By means of exegesis in the revelation-historical tradition, an original, theological definition of the meaning of ἐπιφάνεια was provided and the
Die wederkoms van ons Here Jesus Christus neem ’n kardinale plek in die raadsplan van God in (Van Rhyn
Dit behoort ondersoek te word waarom daar verskillende woorde in die oorspronklike taal gebruik word om dieselfde saak, naamlik dié van die wederkoms, weer te gee. Van Rhyn en Jordaan (
Die eerste stap van so ’n ondersoek sou wees om ’n indringende woordstudie van elkeen van hierdie betrokke wederkomswoorde te doen sodat die betekenisdefinisies van die verskillende woorde met mekaar vergelyk kan word. Met ’n betekenisdefinisie word bedoel ’n sistematiese samevatting van die teologiese betekenis van die betrokke woord soos blyk uit die verskillende kontekste waarin die woord in die Nuwe Testament gebruik word. Alleen deur betekenisdefinisies van verskillende wederkomswoorde met mekaar te vergelyk, kan daar vasgestel word of daar nuanse-verskille in die betekenis van hierdie woorde opgesluit lê en wat die implikasies van die moontlike verskille vir die verstaan van die Godgegewe openbaring oor die wederkoms is (Van Rhyn & Jordaan
Van Rhyn en Jordaan (
In hierdie artikel word die proses voortgesit deur ’n betekenisdefinisie van ἐπιφάνεια as wederkomswoord te formuleer. Daarna word die gebruik van ἐπιφάνεια in die Nuwe Testament nagegaan en word daar gepoog om kursories vas te stel wat die
Die Griekse begrip ‘τέλος’ word verklaar as ‘
Dit is belangrik om daarop te let dat hierdie artikel, soos wat die titel ook aandui, net fokus op die gebruik van ἐπιφάνεια in die konteks van die wederkoms van Jesus Christus.
Die woordstudie word, volgens die metode wat Janse van Rensburg et al. (
Die genoemde metode stel die gebruik van slegs twee woordeboeke vir Nuwe-Testamentiese woordstudie voor. Vir die diakroniese woordstudie word die
In hierdie onderafdeling word die ontwikkeling van ἐπιφάνεια tot wederkomswoord aangedui en word daar hoofsaaklik na die bydrae van die TDNT verwys. Uit die deeglike navorsing van Bultmann en Lührmann [
Ἐπιφάνεια het ook ’n militêre toepassing. Dit is gebruik vir die skielike en onverwagse verskyning van ’n vyand wat wil oorlog maak. Dit kon ook die front van ’n vyandige mag aandui. Indien die betekenis op die wederkoms van die Here Jesus toegepas word, blyk dit dat Hy skielik en onverwags verskyn as vyand van die bose om die bose te vernietig soos dit inderdaad ook in 2 Tessalonisense 2:8 beskryf word.
In die Hellenisme het die woord ἐπιφάνεια ook ’n godsdienstige betekenis gehad en het dit gedui op die heilsame ingryping deur gode, veral ook tydens oorlog. Later is die woord in besonder gebruik om goddelike hulp en bystand aan te dui. Verskeie geskiedkundige figure het die woord by hulle name gevoeg en daarmee te kenne gegee dat ’n god in hulle verskyn, byvoorbeeld Antiochus I Epifanes.
Lau (
We suggest that ἐπιϕάνεια should therefore be considered as referring to a complex event in which a visible (and at times audible) manifestation of an otherwise invisible deity is perceived, either in the form of a personal or veiled/partial appearance, or by some helping action by which its presence is conceived or made known. (pp. 223–224)
Hierdie gebruik van ἐπιφάνεια in die Hellenisme en die Hellenistiese Judaïsme toon duidelik die wortels van ἐπιφάνεια as wederkomswoord aan, veral as die wederkoms beskryf word as Jesus, wat na sy hemelvaart onsigbaar was, sigbaar as Goddelike Wese gaan verskyn om sy volgelinge te verlos.
Ἐπιφάνεια, met die betekenis van wederkoms, kom egter eers voor vanaf die tyd van Caligula (37–41 n.C.), aldus die TDNT. Hierdie ontwikkeling vind dus betyds plaas sodat die skrywers van die Nuwe Testament die woord kan gebruik om die wederkoms van Jesus Christus aan te dui.
Volgens die TDNT word die woordgroep ἐπιφαίνω en ἐπιφάνεια in die Septuagint (LXX) gebruik om die betekenis weer te gee van om te skyn [
Uit voorafgaande blyk dat die keuse van die Nuwe Testamentiese skrywers om ἐπιϕάνεια as wederkomswoord te gebruik, nie lukraak was nie.
Na hierdie diakroniese uiteensetting van die ontwikkeling van die betekenis van ἐπιφάνεια, spits die TDNT hom toe op die gebruik in die Nuwe Testament.
Ἐπιφάνεια word pertinent in die Nuwe Testament as ’n godsdienstige term gebruik:
… mostly for the future eschatological appearing of Christ, 2 Thessalonians 2:8; 1 Timothy 6:14; 2 Timothy 4:1, 8; Titus 2:13. To the degree that Jesus’ earthly appearing is seen as an eschatological event … it, too, can be called an ἐπιφάνεια, as in 2 Timothy 1:9. (Bultmann & Lührmann
Hieruit blyk dat ἐπιφάνεια in die Nuwe Testament hoofsaaklik ’n eskatologiese term is wat na die wederkoms van ons Here Jesus verwys en dus as ’n wederkomswoord beskou kan word.
Van Houwelingen (
Uit die TDNT (Bultmann & Lührmann
Daarom word ἐπιϕάνεια in die Nuwe Testament veral gebruik met die oog op die sigbare verskyning van Jesus Christus by sy wederkoms om verlossing te bewerk. Daar kan verwag word dat dit in die teologiese betekenis van die woord opgesluit lê dat hierdie verskyning ook skielik en onverwags kan wees en ook om vyandige magte te vernietig. By sy verskyning met sy wederkoms vertoon Jesus Christus Hom as die manjifieke Een in heerlikheid en bewerk Hy verlossing deur sy goddelike ingryping.
Die volgende betekeniselemente behoort dus in ’n betekenisdefinisie van ἐπιφάνεια as wederkomswoord teenwoordig te wees:
Dit is Jesus se verskyning met sy wederkoms.
Die verskyning is sigbaar.
Die verskyning is skielik.
Die verskyning is onverwags.
Die verskyning het ten doel om vyandige magte te vernietig.
Die verskyning is in manjifieke heerlikheid.
Met sy verskyning bewerk Jesus verlossing vir die gelowiges.
Die verskyning behels Goddelike ingryping.
Die bydrae van die TDNT (Bultmann & Lührmann
Louw en Nida (
Die tersaaklike subdomein (A) waaronder ἐπιφάνεια ingedeel word, is
Indien die verskillende subdomeine met mekaar vergelyk word, blyk dit dat ἐπιφάνεια veral op die sintuig van sig ’n indruk sal maak. Hieruit kan afgelei word dat die wederkoms van ons Here Jesus sigbaar en skouspelagtig sal wees.
Die volgende verklaring word deur Louw en Nida (
Indien ἐπιφάνεια (24.21) vergelyk word met die ander 50 woorde wat binne subdomein A gebruik word (24.1–24.51) (Louw & Nida
Volgens die BDAG (Bauer et al.
Die volgende twee hoofbetekenisse word deur die BDAG aangedui: Eerstens, die daad van om te verskyn. As voorbeeld word Jesus se eerste verskyning met sy geboorte genoem soos dit in 2 Timoteus 1:10 voorkom. As verdere voorbeelde word verwys na Jesus wat met sy wederkoms verskyn om te oordeel soos dit in 1 Timoteus 6:14 en 2 Timoteus 4:1, 8 voorkom. Daar word ook verwys na Titus 2:13 wat stel dat Jesus in heerlikheid (δόξης) verskyn met sy wederkoms. Voorts wys die BDAG op 2 Tessalonisense 2:8 waar verwys word na die verskyning van Jesus se wederkoms as ἐπιφάνεια τῆς παρουσίας αὐτοῦ, ‘
Jesus se verskynings by sy geboorte en sy wederkoms kan daarom albei deur ἐπιφάνεια aangedui word, maar in feitlik al die gevalle is die wederkoms ter sprake, behalwe in 2 Timoteus 1:10 waar die menswording van Jesus ter sprake is, aldus die BDAG.
Die tweede hoofbetekenis, aldus die BDAG, is: ‘
Uit die BDAG kan die volgende afgelei word: In die Nuwe Testament word ἐπιφάνεια in ’n enkele geval vir die sigbare verskyning van Jesus as mens by sy geboorte gebruik, maar meestal vir sy verskyning met sy wederkoms in heerlikheid om te oordeel. Ἐπιφάνεια, wanneer dit as wederkomswoord gebruik word, dui op die sigbare en skielike verskyning van Jesus as God wat voorheen, na sy hemelvaart, verborge was. Die verskyning word veral met oordeel en met heerlikheid verbind.
Die volgende betekeniselemente behoort dus in ’n teologiese betekenisdefinisie van ἐπιφάνεια as wederkomswoord teenwoordig te wees:
Dit is Jesus se verskyning met sy wederkoms.
Die verskyning is sigbaar.
Die verskyning is skielik.
Jesus verskyn as God.
Die verskyning gaan gepaard met oordeel.
Die verskyning is in heerlikheid.
Uit die diakroniese en sinkroniese woordstudie blyk dus dat die volgende betekeniselemente in ’n betekenisdefinisie van ἐπιφάνεια as wederkomswoord teenwoordig behoort te wees:
Dit is Jesus se verskyning met sy wederkoms.
Jesus verskyn as God.
Die verskyning is sigbaar.
Die verskyning is skielik.
Die verskyning is onverwags.
Die verskyning het ten doel om vyandige magte te vernietig.
Die verskyning is in manjifieke heerlikheid.
Met sy verskyning bewerk Jesus verlossing vir die gelowiges.
Die verskyning behels Goddelike ingryping.
Die verskyning gaan gepaard met oordeel.
Uit die diakroniese en sinkroniese woordstudie kan afgelei word dat ἐπιφάνεια in die Nuwe Testament veral vir die verskyning van Jesus Christus by sy wederkoms gebruik word. Die betekenis van die woord hou in dat Jesus, wat voorheen verborge was na sy hemelvaart, met sy wederkoms sigbaar, dit wil sê, sienbaar teenwoordig sal wees. Sy goddelikheid sal dan ook duidelik blyk. Die verskyning word veral aan oordeel en heerlikheid verbind. Hierdie verskyning sal skielik en onverwags wees om vyandige magte te vernietig. By hierdie verskyning vertoon Jesus Christus Homself as die manjifieke Een in heerlikheid en bewerk Hy deur sy goddelike ingryping verlossing vir sy volgelinge.
Op grond van bostaande kan die volgende teologiese betekenisdefinisie van ἐπιφάνεια as wederkomswoord gegee word:
In hierdie afdeling word daar vasgestel hoe ἐπιφάνεια as wederkomswoord in die Nuwe Testament gebruik word en wat die
Die woord ἐπιφάνεια word ses keer en in vier boeke in die Nuwe Testament gebruik (vgl. Wigram & Winter
In die bespreking van hierdie Skrifgedeeltes word die Griekse teks van die UBS4 van Aland et al. (
καὶ τότε ἀποκαλυφθήσεται ὁ ἄνομος, ὃν ὁ κύριος [
2 Tessalonisense 2:8 is die enigste plek in die Nuwe Testament waar hierdie twee wederkomswoorde, ἐπιφάνεια en παρουσία, saam in een sinsnede gebruik word (Cara
Hendriksen (
The very
Hendriksen (
The
Green (
The
Indien Hendriksen en Green se verklaring aanvaar word, beteken dit dat ἐπιφάνεια nie hier as wederkomswoord gebruik word nie en dus nie hier bespreek moet word nie.
Daar is egter ’n ander moontlikheid wat in gedagte gehou moet word. Uit Martin (
The combination here is a redundancy that lends emphasis to the phrase. But even more, Paul probably intended it to stress the glory of the Lord’s coming while making sure the reader was aware that the occasion of judgment (which event by itself could be termed an
Martin (
Opvallend is dat nie een van die aangehaalde skrywers die saak probeer oplos deur eers vas te stel wat die betekenis daarvan is dat τῆς παρουσίας in die genitiewe vorm staan nie. Indien die gebruike van die genitief, wat Jordaan (
Die gedagte van ’n pleonasme word versterk indien die betekenisdefinisies van ἐπιφάνεια en παρουσία, soos geformuleer, in ag geneem word. ’n Vergelyking van die betekenisdefinisies van ἐπιφάνεια (hier bo) en παρουσία (Van Rhyn & Jordaan
Die duidelike oormag van die Here Jesus oor die mens van wetteloosheid en die intensiteit van die Here se verdelging word dus in die frase καταργήσει τῇ ἐπιφανείᾳ τῆς παρουσίας αὐτοῦ op ’n intensiewe manier beklemtoon: Jesus Christus sal die wettelose mens vernietig met sy glorieryke verskyning, (naamlik) sy wederkoms om te oordeel.
In 2 Tessalonisense 2:1–9 word ἐπιφανείᾳ saam met verskeie ander wederkomswoorde gebruik. Wat opvallend is, is dat van hierdie wederkomswoorde in 2 Tessalonisense 2 nie net in verband met Jesus Christus gebruik word nie, maar ook in verband met die mens van wetteloosheid – die Antichris.
Van Rhyn (
Wederkomswoorde wat gebruik word vir Christus en die Antichris in 2 Tessalonisense 2.
Van Rhyn (
Dit is veelseggend dat woorde wat gewoonlik uitsluitlik vir die wederkoms van Christus gebruik word, hier ook met betrekking tot die Antichris gebruik word. Dit dui daarop dat hy volledig anti-Christus is en op so ’n manier in die wêreld geopenbaar sal word dat baie sal glo dat hy die Christus is. Só sal sy misleiding ’n hoogtepunt bereik. (p. 85)
Die afleiding word versterk deur die feit dat 2 Tessalonisense 2:3, 2:6 en 2:8, volgens Green (
Voorts word die gedagte versterk deur die opvallende omgekeerde parallelisme in 2 Tessalonisense 2: 8 en 9 (A B B A):
x
Hieruit blyk die finale misleidende optrede van die Antichris om as Christus erken te word, baie duidelik. (Van Rhyn
Van belang vir hierdie artikel is die feit dat die wettelose mens deur Jesus Christus vernietig gaan word met sy wederkoms. Wanneer die teëhouer (2 Tess 2:7) uit die weg geruim is, sal die wettelose mens geopenbaar word.
Die wettelose mens word in 2 Tessalonisense 2:8 beskryf as die een wat die Here Jesus met die asem van sy mond sal uitwis (ὃν ὁ κύριος [
Twee verskillende werkwoorde word vir die vernietiging gebruik, naamlik ἀνελεῖ en καταργήσει. Die eerste werkwoord, ἀνελεῖ, kan, volgens Hendriksen (
… he will be slain (which in this connection has been interpreted to mean that he will be punished with everlasting death, but the idea that he will first be put to death physically must not be excluded). The Lord will merely blow upon him, so swift will be his destruction. (p. 183)
Die tweede werkwoord, καταργήσει, kan volgens Hendriksen (
Hiervolgens sal die wettelose mens totaal en al vernietig word en buite aksie gestel word deur Jesus Christus met sy verskyning. Die verdelging en tot niet making vind op twee maniere plaas: Eerstens τῷ πνεύματι τοῦ στόματος αὐτοῦ. Dit dui op die moeiteloosheid waarmee die Here Jesus die wettelose sal verdelg (Hendriksen
The Thessalonians would have derived great comfort from the beginning, knowing that the very one who exalted himself in his opposition to God, as powerful as he might be (v. 9), was destined for destruction. This powerful one who incarnates sin will meet his end on the day of the Lord. (p. 309)
Ook Hendriksen (
’n
Voorts is die
Die woorde ἀποκαλύπτω en παρουσία, wat gewoonlik uitsluitlik vir die wederkoms van Christus gebruik word, word ook hier gebruik om die koms van die Antichris aan te dui. Daarmee word die misleidende optrede van die Antichris om as Christus erken te word, beklemtoon. Oordrag van hierdie kennis, dit wil sê
Aan die hand van bogenoemde en die betekenisdefinisie, kan die volgende konklusies dus getrek word oor die
Die
Die
Voorts is die
… τηρῆσαί σε τὴν ἐντολὴν ἄσπιλον ἀνεπίλημπτον μέχρι τῆς ἐπιφανείας τοῦ κυρίου ἡμῶν Ἰησοῦ Χριστοῦ. […
Paulus bemoedig Timoteus in die Skrifgedeelte vir sy dienswerk as Woordbedienaar en hy gee aan hom die dringende opdrag om sy dienswerk getrou te doen tot met die ἐπιφανεία van die Here Jesus Christus (Lea & Griffin
Van Houwelingen (
Van Rhyn (
Die doel van die openbaring van die wederkoms aan die hand van ἐπιφανεία kan hier tweeledig wees. Dit is vermanend: Sorg dat jy jou werk stiptelik doen, want die Here kom. Dit is egter ook bemoedigend: Die Here is op pad en wanneer Hy kom, dan sal jou werk voltooi wees en sal jy die beloning van ’n getroue dienskneg ontvang. (p. 187)
Hierby kan sekerlik gevoeg word dat, aangesien die feit dat die vernietiging van Christus se vyande in die betekenisdefinisie van ἐπιφανεία opgesluit lê, dit ook bemoedigend is vir ’n
Hieruit en uit die geformuleerde betekenisdefinisie kan afgelei word dat die wederkoms van ons Here aan die hand van ἐπιφανεία verkondig word met die volgende openbaringsdoelwitte:
Om Woordbedienaars en ander Christene te vermaan om hulle dienswerk pligsgetrou te doen.
Om Woordbedienaars te bemoedig om selfs in moeilike omstandighede hulle roeping getrou te vervul.
Om diensknegte van die Here daaraan te herinner dat, wanneer Hy kom, hulle die beloning van ’n getroue dienskneg sal ontvang.
Διαμαρτύρομαι ἐνώπιον τοῦ θεοῦ καὶ Χριστοῦ Ἰησοῦ τοῦ μέλλοντος κρίνειν ζῶντας καὶ νεκρούς, καὶ τὴν ἐπιφάνειαν αὐτοῦ καὶ τὴν βασιλείαν αὐτοῦ … [
Paulus is besig om vir Timoteus te vermaan en te bemoedig vir sy dienswerk en hy noem vier gronde vir sy bemoedigende vermaning: God, Jesus Christus, sy wederkoms en sy koninkryk (Barcley
So, Paul’s testament for Timothy is framed by these two appearings of the Lord in public. Christ came on earth to save people, but there is a double perspective: on the day of the final judgment, this very world Savior will act as righteous judge, in order to judge the living and the dead. (p. 106)
Die betekeniselement van oordeel soos in die betekenisdefinisie vervat, word dus ook deur Van Houwelingen uitgelig en dit dien as aansporing vir Timoteus om die Woord te verkondig (2 Tim 4:2).
Die doel van verkondiging van die ἐπιφανεία van Jesus Christus word soos volg deur Barcley (
Paul reminds Timothy that his life is lived in the very presence of God, a thought that adds sobriety and urgency to his ministry. His work is also done in the light of the certainty of Christ’s Second Coming. There is an end in view; his work is purposeful. (p. 284)
Die dienswerk waarvoor Timoteus veral aangemoedig word, is die verkondiging van die Woord (2 Tim 4:2; Calvin
Hieruit en uit die betekenisdefinisie kan afgelei word dat die wederkoms van ons Here aan die hand van ἐπιφανεία verkondig word,met die volgende
Dat verkondigers van die Woord sal volhard in die verkondiging.
Dat Woordverkondigers kan weet dat daar ’n tyd sal aanbreek wanneer hulle verkondigingstaak afgehandel sal wees.
Om bedienaars van die Woord te bemoedig in die wete dat hulle werk groot waarde het. Dit sal daartoe lei dat gelowiges vrygespreek word tydens die oordeel.
λοιπὸν ἀπόκειταί μοι ὁ τῆς δικαιοσύνης στέφανος, ὃν ἀποδώσει μοι ὁ κύριος ἐν ἐκείνῃ τῇ ἡμέρᾳ, ὁ δίκαιος κριτής, οὐ μόνον δὲ ἐμοὶ ἀλλὰ καὶ πᾶσι τοῖς ἠγαπηκόσι τὴν ἐπιφάνειαν αὐτοῦ. [
Feitlik alle kommentare beskou ἠγαπηκόσι τὴν ἐπιφάνειαν αὐτοῦ as ’n verwysing na ons Here Jesus se wederkoms (Van Houwelingen
Hoewel die wederkoms van ons Here Jesus nooit losgemaak kan word van sy geboorte nie, gaan Van Houwelingen (
Daar kan egter met Van Houwelingen (
In 2 Timoteus 4 neem Paulus aan die einde van sy lewe sy bediening in oënskou (2 Tim 4:6; Bouma
Paulus tipeer homself, saam met alle getroue gelowiges, as ‘almal wat sy (die Here se) koms liefhet’ (2 Tim 4:8). Volgens Hendriksen (
Of all the indications that one loves the Lord, this earnest longing for his return is one of the best, for such a person is thinking not only of himself and of his own glory but also of his Lord and of the latter’s public vindication. (p. 317)
Die verlange na die wederkoms is nie soseer ’n verlange na die dag van die wederkoms nie, maar ’n verlange na Jesus Christus self wat op hierdie dag sal verskyn (Bouma
Die wederkoms word hier as troos geopenbaar as die dag waarop hierdie verlange na Jesus Christus gestil sal word. Voorts is die tipering van gelowiges as almal wat verlang na die wederkoms ook van belang. Uit die tipering kan afgelei word dat die wederkoms geopenbaar word sodat gelowiges hulleself kan definieer in terme van die wederkoms: Hulle is mense wat met verlange op die ἐπιφάνεια van hulle Here wag, want dit is die finale dag van hulle verlossing waarop hulle vrygespreek gaan word van oordeel en die ewige lewe as genadeloon op grond van die geregtigheid van Christus sal ontvang. Hierdie verklaring word ook deur die betekenisdefinisie ondersteun.
Die volgende afleidings oor die
Die wederkoms word geopenbaar om die gelowiges te troos met die versekering dat dit die dag is waarop hulle die ewige lewe in sy volheid sal ontvang.
Die
Die wederkoms word deur die
Die dag van die wederkoms word geopenbaar as die dag waarop die Here die volheid van die ewige lewe aan sy getroue dienaars sal skenk as oorwinningskrans van geregtigheid, met ander woorde as genadeloon op grond van Jesus Christus se geregtigheid.
προσδεχόμενοι τὴν μακαρίαν ἐλπίδα καὶ ἐπιφάνειαν τῆς δόξης τοῦ μεγάλου θεοῦ καὶ σωτῆρος ἡμῶν Ἰησοῦ Χριστοῦ, … [
Die salige hoop waarna uitgesien word, is juis die ἐπιφάνεια van Jesus Christus (Calvin
Die wederkoms word hier die verskyning van die glorie en die heerlikheid van ons groot God en Verlosser, Jesus Christus, genoem (Calvin
Die genade van God, wat aan alle mense verskyn het (Tit 2:11) met Jesus se vleeswording (Robertson
Christian morality is driven by Christian eschatology, the confident expectation of the visible coming in glory of Jesus Christ at the close of this age. (p. 221)
Hieruit kan afgelei word dat die wederkoms aan die hand van ἐπιφάνεια verkondig word met die volgende
Sodat gelowiges aangemoedig word om die wederkoms te verwag (daarna te verlang en uit te sien).
Om gelowiges aan te moedig om verstandig en regverdig en vroom te leef, en om wêreldse begeertes te verwerp.
Op grond van die diakroniese en die sinkroniese woordstudie kan die volgende betekenisdefinisie van ἐπιφάνεια daar gestel word:
Dit is die skielike, onverwagse en sigbare verskyning en ingryping van Jesus Christus as God met sy wederkoms in manjifieke heerlikheid om te oordeel, sy vyande te vernietig en die gelowiges te verlos.
Die
Navorsing vir die artikel is deels gebaseer op navorsing gedoen in die meestersgraad-verhandeling (Van Rhyn
Die outeur verklaar dat daar geen finansiële of persoonlike verbintenis is met enige party wat hom nadelig kon beïnvloed in die skryf van hierdie artikel nie.
H.P.M.v.R. was die enigste outeur betrokke by die skryf van die artikel.
Hierdie artikel volg alle etiese standaarde vir navorsing.
Hierdie navorsing het geen spesifieke toekenning ontvang van enige befondsingsagentskap in die openbare, kommersiële of nie-winsgewende sektore.
Die outeur bevestig dat die data wat die bevindinge van hierdie studie ondersteun, beskikbaar is in die artikel.
Die sienings en menings wat in hierdie artikel uitgedruk word, is dié van die outeur en weerspieël nie noodwendig die amptelike beleid of posisie van enige geaffilieerde verwantskap van die outeur nie.