<?xml version="1.0" encoding="UTF-8"?>
<!DOCTYPE article PUBLIC "-//NLM//DTD JATS (Z39.96) Journal Publishing DTD v1.1d1 20130915//EN" "http://jats.nlm.nih.gov/publishing/1.1d1/JATS-journalpublishing1.dtd">
<article xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xmlns:mml="http://www.w3.org/1998/Math/MathML" article-type="research-article" xml:lang="af">
<front>
<journal-meta>
<journal-id journal-id-type="publisher-id">IDS</journal-id>
<journal-title-group>
<journal-title>In die Skriflig / In Luce Verbi</journal-title>
</journal-title-group>
<issn pub-type="ppub">1018-6441</issn>
<issn pub-type="epub">2305-0853</issn>
<publisher>
<publisher-name>AOSIS</publisher-name>
</publisher>
</journal-meta>
<article-meta>
<article-id pub-id-type="publisher-id">IDS-59-3139</article-id>
<article-id pub-id-type="doi">10.4102/ids.v59i1.3139</article-id>
<article-categories>
<subj-group subj-group-type="heading">
<subject>Original Research</subject>
</subj-group>
</article-categories>
<title-group>
<article-title>Hoe Christenonderwysers &#x2019;n bydrae kan maak tot die morele herstel binne Suid-Afrikaanse Skole</article-title>
</title-group>
<contrib-group>
<contrib contrib-type="author" corresp="yes">
<contrib-id contrib-id-type="orcid">https://orcid.org/0000-0002-9326-873X</contrib-id>
<name>
<surname>Lambrechts</surname>
<given-names>Ruan</given-names>
</name>
<xref ref-type="aff" rid="AF0001">1</xref>
</contrib>
<aff id="AF0001"><label>1</label>The Unit for Reformational Theology and the Development of the South African Society, Faculty of Theology, North-West University, Potchefstroom, South Africa</aff>
</contrib-group>
<author-notes>
<corresp id="cor1"><bold>Corresponding author:</bold> Ruan Lambrechts, <email xlink:href="ruan.lambrechts@outlook.com">ruan.lambrechts@outlook.com</email></corresp>
</author-notes>
<pub-date pub-type="epub"><day>28</day><month>01</month><year>2025</year></pub-date>
<pub-date pub-type="collection"><year>2025</year></pub-date>
<volume>59</volume>
<issue>1</issue>
<elocation-id>3139</elocation-id>
<history>
<date date-type="received"><day>30</day><month>10</month><year>2024</year></date>
<date date-type="accepted"><day>11</day><month>12</month><year>2024</year></date>
</history>
<permissions>
<copyright-statement>&#x00A9; 2025. The Authors</copyright-statement>
<copyright-year>2025</copyright-year>
<license license-type="open-access" xlink:href="https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/">
<license-p>Licensee: AOSIS. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.</license-p>
</license>
</permissions>
<abstract>
<p><bold>How Christian teachers can contribute to the moral restoration in South African schools.</bold> Moral degradation is evident within South African schools. Academics advocate various approaches to moral restoration. This article addresses the unique contribution of Christian educators to moral restoration in South African schools. The argument is that Christian educators can influence the younger generation to embrace better moral values through their lifestyle. Since many teachers lack the confidence to live out a Christian lifestyle within South African schools due to the challenges posed by legislation and the societal dynamics of the South African youth, this article delves into these issues. The aim is to derive insights that can be used to develop a relevant approach. A threefold approach, comprising a holy lifestyle, caring for others, and a healthy work ethic is proposed. This approach offers teachers a practical solution to fulfil their calling within South African schools with confidence thereby contributing to moral restoration.</p>
<sec id="st1">
<title>Contribution</title>
<p>Attention is given to current legislation regarding religion and education, as well as the unique characteristics of the South African youth, to determine how a Christian lifestyle that promotes better moral values, manifests in South African schools.</p>
</sec>
</abstract>
<kwd-group>
<kwd>moral decay</kwd>
<kwd>moral restoration</kwd>
<kwd>Christan teachers</kwd>
<kwd>Christianity in schools</kwd>
<kwd>legislation</kwd>
<kwd>generation Z</kwd>
</kwd-group>
<funding-group>
<funding-statement><bold>Befondsingsinligting</bold> Die outeur het ontvangs van die volgende finansi&#x00EB;le ondersteuning vir die publikasie van hierdie navorsingsartikel bekend gemaak: Die artikel is ondersteun deur S.A. Akademie vir Wetenskap en Kuns</funding-statement>
</funding-group>
</article-meta>
</front>
<body>
<sec id="s0001">
<title>Inleiding en probleemstelling</title>
<p>Die morele agteruitgang in Suid-Afrikaanse skole is duidelik sigbaar. Die media berig gereeld oor gevalle wat op morele agteruitgang dui. Tshabalala (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0035">2023</xref>) verduidelik dat die veiligheid van onderwysers en leerders in Suid-Afrikaanse skole kommerwekkend is, aangesien moord en gewelddadige aanvalle op leerders en onderwysers aan die toeneem is.</p>
<p>Seksuele teistering is ook &#x2019;n ernstige probleem. Mashale (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">2023</xref>) lewer verslag dat daar 61 verkragtings van leerders in die eerste drie maande van 2023 aangemeld is. Sy verduidelik dat 43 van hierdie oortredings deur medeleerders gepleeg is. Indien tersi&#x00EA;re instansies en dagsorgsentrums ingereken word, is daar tussen Januarie en Maart gemiddeld een leerder per dag in Suid-Afrika verkrag (Mashale <xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">2023</xref>). Sy reken dat hierdie getalle moontlik so hoog is weens blootstelling aan pornografie, groepsdruk en &#x2019;n ongesonde begrip van verhoudings.</p>
<p>Verder is dwelmmisbruik en verslawing &#x2019;n toenemende probleem (Lebakeng <xref ref-type="bibr" rid="CIT0021">2023</xref>). Leerders misbruik alkohol en het toegang tot &#x2019;n groter verskeidenheid dwelms en tog is daar, volgens Lebakeng, min programme, mense en fasiliteite om hierdie probleem die stryd aan te s&#x00EA;. Dieselfde kan oor die toename in geweld en seksuele teistering in Suid-Afrikaanse skole ges&#x00EA; word.</p>
<p>Verskeie metodes vir morele herstel word deur akademici voorgehou soos byvoorbeeld <italic>African Indigenous Perspectives for Reinforcing Moral Education among the Lesotho Secondary School Learners</italic> (2023) deur Tlali en Sepiriti en <italic>Strengthening Morality and Ethics in Educational Assessment through Ubuntu in South Africa</italic> (2011) deur Beets.</p>
<p>De Klerk-Luttig (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0011">2008</xref>:505&#x2013;509) s&#x00EA; dat die spiritualiteit van onderwysers &#x2019;n belangrike onderwerp in die debat oor onderwys in Suid-Afrika is. Sy is van mening dat die spiritualiteit van onderwysers dikwels oorgesien word en nie genoegsame aandag verkry nie. Spiritualiteit is &#x2019;n bre&#x00EB; konsep met verskeie aspekte, waaronder &#x2019;n gevoel van &#x2019;n ho&#x00EB;r roeping om &#x2019;n verskil te maak in ander se lewens en om sodoende betekenis en vervulling te verkry. Voorts lewer spiritualiteit &#x2019;n groot bydrae tot moraliteit en etiese gedrag. Spiritualiteit sluit ook &#x2019;n sterk verbintenis aan &#x2019;n ho&#x00EB;r krag in en daarom het dit &#x2019;n belangrike verbintenis met godsdiens.</p>
<p>Juis daarom is hierdie studie belangrik. Aangesien Christenskap &#x2019;n integrale deel van baie onderwysers se spiritualiteit is, wil onderwysers ook &#x2019;n Christelike leefwyse in skole uitleef. Hierdie leefwyse het te make met hulle gevoel van &#x2019;n ho&#x00EB;r roeping om ook deur hulle Christelike leefwyse ander te roep om God te verheerlik.</p>
<p>De Klerk-Luttig (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0011">2008</xref>:510&#x2013;511) voer aan dat baie onderwysers vandag nie die vrymoedigheid het om dieper, persoonlike probleme of die probleme van hulle leerders in die lig van hulle spiritualiteit te hanteer nie. Volgens haar heers daar &#x2019;n wanbegrip dat onderwysers se spiritualiteit beperk is tot die private sfeer van hulle lewens. Hierdie wanbegrip het &#x2019;n negatiewe impak op onderwysers sowel as leerders.</p>
<p>Hierdie wanbegrip is waarskynlik te danke aan verwarring oor die huidige wetgewing rakende godsdiens in Suid-Afrikaanse skole. Du Plessis (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0016">2017</xref>) vestig die aandag op &#x2019;n onlangse hofsaak wat verband hou met die toepassing van hierdie wetgewing. Sy stel dat hierdie hofsaak &#x2019;n verlore geleentheid was, aangesien die uitspraak geen duidelikheid verskaf het oor hoe skole hierdie wetgewing behoort toe te pas nie, wat daartoe gelei het dat al 24 000 Suid-Afrikaanse skole in onsekerheid gelaat is.</p>
<p>Verder wys Prensky (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0028">2001</xref>:2) daarop dat daar &#x2019;n kommunikasiegaping tussen onderwysers en jongmense is. Onderwysers is nie vertroud met die leefw&#x00EA;reld van die leerders met wie hulle werk nie en sukkel dus om op &#x2019;n toepaslike wyse met hulle te kommunikeer (Cilliers <xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">2017</xref>:188). Daarom is Turner (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0036">2015</xref>:111) se opmerking wat s&#x00EA; dat dit noodsaaklik is om &#x2019;n dieper begrip van hierdie generasie se verwysingsraamwerk te kry van belang. &#x2019;n Beter begrip van hulle raamwerk sal help om die gaping tussen jongmense en onderwysers te vernou.</p>
<p>Die vrae wat hierdie artikel hanteer, is onder andere: (1) Hoe kan Christelike onderwysers in Suid-Afrikaanse skole met vrymoedigheid hulle Christelike roeping uitleef, ondanks die uitdagings van bestaande wetgewing en die komplekse sosiale probleme wat die Suid-Afrikaanse jeug in die gesig staar, om sodoende &#x2019;n betekenisvolle bydrae te lewer tot die morele herstel binne Suid-Afrikaanse skole? (2) Hoe kan hierdie uitdagings, wat voortspruit uit wetgewing en samelewingskwessies, positief aangewend word as deel van hulle roeping, en sodoende ook tot die morele herstel bydra?</p>
</sec>
<sec id="s0002">
<title>Die Christelike roeping</title>
<p>In die beantwoording hiervan is dit eerstens noodsaaklik om uit te brei op die roeping van die Christenonderwyser. Wat is die ho&#x00EB;r roeping wat Christenonderwysers nastreef in hulle alledaagse lewe, en hoe dra hierdie roeping by tot die morele herstel binne Suid-Afrikaanse skole? Aangesien Suid-Afrika &#x2019;n uiteenlopende samestelling van onderwysers met verskillende geloofsoortuigings het, word akademici van ander gelowe aangemoedig om ook te skryf oor die unieke bydrae van hulle geloof. Sodoende kan verskillende benaderings beoordeel en vergelyk word.</p>
<p>Die Christelike leefwyse wat hier bespreek word, gaan oor &#x2019;n aktiewe deelname aan die <italic>missio Dei</italic>. Die <italic>missio Dei</italic> gaan oor God se verlossingswerk in en deur die geskiedenis om die ganse skepping uit die mag van die sonde te verlos (Wright <xref ref-type="bibr" rid="CIT0045">2013</xref>:22&#x2013;23). Om hierdie rede het die Vader die Seun gestuur, die Vader en die Seun het die Heilige Gees gestuur en uiteindelik het die Vader, Seun en Heilige Gees die kerk gestuur (Bosch <xref ref-type="bibr" rid="CIT0004">2011</xref>:9147).</p>
<p>Christenonderwysers, as medegelowiges in die liggaam van Christus, is dus geroep om aan die sending van God deel te neem. Hulle moet God se verlossingswerk in &#x2019;n sondige w&#x00EA;reld verteenwoordig. As mense wat nuut gemaak is deur die genade van God, moet hulle deur woord en daad getuies wees van God se heerskappy (Bosch <xref ref-type="bibr" rid="CIT0004">2011</xref>:9172). Hierdie taak moet op elke gebied van &#x2019;n gelowige se lewe uitgevoer word; dit sluit ook onderwysers se deelname aan die <italic>missio Dei</italic> in Suid-Afrikaanse skole in.</p>
<p>Aangesien hierdie studie vanuit &#x2019;n Christenperspektief benader word, dien die Bybel as vertrekpunt. Verskeie Bybelgedeeltes vertel van &#x2019;n veranderde leefwyse wat die resultaat is van God se verlossingswerk in gelowiges se lewe (Rom 6:5&#x2013;11; 2 Kor 5:17; Gal 2:20; Ef 4:20&#x2013;24; Tit 2:11&#x2013;14). Hierdie veranderde leefwyse het nie net implikasies vir die gelowige nie, maar ook vir diegene met wie hy of sy in aanraking kom. Matteus 5:16 en 1 Petrus 2:11&#x2013;12 maak dit duidelik dat die Christelike leefwyse ander kan roep om God te verheerlik. Die argument is dus dat onderwysers ander deur &#x2019;n Christelike leefwyse kan roep om &#x2019;n leefwyse aan te neem wat God verheerlik. Sodoende kan die morele probleem in Suid-Afrikaanse skole vanuit &#x2019;n Christelike perspektief die hoof gebied word.</p>
<p>Bayaga en Jaysveree (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">2011</xref>:209) meen dat Suid-Afrikaanse jongmense &#x2019;n swak morele raamwerk het weens &#x2019;n gebrek aan sterk morele leierskap onder ouers en onderwysers. Dit is hier waar Christenonderwysers se aktiewe deelname aan die <italic>missio Dei</italic> in Suid-Afrikaanse skole van belang is. Ander stemme in die akademiese w&#x00EA;reld wys ook op die belangrike invloed van onderwysers se geloof op leerders. Del Castillo en Sarmiento (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">2022</xref>:14) s&#x00EA; byvoorbeeld dat spirituele modulering &#x2019;n belowende benadering is vir die leer van geloof en waardes. Cohen-Malayev, Schachter en Rich (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0009">2014</xref>:205) verduidelik verder dat jongmense se waarneming van hulle onderwysers as rolmodelle belangrik is vir die vorming van hulle spirituele identiteit. Onderwysers kan dus deur hulle invloed en optrede as geestelike rolmodelle in Suid-Afrikaanse skole die jonger generasie roep om waardes wat God verheerlik, aan te neem.</p>
</sec>
<sec id="s0003">
<title>Wetgewing rakende godsdiensbeoefening in Suid-Afrikaanse skole</title>
<p>In die inleiding is vermeld dat onderwysers dikwels huiwerig is om hulle geloof binne skole uit te leef weens verwarring oor die toepassing van die huidige wetgewing. Hierdie afdeling fokus spesifiek op die rede waarom onderwysers gehoorsaam moet wees aan hierdie wetgewing as deel van hulle roeping. &#x2019;n Kort oorsig van die wetgewing word verskaf om te verduidelik hoe dit hulle roeping beperk, die tekortkomings daarvan aan te dui, en ook die geleenthede uit te lig wat dit onderwysers bied vir deelname aan die <italic>missio Dei</italic>.</p>
<p>Deelname aan die <italic>missio Dei</italic> vereis dat gelowiges gehoorsaam sal wees aan die owerhede wat oor hulle aangestel is (Rom 13:1&#x2013;2; Tit 3:1&#x2013;2; 1 Pet 2:13&#x2013;17). 1 Petrus 2:13&#x2013;15 maak dit duidelik dat gelowiges se onderdanigheid aan die owerheid onkundiges tot wysheid sal roep. In die lig van die bostaande gesprek rakende die <italic>missio Dei,</italic> kan die volgende ges&#x00EA; word: Deur gehoorsaam aan die owerheid te wees, kan gelowiges ander roep om &#x2019;n gods-verheerlikende leefwyse aan te neem. Daarom is dit belangrik om die beperkings wat die Grondwet stel rakende godsdiens en onderrig te bestudeer, sodat onderwysers ook in hierdie opsig kan deelneem aan die <italic>missio Dei</italic>.</p>
<p>Om die huidige wetgewing rakende godsdiens binne Suid-Afrika te verstaan, is dit belangrik om te begin by die Grondwet (RSA <xref ref-type="bibr" rid="CIT0031">1996</xref>:par. 9). Die Grondwet maak dit duidelik dat daar teen niemand gediskrimineer mag word op grond van godsdiens nie. Verder word daar in paragraaf 15 vermeld dat almal die reg het tot hulle eie geloofsoortuiging. Landsburgers mag dus nie gedwing word om anders te dink of te glo nie. Die Grondwet (RSA <xref ref-type="bibr" rid="CIT0031">1996</xref>) vermeld ook dat godsdienstige plegtighede by staatsondersteunde instansies mag plaasvind. Die vereistes is dat hierdie geleenthede die re&#x00EB;ls sal volg wat deur die gepaste owerhede gestel is (bv. beheerliggame van skole), dat dit op &#x2019;n gelyke basis uitgevoer sal word en dat deelname daaraan vrywillig is.</p>
<p>Aangaande die toepassing van hierdie bepalings van die Grondwet in Suid-Afrikaanse openbare skole, het die Departement van Onderwys (2003) &#x2019;n beleid ingestel wat beskryf hoe godsdiens in skole mag funksioneer. In hierdie beleid gee die Departement van Onderwys aandag aan drie wyses waarop godsdiens tersaaklik kan wees, naamlik godsdiensopvoeding, godsdiensonderwys en godsdienstige plegtighede (Departement van Onderwys 2003).</p>
<p>Godsdiensopvoeding word as &#x2019;n kurrikulumprogram beskryf, met duidelike ouderdomsgebaseerde doelwitte wat opvoeding oor godsdiens, ander gelowe en die godsdienstige verskeidenheid in Suid-Afrika verskaf (Departement van Onderwys 2003). Die gedagte is dat leerders hierdeur ander gelowe sal herken, respekteer en met waardigheid sal hanteer.</p>
<p>Die Departement van Onderwys (2003) beskryf godsdiensonderwys as onderrig in &#x2019;n spesifieke geloof met die doel dat die leerder hierdie geloof sal volg. Dit word duidelik gemaak dat godsdiensonderwys die taak van die huisgesin, familie en godsdienstige gemeenskap is en dat dit nie deel van die formele skoolprogram mag wees nie. Gevolglik word godsdiensonderwys tot die private sfeer beperk.</p>
<p>Skole word wel aangemoedig om hulle fasiliteite vir vrywillige godsdiensonderwys beskikbaar te stel, solank dit gedoen word op &#x2019;n wyse wat nie inmeng met of enigiets van die opvoedkundige kernverantwoordelikheid van die skool wegneem nie. Hodgson (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0018">2017</xref>:192&#x2013;193) verduidelik dat hierdie gebruike die gebruik van die skoolperseel vir godsdienstige besprekings en seremonies n&#x00E1; skoolure, gebedsgeleenthede vir Moslemleerders op Vrydae gedurende skoolure en leerdergedrewe godsdienstige klubs, soos die Verenigende Christen Studentevereniging (VCSV), kan insluit.</p>
<p>Godsdienstige plegtighede kan na &#x2019;n verskeidenheid gebruike verwys, byvoorbeeld &#x2019;n vrywillige openbare byeenkoms waar daar gebruik gemaak word van skoolfasiliteite vir &#x2019;n godsdienstige diens op &#x2019;n dag van aanbidding of rus, vrywillige geleenthede waar leerders en onderwysers bymekaarkom vir &#x2019;n godsdienstige plegtigheid en aangeleenthede eie aan die spesifieke godsdiens soos kleredrag, geleenthede vir gebed en die inagneming van dieetvereistes (Departement van Onderwys 2003; sien ook RSA <xref ref-type="bibr" rid="CIT0031">1996</xref>). Dit is belangrik om daarop te let dat die Departement doelbewus nie aandag aan elke moontlike godsdienstige plegtigheid gee nie. Sy doelwit is eerder om &#x2019;n raamwerk te voorsien waarbinne godsdienstige plegtighede kan plaasvind, met die hoop dat hierdie geleenthede gebruik sal word. Die rol van skoolbeheerliggame word by die uitvoering hiervan erken (Dreyer <xref ref-type="bibr" rid="CIT0015">2007</xref>:44).</p>
<p>Dit word ook duidelik gemaak dat hierdie geleenthede deel van die amptelike skoolprogram mag wees, solank dit multigodsdienstig is. Die volgende is voorbeelde daarvan: (1) Skei die leerders volgens geloof. Hierdie geleenthede vind dus plaas buite die konteks van &#x2019;n groot skoolbyeenkoms en maak voorsiening vir verskeie kleiner byeenkomste waar leerders met verskillende geloofsoortuigings bymekaar kan kom. (2) Wissel die groter geleenthede vir verskillende gelowe af. (3) Lees uit die godsdienstige geskrifte van verskillende gelowe. (4) Gebruik &#x2019;n universele gebed of &#x2019;n tydperk van stilte. Sterk klem word dus daarop geplaas dat een spesifieke geloof nie ten koste van &#x2019;n ander in Suid-Afrikaanse openbare skole bevorder mag word nie.</p>
<p>Daar is dus verskeie geleenthede vir godsdiens om in skole te funksioneer en wat benut kan en moet word ter ondersteuning van &#x2019;n beter moraliteit in skole. Onderwysers word toegelaat om onderrig oor die verskillende gelowe (ook Christenskap) binne spesifieke vakrigtings te gee. Geleenthede vir gebed, Skriflesing en byeenkomste word toegelaat, solank dit op &#x2019;n gepaste wyse gedoen word. Hierdie kan effektief deur onderwysers in hulle deelname aan die <italic>missio Dei</italic> binne Suid-Afrikaanse skole aangewend word, sodat die leerders sal besef dat godsdiens verband hou met hulle totale lewe.</p>
<p>Alhoewel hierdie gebruike goed aangewend kan word, is daar steeds verskeie beperkings wat met hierdie wetgewings gepaard gaan. Dreyer (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0015">2007</xref>) asook Van der Walt (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0039">2010</xref>, <xref ref-type="bibr" rid="CIT0040">2011</xref>) voer soortgelyke argumente aan wat wys op verskeie probleme wat kan ontstaan as godsdiensonderwys tot die private sfeer afgesonder word. Aandag word gevolglik hierop toegespits, aangesien hierdie tekortkomings ook insigte verskaf wat relevant is tot onderwysers se roeping tot &#x2019;n veranderende leefwyse binne Suid-Afrikaanse skole.</p>
<p>Dreyer (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0015">2007</xref>:57) verduidelik dat dit nie genoegsaam is om slegs onderrig oor die verskillende gelowe te gee nie (godsdiensopvoeding). Hy plaas sterk klem op die feit dat onderwysers ook die verantwoordelikheid het om opleiding in besprekings te verskaf (godsdiensonderwys). Geleenthede moet dus geskep word waar leerders deur kundiges aan teenstrydige argumente van ander gelowe blootgestel word. Daar moet dus geleentheid wees vir die verskillende gelowe om kritiese gesprekke met mekaar te voer. Hierdeur leer leerders nie net om ander gelowe te ken en te respekteer nie, maar ook hoe om goeie deelnemers in gesprekke met persone van daardie gelowe te wees. Hierdie benadering sal leerders op &#x2019;n dieper wyse bewus maak van die kwessie van pluraliteit in Suid-Afrika, en hulle toerus om die probleme wat daaruit voortspruit, op &#x2019;n gepaste manier te benader.</p>
<p>Van der Walt (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0040">2011</xref>:5) redeneer dat hierdie beleid &#x2019;n kunsmatige skeiding tussen godsdiensonderwys en godsdiensopvoeding of -plegtighede maak. Hy voer aan dat die afsondering van godsdiensonderwys tot die private sfeer, die eenheid van godsdiensopvoeding en &#x2019;n godsdienstige lewenstyl versteur. Dit ontneem leerders die geleentheid om godsdienstige verskeidenheid in skole te ervaar. Volgens hom moet leerders op &#x2019;n omvattende wyse aan al die gelowe in hulle skool blootgestel word. Daarom moet daar gelyke geleenthede vir godsdiensopvoeding gegee word. Hierdeur sal leerders nie net teoretiese inligting oor die verskillende gelowe ontvang nie, maar ook die praktiese toepassing van hierdie gelowe kan aanskou.</p>
<p>Die bevordering van sekularisme is &#x2019;n verdere probleem wat ge&#x00EF;dentifiseer word. Van der Walt (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0039">2010</xref>:82) verwys na &#x2019;n sekere begrip van sekularisme wat dit beskryf as die verskuiwing van godsdiens vanaf die openbare tot die private sfeer. Die Departement van Onderwys se afsondering van godsdiensonderwys tot die private sfeer kan as die bevordering van sekularisme in die Suid-Afrikaanse samelewing beskryf word; dit, ten spyte van die Departement van Onderwys (2003) se erkenning van die waardevolle rol van godsdiens in die opvoeding.</p>
<p>Die afsondering van godsdiensonderwys het &#x2019;n definitiewe korrelasie met die morele verval in Suid-Afrikaanse skole (Van der Walt <xref ref-type="bibr" rid="CIT0039">2010</xref>:87). Die gedagte wat oorgedra word, is dat God geen mandaat het oor die wyse waarop leerders in die skoolomgewing moet optree nie. Godsdiens word as &#x2019;n private aangeleentheid voorgehou wat slegs vir die private sfeer van &#x2019;n persoon se lewe implikasies inhou. God word nie in die skoolomgewing toegelaat nie en daarom voel leerders dat hulle kan optree soos hulle goeddink.</p>
<p>Dit is noodsaaklik vir leerders om blootgestel te word aan teenstrydige argumente van ander gelowe (Dreyer <xref ref-type="bibr" rid="CIT0015">2007</xref>), om daardeur die praktiese uitwerking van gelowe te aanskou (Van der Walt <xref ref-type="bibr" rid="CIT0040">2011</xref>), asook om te beleef dat geloof nie &#x2019;n private saak is nie, maar dat dit seggenskap het oor alle aspekte van &#x2019;n persoon se lewe (Van der Walt <xref ref-type="bibr" rid="CIT0039">2010</xref>). Hierdie kan positief deur onderwysers aangewend word in hulle deelname aan die <italic>missio Dei</italic> binne Suid-Afrikaanse skole.</p>
</sec>
<sec id="s0004">
<title>Die leefw&#x00EA;reld van die Suid-Afrikaanse jeug</title>
<p>Buiten die uitdagings wat deur die huidige wetgewing en sekularisme gebied word, moet die kommunikasiegaping tussen Christenonderwysers en die Suid-Afrikaanse jeug ook hanteer word. Indien die konteks van die jeug onbekend is, gaan die jeug nie bereik word nie. Die doel van hierdie artikel is om &#x2019;n leefwyse te omskryf wat kan bydra tot die morele herstel van die Suid-Afrikaanse jeug. &#x2019;n Omskrywing hiervan is onmoontlik sonder &#x2019;n deeglike omskrywing van die samelewingsuitdagings van hierdie generasie.</p>
<p>Die klem is dus op kontekstualisering. Die unieke leefw&#x00EA;reld van die Suid-Afrikaanse jeug moet verstaan word sodat die boodskap van God se verlossing en heerskappy op &#x2019;n verstaanbare en tersaaklike wyse deur onderwysers uitgeleef word sodat hulle daardeur die jeug kan bereik.</p>
<p>Daar is egter &#x2019;n paar uitdagings ter sprake in die beskrywing van hulle leefw&#x00EA;reld. Eerstens moet vermeld word dat die Suid-Afrikaanse jeug baie uiteenlopend is. Daarom is dit onmoontlik om aandag aan hulle eienskappe te gee sonder om te veralgemeen. Aandag word dus gegee aan bre&#x00EB;r vraagstukke wat oor die algemeen tersaaklik is. Verder is dit belangrik om daarop te let dat daar min navorsing oor die Suid-Afrikaanse jeug beskikbaar is en daarom word bronne van ander kontekste ook betrek. Die eenvormigheid in die huidige kultuurw&#x00EA;reld maak hierdie materiaal steeds bruikbaar en tersaaklik (Knoetze <xref ref-type="bibr" rid="CIT0019">2015</xref>:1&#x2013;2, 10). Ter wille van leesbaarheid word daar ook na hierdie groep verwys as Generasie Z, aangesien hulle as sodanig beskryf word deur baie van die bronne wat geraadpleeg word.</p>
<p>Die vier eienskappe wat ge&#x00EF;dentifiseer word in die beskrywing van die samelewingsuitdagings wat die Suid-Afrikaanse jeug in die gesig staar, is die volgende: hulle digitale leefw&#x00EA;reld, die strewe na gelykheid, &#x2019;n apokaliptiese sosio-ekonomiese konteks, en &#x2019;n postmoderne kultuur. Hierdie eienskappe verdien verdere bespreking, aangesien dit waardevolle insigte bied wat benut kan word om &#x2019;n relevante Christelike leefwyse te beskryf wat &#x2019;n betekenisvolle bydrae tot die morele herstel van die Suid-Afrikaanse jeug kan lewer.</p>
<sec id="s20005">
<title>Digitale inboorlinge</title>
<p>Generasie Z is gebore in &#x2019;n digitale w&#x00EA;reld en kan nie &#x2019;n tyd sonder die Internet onthou nie (Twenge <xref ref-type="bibr" rid="CIT0037">2017</xref>:8). Hulle is dus digitale inboorlinge, gebore in &#x2019;n w&#x00EA;reld wat deur middel van verskillende tegnologie&#x00EB; verbind is (Cilliers <xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">2017</xref>:190; Prensky <xref ref-type="bibr" rid="CIT0028">2001</xref>:1). Dit blyk die geval te wees vir jongmense vanuit byna alle agtergronde. Jongmense van alle inkomstegroepe, geslagte, ouderdomsgroepe en rasse word deur hierdie digitale werklikheid geraak (Rideout, Foehr &#x0026; Roberts <xref ref-type="bibr" rid="CIT0029">2010</xref>:37; Twenge <xref ref-type="bibr" rid="CIT0037">2017</xref>:9, 56). Ook die Suid-Afrikaanse jeug kan nie van hierdie werklikheid losgemaak word nie (Cilliers <xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">2017</xref>:191&#x2013;194; Knoetze <xref ref-type="bibr" rid="CIT0019">2015</xref>:3). Die digitale werklikheid is dus een van die tersaaklikste aspekte in die beskrywing van hierdie generasie se samelewingsuitdagings.</p>
<p>Die hoeveelheid tyd wat hierdie generasie met die digitale media deurbring, is opvallend. Rideout et al. (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0029">2010</xref>:11) lewer verslag dat jongmense tussen die ouderdom van agt en tien ongeveer sewe-en-&#x2019;n-half ure per dag met allerhande vorms van digitale media besig is. Hulle wys daarop dat hierdie periode aan &#x2019;n volle werksdag gelykgestel kan word. Die verskil is egter dat hierdie tydverdryf sewe dae per week plaasvind, eerder as vyf. Dit beteken dat die jeug ongeveer twee-en-vyftig-en-&#x2019;n-half ure per week in die digitale w&#x00EA;reld aktief is, wat baie langer is as wat die meeste mense werk. Volgens Twenge (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0037">2017</xref>:58) het mediagebruik onder die jeug meer as verdubbel in die laaste paar jaar. Cilliers (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">2017</xref>:191&#x2013;194) en Galal (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0017">2022</xref>) is ook van mening dat die sosiale-mediagebruik in Suid-Afrika sterk aan die toeneem is. Dit beteken dat die hoeveelheid tyd wat jongmense aanlyn deurbring in die toekoms nog ho&#x00EB;r kan raak.</p>
<p>Die buitensporige gebruik van digitale media het verskeie negatiewe gevolge. Die Barna Group en Impact 360 Institute (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">2018</xref>:15&#x2013;16), Brown (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0006">2022</xref>), Prensky (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0028">2001</xref>), Turner (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0036">2015</xref>:110) en Twenge (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0037">2017</xref>:64&#x2013;69) maak dit duidelik dat hierdie gebruik blywende skade aan jongmense se breine aanrig. Die misbruik van tegnologie lei tot swakker geheue en konsentrasie, wat op hulle beurt daartoe lei dat inligting op &#x2019;n onsamehangende wyse ingeneem, verwerk en oorgedra word. Die misbruik van tegnologie lei ook tot die sogenaamde afwesige teenwoordigheid (bv. in die klas is leerders se aandag by die digitale w&#x00EA;reld). Twenge (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0037">2017</xref>) is van mening dat hierdie faktor moontlik &#x2019;n skadelike impak op die ekonomie het, wat veral in die konteks van Suid-Afrika problematies is.</p>
<p>Buitensporige digitale mediagebruik raak ook jongmense se geestesgesondheid. Volgens Twenge (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0037">2017</xref>:82, 88) is daar &#x2019;n direkte verband tussen digitale mediagebruik en geestesgesondheid. Jongmense wat meer tyd in die digitale w&#x00EA;reld bestee, is meer geneig om ongelukkig te wees. Hierdie kwessie kan ook direk aan depressie en selfdood gekoppel word en is moontlik een van die redes waarom selfdood onder die Suid-Afrikaanse jeug aan die toeneem is (Konco <xref ref-type="bibr" rid="CIT0020">2021</xref>). Konco verduidelik dat geestesongesteldheid, alleenheid, afknouery, akademiese druk en seksuele en fisieke mishandeling daartoe kan lei dat jongmense selfdood pleeg. Dit is opvallend dat al hierdie aspekte &#x2019;n direkte kontakpunt met digitale media het (Brown <xref ref-type="bibr" rid="CIT0006">2022</xref>; Twenge <xref ref-type="bibr" rid="CIT0037">2017</xref>:82, 88, 90, 101).</p>
<p>Die digitale leefw&#x00EA;reld waarin jongmense vasgevang is, raak dus nie net hulle leervermo&#x00EB; nie, maar het ook &#x2019;n skadelike impak op hulle geestesgesondheid. Christenonderwysers moet dus daarvan bewus wees dat jongmense ook in &#x2019;n digitale w&#x00EA;reld leef, buiten die fisieke w&#x00EA;reld. Hulle Christelike leefwyse behoort daarom toepaslik te wees nie net in die fisieke w&#x00EA;reld nie, maar dit behoort ook &#x2019;n impak te maak in hulle digitale w&#x00EA;reld. Deur hulle leefwyse, moet hulle ook die probleme hanteer wat vanuit die digitale w&#x00EA;reld na die fisieke w&#x00EA;reld oorgaan.</p>
</sec>
<sec id="s20006">
<title>Strewe na gelykheid</title>
<p>Generasie Z word aan hulle strewe na die gelykheid vir alle mense geken. Dit is waarskynlik die gevolg van hulle uiteenlopende samestelling en grootword in &#x2019;n w&#x00EA;reld wat merkwaardige sosiale veranderings ondergaan het (Barna Group &#x0026; Impact 360 Institute <xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">2018</xref>:34; Boulifi <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">2021</xref>). Hierdie generasie voel dus sterk oor vraagstukke soos rassegelykheid en LGBTQIA+-regte, soos dit veral duidelik na vore kom in Deloitte (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0013">2021</xref>), Twenge (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0037">2017</xref>) en Mueni (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0024">2019</xref>) se opmerkings.</p>
<p>Volgens Deloitte (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0013">2021</xref>:2) glo Generasie Z dat diskriminasie weens sistemiese rassisme &#x2019;n beduidende probleem is. Die oortuiging van hierdie generasie is dat die onderwysstelsel nie genoeg doen om hierdie probleem die stryd aan te s&#x00EA; nie. Dit is moontlik waarom baie jeugaktiviste, soos Zulaikha Patel, &#x2019;n voorstander van hierdie kwessie is (TFG Media <xref ref-type="bibr" rid="CIT0032">2020</xref>).</p>
<p>Oor die LGBTQIA+-beweging s&#x00EA; Twenge (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0037">2017</xref>:229&#x2013;230) dat Generasie Z met verskeie televisieprogramme grootgeword het waar LGBTQIA+ karakters op die voorgrond verskyn het. Sy verduidelik dat dit &#x2019;n sterk invloed op hierdie generasie gehad het en moontlik die rede is vir hulle sterk ondersteuning van LGBTQIA+-regte. Mueni (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0024">2019</xref>) sluit hierby aan deur te verduidelik dat Suid-Afrika een van die min lande in Afrika is wat verdraagsaam teenoor die LGBTQIA+ beweging is. Mueni verwys na verskeie Suid-Afrikaanse openbare figure wat LGBTQIA+ regte openlik bevorder. Dit is waarskynlik een van die redes waarom LGBTQIA+-regte aanvaarding in die Suid-Afrikaanse samelewing geniet.</p>
<p>Die jeug het &#x2019;n sterk verlange dat alle mense gelyk moet wees en gelyk hanteer moet word. Hierdie begeerte moet in gedagte gehou word deur Christen-onderwysers in die uitleef van hulle roeping. Die uitleef van bybelse perspektiewe oor hierdie kwessies kan kragtig aangewend word tot morele herstel.</p>
</sec>
<sec id="s20007">
<title>Apokaliptiese sosio-ekonomiese konteks</title>
<p>Die apokaliptiese sosio-ekonomiese konteks van hierdie generasie is ook van belang. Deloitte (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0013">2021</xref>:2) wys daarop dat Generasie Z baie gespanne oor hulle finansi&#x00EB;le situasie is weens die gebrek aan werksgeleenthede. Ongeveer 60&#x0025; van hierdie generasie is werkloos en verlang daarna om vir hulle self &#x2019;n beter toekoms te skep, wat veral duidelik is in hulle begeerte na &#x2019;n goeie opvoeding (Trading Economics <xref ref-type="bibr" rid="CIT0034">2023</xref>). Die Barna Group en Impact 360 Institute (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">2018</xref>:38, 40, 53, 55) verduidelik dat hierdie generasie &#x2019;n goeie opvoeding begeer sodat hulle vir werksgeleenthede, met gepaste finansi&#x00EB;le voordele, kan kwalifiseer. Die gebrek aan werksgeleenthede motiveer ook baie jongmense van hierdie generasie om hulle eie besighede te begin (Barna Group &#x0026; Impact 360 Institute <xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">2018</xref>:29; Boulifi <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">2021</xref>; White <xref ref-type="bibr" rid="CIT0043">2017</xref>:39).</p>
<p>Die stryd van hulle apokaliptiese leefw&#x00EA;reld is nie beperk tot ekonomiese omstandighede nie. Daar is ook ander faktore soos siektes, geweld en verslawingsmiddels wat bydra tot hulle apokaliptiese omstandighede: Knoetze (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0019">2015</xref>:2) wys daarop dat Generasie Z in &#x2019;n w&#x00EA;reld grootword wat deur allerhande siektes geteister word. Buiten vir die feit dat daar in 2007 ongeveer 3.2 miljoen jongmense in sub-Sahara Afrika met HIV geleef het, sterf 37 000 jongmense elke dag aan voorkombare siektes (Knoetze <xref ref-type="bibr" rid="CIT0019">2015</xref>:2). Weens armoede het baie mense nie toegang tot noodsaaklike mediese hulp nie en daarom is daar baie onnodige sterftes. In 2019 het die w&#x00EA;reld ook die opkoms van die koronavirussieke 2019 (COVID-19) pandemie aanskou wat die lewens van baie mense ge&#x00EB;is het.</p>
<p>Voorts is Generasie Z ook slagoffers van seksuele en fisieke geweld. Cornelius (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0010">2013</xref>:174) s&#x00EA; dat geweld teen vroue &#x2019;n endemie in die Suid-Afrikaanse samelewing is. Muhigana (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0025">2023</xref>) bevestig hierdie stelling deur te berig dat meer as drie kinders en twaalf vroue tussen Oktober en Desember 2022 vermoor is. Afgesien daarvan was daar &#x2019;n verdere 21 434 gevalle van poging tot moord of ernstige aanranding. As die groot getal verkragtings wat daagliks in Suid-Afrika plaasvind (sien Mashale <xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">2023</xref>) ook in gedagte gehou word, kan die punt gemaak word dat die Suid-Afrikaanse jeug nie vrede ken nie. Hulle is slagoffers van geweld wat lewenslange fisieke en emosionele gevolge het.</p>
<p>Die teenwoordigheid van allerhande soorte geweld het ook &#x2019;n direkte verband met die misbruik van verslawingsmiddels. Seggie (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0030">2012</xref>:587) gee aandag aan die ho&#x00EB; alkoholgebruik onder die Suid-Afrikaanse bevolking (die jeug inkluis) en verduidelik dat daar verskeie sosiale gevolge hieraan verbonde is. Volgens Seggie kan alkoholmisbruik direk aan moord, aanranding, verkragting, misdaad, seksueel oordraagbare siektes, kinderverwaarlosing en skool-stokkiesdraai gekoppel word. Alkoholmisbruik het dus verskeie negatiewe gevolge in die lewens van jongmense. Nie net is hulle slagoffers van baie van die bogenoemde faktore nie, maar hulle het ook nie goeie rolmodelle om in hierdie opsig &#x2019;n gepaste voorbeeld te stel nie. Dwelmmisbruik is ook &#x2019;n wesenlike probleem (Lebakeng <xref ref-type="bibr" rid="CIT0021">2023</xref>) wat verdere negatiewe gevolge vir die Suid-Afrikaanse jeug kan inhou.</p>
<p>Onderwysers moet dus bewus wees dat hulle studente in vrees leef weens ekonomiese druk, siekte, geweld, verwaarlosing en middelmisbruik. Hulle Christelike optrede hoort dus te dien as hulp vir &#x2019;n generasie in groot nood. Sulke optrede kan positief aangewend word in die herstel van morele waardes.</p>
</sec>
<sec id="s20008">
<title>Postmoderne kultuur</title>
<p>Nel (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0027">2018</xref>:100) merk op dat dit uiters noodsaaklik is om die kulturele invloed op Generasie Z te bestudeer. Daarom gee hy aandag aan die opkoms van die postmoderne kultuur in Suid-Afrika. Nel (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0027">2018</xref>:101&#x2013;121) verduidelik dat hierdie kultuur &#x2019;n subjektiewe denkwyse bevorder wat geen ruimte vir absolute waarheid laat nie. Dit bevorder ook &#x2019;n sekul&#x00EA;re houding wat godsdiens as deel van die private sfeer van &#x2019;n mens se lewe beskou met geen praktiese uitwerking op die openbare optrede nie. Hierdie is veral duidelik in die huidige wetgewing rakende godsdiens binne Suid-Afrikaanse skole.</p>
<p>Hierdie kultuur be&#x00EF;nvloed alle aspekte van hierdie generasie se lewe en dra by tot gebrekkige morele waardes onder die Suid-Afrikaanse jeug. Onderwysers se Christelike leefwyse behoort dus teen die kultuur van die huidige samelewing te wees om morele herstel te bewerkstellig.</p>
</sec>
</sec>
<sec id="s0009">
<title>&#x2019;n Drievoudige benadering tot die morele herstel</title>
<p>Uit die bogenoemde besprekingspunte oor die Christelike roeping, die huidige wetgewing, en die samelewings-uitdagings van die Suid-Afrikaanse jeug, word verskeie insigte verkry. Hierdie insigte dien as riglyne vir die omskrywing van &#x2019;n Christelike leefwyse wat met vrymoedigheid uitgeleef kan word om sodoende aandag aan die morele kwessie te gee.</p>
<p>&#x2019;n Drievoudige rol wat &#x2019;n heilige lewenswandel, omgee vir ander en die voorhou van gesonde werksetiek insluit, word voorgehou as die benadering waarvolgens die jeug in hulle konteks hanteer kan word. Indien Christenonderwysers op hierdie drie gebiede fokus, behoort hulle optrede die boodskap van God se verlossing en heerskappy op so &#x2019;n wyse oor te dra dat dit tersaaklik is vir die Suid-Afrikaanse jeug en die huidige wetgewing.</p>
<sec id="s20010">
<title>Heilige lewenswandel</title>
<p>Die eerste brief van Petrus (1 Pet 1:15) gee die opdrag aan gelowiges om in hulle hele lewenswandel heilig te wees. Met betrekking tot die wetgewing is dit duidelik dat daar &#x2019;n beduidende probleem is met die verbanning van godsdiensonderwys na die private sfeer. Die verbanning hiervan beklemtoon die noodsaaklikheid daarvan dat Christenonderwysers deur hulle dade wys dat God se verlossing en heerskappy seggenskap het ook oor hulle openbare optrede.</p>
<p>Deur hulle lewenstyl moet Christenonderwysers, volgens Dreyer (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0015">2007</xref>:57) se voorstel, sekere moeilike vrae by jongmense ontlok. Waarom tree hierdie onderwyser op soos dit die geval is? Wat maak hom of haar anders as die ander onderwysers (1 Pet 3:1&#x2013;2)? Van der Walt (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0040">2011</xref>) se argument wat voorhou dat leerders moet sien hoe godsdiens prakties uitgevoer word, is ook hier ter sake. Kennis van godsdiens is nie genoeg nie; leerders moet uit die dade van hulle onderwysers die praktiese uitwerking van hulle geloof sien. Onderwysers se dade behoort die getuienis oor te dra dat hulle geloof &#x2019;n invloed op elke sfeer van hulle lewe het &#x2013; openbaar sowel as privaat (Van der Walt <xref ref-type="bibr" rid="CIT0039">2010</xref>).</p>
<p>Hierdie heilige leefwyse behoort &#x2019;n invloed in verskeie gebiede van Generasie Z se leefw&#x00EA;reld te h&#x00EA;. &#x2019;n Paar voorbeelde word vervolgens bespreek. Christenonderwysers kan deur hulle heilige lewenswandel &#x2019;n voorbeeld vir jongmense in die digitale w&#x00EA;reld stel. Del Castillo en Sarmiento (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">2022</xref>:11) maak dit duidelik dat geestelike rolmodelle behoort te wys hoe alledaagse situasies hanteer moet word. Christenonderwysers moet dus wys hoe &#x2019;n gesonde verhouding met digitale media behoort te lyk.</p>
<p>Verder laat dit Christen-onderwysers ook met die verantwoordelikheid om versigtig te wees ten opsigte van wat hulle op sosiale media plaas. Carter et al. (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0007">2008</xref>:682) verduidelik dat sommige onderwysers gereeld foto&#x2019;s op sosiale media plaas waar hulle deelneem aan onvanpaste aktiwiteite. Dit kan die verkeerde indruk by jongmense skep en veroorsaak dat hulle dieselfde gebruike kan navolg. Hierdie onvanpaste aktiwiteite sluit die gebruik van alkohol en ander dwelmmiddels in. Bayaga en Jaysveree (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">2011</xref>:207) sluit hierby aan deur te noem, dat onderwysers in baie gevalle saam met die leerders sekere middels misbruik. Van Zyl (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0041">2013</xref>:583) wys verder daarop dat dwelmmisbruik algemeen onder jongmense is weens die gebrek aan goeie rolmodelle. Onderwysers moet &#x2019;n bybelse voorbeeld stel oor die gebruik van alkohol en dwelms, en dit nie gebruik ter wille van Generasie Z nie. Paulus maak dit in 1 Korinti&#x00EB;rs 8:13 duidelik dat gelowiges niemand deur hul gedrag moet laat struikel nie.</p>
<p>Hierdie generasie se beskouing van LGBTQI+ regte bied ook insigte oor hoe die Bybel aangewend moet word in onderwysers se heilige lewenswandel. Van As (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0038">2020</xref>:68&#x2013;67, 129&#x2013;130) verduidelik dat baie jongmense negatief is oor die Christelike leefwyse weens verwarring oor LGBTQI+ kwessies. In die verlede het baie gelowiges (onderwysers inkluis) homoseksuele verhoudings en transseksualisme as sondige gebruike voorgehou. Hierdie siening is vanuit die Bybel geregverdig en sodanige gebruike is sterk afgekeur. Intussen het baie gelowiges hulle siening hieroor verander. Dieselfde gebruike word nou goedgepraat en verdedig aan die hand van die Bybel. Van As (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0038">2020</xref>) verduidelik dat dit by jongmense die indruk skep dat baie gelowiges onseker is oor wat hulle glo. Die oproep wat aan Christenonderwysers gemaak word, is dus om deeglike en skriftuurlike verduidelikings te gee indien veranderings oorweeg word en sekere kwessies bevraagteken word.</p>
</sec>
<sec id="s20011">
<title>Omgee vir ander</title>
<p>Johannes 13:35 stel dit duidelik dat Jesus se volgelinge aan hulle liefde vir mekaar geken sal word. Hierdie gedagte kan ook aan Jakobus 2:14&#x2013;17 gekoppel word, wat dit duidelik maak dat geloof sonder werke dood is. Gelowiges word nie net geroep om oor hulle geloof te praat nie, maar om hierdie geloof deur praktiese omgee vir ander duidelik te maak. Generasie Z behoort Christenonderwysers uit te ken as volgelinge van Jesus deur die liefde wat hulle aan die leerders bewys. Verder behoort Christenonderwysers soos dit deur Jakobus duidelik gemaak is, hulle geloof ten toon te stel deur jongmense in nood te help. Onderwysers se omgee vir en medelye met Generasie Z kan op verskeie maniere die boodskap van God se verlossing en heerskappy oordra.</p>
<p>Lumpkin (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0022">2008</xref>:3) s&#x00EA; dat hierdie generasie meer as bloot inligting oor die Christelike godsdiens begeer; daar is &#x2019;n verlange na &#x2019;n persoonlike ervaring. Cilliers (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">2017</xref>:195) sluit hierby aan deur te s&#x00EA; dat Generasie Z weens hul digitale leefw&#x00EA;reld &#x2019;n verlange na interaksie eerder as kommunikasie het. Dieselfde gedagte word deur Nel (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0027">2018</xref>:108) oorgedra wat verduidelik dat, alhoewel die postmoderne denkwyse subjektiwiteit bevorder, dit gelowiges steeds met die geleentheid laat om Christus op &#x2019;n besondere wyse te verteenwoordig. Generasie Z beleef geweldige vervreemding en verlang daarom na goedkeuring, lojaliteit en gesonde verhoudings. Christen-onderwysers se omgee vir hierdie generasie kan in hul behoefte hieraan voorsien, en sodoende die boodskap van God se betrokkenheid by hul lewe en sy verlossing en heerskappy oordra in &#x2019;n w&#x00EA;reld waar waarheid subjektief is. Di&#x00E9; beginsel kan positief aangewend word deur Christen-onderwysers se emosionele en materi&#x00EB;le bystand.</p>
<p>Die digitale w&#x00EA;reld waarin Generasie Z leef, wys op hulle behoefte aan emosionele bystand. Geestesongesteldheid is &#x2019;n negatiewe nagevolg van die groot hoeveelheid tyd wat hierdie generasie aanlyn spandeer. Verder word leerders ook op verskeie maniere in die digitale w&#x00EA;reld geboelie, selfs deur onderwysers (bv. onderwysers wat seksuele gunste van leerders vra in ruil vir beter punte). Buite die digitale w&#x00EA;reld word leerders ook dikwels fisiek en seksueel mishandel. Hulle het dus &#x2019;n groot behoefte aan emosionele bystand vanaf hulle onderwysers. Christenonderwysers behoort dus te let op die emosionele toestand van hulle leerders. Indien &#x2019;n onderwyser verneem dat daar nood is, behoort daar deur berading, vertroosting, raadgewing, ensovoorts ingegryp te word. In ernstige gevalle kan ander partye soos beraders, ook betrek word.</p>
<p>Voorts kan Christenonderwysers leerders op verskeie maniere op materi&#x00EB;le gebied bystaan. Werkloosheid in Suid-Afrika is &#x2019;n groot probleem wat baie mense met &#x2019;n groot finansi&#x00EB;le behoefte laat. Soos vroe&#x00EB;r vermeld, sterf baie jongmense ook aan voorkombare siektes. Dit is daarom belangrik dat Christenonderwysers leerders dophou vir materi&#x00EB;le nood. Leerders kom dikwels siek of verwaarloos skool toe &#x2013; sonder behandeling, sonder kos of met armoedige klere. Onderwysers se materi&#x00EB;le hulp kan hier van groot waarde wees. Dit is egter belangrik om daarop te let dat hierdie materi&#x00EB;le bystand nie van Christenonderwysers se persoonlike finansies afhanklik hoef te wees nie. Onderwysers kan in gesprek tree met beheerliggame, kerke en ander leerders rakende die ondersteuning van leerders in nood. Hierdeur kan daar voorsiening vir leerders se skoolfonds en ander behoeftes gemaak word soos klere wat deur ander leerders geskenk word.</p>
<p>Christenonderwysers se omgee vir ander vra ook dat hulle alle leerders met waardigheid en respek sal hanteer. Die Barna Group en Impact 360 Institute (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">2018</xref>:74) merk op dat baie lede van Generasie Z die Christelike geloof as &#x2019;n struikelblok beskou weens die gebrek aan etniese verskeidenheid in hulle kerke. Hulle sien dit as &#x2019;n probleem as gevolg van die ho&#x00EB; waarde wat hierdie generasie aan die gelykheid van alle mense heg. Naidoo (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0026">2021</xref>) brei uit op die probleem deur te verduidelik dat baie Suid-Afrikaanse kerke steeds die sosiale verdeeldheid van die verlede vertoon, aangesien hulle dikwels mono-kultureel is.</p>
<p>&#x2019;n Deel van die <italic>missio Dei</italic>-boodskap is dat mense van alle nasies, stamme, volke en tale aan God se familie kan behoort (Joh 1:12; Op 7:9). Die boodskap is duidelik: In Christus is daar geen diskriminasie nie (Gal 3:23). Die Suid-Afrikaanse klaskamer wat uit jeug van verskillende rasse bestaan, is dus die ideale plek om hierdie boodskap oor te dra. Christenonderwysers word gemaan om alle leerders met waardigheid en respek te hanteer. Geen leerder mag anders hanteer word as gevolg van sy of haar velkleur of sienswyse nie. Hierdie optrede behoort &#x2019;n sterk boodskap aan Generasie Z oor te dra.</p>
</sec>
<sec id="s20012">
<title>Werksetiek</title>
<p>Die eerste brief aan die Korinti&#x00EB;rs (1 Kor. 10:31) gee aan gelowiges die opdrag om God te verheerlik in alles wat hulle doen. Hierdie opdrag bevestig die mandaat van Christen-onderwysers om kwaliteitonderrig te voorsien. Vorster (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0042">2007</xref>:97) verduidelik dat gelowiges deel van God se vernuwing van alle dinge vorm, deur die werk wat hulle verrig. Wicking (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0044">2012</xref>:38), sluit hierby aan deur te s&#x00EA; dat een van die wyses waarop Christen-onderwysers aan die <italic>missio Dei</italic> in die Suid-Afrikaanse skole kan deelneem, is om hulle werk met uitneemendheid te doen. Hulle goeie werk is deel van die herskepping van God en wys op die volheid van sy toekomstige heerskappy.</p>
<p>Deur God te verheerlik in hulle werk, sal Christenonderwysers ook een van die grootste behoeftes van Generasie Z vervul. Die Barna Group en Impact 360 Institute (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">2018</xref>:38, 40, 53, 55) wys op die waarde wat hierdie generasie aan opvoeding heg. Hulle begeer &#x2019;n goeie opvoeding sodat hulle beter geleenthede in die toekoms kan bekom. Generasie Z sal dus sterk aanklank vind by onderwysers wat hulle van kwaliteitonderrig voorsien.</p>
<p>In die lig hiervan moet genoem word dat die mandaat om God te verheerlik van Christenonderwysers vereis om die unieke leefw&#x00EA;reld van Generasie Z in ag te neem. Weens die buitensporige gebruik van digitale media, neem en verwerk hierdie generasie inligting op &#x2019;n onsamehangende wyse. Cilliers (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">2017</xref>:195) verduidelik dat kitsinligting en visuele vorms van leer daarom die beste werk met hierdie generasie. Dit beteken dat die boodskap wat onderwysers wil oordra, in korter &#x2018;peuselhappiegroottes&#x2019; oorgedra moet word, aangesien Generasie Z gewoond is om op hierdie wyse te kommunikeer.</p>
<p>Christenonderwysers kan ook gebruik maak van die vele geleenthede wat vir godsdienstige plegtighede en godsdiensonderwys geskep word. Hulle kan spesiale geleenthede re&#x00EB;l vir geestelike leiers vanuit die Christelike tradisie om godsdienstige plegtighede waar te neem. Dit is egter steeds belangrik dat hierdie geleenthede aan die wetlike vereistes voldoen. Verder kan onderwysers ook re&#x00EB;lings tref dat die skoolperseel beskikbaar gestel word vir godsdiensonderwys buite skoolure.</p>
</sec>
</sec>
<sec id="s0013">
<title>Gevolgtrekking</title>
<p>Die heersende wetgewing rakende godsdiens en onderwys, asook die unieke eienskappe van Generasie Z in Suid-Afrika, verleen &#x2019;n unieke rol aan Christenonderwysers om morele waardes te kweek. Die nuwe lewenswandel wat hulle as gevolg van die verlossingswerk van God (die <italic>missio Dei</italic>) ontvang, maak dit vir Christenonderwysers moontlik om sterk morele leiers in skole te wees. Christenskap vereis dat &#x2019;n heilige lewenswandel, omgee vir ander en goeie werksetiek toegepas moet word in alle sfere van gelowiges se lewe.</p>
<p>Deur aan hierdie vereistes te voldoen, kan Christenonderwysers op &#x2019;n unieke manier in Generasie Z se behoeftes voorsien en &#x2019;n gepaste morele voorbeeld stel. Aangesien onderwysers &#x2019;n sterk geestelike invloed op leerders het, kan hierdie gebruik daartoe lei dat die Suid-Afrikaanse jeug beter morele waardes aanneem. Die geykte spreekwoord lui: &#x2018;Woorde wek, maar dade trek&#x2019;. Christenonderwysers word nie net geroep om die boodskap van God se verlossing en heerskappy deur hulle woorde te verkondig nie, maar hierdie boodskap behoort ook deur hulle dade oorgedra te word. Deur die boodskap van God se verlossing en heerskappy uit te leef, kan Generasie Z van Suid-Afrika ook gelei word om &#x2019;n godvresende leefwyse, met beter morele waardes, aan te neem.</p>
</sec>
</body>
<back>
<ack>
<title>Erkennings</title>
<p>Hierdie artikel is gedeeltelik gebaseerd op R.L. se tesis getiteld &#x2018;Die <italic>missio Dei</italic> in die onderwys: Die rol van onderwysers in God se uitreik na generasie Z binne Suid-Afrika&#x2019; by die Noordwes Universiteit. Dit is beskikbaar by: <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://repository.nwu.ac.za/bitstream/handle/10394/41885/Lambrechts_R.pdf?isAllowed=y&#x0026;sequence=1">https://repository.nwu.ac.za/bitstream/handle/10394/41885/Lambrechts_R.pdf?isAllowed=y&#x0026;sequence=1</ext-link>.</p>
<sec id="s20014" sec-type="COI-statement">
<title>Mededingende belange</title>
<p>Die outeur bevestig dat hy &#x2019;n beurshouer is van S.A Akademie vir Wetenskap en Kuns. Die outeur bevestig dat daar geen verdere finansi&#x00EB;le of persoonlike verbintenisse is wat verklaar moet word nie.</p>
</sec>
<sec id="s20015">
<title>Outeursbydrae</title>
<p>R.L. is die alleen-outeur van hierdie navorsingsartikel.</p>
</sec>
<sec id="s20016">
<title>Etiese oorwegings</title>
<p>Aansoek vir volle etiese goedkeuring is ingedien by die Noordwes Universiteit, Teologiese Navorsing en Etiese Komitee en etiese toestemming is op 29 Maart 2021 ontvang. Die etiese goedkeuringsnommer is NWU/00757/21/A7.</p>
</sec>
<sec id="s20017" sec-type="data-availability">
<title>Databeskikbaarheid</title>
<p>Die outeur bevestig dat die data wat die bevindings van hierdie artikel ondersteun, in die artikel beskikbaar is.</p>
</sec>
<sec id="s20018">
<title>Vrywaring</title>
<p>Die menings en sienings wat in hierdie artikel meegedeel word, is di&#x00E9; van die outeur en weerspie&#x00EB;l nie noodwendig die amptelike beleid of posisie van enige geaffilieerde instelling, befondser, agentskap of di&#x00E9; van die uitgewer nie. Die outeur is verantwoordelik vir die inhoud van hierdie artikel.</p>
</sec>
</ack>
<ref-list id="references">
<title>Literatuurverwysings</title>
<ref id="CIT0001"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><collab>Barna Group &#x0026; Impact 360 Institute</collab></person-group>, <year>2018</year>, <source><italic>Gen Z: The culture, beliefs and motivations shaping the next generation</italic></source>, <publisher-name>Barna Group</publisher-name>, <publisher-loc>Ventura, CA</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0002"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Bayaga</surname>, <given-names>A</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Jaysveree</surname>, <given-names>L</given-names></string-name></person-group>., <year>2011</year>, &#x2018;<article-title>Moral degeneration: Crisis in South African schools?</article-title>&#x2019;, <source><italic>Journal of Social Sciences</italic></source> <volume>28</volume>(<issue>3</issue>), <fpage>199</fpage>&#x2013;<lpage>210</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.1080/09718923.2011.11892945">https://doi.org/10.1080/09718923.2011.11892945</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0003"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Beets</surname>, <given-names>P.A.D</given-names></string-name></person-group>., <year>2011</year>, &#x2018;<article-title>Strengthening morality and ethics in educational assessment through ubuntu in South Africa</article-title>&#x2019;, <source><italic>Educational Philosophy and Theory</italic></source> <volume>44</volume>(<supplement>Suppl 2</supplement>), <fpage>68</fpage>&#x2013;<lpage>83</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.1111/j.1469-5812.2011.00796.x">https://doi.org/10.1111/j.1469-5812.2011.00796.x</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0004"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Bosch</surname>, <given-names>D.J</given-names></string-name></person-group>., <year>2011</year>, <source><italic>Transforming mission: Paradigm shifts in theology of mission</italic></source>, <edition>20th</edition> anniversary edn., Kindle edn., <publisher-name>Orbis Books</publisher-name>, <publisher-loc>New York, NY</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0005"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Boulifi</surname>, <given-names>T</given-names></string-name></person-group>., <year>2021</year>, &#x2018;<article-title>Who are the zoomers?</article-title>&#x2019;, <source><italic>NewAfrican</italic></source>, <comment>viewed 18 May 2022, from <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://newafricanmagazine.com/26299/">https://newafricanmagazine.com/26299/</ext-link>.</comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0006"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Brown</surname>, <given-names>M</given-names></string-name></person-group>., <year>2022</year>, &#x2018;<article-title>Is TikTok safe for kids?</article-title>&#x2019;, <source><italic>Parents</italic></source>, <comment>28 January, viewed 13 June 2022, from <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://www.parents.com/kids/safety/internet/is-tiktok-safe-for-kids/#:~:text=And&#x0025;20according&#x0025;20to&#x0025;20The&#x0025;20Wall,TikTok&#x0025;20could&#x0025;20be&#x0025;20contributing&#x0025;20factors">https://www.parents.com/kids/safety/internet/is-tiktok-safe-for-kids/#:~:text=And&#x0025;20according&#x0025;20to&#x0025;20The&#x0025;20Wall,TikTok&#x0025;20could&#x0025;20be&#x0025;20contributing&#x0025;20factors</ext-link>.</comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0007"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Carter</surname>, <given-names>H.L</given-names></string-name>., <string-name><surname>Foulger</surname>, <given-names>T.S</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Ewbank</surname>, <given-names>D</given-names></string-name></person-group>., <year>2008</year>, &#x2018;<article-title>Have you googled your teacher lately? Teachers&#x2019; use of social networking sites</article-title>&#x2019;, <source><italic>Phi Delta Kappan</italic></source> <volume>89</volume>(<issue>9</issue>), <fpage>681</fpage>&#x2013;<lpage>685</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.1177/003172170808900916">https://doi.org/10.1177/003172170808900916</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0008"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Cilliers</surname>, <given-names>E.J</given-names></string-name></person-group>., <year>2017</year>, &#x2018;<article-title>The challenge of teaching Generation Z</article-title>&#x2019;, <source><italic>PEOPLE: International Journal of Social Sciences</italic></source> <volume>3</volume>(<issue>1</issue>), <fpage>188</fpage>&#x2013;<lpage>198</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.20319/pijss.2017.31.188198">https://doi.org/10.20319/pijss.2017.31.188198</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0009"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Cohen-Malayev</surname>, <given-names>M</given-names></string-name>., <string-name><surname>Schachter</surname>, <given-names>E.P</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Rich</surname>, <given-names>Y</given-names></string-name></person-group>., <year>2014</year>, &#x2018;<article-title>Teachers and the religious socialization of adolescents: Facilitation of meaningful religious identity formation processes</article-title>&#x2019;, <source><italic>Journal of Adolescence</italic></source> <volume>37</volume>(<issue>2</issue>), <fpage>205</fpage>&#x2013;<lpage>214</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.1016/j.adolescence.2013.12.004">https://doi.org/10.1016/j.adolescence.2013.12.004</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0010"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Cornelius</surname>, <given-names>E.M</given-names></string-name></person-group>., <year>2013</year>, &#x2018;<article-title>Only real men respect women: The use of scripture in the violence against women pandemic</article-title>&#x2019;, <source><italic>Ekklesiastikos Pharos</italic></source> <volume>95</volume>(<issue>1</issue>), <fpage>173</fpage>&#x2013;<lpage>190</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0011"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>De Klerk-Luttig</surname>, <given-names>J</given-names></string-name></person-group>., <year>2008</year>, &#x2018;<article-title>Spirituality in the workplace: A reality for South African teachers?</article-title>&#x2019;, <source><italic>South African Journal of Education</italic></source> <volume>28</volume>(<issue>4</issue>), <fpage>505</fpage>&#x2013;<lpage>517</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.15700/saje.v28n4a209">https://doi.org/10.15700/saje.v28n4a209</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0012"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Del Castillo</surname>, <given-names>F</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Sarmiento</surname>, <given-names>P.J</given-names></string-name></person-group>., <year>2022</year>, &#x2018;<article-title>A systematic review on spiritual modelling: Opportunities and challenges in religious education</article-title>&#x2019;, <source><italic>International Journal of Christianity &#x0026; Education</italic></source> <volume>26</volume>(<issue>1</issue>), <fpage>6</fpage>&#x2013;<lpage>17</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.1177/20569971211038968">https://doi.org/10.1177/20569971211038968</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0013"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><collab>Deloitte</collab></person-group>, <year>2021</year>, <source><italic>2021 Millennial and Gen Z survey: A call for accountability and action</italic></source>, <publisher-name>PowerPoint</publisher-name>, <comment>viewed 05 May 2022, from <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://www2.deloitte.com/content/dam/Deloitte/za/Documents/za-Deloitte-Millennial-Survey-2021_South-Africa-Report.pdf">https://www2.deloitte.com/content/dam/Deloitte/za/Documents/za-Deloitte-Millennial-Survey-2021_South-Africa-Report.pdf</ext-link>.</comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0014"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><collab>Department of Education (South Africa)</collab></person-group>, <year>2003</year>, <source><italic>National education policy on religion and education (Act no. 27 of 1996) (Notice 1307</italic></source>), <comment>Government Gazette, 25459:459</comment>, <publisher-name>Government Printer</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0015"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Dreyer</surname>, <given-names>J.S</given-names></string-name></person-group>., <year>2007</year>, &#x2018;<article-title>The national policy on religion and education in South Africa: Reflections from a public practical theology</article-title>&#x2019;, <source><italic>Practical Theology in South Africa</italic></source> <volume>22</volume>(<issue>2</issue>), <fpage>40</fpage>&#x2013;<lpage>60</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0016"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Du Plessis</surname>, <given-names>G.A</given-names></string-name></person-group>., <year>2017</year>, &#x2018;<article-title>Watershed judgment clarifies limits of religion in South Africa&#x2019;s public schools</article-title>&#x2019;, <source><italic>The Conversation</italic></source>, <comment>10 July, viewed 02 February 2022, from <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://theconversation.com/watershed-judgment-clarifies-limits-of-religion-in-south-africas-public-schools-80424">https://theconversation.com/watershed-judgment-clarifies-limits-of-religion-in-south-africas-public-schools-80424</ext-link>.</comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0017"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Galal</surname>, <given-names>S</given-names></string-name></person-group>., <year>2022</year>, &#x2018;<article-title>Number of social network users in South Africa from 2017 to 2025: In millions</article-title>&#x2019;, <source><italic>Statista</italic></source>, <comment>viewed 20 October 2021, from <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://www.statista.com/statistics/972776/number-of-social-network-users-in-south-africa/">https://www.statista.com/statistics/972776/number-of-social-network-users-in-south-africa/</ext-link>.</comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0018"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Hodgson</surname>, <given-names>T.F</given-names></string-name></person-group>., <year>2017</year>, &#x2018;<chapter-title>Religion and culture in public education in South Africa</chapter-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>T.F.</given-names> <surname>Hodgson</surname></string-name> (ed.)</person-group>, <source><italic>Basic education rights handbook: Education rights in South Africa</italic></source>, pp. <fpage>185</fpage>&#x2013;<lpage>203</lpage>, SECTION27, <publisher-loc>Johannesburg</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0019"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Knoetze</surname>, <given-names>J</given-names></string-name></person-group>., <year>2015</year>, &#x2018;<article-title>Perspectives on family and youth ministry embedded in the <italic>missio Dei</italic> &#x2013; An African perspective</article-title>&#x2019;, <source><italic>In die Skriflig</italic></source> <volume>49</volume>(<issue>1</issue>), <fpage>a1874</fpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4102/ids.v49i1.1874">https://doi.org/10.4102/ids.v49i1.1874</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0020"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Konco</surname>, <given-names>T</given-names></string-name></person-group>., <year>2021</year>, &#x2018;<article-title>SADAG predicts an increase in suicides for South African youth</article-title>&#x2019;, <source><italic>IOL</italic></source>, <comment>11 September, viewed 14 September 2021, from <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://www.iol.co.za/weekend-argus/news/sadag-predicts-increase-in-suicides-for-south-african-youth-15398e10-5ce7-4dfe-8a63-e36288747096">https://www.iol.co.za/weekend-argus/news/sadag-predicts-increase-in-suicides-for-south-african-youth-15398e10-5ce7-4dfe-8a63-e36288747096</ext-link>.</comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0021"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Lebakeng</surname>, <given-names>T</given-names></string-name></person-group>., <year>2023</year>, &#x2018;<article-title>Dark cloud of drug abuse hangs over schoolchildren in Soweto</article-title>&#x2019;, <source><italic>Daily Maverick</italic></source>, <comment>10 May, viewed 14 September 2021, from <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://www.dailymaverick.co.za/article/2023-05-10-dark-cloud-of-drug-abuse-hangs-over-schoolchildren-in-soweto/">https://www.dailymaverick.co.za/article/2023-05-10-dark-cloud-of-drug-abuse-hangs-over-schoolchildren-in-soweto/</ext-link>.</comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0022"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Lumpkin</surname>, <given-names>A</given-names></string-name></person-group>., <year>2008</year>, &#x2018;<article-title>Teachers as role models: Teaching character and moral virtues</article-title>&#x2019;, <source><italic>Journal of Physical Education, Recreation and Dance</italic></source> <volume>79</volume>(<issue>2</issue>), <fpage>3</fpage>&#x2013;<lpage>8</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.1080/07303084.2008.10598134">https://doi.org/10.1080/07303084.2008.10598134</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0023"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Mashale</surname>, <given-names>K</given-names></string-name></person-group>., <year>2023</year>, &#x2018;<article-title>Crime stats show escalating sexual offences at schools: Teacher, learners among suspects in 61 cases of rape against pupils</article-title>&#x2019;, <source><italic>Sowetan Live</italic></source>, <comment>31 May, viewed 15 June 2023, from <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://www.sowetanlive.co.za/news/south-africa/2023-05-31-crime-stats-show-escalating-sexual-offences-at-schools/">https://www.sowetanlive.co.za/news/south-africa/2023-05-31-crime-stats-show-escalating-sexual-offences-at-schools/</ext-link>.</comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0024"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Mueni</surname>, <given-names>P</given-names></string-name></person-group>., <year>2019</year>, &#x2018;<article-title>List of openly bisexual, lesbian, transgender &#x0026; gay actors, actresses, celebrities in South Africa</article-title>&#x2019;, <source><italic>Briefly</italic></source>, <comment>23 July, viewed 31 May 2022, from <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://briefly.co.za/33614-list-openly-bisexual-lesbian-transgender-gay-actors-actresses-celebrities-south-africa.html">https://briefly.co.za/33614-list-openly-bisexual-lesbian-transgender-gay-actors-actresses-celebrities-south-africa.html</ext-link>.</comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0025"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Muhigana</surname>, <given-names>C</given-names></string-name></person-group>., <year>2023</year>, &#x2018;<article-title>Stop this horrific tide of violence against children and women: Statement by Christine Muhigana, UNICEF South Africa Representative</article-title>&#x2019;, <source><italic>UNICEF</italic></source>, <comment>21 February, viewed 28 September 2023, from <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://www.unicef.org/southafrica/press-releases/stop-horrific-tide-violence-against-children-and-women#:~:text=More&#x0025;20than&#x0025;20three&#x0025;20children&#x0025;20and,such&#x0025;20violence&#x0025;20will&#x0025;20take&#x0025;20years">https://www.unicef.org/southafrica/press-releases/stop-horrific-tide-violence-against-children-and-women#:~:text=More&#x0025;20than&#x0025;20three&#x0025;20children&#x0025;20and,such&#x0025;20violence&#x0025;20will&#x0025;20take&#x0025;20years</ext-link>.</comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0026"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Naidoo</surname>, <given-names>M</given-names></string-name></person-group>., <year>2021</year>, &#x2018;<article-title>How multicultural churches in South Africa are breaking down race barriers</article-title>&#x2019;, <source><italic>The Conversation</italic></source>, <comment>22 September, viewed 21 May 2022, from <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://theconversation.com/how-multicultural-churches-in-south-africa-are-breaking-down-race-barriers-167014">https://theconversation.com/how-multicultural-churches-in-south-africa-are-breaking-down-race-barriers-167014</ext-link>.</comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0027"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Nel</surname>, <given-names>M</given-names></string-name></person-group>., <year>2018</year>, <source><italic>Youth ministry: An inclusive missional approach</italic></source>, <publisher-name>AOSIS</publisher-name>, <publisher-loc>Cape Town</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0028"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Prensky</surname>, <given-names>M</given-names></string-name></person-group>., <year>2001</year>, &#x2018;<article-title>Digital natives, digital immigrants</article-title>&#x2019;, <source><italic>On the Horizon</italic></source> <volume>9</volume>(<issue>5</issue>), <fpage>1</fpage>&#x2013;<lpage>6</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.1108/10748120110424816">https://doi.org/10.1108/10748120110424816</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0029"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Rideout</surname>, <given-names>V.J</given-names></string-name>., <string-name><surname>Foehr</surname>, <given-names>U.G</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Roberts</surname>, <given-names>D.F</given-names></string-name></person-group>., <year>2010</year>, <source><italic>Generation M<sup>2</sup>: Media in the lives of 8-to 18-year-olds</italic></source>, <publisher-name>Henry J. Kaiser Family Foundation</publisher-name>, <publisher-loc>Menlo Park, CA</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0030"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Seggie</surname>, <given-names>J</given-names></string-name></person-group>., <year>2012</year>, &#x2018;<article-title>Alcohol and South Africa&#x2019;s youth</article-title>&#x2019;, <source><italic>South African Medical Journal</italic></source> <volume>102</volume>(<issue>7</issue>), <fpage>587</fpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.7196/SAMJ.6003">https://doi.org/10.7196/SAMJ.6003</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0031"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><collab>Suid Afrika</collab></person-group>, <year>1996</year>, <source><italic>Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika</italic></source>, <publisher-name>Staatsdrukker</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0032"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><collab>TFG Media</collab></person-group>, <year>2020</year>, <source><italic>Get to know anti-racism activist Zulaikha Patel</italic></source>, <comment>viewed 20 October 2022, from <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://www.tfgmedia.co.za/life-style/personalities/get-know-anti-racism-activist-zulaikha-patel/">https://www.tfgmedia.co.za/life-style/personalities/get-know-anti-racism-activist-zulaikha-patel/</ext-link>.</comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0033"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Tlali</surname>, <given-names>T</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Sepiriti</surname>, <given-names>S</given-names></string-name></person-group>., <year>2023</year>, &#x2018;<article-title>African indigenous perspectives for reinforcing moral education among the Lesotho secondary school learners</article-title>&#x2019;, <source><italic>Indilinga African Journal of Indigenous Knowledge Systems</italic></source> <volume>22</volume>, <fpage>186</fpage>&#x2013;<lpage>203</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0034"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><collab>Trading Economics</collab></person-group>, <year>2023</year>, <source><italic>South Africa unemployment rate</italic></source>, <comment>viewed 28 September 2023, from <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://tradingeconomics.com/south-africa/unemployment-rate">https://tradingeconomics.com/south-africa/unemployment-rate</ext-link>.</comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0035"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Tshabalala</surname>, <given-names>T</given-names></string-name></person-group>., <year>2023</year>, &#x2018;<article-title>Alarm over increase in violent incidents at SA schools</article-title>&#x2019;, <source><italic>IOL</italic></source>, <comment>14 February, viewed 05 June 2023, from <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://www.iol.co.za/sundayindependent/news/alarm-over-increase-in-violent-incidents-at-sa-schools-f8e9a491-038a-4789-96ff-a11d9f80f979">https://www.iol.co.za/sundayindependent/news/alarm-over-increase-in-violent-incidents-at-sa-schools-f8e9a491-038a-4789-96ff-a11d9f80f979</ext-link>.</comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0036"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Turner</surname>, <given-names>A</given-names></string-name></person-group>., <year>2015</year>, &#x2018;<article-title>Generation Z: Technology and social interest</article-title>&#x2019;, <source><italic>The Journal of Individual Psychology</italic></source> <volume>72</volume>(<issue>1</issue>), <fpage>103</fpage>&#x2013;<lpage>113</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.1353/jip.2015.0021">https://doi.org/10.1353/jip.2015.0021</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0037"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Twenge</surname>, <given-names>J.M</given-names></string-name></person-group>., <year>2017</year>, <source><italic>iGen: Why today&#x2019;s super-connected kids are growing up less rebellious, more tolerant, less happy and completely unprepared for adulthood and what that means for the rest of us</italic></source>, <edition>Kindle</edition> edn., <publisher-name>Atria Books</publisher-name>, <publisher-loc>New York, NY</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0038"><mixed-citation publication-type="thesis"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van As</surname>, <given-names>J.N</given-names></string-name></person-group>., <year>2020</year>, &#x2018;<article-title>Addressing the phenomenon of young South Africans leaving the church: A practical theological investigation of the role of parents in faith formation</article-title>&#x2019;, <publisher-name>North-West University</publisher-name>, <publisher-loc>Mahikeng</publisher-loc>, <comment>Dissertation &#x2013; MTh</comment>, <comment>viewed 20 October 2023, from <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://repository.nwu.ac.za/handle/10394/38244">https://repository.nwu.ac.za/handle/10394/38244</ext-link>.</comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0039"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van Der Walt</surname>, <given-names>J.L</given-names></string-name></person-group>., <year>2010</year>, &#x2018;<article-title>Religion in education: Is there yet another solution?</article-title>&#x2019;, <source><italic>Koers</italic></source> <volume>75</volume>(<issue>1</issue>), <fpage>79</fpage>&#x2013;<lpage>98</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4102/koers.v75i1.73">https://doi.org/10.4102/koers.v75i1.73</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0040"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van Der Walt</surname>, <given-names>J.L</given-names></string-name></person-group>., <year>2011</year>, &#x2018;<article-title>Understanding the anatomy of religion as a basis for religion in education</article-title>&#x2019;, <source><italic>HTS Teologiese Studies / Theological Studies</italic></source> <volume>67</volume>(<issue>3</issue>), <fpage>426</fpage>&#x2013;<lpage>432</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4102/hts.v67i3.924">https://doi.org/10.4102/hts.v67i3.924</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0041"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van Zyl</surname>, <given-names>A.E</given-names></string-name></person-group>., <year>2013</year>, &#x2018;<article-title>Drug use amongst South African youths: Reasons and solutions</article-title>&#x2019;, <source><italic>Mediterranean Journal of Social Sciences</italic></source> <volume>4</volume>(<issue>14</issue>), <fpage>581</fpage>&#x2013;<lpage>589</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.5901/mjss.2013.v4n14p581">https://doi.org/10.5901/mjss.2013.v4n14p581</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0042"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Vorster</surname>, <given-names>J.M</given-names></string-name></person-group>., <year>2007</year>, <source><italic>Christian attitude in the South African liberal democracy</italic></source>, <publisher-name>Potchefstroom Theological Publications</publisher-name>, <publisher-loc>Potchefstroom</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0043"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>White</surname>, <given-names>J.E</given-names></string-name></person-group>., <year>2017</year>, <source><italic>Meet Generation Z: Understanding and reaching the new post-Christian world</italic></source>, <edition>Kindle</edition> edn., <publisher-name>Baker Books</publisher-name>, <publisher-loc>Grand Rapids, MI</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0044"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Wicking</surname>, <given-names>P</given-names></string-name></person-group>., <year>2012</year>, &#x2018;<article-title>God in the classroom</article-title>&#x2019;, <source><italic>The Language Teacher</italic></source> <volume>36</volume>(<issue>5</issue>), <fpage>35</fpage>&#x2013;<lpage>38</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.12968/prtu.2012.1.7.36">https://doi.org/10.12968/prtu.2012.1.7.36</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0045"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Wright</surname>, <given-names>C.J.H</given-names></string-name></person-group>., <year>2013</year>, <source><italic>The mission of God: Unlocking the Bible&#x2019;s great narrative</italic></source>, <comment>viewed 03 March 2020, from <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://ebookcentral.proquest.com/lib/northwu-ebooks/detail.action?docID=2033595">http://ebookcentral.proquest.com/lib/northwu-ebooks/detail.action?docID=2033595</ext-link>.</comment></mixed-citation></ref>
</ref-list>
<fn-group>
<fn><p><bold>How to cite this article:</bold> Lambrechts, R., 2025, &#x2018;Hoe Christenonderwysers &#x2019;n bydrae kan maak tot die morele herstel binne Suid-Afrikaanse Skole&#x2019;, <italic>In die Skriflig</italic> 59(1), a3139. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4102/ids.v59i1.3139">https://doi.org/10.4102/ids.v59i1.3139</ext-link></p></fn>
</fn-group>
</back>
</article>