<?xml version="1.0" encoding="UTF-8"?>
<!DOCTYPE article PUBLIC "-//NLM//DTD JATS (Z39.96) Journal Publishing DTD v1.1d1 20130915//EN" "http://jats.nlm.nih.gov/publishing/1.1d1/JATS-journalpublishing1.dtd">
<article xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xmlns:mml="http://www.w3.org/1998/Math/MathML" article-type="book-review" xml:lang="af">
<front>
<journal-meta>
<journal-id journal-id-type="publisher-id">IDS</journal-id>
<journal-title-group>
<journal-title>In die Skriflig / In Luce Verbi</journal-title>
</journal-title-group>
<issn pub-type="ppub">1018-6441</issn>
<issn pub-type="epub">2305-0853</issn>
<publisher>
<publisher-name>AOSIS</publisher-name>
</publisher>
</journal-meta>
<article-meta>
<article-id pub-id-type="publisher-id">IDS-54-2621</article-id>
<article-id pub-id-type="doi">10.4102/ids.v54i1.2621</article-id>
<article-categories>
<subj-group subj-group-type="heading">
<subject>Book Review</subject>
</subj-group>
</article-categories>
<title-group>
<article-title>&#x2019;n Homiletiese besinning oor die Hebre&#x00EB;rspreek en die belangrikheid van vandag</article-title>
</title-group>
<contrib-group>
<contrib contrib-type="author" corresp="yes">
<contrib-id contrib-id-type="orcid">http://orcid.org/0000-0002-6597-9729</contrib-id>
<name>
<surname>Kruger</surname>
<given-names>Ferdi P.</given-names>
</name>
<xref ref-type="aff" rid="AF0001">1</xref>
</contrib>
<aff id="AF0001"><label>1</label>Unit for Reformational Theology and the Development of the South African Society, North-West University, Potchefstroom, South Africa</aff>
</contrib-group>
<author-notes>
<corresp id="cor1"><bold>Corresponding author:</bold> Ferdi Kruger, <email xlink:href="ferdi.kruger@nwu.ac.za">ferdi.kruger@nwu.ac.za</email></corresp>
</author-notes>
<pub-date pub-type="epub"><day>28</day><month>05</month><year>2020</year></pub-date>
<pub-date pub-type="collection"><year>2020</year></pub-date>
<volume>54</volume>
<issue>1</issue>
<elocation-id>2621</elocation-id>
<product><source>Heden, indien u zijn stem hoort. Een bijdrage tot een homiletische theologie</source> <person-group person-group-type="author"><string-name><given-names>Maarten J.</given-names> <surname>Kater</surname></string-name></person-group> <isbn>978-90-75847-50-5</isbn> <publisher-name>Theologische Universiteit</publisher-name>, <publisher-loc>Kampen</publisher-loc>, <year>2019</year>, <comment>&#x20AC;9,95*</comment> <comment>*Book price at time of review</comment></product>
<permissions>
<copyright-statement>&#x00A9; 2020. The Authors</copyright-statement>
<copyright-year>2020</copyright-year>
<license license-type="open-access" xlink:href="https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/">
<license-p>Licensee: AOSIS. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.</license-p>
</license>
</permissions>
</article-meta>
</front>
<body>
<sec id="s0001">
<title></title>
<p>Die outeur, Maarten Kater, stel &#x2019;n duidelike uitgangspunt in hierdie bundel. Te midde van navorsing oor preekanalises wat meermale verskyn, is die outeur sensitief daaroor dat homiletiek en sistematiese teologie (Dogmatiek) se inherente gerigtheid op mekaar nie verwaarloos mag word nie. Die navorsing in hierdie bundel maak &#x2019;n dieptesnit op dit wat meermale as die hoordersgemeenskap of hoordershermeneutiek beskryf word. Die kontoere van die Hebre&#x00EB;rspreek word aan die orde gestel sodat die bundel in die laaste gedeelte by &#x2019;n selfstandige homiletiese teorie arriveer. Die Hebre&#x00EB;rspreek kan as &#x2019;n tipiese eerste-eeuse preek beskryf word wat uit die staanspoor die erns van prediking in Hebre&#x00EB;rs 1:1&#x2013;2 as God se spreke in Christus in die laaste dae beskryf. Die feit dat God in die ou bedeling dikwels en op baie maniere gespreek het, vorm die ruggraat van die besef dat prediking beplan en op ordelike wyse ingerig behoort te word.</p>
<p>Prediking is &#x2019;n belangrike element in die beplande opbou van &#x2019;n geloofsgemeenskap. Die Hebre&#x00EB;rsprediker verkondig &#x2019;n Christologies-gesentreerde preek aan die hoorders. Die feit dat God se spreke in Christus soveel beter en soveel groter is, bring &#x2019;n noodwendige besinning voort oor hoedanig die geloofsgemeenskap of die hoorders van die Hebre&#x00EB;rspreek begelei kan word om anders te dink oor die moeilike omstandighede waarin hulle hulself bevind. Kater slaag daarin om aan te toon hoedat God se eskatologiese spreke in Christus, integraal met duidelike eskatologiese spanningsvelde verbind is. Die allesomvattende belangrikheid van vandag loop soos &#x2019;n goue draad deur die bundel. Die skrywer van die bundel maak dit duidelik dat elke dag streng gesproke vandag is. Om vandag na God se Woord te luister, bring hoorders onvermydelik voor hulle eie gesindheid teenoor God se Woord te staan. Die Hebre&#x00EB;rsprediker se preek word aan die hand van &#x2019;n verklaring- en toepassingskema gestruktureer. Die strategiese belang van die plasing van die eskatologiese motiewe binne die preek, kan nie ge&#x00EF;gnoreer word nie. Die kerk is onderweg na &#x2019;n ewige sabbatsrus. Daarom word die lewenswyse van &#x2019;n gelowige in die Hebre&#x00EB;rspreek gekarakteriseer as &#x2019;n wedloop wat uitputtend kan wees, maar waarin die toekomsverwagting nie mag verflou nie.</p>
<p>Die rol van luister en van sien is bepalend in die wedloop. Deur na die prediking te luister, word die o&#x00EB; geopen om Jesus Christus raak te sien en om Hom voor o&#x00EB; te hou. Die gevaar van gelowiges wat begin uitsak vanwe&#x00EB; moeilike omstandighede waartydens hulle moontlik oor belangrike sake kan twyfel, word op direkte wyse deur die skrywer van die bundel aangeraak. Die navorsing maak melding van hoorders met &#x2018;lui ore&#x2019;. Luiheid of traagheid om die hoor van die Woord met die geloof te meng, is immers &#x2019;n aspek wat in die Hebre&#x00EB;rspreek pertinent aan die orde gestel word. Die veelkleurige aanwending van aanhalings uit die Ou Testament is, volgens Kater, &#x2019;n treffende bewys daarvan dat die Hebre&#x00EB;rsprediker van die oortuigingskrag van die Woord self gebruik maak, om hoorders tot &#x2019;n gesindheidsverandering te dring. Die outeur van hierdie bundel kom aan die einde daarvan tot die slotsom dat gemeentelike byeenkomste, waaronder die erediens, as noodsaaklik beskou behoort te word om juis die saamluister na God se Woord te optimaliseer. Kater beskryf die onderlinge byeenkomste as noodsaaklike luisteroefeninge.</p>
<p>In die navorsing toon die outeur ten slotte in &#x2019;n eie selfstandige teologiese homiletiek aan, dat prediking nie anders kan as om die organiese eenheid tussen die Ou en Nuwe Testament met agting te beje&#x00EB;n nie. Prediking behoort nie weg te doen met die belangrikheid van gebalanseerde eskatologiese prediking nie. Uiteindelik behoort prediking alle hoorders voor die feit te stel dat d&#x00ED;t wat hulle hoor, met God se stem in die laaste dae te make het. Die feit dat God vandag met elke hoorder praat nadat Hy so duidelik in Christus gepraat het, gryp vooruit na die finale vervulling van al sy beloftes. Dit is om hierdie rede dat Kater sy navorsing afsluit met die gedagte van die Hebre&#x00EB;rspreek, wat doksologies op die volmaakte offer van die Ho&#x00EB;priester, Jesus Christus, gerig is.</p>
<p>Hierdie bondige bundel is waardevol vir almal wat in die boek Hebre&#x00EB;rs belangstel, asook vir alle predikers sowel as hoorders wat weekliks na preke luister. Die waarde van die bundel sentreer rondom die feit dat dit belangrik is om elke dag met aandag te luister. Luister is &#x2019;n betekenisvolle aksie, aangesien dit die luister na die lewende Woord van God behels. Hierdie Woord l&#x00EA; immers alles bloot en is lewenskragtig. Indien &#x2019;n luisterkrisis algemene praktyk in &#x2019;n geloofsgemeenskap word, kan dit fataal wees. Ek sou hierdie bundel kon aanbeveel vir almal wat in die verhouding tussen die ekklesiologie en homiletiek belangstel, vir predikers sowel as almal wat op &#x2019;n weeklikse wyse na die prediking luister.</p>
<p>Hierdie bundel maak nie aanspraak daarop om volledig te wees nie. Juis om hierdie rede kan die navorsing as &#x2019;n aansporing gereken word, om steeds verder en meer integraal te besin oor &#x2019;n boek in die Bybel wat al meermale as die stiefkind van die Nuwe Testament beskou is. Na die deurlees van die bundel, is ek persoonlik daarvan oortuig dat die Hebre&#x00EB;rspreek duidelike perspektiewe bied waaroor daar binne &#x2019;n hedendaagse konteks verder besin kan word. Ten slotte is dit veral die aspek van hoedanig die prediking met die huidige konteks in gesprek kan tree, wat myns insiens, &#x2019;n dringende behoefte is. Met waardering aan die outeur wat sodoende my eie gedagtes hieroor in &#x2019;n bepaalde rigting gestuur het.</p>
</sec>
</body>
<back>
<fn-group>
<fn><p><bold>How to cite this book review:</bold> Kruger, F.P., 2020, &#x2018;&#x201C;n Homiletiese besinning oor die Hebre&#x00EB;rspreek en die belangrikheid van vandag&#x2019;, <italic>In die Skriflig</italic> 54(1), a2621. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4102/ids.v54i1.2621">https://doi.org/10.4102/ids.v54i1.2621</ext-link></p></fn>
</fn-group>
</back>
</article>