<?xml version="1.0" encoding="UTF-8"?>
<!DOCTYPE article PUBLIC "-//NLM//DTD JATS (Z39.96) Journal Publishing DTD v1.1d1 20130915//EN" "http://jats.nlm.nih.gov/publishing/1.1d1/JATS-journalpublishing1.dtd">
<article xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xmlns:mml="http://www.w3.org/1998/Math/MathML" article-type="research-article" xml:lang="af">
<front>
<journal-meta>
<journal-id journal-id-type="publisher-id">IDS</journal-id>
<journal-title-group>
<journal-title>In die Skriflig / In Luce Verbi</journal-title>
</journal-title-group>
<issn pub-type="ppub">1018-6441</issn>
<issn pub-type="epub">2305-0853</issn>
<publisher>
<publisher-name>AOSIS</publisher-name>
</publisher>
</journal-meta>
<article-meta>
<article-id pub-id-type="publisher-id">IDS-59-3182</article-id>
<article-id pub-id-type="doi">10.4102/ids.v59i1.3182</article-id>
<article-categories>
<subj-group subj-group-type="heading">
<subject>Original Research</subject>
</subj-group>
</article-categories>
<title-group>
<article-title>Die invloed van Calvyn se persoonlike onderrig en opvoeding op die Reformasie in Gen&#x00E8;ve</article-title>
</title-group>
<contrib-group>
<contrib contrib-type="author" corresp="yes">
<contrib-id contrib-id-type="orcid">https://orcid.org/0000-0003-1265-4725</contrib-id>
<name>
<surname>Diedericks</surname>
<given-names>Morn&#x00E8;</given-names>
</name>
<xref ref-type="aff" rid="AF0001">1</xref>
</contrib>
<aff id="AF0001"><label>1</label>Department of Education, Faculty of Biblical Studies, Philosophy and Life Sciences, Aros, Pretoria, South Africa</aff>
</contrib-group>
<author-notes>
<corresp id="cor1"><bold>Corresponding author:</bold> Morn&#x00E8; Diedericks, <email xlink:href="morne.diedericks@aros.ac.za">morne.diedericks@aros.ac.za</email></corresp>
</author-notes>
<pub-date pub-type="epub"><day>18</day><month>08</month><year>2025</year></pub-date>
<pub-date pub-type="collection"><year>2025</year></pub-date>
<volume>59</volume>
<issue>1</issue>
<elocation-id>3182</elocation-id>
<history>
<date date-type="received"><day>23</day><month>04</month><year>2025</year></date>
<date date-type="accepted"><day>07</day><month>07</month><year>2025</year></date>
</history>
<permissions>
<copyright-statement>&#x00A9; 2025. The Author</copyright-statement>
<copyright-year>2025</copyright-year>
<license license-type="open-access" xlink:href="https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/">
<license-p>Licensee: AOSIS. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.</license-p>
</license>
</permissions>
<abstract>
<p><bold>The influence of Calvin&#x2019;s personal teaching and education on the Reformation in Geneva.</bold> The article examines the influence of John Calvin&#x2019;s education on the Reformation in Geneva during the 16th century. It argues that Calvin&#x2019;s comprehensive training in classical languages, law, and theology was pivotal to his ability to lead and structure the Reformation in Geneva, establishing it as a model city for Protestant reform. Drawing on biographical details and primary sources, including Calvin&#x2019;s writings and correspondence, the study traces key periods of Calvin&#x2019;s education, from his formative years in Paris and legal studies in Orl&#x00E9;ans to his reforming work in Geneva and Strasbourg. The findings demonstrate that Calvin&#x2019;s academic rigour and humanist outlook, coupled with his legal expertise, laid the foundation for the development of ecclesiastical and civic institutions that solidified Geneva&#x2019;s status as a beacon of Reformation. Furthermore, the article highlights how Calvin&#x2019;s educational philosophy not only shaped ecclesiastical reform but also contributed to broader transformations in education and public life.</p>
<sec id="st1">
<title>Contribution</title>
<p>Geneva&#x2019;s legacy as a centre of Protestant education, together with Calvin&#x2019;s theological and societal innovations, continues to exert international influence that endures to this day.</p>
</sec>
</abstract>
<kwd-group>
<kwd>Academy of Geneva</kwd>
<kwd>education</kwd>
<kwd>Geneva</kwd>
<kwd>John Calvin</kwd>
<kwd>protestant education</kwd>
<kwd>reformation</kwd>
</kwd-group>
<funding-group>
<funding-statement><bold>Befondsingsinligting</bold> Hierdie navorsing het geen spesifieke befondsing van enige befondsingsagentskap in die openbare, kommersi&#x00EB;le, of nie-winsgewende sektore ontvang nie.</funding-statement>
</funding-group>
</article-meta>
</front>
<body>
<sec id="s0001">
<title>Inleiding</title>
<p>Navorsing oor Johannes Calvyn se bydrae tot die Reformasie en sy werk in Gen&#x00E8;ve is omvangryk en insiggewend. Diepgaande teologiese ontledings van sy sistematiese denke (Muller <xref ref-type="bibr" rid="CIT0020">2002</xref>; Steinmetz <xref ref-type="bibr" rid="CIT0025">1995</xref>), sowel as biografiese besprekings van sy invloed (Bouwsma <xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">1988</xref>; Selderhuis <xref ref-type="bibr" rid="CIT0024">2009</xref>) op die Reformasie is reeds deeglik nagevors. Die Akademie van Gen&#x00E8;ve is ook uitvoerig behandel as &#x2019;n sentrum van Reformatoriese onderrig en opleiding asook die Akademie se internasionale invloed (Maag <xref ref-type="bibr" rid="CIT0019">1994</xref>; Vosloo <xref ref-type="bibr" rid="CIT0028">2017</xref>). Tog is daar &#x2019;n onderbeklemtoonde aspek wat nog nie voldoende in navorsing uitgelig is nie, naamlik die wyse waarop Calvyn se eie opvoeding en lewenservaring as jong student, regsgeleerde, vlugteling en prediker &#x2019;n integrale vormende invloed gehad het op die onderrigpraktyke wat hy in Gen&#x00E8;ve gevestig het, en hoe hierdie praktyke op hulle beurt die Reformasie van die stad moontlik gemaak het.</p>
<p>Calvyn se onderrig was nie &#x2019;n abstrakte pedagogiese model nie, maar die vrug van sy eie opvoeding en ervarings. Die Reformasie van Gen&#x00E8;ve van die sestiende eeu dien reeds vir byna vyf eeue as &#x2019;n voorbeeld vir talle reformatories gesindes van die wyse waarop hervorming op verskeie vlakke bewerkstellig kan word. Hierdie vlakke sluit in die hervorming van die kerk, regstelsels, skoolstelsels, universiteite, stadsbestuur, die burgerlike samelewing, huwelike en gesinne; dus die reformasie van &#x2019;n hele samelewing. In hierdie opsig is Gen&#x00E8;ve vandag steeds &#x2019;n bron van inspirasie vir reformatories gesindes (Diedericks <xref ref-type="bibr" rid="CIT0010">2021</xref>:161). Die Reformasie van Gen&#x00E8;ve het as &#x2019;n voorbeeld gedien vir ander stede en dorpe wat ook die pad van Reformasie gevolg het.</p>
<p>Hoewel die Reformasie die resultaat was van talle persone se bydraes en nie uitsluitlik aan Calvyn toegeskryf kan word nie, is dit duidelik dat die Reformasie nie in dieselfde mate geslaagd sou wees sonder Calvyn se besondere gawes en vermo&#x00EB;ns nie. Daarby het Calvyn deur die genade van die Here ruim geleentheid ontvang om hierdie gawes en vermo&#x00EB;ns uit te leef. Teen hierdie agtergrond word die volgende navorsingsvraag gestel: Wat was die invloed van Calvyn se eie onderrig, opvoeding en ervaring op die Reformasie in Gen&#x00E8;ve?</p>
</sec>
<sec id="s0002">
<title>Metodologie</title>
<p>Eerstens het dataversameling vir hierdie artikel behels dat biografiese inligting oor Calvyn se lewe nagegaan is, met &#x2019;n spesifieke fokus op die onderrig wat hy self ontvang het. Verder is prim&#x00EA;re bronne van Calvyn gebruik, met woordanalises wat op Calvyn se prim&#x00EA;re werk, <italic>Die Institusie van die Christelike Godsdiens</italic>, sy kommentare en sy korrespondensie uitgevoer is. Die ontleding van hierdie prim&#x00EA;re bronne het hoofsaaklik gefokus op dit wat Calvyn self oor sy eie onderrig vermeld. Vervolgens is die tekste wat ondersoek is, gekodeer. Hierdie kodering van die data is op &#x2019;n unieke wyse gestruktureer, met die navorsingsvraag as rigtinggewende fokus vir die kodering soos deur Popenoe et al. (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">2021</xref>:183) voorgestel. Uit die kodering is verskeie temas ge&#x00EF;dentifiseer, gekategoriseer en binne &#x2019;n raamwerk uiteengesit om die navorsingsvraag van die artikel te beantwoord.</p>
<p>Die ge&#x00EF;dentifiseerde temas is binne die raamwerk van verskillende tydperke in Calvyn se opleiding geplaas, wat hy deur die loop van sy lewe ontvang het. Die tydperke is soos volg verdeel: Calvyn se geboorte en verhouding met sy ouers; sy eerste onderrig, vermo&#x00EB;ns en begaafdheid; sy formele studies in Parys aan die Coll&#x00E8;ge de la Marche en Montaigu; sy studies in Bourges en Orl&#x00E9;ans; en sy studies in Parys aan die Coll&#x00E8;ge Royal.</p>
<p>Laastens is gefokus op wat Calvyn uit sy ervarings in Gen&#x00E8;ve en Strasbourg geleer het, en die bydrae wat sy onderrig tot die Reformasie in Gen&#x00E8;ve gelewer het.</p>
</sec>
<sec id="s0003">
<title>Geboorte en ouers</title>
<p>Johannes Calvyn is op 10 Julie 1509 in Noyon, &#x2019;n klein dorpie in Pikardi&#x00EB;, Frankryk, gebore. Hy was die jongste van vyf seuns. Sy vader, G&#x00E9;rard Cauvin, wat homself vanuit eenvoudige omstandighede opgewerk het tot &#x2019;n burgerlike posisie, was &#x2019;n trustee vir die katedraalkapittel in Noyon (Hillerbrand <xref ref-type="bibr" rid="CIT0015">2005</xref>:234). Sy moeder, die dogter van &#x2019;n stadsadellike, is oorlede toe Calvyn nog jonk was, en sy vader is later weer getroud (Bouwsma <xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">1988</xref>:9). Sy moeder se vroe&#x00EB; afsterwe het meegebring dat die kerk vir Calvyn &#x2019;n moederfiguur geword het. Dit het bygedra tot sy latere oortuiging dat niemand God as Vader kan h&#x00EA; sonder die kerk as moeder nie (Selderhuis <xref ref-type="bibr" rid="CIT0024">2009</xref>:11).</p>
<p>Hoewel Calvyn nie &#x2019;n hegte persoonlike band met sy vader gehad het nie, het hy steeds met gehoorsaamheid en respek teenoor hom opgetree. Sy eerbied vir gesag het ook duidelik na vore gekom in sy verhouding met ander vaderfigure wat &#x2019;n groot invloed op hom gehad het. Een van hierdie figure was Mathurin Cordier, een van sy eerste onderwysers aan die Coll&#x00E8;ge de la Marche in Parys. Calvyn het later sy kommentaar op 1 Tessalonisense aan Cordier opgedra as &#x2019;n blywende teken van waardering vir die invloed wat hy op sy lewe gehad het (Selderhuis <xref ref-type="bibr" rid="CIT0024">2009</xref>:12). Hierdie mentorverhoudings het Calvyn se vormingsjare diep geraak en hom voorberei op sy latere werk as hervormer.</p>
<p>Calvyn se siening van God se voorsienigheid was nou met sy eie lewenservarings verweef. Deur sy lewe heen het hy geworstel met die vraag na wie God werklik is, en uiteindelik het hy God as sy Vader gevind &#x2013; of soos hy dit self gestel het, hy is deur God gevind (Selderhuis <xref ref-type="bibr" rid="CIT0024">2009</xref>:22). Vir Calvyn was die idee van voorsienigheid nie slegs &#x2019;n leerstelling nie, maar &#x2019;n werklikheid wat hy persoonlik beleef het. Hy was daarvan oortuig dat God se voorsienigheid beteken dat sy kinders nooit uit sy hand geruk kan word nie (Selderhuis <xref ref-type="bibr" rid="CIT0024">2009</xref>:38). Vanuit hierdie oortuiging het Calvyn sy lewe as &#x2019;n pelgrimsreis beskou, dikwels onseker oor wat die toekoms sou bring, maar met volgehoue vertroue dat God in elke omstandigheid vir hom sou sorg. Hy het dikwels na sy eie lewe as &#x2019;n bewys van God se troue sorg verwys: &#x2018;Van my geboorte af het God vir my gesorg. Ek het deur &#x2019;n miljoen gevare gegaan, en Hy het my gered&#x2019; (CO 26:589).</p>
</sec>
<sec id="s0004">
<title>Eerste onderrig, vermo&#x00EB;ns en begaafdheid</title>
<p>G&#x00E9;rard Cauvin het reeds vroeg besluit dat sy seun &#x2019;n loopbaan in die kerk moes volg; daarom wou hy vir Calvyn &#x2019;n uitstekende opvoeding bied. Dit is onder die beskerming van die invloedryke Montmors-familie dat Calvyn sy eerste formele opleiding ontvang het. Hierdie gesin, bekend vir hulle akademiese invloed en bande met kerklike instansies, het &#x2019;n belangrike rol in die vorming van die jong Calvyn gespeel (Bouwsma 1998:9). In die voorwoord van sy eerste boek skryf Calvyn (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">1969</xref>) met kenmerkende bondigheid:</p>
<disp-quote>
<p>Ek skuld aan julle alles wat ek is en het &#x2026; As kind is ek in julle huis grootgemaak en het ek my studies by julle begin. Daarom skuld ek aan julle edele familie my eerste opleiding in die lewe. (p. 5)</p>
</disp-quote>
<p>Vanaf &#x2019;n jong ouderdom het Calvyn sy natuurlike vermo&#x00EB;ns en akademiese begaafdheid openbaar. Sy studiejare by die Montmors-familie het hierdie vermo&#x00EB;ns verder ontwikkel, maar dit was veral sy ywer en dissipline wat gemaak het dat hy gou op akademiese gebied bo ander kinders van sy ouderdom uitgestyg het (Estep <xref ref-type="bibr" rid="CIT0013">1986</xref>:224). Sy toewyding aan sy studies was opvallend, en hy het dikwels tot in die nagtelike ure gewerk aan die bestudering van klassieke werke, Latynse tekste en geskrifte van die vroe&#x00EB; kerkvaders (Stevenson <xref ref-type="bibr" rid="CIT0026">1959</xref>:69). Sy biograaf, Beza (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">1984</xref>), meld dat:</p>
<disp-quote>
<p>Sommige van sy vriende en maats wat nog lewe, getuig dat hy in hierdie tyd die gewoonte aangeleer het om, nadat hy &#x2019;n ligte maaltyd genuttig het, tot middernag te studeer en dan vroeg in die m&#x00F4;re op te staan en oor iets wat hy gelees het, na te dink en dit as&#x2019;t ware te herkou. (p. 5)</p>
</disp-quote>
<p>Selderhuis (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0024">2009</xref>:75) stel dit so: &#x2018;Calvin simply could not put up with disorder. This was part of his personality, but it was also his theological conviction that God was a God of order&#x2019;. Volgens Parker (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0021">1975</xref>:92) was dit juis Calvyn se gedissiplineerdheid en ordelikheid wat hom so &#x2019;n besondere eksegeet gemaak het. Hierdie ingesteldheid was kenmerkend van die wyse waarop hy &#x2019;n Bybelteks deurgewerk het.</p>
<p>Tog het daar, volgens Calvyn self, ook &#x2019;n donker en sondige kant aan hierdie eienskappe gekleef (CO 11:336&#x2013;338). Sy onvermoeide werkdrang was dikwels ten koste van sy gesondheid. Calvyn het aan chroniese migraine en spysverteringsprobleme gely wat deur sy uitputtende werkskedule en intense lewenstyl vererger is. In sy briewe en geskrifte het hy op verskeie geleenthede erken dat sy swak gesondheid &#x2019;n ernstige impak op sy werk en effektiwiteit gehad het (CO 17:465&#x2013;467). Sy gedissiplineerdheid en georganiseerdheid het tot selfverwaarlosing en uitputting gelei. In &#x2019;n brief aan Farrel, gedateer 19 Oktober 1541, skryf hy: &#x2018;Ek het nie tyd om buite my huis na die son te kyk nie, en as dinge so voortgaan, sal ek vergeet hoe dit lyk&#x2019; (CO 11:74&#x2013;75).</p>
<p>Die gebeure rondom sy verbanning uit Gen&#x00E8;ve in 1538 het vir hom &#x2019;n waardevolle geestelike les ingehou. Hy het op verskeie geleenthede bely dat God hom deur hierdie verbanning gedissiplineer het vir sy sondes en tekortkomings (CO 11:336&#x2013;338). Hierdie ervaring, hoewel pynlik, was vir hom &#x2019;n noodsaaklike leerskool. Hy het besef dat selfs sy vermo&#x00EB;ns en arbeid uiteindelik ondergeskik moes wees aan God se wil en genade. Hierdie selfkennis het &#x2019;n beduidende bydrae tot sy teologie oor die mens se totale afhanklikheid van God gelewer.</p>
</sec>
<sec id="s0005">
<title>Studies in Parys</title>
<p>In Augustus 1523, op 14-jarige ouderdom, is Calvyn deur sy vader na Parys gestuur om sy opleiding voort te sit. Hy het aanvanklik by die Coll&#x00E8;ge de la Marche ingeskryf (Stevenson <xref ref-type="bibr" rid="CIT0026">1959</xref>:69). Hier het sy opleiding hoofsaaklik op die bemeestering van Latyn gefokus &#x2013; &#x2019;n noodsaaklike vaardigheid vir rather: universiteitsvlak-studies omdat alle lesings en handboeke in Latyn aangebied is. Die kurrikulum in Latynse grammatika het &#x2019;n gestruktureerde drie-fase-benadering gevolg. In die eerste fase het studente basiese lees- en skryfvaardighede, asook die grondbeginsels van Latynse grammatika aangeleer, moontlik aan die hand van Donatus (vierde eeu n.C.) se handboek, <italic>De octo partibus orationis</italic> (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0011">1981</xref>). Die tweede fase het voortgebou op meer ingewikkelde grammatikale onre&#x00EB;lmatighede, sintaksis en prosa met behulp van die bekende <italic>Doctrinale Puerorum</italic> deur Van Villedieu (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0027">1488</xref>), wat sedert ongeveer 1200 n.C. die studie van Latynse grammatika oorheers het (Parker <xref ref-type="bibr" rid="CIT0021">1975</xref>:5).</p>
<p>Een van die bekende dosente aan die Coll&#x00E8;ge de la Marche was Mathurin Cordier. Cordier was &#x2019;n vroom en geleerde man wat as een van die bekwaamste opvoeders van sy tyd in Frankryk beskou is. Hy was veral bekend vir sy onderrig in Latyn en sy toewyding aan die geestelike en morele vorming van jong studente (Selderhuis <xref ref-type="bibr" rid="CIT0024">2009</xref>:12). N&#x00E1; sy bekering tot die Protestantisme het Cordier subtiel sy hervormde oortuigings in sy onderrig ingewerk deur Latynse sinne aan sy studente te gee om oor te skryf. Hierdie invloed het &#x2019;n belangrike rol gespeel in die verspreiding van Protestantse leerstellings (Stevenson <xref ref-type="bibr" rid="CIT0026">1959</xref>:69). Cordier word vandag steeds beskou as een van die stigters van moderne pedagogiek. Sy opvoedkundige benadering was &#x2019;n blywende nalatenskap nie net in die Hervorming nie, maar ook in die bre&#x00EB;r pedagogiese tradisie (Hillerbrand <xref ref-type="bibr" rid="CIT0015">2005</xref>:235).</p>
<p>Die verhouding tussen Calvyn en Cordier het dieper gegaan as die gebruiklike student-onderwyserverhouding, en het ontwikkel tot &#x2019;n hegte vriendskap. Toe Calvyn hom later in Gen&#x00E8;ve gevestig het, het Cordier hom daarheen gevolg en saam met hom klas gegee. Cordier is op 02 September 1563 op 87-jarige ouderdom in Gen&#x00E8;ve oorlede (Stevenson <xref ref-type="bibr" rid="CIT0026">1959</xref>:69). In &#x2019;n brief aan Cordier, gedateer Mei 1563, het Calvyn erken hoe groot Cordier se invloed op sy vroe&#x00EB; Latynse studies was. Hy bedank Cordier vir sy onderrig en erken dat sy akademiese vordering in &#x2019;n groot mate aan hom te danke is (CO 20:216).</p>
<p>Benewens Calvyn se akademiese omgewing, was die politieke en godsdienstige atmosfeer in Parys destyds uiters onstuimig. In dieselfde maand as wat Calvyn sy studies aan die Coll&#x00E8;ge de la Marche begin het, is Jean Valli&#x00E9;re, &#x2019;n Augustynse monnik, op die brandstapel tereggestel vir sy verbintenis met Lutherse denke. Hierdie voorval het die toenemende spanning rondom Luther se werke, wat teen daardie tyd ook baie bekend was, in Parys beklemtoon (Dreyer <xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">2010</xref>:5).</p>
<p>Calvyn se studies aan die Coll&#x00E8;ge de la Marche het gedien as voorbereiding vir verdere opleiding in die Skone Kunste en Teologie. Na ongeveer &#x2019;n jaar is hy oorgeplaas na die Coll&#x00E8;ge de Montaigu, &#x2019;n gesogte instelling waar bekendes soos Rabelais en Erasmus ook studeer het (Estep <xref ref-type="bibr" rid="CIT0013">1986</xref>:224). Hier het Calvyn filosofie en dialektiek onder die Spaanse geleerde, Antonio Corone, bestudeer. Die kollege is georganiseer volgens die beginsels van die Broeders van die Gemeenskaplike Lewe, wat bekend was vir hulle kritiek op die Middeleeuse Skolastiek en hulle ywer vir sendingwerk &#x2013; invloede wat &#x2019;n diep indruk op Calvyn se denke gelaat het (Cottret <xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">2000</xref>:17; Dreyer <xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">2010</xref>:5).</p>
<p>Gedurende sy tyd by Montaigu is Calvyn saam met ander studente van Pikardi&#x00EB; geplaas. Hy het die bynaam <italic>accusativus</italic> gekry &#x2013; &#x2019;n sinspeling op sy geneigdheid om medestudente by die administrasie aan te meld (Selderhuis <xref ref-type="bibr" rid="CIT0024">2009</xref>:14). By Montaigu het Calvyn die standaardkurrikulum vir &#x2019;n Baccalaureus in die Skone Kunste gevolg: die <italic>trivium</italic> (grammatika, logika en retoriek) en die <italic>quadrivium</italic> (rekenkunde, musiek, geografie en astronomie) (Estep <xref ref-type="bibr" rid="CIT0013">1986</xref>:224). Hy het akademies uitgeblink en sy medestudente in die meeste vakke oortref (Beza <xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">1984</xref>:4).</p>
<p>Die opleiding wat Calvyn ontvang het, was nie beperk tot die formele kurrikulum nie. Hy het ook informele bande gesmee met mentors en vriende. Sy tyd aan Montaigu was van groot waarde &#x2013; nie alleen vanwe&#x00EB; die streng akademiese omgewing nie, maar ook weens die streng dissipline wat goed by Calvyn se persoonlikheid aangesluit het. Montaigu se hoof, Jean Standonck, het die kollege hervorm tot &#x2019;n instelling wat op streng morele en teologiese opleiding vir toekomstige priesters gefokus het (Parker <xref ref-type="bibr" rid="CIT0021">1975</xref>:7&#x2013;8). Calvyn het in 1523 aan Montaigu gematrikuleer (Kurian &#x0026; Lamport <xref ref-type="bibr" rid="CIT0018">2015</xref>:181).</p>
</sec>
<sec id="s0006">
<title>Studies in Bourges (Orl&#x00E9;ans)</title>
<p>Calvyn se akademiese loopbaan het &#x2019;n betekenisvolle wending geneem toe sy vader hom aan sy teologiese studies onttrek het weens G&#x00E9;rard Cauvin se konflik met die kerk. Hierdie skuif, wat op die oog af soos &#x2019;n terugslag kon lyk, moet egter ook binne die voorsienigheid van God verstaan word. In plaas van Teologie het Cauvin besluit dat sy seun eerder Regte moes bestudeer. Hierdie besluit het nie net &#x2019;n blywende impak op Calvyn se persoonlike ontwikkeling gehad nie, maar ook op sy latere bydrae tot die hervorming in Gen&#x00E8;ve. Anders as baie van sy tydgenote het Calvyn dus nie formele teologiese opleiding ontvang nie &#x2013; &#x2019;n feit wat daartoe gelei het dat sommige mense hom as &#x2019;n juridiese figuur eerder as &#x2019;n teoloog beskou het (Kurian &#x0026; Lamport <xref ref-type="bibr" rid="CIT0018">2015</xref>:181).</p>
<p>Calvyn het sy regstudies tussen 1528 en 1532 in Bourges aan die Universiteit van Orl&#x00E9;ans begin. Onder die leiding van invloedryke dosente soos veral Pierre de l&#x2019;Estoile, het Calvyn floreer en merkwaardige vordering in sy studies gemaak &#x2013; deels vanwe&#x00EB; sy gevorderde taalvaardighede wat reeds onder Cordier se leiding geslyp is. Die regskurrikulum het op die burgerlike reg gefokus, spesifiek die <italic>Corpus Juris Civilis</italic> [Inhoud van Burgerlike Reg], wat &#x2019;n diepgaande invloed op Calvyn se intellektuele vorming gehad het (Cottret <xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">2000</xref>:21). Hierdie gestruktureerde opleiding het nie net by sy persoonlikheidseienskappe van ordelikheid en dissipline aangesluit nie, maar het ook bygedra tot sy intellektuele vermo&#x00EB;. Sy opleiding het noodsaaklike elemente soos die <italic>Codex, Digesta</italic> en <italic>Institutiones</italic> ingesluit waardeur hy bekend geraak het met die Romeinse reg en die historiese kontekse wat nodig was om sy eie regsomgewing te verstaan (Parker <xref ref-type="bibr" rid="CIT0021">1975</xref>:17).</p>
<p>In Bourges het Calvyn onderrig by vooraanstaande professore soos Alciati en Colone ontvang, wat sy regsbegrip wesenlik gevorm het. &#x2019;n Noemenswaardige mentor in hierdie tyd was Melchior Wolmar onder wie hy Grieks gestudeer het (Parker <xref ref-type="bibr" rid="CIT0021">1975</xref>:17). Calvyn is in sy regstudies aan die skolastieke onderrigmetodes bekendgestel waarin dialektiese redevoering beklemtoon en by studente ingeoefen is. Hierdie metode sou later duidelik naspeurbaar wees in sy eie teologiese werke (<italic>Inst</italic> 3.2.25:418). Hillerbrand (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0015">2005</xref>:234) wys daarop dat Calvyn se verskuiwing na Orl&#x00E9;ans hom in staat gestel het om die spekulatiewe tendense van die Skolastisisme vry te spring en gevolglik &#x2019;n meer kritiese ingesteldheid teenoor die skolastieke teologie ontwikkel het omdat hy in die skolastieke metode geskool is. Die skolastieke onderrigmetodes het sy vermo&#x00EB; tot kritiese denke bevorder, soos duidelik uit Calvyn se regstudies en latere teologiese werke blyk. Dit het ook bygedra tot sy retoriese vaardighede &#x2013; &#x2019;n invloed wat duidelik in sy hervormingswerk in Gen&#x00E8;ve na vore gekom het.</p>
<p>Calvyn se regsopleiding het hom veral op twee sleutelterreine besonder goed toegerus: eerstens in die opstel van sy <italic>Institusie van die Christelike Godsdiens</italic>, en tweedens in die daarstelling van Regsordes (waaronder die <italic>Ordonnances Eccl&#x00E9;siastiques</italic>) in Gen&#x00E8;ve. Albei het &#x2019;n wesenlike bydrae tot die hervorming in Gen&#x00E8;ve gelewer.</p>
<p>Sonder twyfel is Calvyn se <italic>Institusie van die Christelike Godsdiens</italic> een van die mees invloedryke werke van die Reformasie. Die unieke aard van hierdie werk het geresoneer met die Protestantgesindes van hierdie tyd. Dit het soos &#x2019;n veldbrand versprei en binne &#x2019;n kort tydperk was Calvyn nie net in die Protestantse stede bekend nie, maar ook in Rooms-Katolieke stede (Hillerbrand <xref ref-type="bibr" rid="CIT0015">2005</xref>:235). Die kragtige titel van die werk het onmiddellik die leser se aandag op die bekende <italic>Corpus Juris Civilis</italic> se <italic>Institutiones</italic> gerig. Die inhoud, wat vergelykbaar is met &#x2019;n burgerlike regsteks, was sistematies, helder en doeltreffend. Die <italic>Institusie</italic> het gehelp om konkrete riglyne te bied wat vir die Hervorming hande en voete gegee het (Estep <xref ref-type="bibr" rid="CIT0013">1986</xref>:227).</p>
<p>Verder was Calvyn se regsagtergrond ook van onskatbare waarde in sy rol as wetgewer in Gen&#x00E8;ve. Hy het sy regskennis aangewend om Regsordes soos die <italic>Ordonnances Eccl&#x00E9;siastiques</italic>, saam te stel wat &#x2019;n model geword het vir die administrasie van Protestantse gemeenskappe tydens onstuimige godsdienstige omwentelings. Calvyn se vermo&#x00EB; om teologiese beginsels sistematies en verstaanbaar te verwoord, het meegebring dat die Reformasie nie tot kerklike herstrukturering beperk gebly het nie, maar ook verreikende gevolge gehad het vir onderwys en die burgerlike samelewing (Parker <xref ref-type="bibr" rid="CIT0021">1975</xref>:17).</p>
</sec>
<sec id="s0007">
<title>Terug in Parys (Coll&#x00E8;ge Royal)</title>
<p>Calvyn se tyd in Parys aan die Coll&#x00E8;ge Royal was van groot belang vir sy vorming as akademikus en vir sy latere bydrae tot die Reformasie. N&#x00E1; die dood van sy vader het hy besluit om sy studies in Parys voort te sit, waar hy hom aan die studie van bybelse tale, asook die klassieke en Christelike oudheid toegewy het. Hierdie besluit het hom na die Coll&#x00E8;ge Royal gelei &#x2013; &#x2019;n intellektuele omgewing sterk be&#x00EF;nvloed deur die denke van Desiderius Erasmus en Jacques Lef&#x00E8;vre d&#x2019;&#x00C9;taples. In teenstelling met die konserwatiewe teologiese fakulteit van die Universiteit van Sorbonne in Parys, wat ten nouste verbind was aan die Inkwisisie, het die Coll&#x00E8;ge Royal &#x2019;n meer humanistiese benadering gevolg wat &#x2019;n diepgaande invloed op Calvyn gehad het (Ganoczy <xref ref-type="bibr" rid="CIT0014">1988</xref>:80).</p>
<p>Calvyn se blootstelling aan humanisme was &#x2019;n kernaspek van sy akademiese ontwikkeling. Dit is belangrik om daarop te let dat die humanisme van die vyftiende en sestiende eeu waarin Calvyn gevorm is, nie verwar moet word met die humanisme van die agtiende eeu nie. Hierdie vroe&#x00EB; humanisme het op die terugkeer na oorspronklike bronne (<italic>Ad Fontes</italic>) gefokus, en het die studie van klassieke tekste in hulle oorspronklike tale soos Grieks, Latyn en Hebreeus, beklemtoon. Die <italic>Devotio Moderna</italic>, wat humanistiese onderrigmetodes met diep geestelike vorming ge&#x00EF;ntegreer het, het ook &#x2019;n belangrike rol in hierdie kurrikulum gespeel.</p>
<p>Die nadruk op taalkundige studie en teksontleding het &#x2019;n blywende invloed op Calvyn se latere werk as eksegeet gehad (Selderhuis <xref ref-type="bibr" rid="CIT0024">2009</xref>:16).</p>
<p>Aan die Coll&#x00E8;ge Royal het Calvyn onder leiding van die <italic>Royal Reader</italic>, Pierre Dan&#x00E8;s, &#x2019;n beroemde filoloog, sy studies in Hebreeus en Hellenisme begin (Wendel <xref ref-type="bibr" rid="CIT0029">1978</xref>:26). Dit was gedurende die winter van 1531&#x2013;1532 dat Calvyn sy eerste publikasie voltooi het &#x2013; &#x2019;n kommentaar op die Sto&#x00EF;synse filosoof Seneca se werk, <italic>De Clementia</italic> (Wendel <xref ref-type="bibr" rid="CIT0029">1978</xref>:26&#x2013;31). Hierdie publikasie het Calvyn se status as humanistiese geleerde gevestig, veral vanwe&#x00EB; sy gebruik van die filologiese en logiese metodes wat deur Erasmus, Bud&#x00E9; en Laurent Valla bevorder is. Hierdie metodes het Calvyn in staat gestel om teksuitleg as &#x2019;n wetenskaplike dissipline te bevorder &#x2013; &#x2019;n benadering wat hy later ook in sy bybelse eksegese sou toepas (Dreyer <xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">2010</xref>:8). Hoewel Calvyn hom later tot die Protestantisme bekeer het, het hy steeds die humanistiese beginsels van noukeurige teksuitleg en grammatikale studie gehandhaaf en dit sentraal in sy werk en denke gestel (Dankbaar <xref ref-type="bibr" rid="CIT0009">1957</xref>:11).</p>
<p>Tydens hierdie periode het Calvyn ook blootstelling gehad aan belangrike filosofiese tradisies, veral aan die werk van Aristoteles en die skolastiese strome van Nominalisme en Terminisme wat destyds invloedryk was. Sy studies aan die Coll&#x00E8;ge Royal het hom diepgaande insig gegee in hierdie benaderings, terwyl hy terselfdertyd die beperkings daarvan raakgesien het (Parker <xref ref-type="bibr" rid="CIT0021">1975</xref>:13). Calvyn het &#x2019;n weg gevind om elemente van verskillende tradisies te kombineer, en dit word later duidelik in sy eie skrywes, veral in sy <italic>Institusie van die Christelike Godsdiens</italic>, waarin sy diepgaande kennis van klassieke tradisies, die kerkvaders en die Skrif saamvloei in &#x2019;n unieke teologiese raamwerk (Selderhuis <xref ref-type="bibr" rid="CIT0024">2009</xref>:47).</p>
<p>&#x2019;n Verdere belangrike aspek van Calvyn se opleiding gedurende hierdie tyd in Parys was die invloed van sy mentors en medestudente. Sy blootstelling aan die werke van Augustinus, sowel as die lees van Luther se &#x2018;verbode werke&#x2019;, het ook sy geloofsvorming indringend be&#x00EF;nvloed, en het uiteindelik tot sy bekering en betrokkenheid by die Reformasie gelei (Bouwsma <xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">1988</xref>:12). Die gebeure rondom Nicolas Cop in 1533, waar Cop tydens sy intreerede oor die saligsprekings en die regverdiging deur geloof die Inkwisisie se aandag getrek het, het Calvyn genoop om uit Parys te vlug. Hierdie voorval was die keerpunt in sy lewe, wat uiteindelik tot sy betrokkenheid by Gen&#x00E8;ve gelei het en sy invloed op die Protestantse w&#x00EA;reld sou uitbrei (Ganoczy <xref ref-type="bibr" rid="CIT0014">1988</xref>:83).</p>
</sec>
<sec id="s0008">
<title>Gen&#x00E8;ve en Strasbourg: Leer uit ervaring</title>
<p>Voordat Calvyn in Julie 1536 in Gen&#x00E8;ve aangekom het, was die stad reeds as &#x2019;n Protestantse stad bekend. Gen&#x00E8;ve het in 1528 polities van die Rooms-Katolieke Kerk se oorheersing losgebreek, grootliks met die ondersteuning van Protestantse Bern. Teen Augustus 1535 het die stadsraad amptelik verklaar dat Gen&#x00E8;ve &#x2019;n Protestantse stad is en hulle het Katolisisme afgeskaf. Hierdie bekering tot Protestantisme is vergemaklik deur die politieke onafhanklikheid wat Gen&#x00E8;ve reeds van die Huis van Savoy verkry het, asook deur die invloed van hervormers soos William Farel (Estep <xref ref-type="bibr" rid="CIT0013">1986</xref>:234).</p>
<p>Onder leiding van die predikante is die implementering van die nuut gevestigde Protestantisme in Gen&#x00E8;ve begin. Omdat daar min voorbeelde of dokumentasie bestaan het oor wat sodanige hervorming vir &#x2019;n stad sou beteken &#x2013; afgesien van &#x2019;n paar kerklike veranderings &#x2013; het groot onsekerheid geheers oor wat werklike hervorming vir Gen&#x00E8;ve sou inhou. Die predikante, onder leiding van Guillaume Farel, het al hoe meer besef hoe dringend &#x2019;n diepgaande hervorming van die stad nodig was (Stevenson <xref ref-type="bibr" rid="CIT0026">1959</xref>:68). Terselfdertyd het hulle hul eie beperkings raakgesien en &#x2019;n sterk behoefte ontwikkel aan &#x2019;n begaafde onderwyser of leermeester wat die implikasies van die hervorming aan die inwoners van Gen&#x00E8;ve kon verduidelik en in die praktyk kon toepas. Farel, as vurige voorvegter vir die Reformasie, was vasbeslote om die Reformasie op daadwerklike wyse in Gen&#x00E8;ve te vestig (Dreyer <xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">2010</xref>:13).</p>
<p>Calvyn, wat aanvanklik na Strasbourg onderweg was, het nie beplan om in Gen&#x00E8;ve te stop nie. Weens versperrings op sy roete moes hy egter &#x2019;n ompad deur Gen&#x00E8;ve neem &#x2013; &#x2019;n gebeurtenis wat hy en sy biograaf, Theodore Beza, later as &#x2019;n duidelike beskikking van die Here beskou het (Beza <xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">1575</xref>:11). Hoewel Calvyn slegs beoog het om te oornag, is hy deur sy vriend, Pierre Viret, aan Farel voorgestel. Farel, bekend vir sy vurige geaardheid, het Calvyn kragtig aangespreek met die woorde (Beza <xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">1575</xref>):</p>
<disp-quote>
<p>Jy hou jou studie as &#x2019;n dekmantel voor. Daarom voorspel ek vir jou in die Naam van die Almagtige God dat, as jy nie saam met ons werk nie, die Here jou sal vervloek as &#x2019;n mens wat nie na Christus soek nie maar na sy eie belang. (p.12)</p>
</disp-quote>
<p>Farel se oproep aan Calvyn om sy roeping te vervul, het &#x2019;n lewenslange indruk op hom gemaak. Vir Calvyn was dit nie slegs &#x2019;n versoek van &#x2019;n mens nie, maar &#x2019;n duidelike roeping van God. Hy het die roeping aanvaar, sy reisplanne in Strasbourg blitsig aangepas en sy werk in Gen&#x00E8;ve begin. Stevenson (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0026">1959</xref>:71) beskryf hierdie tydperk in Calvyn se lewe as &#x2018;the most critical time for the Reformation&#x2019;. Calvyn se unieke gawes en talente is dadelik ingespan om sy regskennis aan te wend deur die opstel van die <italic>Ordonnances Eccl&#x00E9;siastiques</italic> (Calvyn <xref ref-type="bibr" rid="CIT0004">1966</xref>) &#x2013; &#x2019;n kerklike orde wat op 16 Januarie 1537 deur die stadsraad aanvaar en in werking gestel is (Wendel <xref ref-type="bibr" rid="CIT0029">1978</xref>:51).</p>
<p>Calvyn het Gen&#x00E8;ve se Reformasie gesien as meer as net &#x2019;n paar aanpassings in kerkgebruike of -strukture. Vir hom moes die hervorming die harte van Gen&#x00E8;ve se mense transformeer en sodoende elke aspek van die samelewing be&#x00EF;nvloed. Hierdie visie was aanvanklik aanloklik vir die stad se inwoners en stadsraad. Soos met enige wetgewing was die teorie van die wet egter een ding, maar die toepassing daarvan in die praktyk het talle nuwe uitdagings gebied. Soos Beza (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">1575</xref>:78) tereg opmerk, is dit een ding om ander tot bekering aan te spoor, maar iets heel anders om self tot bekering te kom en volgens hierdie standaarde te leef. Calvyn het hierdie uitdaging ernstig opgeneem deur onder meer &#x2019;n kategismus en &#x2019;n geloofsbelydenis te skryf. Hy het daarop aangedring dat alle burgers &#x2019;n eed afl&#x00EA; om hierdie leerstellings te aanvaar en na te kom (Calvyn <xref ref-type="bibr" rid="CIT0004">1966</xref>:72). Volgens hom het burgerlike owerhede as dienaars van God &#x2019;n plig om suiwer godsdiens te bevorder.</p>
<p>Nietemin is Calvyn se vroe&#x00EB; hervormingspogings in Gen&#x00E8;ve met intense teenstand begroet, wat uiteindelik sy verbanning uit Gen&#x00E8;ve bewerkstellig het. Hy en Farel is daarvan beskuldig dat hulle die stad met Frankryk wou verbind en gevolglik is hulle as &#x2018;Jakobiete&#x2019; gebrandmerk. Calvyn het selfs na die stadsraad verwys as &#x2019;n &#x2018;raad van die duiwel&#x2019;. Die spanning het toegeneem toe die stadsraad beveel het dat ongesuurde brood vir Paasnagmaal gebruik moes word &#x2013; &#x2019;n opdrag wat Calvyn en Farel geweier het om uit te voer. Alhoewel hulle gepreek het, het hulle nie die nagmaal bedien nie, wat in direkte verset was teen die raad se opdrag. Die raad het hulle gevolglik ontslaan en beveel om Gen&#x00E8;ve binne drie dae te verlaat (Estep <xref ref-type="bibr" rid="CIT0013">1986</xref>:237).</p>
<p>Na sy verbanning uit Gen&#x00E8;ve in 1538 het Calvyn hom in Strasbourg gevestig, waar hy predikant was vir die Franse vlugtelinggemeente. Hierdie tyd in Strasbourg het &#x2019;n vormende invloed op Calvyn se persoonlike lewe en teologiese ontwikkeling gehad. Hier het hy sy pastorale praktyke verfyn en die toepassing van kerklike dissipline versterk, onder meer deur die nagmaal slegs aan gelowiges te bedien wat &#x2019;n waardige lewe gelei het. Sy tyd in Strasbourg het aan hom ook die geleentheid gebied om aan die Gimnasium onderrig in bybelse eksegese te gee (Plomp <xref ref-type="bibr" rid="CIT0022">1969</xref>:157).</p>
<p>Dit was ook in Strasbourg waar hy in 1540 met Idelette van Buuren, die weduwee van &#x2019;n voormalige Anabaptis, getroud is. Sy huwelik met Idelette was vir Calvyn &#x2019;n bron van groot vreugde, maar haar afsterwe nege jaar later het &#x2019;n lewenslange impak op hom gehad. In sy briewe getuig hy van sy diepe hartseer oor haar dood (Selderhuis <xref ref-type="bibr" rid="CIT0024">2009</xref>:21). Hy is nooit weer getroud nie.</p>
<p>Later het Calvyn erken dat sy verbanning uit Gen&#x00E8;ve en sy tyd in Strasbourg deur God gebruik is om hom te dissiplineer en voor te berei vir sy toekomstige roeping in Gen&#x00E8;ve (Selderhuis <xref ref-type="bibr" rid="CIT0024">2009</xref>:142). Hierdie tydperk in Strasbourg het &#x2019;n blywende invloed op Calvyn gehad en het die grondslag gel&#x00EA; vir sy besluit om in 1541 na Gen&#x00E8;ve terug te keer waar hy &#x2019;n nuwe hoofstuk in sy bediening begin het.</p>
<p>Selfs terwyl hy in Strasbourg was, het Calvyn die talle uitdagings wat Gen&#x00E8;ve beleef het, noulettend dopgehou. Met sy en Farel se vertrek het Gen&#x00E8;ve twee predikante verloor wat as herders nie meer die kudde kon beskerm nie. In die afwesigheid van Calvyn is diepgaande pogings aangewend om vroe&#x00EB;re hervormings ongedaan te maak, en Rooms-Katolieke figure soos di&#x00E9; van Kardinaal Sadoleto, het weer aanspraak op die stad gemaak. Calvyn het Sadoleto se argumente teen die gereformeerde leer met krag en helderheid weerl&#x00EA; &#x2013; &#x2019;n verdediging wat die stadsraad van Gen&#x00E8;ve oortuig het om hom in 1541 terug te roep. Hoewel hy aanvanklik huiwerig was, het Calvyn die roeping aanvaar vanwe&#x00EB; sy diep roepingsbewussyn (Selderhuis <xref ref-type="bibr" rid="CIT0024">2009</xref>:142).</p>
<p>Calvyn se tweede verblyf in Gen&#x00E8;ve is deur voortdurende stryd en innerlike worsteling gekenmerk. In &#x2019;n brief aan Farel op 13 September 1541, beskryf hy sy terugkeer na Gen&#x00E8;ve as &#x2019;n ondenkbare uitdaging en gebruik die uitdrukking <italic>in qua millies quotidie pereundum esset</italic>, wat beteken dat hy &#x2018;duisend keer per dag sou sterf&#x2019; (CO 11:320). Hierdie uitdrukking beklemtoon sy selfopoffering en die intense stryd wat hy met sy roeping in Gen&#x00E8;ve gehad het. In &#x2019;n vroe&#x00EB;re brief aan Farel, gedateer 29 Oktober 1540, verwys hy na Gen&#x00E8;ve as &#x2019;n &#x2018;plek van pyniging&#x2019; (<italic>locus tormenti</italic>), wat sy diepe afgryse oor die situasie daar weerspie&#x00EB;l het (CO 11:316). Hierdie briewe getuig van Calvyn se innerlike konflik oor en die uitdagings wat sy roeping meegebring het.</p>
<p>Uit die gebeure rondom sy verbanning en terugkeer uit Gen&#x00E8;ve is daar baie te leer oor Calvyn se persoonlikheid. Hoewel hy veral bekend is vir sy uitsonderlike gawe in Skrifuitleg en die bediening van die evangelie as predikant, was hy ook diep toegewyd aan die hervorming van kerk en samelewing. Sy uitgebreide briefwisseling toon sy w&#x00EA;reldwye betrokkenheid by die bevordering van die Hervorming. Calvyn het nie net hard gewerk nie, maar ook verstaan dat alle menslike pogings afhanklik is van die se&#x00EB;n van die Here. Hy was dus &#x2019;n man van gebed en het sy werk voortdurend in afhanklikheid van God se voorsienigheid verrig (Selderhuis <xref ref-type="bibr" rid="CIT0024">2009</xref>:142).</p>
<p>Hoewel Calvyn soms &#x2019;n vurige temperament gehad het, was hy spitsvondig en het hy &#x2019;n besondere goeie gesindheid teenoor mense getoon. Die beeld van Calvyn as &#x2019;n koue en ongenaakbare figuur is misleidend. Hy het medegelowiges met deernis behandel en selfs teenoor sy teenstanders &#x2019;n Christelike gesindheid openbaar. Hierdie eienskappe getuig van sy begrip van Christelike liefde en sy bewussyn van God se genade (Selderhuis <xref ref-type="bibr" rid="CIT0024">2009</xref>:145; Wendel <xref ref-type="bibr" rid="CIT0029">1978</xref>:63). Calvyn moet ook nie as &#x2019;n verstarde en onbuigsame figuur beskou word nie. Inteendeel, Selderhuis (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0024">2009</xref>:147) beklemtoon sy progressiewe aard. Calvyn was oortuig dat reformasie verandering vereis, en hy het dikwels, tot die frustrasie van sy tydgenote, volgehou dat hervorming &#x2019;n deurlopende proses moet wees. Sy vermo&#x00EB; om te innoveer en om verandering te omarm, getuig van sy unieke bydrae tot die uitbouing van die gereformeerde teologie.</p>
</sec>
<sec id="s0009">
<title>Gen&#x00E8;ve: &#x2019;n Stad as skool en voorbeeld van Reformasie</title>
<p>Vir Calvyn was dit &#x2019;n onontwykbare realiteit dat die reformasie van &#x2019;n stad slegs moontlik was indien alle inwoners in die Woord van die Here onderrig is. Calvyn se gedissiplineerde persoonlikheid en regsagtergrond het hom gelei om deur middel van ordes en wette almal in die stad te verplig om op een of ander wyse aan sodanige onderrig deel te neem. Calvyn het veral gefokus op drie terreine van onderrig: prediking, skoolonderrig en ho&#x00EB;r onderwys. Op al drie terreine was wet en orde vir hom belangrik, aangesien ware gehoorsaamheid slegs binne &#x2019;n raamwerk van orde kan gedy. Daarom moes die inwoners van Gen&#x00E8;ve voortdurend onder die klank van God se Woord kom.</p>
<p>Vir Calvyn was prediking nie bloot &#x2019;n geestelike handeling nie, maar &#x2019;n diep opvoedkundige aktiwiteit (Beza <xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">1984</xref>:64). Die doel van prediking was om gelowiges toe te rus met kennis van God en hulle hemelse burgerskap. Calvyn het die kerk beskou as &#x2019;n &#x2018;leerskool van God&#x2019; waarin lidmate gevorm word om die waardes en norms van die hemelse koninkryk in hulle daaglikse lewe uit te leef (Calvin <xref ref-type="bibr" rid="CIT0006">1998</xref>:90). Hy het groot waarde geheg aan die rol van herhaling in die leerproses, juis omdat hy self as kind die krag daarvan ervaar het (Bouwsma <xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">1988</xref>:128&#x2013;129). Die kerk het dus nie net &#x2019;n rol gespeel in die verkondiging van die evangelie nie, maar ook om die geloof op sistematiese wyse te onderrig met die doel om lidmate deeglik toe te rus om as volgelinge van Christus te leef. Hierdie opvoedkundige taak is duidelik in sy teologiese benadering, waar orde en gestruktureerde onderrig sentraal gestaan het as &#x2019;n refleksie van sy oortuiging dat God &#x2019;n God van orde is (Selderhuis <xref ref-type="bibr" rid="CIT0024">2009</xref>:75).</p>
<p>&#x2019;n Tweede aspek waarin Calvyn op &#x2019;n ordelike en gestruktureerde wyse rigting gegee het, was skoolonderrig. Met die oog daarop om burgers op te voed in die gereformeerde leer en lewe, moes kinders van jongs af onderrig ontvang. Calvyn het &#x2019;n visie vir universele onderwys voorgestel &#x2013; &#x2019;n visie wat die onderrig van seuns sowel as dogters ingesluit het ongeag hulle sosio-ekonomiese agtergrond. Hierdie benadering het &#x2019;n unieke bydrae gelewer tot die Reformasie se opvoedkundige model (Calvin <xref ref-type="bibr" rid="CIT0004">1966</xref>:34; Selderhuis <xref ref-type="bibr" rid="CIT0024">2009</xref>:77). Calvyn het verder sterk daarop aangedring dat ouers &#x2019;n aktiewe rol in die opvoeding van hulle kinders moes speel, veral in die kategese-onderrig wat deur die kerk ondersteun is. Hy was oortuig dat herhaling en gestruktureerde onderrig met die vraag-en-antwoord-metode onontbeerlik was om kinders se geloof te vorm en te versterk (Bouwsma <xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">1988</xref>:128&#x2013;129; Selderhuis <xref ref-type="bibr" rid="CIT0024">2009</xref>:92). Hy het ook geglo dat alle mense &#x2013; oud en jonk &#x2013; met die kennis van God se Woord toegerus moes word, sodat hulle hul geloof met oortuiging kon verdedig. Hierdie oortuiging het die grondslag gevorm vir die Reformasie se bre&#x00EB; fokus op opvoeding en intellektuele vorming (Hillerbrand <xref ref-type="bibr" rid="CIT0015">2005</xref>:235).</p>
<p>Vanuit Calvyn se humanistiese agtergrond was lees &#x2019;n ononderhandelbare komponent van onderwys, asook &#x2019;n noodsaaklike element van geloofsvorming. Volgens hom bestaan geloof nie uitsluitlik uit ervaring nie, maar ook uit kennis &#x2013; &#x2019;n uitgangspunt wat die lees- en studiekultuur onder gereformeerdes versterk het (Selderhuis <xref ref-type="bibr" rid="CIT0024">2009</xref>:40). Hy het daarop aangedring dat alle kinders moet leer lees, nie slegs om die Bybel te verstaan nie, maar ook om insig te verkry in die bre&#x00EB;r skepping en die werke van God. Hierdie oortuiging was diep gewortel in sy opvoedkundige ideaal: om kinders op te lei om die geestelike sowel as die burgerlike lewe met wysheid en verantwoordelikheid te benader (Dreyer <xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">2010</xref>:5).</p>
<p>Die onderwysprogram van Gen&#x00E8;ve, wat Calvyn tot stand gebring het, weerspie&#x00EB;l sy bre&#x00EB; visie op onderrig. Die program is onderverdeel in die <italic>schola privata</italic>, wat jongmense voorberei het op universiteitsopleiding deur vakke soos Grieks, Latyn, grammatika en dialektiek aan te bied; en die <italic>schola publica</italic>, wat oorspronklik bedoel was as &#x2019;n kweekskool vir Protestantse predikante, maar later uitgebrei is om fakulteite in Geneeskunde en Regte in te sluit (Kurian &#x0026; Lamport <xref ref-type="bibr" rid="CIT0018">2015</xref>:181). Hierdie holistiese benadering het kinders toegerus om nie slegs in kennis en liefde vir God te groei nie, maar ook om &#x2019;n waarderende liefde vir God se skepping te ontwikkel (Calvin <xref ref-type="bibr" rid="CIT0006">1998</xref>:78&#x2013;80).</p>
<p>Calvyn se fokus op lees as instrument vir geloofsvorming en kennisverwerwing is verder versterk deur die prominensie wat hy aan boeke en biblioteke gegee het. Die Akademie van Gen&#x00E8;ve het later oor &#x2019;n indrukwekkende biblioteek beskik, en die fokus op studie en lees het &#x2019;n kenmerk van alle gereformeerde instellings geword. Dit is dus geen verrassing dat kinders in gereformeerde skole gedurende die Reformasie beter presteer het in leesvaardighede as hulle Lutherse en Rooms-Katolieke eweknie&#x00EB; nie (Selderhuis <xref ref-type="bibr" rid="CIT0024">2009</xref>:41). Hierdie benadering het die grondslag gel&#x00EA; vir die ontwikkeling van &#x2019;n onderwysstelsel waarin lees, kennis en geloof onafskeidbaar aan mekaar verbind is. Calvyn het lees nie net as toegang tot die Woord van God beskou nie, maar ook as &#x2019;n weg na dieper insig in die w&#x00EA;reld as God se skepping. Sy werk het die gereformeerde tradisie ge&#x00EF;nspireer om kinders toe te rus met kennis en wysheid wat hulle in staat stel om betekenisvol tot die kerk en die samelewing by te dra.</p>
<p>In 1559 is die Geneefse Akademie onder leiding van Calvyn gestig. Dit het as &#x2019;n sentrale instelling vir die opleiding van predikante en burgers gedien. Calvyn se bre&#x00EB;r visie van die koninkryk van God het duidelik na vore gekom in sy ywer om die Akademie tot stand te bring. Hy het herhaaldelik by die stadsraad van Gen&#x00E8;ve aangedring op die noodsaak van &#x2019;n deeglik gestruktureerde opvoedkundige instelling wat predikante sou kon oplei om die gereformeerde leer kragtig te verkondig. Sy droom is in 1559 verwesenlik, en die Akademie het vinnig gegroei: van &#x2019;n klein groepie studente by die stigting tot sowat 1 200 teen die tyd van Calvyn se dood in 1564 (Hughes <xref ref-type="bibr" rid="CIT0016">1964</xref>:182). Die invloed van die Akademie op die uitbouing van die Reformasie was onskatbaar. Talle buitelandse studente het daar studeer en later belangrike leiersposisies in hulle eie lande beklee (Maag <xref ref-type="bibr" rid="CIT0019">1994</xref>:26). Hierdie studente is nie net intellektueel toegerus met die gereformeerde leer nie, maar het ook die lewenswyse van Gen&#x00E8;ve ge&#x00EF;nternaliseer en as &#x2019;t ware nuwe &#x2018;Gen&#x00E8;ves&#x2019; elders gevestig (Selderhuis <xref ref-type="bibr" rid="CIT0024">2009</xref>:62).</p>
<p>Die stigting van die Akademie van Gen&#x00E8;ve was nie bloot &#x2019;n institusionele uitbreiding van Calvyn se onderrigvisie nie, maar &#x2019;n konkrete uitdrukking van sy oortuiging dat teologiese vorming sentraal is tot die voortbestaan van die kerk en die samelewing. Vosloo (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0028">2017</xref>:255&#x2013;256) wys daarop dat Calvyn die onderrig van toekomstige leraars as &#x2019;n kerntaak van die kerk gesien het, juis omdat die Woordverkondiging en die onderrig daarvan die middele is waardeur God sy kerk onderhou. Hierdie visie op teologiese opleiding was nie beperk tot &#x2019;n plaaslike konteks nie, maar het internasionale impak gehad. Deur sy struktuur, leerplan en opvoedkundige etos het die Akademie &#x2019;n invloedryke rol gespeel in die vorming van predikante vir gereformeerde kerke regoor Europa. Vosloo verbind hierdie impak op betekenisvolle wyse aan die latere ontwikkeling van teologiese opleiding op plekke soos Stellenbosch, wat in &#x2019;n sekere sin in die Geneefse nalatenskap gestaan het. Die Geneefse model het dus nie net in sy eie tyd &#x2019;n reformatoriese impak gehad nie, maar ook &#x2019;n langtermynnalatenskap in die wyse waarop Protestantse kerke w&#x00EA;reldwyd hulle verhouding tot opvoeding verstaan het.</p>
<p>Tog was die sukses van die Geneefse Akademie nie sonder interne spanning nie. Maag (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0019">1994</xref>:2) wys daarop dat die Akademie van meet af aan &#x2019;n plek van botsende verwagtings was: terwyl Calvyn en die predikante dit prim&#x00EA;r as &#x2019;n teologiese skool vir die opleiding van predikante beskou het, het die Geneefse magistrate dit as &#x2019;n geleentheid gesien om &#x2019;n bre&#x00EB;r universiteitsmodel te ontwikkel, met vakrigtings soos Regte en Geneeskunde. Hierdie verskille in visie het gelei tot voortdurende debatte oor die rigting van die instelling, en dit het die Akademie se rol versterk &#x2013; nie net as sentrum van teologiese vorming nie, maar ook as instrument van Gen&#x00E8;ve se intellektuele en politieke prestige in Europa. Maag (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0019">1994</xref>:203) beklemtoon dat die Akademie nie in isolasie gefunksioneer het nie, maar &#x2019;n sleutelrol gespeel het in die ontwikkeling van gereformeerde kerke regoor Europa. Studente wat in Gen&#x00E8;ve opgelei is, het na hulle lande van herkoms teruggekeer met &#x2019;n spesifieke visie op kerklike orde, gereformeerde teologie en vroomheid, en so het Gen&#x00E8;ve sy invloed oor die hele vasteland uitgebrei.</p>
<p>Calvyn se pedagogiese visie kan egter nie ten volle begryp word sonder inagneming van sy persoonlike ervaring as vlugteling nie. Vosloo (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0028">2017</xref>:175&#x2013;176) wys daarop dat Calvyn se vertrek uit Frankryk en sy vestiging in Gen&#x00E8;ve hom nie net as mens gevorm het nie, maar hom ook op teologiese gebied verstewig het. Sy begrip van die kerk as &#x2019;n pelgrimsgemeenskap was op &#x2019;n ervaring van ontworteling gegrond. Hierdie ervaring het die onderbou gevorm vir sy strewe om Gen&#x00E8;ve as &#x2019;n &#x2018;gemeente-in-verstrooiing&#x2019; op te bou &#x2013; &#x2019;n heilige gemeenskap van verdryfdes wat, deur die onderrig van God se Woord, weer saam georden word met die doel om vastigheid in hulle lewens te ervaar (Vosloo <xref ref-type="bibr" rid="CIT0028">2017</xref>:180&#x2013;182).</p>
<p>Hierdie perspektief verleen &#x2019;n dieper betekenis aan die stigting van die Geneefse Akademie. Die Akademie van Gen&#x00E8;ve was nie bloot &#x2019;n intellektuele projek nie, maar &#x2019;n poging om binne &#x2019;n konteks van onsekerheid en vervolging &#x2019;n geestelike tuiste vir vlugtelinge te skep &#x2013; &#x2019;n ruimte waar hulle teologies vir dienswerk in ander dele van Europa toegerus kon word. Die onderrig wat Calvyn nagestreef het, het dus &#x2019;n dubbele funksie vervul: dit het God se Woord gevestig onder vreemdelinge, en dit het hulle toegerus om elders geloofsgemeenskappe te vorm. Deur die lens van vlugteling-wees word Calvyn se onderwys nie bloot as &#x2019;n sistematiese implementering van &#x2019;n pedagogiese model gesien nie, maar as &#x2019;n daad van pastorale heropbou te midde van politieke en godsdienstige ontworteling (Vosloo <xref ref-type="bibr" rid="CIT0028">2017</xref>:185&#x2013;186).</p>
<p>Ondanks die uitdagings en konflik wat Calvyn in Gen&#x00E8;ve ondervind het, het sy visie en deursettingsvermo&#x00EB; &#x2019;n blywende impak op die stad en die bre&#x00EB;r Christelike w&#x00EA;reld gehad. Hy is op 27 Mei 1564 in Gen&#x00E8;ve begrawe, waar sy nalatenskap voortleef in die instellings en idees wat hy gevestig het.</p>
</sec>
<sec id="s0010">
<title>Gevolgtrekking</title>
<p>Die navorsingsvraag van hierdie studie was die volgende: Wat was die invloed van die onderrig wat Johannes Calvyn ontvang het op die Reformasie in Gen&#x00E8;ve? Uit hierdie ondersoek blyk dit duidelik dat die onderrig wat Calvyn ontvang het &#x2019;n fundamentele rol gespeel het in sy vermo&#x00EB; om Gen&#x00E8;ve in die sestiende eeu te hervorm en as modelstad van die Reformasie te vestig. Sy opleiding in Latyn en klassieke tale het sy vermo&#x00EB; gevorm om die Bybel en vroe&#x00EB; kerklike geskrifte met noukeurigheid te interpreteer. Sy regsopleiding in Orl&#x00E9;ans het hom van die intellektuele gereedskap voorsien om kerklike sowel as burgerlike strukture op &#x2019;n ordelike en sistematiese wyse te hervorm.</p>
<p>Hierdie stewige akademiese grondslag het Calvyn in staat gestel om Gen&#x00E8;ve se hervorming nie net as &#x2019;n teologiese beweging nie, maar as &#x2019;n allesomvattende sosiale reformasie te lei. Die kerklike ordes wat hy in Gen&#x00E8;ve geformuleer het, sowel as die stigting van die Akademie van Gen&#x00E8;ve in 1559, het &#x2019;n model met internasionale reikwydte geskep vir Protestantse kerke en onderwysinstellings. Verder het sy dissipline, toewyding en visie &#x2019;n blywende voorbeeld nagelaat van hoe &#x2019;n Christelike samelewing ingerig kan word &#x2013; &#x2019;n voorbeeld wat vandag steeds inspirasie bied vir Christelike gemeenskappe.</p>
<p>Die nalatenskap van Gen&#x00E8;ve as &#x2019;n voorbeeld van reformasie op verskeie vlakke van die samelewing, het oor eeue heen voortgeleef en het selfs ander gemeenskappe ge&#x00EF;nspireer om soortgelyke reformasies na te streef. Hierdie studie bevestig dat Calvyn se unieke kombinasie van akademiese uitnemendheid, regsvernuf en geestelike visie &#x2019;n sleutelrol gespeel het in die hervorming van Gen&#x00E8;ve. Gen&#x00E8;ve dien steeds as &#x2019;n voorbeeld van hoe &#x2019;n samelewing moreel, godsdienstig en sosiaal gestruktureer kan word, en Calvyn se invloed vorm steeds &#x2019;n kernkomponent van hierdie geskiedenis.</p>
</sec>
</body>
<back>
<ack>
<title>Erkennings</title>
<sec id="s20011" sec-type="COI-statement">
<title>Mededingende belange</title>
<p>Die outeur verklaar dat daar geen finansi&#x00EB;le of persoonlike verbintenisse is wat die skryf van hierdie artikel onvanpas kon be&#x00EF;vloed nie.</p>
</sec>
<sec id="s20012">
<title>Outeursbydrae</title>
<p>M.D. is die enigste outeur van hierdie navorsingsartikel.</p>
</sec>
<sec id="s20013">
<title>Etiese oorwegings</title>
<p>&#x2018;n Aansoek vir volle etiese goedkeuring is by die AROS Etiese klaring vir navorsings ingedien en etiese toestemming is ontvang op 27 Februarie 2025. Die etiese goedkeuringsnommer is Aros-000036.</p>
</sec>
<sec id="s20014" sec-type="data-availability">
<title>Databeskikbaarheidsverklaring</title>
<p>Die outeur bevestig dat die data wat die bevindings van hierdie artikel ondersteun, in die artikel beskikbaar is.</p>
</sec>
<sec id="s20015">
<title>Vrywaring</title>
<p>Die menings en sienings wat in hierdie artikel meegedeel word, is di&#x00E9; van die outeur en weerspie&#x00EB;l nie noodwendig die amptelike beleid of posisie van enige geaffilieerde instelling, befondser, agentskap of di&#x00E9; van die uitgewer nie. Die outeur is verantwoordelik vir hierdie artikel se inhoud.</p>
</sec>
</ack>
<ref-list id="references">
<title>Literatuurverwysings</title>
<ref id="CIT0001"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Beza</surname>, <given-names>T</given-names></string-name></person-group>., <year>1984 [1575]</year>, &#x2018;<chapter-title>&#x2019;n Noukeurige lewensbeskrywing van Johannes Calvyn</chapter-title>&#x2019; [<comment>A Precise Biography of John Calvin</comment>], in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>J</given-names>. <surname>Calvyn</surname></string-name></person-group> (ed.), <source>Institusie van die Christelike Godsdiens, Boek 1</source> (pp. <fpage>1</fpage>&#x2013;<lpage>81</lpage>), <publisher-name>Uit die Latyn vertaal na Afrikaans deur H.W. Simpson</publisher-name>, <publisher-loc>CJBF, Potchefstroom</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0002"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Bouwsma</surname>, <given-names>W.J</given-names></string-name></person-group>., <year>1988</year>. <source>John Calvin: A sixteenth-century portrait</source>, <publisher-name>Oxford University Press</publisher-name>, <publisher-loc>New York, NY</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0003"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Calvin</surname>, <given-names>J</given-names></string-name></person-group>., <year>1863&#x2013;1900</year>, &#x2018;<chapter-title>Institutio Christianae religionis</chapter-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>G</given-names>. <surname>Baum</surname></string-name>, <string-name><given-names>E</given-names>. <surname>Cunitz</surname></string-name> &#x0026; <string-name><given-names>E</given-names>. <surname>Reuss</surname></string-name> (eds.)</person-group>, <source>Opera quae supersunt omnia, Corpus Reformatorum</source>, vol. <volume>30</volume>, <publisher-name>Schwetschke, Brunsvigae.</publisher-name></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0004"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Calvin</surname>, <given-names>J</given-names></string-name></person-group>., <year>1966</year>, &#x2018;<chapter-title>Ecclesiastical Ordinances of the Church of Geneva</chapter-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>T.H.L</given-names>. <surname>Parker</surname></string-name></person-group> (ed.), translated by <person-group person-group-type="translator"><string-name><given-names>P.E</given-names>. <surname>Hughes</surname></string-name></person-group>, <source>The Register of the Company of Pastors of Geneva in the Time of Calvin</source>, <publisher-name>Eerdmans, Grand Rapids</publisher-name>, <publisher-loc>MI</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0005"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Calvin</surname>, <given-names>J</given-names></string-name></person-group>., <year>1969</year>, <source>Commentary on Seneca&#x2019;s De Clementia</source>, <person-group person-group-type="translator">transl. <string-name><given-names>F.L</given-names>. <surname>Battles</surname></string-name> &#x0026; <string-name><given-names>A.M</given-names>., <surname>Hugo</surname></string-name></person-group>, <publisher-loc>Brill, Leiden</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0006"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Calvin</surname>, <given-names>J</given-names></string-name></person-group>., <year>1998</year>, <source>Calvin&#x2019;s Commentaries: Acts and Romans</source>, vol. <volume>XIX</volume>, <publisher-name>Baker Book House Company</publisher-name>, <publisher-loc>Grand Rapids, MI</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0007"><mixed-citation publication-type="journal"><source>CO, see Calvin</source> <fpage>1863</fpage>&#x2013;<lpage>1900</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0008"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Cottret</surname>, <given-names>B</given-names></string-name></person-group>., <year>2000</year>, <source>Calvin: A biography</source>, <publisher-loc>Eerdmans, Grand Rapids, MI</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0009"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Dankbaar</surname>, <given-names>W.F</given-names></string-name></person-group>., <year>1957</year>, <source>Calvijn &#x2014; zijn weg en werk</source>, <publisher-loc>Callenbach, Nijkerk</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0010"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Diedericks</surname>, <given-names>M</given-names></string-name></person-group>., <year>2021</year>, &#x2018;<article-title>The value of Theodore Beza&#x2019;s inaugural address at the Geneva Academy for Christian higher education</article-title>&#x2019;, <source>Expository Times</source> <volume>132</volume>(<issue>4</issue>), <fpage>153</fpage>&#x2013;<lpage>162</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.1177/0014524620922782">https://doi.org/10.1177/0014524620922782</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0011"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Donatus</surname>, <given-names>A</given-names></string-name></person-group>., <year>1981</year>, <source>De octo partibus orationis</source> [<source>On the eight parts of speech</source>], <person-group person-group-type="author"><string-name><given-names>J</given-names>. <surname>Smith</surname></string-name> (ed.)</person-group>, <publisher-name>Oxford University Press</publisher-name>, <publisher-loc>Oxford</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0012"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Dreyer</surname>, <given-names>W.A</given-names></string-name></person-group>., <year>2010</year>, &#x2018;<article-title>From Noyon to Geneva</article-title>&#x2019;, <source>Skriflig</source> <volume>44</volume>(<issue>3</issue>), <fpage>1</fpage>&#x2013;<lpage>22</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4102/ids.v44i0.176">https://doi.org/10.4102/ids.v44i0.176</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0013"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Estep</surname>, <given-names>W.R</given-names></string-name></person-group>., <year>1986</year>, <source>Renaissance and reformation</source>, <publisher-name>William B. Eerdmans Publishing Company</publisher-name>, <publisher-loc>Grand Rapids, MI</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0014"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Ganoczy</surname>, <given-names>A</given-names></string-name></person-group>., <year>1988</year>, <source>The Young Calvin</source>, translated by <person-group person-group-type="translator"><string-name><given-names>D</given-names>. <surname>Foxgrover</surname></string-name> and <string-name><given-names>W</given-names>. <surname>Provo</surname></string-name>, <string-name><surname>William</surname>, <given-names>B</given-names></string-name></person-group>. <publisher-name>Eerdmans Publishing Company</publisher-name>, <publisher-loc>Grand Rapids, MI</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0015"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Hillerbrand</surname>, <given-names>H.J</given-names></string-name></person-group>., <year>2005</year>, &#x2018;<chapter-title>Calvin, John</chapter-title>&#x2019;, in <source>The Oxford encyclopedia of the reformation</source> (pp. <fpage>324</fpage>&#x2013;<lpage>239</lpage>), <publisher-name>Oxford University Press</publisher-name>, <publisher-loc>Oxford</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0016"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Hughes</surname>, <given-names>P.E</given-names></string-name></person-group>., <year>1964</year>, <source>The Geneva of John Calvin</source>, <publisher-name>Eerdmans, Grand Rapids</publisher-name>, <publisher-loc>MI</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0017"><mixed-citation publication-type="journal"><source>Inst, see Calvin</source> <fpage>1863</fpage>&#x2013;<lpage>1900</lpage></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0018"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Kurian</surname>, <given-names>G.T</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Lamport</surname>, <given-names>M.A</given-names></string-name></person-group>. (eds.), <year>2015</year>, <source>Encyclopedia of Christian education</source>, vol. <volume>3</volume>, <publisher-name>Rowman &#x0026; Littlefield</publisher-name>, <publisher-loc>Lanham, MD</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0019"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Maag</surname>, <given-names>K.Y</given-names></string-name></person-group>., <year>1994</year>, &#x2018;<chapter-title>Geneva as a centre of Calvinist higher education, 1559&#x2013;1620</chapter-title>&#x2019;, <publisher-loc>Doktorale verhandeling</publisher-loc>, <publisher-name>Universiteit van St. Andrews</publisher-name>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0020"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Muller</surname>, <given-names>R.A</given-names></string-name></person-group>., <year>2002</year>, &#x2018;<article-title>The unaccommodated Calvin: Studies in the foundation of a theological tradition</article-title>&#x2019;, <source>Pro Ecclesia</source> <volume>11</volume>(<issue>2</issue>), <fpage>241</fpage>&#x2013;<lpage>244</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0021"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Parker</surname>, <given-names>T.H.L</given-names></string-name></person-group>., <year>1975</year>, <source>John Calvin</source>, <publisher-name>Lion Publishing</publisher-name>, <publisher-loc>London</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0022"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Plomp</surname>, <given-names>A</given-names></string-name></person-group>., <year>1969</year>, <source>Calvin&#x2019;s discipline</source>, <publisher-name>Eerdmans, Grand Rapids</publisher-name>, <publisher-loc>MI</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0023"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Popenoe</surname>, <given-names>R</given-names></string-name>., <string-name><surname>Langius-Ekl&#x00F6;f</surname>, <given-names>A</given-names></string-name>., <string-name><surname>Stenwall</surname>, <given-names>E</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Jervaeus</surname>, <given-names>A</given-names></string-name></person-group>., <year>2021</year>, &#x2018;<article-title>A practical guide to data analysis in general literature reviews</article-title>&#x2019;, <source>Nordic Journal of Nursing Research</source> <volume>41</volume>(<issue>4</issue>), <fpage>175</fpage>&#x2013;<lpage>186</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.1177/2057158521991949">https://doi.org/10.1177/2057158521991949</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0024"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Selderhuis</surname>, <given-names>H.J</given-names></string-name></person-group>., <year>2009</year>, <source>John Calvin: A pilgrim&#x2019;s life</source>, <publisher-name>InterVarsity Press</publisher-name>, <publisher-loc>Downers Grove, IL</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0025"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Steinmetz</surname>, <given-names>D.C</given-names></string-name></person-group>., <year>1995</year>, <source>Calvin in Context</source>, <publisher-name>Oxford University Press</publisher-name>, <publisher-loc>Oxford</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0026"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Stevenson</surname>, <given-names>W</given-names></string-name></person-group>., <year>1959</year>, <source>The story of the reformation</source>, <publisher-name>John Knox Press</publisher-name>, <publisher-loc>Richmond, VA</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0027"><mixed-citation publication-type="web"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van Villedieu</surname>, <given-names>A</given-names></string-name></person-group>., <year>1488</year>, <source>Doctrinale Puerorum</source> [<source>The teaching book for boys</source>], <comment>viewed 16 April 2025, from <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://archive.org/details/doctrinalepartes00alex">https://archive.org/details/doctrinalepartes00alex</ext-link>.</comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0028"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Vosloo</surname>, <given-names>R</given-names></string-name></person-group>., <year>2017</year>. <source>Reforming memory: Essays on South African church and theological history</source>, <publisher-name>Sun Media</publisher-name>, <publisher-loc>Stellenbosch</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0029"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Wendel</surname>, <given-names>F</given-names></string-name></person-group>., <year>1978</year>, <source>Calvin: The origins and development of his religious thought</source>, <person-group person-group-type="translator">transl. <string-name><given-names>P</given-names>. <surname>Mairet</surname></string-name></person-group>, <publisher-name>Baker Book House</publisher-name>, <publisher-loc>Grand Rapids, MI</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
</ref-list>
<fn-group>
<fn><p><bold>How to cite this article:</bold> Diedericks, M., 2025, &#x2018;Die invloed van Calvyn se persoonlike onderrig en opvoeding op die Reformasie in Gen&#x00E8;ve&#x2019;, <italic>In die Skriflig</italic> 59(1), a3182. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4102/ids.v59i1.3182">https://doi.org/10.4102/ids.v59i1.3182</ext-link></p></fn>
</fn-group>
</back>
</article>