The contribution to research lies in the detailed description of the semantics of love in Luke and showing that Jesus’ ministry might, with good reason, be described as a ministry of love.
’n Vraag is of Jesus in die Lukasevangelie as die verkondiger van liefde uitgebeeld word, veral in die lig daarvan dat die Lukaanse Jesus eintlik net in twee kontekste na die intens persoonlike liefde (wat met die meer intense familieliefde of vriendskapsliefde verbind kan word) verwys. Die woorde wat normaalweg met liefde vertaal word, naamlik, ἀγαπάω/ἀγάπη of φιλέω/φίλος, word wel meer kere deur Lukas gebruik, maar met variërende intensiteit en betekenis soos weldra aangetoon sal word.
Daar is al op verskillende wyses op bogenoemde probleem gereageer. Aan die een kant word die konsep
Aan die ander kant, is die opinies meer afwysend van aard. Hays (
In hierdie artikel word beoog om aan die hand van Lukas se gebruik van die woordgroepe wat potensieel met ‘liefde’ vertaal sou kon word, naamlik ἀγαπάω/ἀγάπη en φιλέω/φίλος, spesifiek op die
Die gebruik van die twee woordgroepe (ἀγαπάω/ἀγάπη en φιλέω/φίλος) in Lukas blyk uit
Die gebruik van die twee woordgroepe (ἀγαπάω/ἀγάπη en φιλέω/φίλος) in Lukas.
ἀγαπάω | ἀγάπη | φιλέω | Φίλος |
---|---|---|---|
6:27, 32, 35; 7:5, 42, 47; 10:27; 11:42, 43; 16:13 | 11:42 | 20:46; 22:47 | 7:6, 34, 11:5, 6, 8; 12:4; 14:10, 12; 15:6, 9, 29; 16:9; 21:16; 23:12 |
In die geval van φιλέω/φίλος word die selfstandige naamwoord hoofsaaklik gebruik, terwyl die werkwoord domineer wanneer die woordgroep ἀγαπάω/ἀγάπη gebruik word. Die selfstandige naamwoord φίλο, fokus hoofsaaklik op ’n sosiale posisie, naamlik van ’n vriend, terwyl die werkwoord ἀγαπάω op ’n aksie dui, naamlik om lief te hê. Dit suggereer ’n verskil in die semantiese fokus van die twee woordgroepe.
Die werkwoord φιλέω kom maar twee maal in Lukas voor, naamlik in 20:46
Lukas gebruik die werkwoord ἀγαπάω
Daar is egter twee gevalle in Lukas (6:27–38 en 10:27–37) waar dit uit die betrokke kontekste blyk dat die toegeneentheid of liefde intens persoonlik is soos wat tussen familielede of vriende die geval is. Die fokus in hierdie artikel val op bogenoemde twee gevalle, veral omdat dit korrespondeer met die gebruik van liefde in, byvoorbeeld, die Johannesevangelie en -briewe waar Jesus telkens met diep persoonlike liefde geassosieer en God
As deel van sy ‘preek op die vlakte’
In 6:27–30 word daar gefokus op hoe Christelike gedrag teenoor vyande (hier in die betekenis van ‘opponente’ [Edwards
Die dissipels moet goed doen (καλῶς ποιεῖτε) al haat hulle vyande hulle; hulle moet seën (εὐλογεῖτε
Die volgende drie voorbeelde gaan oor die verwagte optrede van die dissipels in gevalle waar daar negatief, lelik of onbillik teenoor hulle opgetree word deur hulle vyande (opponente), byvoorbeeld, om op die wang geslaan te word, om jou oorkleed te moet afgee, of om van jou eiendom te moet afstaan. Die reaksie van gelowiges moet konstant (selfs oordrewe) positief bly: hulle moet nie wraak neem of teëstand bied nie, maar moet meer doen as wat gevra word (vgl. Betz
Om op te som: die verwagte gedrag van die dissipels word dus beskryf in terme van positiewe, pro-aktiewe en liefdevolle aksies wat nie enige teken van wraak toon nie, ongeag die negatiewe optrede van die vyand.
In die verse wat volg (6:32–34) verskuif die aandag na die vraag oor die waarde van resiproke gedrag – ’n sosiale konvensie wat baie tipies van antieke gemeenskappe was.
Verskeie ondersoekers het opgemerk dat die woord ἀγαπάω hier as ’n oorkoepelende term funksioneer vir die verskillende vorms van gedrag wat in die gedeeltes genoem word.
In 6:35 word die opdrag om jou vyande lief te hê ’n derde maal herhaal met dieselfde opsomming (twee voorbeelde) as in die voorafgaande opdrag, naamlik om goed te doen en om gewillig te wees om aan ander te leen. Daarmee word ’n kernvereiste vir die gedrag van die dissipels bevestig: hulle moet niks terugverwag wanneer hulle goed doen aan hulle vyande nie; met ander woorde, alle verwagtings wat resiprositeit meskien kan skep, word ‘gekanselleer’. Dissipels moet eenvoudig goed doen en op ’n positiewe manier optree, ongeag wat die reaksie van ander daarop is. Green (
In 6:35–36 word drie redes genoem as motivering vir hierdie tipe gedrag, naamlik: (1) ’n groot beloning wag; (2) om kinders van die Allerhoogste te wees (te word – ἔσεσθε υἱοὶ ὑψίστου); en (3) die verwagting dat ’n kind soos sy pa moet optree.
Resiprositeit is duidelik tot nou toe verwerp as rede vir vyandsliefde. In 6:35 word egter gesê, ‘Sonder om iets terug te verwag, moet julle julle vyande liefhê en goed doen en uitleen. Dan sal daar vir julle ’n
In 6:35 word familiale taal ook tot die argument toegevoeg, naamlik om kinders van God te wees (te word). God word hulle ‘Vader’ genoem (6:36; vgl. ook Matt 5:43–48; Edwards
In Grieks-Romeinse en selfs Hellenisties-Joodse kontekste was
Hierdie eienskap is onderliggend aan die opmerking in 6:35–36 dat die dissipels liefdevol teenoor hulle vyande moet optree: ‘[
Dit is ’n ekstra motivering vir dissipels om hulle vyande lief te hê – God se kinders moet soos hulle Vader wat hulle rolmodel is en nagevolg moet word, optree.
Dit is dus duidelik dat die kombinasie tussen
Daar is geleerdes wat egter skepties is dat dit hier oor resiprositeit gaan, veral voordat die invloedryke artikel van Kirk (
’n Argument wat teen die beswaar aangevoer word, is dat die term ook gebruik kan word om te verwys na ‘
’n Verdere argument wat hier teen die resiproke gebruik geopper word, is dat resiprositeit gewoonlik tussen
Ook hierdie argument is nie so oortuigend as wat op die oog af mag blyk nie. Eskatologiese belonings (wat natuurlik goddelike belonings is en daarom altyd meer en groter is as wat menslik moontlik is) is algemeen in Christelik-Joodse tradisies. Gewoonlik word ook nie net een handeling beloon nie, maar ’n lewenswyse met meerdere optredes soos wat in Lukas 6 ook gesuggereer word. Om regverdig te lewe (as lewenstyl) word nie daad vir daad beloon nie, maar kulminatief by die wederkoms as eskatologiese beloning.
Wanneer die argumente geweeg word, blyk dit tog dat die antieke gebruike om gedrag te motiveer, naamlik resiprositeit en
Dit bring ons by die vraag: Wat is die semantiese skopus en diepte van die konsep ‘liefde’ in hierdie konteks? Soos reeds aangetoon, gebruik Lukas die woord ἀγαπάω op ander plekke om na verhoudings met laer semantiese intensiteit te verwys (soos om bloot van iets te hou of om iets te verkies). Wat presies is die semantiese intensiteit van die woord liefde as dit by vyandsliefde kom?
Die semantiese intensiteit van die woord
Aan die ander kant, bewys die dissipels liefde wat impliseer dat hulle goedheid en gawes wel die potensiaal, klimaat en verwagting by hulle vyande kan skep om resiprook te reageer (al is dit maar net ’n moontlikheid). Die vyande was immers ook kinders van hulle tyd wat geweet het hoe resiprositeit werk en die druk van hierdie sosiale verwagtings ervaar het. Indien hulle dus miskien wel sou toegee aan die verwagtings sou interpersoonlike verhoudings tussen hulle en die gelowiges die resultaat kon wees wat selfs in vriendskap sou kon ontwikkel: ’n persoon doen goed aan sy vriende en maak vriende daardeur. In die geval van die vyande is dit moontlik dat resiproke verwagtings nie totaal vermors is nie, maar dat dit tog implisiet in die agtergrond ’n rol gespeel het deurdat dit die vyande moontlik kon beïnvloed om deel van Jesus se groep te word.
Indien bogenoemde verklaring korrek is, beteken dit dat die semantiese skopus van die woord
Die woord ἀγαπάω [liefde] kom ook voor in Jesus se gesprek met die skrifgeleerde oor die liefdesgebod in 10:25–37. Die skrifgeleerde se vraag gaan nie oor watter gebod die grootste is nie (vgl. die parallelle dele in Markus en Matteus),
Vir die doeleindes van hierdie artikel hoef die gelykenis wat Jesus vertel nie in detail bespreek te word nie. Wat wel van belang is en as beginpunt kan dien, is Jesus se vraag wat op die gelykenis volg, naamlik: ‘Wie van hierdie drie is volgens jou (die skrifgeleerde) die naaste van hom wat onder die rowers verval het?’ (10:36). Hier word die konsep
Die verband tussen twee opmerkings in 10:25–28 en 10:29–37,
Die semantiese intensiteit van liefde word dus gedefinieer in terme van die bereidwilligheid tot goedheid en barmhartigheid ongeag wie dit is en wat dit van jou vra (10:33). Dit is ‘
Daar is ook treffende ooreenkomste tussen 10:25–37 en 6:27–36.
Die doel van hierdie artikel is om die gebruik en semantiek van die term
Die omvattendste bespreking van ‘liefde’ (ἀγαπάω) word in 6:27–38 aangetref waar gelowiges tot vyandsliefde aangespoor word. Liefde funksioneer hier as oorkoepelende term vir die ander terme wat vir barmhartigheid en goeie optrede in hierdie konteks gebruik word. Geen weerwraak word voorgestaan indien gelowiges sleg behandel word nie, maar wel ’n reaksie van goedheid en toegeneentheid wat meer gee as wat gevra word. ’n Soortgelyke patroon word in 10:25–37 aangetref: liefde word uitgedruk in terme van die barmhartige optrede van die Samaritaan.
Dit strook met die algemene boodskap van Lukas. Lukas se belang lê hoofsaaklik by die barmhartige optrede teenoor die sogenaamde onderdruktes (‘
Dit blyk bloot op die oog af asof liefde net ’n voetnoot kan wees, maar as die argument hierbo geldig is, beteken dit dat liefde deur Lukas hoogs waarskynlik as oorkoepelende term direk met konsepte soos barmhartigheid, hulp, toegeneentheid, die doen van wat goed is, om nie wraak te koester nie, om nie net mense te help vir eie gewin nie, ensovoorts, verbind word. Daar is immers hierbo geargumenteer dat die barmhartige optrede van die Samaritaan eintlik liefde in aksie beteken wat net geldig is van die voorbeelde wat in die gedeelte oor vyandsliefde genoem word. Dit sou beteken dat die verskillende terme in die Lukaanse etiek van toegeneentheid teenoor die onderdruktes, armes, vroue, en so meer, onder die sambreel van liefde tuisgebring kan word. Die totale som van al hierdie beskrywings van vorms van goeie optrede is illustrasies van wat liefde is. So neem liefde verskillende vorms aan, maar beteken dit veral om onvoorwaardelike barmhartigheid en toegeneentheid aan mense in nood te bewys (vgl. Burridge
Om met die vraag waarmee begin is, af te sluit: Is Lukas se Jesus ’n ‘Jesus van liefde’?, blyk die antwoord ’n voorwaardelike ‘ja’ te wees.
Die outeur verklaar dat daar geen finansiële of persoonlike verbintenis is met enige party wat hom nadelig kon beïnvloed het in die skryf van hierdie artikel nie.
J.v.d.W. was die enigste outeur betrokke by die skryf van die artikel.
Hierdie artikel volg alle etiese standaarde vir navorsing.
Hierdie navorsing het geen spesifieke toekenning ontvang van enige befondsingsagentskap in die openbare, kommersiële of nie-winsgewende sektore.
Die outeur bevestig dat die data wat die bevindinge van hierdie studie ondersteun, beskikbaar is in die artikel.
Die sienings en menings wat in hierdie artikel uitgedruk word, is dié van die outeur en weerspieël nie noodwendig die amptelike beleid of posisie van enige geaffilieerde verwantskap van die outeur nie.
Tannehill (
In sy 1997 kommentaar, meen Green (
’n Paar voorbeelde behoort die punt genoegsaam te illustreer: Holladay (
Alle verwysings waar slegs die hoofstuk en vers aangedui word, dui op Skrifgedeeltes uit die boek Lukas
In 11:43 word die woord ἀγαπάω in dieselfde betekenis gebruik, naamlik om van iets te hou (die beste stoele in die sinagoge). Dit is die enigste geval in Lukas waar die twee woordgroepe oorvleuel. Dit onderstreep die poreuse wyse waarop Lukas woorde gebruik.
ἤγγισεν τῷ Ἰησοῦ φιλῆσαι αὐτόν (vgl. ook Mark 14:43 (45) en Matt 26:48 (49)).
Vergelyk 7:6, 34; 11:5, 6, 8; 12:4; 14:10, 12; 15:6, 9, 29; 16:9; 21:16; 23:12. Hays (
Die selfstandige naamwoord ἀγάπη word net een maal in 11:42 gebruik om na die liefde (van God) te verwys. Die betekenis van die woord word egter nie kontekstueel duidelik gemaak nie en is dus vir ons doeleindes nie van betekenisvolle hulp vir die bepaling van die betekenis van die woord nie (vgl. Marshall
אהב [om lief te hê] word gewoonlik in die Septuaginta (LXX) met ἀγαπάω weergegee indien intense interpersoonlike verhoudings ter sprake is (Bovon
Die woord word nie in Handelinge gebruik nie.
Hier is wel ’n verhouding van voorkeur ter sprake, maar waarskynlik nie met dieselfde intensiteit as die intense verhouding tussen ’n vader en sy kind of God en sy kind nie. Louw en Nida (
Die term
Vergelyk met Matteus 5:43–48 vir ’n korter weergawe van die Q-materiaal.
Bovon (2002:238–239) gee ’n meer algemene beskrywing van wat liefde vir die vyand kan inhou. Popkes (
Danker et al (
Die volgende Loeb-vertaling van Ps.-Libanus (
Resiprositeit is ’n komplekse sosiale fenomeen wat die standaardgedrag van die antieke mens tot ’n groot mate beïnvloed het (vgl. Kirk
Vergelyk Kirk (
Bovon (
Nolland (
In 6:27–28 word die trilogie van om goed te doen; om mense wat jou kwaad aandoen te seën; en ook vir hulle te bid, genoem. Die drie aksies word in verse 33 en 35 onder die een noemer saamgevat, naamlik ‘om goed te doen’. Net so is daar die trilogie in 6:29–30, naamlik die klap op die wang; om die bokleed te eis; en om jou besittings te eis. Die drie word weer in vers 34 saamgevat as ‘om jou besittings te vat of te leen’.
Schnelle (
Seaford (
In 1 Johannes 3:7–5:3 word God se liefde deur gelowiges ‘teruggegee’ deur dit aan die medegelowiges te gee (A–B, B–C) (vgl. Trebilco
Green (
Vergelyk Bennema (
Plinius (
Danker et al. (
Bock (
Hoewel die artikel van Van Unnik (
Volgens Danker et al. (
In Matteus 6:1–6 word dit gesuggereer, aangesien God daar resiprook reageer waar mense dit nie reeds gedoen het nie (6:2, 5).
Kirk (
Nolland (
Zimmermann (
Vir die skrifgeleerde was dit vanselfsprekend dat die ‘naaste’ ’n volksgenoot moes wees, ’n lid van die verbondsvolk van God wat die Samaritane uitgesluit het, soos Zimmermann (
Zimmermann (
Kyk Zimmermann (
Marshall (
Popkes (
Zimmermann (
Vgl. Scheffler (