The aim of this article was therefore to provide an explorative and descriptive perspective on the content of Breed’s understanding of a biblical pastoral model.
Die bydrae van Gert Breed, professor aan die Fakulteit Teologie van die Noord-Wes Universiteit en rektor van die Teologiese Skool Potchefstroom (TSP) tot einde 2020 tot die pastoraat deur sy verstaan van ’n bybelse pastorale model vloei voort uit Breed se praktiese en akademiese kennis sowel as sy ervaring wat oor dekades in die bediening en meer as ’n dekade in tersiêre opleiding opgedoen is.
Aangesien hierdie artikel deel vorm van ’n huldigingsbundel vir Breed, is dit daarop gemik om ’n perspektief te bied op professor Gert Breed se bydrae tot pastoraat. Dit sal gedoen word deur sy verstaan van ’n bybelse pastorale model (voortaan genoem Breed se model) te verken en te beskryf, soos dit neerslag vind in die module PAST122 (voorheen PAST121). Breed se model vorm tans die grondslag van en raamwerk vir GKSA-kandidaatstudente se opleiding in die pastoraat aan die TSP. Dit word ook gebruik vir die toerusting van ander aspirant pastorale praktisyns.
Die verkennende, beskrywende perspektief wat in hierdie studie gebied word, is hoofsaaklik gegrond op my waarnemings tydens prof Gert Breed se interaksie met eerstejaarstudente in die konteks van onderrig en leer, asook die bestudering van voorgeskrewe materiaal en my eie klasaantekeninge tydens simultane tolking van die module en ook soos gebruik in my doktorale studie (Pretorius
Breed se werk sluit beginsels deur skrywers soos Larry Crabb, Richard Osmer, Tim LaHaye, John MacArthur, Craig Groome, William Backus en Paul Tripp in. Die fokus van hierdie artikel is op die uiteindelike uitdrukking van Breed se verstaan van ’n bybelse pastorale model, alhoewel daar ook erkenning gegee word aan die elemente, beginsels en invloed van bogenoemde en ander skrywers op die vorming van Breed se verstaan van ’n bybelse model.
Volgens Breed (
Osmer se model.
’n Oorbeklemtoning van kennis, emosies of optrede van pastorante op die horisontale dimensie of oorbeklemtoning van die vertikale dimensie, kan ’n negatiewe invloed hê op die pastoraat. Osmer se model kan help om balans in pastorale sorg te handhaaf (Breed
Crabb (
Pastorale berading wil mense in ’n nouer verhouding met hulle Skepper bring en lei tot gesprek met God. Mense is wesens in gesprek: gesprek met God, met hulle medemens en ook met hulleself.
Spanningsvolle of traumatiese lewensgebeurtenisse veroorsaak ’n gesprek tussen die mens en die spesifieke situasie (Breed
Die beskrywend-empiriese taak van Osmer se vraag: Wat gebeur/gaan aan?’ is hier relevant. Wat vertel pastorante hulleself? Hoe interpreteer hulle dit wat met hulle gebeur?
Pastorante word begelei via die pastorale proses wat die ideale omgewing skep om leiding, goeie praktiese advies, troos en toerusting te ontvang in terme van die uitdagings wat die lewensituasie meebring. In wese is die oogmerk dat die pastorale praktisyn bloot as fasiliteerder in die gesprek tussen God en mens optree (Breed
Pastorale praktisyns kan gelowiges nie na ’n gesprek met God lei indien hulle nie die wedersydse gesprek tussen God en mens ten volle verstaan nie. Die basiese beginsels wat onderliggend aan Breed se model is, bied insigte in verband met hierdie gesprek.
Omdat die pastorale praktisyn geroep is om in diens van Christus te staan en in ’n lewende verhouding met Christus leef, straal die pastorale praktisyn die gesindheid van Christus uit. Hierdie gesindheid impliseer ’n totale uitstorting van ’n mens se lewe om ander te dien en vorm die grondslag waarop die pastorale verhouding gebou sal word (Breed
Voor elke ontmoeting bid die pastorale praktisyn om wysheid en insig sowel as vir die Heilige Gees om die pastorant te vertroos en vrede te gee. Op hierdie manier herinner pastorale praktisyns hulleself daaraan dat dit die Heilige Gees is wat in die lewens en harte van pastorante werk.
Met die oog hierop kan die pastorale praktisyn daarop fokus om ’n vertrouensomgewing te skep waarbinne pastorante ervaar dat daar werklik na hulle geluister en vir hulle omgegee word. Die fokus om toegang tot die pastorant se verhaal te verkry, behels veel meer as om bloot die normatiewe wil van God voor te hou; meer spesifiek gaan dit daaroor om hulle in gesprek met God Drie-enig te bring ten einde deur hierdie verhouding getroos, aangemoedig en onderrig te word. Dit is ’n poging om te verstaan en te bepaal wat die genade van God die Vader, die Seun en die Heilige Gees in hierdie spesifieke konteks beteken en om God se Woord in hierdie situasie in te bring en die genade van die Here te verkondig (Breed
Die verhouding tussen die mens se denke, emosies en dade sowel as die noue samehang daarvan met verandering soos in die pastoraat teweeggebring, is grondliggend tot Breed se model.
Samevatting van die verband tussen verandering en die mens se gedagtes en oortuigings.
Reformatoriese navorsing gaan uit van die bybelse beskouing van die mens: dat die mens as beeld van God en as sy verteenwoordiger geskape is, wat kommunikasie tussen God en mens veronderstel (Breed
’n Traumatiese lewensgebeurtenis of -situasie kan tot ’n krisissituasie lei waarin die gelowige voor besluite te staan kom in terme van hoe om te reageer op die spesifieke situasie. Hierdie besluite wat ’n persoon neem, kan ’n oortuiging word indien dit in soortgelyke situasies herhaaldelik toegepas en bevestig word.
Oortuigings verander nie maklik nie en is nie noodwendig op waarhede en werklikhede gebaseer nie, maar spruit dikwels voort uit ’n verkeerde begrip en leuens. Die gevolge van besluite, optrede of gevoelens wat op hierdie oortuigings gebaseer is, kan op hulle beurt probleme skep en persone se karakter bepaal, wat uiteindelik weer hulle bestemming bepaal. Mens se lewens word dus sterk beïnvloed deur hulle besluite en oortuigings (gebaseer op waarhede en/of onwaarhede).
Hierdie oortuigings word deur herhaling (wat tot ’n gewoonte lei) of trauma (lewensgebeurtenisse wat ’n groot invloed op ’n mens se lewe het) gevorm en wanneer dit eenmaal vasgelê is, is dit moeilik om te verander (Breed
Gelowiges klop by pastorale praktisyns aan met die gevolge van die proses, probleem of problematiese gedrag as resultaat van problematiese emosies, veroorsaak deur problematiese oortuigings (leuens). Op die lang termyn is die hantering van alleenlik die problematiese gedrag oneffektief. Ten einde permanent effektiewe gedragsverandering te bewerkstellig, is dit belangrik dat eerder op die oorsprong of wortel (gewoonlik oortuigings) van problematiese gedrag gefokus en dít hanteer word (Breed
… want my volk het twee verkeerde dinge gedoen: My, die fontein van lewende water, het hulle verlaat om vir hulle reënbakke uit te kap, gebarste reënbakke wat geen water hou nie …
God is die fontein van lewende water. Hy is altyd teenwoordig in die lewe van die gelowige en dus kan Hy ter enige tyd genader word om genade te ontvang. Indien daar egter op verkeerde plekke na oplossings gesoek word om hierdie leemte te vul, sou dit vergelykbaar wees met ’n poging om water te probeer opvang in ’n gebarste bak wat uit die aard van die saak nie water kan hou nie (Breed
‘Kom, almal wat dors is, kom na die water toe, selfs ook dié wat nie geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder om te betaal, wyn en melk’ (Jes 55:1).
Pastorale praktisyns behoort oor ’n sterk teoretiese raamwerk te beskik vanwaar pastorale sorg of berading aan gelowiges op teologies verantwoordbare wyse gebied kan word. Pastorale praktisyns bejeën pastorante vanuit die perspektief dat hulle deur God, na sy beeld en vir ’n spesifieke doel geskep is.
Soos kortliks vroeër uiteengesit, beleef die mens ’n diepe leegheid na die sondeval (wat die mens probeer vul; ’n dors wat die mens op verskillende tydelike maniere probeer les) wat slegs deur God Drie-enig gevul en geles kan word met sy lewende water. Gelowiges behoort dus pastoraal begelei te word om God te ken en te begryp. Dit weerspieël die omvang van genade wat toenemend meer word (lewende water – Joh 4:10–14). Slegs wanneer gelowiges begelei word om hierdie lewende water (genade) van God te aanvaar, kan werklike vervulling, vrede en vreugde in hulle lewens ervaar word (Breed
Die rol van die pastorale praktisyn behoort, volgens Breed (
In terme van basiese emosionele behoeftes van die mens, beklemtoon Breed (
Om gelowiges te lei tot ’n opregte belydenis dat God hulle herder en veilige vesting is en dat hulle werklik niks anders nodig het nie, is dus ’n belangrike doelwit van die pastoraat (Breed
Om met hulle eie bagasie en gebrokenheid gekonfronteer te word, kan gelowiges moedeloos en skaam laat. Die mens se identiteit lê egter nie in die gebrokenheid nie, maar eerder in die versoening wat deur Christus bewerkstelling is en, voortvloeiend hieruit, om Christus te dien. Christus se versoening tussen God en mens het die verhouding tussen die mens en sy Vader herstel. Breed (
Verder word Filippense 2:1–5 gebruik om aan te dui wat die vertroosting of aanmoediging behels wat gevind word in die versoenende werk van Christus ten einde die besef tot pastorante te laat deurdring dat hulle werklik aanvaarbaar is en hierdie aanvaarding deur die Vader kan beleef. Dit herinner pastorante daaraan dat hulle ’n bepaalde doel het in hierdie lewe en hulle word dus begelei om sterkte in God se krag te vind.
Die pastorale praktisyn kan dalk nie die volle omvang van pastorante se unieke situasie goed genoeg begryp om in staat te wees om hulle te troos nie, maar uiteindelik is dit die Heilige Gees wat troos. Hy woon in hulle en is by hulle in hul situasie. Tye wanneer pastorale praktisyns moontlik onbevoeg voel in hulle begeleiding aan pastorante, kan hulle vertrou dat die Heilige Gees, as die Parakleet, ook hierdie begeleiding steeds kan gebruik om met pastorante te werk en hulle te vertroos. Die werk van die Heilige Gees is onlosmaaklik deel van die werk van Christus; daarom hoor die pastorante deurentyd die stem van die Goeie Herder deur die werk van die Heilige Gees (Breed
Die Heilige Gees ken elke vrees, begeerte, behoefte en gedagte van gelowiges. Hy lei gelowiges in die waarheid en bring vrede in gelowiges se harte sodat hulle nie bang hoef te wees nie (Joh 14:26–27). Hy wys gelowiges gedurig op die waarheid en transformeer hulle harte om aan die waarheid te voldoen. Die Gees herinner gelowiges verder aan spesifieke waarhede uit die Skrif wat van toepassing is op hulle spesifieke situasie (MacArthur
Deur Christus het gelowiges vrede en vrye toegang tot God (Rom 5:1). Die Heilige Gees bemagtig gelowiges om Christus lief te hê en te gehoorsaam (Rom 5:5; Breed
Die wapenrusting van God (Ef 6) word hier gebruik om God Drie-enig se reddingsdade voor te stel wat die mens in staat om vas te staan in die bogenoemde worsteling of geveg.
Pastorante word begelei om te verstaan en te glo wat die troos in Christus in hulle situasie beteken – dat hulle aanvaarbaar is vir die Vader as gevolg van die werk van Christus. Hulle kan verder biddend verwag dat God in hulle werk met dieselfde krag waarmee Hy Christus uit die dood opgewek het. Dus, selfs in ’n hopelose situasie, waar pastorante lyding ervaar, is God daartoe in staat om baie meer te doen as wat hulle verwag volgens die krag in hulle (Ef 3:20).
Gebed vorm ’n onontbeerlike deel van die pastorale proses. Die pastorale praktisyn se rol behels die begeleiding van pastorante om te bid vir die vervulling van die Heilige Gees sodat die vreugde en vrede van God hulle lewens mag vul en dat die Gees hulle die wysheid sal gee om spesifieke situasies te hanteer. Die Gees verwerklik die liefde en die teenwoordigheid van die Vader sowel as die redding en oorwinning van die Seun in die lewens van gelowiges (Breed
Die doel van die pastorale praktisyn se toetrede tot die gesprek tussen die pastorant en God is om pastorante te begelei om in gesprek, gebaseer op waarhede uit die Skrif, met God te tree en om die genade van die Drie-enige God te aanvaar en dit hulle eie te maak (Breed
Dit is belangrik dat pastorale praktisyns se eie lewens getuig van ’n intieme verhouding met God ten einde in staat te wees om pastorante te begelei tot ’n soortgelyke verhouding met God. Geesvervulde pastorale praktisyns laat hulle lei deur die Heilige Gees waarsonder deurbrake in die pastorale proses en groei in ’n nuwe lewe onmoontlik sou wees (Breed
Die Skrif speel uit die aard van die saak ’n belangrike rol in elkeen van die fases van die beradingsproses. Pastorante word met behulp van die Bybel begelei om die gesprek met hulle situasie, hulleself, met ander en met God op bybelse grondslag te voer, om in die teenwoordigheid van God hulle harte tot Hom op te hef en met Hom te worstel oor hulle situasie, vrae en lyding. Sodoende worstel hulle saam met God daardeur ten einde ’n sin van helderheid en vrede te bereik. Op hierdie manier groei pastorante in die bestudering, kennis en toepassing van die Bybel en kan hulle uiteindelik ook ander op soortgelyke manier begelei (Breed
Tydens die pastorale proses sluit die pastorale praktisyn aan by ’n reis in die lewe van die pastorant.
Daar is ’n dinamika tussen die pastorale praktisyn en die pastorant. Hulle gesamentlike reis bestaan uit sekere fases en stappe waardeur beweeg word. Alhoewel die proses uit stappe bestaan, word hierdie stappe nie noodwendig een na die ander voltooi nie, maar is dit dikwels eerder in die vorm van ’n spiraal (Breed
Die fases van Breed se model stem soos volg ooreen met die vier take van Osmer se model vir die toepassing van prakties teologiese interpretasie (sien
’n Illustrasie van Osmer se take van prakties teologiese interpretasie en korrelasie daarvan met die eerste fases van Breed se model vir pastorale berading.
Veral tydens die aanvanklike ontmoetings kom pastorale praktisyns tot die besef dat die gesprek in die gedagtes en gemoed van die pastorant nie volkome geken en begryp kan word nie. Effektiewe ondersoekende vrae en kaatsingstegnieke word gebruik om tot ’n beter begrip te kom. Pastorale praktisyns tree tydelik toe tot en word deel van die gesprek wat pastorante reeds met hulleself, hulle situasie en God gevoer het. Deur ’n verhouding met pastorante op te bou, word hierdie gesprek verstaanbaar (Breed
Nadat tot hierdie verhouding toegetree is, kan pastorale praktisyns die leuens en ongeldige oortuigings waarop pastorante hulle lewens bou, begin ontdek en ondersoek. Hierdie oortuigings lei tot bepaalde emosies wat aanleiding gee tot spesifieke gedrag. Die gedrag lei tot sekere gewoontes wat dan weer tot ’n spesifieke manier van leef en uiteindelik tot ’n bestemming lei. By die ondersoek na die leuens en ongeldige, verkeerde of valse oortuigings het pastorale praktisyns die geleentheid om dit met waarhede uit die Skrif te vervang. Hierdie proses om leuens met waarhede te vervang, bestaan daaruit om elke keer te bevestig dat die pastorant die waarheid glo, en om dit dan te oefen en te herhaal totdat dit ’n nuwe oortuiging, gebaseer op die waarheid, word (Breed
Daar word dikwels na die tweede fase van die beradingsproses in die algemeen verwys as die konfronterende fase, aangesien pastorante hier gekonfronteer word met onwaarhede in hulle lewens en tot bekering en inkeer geroep word. Breed (
Deur hulle aan die Here se wette van genade bekend te stel, word pastorante nie bloot met die wet gekonfronteer nie, maar ontvang ook die verkondiging van die genade van die Here.
God word pertinent in die gesprek gebring op die volgende wyses:
Wanneer die pastorant sien dat die pastorale praktisyn die Woord van God aanvaar, daarvolgens leef en dat die Woord van God vrede en vreugde vir die pastorale praktisyn bring, kan die Heilige Gees nog kragtiger werk deur die voorbeeld wat die pastorale praktisyn stel (Breed
Die
Gebed speel ’n fundamentele rol in die pastorant se nadering tot God en die gesprek met Hom wat daaruit voortvloei. Die pastorale praktisyn bid voortdurend vir die pastorante en lei hulle om persoonlik met God in gesprek te tree. Slegs die Heilige Gees kan ’n ware gesprek met God laat plaasvind deur in die gelowige se hart te werk. Die gebruik van gebed kan dalk soms beskou word as byna ’n formele handeling of ’n plig wat nagekom behoort te word. Die pastorale praktisyn weerlê hierdie siening en bring bewustheid van die wonderlike gawe van gebed. In gebed kan die gelowige veiligheid en ’n toevlug vind in die teenwoordigheid (Ps 16) en krag van God se mag (Ef 6:10). Gebed is gemeenskap met God en gelowiges kan vrylik en met vrymoedigheid met God praat en hulle harte voor Hom uitstort. Deur hulleself as lewende en heilige offers te gee, probeer gelowiges die wil van God bepaal in hulle huidige situasie, kan hulle met God worstel oor die dinge wat hulle nie verstaan nie en kom hulle deur die proses in die intieme nabyheid van God.
Gebed neem dus ’n belangrike plek in omdat pastorante met opregtheid hulle gevoelens teenoor God kan uitdruk. Hulle praat met God oor die innerlike gesprek wat hulle vroeër met hulle omstandighede of situasie gevoer het, die nuwe waarhede wat hulle ontdek het en vra God in afhanklikheid om hulle te help om hulleself te verbind tot die nuutontdekte insigte.
Die rol van ’n verantwoordbaarheidsvennoot
Die derde fase van Breed se model is daarop gerig om pastorante te help om die gewoonte om volgens die vals oortuigings te leef, prakties te verbreek, die waarhede in hulle lewens te integreer en om te volhard in die besluite wat hulle geneem het om uiteindelik nuwe gewoontes wat op waarhede gebaseer is te vorm (Breed
Vir Breed is drie siklusse hier van belang.
In die genade-siklus word rooi vlae (bv. eensaamheid, angs, vrees en gevoelens van waardeloosheid) wat gewoonlik ’n gekondisioneerde reaksie (refleks) veroorsaak, geïdentifiseer en hanteer. Die pastorant word begelei om, in plaas daarvan om voort te gaan in die sonde-siklus of die wet-siklus, bewustelik ‘nee’ te sê vir die gekondisioneerde refleks, en die nuwe genade-siklus te kies. Dit wat in die
Dit is belangrik om enige vorm van verslawing deur sonde voor die Here te bely en weereens te besef dat Hy pastorante op hulle name ken, dat hulle aan Hom behoort en dan sy vergifnis te aanvaar. Van hier af kies pastorante weer om uit die liefde van die Here te lewe.
Pastorante verbind hulle dan opnuut tot die waarhede wat tydens die
Deur selfs net een maal suksesvol deur die hele genade-siklus te beweeg, word hoop gewek.
Pastorante ervaar dan eerstehands hoe volharding hoop skep. Die pastorant sal waarskynlik weer en weer deur hierdie proses gaan en elke nou en dan val, maar die doelwit is om elke keer nie so diep soos die vorige keer te val nie en om altyd terug te keer na die Here wat die oplossing bied vir die leegheid en pyn. Die oogmerk is om pastorante op ’n punt te bring waar hulle nie bloot hul situasie verdra nie, maar eerder om elke keer wanneer hulle deur die genade-siklus gaan, nuwe hoop te ontvang en te ervaar.
Die vierde fase van Breed se model is in wese ’n voortsetting van die vorige fase van gehoorsaamheid en volharding. Die pastorale praktisyn kan nie onbepaald intensief met die pastorant werk nie en dit sou ook nie die volledige plan van God vir die bediening wees nie. Die onus val meer op die gemeenskap van gelowiges waarby die pastorant betrokke is vir voortgesette ondersteuning en geestelike groei (Breed
Breed (
Die gemeenskap van gelowiges moet die omgewing wees waarbinne mense die vertroue kan hê om hulle sondes aan mekaar te bely, om hulp te vra en om voor gebid te word ten einde genesing te vind. In die genade-siklus het pastorante dus ander mense nodig om vir hulle te bid, hulle te vertel van en te herinner aan die genade van die Here en hulle verder te ondersteun en deur hierdie proses te dra:
’n Verkennende, beskrywende perspektief op Breed se verstaan van ’n bybelse model vir die pastoraat is in hierdie artikel aangebied. Die kern van die model is die klem op oortuigings wat ’n bepalende rol speel in die optrede en gespreksvoering van pastorante met hulleself, hulle situasie, ander mense en God. Deur pastorante te begelei om in die liefde van God, die versoening van Christus en die troos van die Heilige Gees geanker te wees, word ’n lewe in die aangesig van die Here gekweek. Dit is in hierdie posisie van
Breed se verstaan van ’n bybelse model tot die pastoraat is by uitstek veral bruikbaar in die opleiding van predikante en beraders in die gereformeerde tradisie vir die pastoraat.
Daar sou gevra kon word hoe toepaslik Breed se model sou wees in pastorale en spirituele sorg waar die pastorale praktisyn in verskeie kontekste toenemend gekonfronteer word met pastorante met ’n eiesoortige geloofsraamwerk wat moontlik verskil van dié van die pastorale praktisyn.
’n Oorvereenvoudige verstaan of oorbeklemtoning van elemente van die model (bv die vertikale dimensie) sou, soos Breed duidelik waarsku, risiko’s inhou wat na my mening, etiese waardes soos daargestel deur professionele liggame, byvoorbeeld die
My evaluering van Breed se model is egter dat dit wel veel wyer in die hedendaagse konteks toepaslik is. Hierdie siening is gegrond op Breed se beklemtoning van
Baie dankie aan Prof. Gert Breed vir toestemming om oor sy werk na te vors en te skryf.
Die outeur verklaar dat daar geen finansiële of persoonlike verbintenis is met enige party wat haar nadelig kon beïnvloed in die skryf van hierdie artikel nie.
R.P. was die enigste outeur betrokke by die skryf van die artikel.
Hierdie artikel volg alle etiese standaarde vir navorsing.
Hierdie navorsing het geen spesifieke toekenning ontvang van enige befondsingsagentskap in die openbare, kommersiële of niewinsgewende sektore.
Die outeur bevestig dat die data wat die bevindinge van hierdie studie ondersteun, beskikbaar is in die artikel.
Die sienings en menings wat in hierdie artikel uitgedruk word, is dié van die outeur en weerspieël nie noodwendig die amptelike beleid of posisie van enige geaffilieerde verwantskap van die outeur nie.
Die term
In die lig van die beperking op die lengte van die artikel word verdere toeligting oor die gebruik en toepassing van voorgestelde teksgedeeltes oor al drie ankerpunte (bv. Ps 23; Ef 6 en Fil 2) in die pastorale proses in hieropvolgende artikels breedvoerig hanteer.
Verantwoordbaarheidsvennoot word hier gebruik as die Afrikaanse vertaling van die term ‘
Die beperkte lengte van die artikel laat nie ruimte om die drie siklusse waarna hier verwys word te bespreek nie.