Editorial

Editorial

Editorial Office
In die Skriflig/In Luce Verbi | Vol 42, No 2 | a263 | DOI: https://doi.org/10.4102/ids.v42i2.263 | © 2008 Editorial Office | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 27 July 2008 | Published: 27 July 2008

About the author(s)

Editorial Office,, South Africa

Full Text:

PDF (93KB)

Abstract

Ons is weer in die bevoorregte geleentheid om nog ’n uitgawe van In die Skriflig aan te bied. In hierdie uitgawe behandel C.F.C. Coetzee “Gnostiek, kerkeenheid en die belydenis van Nicea”. Die postmodernistiese paradigma het die aandag weereens op die Gnostiek gevestig en kenners meen dat daar ooreenkomste in die spiritualiteit van die Gnostiek en die hedendaagse ontwikkelende postmodernisme is. Hierdie artikel fokus weliswaar op ’n ander tema, maar moet tog gesien word as ’n bydrae om die post- modernisme en die invloed daarvan op kerk en teologie te begryp. Sou ’n verstaan van die Gnostiek ons nader bring aan ’n begrip van die soms moeilike verstaanbare uitdrukking in Nicea, naamlik “lig uit lig”, en andere? En sou die postmodernisme ons nader bring aan ’n beter verstaan van die Gnostiek? Hieroor sal nog baie nuwe navorsing die lig moet sien.

Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 2699
Total article views: 1845


Crossref Citations

No related citations found.