<?xml version="1.0" encoding="UTF-8"?>
<!DOCTYPE article PUBLIC "-//NLM//DTD JATS (Z39.96) Journal Publishing DTD v1.1d1 20130915//EN" "http://jats.nlm.nih.gov/publishing/1.1d1/JATS-journalpublishing1.dtd">
<article xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xmlns:mml="http://www.w3.org/1998/Math/MathML" article-type="research-article" xml:lang="af">
<front>
<journal-meta>
<journal-id journal-id-type="publisher-id">IDS</journal-id>
<journal-title-group>
<journal-title>In die Skriflig / In Luce Verbi</journal-title>
</journal-title-group>
<issn pub-type="ppub">1018-6441</issn>
<issn pub-type="epub">2305-0853</issn>
<publisher>
<publisher-name>AOSIS</publisher-name>
</publisher>
</journal-meta>
<article-meta>
<article-id pub-id-type="publisher-id">IDS-57-2988</article-id>
<article-id pub-id-type="doi">10.4102/ids.v57i1.2988</article-id>
<article-categories>
<subj-group subj-group-type="heading">
<subject>Original Research</subject>
</subj-group>
</article-categories>
<title-group>
<article-title>NG Kerkorde 1998: Die Nederduitse Gereformeerde Kerk eenstemmig oor Skrif en Belydenis?</article-title>
</title-group>
<contrib-group>
<contrib contrib-type="author" corresp="yes">
<contrib-id contrib-id-type="orcid">https://orcid.org/0000-0002-5324-8363</contrib-id>
<name>
<surname>Strauss</surname>
<given-names>Piet</given-names>
</name>
<xref ref-type="aff" rid="AF0001">1</xref>
</contrib>
<aff id="AF0001"><label>1</label>Department of Historical and Constructive Theology, Faculty of Theology, University of the Free State, Bloemfontein, South Africa</aff>
</contrib-group>
<author-notes>
<corresp id="cor1"><bold>Corresponding author:</bold> Piet Strauss, <email xlink:href="straussp@ufs.ac.za">straussp@ufs.ac.za</email></corresp>
</author-notes>
<pub-date pub-type="epub"><day>27</day><month>11</month><year>2023</year></pub-date>
<pub-date pub-type="collection"><year>2023</year></pub-date>
<volume>57</volume>
<issue>1</issue>
<elocation-id>2988</elocation-id>
<history>
<date date-type="received"><day>30</day><month>05</month><year>2023</year></date>
<date date-type="accepted"><day>18</day><month>08</month><year>2023</year></date>
</history>
<permissions>
<copyright-statement>&#x00A9; 2023. The Authors</copyright-statement>
<copyright-year>2023</copyright-year>
<license license-type="open-access" xlink:href="https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/">
<license-p>Licensee: AOSIS. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.</license-p>
</license>
</permissions>
<abstract>
<p><bold>The church order of the Dutch Reformed Church of 1998: An expression of unity on the status of Scripture and Confessions?</bold> The Dutch Reformed Church claims to be a modern church in the Dutch Reformed tradition as seen in the historical line from the National Synod of Dordt of 1618&#x2013;1619 to Dutch orientated reformed churches of today. In its church order accepted by the first General Synod of 1962, it accepted two articles namely article 1 and 2 which state that the Scriptures are the norm of the norms for this church and that the confessions used in this church&#x2019;s historical line are a norm based on Scripture and regarded as the secondary norm. Meanwhile the General Synod took some decisions on the status and place of both the Scriptures and confessions in the Dutch Reformed Church while church order article 1 and 2 remained the same. This article investigates whether these viewpoints are in line with one another. Are the church order and decisions of the General Synod on the same page? It is clear that the General Synod through its church order and its statements supports itself. Through the church order and decisions of this assembly it sees Scripture as a book that points out God&#x2019;s salvation of man and society with the authority of the Holy Spirit. The confessions concentrate on the Triune God and salvation and accept God as the King of life. It seems as if a core of thought on the issue carries the main arguments in these matters.</p>
<sec id="st1">
<title>Contribution</title>
<p>In revising its church order the General Synod of the Dutch Reformed Church of 1998 visited the stance of the Scriptures and the confessions in this church anew. By giving a reformed view on Scripture and the confessions and an evaluation as to whether this church order is in accordance with reformed principles and other decisions of the Synod on the same issues, this article assists and stimulates the debate and stance in this church.</p>
</sec>
</abstract>
<kwd-group>
<kwd>Kerkorde meer gesag as ander besluite</kwd>
<kwd>NG Kerkorde 1998 oor Skrif</kwd>
<kwd>belydenis</kwd>
<kwd>Woord</kwd>
<kwd>belydenis bepaal kerk</kwd>
<kwd>Woord hoogste norm</kwd>
<kwd>Belydenis naas Woord norm</kwd>
<kwd>Algemene Sinode NG Kerk konsensus</kwd>
</kwd-group>
</article-meta>
</front>
<body>
<sec id="s0001">
<title>Inleidend</title>
<p>Die Kerkorde van 1998 van die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGKO-1998), histories-prinsipie&#x00EB;l &#x2019;n gereformeerde kerk in die Dordtse tradisie, begin artikel 1 met &#x2019;n stelling wat &#x2019;n nie-onderhandelbare belydenis verwoord, &#x2018;Die Nederduitse Gereformeerde Kerk staan gegrond op die Bybel as die heilige en onfeilbare Woord van God&#x2019; (Vorster <xref ref-type="bibr" rid="CIT0027">1960</xref>:13<xref ref-type="fn" rid="FN0001"><sup>1</sup></xref>).</p>
<p>Waarom NGKO-1998 hier uitgesonder word, is omdat dit &#x2019;n grondige hersiening van NGKO-1962 en sy opvolgers is, waarin die bepalings oor kerklike ampte, kerkvergaderings, die arbeid van die kerk, kerklike opsig en tug en betrekkinge van die kerk na buite in die doodsnikke van die twintigste eeu opnuut geweeg is. Die enigste hoofstuk wat ongewysig uit hierdie hersiening kom, is hoofstuk een oor die belydenis en orde van die Ned Geref Kerk (NGKO-1964:1 [artikel 1 en artikel 2]; cf. NGKO-1998:1 [artikel 1 en artikel 2]). NGKO-1998 word dus &#x2019;n hersiene kerkorde waarmee die Ned Geref Kerk die een-en-twintigste eeu tegemoet gaan &#x2013; &#x2019;n kerkorde waarin Artikel 1 oor Skrif en belydenis ongewysig gehandhaaf is (cf. NGKO-1964:1&#x2013;16<xref ref-type="fn" rid="FN0002"><sup>2</sup></xref>, <xref ref-type="bibr" rid="CIT0017">1998</xref>:1, <xref ref-type="bibr" rid="CIT0018">2013</xref>:1, <xref ref-type="bibr" rid="CIT0018">2017</xref>:1).</p>
<p>Oor hierdie saak het sy Algemene Sinode as die breedste vergadering van sy gemeentes gesamentlik besluit dat slegs kerklik-erkende vertalings van die Bybel in Afrikaans die status van &#x2019;n amptelike vertaling in die Ned Geref Kerk sal h&#x00EA; (NGKO-1964:9, <xref ref-type="bibr" rid="CIT0017">1998</xref>:15 [artikel 43.1.2]). So bevat die Nuwe Afrikaanse Vertaling van 1983 (NAV) &#x2019;n voorafwoord waarin die vertalers wens dat die NAV mag dien om &#x2018;die (kerklik-erkende) Woord van God in te dra in die hart en lewe van almal wat Afrikaans praat&#x2019; (NAV <xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">2007</xref>:iii). Hierteenoor s&#x00EA; die Suid-Afrikaanse Bybelgenootskap as die drukker van die Bybel in &#x2019;n verantwoording by die 2020- of Direkte Vertaling, dat hierdie vertaling op 02 Mei 2019 deur sy begeleidings- of beleidskomitee &#x2018;finaal goedgekeur&#x2019; en aan die Bybelgenootskap vir publikasie oorhandig is. Hierdie vertaling het teen 2020 dus &#x2019;n relatief gesagvolle pad ten opsigte van Bybelvertalings geloop, maar nog nie die volle pad van &#x2019;n amptelike vertaling vir die Ned Geref Kerk nie (Die Bybel 2020-vertaling verantwoording:325).</p>
<p>Die bewoording van NGKO-1998 artikel 1 kom ongewysig vanaf die eerste NGKO artikel 1 in 1962 (NGKO <xref ref-type="bibr" rid="CIT0014">1964</xref>:2 [artikel 1]) soos aanvaar deur die eerste Algemene Sinode van die Ned Geref Kerk in Oktober 1962 in Kaapstad (NGK <xref ref-type="bibr" rid="CIT0016">1962</xref>:225&#x2013;232). Die feit dat NGKO-1962 artikel 1 sedertdien vir meer as sestig jaar (in 2023) ongewysig gehandhaaf word, onderstreep die waarde van hierdie formulering vir die Ned Geref Kerk (NGKO-2019:1).</p>
<p>NGKO-1998 artikel 1 loop nog verder in die spore van NGKO-1962. In die gevleuelde kerklike woorde van die Dordts-gereformeerde kerklike tradisie, s&#x00EA; artikel 1 dat &#x2018;die leer wat die Kerk in ooreenstemming met die Woord van God bely&#x2019;, uitgedruk staan in die Drie Formuliere van Eenheid soos &#x2018;vasgestel&#x2019; op die Sinode van Dordrecht in 1618&#x2013;1619 (cf. die NG Kerk-Uitgewers <xref ref-type="bibr" rid="CIT0020">1982</xref>:9&#x2013;122): die sewe en dertig artikels van die Nederlandse Geloofsbelydenis (NGB), die Heidelbergse Kategismus (HK) en die vyf Dordtse Leerre&#x00EB;ls (DL). Twee waarnemings maak hierdie formulering van NGKO-1998:1 artikel 1 (soos oorspronklik vervat in NGKO-1964:2 [artikel 1]) opvallend.</p>
<p>In die eerste plek ontbreek die drie algemene of ekumeniese belydenisse van die Ned Geref Kerk, naamlik die Apostolicum, die Belydenis van Nicea en die van Athanasius. Die aanvaarding van hierdie drie in die Ned Geref Kerk spruit egter uit sy aanvaarding van die NGB. Volgens NGB artikel 9 aanvaar &#x2018;ons &#x2026; graag die drie belydenisse&#x2019; naamlik die Apostolicum of Twaalf artikels, Nicea en Athanasius (Jonker <xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">1994</xref>:18, 19). NGKO-1962 het die drie ekumeniese belydenisse nie oorgesien nie, maar ken die NGB van binne as &#x2019;n stuk waarin hierdie drie reeds bely &#x00E9;n gehandhaaf word. &#x2018;n Belydenis wat gerelativeer sou word en aan gesag sou inboet as dit byna kerkordelik onge&#x00EA;rg &#x2013; die kerkorde het minder gesag as kerklike belydenisse (NGKO-1998:15&#x2013;16 [artikel 44]) &#x2013; herhaal sou word.</p>
<p>In die tweede plek staan die aanvaarde belydenisse of leer van die Ned Geref Kerk &#x2018;uitgedruk in&#x2019; die Drie Formuliere van Eenheid. &#x2019;n Fyn raakvat van hierdie bewoording dra die boodskap dat die Drie Formuliere soos dit letterlik in Ned Geref Kerk-literatuur staan, nie noodwendig die leer is wat die kerk bely nie, maar dat dit wat die Ned Geref Kerk as geloof bely in die Drie Formuliere uitgedruk of verwoord word. Dit gaan nie oor &#x2019;n letter-vir-letter of letterknegtelike aanvaarding van die teks nie, maar &#x2019;n gesagvolle verwoording van die gereformeerde geloof. Hierdie belydenisse wil dit met die gesag van die Heilige Skrif s&#x00EA; as hulle, volgens NGKO-1998 artikel 1, die gereformeerde geloof bely. Dit gaan om die Skriftuurlike gesag van so &#x2019;n belydenisskrif wat na sy wese die Christelike geloof geloofsmatig of as &#x2019;n stuk geloofsleer bely (NGK <xref ref-type="bibr" rid="CIT0017">1998</xref>:414&#x2013;415; Polman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0021">s.a.</xref>:87). NGKO-1964 en NGKO-1998 loop dus in die spore van die ondertekeningsformulier van die Sinode van Dordrecht in 1619 met sy &#x2018;begrepen in&#x2019; (Donner &#x0026; Van den Hoorn <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">s.a.</xref>:325). Die Nederlandse &#x2018;begrepen in&#x2019; en die Afrikaanse &#x2018;uitgedruk in&#x2019;, s&#x00EA; immers dieselfde. Wat meer is, NGKO-1998 artikel 1 sluit hiermee aan by die Nederlands-gereformeerde of Dordtse lyn oor die saak. &#x2019;n Saak waarby die Christian Reformed Church in North America as &#x2019;n suster- of dieselfde soort gereformeerde kerk in 1976 inval met hulle standpunt dat hulle deur die aanvaarding van genoemde belydenisse hulle instemming betuig met die &#x2018;doctrines which are confessed&#x2019;. Daarmee kies hulle nie noodwendig vir al die verwysings, sinspelings en opmerkings wat toevallig of &#x2018;incidental&#x2019; in hierdie formulering voorkom nie (Engelhardt &#x0026; Hofman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">2001</xref>:50&#x2013;51; NGK <xref ref-type="bibr" rid="CIT0017">1998</xref>: 414&#x2013;415; Strauss <xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">2006</xref>:663&#x2013;665).</p>
<p>Teen hierdie agtergrond ondersoek hierdie navorsingsartikel die volgende probleem: kom dit wat NGKO-1998 in artikel 1 oor Skrif en belydenis bepaal ooreen met die besluite van Algemene Sinodes oor dieselfde sake? Praat die breedste vergadering van die Ned Geref Kerk rondom 2000 en sy Kerkorde wat reeds in 1962 aanvaar maar in 1998 &#x2013; rondom 2000 &#x2013; opnuut bevestig is, dieselfde taal oor Skrif en belydenis? Temas uit die acta van die Algemene Sinode wat hieroor die aandag trek is die Algemene Sinode van 1986, 2002 en 2004 oor die aard, gesag en gerigtheid van die Bybel en die Algemene Sinode van 1998 oor die aard, gesag en gerigtheid van die belydenisskrifte van die Ned Geref Kerk (NGK <xref ref-type="bibr" rid="CIT0016">2002</xref>:622, <xref ref-type="bibr" rid="CIT0016">2004</xref>:130&#x2013;131, <xref ref-type="bibr" rid="CIT0017">1998</xref>:517, 520). Die studiestuk deur sy Kommissie vir Leer en Aktuele Sake aan die Algemene Sinode van 1986 gee egter geen aanduiding dat NGKO-1964 en NGKO-1986 deur die Kommisssie as die stabiele kerkordelike standpunt van die Ned Geref Kerk of as bronstandpunt ook geweeg is nie. Leer en Aktueel was skynbaar ook nie vooraf in gesprek met die kerkordemannne van die Algemene Sinode nie. Hulle verslag kom dus nie as &#x2019;n gedeelde verslag nie. Hoewel die Algemene Sinode van 1986 op sake wat in NGKO-1986 voorkom, ingaan, word die kerkorde nie bygetrek nie (NGK <xref ref-type="bibr" rid="CIT0016">1986</xref>:592&#x2013;594; NGKO <xref ref-type="bibr" rid="CIT0015">1986</xref>:1). Dit is vreemd omdat die kerkorde vir sy bepalings &#x2019;n tweerderde meerderheid van die Algemene Sinode vereis &#x2013; dit dra dus meer gewig &#x2013; terwyl &#x2019;n gewone besluit van die Algemene Sinode oor Skrifgesag slegs &#x2019;n gewone meerderheid vra. As die Kommissie vir Leer en Aktuele Sake in 1998 geen aandag aan NGKO-1998 artikel 1 en 2 gee nie, hoe ernstig neem die Algemene Sinode sy eie kerkorde op? Was die Algemene Sinode van 1998 huiwerig om NGKO-1994 artikel 1 en 2 op te neem in sy weergawe van Skrifgesag en Skrifgebruik?</p>
</sec>
<sec id="s0002">
<title>NGKO-1998: Woord en belydenis bepalend</title>
<p>Wat opvallend is, is dat NGKO-1998 artikel 1 en 2 die Ned Geref Kerk in sy leer en kerkwees grond op die Bybel. Hierdie &#x2018;alleen die Skrif&#x2019; of <italic>sola scriptura-</italic>benadering impliseer dat die Bybel as Woord van God vir die kerklike lewe in sy geheel &#x00E9;n daarom ook die kerklike orde bepalend is. Die Bybel moet die eerste en die laaste s&#x00EA; h&#x00EA; oor die leer &#x2018;wat die Kerk in ooreenstemming met die Woord van God bely&#x2019; &#x00E9;n oor die orde van die kerk waar <italic>alles</italic> &#x2018;welvoeglik en ordelik&#x2019; moet verloop. Die geloofstaak van die kerk as geheel moet deur NGKO-1998 verwoord word &#x2018;ooreenkomstig die Heilige Skrif en die belydenis&#x2019;: deur die ampte, kerkvergaderinge, ander kerklike werksaamhede, regering en tug &#x00E9;n betrekkinge van die kerk na buite (NGKO-1998:1 [artikel 1 en 2]; cf. Dordtse Kerkorde 1619 by Pont <xref ref-type="bibr" rid="CIT0022">1981</xref>:176&#x2013;186 en NGKO-1964:2&#x2013;16).</p>
<p>As die Ned Geref Kerk as kerk volgens NGKO-1998 in alles op die &#x2018;heilige en onfeilbare Woord van God&#x2019; gegrond moet wees, beteken dit dat hierdie Woord oor elke faset van kerkwees insette lewer en ook so verstaan moet word. Dit beteken dat enige kerklike saak &#x2013; besluit of optrede &#x2013; met kerklike of Skrifgesag beheers moet word (Jonker <xref ref-type="bibr" rid="CIT0011">1965</xref>:12). Enige buite-Bybelse of buite-kerklike element wat die kerk gebruik of inwerk, moet met die Skrif en die geloofsaard van die kerk versoenbaar wees om kerklik in diens geneem te kan word<xref ref-type="fn" rid="FN0003"><sup>3</sup></xref> (Fowler <xref ref-type="bibr" rid="CIT0009">1988</xref>:10). Omdat &#x2019;n kerkorde in hierdie totale werklikheid opereer waarin alles met alles saamhang (Strauss <xref ref-type="bibr" rid="CIT0026">2018</xref>:10), is buite-kerklike elemente in kerkregering en -inrigting onvermydelik: soos meesterbouers van &#x2019;n kerkgebou met &#x2019;n geloofsoogmerk; &#x2019;n rekenmeester wat die gemeente se finansi&#x00EB;le state vir &#x2019;n subsidie vir sendingwerk byhou; en &#x2019;n argitek wat &#x2019;n pastorie ontwerp as &#x2019;n geestelike saamtrekpunt vir die lidmate van &#x2019;n stadsgemeente (Strauss <xref ref-type="bibr" rid="CIT0024">2010</xref>:2).</p>
<p>Ten diepste moet Skrif en belydenis en niks anders nie, bepalend wees vir die roeping, orde en uitlewing van die roeping van die kerk as Christengelowiges. Die HK bely in antwoord 54 dat Christus sy kerk deur sy Woord en Gees in die <italic>eenheid van die ware geloof</italic> vergader, beskerm en onderhou. Die eenheid van die kerk spruit uit die belyde geloofseenheid in Christus van lidmate.<xref ref-type="fn" rid="FN0004"><sup>4</sup></xref> Die kerk vorm uit die Christelike geloof as &#x2019;n Skriftuurlike en pneumatologiese greep (van die Gees) op die hart van die gelowiges (NG Kerk-Uitgewers <xref ref-type="bibr" rid="CIT0020">1982</xref>:53). NGB artikel 28 sluit hierby aan met die oortuiging dat almal verplig is om die &#x2018;eenheid van die kerk te bewaar deur hulle aan die leer en tug van Christus te onderwerp&#x2019; (NG Kerk-Uitgewers <xref ref-type="bibr" rid="CIT0020">1982</xref>:28&#x2013;29). Dit gaan om &#x2019;n eenheid in die waarheid soos deur God in sy Woord geopenbaar &#x2013; &#x2019;n eenheid in belydenis omdat die Gees die kerk of die gelowiges met dieselfde waarheid in die hart gegryp het. In die woorde van J.A. Heyns: Die kerk het nie &#x2019;n belydenis nie, maar die belydenis het die kerk&#x2019;. Daarom moet die kerk nie net &#x2019;n historiese belydeniskerk wees nie, maar ook &#x2019;n eietydse belydende kerk. &#x2019;n Kerk wat voortdurend bely omdat bely &#x2019;n saak van lewendgemaakte &#x2013; deur Woord en Gees &#x2013; geestelike harte is (Heyns <xref ref-type="bibr" rid="CIT0010">1977</xref>:158&#x2013;159).</p>
<p>&#x2019;n Woordgetroue kerklike belydenisgemeenskap vorm &#x2019;n geloofseenheid rondom die kernwaarhede van die Christelike geloof (Durand <xref ref-type="bibr" rid="CIT0007">1984</xref>:45; Heyns <xref ref-type="bibr" rid="CIT0010">1977</xref>:156) en nie noodwendig &#x2019;n konsensus of eendersheid in alle kerk- of geloofsake nie. As &#x2019;n gedetaillleerde eendersheid &#x2019;n vereiste vir kerkeenheid was, was dit die einde van alle reformasie in die kerk. Want dan sou selfs onbenullige verskille of &#x2019;n bevraagtekening van minder ernstige gedrag kerkeenheid kon strem. Meer nog, dan het kerklike verdelings op periferiese sake geloop met geringe sake wat die eenheid van die gelowiges oor kernsake &#x2013; dit wat kerklik saakmaak &#x2013; belemmer en &#x2019;n sektariese gees versprei. Jonker (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">1994</xref>:6, 19, 49) wys daarop dat die sestiende eeuse Reformasie met Rome gebots het oor die verlossingsleer en dat die Reformatore teologies- en belydenisgewys buite die Rooms Katolieke Kerk (RKK) om opnuut aansluiting gesoek het by die vroe&#x00EB; kerk met sy belydenis van God-drie&#x00EB;nig en die essensie van die Christelike geloof. Die Reformasie met sy kritiek op die RKK wou die algemene, ongetwyfelde Christelike geloof met sy reddingsboodskap duidelik blootl&#x00EA;. Volgens Jonker is die verskynsel van belydenisskrifte in hierdie tyd uit die praktyk gebore om die vervalle kerklike lewe opnuut te orden rondom die diens en tug van die Woord. Op die Dordtse Sinode van 1618&#x2013;1619 was daar &#x2019;n versoek dat die Drie Formuliere van Eenheid geweeg word ten opsigte van hulle formulering van die essensi&#x00EB;le inhoud van die Christelike geloof en omdat hierdie vergadering se aanvaarding van die Drie Formuliere juis rondom hulle <italic>dogmata</italic> of <italic>essentia doctrinae</italic> draai (Kuyper <xref ref-type="bibr" rid="CIT0013">s.a.</xref>:325). In sy duidelike geskrewe ori&#x00EB;ntasie op die Dordtse kerkordelike tradisie en die Christelike geloof &#x2018;uitgedruk&#x2019; in die Drie Formuliere van Eenheid in die geloof (Strauss <xref ref-type="bibr" rid="CIT0024">2010</xref>:7&#x2013;13; Vorster <xref ref-type="bibr" rid="CIT0027">1960</xref>:13, 14), het NGKO-1998 artikel 1 ge&#x00EF;dentifiseer met die <italic>essentia doctrinae</italic> van die Drie Formuliere: met die Dordtse tradisie van die <italic>essentiae doctrinae</italic> soos &#x2018;begrepen in&#x2019; hierdie formuliere.</p>
</sec>
<sec id="s0003">
<title>NGKO-1998: Woord <italic>norma normans</italic></title>
<p>Daar is verwys na NGKO-1998 artikel 1 se &#x2018;<italic>sola scriptura</italic>&#x2019; of die-Skrif-alleen (as di&#x00E9; <italic>norma normans</italic>) benadering. Sonder &#x2019;n omhaal van woorde noem NGKO-1998 artikel 1 die Bybel &#x2018;die heilige en onfeilbare Woord van God&#x2019; &#x2013; die Woord waarop die Ned Geref Kerk &#x2018;gegrond&#x2019; staan. Die Bybel moet volgens NGKO-1998 artikel 1 bepalend vir die geloofsleer van die kerk wees omdat, soos alle ander verskynsels in die kerk, die leer met sy geestelike aard met die Skrif moet ooreenstem. Die Woord en Gees van God bewerk die Christelike geloof as &#x2019;n genadegeskenk in die lewe van die gelowiges en die Bybel eis dat <italic>alles</italic> in die kerk &#x2013; steeds volgens NGKO-1998 artikel 1 &#x2013; heilig (reg voor God) of deur die, in sigself, &#x2018;onfeilbare Woord van God&#x2019; bepaal moet wees. Die kerk is die kerk van Christus en moet en/of kan deur Sy Gees die kerk van die &#x2018;onfeilbare Woord&#x2019; wees. Daarby &#x2018;eis&#x2019; die Woord volgens artikel 1 dat alles in die kerk &#x2018;welvoeglik en ordelik&#x2019; of Woordgebaseer moet verloop. Die implikasie: as die kerk praat en doen moet dit Skriftuurlik wees. As die kerk wat uit die gelowiges bestaan (belydende lidmaatskap volg op &#x2019;n belydenis van geloof) sy <italic>geloofstaak</italic> uitvoer, moet hierdie geloofstaak Bybelsbegrond uitgevoer word. Die effek van die ware Christelike geloof as die taak van die kerk is Woordgebaseer en -bepaald &#x00E9;n spruit uit die werk van die Woord en Gees in die gelowiges.</p>
<p>Omdat die Woord soos ge&#x00EF;nspireer deur die Gees van God volgens NGKO-1998 artikel 1 &#x2018;onfeilbaar&#x2019; is, het God dit beskik dat sy Woord en Gees deur middel van mense die boodskap van die kerk uitdra. Om as kerk &#x2019;n effektiewe boodskapper van Christus te wees, moet die gelowiges die Woord gehoorsaam as die swaard van die Gees prim&#x00EA;r gerig op die geloof van mense in God, na binne en na buite (cf. Jonker se Christusgesag is Woordgesag, Jonker <xref ref-type="bibr" rid="CIT0011">1965</xref>:6).<xref ref-type="fn" rid="FN0005"><sup>5</sup></xref> NGKO-1998 artikel 1 en 2 s&#x00EA; nie alles oor die wese en werking van die &#x2018;onfeilbare Woord van God&#x2019; nie, maar bely dit as &#x2019;n objektiewe, geloofsgerigte grootheid uit die hand van God-drie&#x00EB;nig (vir die doel van die Johannes-evangelie kyk Joh 20:30, 31). &#x2019;n Saak wat vir sy geldigheid nie van menslike aanvaarding afhanklik is nie. Die Here God praat deur die Woord, maar roep die gelowiges om dit te hoor, te glo (Strauss <xref ref-type="bibr" rid="CIT0024">2010</xref>:81&#x2013;83) &#x00E9;n hulle gehoorsaam te laat lei deur die Gees van God. As die Here beskik is sy beskikking Woordgeori&#x00EB;nteerd en as die Heilige Gees lei, is sy leiding Woordgebaseer. Die Here sal nooit in stryd met Homself as die eerste Outeur van die Bybel as Gods Woord in mensetaal,<xref ref-type="fn" rid="FN0006"><sup>6</sup></xref> optree nie.</p>
<p>NGKO-1998 artikel 1 begrond die Ned Geref Kerk as &#x2019;n geloofs- of geestelike verband en NGKO-1998 as sy kerkorde, op die Bybel met sy onfeilbare geestelike en verlossingsboodskap. Die Bybel wat as geestelike handboek iets oor alles, maar nie alles oor alles s&#x00EA; nie (Strauss <xref ref-type="bibr" rid="CIT0024">2010</xref>:59&#x2013;60).</p>
</sec>
<sec id="s0004">
<title>NGKO-1998: kerklike belydenisse <italic>norma normata</italic></title>
<p>Daar is reeds getoon dat NGKO-1998 artikel 1 ten opsigte van die drie ekumeniese belydenisskrifte en die Drie Formuliere van Eenheid verklaar dat die leer van die Ned Geref Kerk, let wel, hierin <italic>uitgedruk</italic> word. Hiermee impliseer NGKO-1998 nie dat die hele gedrukte weergawe van die ekumeniese geskrifte en Drie Formuliere letter vir letter of in elke woord Skriftuurlik verantwoord of begrond is nie, maar dat die belydenis van geloof in God-drie&#x00EB;nig (vervat in die ekumeniese belydenisse in die eerste eeue na Christus) en sy verlossing (deur die Reformasie van van die sestiende eeu) in hierdie geskrifte &#x2018;ooreenstem&#x2019; met die Woord van God. NGKO-1998 artikel 1 wil dus nie s&#x00EA; dat elke letter of woord wat in hierdie geskrifte voorkom &#x2013; dit sou &#x2019;n meganiese inspirasie wees &#x2013; ooreenstem met die Woord van God nie. Dit wat die Ned Geref Kerk as sy geloof oor hierdie temas bely, word egter wel daarin &#x2018;uitgedruk&#x2019; ooreenkomstig die Bybel as &#x2019;n boek van geestelike lewe met &#x2019;n geloofsboodskap (Jonker <xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">1994</xref>:18&#x2013;19; NGKO-1998:1).</p>
<p>Na die aanvaarding van NGKO-1964 artikel 1 deur die eerste Algemene Sinode van die Ned Geref Kerk dat, naamlik, sy leer &#x2018;uitgedruk&#x2019; word in die Formuliere van Eenheid &#x2018;soos vasgestel op die Sinode van Dordrecht in 1618&#x2013;1619&#x2019; was daar nog nie weer &#x2019;n diepe ontleding en betekenisvolle standpuntstelling hieroor soos deur die Algemene Sinode van 1998 nie. Dat hierdie saak nie gereeld op die agenda van meerdere vergaderings in die Ned Geref Kerk voorkom nie, skep die indruk dat die belangrikheid hiervan in die Ned Geref Kerk onderspeel word. Dit bly egter &#x2019;n saak wat die Ned Geref Kerk as &#x2019;n <italic>Gereformeerde</italic> Kerk in sy hart raak en hoog l&#x00EA; op die agenda van aktuele sake in &#x2019;n gereformeerde kerk.</p>
<p>Die besluite van die Algemene Sinode van 1998 oor hoe die Ned Geref Kerk sy belydenisskrifte hanteer, is gereformeerd, modern en raak die ge&#x00EF;nspireerde kern van hierdie kerk se verstaan van homself voor God-drie&#x00EB;nig en in sy verhouding tot die w&#x00EA;reld. Gereformeerde belydenisse handel oor die kern van die gereformeerde geloof. Wat NGKO-1998 artikel 1 dus met sy leer wat &#x2018;uitgedruk&#x2019; staan, wil s&#x00EA; is dat die geformuleerde leer of belydenisse van die Ned Geref Kerk en die vorm waarin dit verskyn, nie noodwendig dieselfde is nie. Die gedrukte weergawes is nie noodwendig die erkende belydenisse self nie, maar dra die geformuleerde belydenisoortuigings waarin die Ned Geref Kerk sy geloof vind soos verduidelik met die Apostolicum, Nicea en Athanasius as ekumeniese belydenisse en die NGB, HK en DL uit die Reformasie. Die geestelike band van die Ned Geref Kerk met hierdie geskrifte is nie omdat daar iewers so besluit is of omdat dit uit &#x2019;n gewilde tradisie kom nie, maar omdat die Ned Geref Kerk as &#x2019;n belydende kerk &#x2018;n band van geloof daarmee het. Dit gaan om die belydenis van die gereformeerde geloofsoortuiging waarvan die Ned Geref Kerk amptelik &#x2019;n aktiewe draer is (Strauss <xref ref-type="bibr" rid="CIT0025">2013</xref>:50, 51). Die Algemene Sinode van 1998 het hierdie saak juis probeer verduidelik.</p>
<p>Die vraag wat hieruit ontstaan is of die besinning van die Algemene Sinode van die Ned Geref Kerk oor die Bybel en die status van sy geloofsbelydenisse met die bepalings daarvoor in NGKO-1998 artikel 1 en 2 mekaar ondersteun. Vir eers word NGKO-1998 artikel 1 en 2 met die standpunt van die Algemene Sinode van 1986, 2002 en 2004 oor Skrifgesag en Skrifgebruik vergelyk. Dan volg &#x2019;n vergelyking van die status van sy belydenisskrifte in die Ned Geref Kerk met NGKO-1998 artikel 1 &#x00E9;n die Algemene Sinode van 1998 hieroor. Die Algemene Sinode van 1998 se besluite oor die status van sy belydenisskrifte in die Ned Geref Kerk is in hierdie tyd deurslaggewend. As &#x2019;n kerkordelike bevestiging hiervan moet NGKO-1998 artikel 1 en 2 as &#x2019;n kanaal waardeur die Ned Geref Kerk sy kerkwees uitleef, hiermee versoenbaar wees (Strauss <xref ref-type="bibr" rid="CIT0025">2013</xref>:33, 39&#x2013;40, 50&#x2013;52).</p>
</sec>
<sec id="s0005">
<title>NGKO-1998: die Algemene Sinode rondom 2000 oor Skrifgesag en Skrifgebruik</title>
<p>In sy stuk oor Skrifgesag en -gebruik gee die Algemene Sinode van 1986 blyke van &#x2019;n gereformeerde houding te midde van moderne probleme. Vroeg in sy rapport wys hierdie vergadering dit af dat die Bybel as &#x2019;n handboek vir natuurwetenskap of die geskiedenis van die mens gebruik word. Volgens die sinode het die Bybel &#x2019;n &#x2018;bepaalde&#x2019; religieuse skopus of doel &#x2013; &#x2019;n mening wat latere Algemene Sinodes bevestig. Die gesag van die Bybel l&#x00EA; in sy boodskap of die geestelike gerigtheid van sy inhoud. Dit is &#x2018;om ons wys te maak tot saligheid, sodat die mens van God volkome kan wees, volmaak toegerus vir elke goeie werk&#x2019; (2 Tim 3:16).</p>
<p>Die Goddelike gesag van die Bybel l&#x00EA; nie in dit wat hy oor die geologiese geskiedenis van die aarde, plante soos die mostersaad en die verloop van die geskiedenis van die mens, s&#x00EA; nie. Sy gesag l&#x00EA; in sy doel of die boodskap wat hy oordra: dat die gelowiges deur God verlos word sodat hulle vir elke goeie werk &#x2013; as volle mense in die volheid van die skepping &#x2013; toegerus sal wees. Die Bybel s&#x00EA; iets oor alles, maar nie alles oor alles nie. Die Bybel gee &#x2018;bepaalde&#x2019; norme van toepassing op die hele lewe en besluite in die lewe kan in die &#x2018;lig van die Skrif&#x2019; geneem word. Gereformeerde geloof in die gesag, noodsaaklikheid, betroubaarheid, genoegsaamheid en duidelikheid van die Skrif moet in verband gebring word met die skopus van die Skrif. Die Skrif is onfeilbaar in sy boodskap van verlossing of saligheid in die Here en die doel wat God-Drie Enig daarmee het. Die Skrif as &#x2019;n geloofsboek is die enigste norm vir die belydenis van die kerk. Dis daarom dat &#x2019;n miskenning van die gereformeerde belydenis dikwels op &#x2019;n miskenning van die gesag van die Skrif neerkom (NGK <xref ref-type="bibr" rid="CIT0016">1986</xref>:592&#x2013;594).</p>
<p>Vergelyk met NGKO-1998 klop hierdie standpunt met artikel 1. Wat uitstaan is die lewensomvattende &#x2018;iets oor alles&#x2019; en &#x2018;elke goeie werk&#x2019; as &#x2018;n koninkryksgebonde waarheid soos gestel en hanteer deur die dokument &#x2018;Kerk en Samelewing-1986&#x2019; (KS-1986:8&#x2013;9) &#x2013; &#x2019;n stuk in dieselfde tyd. NGKO-1986, NGKO-1998 artikel 1 &#x00E9;n KS-1986 hanteer die Bybel in hierdie konteks as die enigste norm vir &#x2019;n kerklike belydenis. Daarby loop NGKO-1962 artikel 1 en die Algemene Sinode van 1986 oor Skrifgesag en -gebruik dieselfde kerklike pad en aanvullend tot mekaar. Hier is geestelike broers en susters vanuit dieselfde belydenis aan die werk, hoewel hulle nie vir &#x2019;n afspraak daaroor &#x2013; dit is &#x2019;n stukkie kerklike armoede &#x2013; bymekaar uitgekom het nie. Op die oog af het die Algemene Sinodes van 1986, 2002 en 2004 oor die aard en plek van die Skrif in die Ned Geref Kerk en NGKO-1998 artikel 1 aanvullend vanuit dieselfde oortuiging gewerk sonder dat hierdie sinodes hulle kerkorde &#x2013; skynbaar &#x2013; inhoudelik of amptelik geraadpleeg het.</p>
<p>Die Algemene Sinode van 1986 met sy omskrywing van die plek en status van die Bybel in die Ned Geref Kerk, is opnuut deur NGKO-1998 artikel 1 en 2 bevestig.</p>
<p>Die Kommissie vir Leer en Aktuele Sake ontvang van die Algemene Sinode van 1998 &#x2018;opnuut&#x2019; &#x2019;n opdrag om&#x2018; &#x2019;n duidelike standpunt oor die gesag van die Bybel as die Woord van God te formuleer&#x2019; (NGK <xref ref-type="bibr" rid="CIT0016">1998</xref>:465). Hulle verslag oor Skrifgesag en Skrifgebruik word deur die Algemene Sinode van 2002 sonder &#x2019;n teenstem aanvaar. Volgens eie getuienis is die standpunte van die kommissie vir Leer en Aktuele Sake oor Skrifgesag en -gebruik in 1986 en 2002 nie weersprekend nie, maar aanvullend tot mekaar (NGK <xref ref-type="bibr" rid="CIT0016">2002</xref>:201).</p>
<p>Hierdie stuk kerkgeskiedenis bevestig twee belangrike oortuigings in die Ned Geref Kerk in die negentien tagtigs oor Skrifgesag en Skrifgebruik.</p>
<p>Hoewel geklee in eietydse terme toon KS-1986 &#x2013; soos NGKO-1964 &#x2013; &#x2019;n affiniteit vir die gerigtheid van die Bybel op die lewensomvattende gehoorsaamheid van die gelowiges. Dit gaan hier oor die &#x2018;iets oor alles&#x2019; of &#x2018;elke goeie werk&#x2019; van die gelowiges as die bekeringsmikpunt van die Bybel in God se w&#x00EA;reld (KS-1986 impliseer ook Gods allesomvattende koninkryk, KS-1986:7, 8) &#x2013; &#x2019;n klimaat waarin NGKO-1964 artikel 1 en 2 vir hulle eie bewaring in veilige waters vaar. NGKO-1998 en KS-1986 ondersteun mekaar hierin. Hoewel KS-1986 n&#x00EA;rens na NGKO-1964 artikel 1 soos voortgesit by NGKO-1986 artikel 1 verwys nie, praat hulle dieselfde taal. Hierdie saampraat toon in die eerste plek dat die saak of standpunt in die Algemene Sinode &#x2019;n gemeenskaplike geestelike teelaarde vind. Indien tot stemming gebring, sou NGKO-1998 artikel 1 oor die Bybel, die belydenisskifte en die kerkorde met algemene stemme deur die Algemene Sinode aanvaar kon word.</p>
<p>Hoewel geen skriftelike bevestiging hiervoor nie, versterk hierdie verskynsel in die tweede plek die indruk dat NGKO-1962 artikel 1 ongewysig gebly het, nie omdat die Ned Geref Kerk nie genoeg aandag daaraan gegee of daarby verby geleef het nie, maar omdat dit in Ned Geref Kerk nie &#x2019;n omstrede saak was nie. Dit was &#x2019;n aanvaarde konsep. NGKO-1998 artikel 1 dra &#x2019;n aanvaarde kernbepaling van kerkwees wat nie kort-kort om hersiening vra nie.</p>
<p>In sy rapport oor Skrifgesag aan die Algemene Sinode van 2002 s&#x00EA; Leer en Aktuele Sake dat hierdie verslag nie die verslag van 1986 vervang nie, maar aanvul en verder verduidelik. &#x2019;n Saak wat op hierdie punt meer aandag nodig het, is volgens Leer en Aktuele Sake die menslike kant van die totstandkoming van die Bybel. Sommige stemme in die Ned Geref Kerk vrees dat &#x2019;n aksent op die menslike kant van die Bybel die gesag van die Skrif as Woord van God kan ondermyn (NGK <xref ref-type="bibr" rid="CIT0016">2002</xref>:201, 548, 622).</p>
<p>Volgens Leer en Aktuele Sake het die Bybelskrywers, soos ge&#x00EF;nspireer deur die Heilige Gees, in die proses nie opgehou om sondige mense te wees nie &#x2013; &#x2019;n faktor wat aandui dat God in sy genade Hom rig op sondige mense. Sogenaamde menslike &#x2018;foute&#x2019; in die Bybel wys op die sentrale boodskap waarvan Christus die Gekruisigde die kern is. Die Skrif is nie &#x2019;n natuurwetmatige of historiese handboek nie, maar aan ons gegee om die kennis by te bring &#x2018;wat tot verlossing lei deur die geloof in Jesus Christus&#x2019;. In hierdie opsig dra die Skrif Goddelike gesag (NGK <xref ref-type="bibr" rid="CIT0016">2002</xref>:202&#x2013;210).</p>
<p>Beide die Algemene Sinode van 1986 en 2002 beskou die Skrif as &#x2019;n geloofsboek met &#x2019;n geloofsboodskap wat hieroor met Goddelike gesag praat. Behalwe die bekendstelling van God-drie&#x00EB;nig en sy verlossing van die mens, gaan dit hier om die mens se redding en herstel in Christus. Dit is duidelik dat die verslag van 2002 die verslag van 1986 aanvul en verder toelig &#x00E9;n dat beide hulle tuisvoel in die gevestigde verstaan van NGKO-1962 &#x2013; later NGKO-1998 artikel 1. Die Algemene Sinode van 1998 sowel as NGKO-1998 artikel 1 oor Skrifgesag en -gebruik vul mekaar aan as die kern van oortuiging wat in die Algemene Sinode leef.</p>
</sec>
<sec id="s0006">
<title>Die Algemene Sinode van 1998 oor die kerklike status van sy belydenisskrifte</title>
<p>Daar is reeds verwys na die besluite van die Algemene Sinode van 1998 oor die wyse van aanvaarding van sy belydenisskrifte deur Ned Geref Kerk. Besluite wat moderne probleme beantwoord, maar juis vir &#x2019;n aanvaarbare <italic>quia-</italic> standpunt (<italic>omdat</italic> die belydenisskrifte as geformuleerde belydenisse met die Skrif ooreenstem) ruimte maak.</p>
<p>Vir die Algemene Sinode van 1998 moet die Ned Geref Kerk se erkende belydenisskrifte as &#x2019;n gesagvolle uitdrukking (cf. NGKO-1998:1) van die &#x2018;gereformeerde geloofsoortuiging&#x2019; aanvaar word &#x2018;omdat (<italic>quia</italic>) hulle hierin met die <italic>Woord van God ooreenstem</italic>&#x2019;. Hulle dra <italic>gesag</italic> in dit wat hulle <italic>volgens die Skrif as geloof bely</italic>. Dit beteken nie dat hulle dieselfde onfeilbare karakter as die Skrif het nie. Belydenisskrifte verwoord wat mense bely of antwoord op God se Woord en bly mensewerk. Belydenisskrifte bestaan uit menslike oortuigings in mensewoorde, selfs al gaan dit oor die lewende God. Besware teen die inhoud van hierdie geskrifte in gereformeerde kerke moet deur beswaarskrifte in aangewese kerkvergaderings loop. Totdat hulle deur kerkordelik-gemagtigde kerkvergaderings gewysig is, bly hulle soos wat hulle is. Kerklike of gereformeerd-kerklike belydenisskrifte bevat meer as die tydsgebonde akademiese menings van teolo&#x00EB;. Belydenisskrifte gaan oor die &#x2018;algemene ongetwyfelde Christelike geloof soos die kerk (of gelowiges) dit op grond van die Skrif bely&#x2019;. Gereformeerd beskou is geloofsbelydenisse nie kopsake nie, maar geloofs- of hartsake van die volle mens in die greep van die Heilige Gees. Belydenisse wat uit die hart kom of wat bely in plaas van net ges&#x00EA; word, gaan oor die kernsake van die geloof (NGK <xref ref-type="bibr" rid="CIT0016">1998</xref>:414&#x2013;415; NGKO-1998:9 [artikel 23]; Strauss <xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">2006</xref>:657).</p>
<p>Hoewel die stukke oor die besluit van die Algemene Sinode van die Ned Geref Kerk van 1998 oor die wyse waarop die Ned Geref Kerk die gereformeerde <italic>quia-</italic>standpunt aanvaar nie rapporteer dat hierdie Sinode NGKO-1998:1 artikel 1 en 2 vooraf geraadpleeg het of seker gemaak het dat die vergadering nie in stryd met NGKO-1994 en NGKO-1998 artikel 1 en 2 optree nie, is sy besluit oor die status van die Skrif en belydenisskrifte in die Ned Geref Kerk en sy bepalings oor Skrifgesag en -gebruik en NGKO-1998 artikel 1 en 2 se bepalings daaroor, daarmee versoenbaar. Versoenbaar, nie omdat daar oor en weer geraadpleeg is nie, maar omdat hulle oor hierdie saak in dieselfde klimaat en kerklike spreektaal saamstem. Moontlik is hierdie toedrag van sake die groot rede vir die eventuele aanvaarding deur die Algemene Sinode van 1998 van die voorstel oor die Ned Geref Kerk en die aanvaarding sy belydenisse.</p>
<p>In sy standpunt oor die wyse van aanvaarding van sy belydenisskrifte in die Ned Geref Kerk, verwys die Algemene Sinode van 1998 nie na sy eie kerkorde (NGKO-1998 artikel 1) as die draer van &#x2019;n relevante tendens nie. Hy bevestig by implikasie egter NGKO-1962 en NGKO-1998.<xref ref-type="fn" rid="FN0007"><sup>7</sup></xref> Vanaf die Algemene Sinode van 1998 s&#x00EA; die Ned Geref Kerk baie duidelik: dat ek die betrokke belydenisse aanvaar (die drie ekumeniese belydenisse en Drie Formuliere van Eenheid) omdat hulle met die Skrif ooreenkom, l&#x00EA; in hulle formulering van die gereformeerde geloof &#x2013; hulle is na hulle aard kerklike geloofsbelydenisse &#x2013; en nie noodwendig omdat elke verwysing of lettergreep of uitdrukking deur die Gees ge&#x00EF;nspireer is nie. NGKO-1998 artikel sou dus as &#x2019;n konsolidering van die houding van die Algemene Sinode wat vir sinodebesluite &#x00E9;n vir NGKO-1998 verantwoordelik is, oor die plek van die Bybel en die gereformeerde belydenis, kon deurgaan (NGK <xref ref-type="bibr" rid="CIT0016">1998</xref>:414&#x2013;415). Hierdie pad van vergelyking is egter nie deur hierdie Algemene Sinodes gevolg nie. NGKO-1998 het met &#x2019;n stille &#x2018;aanvoeling&#x2019; sedert 1962 die Afrikaanse &#x2018;staan uitgedruk in&#x2019; as &#x2019;n sinoniem vir die Dordtse ondertekeningsformulier uit 1619 se Nederlandse &#x2018;begrepen in&#x2019; gehandhaaf. Daarmee het NGKO-1962 die Algemene Sinode van 1998 ten opsigte van kerk, skrif en belydenis teologies vooruit geloop met &#x2019;n oortuigende greep op hierdie Dordtse ondertekeningsformulier (Strauss <xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">2006</xref>:649&#x2013;666).</p>
<p>Interessant genoeg staan NGKO-1962 artikel sedert 1962 sonder dat die betekenis daarvan iewers in die Ned Geref Kerk aan kerklike kommentaar of &#x2019;n skerp debat onderwerp is. Dit was asof die formulerings van 1962 onaantasbaar gelaat moes word. Begin jy iewers torring, trek jy later ongewenste elemente ook los.</p>
</sec>
<sec id="s0007">
<title>Slotsom</title>
<p>Daar is sydelings verwys na die stemkrag wat sy belydenisskrifte, kerkorde en gewone besluite by &#x2019;n sinode of die Algemene Sinode nodig het as deel van die proses om in die Ned Geref Kerk aanvaar te word. In belydeniskwessies of in leertug of leergeskille, geskied dit ondermeer met &#x2019;n tweederde meerderheid van die betrokke sinode. Rondom die huidige proses van, moontlik, groter eenheid in die Ned Kerkfamilie, het die Ned Geref Kerk aanvaar dat die kerkvergaderings wat daaroor moet besluit, met &#x2019;n meerderheid van tweederdes daaroor moet besluit. Vir die goedkeuring van sy kerkorde, dit is tradisioneel so, het die Algemene Sinode ook &#x2019;n tweederde meerderheid nodig. Dit wil s&#x00EA; dat belydenis-, leer- en kwessies met kerkordelike wysigings in die Ned Geref Kerk meer gewig dra as ander besluite. &#x2019;n Tweederdemeerderheid vra meer gesprek, &#x2019;n langer oorweging van sake en oortuiging in plaas van emosionele druk. Tipies kerklik werk &#x2019;n gereformeerde kerk met oortuiging en nie oordondering of manupilering nie (Strauss <xref ref-type="bibr" rid="CIT0024">2010</xref>:61).</p>
<p>In die lig hiervan bevat die bepaling van die plek en waarde van Skrif en belydenis in die Ned Geref Kerk in NGKO-1998 &#x2013; en ander NGKO&#x2019;s van 1964 tot 2019 &#x2013; kernelemente van kerkwees. As NGKO artikel 1 en 2 kernelemente van kerkwees bevat, soos die plek van Skrif en belydenis, moet hierdie artikels in die Ned Geref Kerk as rigtinggewend en beskou word. In die lig van steun benodig vir kerkordebepalings, is dit vir die Ned Geref Kerk belangrik dat die besluite van die Algemene Sinode oor Skrif en Skrifgebruik sowel as dit wat die Ned Geref Kerk as die basis van aanvaarding van sy belydenisskrifte beskou, ooreenstem met NGKO artikel 1 en 2. Naas &#x2019;n erkenning van die drie ekumeniese belydenisse en die Drie Formuliere van Eenheid, kom sekerlik die uiteensetting van die kern van die belydenis en kerkorde van die Ned Geref Kerk. Daarnaas is die bre&#x00EB; steun in die Ned Geref Kerk vir NGKO artikel 1 en 2 en die besluite rondom die jaar 2000 van die Algemene Sinode oor Skrif en belydenis, &#x2019;n element van positiewe kerkwees vir hierdie gereformeerde kerk. &#x2019;n Kerkorde moet op praktiese vlak in die kerk leef sodat NGKO artikel 1 en 2 hierdie aanhang eenvoudig veronderstel. Die feit dat die Algemene Sinode sedert 1962 egter sonder debat hierdie artikels handhaaf skep die indruk dat NGKO artikel 1 en 2 nie in die daaglikse kerkwees van die Ned Geref Kerk belangrik is nie.</p>
<p>Vir die Ned Geref Kerk as &#x2019;n eietydse gereformeerde kerk (cf. Strauss <xref ref-type="bibr" rid="CIT0024">2010</xref>:15&#x2013;20), is die steun vir hierdie kerkordeartikels verantwoorde, borrelende kerkmusiek in die ore.</p>
<p>Vanuit &#x2019;n formele hoek beskou, is bre&#x00EB; konsensus in die Ned Geref Kerk oor die status en plek van Woord en Belydenis stimulerend en bemoedigend. Die jarelange stilswye rondom NGKO artikel 1 en 2 skep egter die aaklige moontlikheid dat die deurvoering daarvan &#x2019;n dro&#x00EB; stukkie gedrukte kerkorde geword het.</p>
</sec>
</body>
<back>
<ack>
<title>Erkennings</title>
<sec id="s20008" sec-type="COI-statement">
<title>Mededingende belange</title>
<p>Die outeur verklaar dat hul geen finansi&#x00EB;le of persoonlike verbintenisse het wat hul onvanpas be&#x00EF;nvloed het met die skryf van hierdie artikel nie.</p>
</sec>
<sec id="s20009">
<title>Outeursbydrae</title>
<p>P.S. is die enigste outeur betrokke by die skryf van hierdie artikel.</p>
</sec>
<sec id="s20010">
<title>Etiese oorwegings</title>
<p>Hierdie artikel het alle etiese standaarde gevolg vir navorsing sonder direkte kontak met, en deelname van mense.</p>
</sec>
<sec id="s20011">
<title>Befondsingsinligting</title>
<p>Die outeur het geen finansi&#x00EB;le ondersteuning vir die navorsing, outeurskap en/of publikasie van hierdie artikel ontvang nie.</p>
</sec>
<sec id="s20012">
<title>Databeskikbaarheidsverklaring</title>
<p>Die outeur bevestig dat die data wat die bevindinge van hierdie artikel ondersteun, in die artikel beskikbaar is.</p>
</sec>
<sec id="s20013">
<title>Vrywaring</title>
<p>Die menings en sienings wat in hierdie artikel uitgedruk word, is di&#x00E9; van die outeur en weerspie&#x00EB;l nie noodwendig die amptelike beleid of posisie van enige geaffilieerde instelling, befondser, agentskap of di&#x00E9; van die uitgewer nie. Die outeur is alleen verantwoordelik vir hierdie artikel se en inhoud.</p>
</sec>
</ack>
<ref-list id="references">
<title>Bibliografie</title>
<ref id="CIT0001"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><collab>Bybelgenootskap van Suid-Afrika</collab></person-group>, <year>2007</year>, <source><italic>Die Bybel, Nuwe Afrikaanse Vertaling</italic> (in teks gebruik as die NAV)</source>, <comment>sestiende druk</comment>, <publisher-name>Bybelgenootskap</publisher-name>, <publisher-loc>Bellville</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0002"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><collab>Bybelgenootskap van Suid-Afrika</collab></person-group>, <year>2020</year>, <source><italic>Die Bybel 2020-vertaling</italic></source>, <comment>eerste uitgawe</comment>, <publisher-name>Bybelgenootskap</publisher-name>, <publisher-loc>Bellville</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0003"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Bosman</surname>, <given-names>H</given-names></string-name></person-group>. <year>2008</year>, &#x2018;<chapter-title>Van Zyl, Albertus Hermanus (Bertus) (1925&#x2013;2004)</chapter-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>F</given-names>. <surname>Gaum</surname></string-name> (red.)</person-group>, <source><italic>Christelike Kernensiklopedie</italic></source>, p. <fpage>1140</fpage>, <publisher-name>Lux Verbi</publisher-name>, <publisher-loc>Wellington</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0004"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Bouwman</surname>, <given-names>H</given-names></string-name></person-group>., <year>1985</year>, <source><italic>Gereformeerd Kerkrecht II</italic></source>, <publisher-name>De Groot Goudriaan</publisher-name>, <publisher-loc>Kampen</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0005"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Donner</surname>, <given-names>J.H</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Van Den Hoorn</surname>, <given-names>S.A</given-names></string-name></person-group>. <year>s.a.</year>, <source><italic>Acta National Synode te Dordrecht</italic></source>, <publisher-name>Donner</publisher-name>, <publisher-loc>Leiden</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0006"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Du Plooy</surname>, <given-names>A.R</given-names></string-name></person-group>., <year>2007</year>, &#x2018;<article-title>Beginsels vir regspraak in die kerk</article-title>&#x2019;, <source><italic>Die Kerkblad</italic></source> <volume>110</volume> (<issue>3198</issue>), <fpage>18</fpage>&#x2013;<lpage>20</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0007"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Durand</surname>, <given-names>J.J.F</given-names></string-name></person-group>., <year>1984</year>, &#x2018;<chapter-title>&#x2019;n Belydenis &#x2013; was dit werklik nodig?</chapter-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>G.D</given-names>. <surname>Cloete</surname></string-name> &#x0026; <string-name><given-names>D.J</given-names>. <surname>Smit</surname></string-name> (reds.)</person-group>, <source><italic>&#x2019;n Oomblik van waarheid</italic></source>, pp. <fpage>39</fpage>&#x2013;<lpage>48</lpage>, <publisher-name>Tafelberg</publisher-name>, <publisher-loc>Kaapstad</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0008"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Engelhardt</surname>, <given-names>D.H</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Hofman</surname>, <given-names>L.J</given-names></string-name></person-group>., <year>2001</year>, <source><italic>Manual for Christian Reformed Church Government</italic></source>, <publisher-name>CTRC</publisher-name>, <publisher-loc>Grand Rapids, MI</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0009"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Fowler</surname>, <given-names>S</given-names></string-name></person-group>., <year>1988</year>, <source><italic>The state in the light of the Scriptures</italic></source>, <publisher-name>PU vir CHO</publisher-name>, <publisher-loc>Potchefstroom</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0010"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Heyns</surname>, <given-names>J.A</given-names></string-name></person-group>., <year>1977</year>, <source><italic>Die kerk</italic></source>, <publisher-name>NG Kerkboekhandel</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0011"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Jonker</surname>, <given-names>W.D</given-names></string-name></person-group>., <year>1965</year>, <source><italic>Om die regering van Christus in sy kerk</italic></source>, <publisher-name>Unisa</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0012"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Jonker</surname>, <given-names>W.D</given-names></string-name></person-group>., <year>1994</year>, <source><italic>Bevrydende waarheid</italic></source>, <publisher-name>Hugenote-Uitgewers</publisher-name>, <publisher-loc>Wellington</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0013"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Kuyper</surname>, <given-names>H.H</given-names></string-name></person-group>., <year>s.a.</year>, <source><italic>De post acta of nahandelingen van de Nationale Synode van Dordrecht in 1618 en 1619 gehouden</italic></source>, <publisher-name>H&#x00F4;veker en Wormser</publisher-name>, <publisher-loc>Amsterdam</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0014"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><collab>Nederduitse Gereformeerde Kerk</collab></person-group>, <year>1964</year>, <source><italic>Kerkorde van die Nederduitse Gereformeerde Kerk 1962, NG Kerk-Uitgewers</italic></source>, <publisher-name>Kaapstad</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc> (<comment>gebruik as NGKO-1964</comment>).</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0015"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><collab>Nederduitse Gereformeerde Kerk</collab></person-group>, <year>1986</year>, <source><italic>Die Kerkorde</italic></source>, <publisher-name>NG Kerkboekhandel Transvaal</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc> (<comment>gebruik as NGKO-1986</comment>).</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0016"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><collab>Nederduitse Gereformeerde Kerk</collab></person-group>, <year>1962, 1986, 1998, 2002, 2004</year>, <source><italic>Handelinge van die Algemene Sinode</italic></source>, <comment>s.n., s.l. (gebruik as NGK)</comment>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0017"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><collab>Nederduitse Gereformeerde Kerk</collab></person-group>, <year>1998</year>, <source><italic>Die Kerkorde</italic></source>, <publisher-name>Hugenote-Uitgewers</publisher-name>, <publisher-loc>Wellington</publisher-loc> (<comment>gebruik as NGKO-1998</comment>).</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0018"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><collab>Nederduitse Gereformeerde Kerk</collab></person-group>, <year>2013, 2017, 2019</year>, <source><italic>Die Kerkorde</italic></source>, <comment>s.n., s.l. (gebruik as NGKO-2013, 2017</comment>).</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0019"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><collab>Nederduitse Gereformeerde Kerk</collab></person-group>, <year>1986, 1990</year>, <source><italic>Kerk en Samelewing-1986 en -1990</italic></source>, <publisher-name>Pro Christo</publisher-name>, <publisher-loc>Bloemfontein</publisher-loc> <comment>(gebruik as KS-1986 en 1990</comment>).</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0020"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><collab>N.G. Kerk-Uitgewers</collab></person-group>, <year>1982</year>, <source><italic>Ons glo&#x2026;</italic></source>, <publisher-name>N.G. Kerk-Uitgewers</publisher-name>, <publisher-loc>Kaapstad</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0021"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Polman</surname>, <given-names>A.D.R</given-names></string-name></person-group>., <year>s.a.</year>, <source><italic>Onze Nederlandsche Geloofsbelijdenis</italic></source>, <publisher-name>Franeker</publisher-name>, <publisher-loc>Wever</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0022"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Pont</surname>, <given-names>A.D</given-names></string-name></person-group>. <year>1981</year>, <source><italic>Historiese agtergronde van ons kerklike reg</italic></source>, <publisher-name>HAUM</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0023"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Strauss</surname>, <given-names>P.J</given-names></string-name></person-group>., <year>2006</year>, &#x2018;<article-title>Die Dordtse tradisie en binding aan die belydenis</article-title>&#x2019;, <source><italic>In die Skriflig</italic></source> <volume>40</volume>(<issue>4</issue>), <fpage>649</fpage>&#x2013;<lpage>666</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4102/ids.v40i4.363">https://doi.org/10.4102/ids.v40i4.363</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0024"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Strauss</surname>, <given-names>P.J</given-names></string-name></person-group>., <year>2010</year>, &#x2018;<article-title>Uitgangspunte vir staatsoptrede in die Institusie van Calvyn soos vergelyk met uitgangspunte van die Handves van Regte (1996)</article-title>&#x2019;, <source><italic>In die Skriflig</italic></source> <volume>44</volume>(<issue>2</issue>), <fpage>317</fpage>&#x2013;<lpage>332</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4102/ids.v44i2.149">https://doi.org/10.4102/ids.v44i2.149</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0025"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Strauss</surname>, <given-names>P.J</given-names></string-name></person-group>., <year>2013</year>, &#x2018;<article-title>Kerkwees in die branding: Die Nederduitse Gereformeerde Kerk in algemene sinodale verband 1994&#x2013;2011</article-title>&#x2019;, <source><italic>Acta Theologica Supplementum</italic></source> <volume>18</volume>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0026"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Strauss</surname>, <given-names>P.J</given-names></string-name></person-group>., <year>2018</year>, &#x2018;<article-title>Die Ned Geref Kerkorde van 1962: in samehang en voeling met die res van die lewe of werklikheid?</article-title>&#x2019;, <source><italic>Koers</italic></source> <volume>83</volume>(<issue>1</issue>). <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.19108/KOERS.83.1.2369">https://doi.org/10.19108/KOERS.83.1.2369</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0027"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Vorster</surname>, <given-names>J.D</given-names></string-name></person-group>., <year>1960</year>, &#x2018;<article-title>Die Kerkorde van die Ned Geref Kerke</article-title>&#x2019;, <source><italic>NGTT</italic></source> <volume>1</volume>(<issue>4</issue>), <fpage>12</fpage>&#x2013;<lpage>18</lpage>.</mixed-citation></ref>
</ref-list>
<fn-group>
<fn><p><bold>How to cite this article:</bold> Strauss, P., 2023, &#x2018;NG Kerkorde 1998: Die Nederduitse Gereformeerde Kerk eenstemmig oor Skrif en Belydenis?&#x2019;, <italic>In die Skriflig</italic> 57(1), a2988. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4102/ids.v57i1.2988">https://doi.org/10.4102/ids.v57i1.2988</ext-link></p></fn>
<fn id="FN0001"><label>1</label><p>J.D. Vorster verwys in 1960 na die konsep van NGKO-1962 as die Dordtse Kerkorde aangepas by die eise van ons dag (Vorster <xref ref-type="bibr" rid="CIT0027">1960</xref>:13). In sy intreerede by Unisa in 1965 sluit Willie Jonker by NGKO-1962 artikel 1 aan as hy aanvoer dat Christusgesag Woordgesag is wat in die kerklike lewe so gehandhaaf moet word (Jonker <xref ref-type="bibr" rid="CIT0011">1965</xref>:12).</p></fn>
<fn id="FN0002"><label>2</label><p>NGKO-1964 bevat die kerkorde goedgekeur deur die Algemene Sinode van 1962. Dit word hier as NGKO-1964 weergegee omdat hierdie kerkorde eers in 1964 amptelik gepubliseer is.</p></fn>
<fn id="FN0003"><label>3</label><p>&#x2018;n Voorbeeld is die re&#x00EB;ls van natuurlike geregtigheid wat noodsaaklike &#x2018;diens doen&#x2019; in kerklike tugsake wat Bybels-eties en pastoraal van aard is en juis daarom regverdig moet wees (Du Plooy <xref ref-type="bibr" rid="CIT0006">2007</xref>:18 e.v.).</p></fn>
<fn id="FN0004"><label>4</label><p>Daarom praat gereformeerdes van hulle kerklike belydenisskrifte as die kerk se akkoord van kerklike gemeenskap (Bouwman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0004">1985</xref>:556).</p></fn>
<fn id="FN0005"><label>5</label><p>Christusgesag in die Christelike kerk is Woordgesag en omgekeerd. Kerklike werk as kerklike diens is, prinsipieel beskou, diens namens Christus, in sy Naam en op sy gesag. Hierdie belydenis bevat implikasies of rigting vir alle kerklike diens (cf. Jonker <xref ref-type="bibr" rid="CIT0011">1965</xref>).</p></fn>
<fn id="FN0006"><label>6</label><p>Volgens die sprekende titel van Van Zyl, A.H. 1971, <italic>Gods Woord in mensetaal</italic>; Bosman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0003">2008</xref>:1140.</p></fn>
<fn id="FN0007"><label>7</label><p>Vir die Algemene Sinode van 1998 as &#x2018;n vergadering van bevestiging en bestendiging, cf. Strauss (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0025">2013</xref>:31).</p></fn>
</fn-group>
</back>
</article>