<?xml version="1.0" encoding="UTF-8"?>
<!DOCTYPE article PUBLIC "-//NLM//DTD JATS (Z39.96) Journal Publishing DTD v1.1d1 20130915//EN" "http://jats.nlm.nih.gov/publishing/1.1d1/JATS-journalpublishing1.dtd">
<article xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xmlns:mml="http://www.w3.org/1998/Math/MathML" article-type="book-review" xml:lang="af">
<front>
<journal-meta>
<journal-id journal-id-type="publisher-id">IDS</journal-id>
<journal-title-group>
<journal-title>In die Skriflig / In Luce Verbi</journal-title>
</journal-title-group>
<issn pub-type="ppub">1018-6441</issn>
<issn pub-type="epub">2305-0853</issn>
<publisher>
<publisher-name>AOSIS</publisher-name>
</publisher>
</journal-meta>
<article-meta>
<article-id pub-id-type="publisher-id">IDS-52-2363</article-id>
<article-id pub-id-type="doi">10.4102/ids.v52i1.2363</article-id>
<article-categories>
<subj-group subj-group-type="heading">
<subject>Book Review</subject>
</subj-group>
</article-categories>
<title-group>
<article-title>&#x2019;n Onverkwiklike gesprek: Gays en die kerk</article-title>
</title-group>
<contrib-group>
<contrib contrib-type="author" corresp="yes">
<contrib-id contrib-id-type="orcid">https://orcid.org/0000-0003-0304-5805</contrib-id>
<name>
<surname>Nel</surname>
<given-names>Marius</given-names>
</name>
<xref ref-type="aff" rid="AF0001">1</xref>
</contrib>
<aff id="AF0001"><label>1</label>Unit for Reformed Theology, North-West University, Potchefstroom Campus, South Africa</aff>
</contrib-group>
<author-notes>
<corresp id="cor1"><bold>Corresponding author:</bold> Marius Nel, <email xlink:href="nel.marius1@gmail.com">nel.marius1@gmail.com</email></corresp>
</author-notes>
<pub-date pub-type="epub"><day>16</day><month>04</month><year>2018</year></pub-date>
<pub-date pub-type="collection"><year>2018</year></pub-date>
<volume>52</volume>
<issue>1</issue>
<elocation-id>2363</elocation-id>
<product><source>Weerlose weerstand: Die gaydebat in die NG Kerk</source> <person-group person-group-type="author"><string-name><given-names>Andr&#x00E9;</given-names> <surname>Bartlett</surname></string-name></person-group> <isbn>978-1-4853-0787-7</isbn> <publisher-name>Protea Boekhuis</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>, <year>2017</year>, <comment>R200&#x002A;</comment> <comment>&#x002A;Book price at time of review</comment></product>
<permissions>
<copyright-statement>&#x00A9; 2018. The Authors</copyright-statement>
<copyright-year>2018</copyright-year>
<license license-type="open-access" xlink:href="https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/">
<license-p>Licensee: AOSIS. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.</license-p>
</license>
</permissions>
</article-meta>
</front>
<body>
<sec id="s0001">
<title></title>
<p>Kan &#x2019;n mens die gesag van die Skrif aanvaar en terselfdertyd &#x2019;n verhouding tussen mense van dieselfde geslag goedkeur? Indien dit nie moontlik is nie, wat behoort die kerk se optrede teenoor homoseksueles te wees? Hierdie vrae lei reeds vir dekades tot onverkwiklike debatte in die kerkw&#x00EA;reld w&#x00EA;reldwyd; en waar kerke daaroor &#x2019;n standpunt ingeneem het, het dit telkemale tot ongelukkigheid by sommiges en selfs tot kerkskeuring gelei.</p>
<p>Andr&#x00E9; Bartlett is naby aan die hart van die gaydebat wat in 1986 in die Nederduitse Gereformeerde Kerk losgebars het, wat in 2015 in die bed gesit is en in 2016 weer uitgeklim het. Hy het vir byna drie dekades &#x2019;n leiersrol vervul. As iemand die een kant van die saak in die debat kan stel, is dit hy. Wat ter wille van &#x2019;n gebalanseerde siening noodsaaklik is, is dat iemand op dieselfde wyse die geskiedenis van die debat van die ander kant ook sou vertel.</p>
<p>Bartlett se standpunt is dat sekere (sogenaamde veroordelende) tekste in die Bybel na perverse vorms van homoseksuele praktyke verwys soos verkragting, tempelprostitusie, afgodery en pederastie, maar nie na homoseksualiteit as sodanig soos ons dit vandag verstaan nie. Dit vorm die sleutel tot daardie tekste. Hierdie Bybeltekste kan dus nie as veroordeling van homoseksuele gedrag ge&#x00EF;nterpreteer word nie. Bybelskrywers was nie van die volle spektrum van seksualiteit bewus nie en daarom kan hulle insigte nie vir ons as riglyne dien nie. Hy maak &#x2019;n onderskeid tussen homoseksuele promisku&#x00EF;teit en nie-promiskue, vaste verhoudings van liefde en trou tussen mense met ander seksuele ori&#x00EB;ntasies. Hy meen die Bybel veroordeel alle promiskue verhoudings, ongeag mense se seksuele ori&#x00EB;ntasie.</p>
<p>Aan die ander kant bestaan die standpunt dat die betrokke bybelse verwysings wel die oog op homoseksualiteit as sodanig het soos wat dit inderdaad op die oog af lyk. Dit word dan as &#x2019;n duidelike aanduiding ge&#x00EF;nterpreteer dat die Bybel &#x2019;n sterk negatiewe oordeel oor alle vorms van homoseksuele gedrag uitspreek. Dit sluit ook mense van dieselfde seksuele ori&#x00EB;ntasie in wat in &#x2019;n blywende verhouding betrokke is.</p>
<p>Die belangrike vraag is dus of die veroordelende tekste teen homoseksuele gedrag as sodanig is of teen alle destruktiewe seksuele gedrag, insluitende di&#x00E9; onder homoseksuele mense. Nog &#x2019;n beslissende vraag is of homoseksuele ori&#x00EB;ntasie aangebore en dus by implikasie nie &#x2018;afgeleer&#x2019; kan word nie, en of seksuele ori&#x00EB;ntasie wel onder die mens se beheer is.</p>
<p>Die verskil tussen hierdie twee standpunte (en in der waarheid vind gelowiges hulle iewers op die kontinuum tussen die twee standpunte) is die produk van verskillende hermeneutiese invalshoeke wat gevolg word. Bartlett gebruik as hermeneutiese beginsel die siening dat die Bybel nie as &#x2019;n soort orakelboek gebruik mag word wat sonder die toedoen van mense tot stand gekom het en tydlose uitsprake van toepassing op alle mense en tye bevat nie. As menslike boek het dit &#x2019;n eg-menslike en historiese karakter. Om die bedoeling van die onderskeie skrywers vas te stel, is dit dus nodig om deeglik kennis te neem van die historiese en kulturele konteks waarin die boek tot stand gekom het en waarbinne die oorspronklike hoorders of lesers dit gehoor het. Die liter&#x00EA;re konteks en genre speel ook &#x2019;n belangrike rol in die interpretasieproses. Daarmee saam moet tussen die periferie en die sentrum van die openbaring in die Bybel as Woord van God onderskei word. Die kern bestaan uit kennis van God en sy handelinge met die mens in Christus. Sake wat op die periferie l&#x00EA;, is so tydgebonde en kultureel bepaald dat dit nie meer op presies dieselfde wyse geldingskrag het as sake wat naby die sentrum l&#x00EA; nie. Etiese beslissings kan eerstens dus nie op individuele wetsbeslissings in die Bybel gebaseer word nie, maar moet in die lig van Christus se dubbele liefdesgebod asook sy bedieningspatroon ge&#x00EF;nterpreteer word. &#x2019;n Verdere beginsel is dat die konteks van kontempor&#x00EA;re lesers ook in ag geneem moet word. Dit beteken dat wetenskaplike getuienis oor die aard van homoseksualiteit bygebring moet word wanneer bybelse riglyne daaroor gelees word. Bartlett aanvaar die standpunt dat die seksuele ori&#x00EB;ntasie van &#x2019;n persoon nie aangeleerde gedrag is nie, maar baie vroeg, moontlik reeds voor geboorte, vasgel&#x00EA; is en dat dit deur faktore buite die beheer van die persoon bepaal word. In die meeste gevalle kan die persoon asook behandeling niks doen om die homoseksuele ori&#x00EB;ntasie blywend te verander nie. Die outeur (of die verslae waaruit hy ekstensief aanhaal) meld nie dat daar meningsverskille hieroor tussen geleerdes bestaan nie.</p>
<p>Bartlett beklemtoon dit dat die Bybel slegs tien verwysings na homoseksuele gedrag bevat - minder as die verwysings na onderskeidelik die onderhorige posisie van die vrou en slawerny. Laasgenoemde is reeds deur die kerk as kultuurgebonde beoordeel en afgewys as geldend vir alle tye. Die kerk het hier ten spyte van bybelse getuienis wat op die teendeel dui, besluit dat die vrou gelykwaardig aan die man is en dat slawerny as praktyk onaanvaarbaar is - net soos dit die bybelse w&#x00EA;reldbeeld dat die aarde plat is, verwerp het.</p>
<p>Aan die ander kant funksioneer die standpunt (baie ernstige lidmate deel hierdie siening) dat die Bybel homoseksuele uitlewing as sonde beskou. Dit is &#x2019;n bewuste opstand teen die verordeninge van God en die natuurwette wat deur sy toedoen ontstaan het. Dit is &#x2019;n simptoom van die gebroke werklikheid waarin ons leef, waar sommige mense met die predisponasie tot alkoholisme gebore word, en ander tot homoseksualiteit. Die persoon wat so gepredisponeer is, moet leer om daarmee saam te leef en dit te bowe te kom. Die gelowige moet ook daardie aspek van sy menswees aan God en sy gebod onderwerp. Hierdie standpunt aanvaar dat die NG Kerk se hantering van homoseksualiteit as die toetssteen van die kerk se gewilligheid beskou kan word om voor die Skrif as hoogste gesag te buig of nie. Heelwat lidmate sien hierin dat die kerk moet besluit of sy die Bybel ernstig wil opneem of eerder voor postmoderne relativisme gaan swig. In &#x2019;n sekere sin het die twee standpunte die linies opgestel tussen (sommige) lidmate en (dele van) die teologiese fakulteite wat kandidaatstudente vir die NG Kerk oplei.</p>
<p>Die vraag is belangrik omdat die kerk met gay mense gekonfronteer word wat aan die gemeente behoort, gay paartjies wat wil trou, kinders wil aanneem en hulle wil laat doop, asook die vraag of gay mense tot die kerkraad en predikantsamp toegelaat behoort te word. &#x2019;n Belangrike deel van Bartlett se argument handel oor die pyn wat die kerk gay mense aandoen wanneer hulle lewenswyse as sondig afgewys word, gebaseer op hoe die kerk die Bybel lees.</p>
<p>Die skrywer vertel die verhaal van die debat wat teen die agtergrond van die NG Kerk se besinning oor hereniging van die NG Kerkfamilie en die posisie van die Belharbelydenis figureer, afgewentel in onderskeie sinodeverslae en -besluite, wat tot dramas lei wat die debat telkens opnuut aangevuur het. Dit is &#x2019;n verhaal van mense wat verby mekaar praat en soms weier om met mekaar te praat, al lees hulle dieselfde Bybel en praat hulle met dieselfde Vader.</p>
<p>In 2015 het die algemene sinode die volgende besluit: alle mense is gelykwaardig en mag deel van die gemeente wees ongeag hulle seksuele ori&#x00EB;ntasie; slegs die verbintenis van een man en een vrou word as &#x2019;n huwelik beskou; burgerlike verbintenisse van persone van dieselfde geslag word erken en mag deur predikante wat hulle weg oopsien, bevestig word; en kerkrade mag hieroor hulle eie standpunte en praktyke formuleer. Na &#x2019;n app&#x00E8;lproses besluit die algemene sinode in 2016 dat vaste lewensverbintenisse tussen mense van dieselfde geslag vir die kerk onaanvaarbaar is en dat predikante op geen manier by die bevestiging daarvan betrokke mag wees nie. Twee diskoerse oor homoseksualiteit word hierdeur duidelik gedemonstreer, en die debat woed voort. Voorwaar onverkwiklik, omdat dieselfde Bybel verskillende dinge hieroor s&#x00EA; danksy die lense in ons brille wat verskil!</p>
</sec>
</body>
<back>
<fn-group>
<fn><p><bold>How to cite this book review:</bold> Nel, M., 2018, &#x2018;&#x2019;n Onverkwiklike gesprek: Gays en die kerk&#x2019;, <italic>In die Skriflig</italic> 52(1), a2363. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4102/ids.v52i1.2363">https://doi.org/10.4102/ids.v52i1.2363</ext-link></p></fn>
</fn-group>
</back>
</article>