p>Die Duitse skrywer Johannes Wallmann het beslag gegee aan die konstruktivistiese benaderings tot die pi&#x00EB;tisme deur histories-kronologies tussen Nadere Reformasie en pi&#x00EB;tisme te onderskei (Wallmann <xref ref-type="bibr" rid="CIT0045">2010</xref>):
<disp-quote>
<p>Wie niemand in Deutschland gegenw&#x00E4;rtig noch von einem englischen Pietismus redet, so ist auch die Rede von einem niederl&#x00E4;ndischen Pietismus durch das Aufkommen des Begriffs, &#x2019;nadere Reformatie&#x2019; problematisch geworden. (p. 414)</p>
</disp-quote></p>
<p>Wallmann se kronologiese onderskeid behels dat die Nadere Reformasie ongeveer &#x2019;n eeu vroe&#x00EB;r as die pi&#x00EB;tisme begin en &#x2019;n hoogtepunt bereik nadat laasgenoemde &#x2019;n aanvang geneem het. Die hooffigure van die Nadere Reformasie, naamlik Ian Taffin (1528&#x2013;1602), Willem Teellinck (1579&#x2013;1629), sy broer Eewoud Teellinck (1571&#x2013;1629), Godefridus Udemans (1581/1582&#x2013;1649), William Ames (1576&#x2013;1633), Gisbertus Voetius (1589&#x2013;1676), Andreas Essenius (1618&#x2013;1677), Johannes Hoornbeeck (1617&#x2013;1666), Theodorus &#x00E0; Brakel (1608&#x2013;1669), en Jodocus van Lodenstein (1620&#x2013;1677) was gevolglik persone wat gedurende die eerste twee-derdes van die sewentiende eeu &#x2013; met gedeeltelike teruggrepe op die sestiende eeu &#x2013; opgetree het (Wallmann <xref ref-type="bibr" rid="CIT0045">2010</xref>:417). Wallmann (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0045">2010</xref>:417) deel Wilhelm Goeters se standpunt dat hierdie skrywers wat aan die &#x2018;voorbereiding van die pi&#x00EB;tisme&#x2019; &#x2019;n aandeel gehad het, strenggesproke tot die Dordrechtse Ortodoksie behoort en dat die Nederlandse pi&#x00EB;tisme eers in 1670 by Johannes de Labadie (1610&#x2013;1674) ontstaan het.</p>
<p>In vergelyking met die Duitse pi&#x00EB;tisme behels Wallmann se kronologie dat die hooffigure van die Nadere Reformasie nie tydgenote van die vroe&#x00EB; Duitse pi&#x00EB;tiste is nie, maar eerder van die Lutherse Ortodoksie van die sewentiende eeu. Die hervormingsidee van die pi&#x00EB;tisme in die Lutherse Kerk het &#x2019;n aanvang by die Lutherse Ortodoksie geneem. Was die Nadere Reformasie die historiese ekwivalent van die hervormingstrewe van die Lutherse Ortodoksie? Anders gestel: Het die Nadere Reformasie kronologies &#x2019;n voorsprong op die pi&#x00EB;tisme gehad? Volgens Wallmann (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0045">2010</xref>:418) was die Nadere Reformasie nie die ekwivalent van die pi&#x00EB;tisme nie, maar die Nederlandse ekwivalent van die Arndtse vroomheidsbeweging wat, terminologies gesproke, nie tot die pi&#x00EB;tisme behoort nie. Die Arndtse vroomheidsbeweging val gevolglik saam met die aanvang van die Nadere Reformasie, terwyl die pi&#x00EB;tisme as spirituele beweging eers by Spener begin (Wallmann <xref ref-type="bibr" rid="CIT0045">2010</xref>:218 e.v.). Vervolgens is die Arndtse vroomheidsbeweging grootliks op die verbetering van die individu in die nastrewing van vroomheid gerig (Wallmann <xref ref-type="bibr" rid="CIT0045">2010</xref>:418 e.v.). Die Nadere Reformasie stem daarom eerder met die Lutherse Ortodoksie ooreen as wat dit met die pi&#x00EB;tisme saamval (Wallmann <xref ref-type="bibr" rid="CIT0045">2010</xref>:419).</p>
<p>Volgens Wallmann stam die klassieke stigtelike literatuur van die Duitse Lutheranisme nie uit die pi&#x00EB;tisme nie, maar uit die Lutherse Ortodoksie. In Nederland was die &#x2018;<italic>Oude Schrijvers&#x2019;</italic> &#x2013; die stigtelike outeurs van die sewentiende eeu &#x2013; deel van die Nadere Reformasie. Die Nadere Reformasie vloei dus nie uit die Nederlandse Ortodoksie soos die pi&#x00EB;tisme in Duitsland uit die Ortodoksie nie. Die Nadere Reformasie was gevolglik geen navolging van die Ortodoksie in Nederland nie, maar was self die gereformeerde Ortodoksie in praktiese gestalte. Daarteenoor was die klassieke stigtelike boeke van die Lutherane die uitvloeisel van die Lutherse Ortodoksie van die sewentiende eeu en nie van die pi&#x00EB;tisme nie (Wallmann <xref ref-type="bibr" rid="CIT0045">2010</xref>:420 e.v.).</p>
<p>In die vroe&#x00EB;re Suid-Afrikaanse pi&#x00EB;tisme-navorsing was die neiging om die term Nadere Reformasie vir sowel die sewentiende as die agtiende-eeuse Nederlands-gereformeerde skrywers te gebruik. C.J. Malan gebruik byvoorbeeld die term &#x2018;<italic>Oude Schrijvers</italic>&#x2019; om die Nederlandse kerklike beweging aan te dui wat in Zeeland &#x2019;n aanvang geneem en mettertyd deur die hele Nederland versprei het (Malan <xref ref-type="bibr" rid="CIT0011">1984a</xref>:13&#x2013;36; <xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">1984b</xref>:442). Malan identifiseer Voetius as die outeur met die grootste invloed in hierdie beweging. Die strewe van die Nadere Reformasie was om &#x2019;n nadere reformasie van die kerklike lewe en alle terreine van die Nederlandse volkslewe te bewerkstellig (Malan <xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">1984b</xref>:442). Die stimulus hiertoe was die pleidooie wat reeds by die Sinode van Dordrecht vir die praktiese beoefening van die godsaligheid (<italic>praxis pietatis</italic>) opgegaan het (Malan <xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">1984b</xref>:442). Malan (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">1984b</xref>:443) beperk die Nadere Reformasie tot &#x2019;n godsdiensbeweging wat uitsluitlik tot Nederland beperk was en rigtinggewend deur praktiese omstandighede in die Nederlandse Gereformeerde Kerk be&#x00EF;nvloed is. Van hierdie omstandighede was kerklike deformasie, verw&#x00EA;reldliking en toenemende sekularisasie op alle lewensterreine aspekte wat direk tot Nadere Reformasie aanleiding gegee het (Malan <xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">1984b</xref>:444). Die gees van verw&#x00EA;reldliking skryf Malan (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">1984b</xref>:445) grootliks aan die invloed van Johannes Coccejus toe. Met die oog op &#x2019;n sistematiese studie van die Nadere Reformasie gebruik Malan (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">1984b</xref>:452) kriteria soos geografiese lokalisering, mistieke affiniteite, kerklike betrokkenheid, profeties-historiese bydraes en &#x2019;n fase-indeling van die belangrikste skrywers . Die eerste fase was &#x2019;n profetiese tydperk, gevolg deur &#x2019;n mistieke fase met gepaardgaande verinnerliking van die godsdienstige lewe, en uiteindelik &#x2019;n derde fase van verstarring. Die tydperk van die Nadere Reformasie dek, volgens Malan, die hele tydperk van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC) se bewind aan die Kaap &#x2013; vanaf die vestiging in 1652 tot met die einde van die Kompanjie in 1795. Hierdie benadering was bykans die teenoorstaande van di&#x00E9; van Heppe en Ritschl.</p>
<p>Hoewel Karel Schoeman nie &#x2019;n tydsaanduiding vir die ontstaan van die pi&#x00EB;tisme gee nie, trek hy wel bepaalde pi&#x00EB;tistiese lyne tot in die sewentiende eeu deur. Hy (Schoeman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0021">1996</xref>:12) identifiseer reeds onder Nederlandse Protestante &#x2019;n lankgevestigde pi&#x00EB;tistiese stroming wat deur godsdienstige ontwikkelings in Duitsland en die Herrnhutter Broedergemeente be&#x00EF;nvloed is. In die aanvangsfases van die Nederlandse pi&#x00EB;tisme ken Schoeman (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0028">2011</xref>:270&#x2013;272) &#x2019;n belangrike rol aan Jacobus Koelman se invloed toe. Schoeman (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0031">2014</xref>:300&#x2013;301) bring die Nederlandse pi&#x00EB;tisme-opbloei direk in verband met die stroewe en formalistiese kerklike bediening van die sewentiende en agtiende eeu. Benewens Nederlands-pi&#x00EB;tistiese strominge onderskei hy (Schoeman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">1997b</xref>:123&#x2013;126) ook vroe&#x00EB; Duitse en Engelse pi&#x00EB;tistiese neigings. Voorts beklemtoon hy (Schoeman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">1997b</xref>:278&#x2013;280) die taning van die Nederlandse pi&#x00EB;tisme teen 1720 en wys op die skouspelagtige opbloei van die pi&#x00EB;tisme tydens die Nijkerkse beroeringe van 1749. Hoewel Nederlandse skrywers na &#x2018;Nadere Reformasie&#x2019; verwys, verkies Schoeman (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">1997b</xref>:125) om van Nederlandse pi&#x00EB;tisme te praat.</p>
<p>Schoeman (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0022">1997a</xref>:27) beskryf die Kaapse pi&#x00EB;tisme as &#x2019;n spirituele verskynsel wat na vore getree het nadat die pi&#x00EB;tisme in Nederland reeds sy aansien verloor het. Dit word aanvaar dat Theodorus van der Groe (1705&#x2013;1784) &#x2013; wat ook uitgebreide korrespondensie met Susanna Bosman (weduwee De Vries) aan die Kaap gehandhaaf het &#x2013;die laaste verteenwoordiger van die Nadere Reformasie (as Nederlandse pi&#x00EB;tisme) was (Schoeman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0022">1997a</xref>:27). Hoewel die Kaapse inwoners eerste kontak met die Duitse pi&#x00EB;tisme gehad het, het die Nederlandse pi&#x00EB;tisme later in die agtiende eeu &#x2019;n blywende impak op die Kaapse pi&#x00EB;tisme uitgeoefen (Schoeman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">1997b</xref>:128 e.v.) &#x2013; ook vanwe&#x00EB; die werwing van Duitsers deur die VOC in die Nederlands-Duitse grensgebied (Schoeman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0026">2010a</xref>:217&#x2013;218). Teen die einde van die agtiende eeu vind die opbloei van pi&#x00EB;tisme aan die Kaap dus plaas toe dit in Nederland reeds &#x2018;uitgebloei&#x2019; was (Schoeman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">1997b</xref>:279&#x2013;280). Die lae peil van geestelike lewe aan die Kaap met die meegaande tendense van lang, omslagtige, hoogdrawende preke (&#x2018;serebraal vol welluidende retoriek&#x2019;), het &#x2019;n beduidende bydrae tot die voortgaande verbreding van die pi&#x00EB;tisme onder die Kaapse gelowiges gelewer (Schoeman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">1997b</xref>:119). Die aanwesigheid van &#x2019;n beduidende getal Lutherse gelowiges van Duitse oorsprong, tesame met die nawerking van die Morawiese sendeling Georg Schmidt en die Herrnhutter-sending, het tot die langwerkende effek van die pi&#x00EB;tisme aan die Kaap bygedra (Schoeman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0024">1999</xref>:214; <xref ref-type="bibr" rid="CIT0027">2010b</xref>:99 e.v.; <xref ref-type="bibr" rid="CIT0030">2013</xref>:410 e.v.). Die invloed van stigtelike leesstof van Lutherse oorsprong word deur Schoeman (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0022">1997a</xref>:25) as &#x2019;n belangrike bydrae tot verdieping van die pi&#x00EB;tisme aan die Kaap beskou. Gedurende die tweede helfte van die agtiende eeu het die pi&#x00EB;tisme-beweging &#x2019;n sterk neiging tot selfekspressie veral onder Kaapse vroue gehad (Schoeman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0022">1997a</xref>:25). Ook onder invloed van die Londense Sendinggenootskap bereik die pi&#x00EB;tisme in 1860 &#x2019;n hoogtepunt &#x2013; &#x2019;n herlewing waarin ds. Van der Lingen &#x2019;n groot aandeel gehad het (Schoeman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0027">2010b</xref>:108). Schoeman is daarom van mening dat die pi&#x00EB;tisme op Suid-Afrikaanse bodem later as die vergestalting daarvan in Europa na vore getree het en langer &#x2019;n modebeweging aan die Kaap was as die Europese eweknie-spiritualiteit.</p>
</sec>
<sec id="s20004">
<title>Die Kaapse pi&#x00EB;tisme as transnasionale verskynsel</title>
<p>Karel Schoeman se navorsing oor die pi&#x00EB;tisme aan die Kaap het vanaf &#x2019;n konstruktivistiese siening tot di&#x00E9; van &#x2019;n transkonfessionele standpunt verbreed. In sy biografie oor Susanna Smit (1799&#x2013;1863) en sy ondersoek na die pi&#x00EB;tisme in die vroe&#x00EB; geskrifte van Suid-Afrikaanse vroue figureer die pi&#x00EB;tisme aan die Kaap as &#x2019;n manifestasie van die Nadere Reformasie (Schoeman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0020">1995</xref>:168&#x2013;169). In sy biografie oor Machtelt Smit (1749&#x2013;1821) beskryf Schoeman (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">1997b</xref>) die pi&#x00EB;tisme egter as &#x2019;n transnasionale en transkonfessionele fenomeen, synde deel van &#x2019;n beweging wat gedurende die sewentiende eeu onder Protestantse gelowiges van Noord-Europa ontwikkel het in reaksie op wat hulle as die formaliteit en dogmatisme van die amptelike kerkgenootskappe ervaar het. Bowenal is dit in die sewentiende eeu sterk deur die ywerige vertaling van Engelse stigtelike werke in die Duitse taal bevorder (Schoeman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">1997b</xref>:123&#x2013;126). Die bedoeling met die pi&#x00EB;tistiese beweging was geensins om van die bestaande kerke weg te breek nie. Dit was eerder bedoel om hulle bediening aan te vul deur lidmate wat oor hulle sieleheil besorgd was vir wedersydse stigting en bemoediging bymekaar te bring om naas leersuiwerheid ook aandag aan lewensheiliging en vroomheid te skenk tesame met &#x2019;n uitgesproke neiging tot mistiek (Schoeman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">1997b</xref>:124). Die pi&#x00EB;tisme as internasionale en nie-dogmatiese beweging het volgens Schoeman (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">1997b</xref>:124) geensins die lidmate aangespoor om van die bestaande kerke weg te breek nie, maar eerder om hulle bediening aan te vul deur konventikels, klein, informele huisbyeenkomste, gemeenskaplike ondersteuning asook stigting en bemoediging buite die beheer van die kerk, gemeente of predikant. Vervolgens beskryf Schoeman (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">1997b</xref>:124&#x2013;125) die pi&#x00EB;tisme breedweg as &#x2019;n spirituele beweging met die klem op persoonlike bekering, geestelike wedergeboorte, sondebesef, &#x2019;n hunkering na Christus se inwoning in die gelowige siel, die onderskeid tussen verstandskennis van God en Christus se genadige geskenk van redding, daaglikse en voortdurende selfondersoek en die skep van &#x2019;n nuwe alledaagse spiritualiteit waarin teologisering geen plek het nie. Die transkonfessionele ontluiking van die pi&#x00EB;tisme word deur Schoeman (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">1997b</xref>:126) deels toegeskryf aan die intense wisselwerking binne die destydse Protestantisme soos die ori&#x00EB;ntasie van sommige hooffigure op die Engelse en Skotse Puritanisme.</p>
</sec>
<sec id="s20005">
<title>Die onderskeidende aard en inslag van die Kaapse pi&#x00EB;tisme</title>
<p>Tradisionele historiografiese interpretasies van die sewentiende- en agtiende-eeuse spiritualiteit aan die Kaap verskraal dit tot die Nederlandse Nadere Reformasie. Hierdie benaderings het veelal negatief op die pi&#x00EB;tisme se invloed aan die Kaap gereageer. Die herdenking in 1952 van Van Riebeeck se aankoms in Suid-Afrika in 1652, het beduidend tot hierdie standpunte bygedra. In die <italic>Boekspie&#x00EB;l van Suid-Afrika</italic> (Komitee vir Boekuitstalling Van Riebeeck-Fees <xref ref-type="bibr" rid="CIT0007">1952</xref>), &#x2019;n gepubliseerde uitstallingskatalogus van Nederlandse boeke in Suid-Afrika, ter herdenking van die aankoms van Jan van Riebeeck aan die Kaap op 6 April 1652, word na &#x2019;n 1860-kongresrede van John Murray verwys in die opsig dat:
<disp-quote>
<p>(v)oorheen heeft men uit Holland ingevoerd de predikatie- en gebedenboeken der voorvaderen, gelijk dit nog geschiedt. Bekend is het hoe gewild, vooral in sommige afgekegene districten, de werken van Sluiter, Mel, Smytegelt en &#x00E0; Brakel nog zijn. (bl. 49&#x2013;40)</p>
</disp-quote></p>
<p>Die boeke wat in die katalogus opgeneem is, gee bykans uitsluitlik &#x2019;n beeld van die geestelike vroomheidsliteratuur, preekbundels, gebedeboeke, en stigtelike liedere en psalmboeke van Nederlandse oorsprong. Slegs &#x00E9;&#x00E9;n Duitse bron is opgeneem: die Lutherse Bybel (Komitee vir Boekuitstalling Van Riebeeck-Fees <xref ref-type="bibr" rid="CIT0007">1952</xref>:56&#x2013;61).</p>
<p>In sy bydrae tot die 300-jarige herdenking van die vestiging van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika maak F.J.M. Potgieter (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0015">1952</xref>:48) melding van die opkoms van die Spenerse pi&#x00EB;tisme in Duitsland asook die &#x2018;verteenwoordigers van die pi&#x00EB;tistiese rigting&#x2019; in Nederland en dat baie gelowiges aan die Kaap by gebrek aan ware geestelike spyse &#x2018;gedurende die eerste helfte van die agtiende eeu by die opkomende pi&#x00EB;tisme besieling gaan put&#x2019; het. Vervolgens noem hy (Potgieter <xref ref-type="bibr" rid="CIT0015">1952</xref>:48&#x2013;49) Willem Teellinck, Gerhard Tersteegen (1697&#x2013;1769), Wilhelmus &#x00E0; Brakel, Abraham Hellenbroek (1635&#x2013;1731), Bernardus Smytegelt (1665&#x2013;1739), Jacobus Borstius (1612&#x2013;1680), Theodorus van der Groe (1705&#x2013;1784) en Wilhelmus Schortinghuis (1700&#x2013;1750) as verteenwoordigers van die pi&#x00EB;tistiese rigting &#x2013; almal eksponente van die Nadere Reformasie. Hoewel die pi&#x00EB;tisme op &#x2018;prysenswaardige wyse&#x2019; groot nadruk op die vroom lewenswandel gel&#x00EA; het, was die grootste tekortkoming daarvan dat dit die aksent van die Skrif na die subjek verskuif het. Die gevolg daarvan was dat daar nie genoeg ag geslaan is op die feit dat die Woord van God ook norm van die &#x2018;verdowe ervaring&#x2019; is nie (Potgieter <xref ref-type="bibr" rid="CIT0015">1952</xref>:49). Waar die Skrif nie sentraal staan nie, kon die pi&#x00EB;tisme ook nie streng teosentries wees nie, en kon die leer aangaande die Vader en die Heilige Gees nie tot sy reg kom nie (Potgieter <xref ref-type="bibr" rid="CIT0015">1952</xref>:49). Die belangrikste kenmerke van die pi&#x00EB;tisme is, volgens Potgieter (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0015">1952</xref>):
<disp-quote>
<p>dat dit alle mense deur &#x2019;n langdurige, bange worsteling, die <italic>Busskampf</italic>, tot bekering wil lei, en dat die bekeerdes hulle dan separatisties in afsonderlike geselskappe of &#x2018;konventikels&#x2019; terugtrek. Hierdie w&#x00EA;reldmyding het as noodwendige gevolg dat die godsdiens altyd as iets aparts naas die natuurlike lewe bly staan en nie organies inwerk op maatskappy, volk, staat, kuns, wetenskap, ens., nie. (bl. 49)</p>
</disp-quote></p>
<p>In Malan (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0010">1981</xref>; kyk ook Malan <xref ref-type="bibr" rid="CIT0011">1984a</xref>) se werk <italic>Die Nadere Reformasie</italic> erken hy dat oor die begrip <italic>Nadere Reformasie</italic> &#x2019;n &#x2018;Babelse spraakverwarring&#x2019; heers (bl. 1); dat die onderskeid tussen die terme <italic>Pi&#x00EB;tisme</italic> en <italic>Nadere Reformasie</italic> moeilik te bepaal is (bl. 1); en dat &#x2018;Nadere Reformasie&#x2019; &#x2019;n nuwe benaming vir hierdie geestestroming is, maar nie van volgehoue kritiek gevrywaar kan word nie (bl. 2). Vervolgens beskryf Malan (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0010">1981</xref>:3) die Nadere Reformasie as &#x2019;n Nederlandse kerklike beweging uit die sewentiende eeu wat in Zeeland begin en gaandeweg deur die hele land versprei het. Die wortels van die Nadere Reformasie lei Malan (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0011">1984a</xref>:2&#x2013;7) hoofsaaklik terug tot Johannes Calvyn (1509&#x2013;1564), die Skolastiek, die mistiek en die Moderne Devosie. Malan kom tot die slotsom dat die werke van die Nadere Reformasie die godsdienstige ingesteldheid van sewentiende-en agtiende-eeuse Kaapse inwoners bepaal het. Hy (Malan <xref ref-type="bibr" rid="CIT0011">1984a</xref>:43) lei dit af uit beskikbare eksemplare in museums, biblioteke of privaatbesit: &#x2018;Ek het Sluyter, Smijtegelt, &#x00E0; Brakel, Hellenbroek, Mel, Van Lodenstein, Groenewegen en Costerus behandel, omdat ek hulle werke kon opspoor.&#x2019; Malan (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0011">1984a</xref>) voeg by:
<disp-quote>
<p>Al het ek nie bewyse daarvoor nie, is ek seker dat die werke van die manne van die Nadere Reformasie naamlik Taffin, Willem Teellinck, Amesius, Voetius, Johannes Teellinck, Koelman, Theodorus &#x00E0; Brakel, Van Lodenstein, Comrie en Van der Groe, met net soveel aandag deur ons voorouers gelees is. Of laat ek dit nog bre&#x00EB;r stel: wie weet hoeveel werke van die meer as 500 skrywers van die Nadere Reformasie (genoem in Bylae A) is nie deur ons voorouers met vrug gelees nie! (bl. 43)</p>
</disp-quote></p>
<p>In Malan (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">1984b</xref>) se bydrae tot &#x2019;n versamelwerk oor die invloed van die Reformatoriese tradisie, &#x2018;The old authors (<italic>Oude schrijvers</italic>) and their influence on Calvinism in South Africa&#x2019;, kom hy tot die volgende slotsom rakende die invloed van die Nadere Reformasie op die vroe&#x00EB; inwoners in Suid-Afrika:
<disp-quote>
<p>The one point is that they had a very real influence on our ancestors. Yet their influence had not been such that South African Calvinism could be side-tracked. On the contrary. Under the blessing hand of the Lord our God Calvinism has known phenomenal growth at the southern tip of the African continent. Soli Deo Gloria! (p. 466)</p>
</disp-quote></p>
<p>Die afgelope drie dekades het Karel Schoeman se historiografiese navorsing oor die sewentiende- en agtiende-eeuse kerklike lewe en spiritualiteit aan die Kaap ook belangrike korrektiewe op die tradisionele verskraling van die Kaapse pi&#x00EB;tisme tot die Nadere Reformasie gebring. In sy voorloper-publikasie oor pi&#x00EB;tistiese tendense onder vrouegelowiges in Suid-Afrika, stel Schoeman (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0020">1995</xref>:31 e.v.) die rol van die Londense Sendinggenootskap sentraal. Hy voeg by dat die Nederlandse pi&#x00EB;tisme of &#x2018;Nadere Reformasie&#x2019; die Christosentriese inslag van die Sendinggenootskap versterk het en dwarsdeur die agtiende eeu tot taamlik diep in die negentiende eeu onder blanke gelowiges van Suid-Afrika werksaam was &#x2013; binne die raamwerk van die Calvinisme, maar buite die struktuur van die amptelike Kerk. Mettertyd gee Schoeman blyke van sy oorgang vanaf die tradisionele konstruktivistiese pi&#x00EB;tisme-interpretasies na &#x2019;n transnasionale pi&#x00EB;tisme van transkonfessionele aard.</p>
<p>In sy biografie oor J.J. Kicherer en die vroe&#x00EB; sending identifiseer Schoeman (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">1997b</xref>:278&#x2013;281) &#x2019;n sterk pi&#x00EB;tistiese stroming wat gedurende die agtiende eeu verder be&#x00EF;nvloed is deur godsdienstige ontwikkelings in Duitsland en die vestiging van die Broedergemeente (of Morawi&#x00EB;rs) te Zeist in 1746. Hy maak ook melding van die invloed van die Europese pi&#x00EB;tisme waarmee besoekende predikante en lede van die plaaslike Lutherse gemeenskap aan die Kaap in aanraking gebring is (Schoeman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">1997b</xref>:278&#x2013;279).</p>
<p>In &#x2019;n studie oor die spirituele literatuur van vrouegelowiges aan die Kaap, verreken Schoeman (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0027">2010b</xref>:98 e.v.) die bydrae van die Duitse bevolking tot die godsdienstige inslag aan die Kaap. Die sendeling Georg Schmidt se koms na die Kaap lei tot &#x2019;n onmiddellike opbloei van vroomheid vanwe&#x00EB; die aanwesigheid van &#x2019;n beduidende aantal Lutherane van Duitse herkoms en die betreklik wye beskikbaarheid van stigtelike leesstof wat die pi&#x00EB;tistiese neigings versterk het (Schoeman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0027">2010b</xref>:98 e.v.).</p>
<p>In sy biografie oor die vroulike pi&#x00EB;tis en sending-yweraar, Machtelt Smit, kom Schoeman (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">1997b</xref>:123&#x2013;124) tot die gevolgtrekking dat selfs die Nederlandse immigrante na die Kaap nie noodwendig Calviniste was nie, terwyl Duitsers en Skandinawi&#x00EB;rs aan die Kaap oorwegend Lutherane was, sodat daar nie-amptelik &#x2018;op godsdienstige vlak dus meerdere godsdienstige strominge aan die Kaap aanwesig&#x2019; was en &#x2018;die vernaamste daarvan kan waarskynlik op veralgemenende wyse as pi&#x00EB;tisme beskryf word&#x2019;</p>
<p>As transnasionale godsdiensbeweging beskryf Schoeman die pi&#x00EB;tisme as deel van &#x2019;n beweging wat gedurende die sewentiende eeu onder Protestantse gelowiges van Noord-Europa ontwikkel het in reaksie op wat hulle as die formaliteit en dogmatisme van die amptelike kerkgenootskappe ervaar het. Dit was ingeskakel by &#x2019;n komplekse proses van kulturele en godsdienstige interaksie tussen Protestantse handelsnasies rondom die Noord- en Oossee &#x2013; Skotland, Engeland, Nederland, Noord-Duitsland, Skandinawi&#x00EB; en die Baltiese lande &#x2013; wat deur skeepsvaarders, koopmanne, studente, reisigers, emigrante en vlugtelinge bevorder is en ook na Noord-Amerika oorgedra is. Dit is ook deur die vertaling van Engelse stigtelike werke in die Duitse taal versprei (Schoeman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">1997b</xref>:123&#x2013;124). As bre&#x00EB; aanduiding van die pi&#x00EB;tistiese spiritualiteit beskryf Schoeman (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">1997b</xref>:124) dit in terme van persoonlike bekering, geestelike wedergeboorte, sondebesef, &#x2019;n hunkering na Christus se inwoning in die gelowige siel, die onderskeid tussen verstandskennis van God en Christus se genadige geskenk van kennis van redding, daaglikse en voortdurende selfondersoek, en nederigheid; dus, die skep van &#x2019;n nuwe alledaagse spiritualiteit waarin teologisering geen plek het nie.</p>
<p>Schoeman (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">1997b</xref>:126; <xref ref-type="bibr" rid="CIT0026">2010a</xref>:217&#x2013;218) se ondersoek na die Lutherse pi&#x00EB;tisme en die inslag daarvan in die Kaapse nedersetting het toenemend die invloed van die Duitse pi&#x00EB;tisme beklemtoon: eerstens in Nederland vir sover daar gedurende die sewentiende en agtiende eeu noue kontak tussen Nederland en die aangrensende Duitse state bestaan het veral deur werwing van arbeiders deur die VOC. Tweedens het dit aan die Kaap deur direkte kontak van die Kaapse inwoners met die Duitse pi&#x00EB;tisme (Schoeman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">1997b</xref>:128), Zinzendorf se Morawiese Broeders (Schoeman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0028">2011</xref>:278&#x2013;279), Duitse himnodie (Schoeman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">1997b</xref>:130), publikasies van diverse mistiek-pi&#x00EB;tistiese inslag (Schoeman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">1997b</xref>:134), die aktiewe Lutherse gemeente aan die Kaap (Schoeman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">1997b</xref>:278&#x2013;281; <xref ref-type="bibr" rid="CIT0024">1999</xref>: 214, <xref ref-type="bibr" rid="CIT0027">2010b</xref>:98), boekverspreiding veral deur die Nederlander Johannes Needer (Schoeman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">1997b</xref>:134&#x2013;136; <xref ref-type="bibr" rid="CIT0025">2001</xref>:370&#x2013;371; <xref ref-type="bibr" rid="CIT0028">2011</xref>: 270&#x2013;272) en besoekende Duitse sendelinge aan die Kaap voorgekom (Schoeman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0029">2012</xref>:410; <xref ref-type="bibr" rid="CIT0031">2014</xref>:300&#x2013;301).</p>
<p>Die Kaapse pi&#x00EB;tisme wat uit diverse pi&#x00EB;tistiese rigtings ge&#x00EF;nspireer en gevoed is, word deur Schoeman (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0022">1997a</xref>:25) getipeer as &#x2019;n informele, nie-sektariese godsdienstige beweging wat baie aandag aan die lewensheiliging en vroomheid van die individu geskenk het. Dit is deur die bestaan van konventikels, synde klein, informele huisbyeenkomste van gelowiges gekenmerk en het &#x2019;n belangrike bydrae tot die opkoms van die sendinggedagte in die agtiende eeu gelewer.</p>
<p>Schoeman identifiseer &#x2019;n aantal verskille tussen die Nederlandse en Kaapse pi&#x00EB;tisme. Eerstens is dit moontlik dat die sterk Duits-Luthers-Morawiese invloede wat aan die Kaap geheers het in sekere mate &#x2019;n teenwig vir die oordrywings van die &#x2018;Presieses&#x2019; in Nederland en elders kon verskaf (Schoeman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">1997b</xref>:279&#x2013;280) en dat die gees van die agtiende-eeuse Nederlandse pi&#x00EB;tisme op daadwerklike wyse onder gelowiges ingevoer en versprei is as teenwig vir die invloed wat so lank deur Lutherane en Morawi&#x00EB;rs hier uitgeoefen is (bl. 323). Die vroomheid in Kaapse kringe wat meestal uit onopgeleide mense bestaan het, het veral die vorm aangeneem van die kompulsiewe en meganiese aaneenryging van min of meer toepaslike Skrifaanhalings of geykte passasies uit stigtelike werke om op bykans &#x2018;inkantoriese wyse&#x2019; die gewenste stemming van berou, ootmoed of dankbaarheid onder die betrokkenes tot stand te bring (Schoeman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0027">2010b</xref>:104&#x2013;105).</p>
<p>Voorts was die Kaapse pi&#x00EB;tisme in sy verwysingsveld sterker Ou-Testamenties gekleurd as in Europa en in &#x2019;n groter mate op God die Vader gerig&#x2019; Dit kan moontlik as die mees besondere bydrae van die publieke kerk en sy prediking tot die Kaapse pi&#x00EB;tistiese stroming gesien word (Schoeman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0027">2010b</xref>:104&#x2013;105). Die kenmerkende pi&#x00EB;tistiese stroming in die Suid-Afrikaanse geloofslewe het waarskynlik sy kulminasie bereik in die groot herlewing wat in 1860 tot 1861 binne die Nederduitse Gereformeerde Kerk plaasgevind het (Schoeman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0027">2010b</xref>:107).</p>
</sec>
<sec id="s20006">
<title>Konstruktivistiese versus transkonfessionalistiese pi&#x00EB;tisme-metodologie: enkele kritiese opmerkings</title>
<p>Die opkoms van die pi&#x00EB;tistiese godsdienskultuur in Duitsland word met die opbloei van mistieke bekeringspiritualiteit geassosieer. Spener se pi&#x00EB;tisme-begrip was reeds onverbreeklik vervleg met mistiek-geori&#x00EB;nteerde sentimente van spirituele selfontwaking en bekering. Met die aanvang van die sewentiende eeu het mistieke spiritualiteit tot &#x2019;n mindere mate by die Nederlandse gereformeerde pi&#x00EB;tiste voorgekom. Sedert die einde van die sewentiende eeu het die mistieke inslag in die Protestantse spiritualiteit egter beduidend in Nederlandse pi&#x00EB;tistiese kringe toegeneem sodat &#x2019;n noemenswaardige aantal sektes met mistieke neigings ontstaan het &#x2013; waarvan Labadiste, Gichteliane, Deurhoviane en Hattemiste van die mees onaanvaarbares was (Schoeman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">1997b</xref>:125). Private godsdienstige byeenkomste in die vorm van konventikels &#x2013; deur Jacobus Koelman beskryf as private vergaderings van vromes waarin &#x2019;n mens van God en sy Woord tot stigting spreek, mense saambid, sing en mekaar &#x2018;verwakkert&#x2019; &#x2013; sou in die Nederlandse sowel as die Duitse pi&#x00EB;tistiese godsdienskultuur blyke van die mistieke beoefening van die geloof gee (Schoeman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0020">1995</xref>:168&#x2013;169). Onder gelowiges aan die Kaap en in pionieromstandighede in die binneland sou hierdie mistieke tendense in die vorm van veral tropologiese Hoogliedmetafore na vore kom. (Raath <xref ref-type="bibr" rid="CIT0017">2016a</xref>:1&#x2013;11; Schoeman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0020">1995</xref>:181&#x2013;182).</p>
<p>Die gebrek aan bevindelik-mistieke prediking het die teelaarde vir kerklidmate geskep om naas leersuiwerheid ook aandag aan lewensheiliging en vroomheid te skenk en daarmee saam ook &#x2019;n uitgesproke voorkeur vir mistiek en die kultivering daarvan in klein informele huisbyeenkomste (Schoeman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">1997b</xref>:124). Veral die werksaamhede van die Labadiste het die bestaande konventikel-kultuur bevorder en onder pi&#x00EB;tiste tot &#x2019;n &#x2018;akosmiese mistiek&#x2019; (Schoeman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">1997b</xref>:127) aanleiding gegee.</p>
<p>Die sirkulasie van die mistieke Duitse werke van Jakob B&#x00F6;hme (1575&#x2013;1624), Johann Arndt (1555&#x2013;1621) en Gottfried Arnold (1666&#x2013;1714) onder Kaapse inwoners gee blyke van die toenemende mistieke spiritualiteit wat sedert die aanvang van die agtiende eeu aan die Kaap posgevat het (kyk Schoeman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">1997b</xref>:134&#x2013;136). Aan die Kaap sou mistieke vervoering gepaard met intense Bybelstudie, soeke na geestelike gemeenskap en verhoogde vlakke van spirituele bewussyn kenmerkend van pi&#x00EB;tiste soos Machtelt Smit word (Schoeman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">1997b</xref>:284&#x2013;285).</p>
<p>Die mistieke inslag van die Kaapse pi&#x00EB;tisme sou toenemend deur die volgende gekenmerk word: &#x2019;n godsdienskultuur van spirituele selflediging, geestelike verheldering en mistieke ervarings, spirituele besinning en die amoreuse rus in Christus asook meditasie, kontemplasie en ekstatiese geestelike belewenisse, insidentele ervarings van geestelike verlating en verwerping van die gelowige siel, en die voortgaande hunkering na die verenigde lewe met Christus (Raath <xref ref-type="bibr" rid="CIT0018">2016b</xref>:170&#x2013;192). Hierdie tendense, wat parallel tot die Duitse en Nederlandse pi&#x00EB;tisme van die agtiende en negentiende eeu aan die Kaap ontwikkel het, vertoon &#x2019;n kollektiewe bewussyn van spirituele selfontlediging; geestelike ego-verligting en intense vlakke van persoonlike godsdienstige ervarings &#x2013; tendense wat reeds sedert die aanvang van die sewentiende eeu eksplisiet of implisiet deel van die pi&#x00EB;tistiese spiritualiteit in Duitsland was.</p>
<p>Teen die middel van die agtiende eeu is die Ortodokse elemente van die Protestantse spiritualiteit aan die Kaap tot so &#x2019;n mate verdring dat daar van &#x2019;n &#x2018;egte mistieke spiritualiteit&#x2019; sprake was. Reeds die &#x2018;proto-pi&#x00EB;tisme&#x2019; van die sewentiende-eeuse en die eerste helfte van die agtiende-eeuse Ortodoksie het duidelike spore van &#x2019;n verhoogde post-Reformatoriese spiritualiteit vertoon. Duitse teolo&#x00EB; soos Johann Arndt (1555&#x2013;1621), Christian Scriver (1629&#x2013;1693) en Martin Moller (1547&#x2013;1606) &#x2013; hoewel tradisioneel beskou as behorende tot die Duitse Ortodoksie &#x2013; sou as &#x2018;proto-pi&#x00EB;tiste&#x2019; (oftewel &#x2018;voorloper-pi&#x00EB;tiste&#x2019;) beskryf kon word vir sover hulle die veranderde gees van post-Reformatoriese mistieke spiritualiteit geadem het. Reeds die sogenaamde gereformeerde en Lutherse Ortodoksie het deel gehad aan die nuwe mistieke spiritualiteit wat oor Europa gespoel het. Hierdie ontluikende mistieke kultuur het twee belangrike implikasies gehad: eerstens maak dit die onderskeid tussen Ortodoksie en pi&#x00EB;tisme aan die hand van formele onderskeidingskriteria bykans onmoontlik; en tweedens vertoon die pi&#x00EB;tisme n&#x00E1; die Hervorming &#x2019;n naatlose profiel van verdiepte vlakke van mistieke spiritualiteit &#x2013; &#x2019;n neiging vanaf die objektiewe na die subjektiewe, vanaf die leer na die lewe, en vanaf die leerstellige na die spirituele ego-belewenis.</p>
<p>Die ego-tekste van gelowiges aan die Kaap weerspie&#x00EB;l gemeenskaplike tendense van &#x2019;n spirituele mentaliteitsprofiel hunkerend na die geestelike eenwording met Christus. Dit impliseer geensins dat gelowiges hulle spirituele belewenisse tot dieselfde mate as medegelowiges ervaar het nie. In die algemeen kan wel opgemerk word dat hierdie pi&#x00EB;tistiese godsdienskultuur aan die Kaap &#x2019;n belangrike spirituele kragbron onder moeilike en beproewende omstandigede vir gelowiges was. Alhoewel die spirituele belewenisse van Kaapse gelowiges geestelike tendense weerspie&#x00EB;l wat nie maklik vir hedendaagse gelowiges toeganklik is nie, dui die ego-nalatenskap van pi&#x00EB;tistiese praktisyns op &#x2019;n profiel van intense vlakke van spirituele energie en geestelik deurleefde werklikhede wat die fisieke sowel as geestelike uitdagings van die pionierslewe tegemoet getree het. Hierdie godsdienskultuur van Kaapse pi&#x00EB;tiste dui op &#x2019;n mentaliteitsprofiel wat duidelik-omlynde karakteristieke vertoon: die opbloei van &#x2019;n persoonlike, mistiek-getinte, affektiewe en individualistiese spiritualiteit wat in selfontlediging, spirituele illuminasie en mistiek-geneigde belewenisse gekulmineer het, na godsdienstige besinning en die belewenis van spirituele behae gestreef het, praktyke van meditasie en kontemplasie beoefen het, asook belewenisse van ekstase, periodieke ervarings van sielverlating en verwerping gehad het en wat deur die intense hunkering van die menslike siel ter vereniging met Christus oorheers is.</p>
</sec>
</sec>
<sec id="s0007">
<title>Samevatting</title>
<p>Konstruktivistiese benaderings tot die Kaapse pi&#x00EB;tisme bly in gebreke om materi&#x00EB;le kriteria te vind om die historiografiese periodisering van die pi&#x00EB;tisme te omlyn, om teologiese aanwysers te identifiseer ten einde tot die spirituele mentaliteitsbewussyn van die pi&#x00EB;tisme deur te dring en kulmineer in arbitr&#x00EA;re metodes om dit van die Protestantse Ortodoksie te onderskei. Die debat tussen Johannes Wallmann, Martin Brecht en F. Ernst Stoeffler oor die stand van Christian Scriver binne die Lutherse pi&#x00EB;tisme is daarvan &#x2019;n sprekende voorbeeld. Volgens Stoeffler is Scriver die beduidendste pi&#x00EB;tis in die eerste fase van die pi&#x00EB;tisme wat van Arndt tot Spener strek. Stoeffler (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0032">1971</xref>:224) reken Heinrich M&#x00FC;ller (1631&#x2013;1675) en Joachim L&#x00FC;tkemann (1608&#x2013;1655) in Rostock tot die drie belangrikste eksponente van die Lutherse pi&#x00EB;tisme wat deur Arndt tot stand gebring is. Martin Brecht (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">2003</xref>:116 e.v.) beskou Scriver as &#x2019;n pseudo-pi&#x00EB;tis (Brecht <xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">2003</xref>),<xref ref-type="fn" rid="FN0001"><sup>1</sup></xref> terwyl Wallmann dit ontken. Brecht laat Scriver se beduidende terugval in die mistiek buite rekening terwyl Wallmann die norme vir pi&#x00EB;tisme-tipering tot enkele formele kriteria beperk. In terme van die klem wat Scriver op geestelike selfontwaking en bekering, selfreiniging, geestelike selfverligting en mistiek-getinte ervarings plaas, spirituele behaaglikheid beklemtoon, meditasie en kontemplasie bepleit, geestelike ekstase en verlating as spirituele werklikhede erken en bowenal eenwording met God in Christus as hoogste doelwit stel, plaas dit hom vierkant binne die kaders van die pi&#x00EB;tisme. Derhalwe is &#x2019;n wesenlike leemte van konstruktivistiese tiperings van pi&#x00EB;tisme die onderbeklemtoning van mistiek as &#x2019;n uitstaande faset van pi&#x00EB;tisme, synde &#x2019;n transnasionale verskynsel, redusering van mistieke belewenisse tot &#x2019;n &#x2018;eksterne&#x2019; faset van die sewentiende- en agtiende-eeuse Protestantse spiritualiteit en mistiek nie as &#x2019;n materi&#x00EB;le komponent van die pi&#x00EB;tistiese godsdiensbewussyn verreken nie.</p>
<p>In teenstelling hiermee is pi&#x00EB;tistiese tendense grootliks deur verhoogde vlakke van mistieke belewenisse gekenmerk en is daar &#x2019;n wesenlike element van eersgenoemde gevorm. Konstruktivistiese omskrywings van die pi&#x00EB;tisme in wyer sowel as enger verband neig gevolglik na simptomatiese tiperings, plaas die fokus op die handelinge en optrede eerder as spirituele ego-belewenisse en inklinasies van pi&#x00EB;tiste. Dit verhef die pi&#x00EB;tistiese metodes en gewoontes tot die normatiewe aanwysers van die pi&#x00EB;tistiese godsdienskultuur.</p>
<p>Konstruktivistiese pi&#x00EB;tisme-metodologie&#x00EB; neig na die negering van idee-historiese oorgange van een spirituele milieu na &#x2019;n ander. Wallman sowel as Van der Linde se fasetipering negeer die pi&#x00EB;tistiese inslag van die Ortodoksie. In Nederlandse en Suid-Afrikaanse Nadere Reformasiebenaderings word die pi&#x00EB;tistiese inslag by Ortodokse outeurs soos die Lutherse (Martin Moller 1547&#x2013;1606) en gereformeerdes (Godefridus Udemans 1580&#x2013;1649; Willem Teellinck 1579&#x2013;1629; Lewis Baily [oorlede 1632] en Adam Westerman [oorlede 1635] misgekyk. J.W. Hofmeyr beskou die Protestantse Ortodoksie as &#x2019;n &#x2018;agtergrondsaspek&#x2019; van die Nadere Reformasie. Hofmeyr aanvaar die tydperk van die Ortodoksie as die era tussen die Reformasie en die agtiende-eeuse <italic>Aufkl&#x00E4;rung</italic> &#x2013; naamlik die konfessionele tyd (Hofmeyr <xref ref-type="bibr" rid="CIT0006">1989</xref>:17). Hofmeyr gee toe dat die Ortodoksie nie net &#x2018;blote formalisme en le&#x00EB; verstandelikheid&#x2019; was nie, maar dat &#x2018;hierdie ontwikkeling ook baie spesifiek binne die konteks van daardie besondere tyd gesien en beoordeel&#x2019; moet word en dat die &#x2018;Reformorthodoxie&#x2019; &#x2013; synde &#x2019;n beweging binne die Ortodoksie wat naas getrouheid aan die leer van die kerk die geestelike lewe wou stimuleer &#x2013; die &#x2018;hooffaktor&#x2019; was wat die Duitse pi&#x00EB;tisme gelei het (Hofmeyr <xref ref-type="bibr" rid="CIT0006">1989</xref>:19). Vervolgens aanvaar hy Van der Linde se fase-identifisering van die Nadere Reformasie. Volgens hierdie tipering neem die Nadere Reformasie teen ongeveer 1590 &#x2019;n aanvang by Ian Taffin en eindig dit &#x2018;&#x00EA;rens tussen 1650 en 1670&#x2019;, waarna &#x2019;n &#x2018;meer konkreet pi&#x00EB;tistiese inslag&#x2019; te onderskei is (Hofmeyr <xref ref-type="bibr" rid="CIT0006">1989</xref>:23). Wat die Kaapse pi&#x00EB;tisme betref, negeer Hofmeyr die pi&#x00EB;tistiese tendense wat v&#x00F3;&#x00F3;r sowel as n&#x00E1; die einde van die agtiende eeu na vore gekom het. Die implikasie is enersyds dat &#x2019;n &#x2018;proto-pi&#x00EB;tis&#x2019; soos Martin Moller nie verreken word nie en andersyds word Hieronymus van Alphen se invloed uitgesluit.</p>
<p>Ingevolge die beleid van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie &#x2013; &#x2019;n resolusie van 15 Oktober 1654 &#x2013; moes die Lutherse skrywer Martin Moller se <italic>Hoe een yegelick Christen-mensch het lijden en sterven &#x2026; J. Chr. betrachten sal &#x2026;</italic> (1645) (&#x2019;n Nederlandse vertaling van <italic>Soliloqvia de Passione Iesu Christi</italic> <xref ref-type="bibr" rid="CIT0014">1597</xref>), in die sieketrooster se kajuit beskikbaar wees (Van Troostenburg de Bruyn <xref ref-type="bibr" rid="CIT0043">1884</xref>:351). Moller word tradisioneel tot die latere Ortodoksie (1685&#x2013;1730) gereken. Die Middeleeuse mistiek slaan egter onverbloemd in sy werk deur. Sy <italic>Meditationes sanctorum patrum</italic> is grootliks op die werke van Bernardus van Clairvaux (1090&#x2013;1153) gebaseer met die subtitel: &#x2018;<italic>Sch&#x00F6;ne Andechtige Gebet</italic>/<italic>Tr&#x00F6;stliche Spruche</italic>/<italic>Gottselige Gedancken</italic>/&#x2026; <italic>Buszvermanungen</italic>/<italic>hertzliche Dancksagungen</italic>/<italic>und allerley n&#x00FC;ttzliche &#x00DC;bungen de Glaubens. Ausz den heiligen Altvatern Augustino, Bernhardo, Taulero, und anderen fleissig und ordentliche zusamen gatragen und vendeudtschet</italic>/&#x2026;&#x2019;. In die voorrede beklemtoon Moller ook die belang van onder andere die Duitse mistikus Johann Tauler (c. 1300&#x2013;1361) se insigte vir die gebedslewe (Moller <xref ref-type="bibr" rid="CIT0013">1584</xref>):
<disp-quote>
<p>Ich habe mit allem fleitz ausz den Schriften der alten V&#x00E4;ter/S. Augustini, Bernhardi, Tauleri, und andern zusammen gelesen/in eine Ordnung gefasset/f&#x00FC;r ein jedes eine Spruch ausz heiliger Schrift/welcher gleich die Summa desselben Genettlins anzeiger/gesetzet. (Voorrede)</p>
</disp-quote></p>
<p>Hoewel &#x2019;n sistematiese katalogisering van gebede aan God die Vader, die Seun en die Heilige Gees in die werk voorkom, is die ondertone van geestelike verligting, bekering, stryd teen geestelike aanvegtinge en spirituele vernuwing immer aanwesig. In sy boek (Moller <xref ref-type="bibr" rid="CIT0014">1597</xref>) <italic>Wie ein jeder Christen Mensch &#x2026;</italic> vorm boetedoening en belydenis van sonde &#x2019;n belangrike tematiese lyn. Die gelowige siel word vermaan om tot sondebelydenis te kom om God se straffende hand te vermy (Moller <xref ref-type="bibr" rid="CIT0014">1597</xref>):
<disp-quote>
<p>H&#x00F6;re auch/liebe Seele/auff die scharffe Predigt/welche der HERR den Weibern/die jn beweineten/und seiner lieben Stadt und Lande zur letzte gethan hat. Wie trewlich vermanet er sie/das sie kein Leyden zu Hertzen nemen/und sich zur Busse bekehren sollen. Wie ernstlich verk&#x00FC;ndigt er jnen die grosse Straffe/die obder sie kommen werde. (p. 195)</p>
</disp-quote></p>
<p>Tradisionele konstruktivistiese beperkings op die tydperk van die Nadere Reformasie sluit di&#x00E9; spirituele epog by Theodorus van der Groe af. Volgens Hofmeyr eindig die Nadere Reformasie teen 1670 of 1720, waarna die pi&#x00EB;tistiese fase &#x2019;n aanvang neem. Hierdie aanduiding laat betekenisvolle Nederlandse pi&#x00EB;tiste soos Hiernonymus Simon van Alphen (1746&#x2013;1803) en die invloed wat sy werke aan die Kaap gehad het buite rekening. In sy werk <italic>Van Skeepskis na wakis tot boekrak</italic> reken Willem J. van Zijl (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0044">1991</xref>:231) vir Van Alphen wel by die sogenaamde &#x2018;<italic>Oude Schrijvers&#x2019;</italic> uit die Nederlandse Nadere Reformasie in.</p>
<p>Vroulike pi&#x00EB;tiste aan die Kaap en in pioniergemeenskappe in die Kaapse binneland het groot waarde aan Van Alphen se stigtelike po&#x00EB;sie geheg. Van Alphen en sy mede-outeur P.L. van de Kasteele se werk se <italic>Proeve van stichtelyke mengel-po&#x00EB;zy</italic> (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0034">1771</xref>) vertoon &#x2019;n onverbloemde pi&#x00EB;tistiese inslag in verse gewy aan &#x2018;<italic>allen die Jesus Christus in onverderflijkheid lief hebben</italic>&#x2019; (Voorrede); Jesus-gesentreerde geloofstoewyding: &#x2018;<italic>Immanu&#x00EB;l! ach! deed uw Geest ons branden!/Dat ootmoed dat geloof ons kragten gaf!</italic> &#x2026;&#x2019; en die Hemelse vereniging met Christus: &#x2018;<italic>Laat ik u dan beminnen;/En zingen om mijn lot!/&#x201C;k Zal van uw&#x201D; krib beginnen,/Mijn Broeder en mij God!</italic>&#x2019; (bl. 3&#x2013;5). Catharina Allegonda van Lier (1768&#x2013;1801) se &#x2018;<italic>Gemeensamen Brieven</italic>&#x2019; (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0042">1806</xref>:139) maak met waardering melding van die opbeurende effek van &#x2018;<italic>zingen met mijn geliefde Dichters</italic>&#x2019;, Van Alphen en Van de Kasteele se <italic>Stichtelijke mengelpo&#x00EB;zij</italic> (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0035">1782</xref>). In die geval van die Voortrekkervrou Susanna Smit (1799&#x2013;1863) begelei Van Alphen se gedig &#x2018;<italic>De vrolijke reiziger</italic>&#x2019; haar spirituele pelgrimstog na die hemelse oorde: &#x2018;<italic>Weg wereldsch gewemel/Ik moet naar den hemel;/Verhinder me niet/Weg zonden! zwijgt lusten!/Ik wil hier niet rusten/In &#x2018;s vijands gebied</italic>&#x2019; (Van Alphen &#x0026; De Kasteele <xref ref-type="bibr" rid="CIT0034">1771</xref>:16, v. 1). Die hemelse gemeenskap tussen Christus (die Bruidegom) en die gelowige siel (die bruid) verteenwoordig die hoogtepunt van die hemelse versugting van die gelowige siel: &#x2018;<italic>De hemel wagt/Om eeuwig &#x201C;t is volbragt/Met Jesus&#x201D; Bruid te zingen</italic>&#x2019; (Van Alphen &#x0026; De Kasteele <xref ref-type="bibr" rid="CIT0034">1771</xref>:81).</p>
<p>Omdat die Kaapse pi&#x00EB;tisme uitsluitlik tot die Nadere Reformasie beperk word en die fase-indelings van Nederlandse outeurs soos Van der Linde en andere, aangel&#x00EA; word, word die dinamika van die Kaapse pi&#x00EB;tisme misgekyk. Schoeman gebruik nie die fasemetodologie van die konstruktivisme nie. Dit stel hom in staat om die ontplooiende en verbreidende aard van die pi&#x00EB;tisme aan die Kaap te identifiseer en die verskille met die Nederlandse pi&#x00EB;tisme duideliker weer te gee. Schoeman kon byvoorbeeld die neerslag van die pi&#x00EB;tisme in die Kaapse opwekkings van die sestigerjare van die negentiende eeu ide&#x00EB;-histories identifiseer.</p>
<p>Konstruktivistiese pi&#x00EB;tisme-metodologie&#x00EB; negeer die naatlose verbindingslyne tussen pi&#x00EB;tisme-tradisies &#x2013; veral die inslag van die Duitse pi&#x00EB;tisme in die Nederlandse volkslewe en aan die Kaap. Hoewel oorvleuelings tussen die Nederlandse en Duitse pi&#x00EB;tismes voorkom, word byvoorbeeld die bloed-en-wonde-teologie van die Herrnhutter-spiritualiteit misgekyk.</p>
<p>Konstruktivistiese pi&#x00EB;tisme-metodologie&#x00EB; bly in gebreke om die transnasionale en transkonfessionele inslag van die pi&#x00EB;tisme as internasionale fenomeen voldoende in fokus te kry. Sodoende word die &#x2018;bipolariteit&#x2019; van die Kaapse pi&#x00EB;tisme misgekyk. Die sintetisering van diverse manifestasies van pi&#x00EB;tisme vertoon &#x2019;n gekompliseerde spirituele profiel met, as konstitutiewe element, die mistieke onderbou daarvan &#x2013; &#x2019;n aspek wat tot tans verwaarloos is.</p>
<p>Konstruktivistiese pi&#x00EB;tisme-metodologie&#x00EB; is nie in staat om die transnasionale aard van die mistiek te deurskou nie en verwaarloos die vlakke en aard van mistiek wat in die Kaapse pi&#x00EB;tisme werksaam was. Nadere Reformasie-konstruktiviste sluit die nasionale manifestasies van die pi&#x00EB;tisme af van die transnasionale en transkonfessionele samevloeiing van diverse mistieke invloede binne die konteks van die Kaapse spiritualiteit van die sewentiende en agtiende eeu. Hierdie insig bring drie belangrike implikasies mee: eerstens word die term <italic>Nederlandse pi&#x00EB;tisme</italic> bo Nadere Reformasie verkies. Tweedens behoort die onderskeidinge binne die pi&#x00EB;tisme as transkonfessionele stroming vereenvoudig en tot twee kategorie&#x00EB; beperk te word: die proto-pi&#x00EB;tisme wat die pi&#x00EB;tistiese geneigdhede van die Ortodoksie insluit; en die mistieke pi&#x00EB;tisme waar die mistiek die rigtinggewende element vorm. Laastens verdien die aard, rol en implikasies van die mistieke onderbou van die pi&#x00EB;tisme meer aandag as wat tot nog toe die geval was. Die konstitutiewe mistieke onderbou van die vroe&#x00EB; pionier-pi&#x00EB;tisme in Suid-Afrika is by geleentheid soos volg beskryf (Raath <xref ref-type="bibr" rid="CIT0016">2014</xref>):
<disp-quote>
<p>The ego-focus in the wake of mystical experiential spirituality on the frontier also carried with it the desire for piety, moralism and interiorisation of the religious life of individuals. This deepening and individualisation of religious life manifested in autobiographical ego-texts with undertones of mystical experiential spirituality. (p. 108)</p>
</disp-quote></p>
</sec>
<sec id="s0008">
<title>Gevolgtrekkings</title>
<p>Karel Schoeman se historiografiese navorsing oor Protestantse spirituele tendense in die sewentiende en agtiende eeu aan die Kaap transendeer die konstruktivistiese geneigdheid tot Skolastieke fase-indelings van die Lutherse en Gereformeerde pi&#x00EB;tisme. Sy bydrae ter identifisering van die spektrum van spirituele tradisies wat in die Kaapse pi&#x00EB;tisme gekulmineer het, is sodoende m&#x00E9;&#x00E9;r genuanseerd as vroe&#x00EB;re tiperings wat die Kaapse pi&#x00EB;tistiese stroming tot die Nadere Reformasie beperk. Schoeman se transkonfessionele metodologie vermy die (bykans Skolastieke) spitsvondighede wat konstruktivistiese tiperings gebruik om nasionale manifestasies van die pi&#x00EB;tisme &#x2018;puristies&#x2019; van die bre&#x00EB; stroom van Protestantse pi&#x00EB;tisme af te grens. &#x2019;n Enkele voorbeeld illustreer die konstruktivistiese dilemma in hierdie verband: Die Koningsbergse hofprediker, Conrad Mel (1666&#x2013;1733), &#x2019;n Duitse pi&#x00EB;tis, se publikasies was van die mees gelese werke in die agtiende en negentiende eeu in Nederland en aan die Kaap. Dit is in Nederlands vertaal en het &#x2019;n warm ontvangs in pi&#x00EB;tistiese kringe gehad. Die werk <italic>De lust der heiligen in Jehova</italic> en <italic>Bazuinen der Ewigheid</italic> word deur Malan (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0011">1984a</xref>:41&#x2013;42) tot die Nadere Reformasie gereken, terwyl die historikus D.W. Kr&#x00FC;ger <xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">1968</xref>:41&#x2013;44) vir Mel as een van die &#x2018;gereformeerde outeurs&#x2019; (oftewel skrywers van die Nadere Reformasie) beskou.</p>
<p>Schoeman se publikasies oor die vroe&#x00EB; Kaapse historiografie staan binne die verbredende internasionale tendens tot bestudering van die pi&#x00EB;tisme as &#x2019;n transkonfessionele spirituele verskynsel. Dit stem ooreen met Martin Brecht se beskrywing van die pi&#x00EB;tisme as &#x2019;n transnasionale en transkonfessionele fenomeen van groot kompleksiteit, synde die mees betekenisvolle vroomheidsbeweging (<italic>Fr&#x00F6;mmigkeitsbewegung</italic>) in die Europese Protestantisme sedert die Reformasie. As sodanig is dit by uitstek &#x2019;n godsdienstige verskynsel waarvan die ruimtelike, tydsmatige, sosiale, spirituele, kerklik-konfessionele en teologiese spektrum verstommende proporsies aanneem by die oorgang van die sestiende na die sewentiende eeu uit kritiek teen die bestaande ekklesiastiese en spirituele verhoudinge wat terselfdertyd in Engeland, Nederland en Duitsland opgevlam het en daarvandaan na Switserland, Skandinawi&#x00EB;, Oos-Europa en die Verenigde State van Amerika versprei het. Hierdie het grootliks tot die internasionale Protestantse sending bygedra en sedertdien as aktiewe beweging voortgeleef (Brecht et al <xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">1993</xref>, I:1).</p>
<p>Konstruktivistiese tiperings van die pi&#x00EB;tisme neig tot beperking van hierdie godsdienstradisie tot die nasionale manifestasies daarvan, wend kunsmatige fase-tiperings aan en kom tot &#x2019;n gefragmenteerde siening van pi&#x00EB;tisme-verskynsels. Om hierdie rede vermy Schoeman die term <italic>Nadere Reformasie</italic>. Hy beklemtoon die lini&#x00EA;re voortgang wat die pi&#x00EB;tisme in Suid-Afrika gehad het en l&#x00EA; groter klem op die mistiek as konstitutiewe element van die pi&#x00EB;tisme &#x2013; die Kaapse variant daarvan &#x2013; as wat sowel Suid-Afrikaanse as oorsese navorsers oor pi&#x00EB;tisme tot tans gedoen het. Gevolglik is Schoeman huiwerig om &#x2019;n definisie van die pi&#x00EB;tisme as godsdienstige verskynsel te gee. Sy tipering sou hoogstens as &#x2019;n werkbare konseptuele paradigma beskryf kon word. Die pi&#x00EB;tisme-begrip sou dus goed ressorteer binne F. Ernst Stoeffler se konseptuele raamwerk, synde &#x2019;n historiese beweging binne die Protestantisme waarvan die wortels tot die Zwingli-Bucer-Calvyn-spil van die Reformasie terugspoorbaar is; waarvan die eerste manifestasies binne die Engelse Puritanisme en die Protestantse Kerke van die sewentiende-eeu bemerk kan word; en wat die Lutheranisme deur Johann Arndt (1555&#x2013;1621), Spener, August Hermann Francke (1663&#x2013;1727), Johann Albrecht Bengel (1687&#x2013;1752) en hulle volgelinge be&#x00EF;nvloed het. Verder is dit geradikaliseer deur Gottfried Arnold (1666&#x2013;1714) en Konrad Dippel (1673&#x2013;1734); verromantiseer deur Johann Kaspar Lavater (1741&#x2013;1801), Johann Heinrich Jung (1740&#x2013;1817) (Jung-Stilling) en andere; en voortgesit binne die hoofvertakkinge van Protestantse denominasies. Pi&#x00EB;tisme vertoon ook &#x2019;n spirituele etos van godsdienstige selfbegrip wat as bevindelik, Bybels, perfeksionisties en weerstandig (&#x2018;<italic>oppositive</italic>&#x2019;) teen dogmatisme beskryf kan word (Stoeffler <xref ref-type="bibr" rid="CIT0033">1976</xref>:9).</p>
</sec>
</body>
<back>
<ack>
<title>Erkenning</title>
<sec id="s20009" sec-type="COI-statement">
<title>Mededingende belange</title>
<p>Die outeur verklaar dat hy geen finansi&#x00EB;le of persoonlike verbintenis het met enige party wat hom nadelig kon be&#x00EF;nvloed het in die skryf van hierdie artikel nie.</p>
</sec>
</ack>
<ref-list id="references">
<title>Literatuurverwysings</title>
<ref id="CIT0001"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="editor"><string-name><surname>Brecht</surname>, <given-names>M</given-names></string-name>., <string-name><surname>Deppermann</surname>, <given-names>K</given-names></string-name>., <string-name><surname>G&#x00E4;bler</surname>, <given-names>U</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Lehmann</surname>, <given-names>H</given-names></string-name>. (eds.)</person-group>, <year>1993</year>, <source><italic>Geschichte des Pietismus</italic></source>, dl.1., <publisher-name>Vandenhoeck &#x0026; Ruprecht</publisher-name>, <publisher-loc>G&#x00F6;ttingen</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0002"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Brecht</surname>, <given-names>M</given-names></string-name>.</person-group>, <year>2003</year>, &#x2018;<article-title>Ein Gastmahl an Predigten Christiaan Scrivers Seelenschatz (1675&#x2013;1692)</article-title>&#x2019;, <source><italic>Pietismus und Neuzeit</italic></source> <volume>28</volume>, <fpage>72</fpage>&#x2013;<lpage>117</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0003"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Brienen</surname>, <given-names>T</given-names></string-name>., <string-name><surname>Groenendijk</surname>, <given-names>L.F</given-names></string-name>., <string-name><surname>Op &#x2019;t Hof</surname>, <given-names>W.J</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Meeuse</surname>, <given-names>C.J</given-names></string-name>.</person-group>, <year>1983</year>, &#x2018;<article-title>Nadere Reformatie, een poging tot begripsbepaling</article-title>&#x2019;, <source><italic>Documentatieblad Nadere Reformatie</italic></source> <volume>7</volume>, <fpage>109</fpage>&#x2013;<lpage>116</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0004"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Graafland</surname>, <given-names>C</given-names></string-name>.</person-group>, <year>1961</year>, <source><italic>De zekerheid van het geloof: Een onderzoek naar de geloofs-beschouwing van enige vertegenwoordigers van reformatie en nadere reformatie</italic></source>, <publisher-name>H. Veenman &#x0026; Zonen</publisher-name>, <publisher-loc>Wageningen</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0005"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Heppe</surname>, <given-names>H</given-names></string-name>.</person-group>, <year>1879</year>, <source><italic>Geschichte des Pietismus und der Mystik</italic></source>, <publisher-name>E.J. Brill</publisher-name>, <publisher-loc>Leiden</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0006"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Hofmeyr</surname>, <given-names>J.W</given-names></string-name>.</person-group>, <year>1989</year>, <source><italic>Die Nederlandse Nadere Reformasie en sy invloed op twee kontinente</italic></source>, <publisher-name>Unisa</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0007"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><collab>Komitee vir Boekuitstalling Van Riebeeck-Fees</collab></person-group>, <year>1952</year>, <source><italic>Boekspie&#x00EB;l van Suid-Afrika, Katalogus van &#x2019;n uitstalling van boeke, atlasse en kaarte in die Suid-Afrikaanse Biblioteek, Kaapstad, 1 Maart tot 5 April 1952</italic></source>, <publisher-name>Komitee vir Boekuitstalling</publisher-name>, <publisher-loc>Kaapstad</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0008"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Kr&#x00FC;ger</surname>, <given-names>D.W</given-names></string-name>.</person-group>, <year>1968</year>, &#x2018;<article-title>Die gereformeerde leesstof van ons Kaapse voorouers</article-title>&#x2019;, <source><italic>In die Skriflig</italic></source> <volume>2</volume>(<issue>5</issue>), <fpage>41</fpage>&#x2013;<lpage>44</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4102/ids.v2i5.878">https://doi.org/10.4102/ids.v2i5.878</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0009"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Lindberg</surname>, <given-names>C</given-names></string-name>.</person-group>, <year>2005</year>, &#x2018;<article-title>Introduction</article-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>C</given-names>. <surname>Lindberg</surname></string-name> (ed.)</person-group>, <source><italic>The pietist theologians</italic></source>, pp. <fpage>1</fpage>&#x2013;<lpage>20</lpage>, <publisher-name>Blackwell</publisher-name>, <publisher-loc>Malden, MA</publisher-loc>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.1002/9780470776032.ch">https://doi.org/10.1002/9780470776032.ch</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0010"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Malan</surname>, <given-names>C.J</given-names></string-name>.</person-group>, <year>1981</year>, <source><italic>Die Nadere Reformasie</italic></source>, <publisher-name>PU vir CHO</publisher-name>, <publisher-loc>Potchefstroom</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0011"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Malan</surname>, <given-names>C.J</given-names></string-name>.</person-group>, <year>1984a</year>, <source><italic>Die Nadere Reformasie</italic></source>, 2e uitgawe, <publisher-name>PU vir CHO</publisher-name>, <publisher-loc>Potchefstroom</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0012"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Malan</surname>, <given-names>C.J</given-names></string-name>.</person-group>, <year>1984b</year>, &#x2018;<article-title>The old authors (<italic>Oude Schrijvers</italic>) and their influence in South Africa</article-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>B.J</given-names>. <surname>van der Walt</surname></string-name> (ed.)</person-group>, <source><italic>Our reformational tradition: A rich heritage and lasting vocation</italic></source>, pp. <fpage>442</fpage>&#x2013;<lpage>469</lpage>, <publisher-name>PU for CHE</publisher-name>, <publisher-loc>Potchefstroom</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0013"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Moller</surname>, <given-names>M</given-names></string-name>.</person-group>, <year>1584</year>, <source><italic>Meditationes sanctum Patrum &#x2026;</italic></source>, <comment>H.G.V.W., [geen plek van uitgawe vermeld nie]</comment>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0014"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Moller</surname>, <given-names>M</given-names></string-name>.</person-group>, <year>1597</year>, <source><italic>Soliloqvia de passione Iesu Christi. Wie ein jeder Christen Mensch/das allerheyligste Leyden und Sterben unsers HERRN Jesu Christi/in seinem Hertzen bey sich selbs betrachten/Allerley sch&#x00F6;ne Lehren und heylsamen Trost daraus schopffen &#x2026;</italic></source> <publisher-name>Johann Rhambaw</publisher-name>, <publisher-loc>G&#x00F6;rlitz</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0015"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Potgieter</surname>, <given-names>F.J.M</given-names></string-name>.</person-group>, <year>1952</year>, &#x2018;<article-title>Ons Kerk in Kaapland, Ons Nederduitse Gereformeerde Kerk</article-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>T.N</given-names>. <surname>Hanekom</surname></string-name></person-group>, <source><italic>Gedenkboek by ons derde eeufees</italic></source>, bl. <fpage>24</fpage>&#x2013;<lpage>64</lpage>, <publisher-name>NG Kerk-Uitgewers</publisher-name>, <publisher-loc>Kaapstad</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0016"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Raath</surname>, <given-names>A.W.G</given-names></string-name>.</person-group>, <year>2014</year>, &#x2018;<article-title><italic>Petit bourgeoisie</italic>, female piety and mystical Pietism on the South African frontier, 1760&#x2013;1860</article-title>&#x2019;, <source><italic>Studia Historiae Ecclesiasticae</italic></source> <volume>40</volume>(<issue>1</issue>), <fpage>95</fpage>&#x2013;<lpage>116</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0017"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Raath</surname>, <given-names>A.W.G</given-names></string-name>.</person-group>, <year>2016a</year>, &#x2018;<article-title>Tropological song of songs metaphors and female mystical pietism in South African pioneer communities, 1760&#x2013;1860</article-title>&#x2019;, <source><italic>Hervormde Teologiese Studies</italic></source> <volume>72</volume>(<issue>3</issue>), <fpage>1</fpage>&#x2013;<lpage>11</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0018"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Raath</surname>, <given-names>A.W.G</given-names></string-name>.</person-group>, <year>2016b</year>, &#x2018;<article-title>The spiritual mentality profile of female pietists on the South African frontier, 1760&#x2013;1860</article-title>&#x2019;, <source><italic>Acta Theologica</italic></source> <volume>36</volume>(<issue>1</issue>), <fpage>170</fpage>&#x2013;<lpage>192</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0019"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Ritschl</surname>, <given-names>A</given-names></string-name>.</person-group>, <year>1880&#x2013;1886</year>, <source><italic>Geschichte des Pietismus, dle. 1&#x2013;3</italic></source>, <publisher-name>Adolph Marcus</publisher-name>, <publisher-loc>Bonn</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0020"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Schoeman</surname>, <given-names>K</given-names></string-name>.</person-group>, <year>1995</year>, <source><italic>Die w&#x00EA;reld van Susanna Smit, 1799&#x2013;1863</italic></source>, <publisher-name>Human &#x0026; Rousseau</publisher-name>, <publisher-loc>Kaapstad</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0021"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Schoeman</surname>, <given-names>K</given-names></string-name>.</person-group>, <year>1996</year>, <source><italic>J.J. Kicherer en die vroe&#x00EB; sending</italic>, 1799&#x2013;1806</source>, <publisher-name>Suid-Afrikaanse Biblioteek</publisher-name>, <publisher-loc>Kaapstad</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0022"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Schoeman</surname>, <given-names>K</given-names></string-name>.</person-group>, <year>1997a</year>, &#x2018;<article-title>Vroe&#x00EB; geskrifte deur Suid-Afrikaanse vroue, 1749&#x2013;1865</article-title>&#x2019;, <source><italic>Suid-Afrikaanse Historiese Joernaal</italic></source>, <volume>36</volume>, <fpage>24</fpage>&#x2013;<lpage>47</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.1080/02582479708671267">https://doi.org/10.1080/02582479708671267</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0023"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Schoeman</surname>, <given-names>K</given-names></string-name>.</person-group>, <year>1997b</year>, <source><italic>Machtelt Smit en die 18de-eeuse samelewing aan die Kaap, 1749&#x2013;1799</italic></source>, <publisher-name>Human &#x0026; Rousseau</publisher-name>, <publisher-loc>Kaapstad</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0024"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Schoeman</surname>, <given-names>K</given-names></string-name>.</person-group>, <year>1999</year>, <source><italic>Armosyn van die Kaap: Voorspel tot vestiging, 1415&#x2013;1651</italic></source>, <publisher-name>Human &#x0026; Rousseau</publisher-name>, <publisher-loc>Kaapstad</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0025"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Schoeman</surname>, <given-names>K</given-names></string-name>.</person-group>, <year>2001</year>, <source><italic>Armosyn van die Kaap: Die w&#x00EA;reld van &#x2019;n slavin</italic></source>, <publisher-name>Protea Boekhuis</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0026"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Schoeman</surname>, <given-names>K</given-names></string-name>.</person-group>, <year>2010a</year>, <source><italic>Kolonie aan die Kaap: Jan van Riebeeck en die vestiging van die eerste blankes, 1652&#x2013;1662</italic></source>, <publisher-name>Protea Boekhuis</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0027"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Schoeman</surname>, <given-names>K</given-names></string-name>.</person-group>, <year>2010b</year>, <source><italic>Die Bosmans van Drakenstein, 1705&#x2013;1842</italic></source>, <publisher-name>Protea Boekhuis</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0028"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Schoeman</surname>, <given-names>K</given-names></string-name>.</person-group>, <year>2011</year>, <source><italic>Cape lives of the eighteenth century</italic></source>, <publisher-name>Protea Boekhuis</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0029"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Schoeman</surname>, <given-names>K</given-names></string-name>.</person-group>, <year>2012</year>, <source><italic>Portrait of a slave society: The Cape of Good Hope, 1717&#x2013;1795</italic></source>, <publisher-name>Protea Boekhuis</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0030"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Schoeman</surname>, <given-names>K</given-names></string-name>.</person-group>, <year>2013</year>, <source><italic>Twee Kaapse lewens: Henricus &#x0026; Aletta Beck en die samelewing van hul tyd, 1702&#x2013;1755</italic></source>, <publisher-name>Protea Boekhuis</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0031"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Schoeman</surname>, <given-names>K</given-names></string-name>.</person-group>, <year>2014</year>, <source><italic>Hoogty: Die opbloei van &#x2019;n koloniale kultuur aan die Kaap, 1751&#x2013;1779</italic></source>, <publisher-name>Protea Boekhuis</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0032"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Stoeffler</surname>, <given-names>F.E</given-names></string-name>.</person-group>, <year>1971</year>, <source><italic>The rise of Evangelical Pietism</italic></source>, <publisher-name>E.J., Brill</publisher-name>, <publisher-loc>Leiden</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0033"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Stoeffler</surname>, <given-names>F.E</given-names></string-name>.</person-group>, <year>1976</year>, <source><italic>Continental Pietism and early American Christianity</italic></source>, <publisher-name>Wipf &#x0026; Stock Publishers</publisher-name>, <publisher-loc>Eugene, OR</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0034"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van Alphen</surname>, <given-names>H</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Van de Kasteele</surname>, <given-names>P.L</given-names></string-name>.</person-group>, <year>1771</year>, <source><italic>Proeve van stichtelijke mengel-po&#x00EB;zij</italic></source>, <comment>[geen uitgewer vermeld]</comment>, <publisher-loc>Utrecht</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0035"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van Alphen</surname>, <given-names>H</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Van de Kasteele</surname>, <given-names>P.L</given-names></string-name>.</person-group>, <year>1782</year>, <source><italic>Stigtelijke mengelpo&#x00EB;zij</italic></source>, <publisher-name>weduwee Jan van Terveen en Zoon</publisher-name>, <publisher-loc>Utrecht</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0036"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van der Linde</surname>, <given-names>S</given-names></string-name>.</person-group>, <year>1954</year>, &#x2018;<article-title>De betekenis van de Nadere Reformatie voor kerk en theologie</article-title>&#x2019;, <source><italic>Kerk en Theologie</italic></source> <volume>5</volume>, <fpage>215</fpage>&#x2013;<lpage>225</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0037"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van der Linde</surname>, <given-names>S</given-names></string-name>.</person-group>, <year>1967</year>, &#x2018;<article-title>De Nadere Reformatie en de zending</article-title>&#x2019;, <source><italic>Theologia Reformata</italic></source> <volume>10</volume>, <fpage>5</fpage>&#x2013;<lpage>16</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0038"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van der Linde</surname>, <given-names>S</given-names></string-name>.</person-group>, <year>1973</year>, &#x2018;<article-title>De Godservaring bij W. Teellinck, D.G. &#x00E0; Brakel en A. Comrie</article-title>&#x2019;, <source><italic>Theologia Reformata</italic></source> <volume>16</volume>, <fpage>193</fpage>&#x2013;<lpage>205</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0039"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van der Linde</surname>, <given-names>S</given-names></string-name>.</person-group>, <year>1976a</year>, &#x2018;<article-title>De prediking van de Nadere Reformatie</article-title>&#x2019;, <source><italic>Theologia Reformata</italic></source> <volume>19</volume>, <fpage>6</fpage>&#x2013;<lpage>21</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0040"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van der Linde</surname>, <given-names>S</given-names></string-name>.</person-group>, <year>1976b</year>, &#x2018;<article-title>Gisbertus Voetius&#x2019; gedachten over de prediking</article-title>&#x2019;, <source><italic>Theologia Reformata</italic></source> <volume>19</volume>, <fpage>246</fpage>&#x2013;<lpage>267</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0041"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van der Linde</surname>, <given-names>S</given-names></string-name>.</person-group>, <year>1976c</year>, &#x2018;<article-title>De ecclesiologie van de Nadere Reformatie</article-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>S</given-names>. <surname>van der Linde</surname></string-name> (red.)</person-group>, <source><italic>Opgang en voortgang der Reformatie: Een keuze uit lezingen en artikelen van S. van der Linde</italic></source>, pp. <fpage>189</fpage>&#x2013;<lpage>200</lpage>, <publisher-name>Ton Bolland</publisher-name>, <publisher-loc>Amsterdam</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0042"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van Lier</surname>, <given-names>A.C</given-names></string-name>.</person-group>, <year>1806</year>, <source><italic>Dagboek, gemeenzame brieven en eenzame overdenkingen van L.C</italic></source>., <publisher-name>Willem van Vliet</publisher-name>, <publisher-loc>Amsterdam</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0043"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van Troostenburg de Bruyn</surname>, <given-names>C.A.L</given-names></string-name>.</person-group>, <year>1884</year>, <source><italic>De Hervormde Kerk in Nederlandsch Oost-Indi&#x00EB; onder de Oost-Indische Compagnie (1602&#x2013;1795)</italic></source>, <publisher-name>H.A. Tjeenk Willinck</publisher-name>, <publisher-loc>Arnhem</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0044"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van Zijl</surname>, <given-names>W.J</given-names></string-name>.</person-group>, <year>1991</year>, <source><italic>Van skeepskis na wakis tot boekrak</italic></source>, <publisher-name>Lux Verbi</publisher-name>, <publisher-loc>Kaapstad</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0045"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Wallmann</surname>, <given-names>J</given-names></string-name>.</person-group>, <year>2010</year>, <source><italic>Pietismus und Orthodoxie</italic></source>, <publisher-name>Mohr Siebeck</publisher-name>, <publisher-loc>T&#x00FC;bingen</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
</ref-list>
<fn-group>
<fn><p><bold>How to cite this article:</bold> Raath, A.W.G., 2017, &#x2018;Transkonfessionalisme, konstruktivisme en Karel Schoeman (1939&#x2013;2017) oor die Kaapse pi&#x00EB;tisme&#x2019;, <italic>In die Skriflig</italic> 51(1), a2249. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4102/ids.v51i1.2249">https://doi.org/10.4102/ids.v51i1.2249</ext-link></p></fn>
<fn id="FN0001"><label>1</label><p>Brecht (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">2003</xref>) bevind byvoorbeeld:
<disp-quote>
<p>Scriver war kein Pietist, aber grenzt in manchem an den Pietismus &#x2026; Hingegen ist Scriver bei der hergebrachten Eschatologie und Ekklesiologie verblieben und l&#x00E4;sst keine Neigungen zu Speners Neuorientierung erkennen &#x2026; Die Forschung wird dem Ph&#x00E4;nomen deratiger Affinit&#x00E4;ten zum Pietismus Aufmerksamkeit schenken m&#x00FC;ssen. (p. 116 e.v.)</p>
</disp-quote></p></fn>
</fn-group>
</back>
</article>