The concept ‘kingdom of God’ is relevant for the church in South Africa, especially congregations who strive to be missional. Unfortunately, the Old Testament perspective was neglected in the past. The purpose of this brief survey is to stimulate academics and church leaders in their further reflection on the kingdom of God.
Selman (
While there seems little doubt that the kingdom of God is the central tenet of Jesus’ teaching, in the Old Testament the role of the kingdom is much more problematic. (p. 161)
Daar word meestal op die Nuwe Testament gefokus wanneer daar oor die koninkryk van God nagedink word. In hierdie artikel word die volgende vraag gevra: Wat getuig die Ou Testament oor die koninkryk van God?
Die bedoeling van hierdie artikel is nie om die konsep
Een van die invloedrykste studies oor die koninkryk van God is in die vorige eeu deur die Ou-Testamentiese geleerde, John Bright (
I think it is an accurate assessment to say that Bright’s position is virtually without support among modern critical Old Testament scholars. (p. 633)
Na die publikasie van Bright se boek in 1953 het daar talle studies oor die koninkryk en koningskap van God in die Ou Testament verskyn: Gray (
Daar moet egter erken word dat daar in die afgelope 30 jaar net enkele akademiese boeke en tydskrifartikels oor die koninkryk of koningskap van God in die Ou Testament verskyn het. Die redes hiervoor is onseker, veral in die lig van die feit dat die koninkryk van God steeds ’n aktuele tema in kerklike kringe is.
Daar is ’n keuse gemaak van vier studies wat die afgelope 30 jaar verskyn het: (1) die mees resente artikel wat oor die konsep ‘koninkryk van God in die Ou Testament’ gevind kon word (Barrick
Vasholz (
Peels (
Die titel van Merril (
In the Old Testament view, God the King reigns over heaven and earth, a dominion populated by the heavenly hosts and earthly inhabitants created to praise him and serve him world without end. (p. 278)
Volgens Merril is die koninkryksperspektief alreeds in die eerste sin van die Bybel aanwesig. Genesis 1:1 verwys na die koning (God as Skepper) sowel as sy ryk of gebied (die hemel en die aarde).
Barrick (
Our sovereign Lord’s plan for His kingdom will be fulfilled. He has not altered his plan – there is no Plan B. (p. 190)
Na aanleiding van die kort oorsig oor vier vorige studies kan ’n mens die volgende voorlopige opmerkings maak:
Die belangrikheid van die konsep in die Ou sowel as die Nuwe Testament kan nie ontken word nie. Sommige geleerdes (o.a. Merril en Barrick) probeer egter om vanuit hulle vooropgestelde siening die konsep in elke gedeelte van die Bybel ‘in te lees’.
Die bestudering van die Ou-Testamentiese perspektief is dikwels in die verlede afgeskeep. Aandag word grotendeels aan die Nuwe Testament gewy. Hierdie tendens is nog meer sigbaar in studies van die afgelope dertig jaar.
Dit wil voorkom asof die meeste geleerdes wat die konsep in die verlede bestudeer het, ’n noue band met die kerk gehad het.
Heelwat aandag is aan die terme en frases oor die koningskap van God of die ‘God is Koning’-metafoor verleen. Daar is egter min studies oor die gebruik van die spesfieke Ou-Testamentiese terme vir koninkryk van God.
In die bestudering van ’n bepaalde konsep is dit belangrik om na spesifieke bybelse terme en frases te gaan kyk wat die konsep oordra. Die vraag is die volgende: Watter terme en frases in die Ou Testament verwys direk na God se koninkryk?
Die Hebreeuse werkwoord
In die Ou Testament word die volgende terme gevind wat van die wortelvorm
Die paar
’n Mens moet erken dat die wortelvorm
In die vorige afdeling is beklemtoon dat daar net enkele gedeeltes in die Ou Testament is waar die Hebreeuse en Aramese terme vir ‘koninkryk’ of ‘heerskappy’ voorkom. Spieckermann (
… none of these well-attested terms, however, is primarily theological. For the most part, they refer to earthly kingdoms and empires … (p. 123)
Spieckerman se opmerking is net gedeeltelik waar. Die teologiese betekenis van die konsep ‘koninkryk van God’ word nie eerstens bepaal deur die term
Die eerste verwysing in Kronieke na God se koninkryk word in hoofstuk 17:14 aangetref: ‘Ek sal hom vir altyd in my huis en koninkryk (
1 Kronieke 28 vertel verder dat die belofte aan Dawid weer aan sy seun Salomo bevestig sal word:
En uit al my seuns – want die Here het vir my baie seuns gegee – het Hy my seun Salomo gekies om op die troon van die koninkryk (
In hierdie teks word die koninkryk van die Here (Jahwe) aan die koninkryk van Israel gelykgestel deur die gebruik van die frase
1 Kronieke 29:11 vorm deel van ’n dankgebed van Dawid wat strek vanaf vers 10 tot 19. ’n Mens kry die indruk dat die bidder amper nie genoeg woorde het om die grootheid van die Here te beskryf nie:
Aan U, Here, behoort die grootheid en heerlikheid, mag, roem en majesteit. Alles in die hemel en op die aarde behoort aan U, Here. Aan U behoort die koninkryk (
Talle eienskappe word aan die Here as die Koning van die koninkryk toegeskryf: grootheid, heerlikheid, mag, roem en majesteit. Die doksologie tot die Ons Vader-gebed in Matteus 6:13 het waarskynlik sy oorsprong in 1 Kronieke 29:11–12 (Klein
In 2 Kronieke 13 word die laaste verwysing na die koninkryk van God in die Kroniekeboeke gevind. Die historiese konteks van hierdie gedeelte handel oor koning Abia van Juda se oorlog teen koning Jerobeam van Israel. Die Kronieke-weergawe van hierdie verhaal is veel langer as die enkele verse in 1 Konings 15:1–8a waar hy as ’n koning voorgestel word wat met die sondes van sy vader volhard. 2 Kronieke 13 getuig van ’n ‘godvresende’ Abia wat koning Jerobeam en sy onderdane toespreek (Jonker
Dink julle regtig dat julle in opstand kan kom teen die koninkryk (
Hier en in 1 Kronieke 28:5 vind ’n mens die enigste twee direkte Ou-Testamentiese verwysings
Eksplisiete verwysings na die koninkryk van God kom in slegs drie Psalms voor: Psalms 22, 103 en 145. Al drie Hebreeuse terme wat na koninkryk of heerskappy verwys, kom in hierdie Psalms voor. Dit is interessant dat geeneen van hierdie Psalms tot die sogenaamde Jahwe-
Psalm 22 is een van die treffendste klaagpsalms en word selfs deur Jesus aangehaal wanneer Hy godverlatenheid aan die kruishout beleef (v. 2). Psalm 22 kan na die inleiding (v. 1) in twee hoofdele (vv. 2–22 en 23–32) opgedeel word met verdere onderafdelings.
Die tweede teksdeelte word in Psalm 103, een van die bekendste lofliedere in die Psalmboek, gevind.
Die laaste teksgedeelte word in Psalm 145 aangetref, ’n loflied en akrostiese gedig. Alreeds in die eerste vers word daar na ‘my God, o Koning’ verwys. Psalm145:11–13 sluit hierby aan:
11 Kaf. Hulle maak melding van die heerlikheid van u koninkryk (
Die koninkryk van God strek oor alle eeue; dit wil sê die verlede, hede en toekoms. Hierdie gedagte kom alreeds in Eksodus 15:18 voor (Deist & Du Plessis
Die boek Daniël is waarskynlik die jongste boek in die Ou Testament en die meeste geleerdes aanvaar dat die finale optekening in die tyd van Antiogus IV Epifanes plaasgevind het (175–164 v.C.). Daar is egter steeds geleerdes wat argumenteer vir ’n datering in die sesde of vroeë vyfde eeu v.C. (Lucas
The theme that is central to Daniel as it is to no other book in the OT is the kingdom of God. (p. 330)
Die boek Daniël handel oor die manier waarop die heerskappy van God ’n werklikheid word in kontekste waar die Jode ’n gebrek aan politieke mag het teenoor die nie-Jode se politieke mag. God se heerskappy word ’n werklikheid op aarde deur sy transendente mag vanuit die hemel.
Daniël 2 handel oor Daniël se uitleg van koning Nebukadneser se droom. Hy sien ’n beeld wat vier tydvakke in die geskiedenis simboliseer. In vers 37 beklemtoon die teks dat Nebukadneser wel ’n groot koning is, maar dat dit God is wat aan hom die heerskappy, krag, mag en eer gegee het. Daar word egter ook daarop gewys dat die aardse koninkryke kom en gaan, maar dat God se koninkryk vir ewig sal bly bestaan:
Maar in die dae van dié konings sal die God van die hemel ’n koninkryk (
Na die uitleg van Daniël, lees ’n mens die belydenis van koning Nebukadneser waar hy getuig dat die God van Daniël die grootste van alle gode is en oor alle konings heers (Dan 2:47).
Daniël 3:33 (4:3) sluit by hierdie eerste belydenis van Nebukadneser aan wanneer hy weer verklaar:
Sy tekens – hoe groot is hulle nie, en sy wonders – hoe magtig is hulle nie! Sy koninkryk (
Dit is die eerste keer in die boek Daniël dat die Aramese term
Dit wil voorkom asof die intensiteit van Nebukadneser se belydenis al hoe groter word. In Daniël 4:31 (4:34) word verklaar dat koning Nebukadneser nie net ’n algemene belydenis uitspreek nie, maar sy oë na die hemel opslaan om God te loof en te prys:
Aan die einde van die tydperk het ek, Nebukadnésar, my oë na die hemel opgeslaan, en my verstand het na my teruggekeer. Ek het die Allerhoogste geloof en die Een wat ewig leef, besing en geëer – Hy wie se heerskappy (
In Daniël 3:33 (4:3) word daar gepraat van die ewige koninkryk terwyl die ewigheid van die koninkryk in 4:31 (4:34) verder omskryf word (‘van geslag tot geslag’). Die skrywer van Daniël 4:31 (34) kon amper nie genoeg woorde vind om hierdie ewige Koning te loof, prys en vereer nie.
Die vorige teksgedeeltes in Daniël wys op koning Nebukadneser, die Babiloniese koning, se eer aan die ewige God. Daniël 6 verwys na die belydenis van nog ’n aardse koning, naamlik koning Darius van die magtige Persiese Ryk (Merril
’n Bevel is deur my uitgevaardig dat, in die hele magsgebied (
Die ewigheid van God se koninkryk word weereens beklemtoon, en in Daniël 6:28 kom dieselfde gedagte voor as in 3:33 (4:3), naamlik die fokus op die God van Daniël wat ‘tekens en wonders’ doen (Newsom
Daniël 7 is die Ou-Testamentiese hoofstuk waarin die meeste ‘koninkryk van God’-verwysings voorkom (vv. 14, 18, 27). Hierdie hoofstuk vorm deel van die tweede hoofgedeelte van die boek (Dan 7–12), maar vervul ’n belangrike rol om die twee hoofgedeeltes saam te bind (Lucas
En aan Hom is gegee heerskappy (
Daniël 7:13 beskyf die ‘Hom’ (v. 14) as ‘die seun van ’n mens’,
Die laaste twee verwysings in Daniël 7 kom voor in verse 18 en 27:
maar die heiliges van die Allerhoogste sal die koningskap (
Die koningskap (
Die term wat in Daniël 7:18 en 27 vir God gebruik word, is die Allerhoogste (
Dit is baie moeilik om die presiese ontstaanstyd van die kort profetiese boek Obadja te bepaal.
Hierdie verse in Obadja (vv. 15–21) vorm die hoogtepunt van ’n profesie oor die dag van die Here.
Teen die einde van hierdie bespreking word ’n paar voorlopige gevolgtrekkings aangebied aan die hand van sekere vrae:
Hoe word die verskillende terme in die Ou Testament vertaal? Daar is nie eenstemmigheid by geleerdes en Bybelvertalings oor die vertaling van die verskillende Hebreeuse en Aramese ‘koninkryksterme’ nie. In sommige gevalle word dieselfde term met ‘koninkryk’ (
Wie is die God van die koninkryk? Verskillende Godsname of frases word gebruik wanneer daar na die God van die koninkryk verwys word: Jahwe/Here (1 Kron 17:14; 28:5; 29:11; 2 Kron 13:8; Ps 22:29; 103:19; 145:10–16; Ob 21;
Vanwaar heers God oor sy koninkryk? Psalm 103:19 beklemtoon dat God vanaf sy troon in die hemel oor sy koninkryk heers. In die onmiddelike literêre konteks word daar van engele en leërskare gepraat wat saam met God as Koning regeer. Die idee van ’n ‘koninklike’ hof word geskep. Nog twee gedeeltes verwys na God se koninklike troon: 1 Kronieke 28:5 en Psalm 103:19. Laasgenoemde teksgedeelte praat ook van ’n ‘troon in die hemel’ terwyl die Kronieke teks ’n sterker band met die aardse troon in Israel veronderstel (‘troon van die koninkryk van die Here oor Israel.’). God as ewige en almagtige Koning is egter nie ’n statiese God wat op sy troon bly sit nie. Hy regeer oor die hele kosmos – in die hemel en op aarde (vgl. 1 Kron 29:11).
Wat is die eienskappe van God se koninkryk? (1) Dit is ’n ewige koninkryk wat oor alle eeue en alle geslagte strek (1 Kron 17:14; Ps 145:13; Dan 2:44; 3:33 [4:3]; 7:14). Die koninkryk van God word in hierdie gedeeltes met talle aardse koninkryke vergelyk wat maar net tydelik van aard is (Edom, Babilon, Persië); (2) Die eienskappe van God word ook aan sy koninkryk oorgedra: heerlikheid, mag, grootheid, krag en majesteit (Ps 145:11–13).
Wat is die omvang of skopus van God se koninkryk? Die teksgedeeltes getuig op twee maniere hieroor: Eerstens is daar die partikularistiese of nasionalistiese skopus. Daar is ’n spesiale band met Israel as uitverkore verbondsvolk, met Dawid en sy nageslag as uitverkore aardse konings, met Sion (Jerusalem) as uitverkore stad, en met sy tempel as uitverkore ‘huis’ (1 Kron 17:14; 28:5; 2 Kron 13:8; Ob 21). Tweedens is daar die universalistiese skopus van God se koninkryk. Alles in die hemel en op aarde word ingesluit – elke nasie, volk en taal (1 Kron 29:11; Ps 22:29; 103:19; Dan 7:14). Peels (
Wie besing God se koninkryk? Volgens die Ou Testament word God se koninkryk nie net deur sy uitverkore volk besing nie, maar selfs deur heidense konings soos Nebukadneser (Dan 2–4), Belsasar (Dan 7) en Darius (Dan 6).
Hoe realiseer die koninkryk van God? Was daar verskillende teologiese beklemtonings? Die Ou Testament getuig eerstens van ’n koninkryk van God wat
Hoe openbaar God sy koninkryk? Telkens word genoem dat God sy koninkryk deur mense bekend maak. Daar is ’n sterk beklemtoning van die Dawidiese lyn, maar in Daniel 7:13 word genoem dat die koninkryk deur ’n onbekende figuur, ‘’n seun van ’n mens’ bemiddel word.
Is daar ’n noue verband tussen God se koninkryk en God se verbond? Sommige geleerdes beklemtoon ’n noue verhouding tussen ‘koninkryk’ en ‘verbond’ (vgl. Goldsworthy
Hierdie artikel fokus op die Ou-Testamentiese teksgedeeltes oor God se koninkryk, maar ’n mens besef dat die getuienis oor God as Koning nie hiervan losgemaak kan word nie. Weens beperkte ruimte kan daar nie in detail op die ‘God as Koning’-gedeeltes gefokus word nie. Die volgende vraag ontstaan egter: Is daar ’n verskil tussen die getuienis oor God as Koning en die getuienis oor God se koninkryk?
Volgens Brettler (
Uit die statistiek van bogenoemde 55 verwysings kom die volgende verspreiding voor: Psalms (26x); Jesaja (8x); Jeremia (6x); Sagaria (3x); 1 Samuel (2x); en een keer elk in die boeke van Genesis, Eksodus, Numeri, Deuteronomium, 2 Kronieke, Esegiël, Daniël, Miga, Sefanja en Maleagi. Die grootste aantal verwysings is in die Psalms, en daar is ’n afwesigheid in die Wysheidsboeke (Job, Spr, Pred, Hoogl) en 18 ander Bybelboeke.
Die koningskap van Jahwe is meer prominent in die kultiese tekste en daar is ’n noue verband met die Sionsteologie.
Daar is heelwat vrae oor die oorsprong van die metafoor of konsep soos onder andere, die volgende: Het die metafoor van Jahwe as Koning in die tyd van die monargie ontstaan of was daar ’n pre-monargale oorsprong?
Dit is baie moeilik om die verskillende metafore en eienskappe van God van mekaar te skei:
God die Koning is ook God die Skepper (vgl. Ps 149:2; Jes 43:15). Hy heers oor die skepping, oor die magtige waters (Ps 29:10). As kosmiese Koning is God ook die onderhouer van die hele kosmos (Ps 24; 95) wat selfs vir elke voëltjie sorg (Ps 84:4; vgl. Vasholz
God die Koning is die regter en leidsman (Ps 99:4; Jes 33:22; 41:21). As regter oordeel hy regverdig oor die nasies (2 Kron 16:31; Ps 96:10; Jer 48:15; 51:57; Eseg 20:33; Sef 3:15). God as Koning is die een wat strewe na geregtigheid. Hy verbreek die mag van die goddeloses (Ps 10:15–16; vgl. Chilton
God is die sterk en magtige Koning (Ps 24:8; Eseg 20:33). Hy is egter ook genadig en barmhartig teenoor alle mense (vgl. Ps 145:1). Hy is nie ’n Koning wat net ver in die hemel woon nie; Hy is ’n Koning wat voor sy volk uittrek (Miga 2:13) en by hulle is (Sef 3:15). Hy is ’n Koning wat lof en eerwaardig is, maar ook Een vir wie enigiets gevra mag word (Ps 5:3; 10:16–18; 44:5; Brueggemann
God as groot en kragtige Koning is ook die Alwyse (Jer 10:6–7).
Die ‘God is Koning’-metafoor vergelyk nie net vir God met die Israelitiese konings nie. Wanneer hierdie metafoor gebruik word, wys dit op die onvergelyklikheid van God. Hy kan nie met enige ander god of koning vergelyk word nie. Talle uitdrukkings word gebruik om dit uit te beeld: ‘Koning vir ewig’ (Ps 29:10); ‘Koning vir altyd en ewig’ (Ps 10:16); ‘Koning bo al die gode’ (Ps 95:3); ‘Koning van die nasies’ (Jer 10:7); ‘ewige Koning’ (Jer 10:10); ‘Koning oor die hele aarde’ (Ps 47:3); ‘groot Koning’ (Mal 1:14); ‘roemryke Koning’ (Ps 24:7–10)
God as Koning regeer oor almal en word deur almal vereer: sy uitverkore volk Israel; die heidense waarsêer, Bileam (Num 23:21); koning Nebukadneser van Babilon (Dan 4:34 [37]); al die nasies wat optrek na Jerusalem (Sag 14:16–17); en selfs die serafs (Jes 6:1–5).
Die metafoor word nie elke keer op dieselfde manier gebruik nie. Die spesifieke historiese konteks speel ook ’n rol. Daar was ’n ernstige krisis toe die Jerusalemtempel van God die Koning in 586/587 v.C. verwoes is, en die stad en land hulle aardse koning verloor het. Onder die invloed van die Deuteronomiese teologie is hierdie verlies gesien as ’n mislukking van die konings van Israel en Juda en nie die mislukking van God as Koning nie. Die Goddelike vergifnis het die geopende deur vir ’n herlewing van die konsep van Goddelike koningskap in die na-eksiliese tyd. Dit was ’n tyd van politieke afhanklikheid van die Persiese Ryk, maar ook ’n tyd van godsdienstige onafhanklikheid (Spieckermann
Kan ’n mens sê dat die konsep ontwikkel het? Volgens Spieckermann (
Na aanleiding van die kort oorsig blyk dit nie asof daar ’n wesenlike verskil is tussen die teologiese insigte in die ‘koninkryk van God’-gedeeltes teenoor die gedeeltes waar die ‘God is Koning’-metafoor voorkom nie. God as Koning openbaar dieselfde eienskappe in sy koninkryk op aarde en in die hele kosmos. Die grootste verskil is dat die ‘God is Koning’-gedeeltes meer verspreid in die Ou Testament en sy historiese tydvakke voorkom met ’n konsentrasie in die Psalms. Die ‘koninkryk van God’-verse kom meestal in na-eksiliese gedeeltes voor. In die verspreiding van teksgedeeltes is daar by albei groepe ’n opvallende afwesigheid in die wysheidsliteratuur.
Daar is wel enkele beklemtonings wat nie in die ‘koninkryk gedeeltes’ voorkom nie. Een verskil is die gebruik van die Godsnaam,
Daar is sommige geleerdes wat die konsep ‘koninkryk van God’ as die sentrale konsep in die Ou sowel as Nuwe Testament beskou (Bright, Merril, Vasholtz; Barrick, e.a.). ’n Mens kan nie met vrymoedigheid verklaar dat ‘koninkryk van God’ die sentrale konsep in die Ou Testament is nie. Daar moet wel erken word dat die ‘God is Koning’-konsep die oorheersende verhoudingsmetafoor oor God in die Ou Testament is (Brettler
In die verlede is daar min aandag aan die Ou-Testamentiese teksgedeeltes verleen waar die Hebreeuse en Aramese terme vir ‘koninkryk’ aangetref word (
Die Nuwe-Testamentiese verstaan van die konsep ‘koninkryk van God’ kan nie los van die Ou Testament beskou word nie. Daar kan aangeneem word dat Jesus sy boodskap oor die ‘koninkryk van God/hemele’ nie in ’n teologiese lugleegte verkondig het nie. Sy volgelinge was waarskynlik bewus van dit wat die Ou Testament oor God se koninkryk getuig.
Die outeur verklaar dat hy geen finansiële of persoonlike verbintenis het met enige party wat hom nadelig kon beïnvloed in die skryf van hierdie artikel nie.
D.F.O. was die enigste outeur betrokke by die skryf van die artikel.
Hierdie artikel volg alle etiese standaarde vir navorsing sonder direkte kontak met mens of dier.
Hierdie navorsing het geen spesifieke toekenning ontvang van enige befondsingsagentskap in die openbare, kommersiële of nie-winsgewende sektore.
Datadeling is nie van toepassing op hierdie artikel nie, aangesien geen nuwe data in hierdie studie geskep of ontleed is nie.
Die sienings en menings wat in hierdie artikel uitgedruk word, is dié van die outeur en weerspieël nie noodwendig die amptelike beleid of posisie van enige geaffilieerde agentskap van die outeur nie.
Die skrywer kon geen Afrikaanse artikel in vakwetenskaplike tydskrifte van die afgelope 30 jaar opspoor wat ’n oorsig bied oor die koninkryk van God in die Ou Testament nie. Weens hierdie rede word die artikel in Afrikaans geskryf. Daar is wel drie artikels van Prinsloo (
Moontlike sinonieme vir die woord
Die skrywer was die afgelope 30 jaar by talle kerklike vergaderings, kursusse, konferensies en die Vennootskap van Gestuurde Gemeentes (VGG) betrokke. In die gesprekke oor die missionale of missionêre rol van die kerk is daar telkens na die koninkryk van God en die verhouding tussen kerk en koninkryk verwys.
Genesis 1–11, die patriargale tydperk, die Mosaïese tydperk, die intog, Rigters/Rut, Davidies-Salomoniese tydperk, Neo-Assiriese tydperk, Neo-Babiloniese tydperk, Neo-Persiese tydperk.
In Vriezen (
In Merril se publikasie oor die geskiedenis van Israel,
Die titel van Bright (
Sien die volledige lys van teksgedeeltes by die bespreking van ‘God as Koning in die Ou Testament’.
Die Hebreeuse naam
Die verwysing van die Hebreeuse Bybel (BHS) word eerste geplaas en die Afrikaanse vertalings tussen hakies.
Die woord
Daar word uit verskillende Afrikaanse Bybelvertalings aangehaal. Die spesifieke vertaling sal telkens vermeld word. In die ander afdelings van die artikel word (bv. korter frases) meestal uit die 2020-AV aangehaal.
Die Godsnaam
Volgens Merril (
Die Tetragrammaton
Daar is wel klein verskille in die spesifieke bewoording van die volgende opskrifte: Psalm 22 (’n Psalm. Van Dawid); Psalm 103 (Van Dawid); Psalm 145 (’n Loflied. Van Dawid).
Dit is moeilik om die Psalm te dateer, omdat dit waarskynlik ’n lang ontstaansgeskiedenis gehad het. Vers 29 behoort tot ’n gedeelte wat waarskynlik later ontstaan het – in die tyd van die Ballingskap en daarna (Wood
Die teenwoordigheid van Aramaïsmes en die weerspieëling van Jesaja 40:6–8 in verse 15 en 16 lei daartoe dat die meeste kommentatore die Psalm laat dateer (vgl. Allen
Belsasar het ongeveer in 549-539 v.C. geleef.
Verskillende Afrikaanse vertalings word aangebied vir die Aramese woorde
Judas Makkabeus, die Joodse bevryder; engel figuur soos Migael of Gabriël; kollektiewe figuur wat die ‘heiliges van die Allerhoogste’ verteenwoordig; die Messias wat deur die Jode verwag word; Jesus Christus wat telkens in die Nuwe Testament na Homself as die ‘Seun van die Mens’ verwys (vgl. Matt 24:30; 26:24; Mark 13:26, e.a.; vgl. ook Lucas
LeCureux (
By Amos en die ander vroeëre profete word die dag van die Here as ’n dag van straf en vergelding vir Israel beskryf. In die boek Obadja word dit as ’n dag van oordeel oor Edom,’n vreemde volk, beskryf (vv. 15-21).
Die 2020-AV gebruik in die meeste gevalle nié die term
Ladd (
Die Godsnaam
Vriezen (
Buber (
Numeri 23:21; Deuteronomium 33:5; 1 Samuel 12:12; Psalm 5:3; 10:16; 24:7-10; 29:10; 44:5; 47:3; 7-8; 48:3; 68:25; 74:12; 84:4; 95:3; 98:6; 99:4; 145:1; 149:2; Jesaja 6:5; 33:17, 22; 41:21; 43:15; 44:6; Jeremia 8:19; 10:7, 10; 46:18; 48:15; 51:57; Daniël 4:37; Miga 2:13; Sefanja 3:15; Sagaria 14:9, 16, 17; Maleagi 1:14.
Eksodus 15:18; 1 Samuel 8:7; 1 Kronieke 16:31; Psalm 47:9; 93:1; 96:10. 97:1; 99:1; 146:10; Jesaja 24:23; 52:7; Esegiël 20:33; Miga 20:33.
Vergelyk Levitikus, Josua, Rigters, Rut, 2 Samuel, 1 Kronieke, Esra, Nehemia, Ester, Klaagliedere, Hosea, Joël, Amos, Obadja, Jona, Miga, Nahum, Habakuk en Haggai.
Sion word as die tempel in Jerusalem gesien (Ps 24:7–10), maar ook as die stad Jerusalem (Ps 48:3).
In Psalm 47 word verskillende Godsname gebruik om God se koningskap te besing:
Vergelyk die bespreking van Prinsloo (
Volgens Jeremias (
Die Hebreeuse woorde
’n Mens kan nie sê dat hierdie Godsnaam afwesig is in die latere literatuur nie. Daar is byvoorbeeld ’n groot aantal verwysings na
Wenham (