In sy afskeidswoord by die neerlegging van sy amp as teologiese professor sê Jan Lion Cachet (
Ons het begin, die studente was min en swak; die dosente het geen akademiese grade gehad nie, maar ons het begin en die fondamente gegrawe in die hoop dat eenmaal op die fondament ’n tempel vir die wetenskap sou verrys waarvan die hoeksteen sou wees: Gods heilige Woord. (p. 6)
Hierdie uitspraak deur die tweede dosent (naas Dirk Postma) wat aan die Teologiese Skool te Burgersdorp (1869) sou dien, getuig van die groot uitdagings, maar ook van die vaste grond en hoop waarmee die werk aan ’n eie teologiese skool aangepak is.
Wat die gebrek aan akademiese kwalifikasies van die dosente betref, het Cachet nie oordryf nie. Dirk Postma het waarskynlik geen of min skoolopleiding ondergaan en moes na die dood van sy vader as tiener uitspring om die gesin te help onderhou (Van der Vyver
Postma was hiervan terdeë bewus
Die drang om kennis – veral teologiese kennis – oor te dra het egter van vroeg af aan in Postma geleef. Volgens Van der Vyfer (
Met sy koms na Suid-Afrika het Postma dus reeds onderrigervaring gehad. Kort na die stigting van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) het hy dan ook begin met die indiensopleiding van predikante, want die behoefte was groot.
Met die formalisering van die teologiese opleiding in die stigting van die Teologiese Skool Burgersdorp, is daar op Postma se aandrang grootliks gesteun op die voorbeeld van die Teologiese Skool te Kampen, wat in 1854 deur die CAGK in Nederland opgerig is. Postma self was destyds in Nederland intens hierby betrokke
Dit laat die volgende vraag ontstaan: Watter studiemateriaal het Postma in sy teologiese opleiding gebruik? Postma self antwoord hierop wanneer hy in 1875 sy
In hierdie artikel word die impak van wat Postma ‘
Dit blyk dat Postma in sy studiemateriaal en teologiese beskouings grootliks op die opleiding terugval wat hy self ontvang het. In hierdie verband het een bron ’n sentrale plek beklee, naamlik die
Aegidius Francken was saam met bekende figure soos Voetius en A’Brakel ’n eksponent van die Nadere Reformasie – ’n beweging wat sedert die begin van die sewentiende eeu in Nederland ontstaan het en wat die beginsels van die Reformasie wou deurtrek na die alledaagse lewe (gesin, huis, skool, staat, politiek, samelewing en werkkring). Dit het gestreef na ’n balans tussen ortodoksie en piëteit. Later, toe die invloed van die Humanisme en Verligting in die kerke in Nederland begin deurwerk, het ondersteuners van die Nadere Reformasie in 1834 die
Francken (1676–1743), self ’n pastoriekind, het aan die Leidse Universiteit studeer en het in 1705 predikant in die
In sy
In die eerste hoofstuk van sy
In hoofstuk 2 stel Postma, sonder om genuanseerd daarop uit te brei, ook die saak van die verhouding tussen geloof en rede op ’n ietwat dubbelsinnige wyse aan die orde. Enersyds moet ’n Skrifverklaarder sy eie wysheid ‘
Die kenteoretiese debat en die vraag na vooronderstellings in die Gereformeerde Hermeneutiek, sou in die latere jare geweldig uitbrei in omvang en kompleksiteit. Veral sedert die sestigerjare van die vorige eeu, sou nuwe beskouings oor taal, die aanvaarding van ’n relatiewe waarheidsmodel deur sommige kerkverbande en die opkoms van die paradigmaleer stimulus hieraan verleen. Gereformeerde teoloë het hulle in verskeie artikels
Soos sedertdien in alle uiteensettings van die Gereformeerde Hermeneutiek tot op hede, neem Postma (
Vir Postma (
Postma (
Anders as wat Le Cornu (
Wel erkennen wij dat eene geschiedenis, of ook een historisch persoon als eerste onderwerp voorkomt, en dan vervolgens tot een andere bedoelde word overgegaan, maar dit is daarom niet dubbelzinnig. (p. 38, V&A 86)
Postma se beskouing oor die inspirasie bring mee dat die verklaring van die Skrif na sy mening nie sonder die leiding van die Heilige Gees kan plaasvind nie. Deurgaans in sy hermeneutiek lê hy daarom ’n sterk pneumatologiese aksent. Die verklaarder het die Heilige Gees nodig om die Skrif ‘
Postma (
Tog gaan hy (Postma
Op uitgebreide wyse bespreek Postma (
Dit is volgens Postma (
Die sin van Skrifverklaring is volgens Postma (
Tog bly die wetenskaplike ondersoek van die Skrif nie hierin agterweë nie. Om die bedoeling van die Heilige Gees (as ‘
In die aandag wat Postma vra vir die ‘oogmerke van die skrywer’, lê die hedendaagse ondersoek na die konteks van die skrywer en hoorders, die genre van die teks,
In die vraag na die ‘samehang van die rede’ lê in wese die besef dat grammatiese, sintaktiese en gedagtestruktuurontleding noodsaaklik is om die fokuspunt in die teks te identifiseer en dit van die bysaak te onderskei (Janse van Rensburg
Die ondersoek na die ‘krag van woorde en uitdrukkings’ dui op die noodsaak van woordeksegese en semantiese en morfologiese analise. Hedendaagse insigte in die retoriek en narratologie lewer ook ’n bydrae tot die verstaan van die krag van woorde en uitdrukkings (Janse van Rensburg
Postma se fokus op ‘gelykluidende plekke’ word vandag ‘Skrif met Skrif vergelyking’ en ‘die bepaling van die openbaringshistoriese plek van die perikoop’ genoem. Hedendaagse insigte in die verhouding tussen die Ou en Nuwe Testament lewer ook hiertoe ’n bydrae (Janse van Rensburg
Die soeke na ‘ooreenkoms van die geloof’ dui op die belangrikheid van die eksegetiese bevindingskontrolering van die belydenis en van eksegetiese en homiletiese bronne (Janse van Rensburg
Ten slotte stel Postma (
Postma verset hom baie ernstig teen die gedagte dat ’n bepaalde persoon as regter kan dien om in verskille oor die betekenis van die Skrif te beslis. Enige persoon (soos byvoorbeeld die Pous) het, omdat die menslike rede verduister is (Postma
Alhoewel Postma (
Volgens Postma (
Soos aangetoon, was Dirk Postma se hermeneutiese vertrekpunte en riglyne geensins ’n nuutskepping nie. Dit was ’n direkte weergawe van die standpunte van Aegidius Franken en die Nadere Reformasie. Die Nadere Reformasie het op sy beurt die eksegetiese praktyke van die Reformatore en die vroeë Christelike kerk nagevolg. Dit is hierdie praktyke wat aan die wortel van die grammaties-historiese model van eksegese lê, wat vandag in die GKSA nagevolg word (Jordaan et al.
Die impak van Dirk Postma se hermeneutiek op die teologie van die GKSA kan moeilik onderskat word. Hy was self die enigste dosent van Jan Lion Cachet wat hom as professor opgevolg het. Cachet was op sy beurt weer die dosent van J.D. du Toit (Totius) wat as eerste wetenskaplike uitbouer van die Gereformeerde Hermeneutiek beskou kan word. Waar Postma en Cachet, volgens Stephanus du Toit (
Om hierdie impak te probeer verwoord, kan daar ten slotte enkele definiërende kenmerke aangedui word. Die Gereformeerde teologie gaan uit van die volgende:
Gereformeerde Skrifverklaring het hom deurlopend en in die eerste plek altyd opgestel as ’n gelowige antwoord op die woord van God. Postma (
’n Gelowige en vroom lewe in oorgawe aan God is dus deurgaans die hoogste voorwaarde vir die Gereformeerde hermeneut. Die Gereformeerde Hermeneutiek is nie in die eerste plek ’n leer of Skrifbeskouing nie; dit is Skrifgeloof en godsdiens wat uit ’n kinderlike onderwerping bestaan, juis omdat dit God se woord is (Van der Walt & Du Toit
Ook vandag nog geld die waarheid dat die Skrif en die koninkryk van God net waaragtig verstaan kan word deur hulle wat godsdienstig daarin wil lewe. Die aktiewe en gedissiplineerde beoefening van gelowige
Cachet (
Hierdie strewe na wetenskaplike uitmuntendheid staan in die Gereformeerde teologie nie teenoor die beoefening van die hermeneutiek as geloofsdaad nie, maar is juis deel van die uitlewing daarvan. In die gelowige Skrifverklaring streef Gereformeerde teoloë na resultate waaroor hulle hul teenoor God en die wêreld redelik (rasioneel) kan verantwoord. In die afgelope 150 jaar het hierdie strewe inderdaad gegroei tot ’n hele universiteit van verbasende omvang. In hierdie universiteit lewer Gereformeerde teoloë steeds (kwantitatief en kwalitatief) wetenskaplike uitsette van die hoogste standaard.
Die
Die Gereformeerde Hermeneutiek is in sy wese (soos die belydenisskrifte) ook apologeties. Dit wil enersyds uiteensit hoe die Skrif gelowig en geldig verklaar kan word, maar andersyds ook hoe dit nie verklaar moet word nie. Afwykende beskouings oor die Skrif en Skrifverklaring noodsaak die Gereformeerde Hermeneutiek om steeds duideliker, meer uitgebreid en spesifiek te wees.
So byvoorbeeld lê die wortels van die Gereformeerde Hermeneutiek in die Reformasie. Die Reformasie het uit verset teen die Roomse hermeneutiek teruggekeer het na die waarde van die Skrif as woord van God en die grammaties-historiese uitleg daarvan (
Soortgelyke uitdagings staan die GKSA in die huidige tydsgewrig voor die boeg. Dit bly daarom belangrik dat Gereformeerde teoloë en teologiese studente belese moet wees en dat hulle toegerus moet word om met fyn onderskeiding ’n wye verskeidenheid van filosofiese en hermeneutiese oortuigings en standpunte krities te evalueer.
Du Toit (
Reeds toe hy nog in Nederland was, het Postma hierdie waarheid ingesien en hom beywer vir ’n eie teologiese skool vir die CAGK, wat selfstandig en sonder staatsinmenging kon funksioneer ten spyte daarvan dat geldelike steun deur die staat hiermee prysgegee moes word (Van der Vyver
Die verdere stryd om die behoud van die onafhanklikheid van ’n eie Christelike universiteit wat uit die oprigting van die teologiese skool ontstaan het, is ’n dramatiese (en in baie opsigte tragiese) geskiedenis,
In sy strewe na onafhanklikheid het die Gereformeerde Hermeneutiek egter steeds diensbaar en relevant gebly in sy wetenskaplik-teologiese en sosio-politiese konteks. In die oprigtingsjare was dit veral die regverdiging van sy bestaan teenoor kritiek en die noodsaak aan die toerusting van sy leiers waarop gefokus is. Ook het landsomstandighede (oorloë en resessie) in die vroeë jare ’n rol gespeel in die hermeneutiese fokus van die Gereformeerde eksegese.
In die latere jare is die fokus, naas sosiale, politieke en kerklik-etiese vraagstukke, ook deur filosofiese en epistomologiese stromings bepaal. Die bekende uiteensetting van Lategan (
Dit is ook vir die toekoms belangrik dat die Gereformeerde Hermeneutiek in sy konteks relevant sal bly. In die huidige tydsgewrig staan Suid-Afrika voor besondere uitdagings, en die lidmate van die GKSA beleef vervreemding in ’n humanistiese en sekulêre leefwêreld wat sienderoë ontaard. Dit is in hierdie omstandighede steeds nodig om ’n duidelike en Gereformeerd-bybelse getuienis te laat hoor, en om lidmate te begelei om hoopvol en met roepingsbesef te lewe.
Dit is opmerklik dat daar in die Gereformeerde Hermeneutiek (as reaksieverskynsel) van die begin af na equilibrium gesoek was. Daar was ’n strewe om te reageer, maar ook ’n waaksaamheid om te oorreageer.
Hierdie tendens strek terug tot by Aegidius Francken wat, alhoewel hy deel van die Nadere Reformasie was, tog nie met die
Alhoewel Postma, vanuit ons tyd beskou, as streng en konserwatief in sy beskouings voorkom, is hy, in die tyd toe hy nog in Nederland was, van ortodokse kant beskuldig dat hy in sy prediking ’n ‘veel te ruime aanbod van genade’ doen en dat daar by hom te min nadruk op die menslike onmag en die uitverkiesing is. Schutte (
Ook Du Toit se teologie word gekenmerk deur ’n strewe om uiterstes te vermy. Opmerklik is byvoorbeeld sy (Du Toit
Die stryd om balans te vind, kan ook teruggevind word in verskeie besprekings en besluite van die Nasionale Sinodes van die GKSA. Besprekings oor die gebruik van bekers of kelkies tydens die Nagmaal, oor die omdigtings van die Psalms en die toelating van vroue tot die besondere dienste het telkens twee standpunte aan die lig gebring. Dit het daartoe gelei dat die GKSA al as ‘kerk van twee strominge’ getipeer is. Tog moet oorweeg word of hierin nie eerder ’n bepaalde dialektiese kenmerk van die Gereformeerde teologie en hermeneutiek na vore kom wat van meet af en wesenlik daartoe behoort nie.
Alhoewel oorsigtelik aangetoon, dui bogenoemde inligting daarop dat die Gereformeerde Hermeneutiek vanuit ’n vaste teologiese basis ontstaan en ook die afgelope 150 jaar ontwikkel het. Hierdie basis lê via Dirk Postma en Aegidius Francken in die beginsels van die Reformasie en Nadere Reformasie. Die uitdaging vir die Gereformeerde Hermeneutiek vandag is om hierdie beginsels ook in die huidige tydsgewrig en omstandighede te handhaaf en verder te ontplooi. Mag elke Gereformeerde teoloog ook hierin ’n leerling word in die koninkryk van die hemel, om soos die voorgeslagte gedoen het, ou en nuwe dinge uit die Skrif na vore te bring (Matt 13:52).
Die outeur verklaar dat daar geen finansiële of persoonlike verbintenis is met enige party wat hom nadelig kon beïnvloed het in die skryf van hierdie artikel nie.
W.C.V. was die enigste outeur betrokke by die skryf van die artikel.
Hierdie artikel volg alle etiese standaarde vir navorsing.
Hierdie navorsing het geen spesifieke toekenning ontvang van enige befondsingsagentskap in die openbare, kommersiële of nie-winsgewende sektore.
Die deel van data is nie van toepassing op hierdie artikel nie, aangesien geen nuwe data in hierdie studie geskep of ontleed is nie.
Die sienings en menings wat in hierdie artikel uitgedruk word, is dié van die outeur en weerspieël nie noodwendig die amptelike beleid of posisie van enige geaffilieerde agentskap van die outeur nie.
In hierdie artikel word
T.F. de Haan was ’n kenner van die antieke tale (Hebreeus, Grieks en Aramees) en is ook met die oprigting van die Teologiese Skool Kampen (1854) tot eerste professor in Antieke Tale benoem. De Haan het Postma ingelei in die eerste beginsels van taalstudie en ’n liefde vir die ou tale by Postma gekweek (Van der Vyver
Verskeie kere het Postma sy ‘
Hulle was E.R. Breitsma, J. Beijer (wat later ook na Suid-Afrika sou kom), S. Sijpkens en W.H. van den Bosch (Van der Vyver
Die beroeping van predikante uit Nederland was, met uitsondering van ds Beyer in 1862, nie suksesvol nie, en om studente uit Suid-Afrika in Nederland te laat oplei was op daardie stadium ’n te duur en tydrowende onderneming.
Postma speel ’n prominente rol in die aanloop tot die uiteindelike besluite van die Nasionale Sinodes van die CAGK in 1846 en 1849 oor die oprigting van ’n eie teologiese skool. Wanneer die finale besluit in 1854 geneem word, is hy die ondervoorsitter van die Sinode. Van die oprigting van die Teologiese Skool Kampen tot en met Postma se vertrek na Suid-Afrika (1858), dien hy as kurator en penningmeester. Die waarderingswoord wat die dosente en studente met sy vertrek aan hom rig, getuig van die besondere band wat hy met die skool gehad het (Van der Vyfer
Volgens Jooste (
Moontlik verwys Postma hiermee ook na die dosente aan die Teologiese Skool te Kampen.
Hiervoor, sê Postma (
Hierdie kerkverband is in 1571 te Emden gestig en het in 1579 die amptelike staatskerk van die
Francken se
’n Voorbeeld is die debat tussen Lion-Cachet (
Lees byvoorbeeld die artikels van Jordaan et al. (
Vergelyk byvoorbeeld die publikasies van Snyman (
Le Cornu (
Daar was byvoorbeeld al in 1927 sterk aandrang vanuit Gereformeerde hoek dat die Afrikaanse Bybel (net soos die Statevertaling) ook van kanttekeninge voorsien moet word sodat gewone lidmate die Skif kan uitlê en toepas (Du Toit
As steekproef in die verband is die boek
Postma (875:41, V&A 41) self maan byvoorbeeld reeds tot sensitiwiteit vir die feit dat ’n bepaalde Skrifgedeelte ’n figuurlike betekenis kan hê, ‘
In hierdie opsig kan met reg gevra word of die GKSA in sy hantering van die vraagstuk oor die toelating van vroue tot die besondere dienste nie van hierdie historiese hermeneutiese vertrekpunt afgewyk het nie. Die verskil van mening oor die betekenis van die Skrif in hierdie verband is sedert 2009 deur kerklike vergaderings met meerderheidstem op die spits gedryf.
Du Toit (
Hieronder is S. du Toit (Ou Testament), W.J. Snyman (Nuwe Testament), J.P. Jooste (Kerkreg en Kerkgeskiedenis), P.J.S. de Klerk (Dogmatologiese vakke) en B.J. de Klerk (Apologetiek en Etiek).
Soos voorgestel deur Du Toit (Venter
Soos die geval met J.D. du Toit, T. van der Walt en andere wat in die buiteland studeer het.
Vergelyk die beskrywing van Van der Vyver (
Sedert die twintigerjare van die vorige eeu moes die Gereformeerde Hermeneutiek (onder leiding van Du Toit) hom oor die bronne-hipotese en die historiese kritiek verantwoord (Venter
Hierdie posisie het Postma lewenslank gehandhaaf. Hy keur byvoorbeeld een van sy eie studente uit Nederland (J. Beier) af op grond van sy ‘subjektivistiese bevindelikheid’ (Schutte
Die Evangeliese Gesange kon, volgens hom, met algemene instemming gesing word, maar moes in die geval van beswaar nie afgedwing word nie (Vergeer & Du Plooy