<?xml version="1.0" encoding="UTF-8"?>
<!DOCTYPE article PUBLIC "-//NLM//DTD JATS (Z39.96) Journal Publishing DTD v1.1d1 20130915//EN" "http://jats.nlm.nih.gov/publishing/1.1d1/JATS-journalpublishing1.dtd">
<article xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xmlns:mml="http://www.w3.org/1998/Math/MathML" article-type="research-article" xml:lang="af">
<front>
<journal-meta>
<journal-id journal-id-type="publisher-id">IDS</journal-id>
<journal-title-group>
<journal-title>In die Skriflig / In Luce Verbi</journal-title>
</journal-title-group>
<issn pub-type="ppub">1018-6441</issn>
<issn pub-type="epub">2305-0853</issn>
<publisher>
<publisher-name>AOSIS</publisher-name>
</publisher>
</journal-meta>
<article-meta>
<article-id pub-id-type="publisher-id">IDS-59-3152</article-id>
<article-id pub-id-type="doi">10.4102/ids.v59i1.3152</article-id>
<article-categories>
<subj-group subj-group-type="heading">
<subject>Original Research</subject>
</subj-group>
</article-categories>
<title-group>
<article-title>Paul Kruger: &#x2019;n Christenstaatsman en Boerepolitikus in sy toesprake as president</article-title>
</title-group>
<contrib-group>
<contrib contrib-type="author" corresp="yes">
<contrib-id contrib-id-type="orcid">https://orcid.org/0000-0002-5324-8363</contrib-id>
<name>
<surname>Strauss</surname>
<given-names>Piet J.</given-names>
</name>
<xref ref-type="aff" rid="AF0001">1</xref>
</contrib>
<aff id="AF0001"><label>1</label>Department of Historical and Constructive Theology, Faculty of Theology and Religion, University of the Free State, Bloemfontein, South Africa</aff>
</contrib-group>
<author-notes>
<corresp id="cor1"><bold>Corresponding author:</bold> Piet Strauss, <email xlink:href="straussp@ufs.ac.za">straussp@ufs.ac.za</email></corresp>
</author-notes>
<pub-date pub-type="epub"><day>04</day><month>04</month><year>2025</year></pub-date>
<pub-date pub-type="collection"><year>2025</year></pub-date>
<volume>59</volume>
<issue>1</issue>
<elocation-id>3152</elocation-id>
<history>
<date date-type="received"><day>27</day><month>11</month><year>2024</year></date>
<date date-type="accepted"><day>12</day><month>02</month><year>2025</year></date>
</history>
<permissions>
<copyright-statement>&#x00A9; 2025. The Author</copyright-statement>
<copyright-year>2025</copyright-year>
<license license-type="open-access" xlink:href="https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/">
<license-p>Licensee: AOSIS. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.</license-p>
</license>
</permissions>
<abstract>
<sec id="st1">
<title>Paul Kruger</title>
<p><bold>A Christian statesman and Boer politician in his speeches as president.</bold> Paul Kruger, the well-known president of the Boer Republic of the Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) from 1883&#x2013;1900, openly confessed his Christian faith in God the Father, the Son, and the Holy Spirit. As a Reformed Christian and a committed Calvinist, Kruger believed that the triune God provided eternal principles for all aspects of life, including politics and state governance In his view, God, in his providence, granted the Boers an independent Transvaal to govern &#x2013; an act of divine grace. As an expression of obedience, they were responsible for maintaining this state as an instrument of justice for all those residing within its borders.From Kruger&#x2019;s biblical perspective, state authority was required to administer justice to all individuals according to their level of development. However, in a society where people differed in their capacity to participate in democratic governance, enforcing equality and democratic rights was not necessarily an act of justice. For Kruger, obedience to God within a state entailed a spiritual capacity to sustain democracy in an orderly manner and to uphold principles of justice as norms for treating people in everyday life.</p>
</sec>
<sec id="st2">
<title>Contribution</title>
<p>Kruger viewed cultural differences as justification for the separation of societies or states. He advocated for designated towns and territories for non-white people, including black people, coloureds, and Asians, within the ZAR.</p>
</sec>
</abstract>
<kwd-group>
<kwd>eternal principles of Word of God</kwd>
<kwd>serve God in everything</kwd>
<kwd>state a servant of justice</kwd>
<kwd>respect for God</kwd>
<kwd>church and state</kwd>
<kwd>cultural differences among the people</kwd>
<kwd>aspects of Kruger&#x2019;s personality</kwd>
</kwd-group>
<funding-group>
<funding-statement><bold>Befondsingsinligting</bold> Die outeur het geen finansi&#x00EB;le ondersteuning vir die navorsing, outeurskap en/of publikasie van hierdie artikel ontvang nie.</funding-statement>
</funding-group>
</article-meta>
</front>
<body>
<sec id="s0001">
<title>Inleiding en probleemstelling</title>
<p>In sy publikasie van Kruger-toesprake gedurende die jare 1881&#x2013;1900 wys Bergh (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">2017</xref>) op &#x2019;n waarderende aanhaling oor Kruger deur W.J. Leyds, wat as staatsprokureur, staatsekretaris en gesant van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) in Europa &#x2018;baie nou&#x2019; met president Stefanus Johannes Paulus Kruger (1883&#x2013;1900) saamgewerk het. Leyds skryf oor Paul Kruger: &#x2018;<italic>Ik heb in mijn lange leven en in mijn rijke ondervinding, vele mannen ontmoeten van karakter en begaven, maar ik zou niet weten wien boven Kruger te moeten stellen</italic>&#x2019;. Bergh (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">2017</xref>) voeg hieraan toe:</p>
<disp-quote>
<p>Hy was ook nie bekrompe van gees nie. Sy neiging was om liberaal te wees, &#x2019;n ontwikkelde man, in politiek sowel as &#x2026; godsdiens &#x2026; Bismark [<italic>Duitse kanselier in die negentiende eeu</italic>] het myself vertel dat hy &#x2019;n baie groot indruk op hom gemaak het &#x2026; (p. 8)</p>
</disp-quote>
<p>Paul Kruger was &#x2019;n Boerseun wat as tiener die Groot Trek van 1835&#x2013;1840 meegemaak het. Hy was ook &#x2019;n eietydse Dopper (Strauss <xref ref-type="bibr" rid="CIT0018">2020</xref>)<xref ref-type="fn" rid="FN0001"><sup>1</sup></xref> en het as Dordtse Kerkorde Artikel 8-predikant (iemand met &#x2018;singuliere gawes&#x2019; wat nie formele teologiese opleiding benodig het nie) onder sy volksgenote gedien. Op 17-jarige ouderdom is hy as Transvaalse veldkornet aangestel (hy is in 1825 in die Noordoos-Kaap gebore [Raath &#x0026; Raath <xref ref-type="bibr" rid="CIT0010">2007</xref>:8&#x2013;11]). Na 1854 het hy as kommandant van die Rustenburgkommando gedien, vanaf 1863 as kommandant-generaal van die ZAR en uiteindelik as staatspresident vanaf 1883 tot 1900. Kruger het hom in al hierdie hoedanighede as &#x2019;n staatsman en politikus onderskei.</p>
<p>As uitgangspunt vir sy rol in die staatsbestel van die ZAR aanvaar hy die woorde van die destydse leier van die Antirevolusion&#x00EA;re Party in Nederland, die gereformeerde neo-Calvinis, Abraham Kuyper. Kuyper bely die &#x2018;ewige beginsels van Gods Woord ook op staatkundige terrein&#x2019;. Kruger maak kennis met Kuyper deur die Superintendent van Onderwys van die ZAR, S.J. du Toit (Kr&#x00FC;ger <xref ref-type="bibr" rid="CIT0006">1961</xref>:272). Kuyper sou jare later indirek prinsipi&#x00EB;le invloed op gereformeerdkerklike Afrikaners uitoefen, veral in hulle steun aan apartheid in die jare rondom 1940&#x2013;1970 (Strauss <xref ref-type="bibr" rid="CIT0013">1994</xref>:204&#x2013;208). Kruger se houding oor die verhoudings met ander volke en rasse in die ZAR word later bespreek (Kr&#x00FC;ger <xref ref-type="bibr" rid="CIT0006">1961</xref>:272).</p>
<p>Bergh toon aan dat die Boere-generaal en staatsprokureur van die ZAR, Jan Smuts, &#x2019;n besondere dunk van sy staatshoof gehad het. N&#x00E1; die afsterwe van Emily Hobhouse skryf Smuts oor Kruger: &#x2018;<italic>He typified the Boer character both in its brighter and darker aspects and was no doubt the greatest man &#x2013; both morally and intellectually &#x2013; which the Boer race has so far produced</italic>&#x2019;. Smuts ondersteun Leyds se siening oor Kruger en die Afrikaner dus heelhartig (letterlik vervat in Bergh <xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">2017</xref>):</p>
<disp-quote>
<p>In &#x2019;n toespraak op 10 Oktober 1925 (gevier as Kruger se 100ste verjaardag) voeg Smuts hieraan toe: Sy edelheid en reinheid was nie maar uiterlik nie, maar was gewortel in die diepe onsienlike diens van die verlede. Paul Kruger was &#x2019;n mistikus, sy innerlike lewe was met God in alle opregtheid en nederigheid en sy uiterlike handeling was slegs die uitdrukking van daardie dieper sielslewe. (&#x2019;n) Reiner, opregter, eerliker karakter het ek nooit in my lewe ontmoet nie. (pp. 7&#x2013;8)</p>
</disp-quote>
<p>President M.T. Steyn van die Vrystaat beskryf Paul Kruger se &#x2018;<italic>diepe doorzicht, grote geesteskracht, ware patriotisme en innig godsvertrouwen</italic>&#x2019;. Hoe meer hy met Kruger saamgewerk het, hoe groter het sy respek vir hom geword (Van der Merwe <xref ref-type="bibr" rid="CIT0020">1921</xref>:135). Die Kaapse Afrikanerleier, J.H. Hofmeyr, en die Transvaalse hoofregter, J.G. Kotz&#x00E9;, wat albei soms ernstig met Kruger verskil het, beskou die laaste president van die ZAR as &#x2019;n begaafde, uitstaande leier. Hofmeyr, of &#x2018;<italic>Onze Jan</italic>&#x2019;, beskryf hom as &#x2018;<italic>one of South Africa&#x2019;s greatest sons</italic>&#x2019; (Bergh <xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">2017</xref>:7&#x2013;8). Volgens sy biograaf, D.W. Kr&#x00FC;ger, wat in 1961 &#x2019;n biografie oor hom gepubliseer het &#x2013; dieselfde jaar waarin die Republiek van Suid-Afrika ontstaan het (vgl. Kr&#x00FC;ger <xref ref-type="bibr" rid="CIT0006">1961</xref>) &#x2013; het Kruger geglo dat die vryheid en onafhanklikheid van die ZAR &#x2019;n geskenk van die drie-enige God is (Bergh <xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">2017</xref>:123; Du Plessis <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">1952</xref> 13, 32, 60, 99, 102; Kr&#x00FC;ger <xref ref-type="bibr" rid="CIT0007">1976</xref>:465).<xref ref-type="fn" rid="FN0002"><sup>2</sup></xref> Daarom moes &#x2019;n onafhanklike ZAR bewaar word (Kruger in 1884) (Bergh <xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">2017</xref>:78), en die Bybel moes die fundamentele bepalende faktor van regeringsbeleid wees. Kruger was immers oortuig daarvan dat die Boerevolk onder die sigbare leiding van God ontstaan het. In reaksie op God se genade moes hulle sy naam eer. Aan die begin van die Anglo-Boereoorlog (ABO [11 Oktober 1899&#x2013;31 Mei 1902]), en in die oortuiging dat die Boere sigbaar deur God gelei word, stuur Kruger op 30 November 1899 &#x2019;n boodskap aan sy Vrystaatse eweknie en bondgenoot, M.T. Steyn, dat sy regering geestelikes ondersteun wat hulle godsdienstige plig vervul.</p>
<p>Kruger was egter van mening dat &#x2019;n staatsregering hom nie met interne kerksake moes bemoei nie. &#x2019;n Politieke heerser, wat ook in die kerk van Christus wil regeer, is besiel met die gees van die antichris. Alle kerke moes op &#x2019;n gelyke voet behandel word, maar di&#x00E9; wat die vrye invloed van die Woord belemmer, moes deur die owerheid, wat God deur die wet dien, in toom gehou word. Volgens &#x2019;n gereformeerde siening onderl&#x00EA; egte godsdiens kerk sowel as staat (Bergh <xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">2017</xref>:40).<xref ref-type="fn" rid="FN0003"><sup>3</sup></xref> As neo-Calvinis, wat sy diepste oortuigings met moedersmelk ingekry het (Kr&#x00FC;ger <xref ref-type="bibr" rid="CIT0006">1961</xref>:10&#x2013;11), bely Paul Kruger &#x2019;n Christelike staat wat deur die handhawing van die reg aan almal en in diens van God en geloofsvryheid staan. Die bloed van Franse Hugenote en Hollandse Geuse, wat hulle geloof teen vyandelike regerings verdedig het, vloei in sy are. D.W. Kr&#x00FC;ger oordeel dat Paul Kruger van sy ouers die Calvinistiese erfenis van kerkvaste Hollandse Afrikaners met &#x2019;n sterk Ou-Testamentiese inslag ontvang het (Kr&#x00FC;ger <xref ref-type="bibr" rid="CIT0007">1976</xref>:465) &#x2013; &#x2019;n saak wat later in meer besonderhede bespreek sal word.</p>
<p>Staatspresident S.J.P. Kruger was uit diepe oortuiging verbonde aan die Hollander, Abraham Kuyper en sy stelre&#x00EB;l van die &#x2018;ewige beginsels van Gods Woord ook op staatkundige terrein&#x2019;. Tydens die vierde be&#x00EB;diging van Kruger se amp as staatspresident in 1898, het hy van die ZAR as &#x2019;n Christelike staat gepraat met &#x2019;n Christelike regering wat deur die Here gegee is (toespraak in Bredell &#x0026; Grobler <xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">1947</xref>:205).</p>
<p>Teen hierdie agtergrond ondersoek hierdie artikel Paul Kruger as Christenstaatsman en Boerepolitikus, soos in sy toesprake en sy optrede as staatspresident weerspie&#x00EB;l. Die volgende vraag ontstaan: Hoe het &#x2019;n openlike, belyde Bybels-Christelike vertrekpunt sy hantering van sekere politieke kwessies be&#x00EF;nvloed?</p>
<p>Publikasies waarin Kruger se formulerings direk opgeneem is, word veral as bronne gebruik. <italic>Paul Kruger, toesprake en korrespondensie van 1881&#x2013;1900</italic> is &#x2019;n nuttige resente stuk deur J.S. Bergh. Daarby is J.S. du Plessis se <italic>President Kruger aan die Woord, verkiesingsmanifeste, intreeredes en toesprake</italic> &#x2019;n standaardwerk van vroe&#x00EB;r. Hierdie bronne het in H.C. Bredell en Piet Grobler (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">1947</xref>) se <italic>Gedenkskrifte van Paul Kruger</italic>, soos aan die outeurs meegedeel, op plekke &#x2019;n bruikbare vergelyking. Die feit dat Du Plessis se <italic>President Kruger aan die woord</italic> sowel as J.J. Oberholster en M.C.E. van Schoor se <italic>President Steyn aan die Woord</italic><xref ref-type="fn" rid="FN0004"><sup>4</sup></xref> by die Suid-Afrikaanse Calvinistiese Uitgewers (SACUM) in Bloemfontein sonder &#x2019;n jaar van uitgawe verskyn, moet so vertolk word dat albei voor-die-handliggende publikasies van hierdie Calvinistiese uitgewers is. Hierdie is publikasies wat daarop gemik is om die invloed van hierdie rigting onder lesers te versterk en, deur die koppeling van die twee presidente daaraan, die gesag en invloed daarvan te verhoog (vgl. Strauss <xref ref-type="bibr" rid="CIT0017">2017</xref>:2).</p>
</sec>
<sec id="s0002">
<title>Kruger, die ZAR en die vrese God</title>
<p>Paul Kruger het as Calvinis die ontwikkeling en modernisering van die ZAR nagestreef, terwyl hy terselfdertyd goeie verhoudings met ander state in die omgewing wou handhaaf. Hierdie modernisering en diplomatieke strategie was gebaseer op sy lewensbeskouing, gegrond op Genesis 1:28 (die algemene kultuurontwikkeling deur die goeie) en ander Skrifgedeeltes. Gevolglik het Kruger gefokus op die uitbreiding van landbou en ander hulpbronne, die ontwikkeling van &#x2019;n nasionale nywerheid, die vestiging van &#x2019;n spoorwegverbinding met &#x2019;n seehawe, en die bevordering van immigrasie uit Nederland &#x2013; gegewe dat hierdie immigrante nie &#x2019;n bedreiging vir die Boere-identiteit en die onafhanklikheid van die ZAR sou inhou nie. As &#x2019;n Dopper was Kruger oor die algemeen pro-Boer, maar skepties teenoor Engelse invloed. Sy beleid het verder formele vriendskap met &#x2019;n imperiale Brittanje nagestreef, ondanks die Britse anneksasie van die ZAR in 1877 onder verdagte omstandighede. Hy het ook gefokus op tussenstaatlike betrekkings, regverdige regeringsgesag oor swart gemeenskappe in die ZAR,<xref ref-type="fn" rid="FN0005"><sup>5</sup></xref> Christelike onderwys en die uitbreiding van die volkslewe onder bybelse gesag (Bredell &#x0026; Grobler <xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">1947</xref>:89; Kr&#x00FC;ger <xref ref-type="bibr" rid="CIT0006">1961</xref>:269&#x2013;270).</p>
<p>Vir Kruger was die onafhanklikheid van die ZAR &#x2019;n geskenk van God wat in beheer van alles is. By die tweede be&#x00EB;diging van sy amp as president in 1888, het hy aan die burgers van die ZAR verklaar dat hulle n&#x00E1; die Eerste Vryheidsoorlog (1880&#x2013;1881) deur eendrag en onder die se&#x00EB;n van die Here hulle &#x2018;land en vryheid herwin het&#x2019; sodat selfs die &#x2018;blinde heidene en die ongelowiges moes erken dat dit Gods hand was wat u (hulle) vrygemaak het &#x2026;&#x2019;. Die Nederlandse Statevertaling van 1637, wat Kruger gereeld gebruik het (De Jong <xref ref-type="bibr" rid="CIT0003">1985</xref>:197), beklemtoon juis hierdie voorsienigheid van God. In 1893 het Kruger verklaar (Du Plessis <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">1952</xref>):</p>
<disp-quote>
<p>&#x2026; ek sal &#x2019;n vloek op my haal indien ons onafhanklikheid deur my geskend word, aangesien God ons so sigbaar gelei het dat die blindste heiden en mees ongelowige skepsel moes erken dat dit God se hand was wat ons ons onafhanklikheid geskenk het. (p. 49 [<italic>outeur se vertaling in Afrikaans</italic>])</p>
</disp-quote>
<p>Met sy aanvaarding van die presidentskap van die ZAR in 1898 vir &#x2019;n vierde termyn, het Kruger openlik bely dat sy leierskap in sy Christelike geloof en die &#x2018;<italic>vrese Gods</italic>&#x2019; in alle aspekte van die lewe gewortel is &#x2013; &#x2019;n Hollandisme. Sy diepste begeerte was om die Here te dien en die Boere volgens God se wil te regeer. Vanuit hierdie vertrekpunt wou hy, as staatshoof, die Here dien en het hy hom beywer vir die welsyn van sy volk, die ZAR se ekonomiese vooruitgang en die handhawing van sy onafhanklikheid (Du Plessis <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">1952</xref>:56). Hy het geglo dat hy die meerderheidstem van die volk eerbiedig deur die implementering van wette wat gehoorsaam moes word. As negentiende-eeuse Boeredemokraat en Christen het hy die stem van die meerderheid van die volk as die &#x2018;koningstem&#x2019; beskou, waarin hy die stem van God gehoor het (Van Schoor &#x0026; Van Rooyen <xref ref-type="bibr" rid="CIT0022">1960</xref>:122&#x2013;124).<xref ref-type="fn" rid="FN0006"><sup>6</sup></xref> Volgens hom kon slegs God volksgewilde wette afkeur, net soos Moses die wette van die Here oorgedra het sonder om daarvan af te wyk (Du Plessis <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">1952</xref>:66). Du Plessis wys op F. Postma wat aantoon dat Paul Kruger in sy toesprake dikwels na Moses verwys het. Dit blyk dat hierdie Ou-Testamentiese figuur vir Kruger sterk aangespreek het. Daarmee handhaaf hy &#x2019;n Dopperse benadering of denklyn in sy tyd wat Oud-Israel en die Boerevolk aan mekaar gekoppel en beide as deel van God se verbondsvolk beskou het &#x2013; die Ou Testamentiese en moderne weergawe daarvan. Met die Britse inname van Pretoria op 05 Junie 1900 het Kruger aan sy krygsoffisiere getelegrafeer dat hulle nie in ongeloof moes verval nie, want, &#x2018;Dit is die tyd waarin God se volk gelouter word&#x2019; (Bredell &#x0026; Grobler <xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">1947</xref>:231). Hiermee het hy die Christen-Afrikaner weereens direk met God se Ou-Testamentiese volk verbind.</p>
<p>Op 16 Desember 1891, tydens die Geloftefees by Paardekraal, het Kruger bevestig dat die Boere deel is van God se volk wat deur Hom gekasty word, maar dat Hy hulle altyd sou terugbring tot die besef dat Hy alleen regeer. Kruger het benadruk dat God se hand en mag duidelik sigbaar was in die geskiedenis van sy volk. God het hulle deur sy almag verlos om in sy we&#x00EB; te wandel en aan Hom getrou te bly. Die Boere moes hulle Gelofte van 1838 betaal deur &#x2019;n Christelike lewenswandel en deur die Geloftefees as &#x2019;n godsdienstige fees te vier. God se hand was duidelik in die geskiedenis van die Boere te sien sedert die Groot Trek. Hy het hulle uit die Kaapkolonie gelei en aan hulle vryheid gegee. Die Trekkers het sy Woord as gids geneem en in &#x2018;vrees en liefde&#x2019; getrek sonder om iets van die inheemse bevolking, wat swak toegerus was op milit&#x00EA;re vlak, te eis. Die Boere-emigrante was nie vrybuiters soos lasteraars beweer nie. Die eerste ding wat hulle buite die Kaapkolonie (Du Plessis <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">1952</xref>:102) gedoen het, was om &#x2019;n &#x2018;bestuur&#x2019; te kies sodat behoorlike orde gehandhaaf kon word. Slawerny is ook nie geduld nie en vrede is met die omringende volke onderhandel. Die wrede moorde deur die opgesweepte Matabeles en Zoeloes op talle Trekkermans, vroue en kinders is be&#x00EB;indig deur veldslae soos Vegkop en Bloedrivier wat die Boere in beheer geplaas het. Hierin is God se verlossende hand duidelik te sien. Die versuim om God met hulle hele lewe te dien sowel as &#x2019;n gebrek aan behoorlike viering van die Gelofte van 1838 as &#x2019;n godsdienstige fees, het tot teenspoed vir die Boere gelei.<xref ref-type="fn" rid="FN0007"><sup>7</sup></xref> Die herstel van hulle vryheid n&#x00E1; die Eerste Vryheidsoorlog (1880&#x2013;1881) (Van Jaarsveld et al. <xref ref-type="bibr" rid="CIT0021">1980</xref>; vgl. die naam wat Afrikaners aan hierdie oorlog gegee het) moes die ZAR tot besef bring dat sy krag alleen in God l&#x00EA; (Kruger se toespraak op Paardekraal, 16 Desember 1891 [Bergh <xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">2017</xref>:221&#x2013;231]).</p>
<p>In 1891 het Kruger verder verklaar dat God steeds gelowiges of &#x2018;sy volk&#x2019; in die Nuwe-Testamentiese era, soos in die Ou Verbond, behandel (Bergh <xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">2017</xref>):</p>
<disp-quote>
<p>Laat ons daarvoor ons geskiedenis nagaan en daaruit sal ons sien dat God onveranderlik is &#x2026; Nou dan, ou inwoners van die land, nuwe inkomelinge, vreemdelinge, roekeloses wat met God en godsdiens spot, ja selfs moordenaars en diewe, ek nooi u uit, wend u ore tot my om u gedagtes by wat God in sy Woord aan ons s&#x00EA; te bepaal, en u sal sien dat niemand deur Hom uitgesluit is indien hy na sy stem luister nie &#x2026; almal is in dieselfde verbond ingesluit. Daar word ook vir u moordenaars en diewe, &#x2019;n vrystad in Christus gestel indien u u bekeer. (p. 223)</p>
</disp-quote>
<p>Bergh (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">2017</xref>) bevestig dat tydens die Geloftefees by Paardekraal op 16 Desember 1896 Kruger sy klem op God se voorsienigheid bevestig het deur te s&#x00EA;:</p>
<disp-quote>
<p>Laat ons teruggaan tot die Ou Verbond waar God met Abraham sy verbond opgerig het, en u sal die grondslag van sy belofte vind in sy verbond wat hom nie alleen tot die Ou Verbond nie, maar tot die laaste nageslag [<italic>Kruger se volksgenote</italic>] uitstrek. (p. 384)</p>
</disp-quote>
<p>As &#x2019;n gereformeerde Calvinis, charismatiese leier, Boerepatriarg en president van die ZAR, het Kruger konsekwent die ewige beginsels van God se Woord as sy kompas beskou. Dit was sy strewe en belyde lewenskoers.</p>
</sec>
<sec id="s0003">
<title>Kruger oor kerk en staat</title>
<p>As &#x2019;n Boeredemokraat van die negentiende eeu het Kruger die reg van mense om vir hulleself te besluit nie bloot aan hulle menswees of sogenaamde menswaardigheid gekoppel nie. Hy het dit nie vanuit die verabsolutering van die mens of &#x2019;n konsekwente humanisme beskou nie (Strauss <xref ref-type="bibr" rid="CIT0015">2010</xref>:323). Vir hom moes die &#x2018;ewige&#x2019; beginsels van God se Woord in hulle standpunte gehoor word. Volgens Kruger word die koningstem by die meerderheid van die &#x2018;volk&#x2019; gehoor, aangesien dit vir Christen-Afrikaners die mees verantwoordelike en deurtrapte besluitnemingsproses bied. Op 16 Desember 1891 het hy sy volk &#x2018;almal tesaam Gods volk&#x2019;<xref ref-type="fn" rid="FN0008"><sup>8</sup></xref> genoem, wat deur die Here uitgelei is en geloftes gedoen het om Hom &#x2018;te dien&#x2019;. Daarom moes die fees op 16 Desember as &#x2019;n godsdienstige viering erken word ter herdenking van die drie-enige God se verlossingswerk deur die oorwinning by Bloedrivier in 1838.</p>
<p>Kruger het die meerderheid van sy mense as die draers van die koningstem of selfs die stem van God beskou. Tog moes hy dikwels in die Volksraad en elders uit sy pad gaan om die meerderheid tot &#x2018;billikheid&#x2019; te roep of van sy eie standpunte te oortuig (Bergh <xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">2017</xref>:20, 211, 217, 221, 222, 373).<xref ref-type="fn" rid="FN0009"><sup>9</sup></xref> Ten spyte daarvan dat Kruger slegs drie maande formele skoolopleiding gehad het en volgens eie getuienis homself as &#x2018;<italic>de minste geleerden hunner</italic>&#x2019; beskou het in politieke vergaderings (Bergh <xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">2017</xref>:180), het hy vier termyne van vyf jaar elk (die uitkoms van die Anglo-Boereoorlog sou die vierde termyn verkort) as president van die ZAR gedien. Meer ingewikkeld as die gewone het hy hier met gefundeerde argumente homself toegewy aan die stigting van &#x2019;n Christelike universiteit in Transvaal, en het in Februarie 1898 hoofregter J.G. Kotz&#x00E9; ontslaan. Vir Kruger moes regsopleiding aan so &#x2019;n universiteit geprioritiseer word, en die eerste professor &#x2018;moet so hooggeleerd wees as die beste professor in Nederland, en tog [<italic>let wel</italic>] &#x2019;n kind van God wees&#x2019; (Bergh <xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">2017</xref>:160). Kruger het regter Kotz&#x00E9; ontslaan omdat hy, teen die oortuiging van sy demokraties-Calvinistiese staatshoof, vir homself (regterlike) gesag oor die koningstem van die ZAR-Volksraad toege&#x00EB;ien het. Albei was ho&#x00EB;profielsake waarin Kruger se verstaan van &#x2019;n Christelike benadering &#x2019;n beslissende rol gespeel het. Kruger kon saampraat oor vereistes vir dosente aan &#x2019;n Christelike universiteit en die prinsipi&#x00EB;le grense vir die amptelike uitsprake van &#x2019;n hoofregter in &#x2019;n demokrasie. Sy slotsom vanuit die aanvaarding van die meerderheidstem van die volk as die koningstem was: &#x2018;as u Edele Regters, &#x2019;n volksbesluit [<italic>van die Volksraad</italic>] volgens u mening nie van toepassing ag nie, dan eien u u die toetsingsreg &#x2026; van die duiwel&#x2019; toe (Bredell &#x0026; Grobler <xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">1947</xref>:198&#x2013;201).</p>
<p>Voor sy eerste verkiesing as staatspresident in 1882 het Kruger onomwonde verklaar dat die ewige beginsels van God se Woord op staatsterrein eerbiedig moes word. Hierdie erkenning was, volgens hom, bepalend in alle politieke sake (Kr&#x00FC;ger <xref ref-type="bibr" rid="CIT0006">1961</xref>):</p>
<disp-quote>
<p>Die fondament en gronslag van ons staatsgebou moet [<italic>let wel</italic>] reg en geregtigheid vir alle klasse van die bevolking [<italic>almal op staatsbodem</italic>] wees. Ek eis ook vryheid, vryheid vir elke burger, maar geen bandeloosheid nie.</p>
<p>My leuse is ook vooruitgang; vooruitgang in elke opsig, maar vooruitgang in die regte rigting &#x2026;</p>
<p>Oor die algemeen bedoel ek daarmee dat ons wat op die wortel van ons volksgeskiedenis as Republiek opgroei, met die erkenning van Gods leiding in die verlede, dit wat reeds bestaan as uitgangspunt neem vir ons eendragtige strewe na nasionale wasdom. (p. 269)</p>
</disp-quote>
<p>In sy historiese konteks het Kruger met &#x2018;vryheid vir elke burger&#x2019; na alle blankes verwys wat deur staatswetgewing as burgers van die ZAR erken is.<xref ref-type="fn" rid="FN0010"><sup>10</sup></xref> Hy het vryheid vir elke burger binne die raamwerk van die wet bepleit, aangesien bandeloosheid die samelewing sou destabiliseer en bots met die gehoorsaamheid aan die ewige beginsels van God se Woord. Nakoming van die &#x2018;ewige&#x2019; beginsels of konstantes van God se Woord is die teenoorgestelde van bandeloosheid.</p>
<p>Benewens sy bybelse benadering tot vryheid en bandeloosheid, het Kruger klem gel&#x00EA; op die bepalende invloed van God se leiding in die verlede as &#x2019;n norm vir vooruitgang in die regte rigting. Vanuit hierdie leiding glo hy dat vooruitgang en &#x2019;n eendragtige strewe na nasionale wasdom &#x2018;op die vernaamste punte van ons buitelandse sowel as binnelandse politiek&#x2019; sal voortvloei. In sy visie vir die ZAR moes hulpbronne optimaal ontwikkel word, met &#x2019;n ekonomiese strategie wat invoer- en uitvoerhandel insluit. Die boer of grondbesitter (vir Kruger uitsluitlik Boere of blanke Afrikaners) is die &#x2018;edelman en hegste steunpilaar van die welvaart en die grootste belanghebber in die land&#x2019;. Hy bepleit ook nywerheidsontwikkeling, emigrasie uit Nederland, &#x2019;n spoorverbinding met Delagoabaai sowel as &#x2018;goeie&#x2019; betrekkings met die sogenaamde &#x2018;susereine&#x2019; mag van &#x2018;Groot&#x2019; Brittanje en ander Suider-Afrikaanse state, maar met die behoud van ZAR se &#x2018;selfstandigheid&#x2019;. Sy oortuiging was dat die ZAR &#x2018;barbarisme&#x2019; in Afrika moes inperk deur regverdigheid en beskawing te bevorder. Daarvoor moet die ZAR bou aan sy invloed in kolonies en state in Suider-Afrika. Immers, die staat in Romeine 13 as dienaar van God, kom tot sy reg deur regverdig sy roeping aan almal op hulle vlak uit te leef. Kruger is daarop te&#x00EB; dat die ZAR as &#x2019;n Boerepubliek hom afsonder van die invloed van regverdigheid en die bevordering van beskawing in sy omgewing.</p>
<p>Kruger wou nie met kerklike sake inmeng nie. Hy het aangevoer dat &#x2019;n politieke leier wat in die interne funksionering van die kerk inmeng met die gees van die antichris besiel is. Christus is die hoof van sy gemeente, en die bestuur daarvan is aan sy dissipels onder leiding van die Heilige Gees toevertrou. Die staatsowerheid moes alle kerke gelyk behandel en slegs ingryp deur effektiewe wetgewing deur die staatsbestuur indien die vrye verkondiging van die evangelie bedreig word (Kr&#x00FC;ger <xref ref-type="bibr" rid="CIT0006">1961</xref>:270&#x2013;271).</p>
<p>Kruger se politieke filosofie het berus op die idee dat die staat as &#x2019;n regsverband met die dwingende gesag van &#x2019;n polisie- en weermag nie die Woord- en geloofsgebonde regering van die kerk onder leiding van die Heilige Gees moes vervang nie. Die staatsowerheid moes reg en geregtigheid verseker en &#x2019;n stabiele regsorde in die samelewing, wat fisies afgedwing of gewaarborg word, handhaaf, terwyl die kerk deur middel van geestelike oortuiging sy roeping moes uitleef (Sizoo sa:555&#x2013;595). Staatsoorheersing van die kerk sou nadelig wees vir die geloofsinstelling wat Woordgebonde deur die oortuiging van Woord en Gees sy gehalte en invloed moet laat geld (De Jong <xref ref-type="bibr" rid="CIT0003">1985</xref>:36&#x2013;45).</p>
<p>Hoewel Kruger &#x2019;n produk van sy tyd was en sy geformuleerde volkslewe en staatsbeskouing dikwels op die wit bevolking van die ZAR gefokus het, het hy steeds geglo dat &#x2019;n godsgehoorsame owerheid regverdig teenoor almal in sy gebied op hulle vlak (klein en groot, Westersbeskaafd en minder Westers, kultuurgenote en ander) binne sy jurisdiksie moet wees. Volgens hom moes &#x2019;n owerheid &#x2019;n teenstander wees van onreg soos voorgeskryf in Romeine 13. Vir Kruger is die benadering van regverdigheid wel op die wettige burgers van die ZAR (ons verwys ook na ander) gerig, maar as deel van die ewige beginsels van God se Woord is dit noodsaaklik vir alle fisiese bewoners van die staat &#x2013; nie net hulle wat juridies as burgers gekwalifiseer het nie. In &#x2019;n toespraak aan swart kapteins in Pietersburg op 12 Oktober 1891 het hy verklaar dat die wette van die ZAR ook vir swart inwoners geld. Hulle kon in vrede na hulle krale gaan en saam met hulle kinders gerus slaap met die wete, &#x2018;<italic>de wetten zullen u beschermen</italic>&#x2019; (Bergh <xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">2017</xref>:219).</p>
<p>In 1882 het Kruger die &#x2018;sombere&#x2019; voorspellings van &#x2019;n opstand van swart gemeenskappe na die onttrekking van Britse troepe uit Transvaal na afloop van die Eerste Vryheidsoorlog in 1881 as ongegrond beskryf. Hy het gemeen dat die algemene houding van swart mense teenoor die ZAR as bevredigend beskryf kon word.</p>
</sec>
<sec id="s0004">
<title>Kruger, die staat en bevolkingsverskille</title>
<p>Bergh wys daarop dat Paul Kruger hom kort voor die ABO in 1897 in die Volksraad van die ZAR positief oor die posisie van &#x2018;beskaafde swartmense&#x2019; in die ZAR uitgelaat het. In November ontvang hy blanke en gekleurde evangeliste by sy huis in Pretoria. Hier stel hy dat, wat &#x2018;die geestelike betref&#x2019;, die Here geen onderskeid tussen wit en swart maak nie. Die onderskeid l&#x00EA; nie in die geestelike nie, maar &#x2018;<italic>zeer zeker in het lichamelike</italic>&#x2019;. Daarom kan daar &#x2013; ongekwalifiseerd &#x2013; geen gelykstelling wees nie. God het hierdie onderskeid getref en &#x2018;<italic>gekleurden</italic> &#x2026; [moet] <italic>niet verlangen witmensen te worden</italic>&#x2019;. Dit sou teenstrydig met God se wil wees. Rasgemengde huwelike mag nie plaasvind nie, want wat God gemaak het, moet gehandhaaf word. In die hiernamaals verval hierdie verskille; daar leef almal in verheerlikte liggame (Bergh <xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">2017</xref>:403).<xref ref-type="fn" rid="FN0011"><sup>11</sup></xref></p>
<p>Ongeveer drie dekades vroe&#x00EB;r, in 1871, l&#x00EA; Paul Kruger as kommandant-generaal sy getuienis voor die Transvaalse Kommissie vir Swart Arbeid af. Hy spreek hom uit ten gunste daarvan dat swart mense onder die milit&#x00EA;re bevel van die ZAR val en hulle eie werkgewers kan kies; dat swart mense wat aan milit&#x00EA;re veldtogte van die Republiek deelneem, &#x2019;n deel van die oorlogsbuit ontvang; dat &#x2018;alle&#x2019; onderdane van die staat, ongeag ras, regverdig behandel moet word; dat swart mense die reg moet h&#x00EA; om in die buiteland &#x2019;n inkomste te verdien en tyd moet kry om na hulle gesinne om te sien. Daar het egter &#x2019;n &#x2018;anti-Kruger-gevoel&#x2019; in die Kommissie voorgekom, wat later deur &#x2019;n geregtelike ondersoek van die staatsprokureur reggestel is (Bergh <xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">2017</xref>:10&#x2013;11). In Augustus 1899 verklaar Kruger in <italic>De Volkstem</italic> dat Jode en Rooms-Katolieke, ten spyte van hulle godsdienstige verskille met die meerderheid van die burgers van die ZAR, nie van burgerregte uitgesluit mag word nie (Bergh <xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">2017</xref>:372).</p>
<p>In die Eerste Volksraad spreek Kruger hom in Augustus 1897 weer uit oor die posisie van sogenaamde beskaafde swartmense in die ZAR. Volgens hom is dit die plig van elke Christen om die beskawing &#x2013; algemene menslike ontwikkeling in &#x2019;n moderne samelewing waarin regverdigheid en reg se&#x00EB;vier &#x2013; onder swart mense te bevorder. In die lig van sy opvatting oor &#x2019;n Godgegewe onderskeid tussen mense, is beskawing vir hom iets anders as die bevordering van gelykstelling.<xref ref-type="fn" rid="FN0012"><sup>12</sup></xref> Vir &#x2019;n Calvinisties-gereformeerde denker soos Paul Kruger was gelykstelling &#x2019;n werktuig van die antichris. Kruger se visie van beskawing was skynbaar dat dit &#x2019;n uitvloeisel van die Evangelie se werk in mense is &#x2013; &#x2019;n proses wat &#x2019;n bybelse onderskeid tussen mense versterk, eerder as uitwis. Gelykstelling was dus, volgens Kruger, in stryd met die Bybel, en die bekamping daarvan het wit en swart uitmekaar gehou ter wille van die bevordering van die goeie (Bergh <xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">2017</xref>:399).</p>
<p>In ooreenstemming met hierdie denke kom Bredell en Grobler tot die gevolgtrekking dat &#x2018;die Boere&#x2019; nie teenstanders van sending of vyande van swart mense binne die grense van die ZAR was nie. Hulle was bereid om vir elke swart stam wat gewillig was om rus en vrede te bewaar en die beskawing (hier &#x2019;n agtiende-eeuse Westerse lewenswyse) te aanvaar, &#x2019;n gebied toe te ken wat in verhouding met hulle bevolkingsgetalle was. Sommige Boere het die sending fisies ondersteun en grond geskenk vir die bou van kerke en ander inrigtings. Voor die koms van sendelinge, het party Boere self vir die verspreiding van die Evangelie onder hulle swart arbeiders gesorg. Die verspreiding van wapens onder swart mense om teen die Boere te gebruik, het egter sake bemoeilik. Volgens Bredell en Grobler was die posisie van swart mense in die bre&#x00EB;r gemeenskap nie slegs &#x2019;n godsdienstig-maatskaplike kwessie nie, maar ook &#x2019;n staatkundige een. Blankes, wat in die minderheid was, moes streng wees om hulle Westerse waardes te handhaaf. Kruger wou, volgens hierdie twee outeurs, die gemeenskaplike orde in stand hou deur mindere beskaafheid onder sekere groepe met geregtigheid en beskaafdheid te &#x2018;beheers&#x2019;. Hy was dus eerlik en onbekrompe oor die staatkundige probleme wat die groot verskille tussen die inwoners van Suider-Afrika veroorsaak het. Bredell en Grobler (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">1947</xref>) stel dit dat,</p>
<disp-quote>
<p>elkeen wat die moeilikheid van hierdie vraagstuk ken, sal seker met my saamstem as ek die een wat &#x2019;n bevredigende oplossing vir hierdie probleem kan vind, as die grootste weldoener van Suid-Afrika bestempel. So &#x2019;n man sal waarskynlik eers nog gebore moet word. (p. 21)</p>
</disp-quote>
<p>Oor die ZAR s&#x00EA; Kruger reguit (Grobler <xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">1947</xref>):</p>
<disp-quote>
<p>elke stam binne die grense van ons land moet die gesag van ons regering leer eerbiedig, die wet, wat ook tot sy beswil strek nakom, en sy aandeel in die algemene laste dra. (pp. 21&#x2013;22)</p>
</disp-quote>
<p>D.W. Kr&#x00FC;ger oordeel dat Paul Kruger se oplossing vir hierdie kulturele en staatkundige verskeidenheid &#x2018;die ou stelsel van die Republiek&#x2019; was &#x2018;waarvolgens elke stam sy eie lokasie [<italic>woonplek</italic>] moet h&#x00EA;&#x2019;. Faktore soos orde, werksaamheid en Godsvrug moes verseker dat die swart man &#x2018;eenmaal &#x2019;n gelukkige en tevrede onderdaan van die Republiek sal wees&#x2019; (Kr&#x00FC;ger <xref ref-type="bibr" rid="CIT0006">1961</xref>:271).</p>
<p>Twee belangrike indrukke kom hier na vore: Die eerste is dat Kruger, ten spyte van sy beperkte formele onderwys, besef het dat Suid-Afrika se grootste uitdaging in die hantering van sy volkere- en menseverskille gel&#x00EA; het &#x2013; &#x2019;n vraagstuk wat selfs teen die jaar 2000 nog nie bevredigend opgelos was nie (vgl. betoog by Strauss 2018:424&#x2013;430). Die tweede is dat die ZAR se benadering tot hierdie kwessie die weerspie&#x00EB;ling was van Kruger se eie tydsgebonde, Christelik-verantwoorde hantering van sake. Enersyds het dit gegaan oor die erkenning van verskille met gevolge vir die totale Suid-Afrikaanse gemeenskap, en andersyds oor die erkenning van die burgerregte van alle inwoners &#x2013; besoekers as blote besoekers ingesluit &#x2013; binne &#x2019;n raamwerk van Christelike menswaardigheid en verantwoordelikheid. Kruger was uitdruklik teen gelykstelling, maar hy wou te midde van beskawings- en ontwikkelingsverskille regverdig teenoor almal optree op hulle vlak van ontwikkeling binne &#x2019;n Westerse samelewing. By die opening van die sogenaamde Eerste Volksraad<xref ref-type="fn" rid="FN0013"><sup>13</sup></xref> op 01 Mei 1899 het Kruger daarop gewys dat Indi&#x00EB;rs wat na die ZAR gekom het ook &#x2018;slegs in di&#x00E9; strate, wyke en lokasies van die verskillende dorpe en stede mag woon wat vir hulle bestem is&#x2019; (<italic>rede as bylae B in</italic> Bredell &#x0026; Grobler <xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">1947</xref>:211). Op grond van hulle nie-blanke ras en met &#x2019;n nie-blanke beleid as beginsel, het Kruger hulle by die beleid van lokasies vir nie-blankes ingesluit &#x2013; &#x2019;n benadering wat kenmerkend van destydse apartheid was.<xref ref-type="fn" rid="FN0014"><sup>14</sup></xref></p>
</sec>
<sec id="s0005">
<title>Kruger en meer persoonlike kwessies</title>
<p>In Desember 1888 lig Kruger op Middelburg die sluier oor die getalle van die ZAR-inwoners. In die destydse politieke klimaat praat hy van ongeveer 800 000 swart en 100 000 wit inwoners. Met die moontlikheid van &#x2019;n oorheersende gesindheid teenoor die wit minderheid vra Kruger die vraag wat onder sy eie mense leef: &#x2018;<italic>wat moet er dan van de toekomst worden</italic>?&#x2019; Ter wille daarvan om &#x2018;paal en perk&#x2019; te stel en probleme te voorkom, het sy regering die maatre&#x00EB;l van eie woongebiede of lokasies ingestel. Om siektes wat met die instroming van swart mense kon versprei te bekamp, het die Volksraad &#x2019;n plakkerswet aanvaar. Hierdie wet was daarop gemik om wanorde en die negatiewe gevolge van migrasie na die ZAR te beperk. Die plakkerswet poog om op &#x2019;n ordelike wyse in die arbeidsbehoeftes van die Republiek te voorsien. Soos Kruger dit stel: &#x2018;<italic>als alles afgebakend is, moeten de naturellen zorgen dat zij een verdienste zoeken of anders het land verlaten</italic>&#x2019; (Bergh <xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">2017</xref>:141).</p>
<p>Wat Kruger hier implisiet erken, is dat &#x2019;n komplekse situasie ontstaan het waarvoor daar nie &#x2019;n onmiddellike oplossing was nie. Die hantering van hierdie kwessie moes met insig en vindingrykheid benader word &#x2013; &#x2019;n aspek wat gereeld op sy agenda was.</p>
<p>Na die eerste be&#x00EB;diging van sy amp as Staatspresident in Mei 1883 verwys Kruger na die samewerking van die tydelik-regerende Transvaalse Driemanskap na die Eerste Vryheidsoorlog van 1880&#x2013;1881, waarin hy as vise-president gedien het. Hy beklemtoon &#x2019;n re&#x00EB;ling vir samewerking tussen die drie leiers as Christene en verklaar dat hulle as broers kon saamwerk. &#x2018;Nie as broeders in naam of in skyn nie, maar in die waarheid&#x2019; (Bergh <xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">2017</xref>:38). Vir Kruger as Calvinis was nie net kerkeenheid op die Skrif as belydeniseenheid in die waarheid gebaseer nie, maar ook &#x2019;n op Christelike politiek as &#x2019;n gemeenskaplike besit tussen Christene. Hierdie politiek, hoewel soms onvolmaak weens menslike tekortkomings, moes steeds aan Christelike beginsels voldoen.</p>
<p>In sy politieke optrede was Kruger &#x2019;n bekwame debatteerder, oorreder en leier onder die Boere. Sy insig, gekombineer met &#x2019;n dinamiese persoonlikheid, het sy leierskap bevestig en versterk. Sy jarelange ervaring van mense wat oor, in Langenhoven se taal, &#x2018;ver verlate vlaktes&#x2019; van Suid-Afrika versprei is, het hom van waardevolle mensekennis voorsien wat hy tydens onderhandelings kon benut. Hierdie waarneming word bevestig deur hoofregter J.C. Kotz&#x00E9;, &#x2019;n bekende regspersoon in die ou Transvaal in die 1890&#x2019;s. Alhoewel Kruger vir Kotz&#x00E9; in 1898 ontslaan het, het laasgenoemde steeds erken dat die president in sy gesprekke soms &#x2019;n houding aangeneem het wat nie noodwendig sy werklike gevoelens weerspie&#x00EB;l het nie: &#x2018;<italic>To this day, I am not quite sure whether the attitude he then assumed was genuine or mere acting</italic>&#x2019; (aangehaal in Bergh <xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">2017</xref>:20).</p>
<p>Nog &#x2019;n bekende figuur, Carl Jeppe, wat Kruger van jongs af goed geken het, het beweer dat Kruger dwarsdeur sy lewe getrou aan homself gebly het. Selfs in tye van woede het hy nie beheer verloor nie. Hy het dikwels voorgegee dat hy kwaad was en het gereeld toneel gespeel om sy sin te kry: &#x2018;<italic>Be that as it may, his storms of wrath were awkward to encounter, and not many cared to face them</italic>&#x2019; (Bergh <xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">2017</xref>:20).</p>
<p>In haar roman <italic>Die Groot Gryse</italic> (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">1969</xref>) stel Anna M. Louw vir Kruger binne sy eie gedagtew&#x00EA;reld aan die woord en laat hom reflekteer oor sy onuitgesproke persepsies van mense met wie hy oor meer as 75 jaar te doen gehad het. Kruger het blykbaar die Transvaalse Driemanskap intens beleef en elkeen as mens beoordeel. Sy mensekennis was vir hom &#x2019;n strategiese voordeel. Jeppe sowel as Kotz&#x00E9; bevestig hierdie waarneming. Indien Louw se navorsing oor Kruger korrek is, dan het sy vertroue in God hom toegerus vir sy taak as die onbetwiste Boereleier en president van die Transvaal vir byna twee dekades. Hierdie geloof, tesame met sy insig en die strategiese gebruik van toneelspel, was deurslaggewend in sy oordeel en optrede (Louw <xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">1969</xref>:114&#x2013;158 e.v.).</p>
<p>As Christen-staatspresident wat die eer van God in alle aspekte van sy lewe gesoek het, moes Kruger ook aandag aan ander kwessies gee. Van hierdie sake sluit die volgende in: konsessies, onderwys, vergifnis vir &#x2019;n &#x2018;ellendige vrybuiter&#x2019; (president M.T. Steyn se beskrywing van die leier van die Jameson-inval in die ZAR gedurende 1895&#x2013;1896 [Oberholster &#x0026; Van Schoor sa:25]) soos L. Jameson in 1896, en die vrylating van Lord Methuen na die Slag van Tweebosch in die Wes-Transvaal teen die einde van die ABO in Maart 1902. As &#x2019;n Christen-president moes hy in staatsake soms ferm optree, terwyl hy ander kere, ter wille van politieke stabiliteit en &#x2019;n goeie strategie, vergewingsgesind opgetree het.</p>
</sec>
<sec id="s0006">
<title>Kruger en diverse sake</title>
<p>Hoewel Paul Kruger nie &#x2019;n sosialis was nie en die bybelse standpunt gehuldig het dat &#x2019;n arbeider in &#x2019;n vrye ekonomie sy loon waardig is, was hy ten gunste van konsessies wat plaaslike nywerhede in die ZAR beskerm &#x2018;tot ontwikkeling van ons hulpbronne&#x2019;. Vanuit &#x2019;n moderne samelewingsperspektief, soos Kruger as &#x2019;n produk van sy tyd dit verstaan het, was sulke maatre&#x00EB;ls toepaslik. Sy visie was die ontwikkeling van &#x2019;n groeiende, selfstandige binnelandse ekonomie met tydelike staatsbeskerming en hulp &#x2018;totdat met verloop van tyd beskerming nie meer nodig sal wees nie&#x2019;. Hy beskou konsessies as in algemene belang van &#x2019;n ontwikkelende ZAR (Kruger by die inwyding van Eerste Fabrieken op 06 Junie 1883 [Bergh <xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">2017</xref>:45]).</p>
<p>Met betrekking tot die &#x2018;moontlike&#x2019; heraanstelling van ds. S.J. du Toit as Transvaalse Superintendent van Onderwys in 1889&#x2013;1890, was Kruger van mening dat die ZAR se onderwyswet, wat bepaal het dat die Christelike leer in &#x2019;n Christelike gees onderrig moes word en Hollands die medium van onderrig moes wees, eerder versterk as verslap moes word. Du Toit word opnuut as superintendent oorweeg (Bergh <xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">2017</xref>:171). Hierdie benadering sluit aan by Kruger se gesprekke met Abraham Kuyper in Nederland oor die stigting van &#x2019;n Christelike universiteit vir die ZAR. In 1891 het Kruger geoordeel dat hy die regte gereformeerde professor en regskenner aan die Vrye Universiteit gevind het. Sy brief aan Abraham Kuyper op 15 Februarie 1891 waarin hy hulp vra om professor De Savornin Lohman vir die Christelike universiteit in die ZAR te werf, was egter onsuksesvol (Bergh <xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">2017</xref>:160, 195).</p>
<p>Kruger se Christelike oortuiging het ook sy hantering van vyandige elemente be&#x00EF;nvloed. Hy was vasberade om individue wat om verdagte redes teen die ZAR die wapen opgeneem het, te neutraliseer, maar hy het hulle steeds menslik behandel. Die hantering van die Brits-imperialistiesgedrewe inval van 1895&#x2013;1896 onder aanvoering van L.S. Jameson is &#x2019;n voorbeeld. Agterna sou dit blyk dat daar vooraf aan Jameson hulp verleen is met ondersteuning van die Kaapse premier, C.J. Rhodes, en met die medewete en samewerking van die Britse Minister van Kolonies, Joseph Chamberlain, sowel as die Britse Ho&#x00EB; Kommisaris in Suidelike Afrika, sir Hercules Robinson. In reaksie hierop het die Kruger-regering die rebelle &#x00F3;f beboet &#x00F3;f gevange geneem en hulle daarna aan die Britse owerheid oorhandig vir verhoor. Die Britse regering het hulle egter sonder behoorlike verhoor vrygelaat (Bergh <xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">2017</xref>:310&#x2013;311). Op 10 Januarie 1896 verklaar Kruger in die Volksraad dat hy en sy regering die opstandelinge so hanteer het omdat die Regering voor die Volksraad wou verskyn met die leuse van &#x2018;vergewe en vergeet&#x2019; (Bredell &#x0026; Grobler <xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">1947</xref>:132). Vir Kruger as Christen was vergewe en vergeet twee kante van dieselfde munt, of vergeet die noodsaaklike uitvloeisel van vergewe &#x2013; &#x2019;n saak wat ook n&#x00E1; die ABO &#x2019;n belangrike tema vir Afrikaners sou word (Strauss <xref ref-type="bibr" rid="CIT0019">2021</xref>:10&#x2013;11).</p>
<p>&#x2019;n Ander voorbeeld van sy benadering tot menslikheid in oorlog was die Slag van Tweebosch op 07 Maart 1902. In hierdie botsing het generaal De la Rey en sy Boerebittereinders &#x2019;n Britse mag verslaan, waartydens generaal Lord Methuen ernstig gewond is. De la Rey het besluit om Methuen aan die Britte oor te gee sodat hy beter mediese sorg kon ontvang. Vanuit Europa het Kruger sy goedkeuring hiervoor uitgespreek en verklaar: &#x2018;&#x2026; ons Boere moet ons tot die end soos Christene gedra, hoe onbeskaafd die Engelse ons ook al mag behandel&#x2019; (Bredell &#x0026; Grobler <xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">1947</xref>:184). Vir Kruger was ware beskawing gesetel in dade van vergifnis en menslikheid nadat die vyandelikhede met wedersydse instemming be&#x00EB;indig is. De la Rey se optrede het hierdie beskouing van &#x2019;n beskaafde oorlog bevestig.<xref ref-type="fn" rid="FN0015"><sup>15</sup></xref></p>
</sec>
<sec id="s0007">
<title>Slot</title>
<p>Vir Stefanus Johannes Paulus Kruger was sy taak as Christelike president van die ZAR, wat die Naam van die God van die Bybel in die openbaar bely het, &#x2019;n roeping van God. Hy wou sy taak uitvoer in die &#x2018;vrese Gods&#x2019;. In sy vereenselwiging met &#x2019;n sentrale uitgangspunt van die Nederlandse neo-Calvinis en latere minister-president, Abraham Kuyper, het Kruger gereeld verwys na die leiding van die Here God &#x2018;ook op staatkundige terrein &#x2026;&#x2019; &#x2013; leiding deur die &#x2018;ewige beginsels van Gods Woord&#x2019;. Kruger was oortuig dat hy staatkundige en politieke kwessies vanuit God se Woord aan die hand van hierdie ewige beginsels kon benader. Sy teologiese verstaan van die Skrif is veral be&#x00EF;nvloed deur die verhouding tussen God en Moses in die Ou Testament, wat hy as &#x2019;n model vir die verhouding tussen God en die Christen-Afrikaner gesien het.</p>
<p>Alhoewel Paul Kruger slegs drie maande formele skoolopleiding ontvang het, kon hy homself handhaaf in onderhandelings met staatsleiers, akademici en regters. Sy Christelike oortuigings het sy denke oor &#x2019;n moderne samelewing gevorm, insluitend die noodsaaklikheid van &#x2019;n skeiding tussen die wetgewende en juridiese magte van die staat en die vestiging van &#x2019;n Christelike universiteit.</p>
<p>Volgens sy tydgenote was Paul Kruger &#x2019;n uitstaande leier onder Afrikaners; &#x2019;n eerlike, uitgesproke Christengelowige en &#x2019;n mens met &#x2019;n vooruitdenkende benadering tot die ontwikkeling van &#x2019;n moderne samelewing soos die ZAR &#x2013; &#x2019;n staat wat op die drumpel van die twintigste eeu gestaan het. Hy het rasse- en volksverskille in Suider-Afrika verreken, maar was ook &#x2019;n realis wat die kompleksiteit van die rassevraagstuk van Suid-Afrika verstaan het. Kruger het geglo dat die oplossing vir hierdie probleem in die toekoms l&#x00EA;. Terwyl hy die staat as &#x2019;n regsverband met &#x2019;n juridiese taak in die volle samelewing getipeer het, &#x2019;n owerheid wat, normatief beskou, alle inwoners regverdig moes behandel op hulle vlak van ontwikkeling, het hy moontlik besef dat sy beleid van eie woongebiede of lokasies vir swart en gekleurde bevolkings nie &#x2019;n blywende oplossing was nie. As &#x2019;n Christelike politieke leier was Kruger menslik in sy optrede, dinamies in sy denke, en het hy &#x2019;n diepe insig gehad in die behoeftes en eienskappe van die mense om hom.</p>
</sec>
</body>
<back>
<ack>
<title>Erkennings</title>
<sec id="s20008" sec-type="COI-statement">
<title>Mededingende belange</title>
<p>Die outeur verklaar dat daar geen finansi&#x00EB;le of persoonlike verbintenisse is wat die skryf van hierdie artikel op onvanpaste wyse kon be&#x00EF;vloed nie.</p>
</sec>
<sec id="s20009">
<title>Outeursbydrae</title>
<p>P.J.S. is die enigste outeur van hierdie navorsingsartikel.</p>
</sec>
<sec id="s20010">
<title>Etiese oorwegings</title>
<p>Hierdie artikel het alle etiese standaarde gevolg vir navorsing sonder direkte kontak met, en deelname van mense.</p>
</sec>
<sec id="s20011" sec-type="data-availability">
<title>Databeskikbaarheidsverklarling</title>
<p>Die outeur verklaar dat alle data wat hierdie navorsingsartikel en bevindings ondersteun, in hierdie artikel en literatuurverwysings beskikbaar is.</p>
</sec>
<sec id="s20012">
<title>Vrywaring</title>
<p>Die menings en sienings wat in hierdie artikel meegedeel word, is di&#x00E9; van die outeur en weerspie&#x00EB;l nie noodwendig die amptelike beleid of posisie van enige geaffilieerde instelling, befondser, agentskap of di&#x00E9; van die uitgewer nie. Die outeur is verantwoordelik vir hierdie artikel se inhoud.</p>
</sec>
</ack>
<ref-list id="references">
<title>Literatuurverwysings</title>
<ref id="CIT0001"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Bergh</surname>, <given-names>J.S</given-names></string-name></person-group>., <year>2017</year>, <source><italic>Paul Kruger toesprake en korrespondensie van 1881&#x2013;1900</italic></source>, <publisher-name>Protea Boekhuis</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0002"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Bredell</surname>, <given-names>H.C</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Grobler</surname>, <given-names>P</given-names></string-name></person-group>., <year>1947</year>, <source><italic>Gedenkskrifte van Paul Kruger</italic></source>, <publisher-name>Van Schaick</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0003"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>De Jong</surname>, <given-names>O.J</given-names></string-name></person-group>., <year>1985</year>, <source><italic>Nederlandse Kerkgeskiedenis</italic></source>, (<comment>3e <sup>e</sup> aanvullende druk</comment>), <publisher-name>Callenbach</publisher-name>, <publisher-loc>Nijkerk</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0004"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>De Wet</surname>, <given-names>C.R</given-names></string-name></person-group>., <year>1959</year>, <source><italic>Die stryd tussen Boer en Brit</italic></source>, <publisher-name>Tafelberg</publisher-name>, <publisher-loc>Kaapstad</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0005"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Du Plessis</surname>, <given-names>J.S</given-names></string-name></person-group>., <year>1952</year>, <source><italic>President Kruger aan die woord, verkiesingsmanifeste, intreeredes, en toesprake van president S.J.P. Kruger</italic></source>, <publisher-name>Sacum</publisher-name>, <publisher-loc>Bloemfontein</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0006"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Kr&#x00FC;ger</surname>, <given-names>D.W</given-names></string-name></person-group>., <year>1961</year>, <source><italic>Paul Kruger</italic></source>, <publisher-name>Dagbreek</publisher-name>, <publisher-loc>Johannesburg</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0007"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Kr&#x00FC;ger</surname>, <given-names>D.W</given-names></string-name></person-group>., <year>1976</year>, &#x2018;<chapter-title>Kruger, Stefanus, Johannes, Paulus</chapter-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>W.J.</given-names> <surname>De Kock</surname></string-name> (red.)</person-group>, <source><italic>Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek 1</italic></source>, pp. <fpage>464</fpage>&#x2013;<lpage>475</lpage>, <publisher-name>Tafelberg-Uitgewers</publisher-name>, <publisher-loc>Kaapstad</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0008"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Louw</surname>, <given-names>A.M</given-names></string-name></person-group>., <year>1969</year>, <source><italic>Die Groot Gryse</italic></source>, <publisher-name>Tafelberg</publisher-name>, <publisher-loc>Kaapstad</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0009"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Oberholster</surname>, <given-names>J.J</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Van Schoor</surname>, <given-names>M.C.E</given-names></string-name></person-group>., sa, <source><italic>President Steyn aan die woord</italic></source>, <publisher-name>Sacum</publisher-name>, <publisher-loc>Bloemfontein</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0010"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Raath</surname>, <given-names>M</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Raath</surname>, <given-names>A.W.G</given-names></string-name></person-group>., <year>2007</year>, <source><italic>President Paul Kruger</italic></source>, <publisher-name>Kraal Uitgewers</publisher-name>, <publisher-loc>Brandfort</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0011"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Sizoo</surname>, <given-names>A</given-names></string-name></person-group>., sa, <source><italic>Johannes Calvijn Institutie</italic></source>, <publisher-name>Meinema</publisher-name>, <publisher-loc>Delft</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0012"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Spoelstra</surname>, <given-names>B</given-names></string-name></person-group>., <year>1963</year>, <source><italic>Die &#x2018;doppers&#x2019; in Suid-Afrika 1760&#x2013;1899</italic></source>, <publisher-name>Nasionale Boekhandel</publisher-name>, <publisher-loc>Kaapstad</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0013"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Strauss</surname>, <given-names>P.J</given-names></string-name></person-group>., <year>1994</year>, &#x2018;<article-title>Die Algemene Sinode van 1966 van die NG Kerk en apartheid</article-title>&#x2019;, <source><italic>Studia Historiae Ecclesiasticae</italic></source> <volume>XX</volume>(<issue>2</issue>), <fpage>195</fpage>&#x2013;<lpage>214</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0014"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Strauss</surname>, <given-names>P.J</given-names></string-name></person-group>., <year>2006</year>, &#x2018;<article-title>Die Dordtse tradisie en binding aan die belydenis</article-title>&#x2019;, <source><italic>In die Skriflig</italic></source> <volume>40</volume>(<issue>4</issue>), <fpage>649</fpage>&#x2013;<lpage>666</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4102/ids.v40i4.363">https://doi.org/10.4102/ids.v40i4.363</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0015"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Strauss</surname>, <given-names>P.J</given-names></string-name></person-group>., <year>2010</year>, &#x2018;<article-title>Uitgangspunte vir staatsoptrede in die Institusie van Calvyn soos vergelyk met uitgangspunte van Suid-Afrika se Handves van Regte (1996)</article-title>&#x2019;, <source><italic>In die Skriflig</italic></source> <volume>44</volume>(<issue>2</issue>), <fpage>317</fpage>&#x2013;<lpage>332</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4102/ids.v44i2.149">https://doi.org/10.4102/ids.v44i2.149</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0016"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Strauss</surname>, <given-names>P.J</given-names></string-name></person-group>., <year>2011</year>, &#x2018;<article-title>Nogeens: watter kerk verges&#x00E9;l die Groot Trek?</article-title>&#x2019;, <source><italic>Acta Theologica</italic></source> <volume>31</volume>(<issue>2</issue>), <fpage>264</fpage>&#x2013;<lpage>277</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4314/actat.v3i2.13">https://doi.org/10.4314/actat.v3i2.13</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0017"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Strauss</surname>, <given-names>P.J</given-names></string-name></person-group>., <year>2017</year>, &#x2018;<article-title>Lewensbeskpoulike aspekte in die openbare standpunte van twee presidente &#x2013; &#x2019;n vergelykende studie van S.J.P. Kruger en M.T. Steyn</article-title>&#x2019;, <source><italic>Hervormde Teologiese Studies</italic></source> <volume>73</volume>(<issue>3</issue>), <fpage>1</fpage>&#x2013;<lpage>8</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4102/hts.v73i3.3580">https://doi.org/10.4102/hts.v73i3.3580</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0018"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Strauss</surname>, <given-names>P.J</given-names></string-name></person-group>., <year>2020</year>, &#x2018;<article-title>Paul Kruger &#x2019;n &#x201C;Dopper&#x201D; van sy tyd?</article-title>&#x2019;, <source><italic>In die Skriflig</italic></source> <volume>54</volume>(<issue>1</issue>), <fpage>1</fpage>&#x2013;<lpage>10</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4102/ids.v54i1.2565">https://doi.org/10.4102/ids.v54i1.2565</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0019"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Strauss</surname>, <given-names>P.J</given-names></string-name></person-group>., <year>2021</year>, &#x2018;<article-title>&#x201C;Forgive for you can afford it.&#x201D; Die woorde van Emily Hobhouse by die onthulling van die Vrouemonument</article-title>&#x2019;, <source><italic>Litnet</italic></source> <volume>18</volume>(<issue>3</issue>), <fpage>295</fpage>&#x2013;<lpage>313</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0020"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van der Merwe</surname>, <given-names>N.J.I</given-names></string-name></person-group>., <year>1921</year>, <source><italic>Marthinus Theunis Steyn 1</italic></source>, <publisher-name>Nationale Pers</publisher-name>, <publisher-loc>Kaapstad</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0021"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="editor"><string-name><surname>Van Jaarsveld</surname>, <given-names>F.A</given-names></string-name>., <string-name><surname>Van Rensburg</surname>, <given-names>A.P.J</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Stals</surname>, <given-names>W.A</given-names></string-name>. (reds.)</person-group>, <year>1980</year>, <source><italic>Van verset en geweld tot skikking deur onderhandeling 1877&#x2013;1884</italic></source>, <publisher-name>HAUM</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0022"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van Schoor</surname>, <given-names>M.C.E</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Van Rooyen</surname>, <given-names>J.J</given-names></string-name></person-group>., <year>1960</year>, <source><italic>Republieke en republikeine</italic></source>, <publisher-name>Nasionale Boekhandel</publisher-name>, <publisher-loc>Kaapstad</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0023"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Vorster</surname>, <given-names>J.M</given-names></string-name></person-group>., <year>2008</year>, &#x2018;<chapter-title>Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika</chapter-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>F.</given-names> <surname>Gaum</surname></string-name> (red.)</person-group>, <source><italic>Christelike Kernensiklopedie</italic></source>, p. <fpage>892</fpage>, <publisher-name>Lux Verbi</publisher-name>, <publisher-loc>Wellington</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
</ref-list>
<fn-group>
<fn><p><bold>How to cite this article:</bold> Strauss, P.J., 2025, &#x2018;Paul Kruger: &#x2019;n Christenstaatsman en Boerepolitikus in sy toesprake as president&#x2019;, <italic>In die Skriflig</italic> 59(1), a3152. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4102/ids.v59i1.3152">https://doi.org/10.4102/ids.v59i1.3152</ext-link></p></fn>
<fn id="FN0001"><label>1</label><p>Breedweg is die Doppers in die jeugjare van Paul Kruger beskou as welgestelde, tal- en invloedryke koloniste in die noordoostelike dele van die Kaapkolonie wat veral in die distrikte Middelburg, Philipstown, Colesberg, Venterstad, Burgersdorp, Molteno en Steynsburg gewoon het. Hulle was Doppers wat uit die Nederlandse Statevertaling van die Bybel geleef en die gereformeerde belydeniskrifte te wete die Drie Formuliere van Eenheid soos by die Dordtse Sinode in 1618-1619 aanvaar is, onderskryf het (Strauss <xref ref-type="bibr" rid="CIT0014">2006</xref>:660&#x2013;664), Vir hullle was hierdie geskrifte fundamenteel vir die georganiseerde kerk en die lewe. Doppers was te&#x00EB; op &#x2018;nieuwigheden&#x2019;, eenvoudig in kleredrag en leefwyse, na die Britse oorname van die Kaap in 1896 &#x2018;specially anti-English&#x2019; en in hulle landelike afsondering selfstandig in standpunt en optrede. Alhoewel hulle nie almal na die stigting daarvan op 11 Februarie 1859 aan die Gereformeerde Kerk (Vorster <xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">2008</xref>:383) behoort het nie, was die &#x2018;Dopperparty&#x2019; reeds, voordat Paul Kruger staatspresident geword het, &#x2019;n bekende verskynsel in die Transvaalse Boerepolitiek. Voortrekkers soos Andries Hendrik Potgieter en Sarel Cilliers het Dopperoortuigings gedeel sonder dat hulle die bestaande NG Kerk verlaat het. Daarom word hulle as Doppers in die ruimer sin van die woord getipeer. Sy geloof in die uitverkiesing van God en die vereenselwiging van die gelowige Boer met die volk Israel was die hartaar van Doppers as &#x2019;n geestelike rigting in lewe en godsdiens. Die metodis sou sy eie bekering beklemtoon, maar die Dopper die genade en wil van God (Spoelstra <xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">1963</xref>:17&#x2013;19; Strauss <xref ref-type="bibr" rid="CIT0018">2020</xref>:4).</p></fn>
<fn id="FN0002"><label>2</label><p>D.W.Kr&#x00FC;ger (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0007">1976</xref>:465) beweer dat Paul Kruger &#x2018;die vryheidsideaal van die Boere met hart en siel toegedaan (was) en dit word die grootste motief van sy loopbaan om die verworwe onafhanklikheid van Transvaal te handhaaf&#x2019;.</p></fn>
<fn id="FN0003"><label>3</label><p>Vir &#x2019;n bespreking van Calvyn oor die taak van &#x2019;n godsgehoorsame staatsowerheid en godsdiens as &#x2019;n stut vir kerk en staat, kyk Strauss (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0015">2010</xref>:329).</p></fn>
<fn id="FN0004"><label>4</label><p>Du Plessis, J.S., 1952, <italic>President Kruger aan die woord, verkiesingsmanifeste, intreeredes, en toesprake van president S.J.P. Kruger</italic>, Sacum, Bloemfontein.</p>
<p>Bredell, H.C. &#x0026; Grobler, P., 1947, <italic>Gedenkskrifte van Paul Kruger</italic>, Van Schaick, Pretoria.</p></fn>
<fn id="FN0005"><label>5</label><p>Met die tweede be&#x00EB;diging as staatspresident in 1888 rig Kruger hom ook tot die &#x2018;gekleurde onderdane&#x2019; van die ZAR. &#x2018;Ook julle het aanspraak op die beskerming van die wet &#x2026; ek neem ook julle voorspoed en beskawing ter harte. Intussen hang daar baie van julleself af &#x2026; re&#x00EB;l en orde moet onder julle heers&#x2019; (Bergh <xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">2017</xref>:122). In 1884 verklaar Paul Kruger by &#x2019;n onthaal vir &#x2019;n Boeredeputasie in Nederland dat hy sedert sy tiende jaar die wel en we&#x00EB; van sy volk meegemaak het, maar nooit (het) &#x2018;ons op onwettiige wyse &#x2019;n duim grond van &#x2019;n naturellestam geroof nie&#x2019; (Bergh <xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">2017</xref>:69). Op 16 Desember 1896 herhaal hy die feit dat hy as &#x2019;n tienjarige die Groot Trek as &#x2019;n &#x2018;oor- en ooggetuie&#x2019; (Kruger het die vereistes vir &#x2019;n bybelse getuie in &#x2019;n reg- of hofsaak verstaan [Bergh <xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">2017</xref>:386]) meegemaak het. God het die Boere uit die Kaapkolonie gelei en aan hulle vrye state gegee. Nadat hulle die grens van die Kolonie oorgesteek het, het hulle regeerders gekies &#x2018;om geen kwaad toe te laat nie&#x2019; en &#x2018;Gods Woord as hulle gids geneem om daarvolgens te leef&#x2019;. Die re&#x00EB;l was om van niemand iets weg te neem nie, selfs nie van die swak swart stamme in die Vrystaat nie. Hierdie re&#x00EB;l kom nie vanuit die mens nie, maar van God. Wat die Trekkers van nasies in die binneland wou gehad het, moes hulle &#x2013; hulle eie re&#x00EB;ling &#x2013; met &#x2018;vrede en vriendskap&#x2019; deur onderhandeling kry en nie deur geweld nie (Bergh <xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">2017</xref>:387).</p></fn>
<fn id="FN0006"><label>6</label><p>In 1897 verklaar Kruger in die Eerste Volksraad dat hulle in die ZAR as hoogste gesag wette maak, terwyl die volk deur memories wette kan verander of afkeur (Bergh <xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">2017</xref>:395). By die be&#x00EB;diging van Kruger se staatspresidentskap in 1898 s&#x00EA; hy dat hy die stem van God in die stem van die volk hoor (Bergh <xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">2017</xref>:417). Daarmee wou Kruger egter &#x2013; soos soms verstaan &#x2013; nie op &#x2019;n manier wat mense vergodddelik aan die &#x2018;volk&#x2019; as &#x2019;n groep mense of enkelinge die oppergesag toeken nie, maar stel dat die volksmeerderheid hulle deur die Woord van God met sy ewige beginsels vir die menslike lewe moet laat lei. Teen die bre&#x00EB;r agtergrond van &#x2019;n demokratiese Weste onder invloed van die Verligting wat as &#x2019;n ideologiese beweging aan die meerderheid of groepe saamgestelde enkelinge die &#x2018;oppergesag&#x2019; toeken, gebruik Kruger hier egter &#x2019;n formulering wat met sy gereformeerde oortuigings bots.</p></fn>
<fn id="FN0007"><label>7</label><p>Op 16 Desember 1886 wys Kruger by Paardekraal op die drie dinge wat volgens daardie gereformeerde belydeniskrif, die Heidelbergse Kategismus, vir &#x2019;n mens nodig is om te weet ten einde getroos te lewe en te sterwe: sonde, verlossing en dankbaarheid.</p></fn>
<fn id="FN0008"><label>8</label><p>Kruger praat hier in &#x2019;n tyd waarin die Boere waarskynlik almal lidmate van &#x2019;n kerk of dan &#x2019;n gereformeerde kerk was. By Bloedrivier het al die Voortrekkers teenwoordig hulle met die Gelofte van 1838 vereenselwig omdat hulle belydende lidmate van die kerk op die trekpad, naamlik die NG Kerk, was (Strauss <xref ref-type="bibr" rid="CIT0013">1994</xref>:32, 33; <xref ref-type="bibr" rid="CIT0016">2011</xref>:277). Die volgende vraag word weereens gevra: Watter kerk vergesel die Groot Trek?</p></fn>
<fn id="FN0009"><label>9</label><p>Hierdie stelling weerspreek die bewering dat Kruger as &#x2019;n negentiende-eeuse demokraat die stem van die mens bo die &#x2018;ewige beginsels van Gods Woord&#x2019; wou stel.</p></fn>
<fn id="FN0010"><label>10</label><p>Soos sy volksgenote impliseer Kruger hiermee dat die nie-blanke (hy gooi dit rasgeori&#x00EB;nteerd oor die boeg van ras of &#x2019;n rasse- of rassistiese gebruik van die terme van &#x2018;blank&#x2019; en &#x2018;nie-blank&#x2019;) vanwe&#x00EB; sy historiese andersheid, nie &#x2019;n demokratiese regstaat kan handhaaf nie. Of omvattende samelewingsontwikkeling of &#x2019;n groei in beskawing as &#x2019;n logiese gevolg hiervan dit kan verander, laat hy hom nie uit nie. Hy toon dus nie insig in die konsekwensies van sy idee van beskawing in die politiek nie. Kyk ons betoog op pagina 8. Die Boere van sy tyd sou dit ook nie sonder meer aanvaar dat gelykheid in beskawing, gelykheid onder die betrokkenes impliseer nie.</p></fn>
<fn id="FN0011"><label>11</label><p>Kruger as Christenstaatsman ignoreer hiermee egter die Christelike oortuiging dat ras &#x2019;n natuurgegewe is en geen regsbeginsel of norm vir politieke apartheid daarstel nie.</p></fn>
<fn id="FN0012"><label>12</label><p>Vergelyk verwysing of voetnoot 11.</p></fn>
<fn id="FN0013"><label>13</label><p>Onder leiding van hulle president sou die ZAR in die jare kort voor die ABO van 1899&#x2013;1902, &#x2019;n Eerste en Tweede Volksraad instel. Met die toestroming van buitelanders na die Rand nadat goud in 1886 in die ZAR ontdek is, sou die druk vir seggenskap van hierdie inkomelinge in hulle eie sake toeneem. Daarvoor het die ZAR &#x2019;n tweede Volksraad aanvaar. Die sogenaamde &#x2018;uitlanders&#x2019; moes hulle begeertes deur hierdie kanaal loods. Kruger se motivering vir hierdie saak voor die Volksraad staan woordeliks in Bergh (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">2017</xref>:122&#x2013;125; oor die Jameson-inval in 1895&#x2013;1896, kyk Bredell &#x0026; Grobler <xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">1947</xref>:122&#x2013;137).</p></fn>
<fn id="FN0014"><label>14</label><p>Vergelyk verwysing of voetnoot 11.</p></fn>
<fn id="FN0015"><label>15</label><p>Dieselfde oortuiging het by generaal C.R. de Wet, die hoofkommandant van die Republiek van die Vrystaat, geleef. Na die slag van Groenkop naby Kestell op 24 Desember 1901, s&#x00EA; die Boereveldheer byvoorbeeld dat, indien jy &#x2019;n Kakie of Brit wat reeds oorgegee het, doodskiet, is dit moord (De Wet <xref ref-type="bibr" rid="CIT0004">1959</xref>:76&#x2013;77).</p></fn>
</fn-group>
</back>
</article>