<?xml version="1.0" encoding="UTF-8"?>
<!DOCTYPE article PUBLIC "-//NLM//DTD JATS (Z39.96) Journal Publishing DTD v1.1d1 20130915//EN" "http://jats.nlm.nih.gov/publishing/1.1d1/JATS-journalpublishing1.dtd">
<article xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xmlns:mml="http://www.w3.org/1998/Math/MathML" article-type="review-article" xml:lang="af">
<front>
<journal-meta>
<journal-id journal-id-type="publisher-id">IDS</journal-id>
<journal-title-group>
<journal-title>In die Skriflig / In Luce Verbi</journal-title>
</journal-title-group>
<issn pub-type="ppub">1018-6441</issn>
<issn pub-type="epub">2305-0853</issn>
<publisher>
<publisher-name>AOSIS</publisher-name>
</publisher>
</journal-meta>
<article-meta>
<article-id pub-id-type="publisher-id">IDS-58-2999</article-id>
<article-id pub-id-type="doi">10.4102/ids.v58i1.2999</article-id>
<article-categories>
<subj-group subj-group-type="heading">
<subject>Review Article</subject>
</subj-group>
</article-categories>
<title-group>
<article-title>Belangrikheid van troos in die Heidelbergse Kategismus</article-title>
</title-group>
<contrib-group>
<contrib contrib-type="author" corresp="yes">
<contrib-id contrib-id-type="orcid">https://orcid.org/0009-0002-5242-7586</contrib-id>
<name>
<surname>Janse van Rensburg</surname>
<given-names>Antionette</given-names>
</name>
<xref ref-type="aff" rid="AF0001">1</xref>
</contrib>
<aff id="AF0001"><label>1</label>Department of Systematic and Historical Theology, Faculty of Theology and Religion, University of Pretoria, Pretoria, South Africa</aff>
</contrib-group>
<author-notes>
<corresp id="cor1"><bold>Corresponding author:</bold> Antionette Janse van Rensburg, <email xlink:href="antoejvr@gmail.com">antoejvr@gmail.com</email></corresp>
</author-notes>
<pub-date pub-type="epub"><day>25</day><month>01</month><year>2024</year></pub-date>
<pub-date pub-type="collection"><year>2024</year></pub-date>
<volume>58</volume>
<issue>1</issue>
<elocation-id>2999</elocation-id>
<history>
<date date-type="received"><day>08</day><month>07</month><year>2023</year></date>
<date date-type="accepted"><day>13</day><month>10</month><year>2023</year></date>
</history>
<permissions>
<copyright-statement>&#x00A9; 2024. The Authors</copyright-statement>
<copyright-year>2024</copyright-year>
<license license-type="open-access" xlink:href="https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/">
<license-p>Licensee: AOSIS. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.</license-p>
</license>
</permissions>
<abstract>
<p><bold>The importance of comfort in the Heidelberg Catechism.</bold> It is known that the Heidelberg Catechism is one of the many catechisms that originated during the 16th-century Reformation. It is also known that the authors of the Heidelberg Catechism made use of existing catechisms. The Heidelberg Catechism consists of three sections, with the famous introduction dealing with us as humans our only comfort in life and death, and that our body and soul belong to our Saviour, Jesus Christ. Knowledge of this consolation is divided into three sections: knowledge of our sin and misery, knowledge of our deliverance, and knowledge of how we should be thankful for our deliverance. Throughout the Catechism, the theme of comfort plays an important role. Furthermore, the core of the Heidelberg Catechism deals with our comfort as human beings, as Barth formulates the question: &#x2018;Who is the person who is comforted and how is this comfort given and what does it consist of?&#x2019; The question, &#x2018;How is humankind comforted?&#x2019; is also a central question, with the answer that through Jesus Christ as our Saviour, we are comforted. Therefore, this article focuses on the importance of comfort as a central theme in the Heidelberg Catechism, and even though we know that comfort plays an important role in the Catechism, it is important to be reminded thereof. This article provides a short overview on the Heidelberg Catechism and focuses on the importance of comfort. The findings of the article are clear that comfort plays an important role in the Heidelberg Catechism and to be comforted by Jesus Christ, gives us peace in our everyday life, as stated in the Heidelberg Catechism. This is not new information, but in the light of the fact that the celebration of the Reformation is around the corner, it is important to remember and to celebrate the Heidelberg Catechism and the importance thereof in Reformed theology.</p>
<sec id="st1">
<title>Contribution</title>
<p>This article focuses on the importance of comfort throughout the Heidelberg Catechism by means of a literature study, highlighting the theme of comfort and the importance thereof. The emphasis on comfort makes the Heidelberg Catechism a unique document and this gives the Catechism its own accent.</p>
</sec>
</abstract>
<kwd-group>
<kwd>Heidelberg Catechism</kwd>
<kwd>three-part structure</kwd>
<kwd>comfort, ecumenical</kwd>
<kwd>sin</kwd>
<kwd>redemption</kwd>
<kwd>gratitude</kwd>
</kwd-group>
<funding-group>
<funding-statement><bold>Befondsingsinligting</bold> Die outeur het geen finansi&#x00EB;le ondersteuning vir die navorsing, outeurskap en/of publikasie van hierdie artikel ontvang nie.</funding-statement>
</funding-group>
</article-meta>
</front>
<body>
<sec id="s0001">
<title>Inleiding</title>
<p>Nadat Luther volgens kerklike tradisie, in 1517 sy 95 stellings aan die kerkdeur van Wittenberg vasgespyker het, het die Kerkhervorming op verskillende plekke in die huidige Europa begin posvat. Een van die probleme waarmee die kerkhervormers geworstel het, was dat mense bly vashou het aan die Roomse leer en oortuig moes word van die reformatoriese uitgangspunte. Dit was dus noodsaaklik om &#x2019;n kort en eenvoudige samevatting van die belangrikste hoofpunte van die suiwer Christelike leer wat uit die Bybel kom, op te stel en aan die gemeentelede te leer. Om hierdie doel te bereik, is verskeie kategismusse in reformatoriese dorpe en stede opgestel.</p>
<p>Sommige gedeeltes van Duitsland wat aan Nederland grens, het tydens die Kerkhervorming Calvinisties geword. Een van daardie gedeeltes was Palts met Heidelberg as hoofstad. Palts was tydens die opstel van die Heidelbergse Kategismus (HK) regeer deur Keurvors Frederik III. Hy het opdrag gegee om &#x0149; kategismus op te stel sodat daar eenvormiger onderrig aan sy mense gebied kon word.</p>
<p>Op 19 Januarie 1563 is die HK amptelik deur Frederik III onderteken, waarna dit vir die gebruik in skole, kategese en eredienste in Palts beskikbaar gestel is.</p>
<p>Gedurende die 400-jarige herdenking van die HK, het die Christian Century (Klooster <xref ref-type="bibr" rid="CIT0011">1963</xref>) &#x2019;n artikel geskryf wat lof bring aan die HK wat in 1563 voltooi is. Die <italic>Kategismus</italic> word besing as &#x2019;n dokument wat nie net met sy skoonheid, opbou en struktuur be&#x00EF;ndruk nie, maar ook as &#x2019;n lofwaardige poging om die eenheid tussen die Lutherane en die Calviniste te bevorder. Die Kategismus is opgestel as bemiddeling tussen die Lutherane en die Calviniste in &#x2019;n tyd toe Palts deur teologiese verskille uitmekaargeskeur is (Klooster <xref ref-type="bibr" rid="CIT0011">1963</xref>).</p>
<p>Karl Barth (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0003">1964</xref>:25) het die volgende oor die Kategismus geskryf, &#x2018;<italic>The Heidelberg Catechism is a document which express a general evangelical comprehension</italic>.&#x2019;</p>
<p>Verder is die HK een van die Drie Formuliere van Eenheid wat die belydenisgrondslag van talle gereformeerde en hervormde kerke in Suid-Afrika en w&#x00EA;reldwyd vorm. Dit vorm ook die basis van katkisasie in verskeie kerke. Vir baie lank het kategismusprediking &#x2019;n vaste deel van die Hervormde Kerk en ook ander kerke se prediking gevorm, wat ingehou het dat die Kategismus sistematies en in opvolgende Sondagsafdelings in die prediking aan die orde gekom het.</p>
<p>Soos goed bekend is, maak Vraag en Antwoord 1 van die Heidelbergse Kategismus daarvan &#x2019;n unieke dokument. Barth (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">1960</xref>:16) wys daarop dat die res van die HK eintlik &#x2019;n kommentaar op Sondag 1 is. Agter die troosperspektief van Vraag en Antwoord 1, l&#x00EA; niks minder nie as die mens se behoefte aan troos (Barth <xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">1960</xref>:5&#x2013;6).</p>
<p>Die kern van die HK handel oor ons troos, &#x2018;Wie is die mens wat getroos word en hoe word hierdie troos gegee en waaruit bestaan dit?&#x2019; (Barth <xref ref-type="bibr" rid="CIT0003">1964</xref>:124). Die klem op troos maak van die HK &#x2019;n unieke dokument. <italic>Troos</italic> is die unieke aksent en boodskap van die HK. Dit word deur die hele HK verder uitgewerk en verduidelik. Die kern van die troos in Vraag en Antwoord 1, l&#x00EA; daarin dat gelowige nie sy of haar eie eiendom is nie, maar dat hulle aan Christus behoort. Hierdie troos <italic>&#x2018;is in het leven ingegaan gelijk Christus in het leven ingegaan is</italic>&#x2019; (De Graaff <xref ref-type="bibr" rid="CIT0007">1954</xref>:17).</p>
</sec>
<sec id="s0002">
<title>Belangrikheid van troos in die Heidelbergse Kategismus</title>
<p>Tydens die Kerkhervorming het daar baie leerboeke ontstaan waarvan die HK een was. Die opstellers van die HK het verskeie kategismusse wat alreeds bestaan het, as bron vir die HK gebruik. Van die belangrikste kategismusse wat gebruik is, was die werk van Melanchthon, Z&#x00FC;rich, Gen&#x00E8;ve, Emden en Straatsburg. Die HK is ook be&#x00EF;nvloed deur Beza se &#x2018;Confession Brevis&#x2019;, Calvyn se &#x2018;Institution Christianae Religionis&#x2019;, asook die geskrifte van Bullinger. So het die Kategismus verteenwoordigend geword van &#x2019;n bre&#x00EB; spektrum van reformatoriese teologie (Engelbrecht <xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">1943</xref>; <xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">1944</xref>:165; Oberholzer <xref ref-type="bibr" rid="CIT0020">1986</xref>:2).</p>
<p>Die HK is drieledig gestruktureer: die inleiding handel oor die mens se enigste troos in lewe en dood. Hierdie troos berus eerstens op die kennis van ons sonde, tweedens op die kennis van ons verlossing, en derdens op die kennis van hoe die mens in dankbaarheid teenoor God moet leef. Die voltooide HK is op 13 Januarie 1563 aanvaar. Op 19 Januarie 1563 is dit deur Keurvors Frederik onderteken.</p>
<p>Die Kategismus is soos volg ingedeel (Oberholzer <xref ref-type="bibr" rid="CIT0020">1986</xref>:3):</p>
<list list-type="bullet">
<list-item><p>Samevatting van die Goddelike wet, waaruit ons ons sonde en ellende ken.</p></list-item>
<list-item><p>Die artikels van ons Christelike geloof, as samevatting van die evangelie waaruit ons van ons verlossing leer: die <italic>Apostolicum</italic>, die instelling van die heilige sakramente waardeur die Heilige Gees hierdie verlossing aan ons verseker, die instelling van die heilige doop, en die instelling van die heilige nagmaal van Christus.</p></list-item>
<list-item><p>Die wet of die tien gebooie van God, waaruit ons leer hoe ons God ons hele lewe lank vir hierdie daad dankbaar moet wees. Om ons dankbaarheid daarmee teenoor God te betuig, en om alles wat ons nodig het om te lewe, van God af te verwag.</p></list-item>
</list>
<p>Troos speel &#x2019;n baie belangrike rol in die HK (cf. <xref ref-type="table" rid="T0001">Tabel 1</xref>). Reeds in die inleidende deel van die HK kry &#x2019;n mens te doen met troos.</p>
<table-wrap id="T0001">
<label>TABEL 1</label>
<caption><p>Die rol van troos soos uitgedruk in die Heidelbergse Kategismus se spesifieke vrae en antwoorde.</p></caption>
<table frame="hsides" rules="groups">
<thead>
<tr>
<th valign="top" align="left">Vraag nommer</th>
<th valign="top" align="left">Vraag beskrywing</th>
<th valign="top" align="left">Antwoord</th>
</tr>
</thead>
<tbody>
<tr>
<td align="left" colspan="3"><bold>Heidelbergse Kategismus</bold></td>
</tr>
<tr>
<td align="left">Vraag 1</td>
<td align="left">Wat is jou enigste troos in lewe en in sterwe?</td>
<td align="left">Dat ek met liggaam en siel in lewe en in sterwe nie aan myself nie, maar aan my getroue Verlosser, Jesus Christus, behoort. Hy het met sy kosbare bloed vir al my sondes ten volle betaal en my uit alle heerskappy van die duiwel verlos. Hy bewaar my op so &#x2019;n wyse dat, sonder die wil van my hemelse Vader, geen haar van my kop kan val nie. Alles moet inderdaad tot my saligheid dien. Daarom verseker Hy my ook deur sy Heilige Gees van die ewige lewe en maak Hy my van harte gewillig en bereid om voortaan vir Hom te lewe.</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">Vraag 2</td>
<td align="left">Hoeveel dinge moet jy weet om in hierdietroos salig te kan lewe en sterwe?</td>
<td align="left">Drie dinge: Ten eerste, hoe groot my sonde en ellende is; ten tweede, hoe ek van al my sonde en ellende verlos word; en ten derde, hoe ek God vir so &#x2019;n verlossing dankbaar moet wees.</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">Vraag 52</td>
<td align="left">Hoe word jy getroos deur die wederkomsvan Christus om die lewendes en die dooies te oordeel?</td>
<td align="left">Dat ek in alle droefheid en vervolging dieselfde Persoon met gespanne verwagting as Regter uit die hemel verwag wat Hom tevore in my plek voor die regbank van God gestel en alle vervloeking van my weggeneem het. Verder: dat Hy al sy en my vyande in die ewige verdoemenis sal werp maar my, saam met al die uitverkorenes, na Hom in die hemelse blydskap en heerlikheid sal neem.</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">Vraag 53</td>
<td align="left">Wat glo jy van dieHeilige Gees?</td>
<td align="left">Eerstens is Hy saam met die Vader en die Seun ware en ewige God. Tweedens is Hy ook aan my gegee sodat Hy my deur &#x2019;n ware geloof deel laat kry aan Christus en al sy weldade, my troos en ewig by my bly.</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">Vraag 57</td>
<td align="left">Watter troos gee die opstanding van dievlees aan jou?</td>
<td align="left">Dat nie alleen my siel na hierdie lewe dadelik tot Christus, sy Hoof, opgeneem sal word nie, maar ook hierdie selfde liggaam van my, deur die krag van Christus opgewek, weer met my siel verenig en aan die heerlike liggaam van Christus gelykvormig sal word.</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">Vraag 58</td>
<td align="left">Watter troos skep jyuit die artikel van die ewige lewe?</td>
<td align="left">Dat, aangesien ek nou alreeds die begin van die ewige vreugde in my hart ervaar, ek n&#x00E1; hierdie lewe volkome saligheid sal besit &#x2013; &#x0149; saligheid wat geen oog gesien, geen oor gehoor en in die hart van geen mens ooit opgekom het nie &#x2013; om God daarin ewig te prys.</td>
</tr>
</tbody>
</table>
<table-wrap-foot>
<fn><p><italic>Source</italic>: NG Kerk in SA, n.d., <italic>Formuliere: Heidelbergse Kategusmis</italic>, viewed n.d. from <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://kerkargief.co.za/doks/bely/GB_HK.pdf">https://kerkargief.co.za/doks/bely/GB_HK.pdf</ext-link></p></fn>
</table-wrap-foot>
</table-wrap>
<p>Troos is belangrik in die HK, en word deur die struktuur van die hele HK beklemtoon. Om te kan lewe en te kan sterwe in hierdie troos, moet ons ons ellende ken; dan weet ons hoe ons verlos kan word, en laastens verstaan ons die inhoud van ons dankbaarheid (Bierma <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">2013a</xref>:15).</p>
<p>Dit is vir lank voorgestel dat Ursinus se <italic>Kleiner Kategismus</italic> (1561; 1562) en tot &#x2019;n mindere mate sy <italic>Groter Kategismus</italic> (1562) as die basis van die struktuur vir die HK gedien het (Lang 1954:347). In albei hierdie Kategismusse kom die tema van troos ook na vore.</p>
</sec>
<sec id="s0003">
<title>Ursinus se Klein en Groot Kategismus</title>
<p>Alhoewel HK Vraag 1 die taal volg van die <italic>Klein en die Groot Kategismus van Ursinus</italic> (cf. <xref ref-type="table" rid="T0002">Tabel 2</xref>), verskil die antwoord van HK Vraag 1 tog daarmee. Die Kleiner Kategismus kom ook nie ooreen met die ander vrae (HK 52, HK 53, HK 57, HK 58 [cf. <xref ref-type="table" rid="T0001">Tabel 1</xref>]) waar daar oor troos gepraat word nie. In die Kleiner Kategismus kom <italic>troos</italic> net drie kere in Vraag 1 voor en dan ook weer in Vraag 51 en 52. In die Groter Kategismus kom troos ses kere voor en wel in Vraag 1, 103, 110 en 131. Hierdie vrae het ooreenkomste met die vrae in HK 1, 52, 53 en 58. Die ander twee rakende Christus, in Antwoord 141 handel oor regverdiging. In teenstelling met die HK, verbind die Groter Kategismus van Ursinus troos nie as deel van sy basiese struktuur nie (Bierma <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">2013a</xref>:16).</p>
<table-wrap id="T0002">
<label>TABEL 2</label>
<caption><p>Vergelyking van Ursinus se Klein en Groot Kategismus 1.</p></caption>
<table frame="hsides" rules="groups">
<thead>
<tr>
<th valign="top" align="left">Kleiner Kategismus 1</th>
<th valign="top" align="left">Groter Kategismus 1</th>
</tr>
</thead>
<tbody>
<tr>
<td align="left" colspan="2"><bold>Ursinus Kategismus</bold></td>
</tr>
<tr>
<td align="left">&#x2018;<italic>What is the comfort by which your heart is sustained in death as well as in life? That God has truly pardoned all my sins because of Christ and has given me eternal life, in which I may glorify him forever</italic>.&#x2019; (Bierma <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">2013a</xref>:15; Lang <xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">1907</xref>:200&#x2013;2018).</td>
<td align="left">&#x2018;<italic>What firm comfort do you have in life and in death? That I was created by God in His image for eternal life, and after I willingly lost this in Adam, out of his infinite and gracious mercy God received me into His covenant of grace so that because of the obedience and death of his Son sent in the flesh, he might give me as a believer righteousness and eternal life. It is also that he sealed his covenant in my heart by his Spirit, who renews me in the image of God and cries out in me, Abba Father, by his Word, and by the visible signs of this covenant</italic>.&#x2019; (Bierma <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">2013a</xref>:15; Lang <xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">1907</xref>:152&#x2013;199).</td>
</tr>
</tbody>
</table>
<table-wrap-foot>
<fn><p><italic>Source</italic>: Based on Bierma, L.D., 2013a, &#x2018;The origins of the threefold structure of the Heidelberg catechism: Another look&#x2019;, in K. Apperloo-Boersma &#x0026; H.J. Selderhuis (eds.), <italic>Power of faith: 450 years Heidelberg Catechism</italic>, p. 450, Vandenhoeck &#x0026; Ruprecht, G&#x00F6;ttingen; Lang, A., 1967, <italic>Der Heidelberger Katechismus und vier verwandte Katechismen</italic>, Wissenschaftliche Buchgesellschaft, Darmstadt</p></fn>
</table-wrap-foot>
</table-wrap>
<p>Goeters (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0009">1967</xref>:34) en Neuser (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0018">1979</xref>:181&#x2013;182) merk ook op dat die eerste sinne van HK Vraag 1 se antwoord groot ooreenkomste vertoon met Luther se verduideliking van die tweede artikel van die Twaalf Artikels.</p>
<p>Wat opmerklik is, is die taal wat Luther gebruik om aan te dui dat ons aan Christus behoort. Dit is beeldspraak wat &#x2019;n sleutelrol speel in die troos van HK Vraag 1. Daar is ook parallelle formulerings in ander Lutherse kategismusse, byvoorbeeld in een wat deur Joachim M&#x04E7;rlin in 1547 opgestel is (Bierma <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">2013</xref>:17). Sien Reu (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0021">1976</xref>) se stelling in <xref ref-type="table" rid="T0003">Tabel 3</xref>.</p>
<table-wrap id="T0003">
<label>TABEL 3</label>
<caption><p>Parallelle formulering in ander Lutherse kategismusse.</p></caption>
<table frame="hsides" rules="groups">
<thead>
<tr>
<th valign="top" align="left">Vraag</th>
<th valign="top" align="left">Antwoord</th>
</tr>
</thead>
<tbody>
<tr>
<td align="left" colspan="2"><bold>Joachim M&#x00F6;rlin formulering 1547</bold></td>
</tr>
<tr>
<td align="left">&#x2018;What is your comfort above everything on earth?&#x2019;</td>
<td align="left"><italic>&#x2018;Even though I know that by nature I am as much a child of wrath as everyone else (Eph 2), nevertheless I have since become another person and a Christian by being baptised as a child into Jesus Christ, my precious Saviour, according to his command</italic> (Mark 10).&#x2019;</td>
</tr>
</tbody>
</table>
<table-wrap-foot>
<fn><p><italic>Source</italic>: Based on Reu, J.M., 1976, <italic>Quellen zur Geschichte des kirchlichen Unterrichts in der evangelischen Kirche Deutschlands zwischen 1530 und 1600</italic>, Reprint of the edition G&#x00FC;tersloh 1904&#x2013;1935, vol. 1&#x2013;9, Georg Olms Verlag, Hildesheim</p></fn>
</table-wrap-foot>
</table-wrap>
<p>Dit is ook opmerklik dat in drie jaar, twee van Philipp Melanchthon se studente, Ursinus en M&#x04E7;rlin, se kategismusse met dieselfde tipe vraag geopen het. Troos as &#x2019;n versekering van redding, was ook &#x2019;n tema in Melanchthon se korpus (Sturm <xref ref-type="bibr" rid="CIT0024">1972</xref>:249). Daar is twee van Melanchthon se werke wat in hierdie verband uitstaan. In Lutherse grondgebied as gevolg van die beperkings van die Vrede van Augsburg, het die Palts wel Melanchthon se <italic>Augsburg Konfessie</italic> gesien as &#x2019;n amptelike dogmatiese verklaring. In die Latynse teks van die <italic>Augsburg Konfessie</italic> kom die woord &#x2018;troos&#x2019; 14 keer in verskillende kontekste voor, en in die Duitse teks 11 keer (Bierma <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">2013</xref>:17). In Artikel III wat handel oor die Seun van God, word ges&#x00EA; dat die Heilige Gees troos bring vir die mens. Artikel XII handel oor berou. Daar word ook melding gemaak van troos, naamlik dat geloof troos in ons harte bring. Artikel XX van die <italic>Augsburg Konfessie</italic> handel oor geloof en goeie werke. Daar word dit gestel dat redding alleen deur Christus kan plaasvind en nie deur goeie werke nie, en daarin vind ons juis troos. Die tema rakende troos kom ook in sommige van Melanchthon se ander werke voor, naamlik die <italic>Examen Ordinandorum</italic>. Die <italic>Examen Ordinandorum</italic> was kategetiese stof wat opgeneem sou word in die Palts se Kerkorde van 1556. In die laat 1550&#x2019;s het Ursinus ook die <italic>Examen Ordinanadorum</italic> gebruik vir sy lesings aan die Universiteit van Breslau (Bierma <xref ref-type="bibr" rid="CIT0006">2013b</xref>:18). Melanchton (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0017">1552</xref>) stel die volgende:</p>
<disp-quote>
<p>When the conscience falls into a terror and despair so great that it brings with it bodily and eternal death if no comfort is forthcoming through knowledge of Christ the Lord from the Gospel &#x2026; The Gospel proclaims this eternal, gracious comfort: that God surely and for the sake of his Son Jesus Christ, by Grace and without any merit of our own, wishes to grant us forgiveness of sins, impute to us righteousness and accept us, and through his Son Jesus Christ give us the Holy Spirit and make us heirs of eternal salvation. (pp. 185&#x2013;187)</p>
</disp-quote>
<p>Die taal wat Melanchthon gebruik, praat van troos, ellende, bevryding, versekering en gehoorsaamheid.</p>
<p>Daar is ook ander bronne wat in ag geneem moet word. In die sestiende eeu is werke deur Johannes &#x00E0; Lasco vrygestel. Hy het dit saam met sy medewerkers, Marten Micronius en Jan Utenhove, geskryf vir die Reformatoriese kerk in Emden en Londen. &#x00E0; Lasco se <italic>Groot Kategismus</italic> van 1546 is in 1551 in Duits vertaal en die relevante vrae en antwoorde in die uiteensetting van die Apostoliese Geloofsbelydenis is in <xref ref-type="table" rid="T0004">Tabel 4</xref> uiteengesit.</p>
<table-wrap id="T0004">
<label>TABEL 4</label>
<caption><p>&#x00E0; Lasco se <italic>Groot Kategismus</italic> van 1546 se vrae en antwoorde in die uiteensetting van die Apostoliese Geloofsbelydenis.</p></caption>
<table frame="hsides" rules="groups">
<thead>
<tr>
<th valign="top" align="left">Vraag</th>
<th valign="top" align="left">Antwoord</th>
</tr>
</thead>
<tbody>
<tr>
<td align="left" colspan="2"><bold>&#x00E0; Lasco se <italic>Groot Kategismus</italic> van 1546</bold></td>
</tr>
<tr>
<td align="left">&#x2018;Why does Scripture call God a &#x201C;Father&#x201D; and &#x201C;almighty&#x201D;?&#x2019;</td>
<td align="left">&#x2018;For the awakening and firm establishment of our faith and for the special comfort of all believers.&#x2019;</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">&#x2018;What comfort does that little word &#x201C;Father&#x201D; bring with it?&#x2019;</td>
<td align="left">&#x2018;A very special comfort, to be heard in life and death: namely, that the most highly God, the Father of our Lord Jesus Christ, wants to be our Father as well.&#x2019;</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">&#x2018;What comfort does it bring us to confess that our God is almighty?&#x2019;</td>
<td align="left">&#x2018;If we hold on to that in faith, we become certain and comforted that we may rely completely on him, whom no one can withstand.&#x2019;</td>
</tr>
</tbody>
</table>
<table-wrap-foot>
<fn><p><italic>Source</italic>: Based on Bierma, L.D., 2013a, &#x2018;The origins of the threefold structure of the Heidelberg catechism: Another look&#x2019;, in K. Apperloo-Boersma &#x0026; H.J. Selderhuis (eds.), <italic>Power of faith: 450 years Heidelberg Catechism</italic>, p. 450, Vandenhoeck &#x0026; Ruprecht, G&#x00F6;ttingen; Bierma, L.D., 2013b, The theology of the Heidelberg catechism: A reformation synthesis, Westminster John Knox Press, Louisville, KY</p></fn>
</table-wrap-foot>
</table-wrap>
<p>Wat interessant is, is dat die <italic>enigste troos in lewe en dood</italic> ook hier voorkom soos dit in Ursinus se <italic>Kleiner Kategismus</italic> en <italic>Groter Kategismus</italic> en die HK voorkom.</p>
<p>&#x2019;n Paar jaar later het Micronius sy <italic>Een corte undersouckinghe des gheloofs (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0016">1553</xref>) [&#x2019;n kort ondersoek van geloof, 1553]</italic> begin skryf. Dit was &#x2019;n Nederlandse vertaling uit &#x2019;n deel van &#x00E0; Lasco se <italic>Forma ac Ratio</italic> (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0016">1553</xref>) met Vraag en Antwoord uit die pen van Micronius (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0016">1553</xref>) (cf. <xref ref-type="table" rid="T0005">Tabel 5</xref>).</p>
<table-wrap id="T0005">
<label>TABEL 5</label>
<caption><p>Nederlandse vertaling uit &#x2019;n deel van &#x00E0; Lasco se <italic>Forma ac Ratio</italic> (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0016">1553</xref>) deur Micronius.</p></caption>
<table frame="hsides" rules="groups">
<thead>
<tr>
<th valign="top" align="left">Vraag</th>
<th valign="top" align="left">Antwoord</th>
</tr>
</thead>
<tbody>
<tr>
<td align="left" colspan="2"><bold>&#x00E0; Lasco se <italic>Forma ac Ratio</italic> (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0016">1553</xref>) deur Micronius</bold></td>
</tr>
<tr>
<td align="left">&#x2018;How are you assured in your heart that you are a member of the church of Christ?&#x2019;</td>
<td align="left">&#x2018;From the fact that the Holy Spirit testifies to my spirit that I am a child of God &#x2026; Furthermore, I also feel moved by the Spirit of God to [show] obedience to the divine commandments.&#x2019;</td>
</tr>
</tbody>
</table>
<table-wrap-foot>
<fn><p><italic>Source</italic>: Based on Bierma, L.D., 2013a, &#x2018;The origins of the threefold structure of the Heidelberg catechism: Another look&#x2019;, in K. Apperloo-Boersma &#x0026; H.J. Selderhuis (eds.), <italic>Power of faith: 450 years Heidelberg Catechism</italic>, p. 450, Vandenhoeck &#x0026; Ruprecht, G&#x00F6;ttingen; Lang, A., 1967, <italic>Der Heidelberger Katechismus und vier verwandte Katechismen</italic>, Wissenschaftliche Buchgesellschaft, Darmstadt</p></fn>
</table-wrap-foot>
</table-wrap>
<p>Die kategismusse wat genoem is, dien as voorbeelde om te wys dat die openingsvraag van die HK oor ons enigste troos in lewe en in sterwe, soortgelyk is aan wat in ander Reformatoriese kategismusse en teologiese werke aangetref word. Verder is dit belangrik om te sien dat die spesifieke inhoud van troos die onderbou en struktuur verskaf vir die res van die Kategismus (Bierma <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">2013a</xref>:21; Bierma <xref ref-type="bibr" rid="CIT0006">2013b</xref>).</p>
</sec>
<sec id="s0004">
<title>Die eie aksent van die Heidelbergse Kategismus</title>
<p>Die belangrikheid van troos kom voor in die eerste vraag van die HK, en word dan op &#x2019;n besondere manier verder uitgewerk in die HK. Daarvoor is geen ooreenkoms by Luther sowel as Calvyn nie (Schulze <xref ref-type="bibr" rid="CIT0022">1994</xref>:205). Die uniekheid van die HK is te vind in die manier waarop daar met die materiaal omgegaan word.</p>
<p>Die HK begin met die vraag na troos soos ook in Ursinus se <italic>Groot Kategismus</italic> en <italic>Klein Kategismus</italic>. Schulze (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0022">1994</xref>:205) wys daarop dat die <italic>Groot Kategismus</italic> die troos binne die kader van die verbond plaas, terwyl die <italic>Klein Kategismus</italic> hierdie verband weglaat:</p>
<p>Vraag: &#x2018;Wat is jou troos waardeur jou hart hom in lewe en sterwe staande hou?&#x2019;</p>
<p>Antwoord: &#x2018;Dat God my al my sonde om Christus wil vergeef het en my die ewige lewe geskenk het, waarin ek Hom vir ewig sal verheerlik.&#x2019;</p>
<p>Die antwoord wys op God se heilshandeling in Christus. In die HK is die troosgedagte nog dieper in &#x2018;n formulering uitgewerk. Hierdie formulering is Christosentries, naamlik &#x2018;dat ek aan my getroue Verlosser behoort&#x2019; (Schulze <xref ref-type="bibr" rid="CIT0022">1994</xref>:205). Daarna volg die trinitariese vermelding van God se genadewerk vir en aan ons, met die volgorde: Christus, Vader, die Heilige Gees. As ons mooi na die formulerings van die HK kyk, dan vervaag die stempel van Ursinus. Die troosgedagte is wel daar, maar beslis anders as in Ursinus se <italic>Maior en Minor.</italic></p>
<p>Ook Joachim M&#x04E7;rlin se 1547-Kategismus begin met &#x2019;n soortgelyke vraag: &#x2018;<italic>Was ist dein Trost f&#x00FC;r aller Welt auf Erden?</italic>&#x2019; (Weber 1986:134). Dit is wel te betwyfel of M&#x04E7;rlin se kategismus in Heidelberg bekend was.</p>
<p>Nog &#x2019;n belangrike aspek in die HK, is kennis. Troos is nie bloot &#x2019;n gevoelsaak nie, maar &#x2019;n wete; dit is op kennis gegrond, naamlik kennis van die mens se sonde, sy verlossing en sy dankbaarheid (Schulze <xref ref-type="bibr" rid="CIT0022">1994</xref>:208). Die gedagte dat heiligmaking in die gestalte van dankbaarheid na vore kom, word reeds in die Apologie van die <italic>Augsburg Konfessie</italic> genoem: &#x2018;<italic>Darum sollen gute Werke dem Glauben folgen als Danksagung gegen Gott</italic>&#x2019; (Neuser <xref ref-type="bibr" rid="CIT0018">1979</xref>:188).</p>
<p>Uit bogenoemde is dit duidelik dat troos &#x2019;n kerngedagte in die HK is. Die belangrikheid van troos in die HK maak dit &#x2019;n unieke dokument, nie omdat dit net in die HK voorkom nie, maar omdat dit die Christelike geloof op &#x2019;n besondere wyse verwoord. Die HK open met die uitspraak dat ons as mense aan God behoort. Die basiese struktuur van die HK maak dit &#x2019;n aantreklike en tydlose dokument, met die sentrale tema van die Kategismus: &#x2018;troos&#x2019; (Smit <xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">2014</xref>:53). Die implikasie is dus dat die eerste deel, oor die kennis van ons ellende, eweneens deel van ons troos is en slegs moontlik is deur die verlossing wat Jesus bewerk. Die derde deel oor dankbaarheid, is ook deel van hierdie troos, deurdat Jesus Christus ons self deur sy Woord en Gees van harte dankbaar maak (Smit <xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">2014</xref>:55). Die selfkennis oor ons ellende eis ook die vrug van dankbaarheid, en alles vorm deel van hierdie troos (Smit <xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">2014</xref>:55).</p>
<p>Die HK dink nie in terme van drie fases of agtereenvolgende stappe van geestelike ervaring nie, maar oor een werklikheid. Die drie woorde verwys nie na chronologiese orde nie, maar na &#x2019;n logiese orde (Berkhof <xref ref-type="bibr" rid="CIT0004">1963</xref>:96). Die tema van troos vorm daarom die deurlopende motief in die HK. Wat die rangskikking betref, word die wet nie vooraf behandel en gesien as tugmeester nie, maar as deel van die dankbare lewe waartoe die Heilige Gees gelowiges roep (Smit <xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">2014</xref>:56). Ons ellende is nie dat ons individuele gebooie oortree en spesifieke sondes begaan nie, maar dat ons vervreemd leef van die liefde waarvoor ons bedoel is en wat deur Jesus weer aan ons geskenk word. Deur die vertroue op die beloftes wat in die geloofsbelydenis aan ons gegee word, en deur die genademiddele van die Woord en sakrament wat die Heilige Gees gebruik, kry ons deel aan hierdie troos (Smit <xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">2014</xref>:56 [cf. <xref ref-type="table" rid="T0006">Tabel 6</xref>]). So word al die dele in een groot geheel ge&#x00EF;ntegreer, wat alles dien tot uitbouing van hierdie troos wat reeds in die eerste antwoord gegee is (Smit <xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">2014</xref>:56).</p>
<table-wrap id="T0006">
<label>TABEL 6</label>
<caption><p>Die beloftes in die geloofsbelydenis vir troos volgens Vraag 65, naamlik deur die genademiddele van die Woord en sakramente wat die Heilige Gees gebruik.</p></caption>
<table frame="hsides" rules="groups">
<thead>
<tr>
<th valign="top" align="left">Vraag 65</th>
<th valign="top" align="left">Antwoord</th>
</tr>
</thead>
<tbody>
<tr>
<td align="left" colspan="2"><bold>Heidelbergse Kategismus</bold></td>
</tr>
<tr>
<td align="left">&#x2018;Terwyl ons slegs deur die geloof deel aan Christus en al sy weldade kry, waar kom so &#x2019;n geloof dan vandaan?&#x2019;</td>
<td align="left">&#x2018;Die Heilige Gees werk dit in ons harte deur die verkondiging van die heilige evangelie en versterk dit deur die gebruik van die heilige sakramente.&#x2019;</td>
</tr>
</tbody>
</table>
<table-wrap-foot>
<fn><p><italic>Source</italic>: Based on Smit, D., 2014, &#x2018;Oor die inhoud en boodskap van die Heidelbergse Kategismus&#x2019;, <italic>Acta Theologica</italic>, suppl. ser. 40, 50&#x2013;73. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4314/actat.v20i1.4S">https://doi.org/10.4314/actat.v20i1.4S</ext-link></p></fn>
</table-wrap-foot>
</table-wrap>
<p>Barth erken ook die belangrikheid van troos in die HK. Volgens Barth <xref ref-type="bibr" rid="CIT0003">1964</xref>:124) handel die HK oor troos, ons troos: &#x2018;Wie is die mens wat getroos word, en hoe word hierdie troos gegee, en waaruit bestaan dit.&#x2019;</p>
<p>&#x2018;Wie is die trooster?&#x2019;, is volgens Karl Barth (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0003">1964</xref>) &#x2019;n sentrale vraag in die HK. Met Trooster dui hy nie op die Heilige Gees nie, maar op Christus, ons verlosser, soos dit in die HK staan. Die antwoord is dat Jesus Christus ons verlos, omdat Hy ons plek voor God ingeneem het. Hy kon dit doen omdat Hy die geliefde Seun van God is, wat soos ons geword het. Hy los ons ook nie alleen nie. Die Gees en Jesus se bloed speel &#x2019;n belangrike rol in die HK (Barth <xref ref-type="bibr" rid="CIT0003">1964</xref>:127). Jesus stuur ook sy Heilige Gees om ons in die tyd tot sy wederkoms te vertroos en van ons verlossing te verseker. Die persoon wat vertroos word, is ook die persoon wat verlos is.</p>
<p>Die HK is in nog &#x2019;n opsig ook uniek: Anders as ander belydenisskrifte wat uit &#x00F3;f Calvinistiese &#x00F3;f Lutherse tradisies gegroei het, het die HK ontstaan as &#x2019;n &#x2018;ekumeniese&#x2019; dokument van onmiddellike belang vir die lewe en werk van die kerk (Barth <xref ref-type="bibr" rid="CIT0003">1964</xref>:22). Die HK handel oor die lewe van die kerk, en die kerk leer oor sonde, verlossing en dankbaarheid.</p>
<p>Met die Kerkorde van 1563, wou Frederik III in sy hoedanigheid as Keurvors, die eenheid van die kerk bevorder. Die Kategismus was egter nie die werk van &#x2019;n prins of een outeur nie, maar van die geloofsgemeenskap. Dit is &#x2019;n teks wat uit die geloofsgemeenskap na vore gekom het (Barth <xref ref-type="bibr" rid="CIT0003">1964</xref>:23). Gevolglik het die HK wyd invloed uitgeoefen. Dit was vir eeue, en is nog steeds deel van talle kerke se kategese en belydenis.</p>
<p>Die drie kernpunte van die HK (sonde, verlossing en dankbaarheid) kan by uitstek as &#x2019;n samevatting van die reformatoriese leer beskou word, en bring ook op &#x2019;n besondere manier die algemene evangeliese geloof tot uitdrukking (Barth <xref ref-type="bibr" rid="CIT0003">1964</xref>:25). Die HK is nie &#x2019;n stuk teorie nie, maar &#x2019;n dokument wat gebruik word om die evangelie te verkondig.</p>
<p>Die HK is in sy eenvoud &#x2019;n vernuftige herhaling van die essensie van die hele Reformasie (Barth <xref ref-type="bibr" rid="CIT0003">1964</xref>:122). Kategismusse het gewoonlik begin met die vraag: &#x2018;Wie is God?&#x2019;, of &#x2018;Wie is die mens?&#x2019; Die HK is anders &#x2013; dit begin met die vraag: &#x2018;Wat is jou enigste troos in lewe en in dood?&#x2019; (Barth <xref ref-type="bibr" rid="CIT0003">1964</xref>:123). Hierdie vraag veronderstel dat die mens troos nodig het, en dat daar wel troos vir die mens in die lewe en in die dood beskikbaar is (Barth <xref ref-type="bibr" rid="CIT0003">1964</xref>:123).</p>
</sec>
<sec id="s0005">
<title>Gevolgtrekking</title>
<p>Die HK is na my oordeel &#x2019;n tydlose dokument wat troos as &#x2019;n sentrale tema bevat en wat die evangelie in drie dele saamvat, naamlik sonde, verlossing en dankbaarheid. Die HK is &#x2019;n klassieke dokument van geloof vir die kerk wat saamgestel is volgens die Woord van God. Hoekom is die HK &#x2018;n dokument wat in die huidige tyd nog troos aan elkeen kan bring? Die HK maak dit duidelik dat Jesus Christus die inhoud van die troos en die inhoud van die HK is. Barth het die HK se inhoud herrangskik, deur die opskrifte van die drie dele te herformuleer: &#x2018;<italic>Who is the Comforter? Who is die comforted? How is comfort given, and in what does it consist of?</italic>&#x2019; (Barth <xref ref-type="bibr" rid="CIT0003">1964</xref>:124). Sy bedoeling was om duidelik te maak dat die volle troos van die evangelie daaruit bestaan dat ek nie aan myself behoort nie, maar aan Jesus Christus (Smit <xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">2014</xref>:64).</p>
<p>Die troos waarvan die HK praat, is steeds aangrypend: ons behoort nie aan onsself nie, maar aan Jesus Christus. Die tema van troos bepaal die hele struktuur en opbou van die HK (Smit <xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">2014</xref>:55). Die implikasie is dus dat die eerste deel handel oor die kennis van ons ellende, &#x2019;n wesenlike deel van ons troos is, en slegs moontlik is deur die verlossing van Jesus. Die derde deel oor dankbaarheid, is ook deel van hierdie troos, deurdat Jesus Christus ons self deur sy Woord en Gees van harte dankbaar maak. Die HK is nie &#x2019;n stuk teorie nie, maar &#x2019;n dokument wat gebruik word om die evangelie te verkondig: met troos as die sentrale tema.</p>
<p>Aan die begin van die een-en-twintigste eeu handhaaf baie kerke in Afrika, Asi&#x00EB;, Europa en Amerika nog steeds die HK as belydenis. Die kategismus bly &#x2019;n outentieke uitdrukking van die Protestantse geloof waarmee Christene van verskillende denominasies kan identifiseer (Klooster 1965:23). Volgens verskeie geleerdes het die skrywers van die HK doelbewus gebruik gemaak van uiteenlopende publikasies soos die werk van Calvyn, Bullinger, Beza, Melanchthon, Luther en andere. Desnieteenstaande, is die tema van troos steeds &#x2019;n deurlopende tema.</p>
<p>In die eenvoudige buurt van Neuk&#x00F6;lln in die Suidooste van Berlyn, staan &#x0149; onopvallende gebou, bekend as die Betsaal Rixdorf van die Gereformeerde Bethlehem Gemeente (Smit <xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">2014</xref>:68). Dit is die kerkgebou van die Protestantse vlugtelingsgemeente uit Boheme wat hulleself in 1797 daar kom vestig het, op uitnodiging van koning Frederik Wilhelm I, nadat hulle vanuit hulle eie gebied in Tsjeggi&#x00EB;, deur Sakse, na Pruise gevlug het (Smit <xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">2014</xref>:68). Daar het hulle klein saaltjie gebou om te dien as skool en as aanbiddingsplek. Rondom 1835 het hulle die nuwe saaltjie op die fondament van die vorige een gebou. Dit word steeds vir die eredienste van die gemeente gebruik, maar ook vir Presbiteriane wat uit Iran gevlug het. Hulle bied dus weer skuiling en ondersteuning aan hedendaagse vlugtelinge (Smit <xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">2014</xref>:68).</p>
<p>Die gebou is baie eenvoudig. Alles is in wit, sonder enige versiering, met slegs die woorde uit Vraag 1 (cf. <xref ref-type="table" rid="T0001">Tabel 1</xref>) van die Heidelbergse Kategismus voor teen die muur. Hierdie eenvoudige woorde teen die muur, vertel die verhaal. In Kare Huber se boek oor kerke in Berlyn, <italic>Berliner Kirchen und ihre H&#x00FC;ter</italic>, beskryf sy Frank Walter Steinmeier, die gewese Duitse Minister van Buitelandse Sake en Kanselierskandidaat, se groot waardering vir die lewe van hierdie klein gemeente in hierdie eenvoudige buurt, en hulle herinnerings aan hulle eie dogter wat daar gedoop is (Huber <xref ref-type="bibr" rid="CIT0010">2012</xref>:148&#x2013;151).</p>
<p>Dalk is hierdie voorbeeld die boodskap van die HK vir vandag. Die evangelie kom in alle eenvoud, maar telkens met nuwe aktualiteit. Die troos waaroor die Heidelbergse Kategismus praat, is steeds aangrypend: Ons behoort nie aan onsself nie, maar aan Jesus Christus.</p>
</sec>
</body>
<back>
<ack>
<title>Erkennings</title>
<sec id="s20006" sec-type="COI-statement">
<title>Mededingende belange</title>
<p>Die outeur verklaar dat geen finansi&#x00EB;le of persoonlike verbintenisse bestaan wat die skryf van hierdie artikel negatief kon be&#x00EF;nvloed nie.</p>
</sec>
<sec id="s20007">
<title>Outeursbydrae</title>
<p>A.J.v.R. is alleen outeur van hierdie navorsingsartikel.</p>
</sec>
<sec id="s20008">
<title>Etiese oorwegings</title>
<p>Hierdie artikel het alle etiese standaarde gevolg vir navorsing sonder direkte kontak met, en deelname van mense.</p>
</sec>
<sec id="s20009" sec-type="data-availability">
<title>Data beskikbaarheidsverklaring</title>
<p>Datadeling is nie van toepassing op hierdie artikel nie omrede geen nuwe data geskep of ontleed is nie.</p>
</sec>
<sec id="s20010">
<title>Vrywaring</title>
<p>Die menings en sienings wat in hierdie artikel meegedeel word, is di&#x00E9; van die outeur en weerspie&#x00EB;l nie noodwendig die amptelike beleid of posisie van enige geaffilieerde instelling, befondser, agentskap of di&#x00E9; van die uitgewer nie. Die outeur is verantwoordelik vir die inhoud van hierdie artikel.</p>
</sec>
</ack>
<ref-list id="references">
<title>Bibliografie</title>
<ref id="CIT0001"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>&#x00E0; Lasco</surname>, <given-names>J</given-names></string-name></person-group>., <year>1511</year>, <source><italic>De catechismus, oft kinder leere, diemen te Londen, in de Duytsche ghemeynte, is ghebruyckend</italic></source>, <person-group person-group-type="translator">transl. <string-name><given-names>J</given-names>. <surname>Utenhove</surname></string-name></person-group>, <publisher-name>Steven Myerdaman</publisher-name>, <publisher-loc>London</publisher-loc>, <comment>viewed from <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://eebo.chadwyck.com">http://eebo.chadwyck.com</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0002"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Barth</surname>, <given-names>K</given-names></string-name></person-group>., <year>1960</year>, <source><italic>Einfuhrung in den Heidelberger Katcchismus</italic></source>, <publisher-name>EVZ Verlag</publisher-name>, <publisher-loc>Zurich</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0003"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Barth</surname>, <given-names>K</given-names></string-name></person-group>., <year>1964</year>, <source><italic>Learning Jesus Christ through the Heidelberg Catechism</italic></source>, <person-group person-group-type="translator">transl. <string-name><given-names>S.C</given-names>. <surname>Guthrie</surname></string-name></person-group>, <publisher-name>Eerdmans</publisher-name>, <publisher-loc>Grand Rapids, MI</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0004"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Berkhof</surname>, <given-names>H</given-names></string-name></person-group>., <year>1963</year>, &#x2018;<chapter-title>The catechism as an expression of our faith</chapter-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>B</given-names>. <surname>Thompson</surname></string-name>, <string-name><given-names>H</given-names>. <surname>Berkhof</surname></string-name>, <string-name><given-names>E</given-names>. <surname>Schweizer</surname></string-name> &#x0026; <string-name><given-names>H.G</given-names>. <surname>Hageman</surname></string-name> (eds.)</person-group>, <source><italic>Essays on the Heidelberg catechism</italic></source>, pp. <fpage>93</fpage>&#x2013;<lpage>122</lpage>, <publisher-name>United Church Press</publisher-name>, <publisher-loc>Philadelphia, PA</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0005"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Bierma</surname>, <given-names>L.D</given-names></string-name></person-group>., <year>2013a</year>, &#x2018;<chapter-title>The origins of the threefold structure of the Heidelberg catechism: Another look</chapter-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>K</given-names>. <surname>Apperloo-Boersma</surname></string-name> &#x0026; <string-name><given-names>H.J</given-names>. <surname>Selderhuis</surname></string-name> (eds.)</person-group>, <source><italic>Power of faith: 450 years Heidelberg Catechism</italic></source>, p. <fpage>450</fpage>, <publisher-name>Vandenhoeck &#x0026; Ruprecht</publisher-name>, <publisher-loc>G&#x00F6;ttingen</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0006"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Bierma</surname>, <given-names>L.D</given-names></string-name></person-group>., <year>2013b</year>, <source><italic>The theology of the Heidelberg catechism: A reformation synthesis</italic></source>, <publisher-name>Westminster John Knox Press</publisher-name>, <publisher-loc>Louisville, KY</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0007"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>De Graaf</surname>, <given-names>S.G</given-names></string-name></person-group>., <year>1954</year>, <source><italic>Het ware geloof: Beschouwingen over Zondag 1&#x2013;22 van de Heidelbergse Catechismus</italic></source>, <publisher-name>Kok</publisher-name>, <publisher-loc>Kampen</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0008"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Engelbrecht</surname>, <given-names>S.P</given-names></string-name></person-group>., <year>1943&#x2013;1944</year>, &#x2018;<article-title>Die Heidelbergse Kategimus as kerklikle simbool</article-title>&#x2019;, <source><italic>HTS Teologiese Studies</italic></source> <volume>1</volume>(<issue>4</issue>), <fpage>160</fpage>&#x2013;<lpage>173</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4102/hts.v1i4.3327">https://doi.org/10.4102/hts.v1i4.3327</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0009"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Goeters</surname>, <given-names>J.F.G</given-names></string-name></person-group>., <year>1967</year>, <source><italic>Das Kreuz Jesu Christi als Grund des Heils Schriftenreihe des Theologischen Ausschusses der Evang</italic></source>. <publisher-name>Kirche der Union</publisher-name>, <publisher-loc>Mohn, G&#x00FC;tersloh</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0010"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Huber</surname>, <given-names>K</given-names></string-name></person-group>., <year>2012</year>, <source><italic>Berliner Kirchen und ihre H&#x00FC;ter</italic></source>, <publisher-name>Braus</publisher-name>, <publisher-loc>Berlin</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0011"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Klooster</surname>, <given-names>F.H</given-names></string-name></person-group>., <year>1963</year>, <source><italic>The heidelberg cathechism - An ecumenical creed</italic></source>, <comment>viewed n.d., from <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://www.etsjets.org/files/JETS-PDFs/8/8-1/BETS_8_1_23-33_Klooster.pdf">https://www.etsjets.org/files/JETS-PDFs/8/8-1/BETS_8_1_23-33_Klooster.pdf</ext-link>.</comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0012"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="editor"><string-name><surname>Lang</surname>, <given-names>A</given-names></string-name>. (ed.)</person-group>, <year>1907</year>, <source><italic>Der Heidelberger Katechismus und vier verwandte Katechismen</italic></source>, <publisher-name>Deichert</publisher-name>, <publisher-loc>Leipzig</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0013"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Lang</surname>, <given-names>A</given-names></string-name></person-group>., <year>1914</year>, &#x2018;<chapter-title>The religious and theological character of the Heidelberg catechism</chapter-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>T.F</given-names>. <surname>Herman</surname></string-name>, <string-name><given-names>D.D</given-names>. <surname>John</surname></string-name> &#x0026; <string-name><given-names>S</given-names>. <surname>Stahr</surname></string-name> (eds.)</person-group>, <source><italic>The reformed Church review</italic></source>, <volume>4</volume>, p. <fpage>462</fpage>, <publisher-name>The Reformed Church Publication Board</publisher-name>, <publisher-loc>Philadelphia</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0014"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Lang</surname>, <given-names>A</given-names></string-name></person-group>., <year>1967</year>, <source><italic>Der Heidelberger Katechismus und vier verwandte Katechismen</italic></source>, <publisher-name>Wissenschaftliche Buchgesellschaft</publisher-name>, <publisher-loc>Darmstadt</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0015"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Luther</surname>, <given-names>M</given-names></string-name></person-group>., <year>1966</year>, <source><italic>D Martin Luthers Werke: Kritische Gesamtausgabe</italic></source>, <comment>Bd 7</comment>, <publisher-name>Bohlaus</publisher-name>, <publisher-loc>Weimar</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0016"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Micronius</surname>, <given-names>M</given-names></string-name></person-group>., <year>1553</year>, &#x2018;<chapter-title>Een corte undersouckinghe des gheloofs in der Fassung von 1555</chapter-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>J.M.J.L</given-names>. <surname>van Ravenswaay</surname></string-name> (ed.)</person-group>, <source><italic>Reformierte Bekenntnisschriften</italic></source>, <comment>Band, 13</comment>, pp. <fpage>1550</fpage>&#x2013;<lpage>1558</lpage>, <publisher-name>Neukirchener Verlag 2007</publisher-name>, <comment>s.l.</comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0017"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Melanchthon</surname>, <given-names>P</given-names></string-name></person-group>., <year>1552</year>, &#x2018;<chapter-title>Examen ordinandorum</chapter-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>R</given-names>. <surname>Stupperich</surname></string-name> (ed.)</person-group>, <source><italic>Melanchthons Werke in Auswahl</italic></source>, Vol. <volume>6</volume>, <publisher-name>Bertelsmann</publisher-name>, <publisher-loc>G&#x00FC;tersloh</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0018"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Neuser</surname>, <given-names>W</given-names></string-name></person-group>., <year>1979</year>, &#x2018;<article-title>Die V&#x00E4;ter des Heidelberger Katechismus</article-title>&#x2019;, <source><italic>Theologische Zeitschrift</italic></source> <volume>35</volume>, <fpage>177</fpage>&#x2013;<lpage>199</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0019"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><collab>NG Kerk in SA</collab></person-group>, <year>n.d.</year>, <source><italic>Formuliere: Heidelbergse Kategusmis</italic></source>, <comment>viewed n.d. from <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://kerkargief.co.za/doks/bely/GB_HK.pdf">https://kerkargief.co.za/doks/bely/GB_HK.pdf</ext-link>.</comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0020"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Oberholzer</surname>, <given-names>J.P</given-names></string-name></person-group>., <year>1986</year>, <source><italic>Die Heidelbergse Kategismus in vier teksuitgawes, met inleiding en teksvergelyking</italic></source>, <publisher-name>Kital</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0021"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Reu</surname>, <given-names>J.M</given-names></string-name></person-group>., <year>1976</year>, <source><italic>Quellen zur Geschichte des kirchlichen Unterrichts in der evangelischen Kirche Deutschlands zwischen 1530 und 1600</italic></source>, <comment>Reprint of the edition G&#x00FC;tersloh 1904&#x2013;1935</comment>, vol. <volume>1&#x2013;9</volume>, <publisher-name>Georg Olms Verlag</publisher-name>, <publisher-loc>Hildesheim</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0022"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Schulze</surname>, <given-names>L.F</given-names></string-name></person-group>., <year>1994</year>, &#x2018;<article-title>Die teologiese wortels en struktuur van die Heidelbergse Kategismus: &#x2019;n Oorsig</article-title>&#x2019;, <source><italic>HTS Teologiese Studies</italic></source> <volume>50</volume>(<issue>1&#x0026;2</issue>), <fpage>194</fpage>&#x2013;<lpage>210</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4102/hts.v50i1/2.2550">https://doi.org/10.4102/hts.v50i1/2.2550</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0023"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Smit</surname>, <given-names>D</given-names></string-name></person-group>., <year>2014</year>, &#x2018;<article-title>Oor die inhoud en boodskap van die Heidelbergse Kategismus</article-title>&#x2019;, <source><italic>Acta Theologica</italic></source>, <supplement>suppl. ser. 40</supplement>, <fpage>50</fpage>&#x2013;<lpage>73</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4314/actat.v20i1.4S">https://doi.org/10.4314/actat.v20i1.4S</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0024"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Sturm</surname>, <given-names>E</given-names></string-name></person-group>., <year>1972</year>, <source><italic>Der junge Zacharias Ursinus: Sein Weg vom Philippismus zum Calvinismus</italic></source>, <publisher-name>Neukirchener Verlag</publisher-name>, <publisher-loc>Neukirchen-Vluyn</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0025"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Weber</surname>, <given-names>O</given-names></string-name></person-group>., <year>1968</year>, &#x2018;<chapter-title>Analytische theologie. Zum geschichtliche Standort des Heidelberger Katechismus: Die Treue Gottes in der Geschichte der Kirche. Gesammelte Aufsatze 2:131&#x2013;146</chapter-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>S</given-names>. <surname>Petrova</surname></string-name>, <string-name><given-names>M</given-names>. <surname>Stolz</surname></string-name>, <string-name><given-names>R</given-names>. <surname>Szczepaniak</surname></string-name> &#x0026; <string-name><given-names>J</given-names>. <surname>Weitbrecht</surname></string-name> (eds.)</person-group>, <source><italic>Beitrage zur Geschichte und Lehre der reformierten Kirche, Band 29</italic></source>, <publisher-name>Neukirchener Verlag</publisher-name>, <publisher-loc>Neukirchen</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0026"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Wengert</surname>, <given-names>T.J</given-names></string-name></person-group>., <year>1996</year>, &#x2018;<chapter-title>Philip Melanchthon&#x2019;s 1522 annotations on Romans and the Lutheran origins of Rhetorical criticism</chapter-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>R.A</given-names>. <surname>Muller</surname></string-name> &#x0026; <string-name><given-names>J.L</given-names>. <surname>Thompson</surname></string-name> (eds.)</person-group>, <source><italic>Biblical interpretation in the era of the Reformation: Essays presented to David C. Steinmetz in honor of his sixtieth birthday</italic></source>, pp. <fpage>118</fpage>&#x2013;<lpage>140</lpage>, <publisher-name>Eerdmans</publisher-name>, <publisher-loc>Grand Rapids, MI</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
</ref-list>
<fn-group>
<fn><p><bold>How to cite this article:</bold> Janse van Rensburg, A., 2024, &#x2018;Belangrikheid van troos in die Heidelbergse Kategismus&#x2019;, <italic>In die Skriflig</italic> 58(1), a2999. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4102/ids.v58i1.2999">https://doi.org/10.4102/ids.v58i1.2999</ext-link></p></fn>
</fn-group>
</back>
</article>