Seen from the approach of this article as a Christian approach, these statements of the General Synod of 1990 help the Dutch Reformed Church as church to fulfil its tasks in Soutern Africa today.
In die aandskemer van apartheid Suid-Afrika beveel die Algemene Sinode van 1986 van die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK) by NG gemeentes aan dat elke gemeente voorsiening moet maak ‘vir sy lidmate om ’n erediens tydens geloftefeesviering by te woon’. Terselfdertyd toon die Sinode ’n aanvoeling dat die komende nuwe bedeling in Suid-Afrika – ’n nuwe staatkundige bedeling wat in 1994 tot ’n ‘nuwe Suid-Afrika’ lei – nuwe vrae aan die NGK oor Geloftedag, soos dit tot 1994 op die staatsbepaalde kalender van die Republiek aangedui is, stel. Daarvoor moet dié Sinode, wat deur die stuk ‘Kerk en Samelewing – 1986’ apartheid soos dit in praktyk gefunksioneer het, veroordeel het, óók gereed wees. Daarom gee hierdie Sinode aan sy Kommissie vir Leer en Aktuele Sake opdrag om ’n studie te maak van die wese en inrigting van Geloftedag (NGK
’n Nuwe bedeling bring nuwe omstandighede én nuwe denke oor aktuele sake. Nuwe diskoerse ontstaan waarvan NG gemeentes nie geïsoleer kan word nie.
Froneman (
Verbind aan indiwiduele menseregte, word die tradisionele denke van Afrikaners oor 16 Desember ná 1994 afgeskiet vanuit ’n antigroepseie-gevoel in Suid-Afrika, en ’n vermeende rassebotsing tussen wit en swart by Bloedrivier, met die staatsnaam na 1994 vir dié dag:
Met die swanesang van apartheid in Suid-Afrika in die 1980’s as agtergrond, het Afrikanerhistorici met twyfel en kritiek oor kernaspekte van die Gelofte van 1838 gekom. Vrae oor die Gelofte is gevra: die vraag na ’n geloofwaardige teks van die Gelofte; die geldigheid van so ’n gelofte vandag; die vraag na dit wat in die Gelofte aan die Here belowe is, naamlik die bou van ’n kerk, die aard en atmosfeer van die viering van dié dag, én die binding van die nageslag van die Afrikaner aan die Gelofte. Menings was uiteenlopend van aard en is in talle publikasies vervat (Botha
Die mees omstrede standpunt – in hierdie omstandighede – kom waarskynlik van Van Jaarsveld (
In die opdrag aan sy Kommissie vir Leer en Aktuele Sake om ’n studie te onderneem na die wese en inrigting van Geloftedag op 16 Desember, ’n studie wat by die volgende Algemene Sinode (die Sinode van 1990) gereed moes wees, het die Algemene Sinode van 1986 die aktualiteit van die tema onder NG ledemate en meer algemeen. Die woorde ‘wese en inrigting’ dek die problematiek van die saak, en impliseer die vertroue dat die wese van die Gelofte in die nuwe Suid-Afrika nagekom kan word: dat die Gelofte van 1838 in ’n
Dit is op hierdie verslag en die besluite van die Algemene Sinode van 1990 oor sy aanbevelings dat hierdie artikel konsentreer. Om so ’n ondersoek te loods, moet daar skriftuurlik grondig na die Gelofte van 1838 en sy toepassing vandag gekyk word. Dit gaan om ’n bybelsverantwoorde vergelykende literatuurstudie van beide die Gelofte van 1838 en die besluite van die Algemene Sinode van 1990 oor die viering van Geloftedag vandag. Dit is ook ’n kerklik etiese oorweging daarvan. Vir ’n gereformeerde kerk om die Gelofte van 1838 as kerk van Christus reg te vier, is die regte verstaan en ’n skrifgebaseerde kerklike beoordeling daarvan nodig.
Teenoor kritiese stemme teen die kerklike herdenking van die Gelofte van 1838, neem die Algemene Sinode van 1990 ter inleiding ’n positiewe besluit oor die viering daarvan. Die besluit van die Sinode impliseer ’n behoorlike deurdenking en verantwoording van die meriete van die saak wanneer hy sê dat ‘Geloftedag gevier behoort te word’, en dat lidmate aangemoedig moet word ‘om hulle met die historiese en godsdienstige betekenis daarvan te vereenselwig’ (NGK
Twee waarnemings volg uit hierdie besluit.
Die eerste waarneming is dat die Sinode hom nie begewe in debatte en verskille oor die verstaan en betekenis van aspekte van Geloftedag nie. Die vergadering kom as ’n kerkvergadering met gereformeerde soberheid en nie as ’n kenner of arbiter van die gekiedenis nie. Die vergadering beredeneer ook nie die beste teks vir die Gelofte van 1838, die praktiese implikasies daarvan vir die hede, die beste bewoording vir die Gelofte en die motivering waarom dit steeds nagekom moet word nie. Die Algemene Sinode van 1990 neem ’n algemene besluit van steun aan die viering van die Gelofte, en handhaaf stilweg die viering van 16 Desember as ’n staatserkende vakansiedag met ’n godsdienstige karakter. Die Sinode weerspieël én handhaaf ‘in beginsel’ (’n gangbare begrip in NG-kringe) ’n algemene begrip onder Afrikanerlidmate van Geloftedag. Ter inleiding van sy motivering vir ’n besluit deur die Sinode, gee Leer en Aktuele Sake die standaardweergawe van die Gelofte van 1838 weer, waarna verwys is – sonder kommentaar. Die verslag en voorstelle van die Kommissie is dus ’n kerklike reaksie op die gangbare opvatting onder Geloftedag-Afrikaners in die NGK oor die aanpak van die saak.
Hierdie waarneming word deur ’n aanvullende besluit bevestig wat die vergadering oor die viering van Geloftedag neem.
Volgens die Algemene Sinode van 1990 moet die ‘godsdienstige aspek van Geloftedag … voorrang geniet’, maar die dag kan ook met kulturele aktiwiteite gevul word (NGK
Die keuse vir ‘godsdienstige’ én ‘kulturele’ aspekte bevestig die aard van die bestaande Geloftefeeste onder Afrikaners. Kerkrade en feeskomitees werk saam aan ’n viering: óf die feeskomitee reël die fees in oorleg met ’n kerkraad of kerkrade en die dominees van die omgewing, óf die kerkraad reël ’n erediens alleen of in kontak met ’n feeskomitee of -komitees.
Die Algemene Sinode van 1990 leen ’n oor aan daardie stemme in die NGK wat in dié tyd pleit vir versoening in Suid-Afrika.
Versoening moet een van die uitvloeisels van ’n bybelsgefundeerde herdenking van die Gelofte van 1838 wees. Vanuit ’n bybelse visie kan versoenend oor almal se aanvaarbare of verantwoorde eie of eie verlede as Voortrekker en Zoeloe, wit en swart nagedink word.
Hoewel ’n historiese verband tussen die Algemene Sinode van die NGK van 1990 en 16 Desember in Suid-Afrika as Versoeningsdag ná 1994 histories moeilik nagespeur kan word, saai hierdie besluit dalk ’n saadjie, of stuur dit ’n vlieër op, wat die herbenaming van dié dag in 1994 as
Op eie versoek besoek president Mandela die Algemene Sinode van 1994 op 13 Oktober 1994 en spreek hy die vergadering toe. Hy bedank die ‘leierskap van die Ned Geref Kerk’ vir die konstruktiewe rol wat hulle rondom 27 April 1994 en die verkiesing in Suid-Afrika gespeel het. ’n Leiersgroep waarin professor Johan Heyns met sy klem op versoening in Suid-Afrika én sy positiewe ingesteldheid oor Geloftedag, ’n sterk rol gespeel het (NGK
Die tweede waarneming uit die besluit van die Algemene Sinode van 1990 is dat die NGK opnuut sy steun aan die viering van Geloftedag as primêr ’n godsdienstige feesdag toesê. Hierdie besluit toon dat hy die nuwe samelewing geestelik en emosioneel betree het en oortuig is dat hy die viering van Geloftedag op argumente van meriete in die nuwe situasie kan handhaaf. Sy keuse vir ’n viering van die dag in die nuwe bedeling met grondwetlike vryheid van assosiasie en spraak, het ruimte en is geoorloof (Kleyn & Viljoen
Die steun van die Algemene Sinode van 1990 aan die godsdienstige en kulturele viering van Geloftedag, word in die lig van die verslag van sy Kommissie vir Leer- en Aktuele Sake oor Geloftedag geneem. Interessant genoeg, is Johan Heyns, met sy ywer vir versoening in Suid-Afrika, die voorsitter van hierdie Kommissie (NGK
Volgens die verslag van Leer- en Aktuele Sake, is die belangrikste aspek van Geloftedag sy religueuse waarde.
Hierdie Kommissie gebruik ook die standaardweergawe van die Gelofte in die Afrikanerkultuur- en kerklike kringe. ‘Hier staan ons voor die God van hemel en aarde om ’n gelofte aan Hom te doen …’ (NGK
Hierdie weergawe is ’n aanhaling uit G.B.A. Gerdener (1919) se ‘
Gerdener het ’n rekonstruksie van Cilliers se Nederlandse weergawe in sy
Sedertdien het twee groot besware die waarde van die Cilliers-weergawe in gedrang gebring.
Uit gesaghebbende bronne wat kort na Bloedrivier in 1838–1839 op skrif gestel is en dus nie soos by Cilliers, aan die druk van meer as 30 jaar op sy geheue, blootgestel was nie, word daar na die Gelofte as ’n gelofte in ’n gebed, verwys (Duvenage
Wat Van Jaarsveld en ander met hierdie kritiek egter miskyk (Snyman & Barnard
Cilliers se ‘Mijne broeders en medelandgenoten …’ is dus nie deel van die Gelofte nie. Dit is Ciliers se aanpreekvorm van die laer om hulle in te lig waaroor die eerste aflê van die Gelofte, wat op hierdie mededelings sal volg, sal gaan (Cilliers in Gerdener
Die tweede groot beswaar is teen Cilliers se beskrywing van die viering van 16 Desember, as ‘zoo als een Sabbath’ (Cilliers in Gerdener 1919:121).
Die drie mees gesaghebbende bronne vir die Gelofte van 1838, is Cilliers se
Die Gelofte was na alle waarskynlikheid die hoogtepunt van Cilliers se lewe en hy en Erasmus Smit, die Voortrekkerpredikant, was moontlik die enigstes wat dit direk na 1838 getrou herdenk het. Op hierdie feeste van godsdienstige aard, is historiese vertellings op die Cilliersfees bygevoeg, om die geskiedenis lewend te hou (Gerdener
Indien die saak waarom dit hier gaan in dieselfde rigting neig, selfs al gebruik hulle nie dieselfde terme vir sake nie, is die kanse groot dat bewoordings wat verskil, versoenbaar is. As Pretorius byvoorbeeld gewag maak van ’n dag aan die Here toegewy en met danksegginge gevier, en Bantjes van ’n dag tot eer van God herdenk en Cilliers van ’n bid-, gedenk- en dankdag, klink dit alles na Sarel Cilliers se ‘zoo als een Sabbath’. Dit gaan by almal immers om die gees waarin die dag herdenk moes word (vgl Bantjes
Opgesom kom hierdie verwysing na tekste vir die Gelofte van 1838 daarop neer dat die Kommissie vir Leer en Aktuele Sake se gebruik van die aanvaarde standaardteks (die FAK-teks) van die Gelofte, uit ’n historiese oogpunt nie waterdig is nie, maar tog nie tot die ontsporings oor kernsake hoef te lei nie. Daar is nie ’n goedgekeurde standaardteks (of ’n harde kopie) van die Gelofte nie, maar hierdie drie gesaghebbende weergawes, waarvan die FAK-teks een is, bevat versoenbare verskille in die bewoording van die sake (Duvenage
Die teks van die Gelofte van 1838 wat in die verslag van Leer en Aktuele Sake aan die Algemene Sinode van 1990 opgeneem is, suggereer en bevestig dus die godsdienstige aard van die herdenking of viering van die Gelofte van 1838. Volgens hierdie weergawe, is daar gebid om ’n oorwinning oor ‘ons vyand’. Indien die Here die gebed verhoor, beloof die Wenkommando drie dinge om: (1) die dag en datum – dit sou 16 Desember wees – elke jaar as ’n dankdag soos ’n sabbat deur te bring, (2) ’n huis tot Gods eer op te rig waar dit Hom behaag – ten spyte van ’n moeilike geskiedenis, die bestaande Geloftekerkie in Langmarkstraat in Pietermaritzburg (Greyling
Genoemde gesaghebbende bronne oor die Geloftegebed dui aan dat die volgende in die Gelofte van 1838 uitgespreek is: die
Die slotsin van die FAK-teks, naamlik die ‘eer van sy Naam sal verheerlik word …’, vat die geestelik godsdienstige aard van die Gelofte van 1838 saam. Dit is dus nie vreemd dat die Kommissie vir Leer en Aktuele Sake, as deel van die NGK, in sy verslag aan die Algemene Sinode van 1990, hierdie saak as ‘die belangrikste aspek’ van 16 Desember as ‘Geloftedag’ uitwys nie. Wat ook opvallend is, is dat hierdie Sinode in sy aangeduide verrekening van ’n nuwe bedeling in Suid-Afrika, nie torring aan ‘Geloftedag’ as die naam van die dag waarop die Gelofte van 1838 herdenk moet word nie. Die regeringsverandering in 1994 van Geloftedag na Versoeningsdag, maak in elk geval nie die gebruik van ‘Geloftedag’ deur die NGK ‘onwettig’ nie. Die gebruik van ’n ander term (naam) vir die viering van 16 Desember in sekere kringe in Suid-Afrika, beteken nie dat die staatsreëling as ’n reëling vir die staatsgemeenskap wetlik ter syde gestel word nie. Die vryheid van spraak en assosiasie soos vervat in die Grondwet van 1996, word gehandhaaf (Rautenbach & Malherbe 1994:13–16). Die wese en inrigting van Geloftedag met die Gelofte van 1838 aan God-Drieënig, is sedert 1838 nog nooit deur die voorskrifte van die staatsowerheid alleen bepaal nie. ’n Verandering aan die naam wat die staat vir die dag het, reflekteer buitendien dit wat in die gemeenskap funksioneer. Dit is boonop ondenkbaar dat ’n instansie wat nie met die Gelofte assosieer nie, alleen die naam van die dag wat Afrikaners daarvoor of vir hulle feeste gebruik, moet bepaal.
In die Nederlandse Nadere Reformasie met sy sogenaamde ‘oude schrijvers’, is die aflê van ’n gelofte aan die Here – Sarel Cilliers noem dit ’n
Vir À Brakel is geloftes deel van die Christelike lewe. Dit het ’n geestelik godsdienstige kant. Hy hanteer dit by temas soos vas, sang, naasteliefde en nederigheid. Binne die genadeverbond kan die gelowige hom deur ’n gelofte aan God verbind om – en dit is belangrik – na sy wil regeer te word. À Brakel 11 (s.a.) stel dat:
Eene gelofte is eene verbintenis aan God om eene particuliere goede zaak, die in onze macht is, uit vrije wil te doen of te laten tot dankbaerheyt of tot bevorderinge van onzen geestelijke welstand. (bl. 516).
Vir À Brakel gaan dit daarom om met ’n saak na die Here te gaan wat die toets van die lig kan deurstaan, binne die mens se vermoë is, én – dit is in 1990 steeds belangrik – met ’n vrywillige vereenselwiging daarmee. ’n Gelofte moet nie ligtelik gemaak word nie en hulle wat dit doen, moet seker wees dat dit nagekom kan word. Die Skrifaanhalings wat Cilliers vir die nakoming van die Gelofte van 1838 gebruik – dit het sy instemming met die gedagte van ’n gelofte by Pretorius aanvanklik verhoed
Die nodigheid van ’n gelofte deur die Trekkers in Natal in die sogenaamde bloedjaar van 1838, word deur verskeie woordvoerders onderstreep. De Jongh praat van hulle ‘benarde posisie’. Retief en sy geselskap is in Februarie by Umgungundlovo vermoor; meer as 500 mense uit die Trekgeselskappe gesamentlik is daarna in die Groot Moord van middel Februarie 1838 omgebring; die Vlugkommando het in April misluk; Dingaan het die Engelse in Port Natal verslaan waar 13 Engelse en 1 000 Zoeloes dood is; ongeveer 25 000 beeste is in Augustus by Veglaer gebuit; die Trekkers was in drie laers, naamlik Modder-, Sooi- en Veglaer vasgekeer en die Britse Regering in die Kaapkolonie het sake vir die emigante bemoeilik. In September 1838 is die uitvoer van wapens, ammunisie én lewensmiddels na die Trekkers verbied, en op 3 Desember 1838 is die hawe van Durban deur die Engelse geblokkeer (De Jongh
De Jongh1987) eindig sy betoog veelseggend, en hy beskou die Gelofte van 1838 as ’n laaste moontlike uitweg:
Vir die Voortrekkerkommando was dit ’n stryd om oorlewing teen alle kanse en teen ’n oormag. Daarom het hulle hul op God beroep … (bl. 156)
Visagie (
Gekoppel aan die ingesteldheid van die Boere-emigrante en die geestesklimaat waarin die Gelofte van 1838 afgelê is, het hierdie noodsituasie meegebring dat die tog van die Wenkommando na Bloedrivier en Dingaanstat, einde November begin Desember 1838, volgens ’n ooggetuie, meer na ’n ‘bedevaart dan een krijgstocht’ gelyk het. Op 05 Desember 1838 het kommandant Pretorius aan die Wenkommando in die omgewing van Ladysmith gesê dat hulle as ’n Christenkommando ’n beslissende veldslag tegemoet gaan. Daarom moet hulle ’n gedugte, gedissiplineerde en vasberade gevegsmag wees. Die een wat verloor, sal sy tente moet verskuif en Natal moet verlaat (Duvenage
In hierdie omstandighede het die meriete van ’n gelofte aan die Here die Wenkommando en sy leiers oortuig.
Wat meer is, die kwessie van ’n gelofte aan die Here en sy redding uit ’n noodsituasie met die oog op die vestiging van ’n Christelike gemeenskap tussen die see en die Drakensberge, was ’n Trekkerprioriteit. Die inhoud van die Gelofte sou ook sterk blyke van so ’n vestiging gee. Daarvoor het Retief met Dingaan onderhandel, ten einde ’n geregverdige, erkende grondgebied vir die Trekkers se reisende ‘Maatschappij’,
In die motivering van die godsdienstige aard van Geloftedag, wys die verslag van Leer en Aktuele Sake aan die Algemene Sinode van 1990 daarop dat die Gelofteteks ‘telkens gewag … maak van die eer van God’. Die begrip ‘eer van God’ is ’n struktuurdraer van die betekenis van die Gelofte van 1838. God Drie-enig verdien die roem en eer vir die verloop van die Slag van 16 Desember 1838. Volgens die Kommissie is die godsdienstige aard van die Gelofte deurgaans deur Erasmus Smit en Sarel Cilliers beklemtoon. ‘Dit is die primêre betekenis van Geloftedag’ (NGK
Pretorius se dag wat aan God
Die godsdienstige en aanbiddingsaard van die Gelofte van 1838 blyk ook uit ander faktore.
Volgens die verslag van Leer en Aktuele Sake van 1990, is die Gelofte afgelê vanweë ernstige nood in ’n krisissituasie. Deur ‘die wonderlike ingrype van God, word gebede verhoor’. Bloedrivier getuig van, let wel, ‘gebedsverhoring en die krag van God’. Deur nadenke oor die Gelofte, word die besef dat die nadenkers van God afhanklik is, gestimuleer. Uit menslike dankbaarheid moet die voorsienigheid van God ‘verheerlik word’. Die Gelofte van 1838 leer die nageslag om hulle vertroue in alles ‘op die lewende God te stel’.
Leer en Aktuele Sake plaas die gebeure by Bloedrivier in koninkryksperspektief. Volgens die Kommissie was dit nie soseer Afrikaners of Blankes oor Zoeloes of swart mense nie. Dit was die genadige beskikking van God om die Christendom in ‘hierdie land’ te vestig (NGK
Die ‘sabbatsklousule’ van Cilliers maak nie van Geloftedag ’n 53ste Sondag nie. Dit kan ook nie van alle Christene in Suid-Afrika verwag word om daaraan ’n Sondagskarakter te gee nie. Leer en Aktueel sê: ‘Ons kan niemand dwing om aan ons fees deel te neem nie’. Dit gaan om mense wat – dit is belangrik omdat die element van dwang ontbreek – hulle vrywillig met die ‘karakter van die dankdag vereenselwig’. Die karakter van Geloftedag vereis dat lidmate in die posisie gestel moet word – dit is die NGK se verantwoordelikheid – om ’n erediens by te woon. Indien ander instansies nie so iets reël nie, moet die kerkraad daarvoor instaan. Die Algemene Sinode van 1986 het besluit dat gemeentes vir sulke geleenthede vir lidmate voorsiening moet maak. Geloftedag het ’n historiese en ’n kulturele kant, maar hierdie aspekte is nie die verantwoordelikheid van die kerk nie. Die viering van die dag mag ook nie ’n platform bied vir partypolitieke of nie-kerklike propagandistiese oogmerke nie. Die eenheid van die geloof in God trek mense van verskeie politieke oortuigings saam. Die godsdienstige aard van Geloftedag is die saambindende faktor van mense wat ‘andersins’ van mekaar verskil.
Ten opsigte van die bou van ’n kerk en die betrokkenheid van die nageslag by die viering van die Gelofte van 1838, sny die Kommissie sy verslag kort.
Volgens Leer en Aktuele Sake is die belofte om vir die Here ’n kerk te bou, reeds met die inwyding van die Geloftekerkie in 1841 uitgevoer (Greyling
Die Trekkers in die Wenkommando was kerklidmate en aanvaarde belydende gelowiges wat hulle uit oortuiging met die doel van die Kommando kon identifiseer. Daarom sou elkeen van hulle, formeel gesproke, die Gelofte kon aflê. Die vraag is egter of die drie Engelse en ongeveer 60 swart mense wat by die Wenkommando was, ook hierby ingeval het en of alle Afrikaners en hulle nageslag, ook diegene in die Kolonie wat teen die trek gekant was, hieronder geplaas moet word? Hoe dit ook al sy, alle aanwesiges én hulle wat vrywillig met die Gelofte assosieer, kon by die saak inval. Ook immigrante soos die Van Wouws en Verwoerds wat hulle later met die Gelofte vereenselwig het.
Dit is so dat À Brakel vanuit die Nadere Reformasie as ‘oude schrijver’ uit die wakis op die trekpad, praat van ’n vrywillige vereenselwiging met ’n groepsbelofte. Sarel Cilliers het volgens eie getuienis by die eerste aflegging van die Gelofte van 1838 ook aan sy toehoorders, of die Wenkommando, die keuse gegee om die vergadering te verlaat indien hulle as indiwidue nie die Gelofte wil aflê nie. Bantjes toon dat Pretorius die Gelofte net wou laat aflê ‘indien allen wel wilden’. Die Gelofte is eventueel met ‘algemeen toestemming’, of eenparig, deur die Wenkommando afgelê (Bantjes
Die Algemene Sinode van 1990 besluit ook dat Geloftedag gevier ‘behoort’ te word (let wel) deur lidmate wat hulle met die historiese en godsdienstige betekenis daarvan vereenselwig (NGK
Die godsdienstige aard van die Gelofte van 1838 blyk uit drie dinge wat aan die Here beloof is: ’n kerk, ’n jaarlikse godsdienstige viering daarvan, en die oordra van hierdie viering aan die nageslag. Dit gaan om ’n vrywillige, hartlike instemming met die Gelofte van 1838 deur almal in die opkomende geslagte van die Boere-emigrante van Bloedrivier, én hulle wat daardeur moreel aangespreek voel.
Behalwe die kerklik godsdienstige betrokkenheid wat 16 Desember met sy godsdienstige betekenis impliseer, toon die Trekkers se belofte om vir die Here ’n kerk te bou op ’n plek wat Hy sal aanwys – in hulle pionersomstandighede was daar nie ’n kerk gebou nie – die geestelike grondslag van die gemeenskap wat die Trekkers tussen die see en die Drakensberge wou vestig. Die godsdienstige aard van die Geloftegebed en dit wat aan die Here beloof is, dui op die vestiging van ’n Christelike samelewing – ’n samelewing gebou op Christelike lewenswaardes – in hierdie deel van die wêreld. Tipies van dorpsvorming deur die Trekkers, is dat die kerk – merendeels die NGK – die middelpunt van die uitleg vorm. Dat die dorp rondom die kerk as die middelpunt uitgelê word (Preller II
By implikasie het die Gelofte met die drie dinge wat aan die Here beloof is, aan die Here die vestiging van ’n Christelike gemeenskap, gebou op Christelike lewenswaardes, belowe. ’n Samelewing in die gees van die Nadere Reformasie soos dit stam uit die Hervorming van die 16de eeu. ’n Gereformeerd Calvinistiese gemeenskap wat sy aanhangers uit meer mense as Christen-Afrikaners trek. Natuurlik is Bloedrivier histories gekoppel aan Christen-Afrikaners en diegene wat met hulle assosieer. Die algemeen Christelike aard van geloftes, naamlik die nie-kultureelbeperkte inslag daarvan, beteken egter dat Christene uit verskillende kulture mekaar mét hulle geloftes kan respekteer én kan hande vat op daardie gebiede waarby hulle saam betrokke is.
Die Gelofte van 1838 lê beslis die fondament vir ’n Christelike versoening tussen mense. ’n Versoende gemeenskap wat verenig rondom die noodsaak van ’n kerk. ’n Konsekwente gemeenskap wat draai om die God van die Bybel as die middelpunt van sy lewe … ’n Gemeenskap wat hulle assosieer met die slotsin van die Cilliers-weergawe van die Gelofte van 1838 soos vervat in die verslag van Leer en Aktueel aan die Algemene Sinode van 1990: ‘… die eer van sy Naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan Hom te gee’ (NGK
Die feit dat die Gelofte van 1838 in ’n gebed aan die Here afgelê is, én Cilliers se bygevoegde slot wat handel oor die eer en roem wat aan die Here gegee word – hoe anders kan dit as deur lied en gebed? – toon dat die viering van Geloftedag op 16 Desember primêr ’n godsdienstige viering is. Dat Geloftedag à la Cilliers mik op die roem en die eer van God Drie-enig deur ’n godsdienstige feesdag wat uit dankbaarheid aan God gewy word. Die gebruik om by hierdie viering verwante kulturele aktiwiteite te voeg waarin daar ruimte vir ’n ‘korrekte’ weergawe van die geskiedenis gegee word, is natuurlik ook aanvaarbaar.
Leiers by die eerste aflegging van die Gelofte van 1838, Andries Pretorius en Sarel Cilliers, gaan in hulle weergawes daarvan uit dat diegene wat die Gelofte aflê, moreel of innerlik van die meriete daarvan oortuig moet wees. ’n Gelofte word in gebed aan God afgelê en die inhoud daarvan, soos die inhoud van alle gebede tot God, moet uit die hart of uit die oortuiging van die bidder(s) kom.
Die Gelofte van 1838 bind sy betrokkenes moreel aan die bevordering van ’n Christelike samelewing of Christelike waardes: ook in die 21ste eeu. Dit maak ’n morele appèl op diegene wat dit nakom en plaas ’n morele eis vir die viering daarvan op hulle wat met die Trekkers van 1838 moreel en histories identifiseer. ’n Eis wat net in skaamte verontagsaam kan word. Die Gelofte van 1838 bind moreel en verplig niemand fisiek of uit volks- of rasse-oorwegings nie.
Die besluite van die Algemene Sinode van 1990 van die NGK oor die wese en inrigting van Geloftedag kan hieroor geraadpleeg word.
P.J.S. was die enigste outeur betrokke by die skryf van hierdie artikel.
Die outeur verklaar dat daar geen finansiële of persoonlike verbintenis is met enige party wat hom nadelig kon beïnvloed in die skryf van hierdie artikel nie.
P.J.S. was die enigste outeur betrokke by die skryf van die artikel.
Hierdie artikel het alle etiese standaarde vir navorsing gevolg.
Hierdie navorsing het geen spesifieke toekenning ontvang van enige befondsingsagentskap in die openbare, kommersiële of nie-winsgewende sektore nie.
Die outeur bevestig dat die data wat die bevindings van hierdie studie ondersteun, beskikbaar is in die artikel.
Die sienings en menings wat in hierdie artikel uitgedruk word, is dié van die outeur en weerspieël nie noodwendig die amptelike beleid of posisie van enige geaffilieerde verwantskap van die outeur nie.
In ‘Kerk en Samelewing – 1990’ (KS-1990:10) sê die Algemene Sinode van 1990 dat versoening nie die toesmeer van verskille en goedpraat van dít wat verkeerd is, beteken nie, maar die openhartige deurpraat daarvan. In sy verslag oor Geloftedag aan die Algemene Sinode van 1990, stel sy Kommissie vir Leer en Aktuele Sake dat alle inwoners van Suid-Afrika ‘geroep is om … alle vyandskap te staak en in ’n gees van verdraagsaamheid en versoening in vrede te lewe’ (NGK
Onderaan Cilliers se
Daar is natuurlik geen gesagvolle, oorkoepelende kultuur- of kerklike instansie onder Afrikaners wat namens hulle op ’n ‘aanvaarbare’ teks van die Gelofte kan besluit nie.
As die Nasionale Regering in Suid-Afrika in 1952 sekere bepalings van die ‘sabbatswetgewing’ op 16 Desember (nou herdoop tot Geloftedag), van toepassing maak, sê die betrokke minister, dr T.E Dönges, dat dit nie hier om ’n mensgemaakte sabbat gaan nie, maar om die ware karakter van die dag te laat uitkom (Debatte in die Volksraad dele 74–76:10435–10438).
Cilliers was aanvanklik ‘diep bezwaard’ oor die Trekkers se vermoë om hulle beloftes in die voorgestelde gelofte aan die Here na te kom (De Jongh
Kyk Van Schoor en Van Rooyen (
Die Heidelbergse Kastegismus, vraag 117, handel oor die vraag: Hoe moet ’n gebed wees wat God behaag en deur Hom verhoor word? Die antwoord sluit onder meer in dat die gelowige God in ’n gebed ‘van harte’ moet aanroep ‘vir alles waarvoor Hy ons beveel het om te bid’ (NG Kerk-Uitgewers