<?xml version="1.0" encoding="UTF-8"?>
<!DOCTYPE article PUBLIC "-//NLM//DTD JATS (Z39.96) Journal Publishing DTD v1.1d1 20130915//EN" "http://jats.nlm.nih.gov/publishing/1.1d1/JATS-journalpublishing1.dtd">
<article xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xmlns:mml="http://www.w3.org/1998/Math/MathML" article-type="research-article" xml:lang="af">
<front>
<journal-meta>
<journal-id journal-id-type="publisher-id">IDS</journal-id>
<journal-title-group>
<journal-title>In die Skriflig / In Luce Verbi</journal-title>
</journal-title-group>
<issn pub-type="ppub">1018-6441</issn>
<issn pub-type="epub">2305-0853</issn>
<publisher>
<publisher-name>AOSIS</publisher-name>
</publisher>
</journal-meta>
<article-meta>
<article-id pub-id-type="publisher-id">IDS-59-3243</article-id>
<article-id pub-id-type="doi">10.4102/ids.v59i1.3243</article-id>
<article-categories>
<subj-group subj-group-type="heading">
<subject>Original Research</subject>
</subj-group>
</article-categories>
<title-group>
<article-title>&#x2019;n Ondersoek na die martelare van Openbaring 6&#x2013;20</article-title>
</title-group>
<contrib-group>
<contrib contrib-type="author" corresp="yes">
<contrib-id contrib-id-type="orcid">https://orcid.org/0000-0002-3560-0204</contrib-id>
<name>
<surname>Scholtz</surname>
<given-names>Jacob J.</given-names>
</name>
<xref ref-type="aff" rid="AF0001">1</xref>
</contrib>
<aff id="AF0001"><label>1</label>Independent Researcher, Hermanus, South Africa</aff>
</contrib-group>
<author-notes>
<corresp id="cor1"><bold>Corresponding author:</bold> Jacob J. Scholtz, <email xlink:href="jacojanscholtz@gmail.com">jacojanscholtz@gmail.com</email></corresp>
</author-notes>
<pub-date pub-type="epub"><day>07</day><month>11</month><year>2025</year></pub-date>
<pub-date pub-type="collection"><year>2025</year></pub-date>
<volume>59</volume>
<issue>1</issue>
<elocation-id>3243</elocation-id>
<history>
<date date-type="received"><day>18</day><month>08</month><year>2025</year></date>
<date date-type="accepted"><day>29</day><month>09</month><year>2025</year></date>
</history>
<permissions>
<copyright-statement>&#x00A9; 2025. The Authors</copyright-statement>
<copyright-year>2025</copyright-year>
<license license-type="open-access" xlink:href="https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/">
<license-p>Licensee: AOSIS. This work is licensed under the Creative Commons Attribution 4.0 International (CC BY 4.0) license.</license-p>
</license>
</permissions>
<abstract>
<p><bold>An investigation into the martyrs of Revelation 6&#x2013;20.</bold> Revelation 20 presents a theological minefield, with three firmly entrenched eschatological positions. While two contradictory statements cannot both be true at the same time and in the same sense, two of the three millennial positions must be false. Adopting an indirect approach to the millennial debate, this article&#x2019;s research question is: When will the martyrs of Revelation 6&#x2013;20 pass away? A-millennialists and postmillennialists undeniably imply that these martyrs die during a symbolic 1000-year period, experience a form of spiritual first resurrection, and reign spiritually with Christ during the inter-advent period. To assess this claim, the identity of the &#x2018;inhabitants of the earth&#x2019; (or &#x2018;earth-dwellers&#x2019;) was established, along with the period in which they will live. This study found that the term &#x2018;inhabitants of the earth&#x2019; functions as a technical term for unbelievers who will live during the eschatological &#x2018;hour of trial&#x2019; that will come upon the whole world. During this global hour of trial, or tribulation period, martyrs will be killed by earth-dwellers, the great harlot, the beast that ascends from the bottomless pit, and the false prophet. The &#x2018;great tribulation&#x2019;, a period out of which some martyrs will come, was also analysed, together with the timing of the beheading of believers for their witness. Only during the final phase of the hour of trial, namely the great tribulation, will it be possible to worship the beast or his image, take the mark of the beast, or refuse to do so and face beheading. Contrary to non-chiliasts, the martyrs of Revelation 6&#x2013;20 will not die throughout a symbolic 1000-year period (i.e. the inter-advent period) but will rather be martyred during the hour of trial. It is therefore anachronistic to identify those in contact with the earth-dwellers as living outside this eschatological hour of trial.</p>
<sec id="st1">
<title>Contribution</title>
<p>As it is incorrect to suggest that the martyrs of Revelation 6&#x2013;20 will die during a symbolic 1000-year period, when in reality they will pass away during the specific eschatological hour of trial, both a-millennialism and post-millennialism must be considered false.</p>
</sec>
</abstract>
<kwd-group>
<kwd>earthlings</kwd>
<kwd>inhabitants of the earth</kwd>
<kwd>eschatology</kwd>
<kwd>great tribulation</kwd>
<kwd>interadvent period</kwd>
<kwd>martyrs</kwd>
<kwd>hour of trial</kwd>
<kwd>tribulation period</kwd>
</kwd-group>
<funding-group>
<funding-statement><bold>Befondsingsinligting</bold> Hierdie navorsing het geen spesifieke befondsing van enige befondsingsagentskap in die openbare, kommersi&#x00EB;le, of nie-winsgewende sektore ontvang nie.</funding-statement>
</funding-group>
</article-meta>
</front>
<body>
<sec id="s0001">
<title>Inleiding</title>
<p>Indien mense kon s&#x00EA; wie hulle vermoor het, sou alle moordsake nie dan opgelos kon word nie? Wanneer Christus die vyfde se&#x00EB;l oopbreek, sien Johannes die siele van diegene wat doodgemaak is &#x2018;vanwe&#x00EB; die woord van God en die getuienis wat hulle gelewer het&#x2019; (Op 6:9 2020-vertaling). Hierdie siele is onder die voet van die altaar in die hemel, en hulle roep met &#x2019;n harde stem: &#x2018;Tot wanneer, heilige en ware Here, gaan U uitstel om u oordeel te voltrek, en ons bloed op die aardbewoners te wreek?&#x2019; (Op 6:10). Die martelare van Openbaring 6:9&#x2013;11 vra nie dat God hulle bloed wreek op mense wat reeds gesterf het nie, maar op &#x2018;aardbewoners&#x2019; wat op daardie stadium nog (fisies) lewe. Elkeen van hierdie siele wat doodgemaak is ontvang &#x2019;n lang wit stola en word aanges&#x00EA; om nog &#x2019;n &#x2018;kort rukkie&#x2019; te rus, &#x2018;totdat hulle medediensknegte en broers, wat ook soos hulle doodgemaak gaan word, voltallig sou wees&#x2019; (Op 6:11).</p>
<p>Openbaring 7:9 beskryf &#x2019;n ontelbare skare uit elke nasie, stam, volk en taal. Terwyl hierdie gelowiges (fisies) leef, is hulle oor die hele aarde versprei, maar wanneer hulle God in die tempel in die hemel dien, dra hulle &#x00F3;&#x00F3;k lang wit stolas, gewas en wit gemaak in die bloed van die Lam (Op 7:9, 14&#x2013;15). Hierdie martelare kom uit die &#x2018;groot verdrukking&#x2019; (Op 7:14). In Openbaring 20:4 sien Johannes dat die siele van diegene wat onthoof is, lewend geword (<italic>ez&#x0113;san</italic>) het, en &#x2018;saam met Christus regeer, &#x2019;n duisend jaar lank&#x2019;. Hulle is onthoof omdat hulle &#x2018;nie neergeval het om die dier en sy beeld te aanbid nie, en nie die merk op die voorkop of op die hand ontvang het nie&#x2019;. Die res van Openbaring 20 noem geen verdere martelare nie, en Openbaring 21&#x2013;22 beskryf die ewige bestel waarin geen gelowige sal sterf nie. Hierdie martelare het deel aan die &#x2018;eerste opstanding&#x2019; (<italic>pr&#x014D;t</italic>&#x0113; <italic>anastasis</italic>), en die tweede dood het geen mag oor hulle nie (Op 20:5&#x2013;6). Die oorblywende dooies het nie lewend geword voordat die 1000 jaar verstryk het nie (Op 20:5). In die lig van hierdie &#x2018;1000 jaar&#x2019; (of millennium) ontstaan die vraag: Wanneer sal Christus na die aarde terugkeer?</p>
<p>Premillennialiste (&#x2018;chiliaste&#x2019;) glo dat Jesus &#x2018;pre&#x2019; of v&#x00F3;&#x00F3;r die 1000 jaar na die aarde sal terugkeer, terwyl postmillennialiste meen dat Christus &#x2018;post&#x2019; of <italic>n&#x00E1;</italic> die 1000 jaar sal terugkeer. A-millennialiste leer dat daar nie &#x2019;n millennium sal wees soos die premillennialisme of postmillennialisme dit verstaan nie (daarom die voorvoegsel &#x2018;a&#x2019;, wat &#x2018;nie&#x2019; beteken). Daar is eenstemmigheid dat Openbaring 19:11&#x2013;16 na Christus se terugkeer na die aarde verwys. Die uitleg van Openbaring 20 is egter die kernpunt van verskil tussen bogenoemde drie eskatologiese sienswyses: A- en postmillennialiste (gesamentlik &#x2018;nie-chiliaste&#x2019;) glo dat die eerste opstanding geestelik is (vgl. Op 20:5), hetsy as &#x2019;n geestelike wedergeboorte (Botha <xref ref-type="bibr" rid="CIT0004">2014</xref>:221; Gentry <xref ref-type="bibr" rid="CIT0014">1999</xref>:53) of as die oorgangstaat waarin die nie-stoflike deel (siel en gees) van afgestorwe gelowiges die hemel binnegaan (Beale <xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">1999</xref>:996&#x2013;997; Boettner <xref ref-type="bibr" rid="CIT0003">1977</xref>:203; Du Rand <xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">2007</xref>:566). Premillennialiste, daarenteen, verstaan Openbaring 20:5 se eerste opstanding as &#x2019;n fisiese opstanding van die liggaam (Deere <xref ref-type="bibr" rid="CIT0007">1978</xref>:69; Ladd <xref ref-type="bibr" rid="CIT0019">1972</xref>:266&#x2013;267; Patterson <xref ref-type="bibr" rid="CIT0021">2012</xref>:353&#x2013;354). Nog &#x2019;n voorbeeld is Openbaring 20:2&#x2013;7 wat ses keer na &#x2019;n 1000 jaar verwys. Nie-chiliaste s&#x00EA; dat hierdie 1000 jaar nie letterlik vertolk moet word nie, maar beskou dit as simbolies vir &#x2019;n &#x2018;volledige&#x2019; of &#x2018;onbepaalde&#x2019; tydperk (Botha <xref ref-type="bibr" rid="CIT0004">2014</xref>:83, 112; Du Rand <xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">2007</xref>:566&#x2013;567; Gentry <xref ref-type="bibr" rid="CIT0013">1998</xref>:82) wat by Christus se eerste koms begin en aan die einde van die inter-adventtydperk verstryk (Boettner <xref ref-type="bibr" rid="CIT0003">1977</xref>:203; Hoekema <xref ref-type="bibr" rid="CIT0016">1977</xref>:164; Storms <xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">2024</xref>:159&#x2013;161). Premillennialiste verstaan dat Openbaring 20 na &#x2019;n letterlike tydperk van 1000 jaar in die toekomstige bedeling verwys (Fanning <xref ref-type="bibr" rid="CIT0010">2020</xref>:508; Thomas <xref ref-type="bibr" rid="CIT0025">1995</xref>:409).</p>
<p>Nie-chiliastiese hermeneutiese vertrekpunte en eksegetiese resultate is dit eens dat die &#x2018;1000 jaar&#x2019; simbolies verstaan moet word. Volgens nie-chiliasme ontvang sekere mense die &#x2018;eerste opstanding&#x2019; geestelik gedurende die interadventtydperk (die simboliese &#x2018;1000 jaar&#x2019;) en hulle begin van d&#x00E1;&#x00E1;rdie punt af geestelik saam met Christus regeer. Indien hierdie siening op die martelare van Openbaring 6&#x2013;20 toegepas word, sou dit onteenseglik beteken dat mense regdeur die interadventtydperk onthoof word omdat hulle weier om die dier en sy beeld te aanbid en sy merk te ontvang (vgl. Op 20:4). Nie-chiliaste redeneer ook dat aardbewoners die bloed van die martelare regdeur hierdie tydperk vergiet (vgl. Op 6:9&#x2013;11). Is dit egter wel so? Hierdie artikel ondersoek die geldigheid van die nie-chiliastiese siening oor die martelare van Openbaring 6&#x2013;20.</p>
<p>In die besinning hieroor verloop die artikel se struktuur soos volg: Eerstens word besin oor wie die &#x2018;aardbewoners&#x2019; in Openbaring is en wanneer hulle die martelare se bloed vergiet (vgl. Op 6:9&#x2013;11). Tweedens, wanneer vind die &#x2018;groot verdrukking&#x2019; plaas (vgl. Op 7:14)? Derdens, wanneer vind die onthoofding van die martelare van Openbaring 20:4 plaas? Vierdens, wat is die dryfkrag agter die moorde op gelowiges tydens die eerste deel van die &#x2018;uur van beproewing&#x2019;? Vyfdens, wanneer sterf die twee martelare van Openbaring 11? En sesdens, gegewe die bevindings van hierdie ondersoek, watter impak het dit op die nie-chiliastiese eskatologie?</p>
</sec>
<sec id="s0002">
<title>Die &#x2018;aardbewoners&#x2019; en die martelare van Openbaring 6:9&#x2013;11</title>
<p>Die martelare van Openbaring 6:9 identifiseer hulle moordenaars as die &#x2018;aardbewoners&#x2019; (Op 6:10). Wie is hierdie aardbewoners? Die eerste keer wat Openbaring na die &#x2018;bewoners van die aarde&#x2019; (<italic>tous katoikountas epi t&#x0113;s g&#x0113;s</italic>) verwys, is in die brief aan die gemeente in Filadelfia:</p>
<disp-quote>
<p>Omdat jy aan my opdrag gehoorsaam was om te volhard, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele bewoonde w&#x00EA;reld gaan aanbreek, om die bewoners van die aarde op die proef te stel. (Op 3:10)</p>
</disp-quote>
<p>Verdere verwysings in Openbaring na die &#x2018;bewoners van die aarde&#x2019; of &#x2018;aardbewoners&#x2019; kom verskeie kere voor (Op 6:10; 8:13; 11:10; 13:8, 12, 14; 14:6; 17:2, 8). Al hierdie verwysings dui op &#x2019;n groep mense wat ongelowig bly. Die aardbewoners aanbid byvoorbeeld die dier aan wie die draak sy volmag gegee het (Op 13:4, 8). Die aardbewoners se name is nie in die boekrol van die lewe opgeteken nie (Op 13:8; 17:8). Elkeen wie se naam nie tydens die oordeel voor die wit troon in die boek van die lewe opgeteken is nie, sal in die vuurpoel gegooi word (vgl. Op 20:14&#x2013;15). In Openbaring is die bewoners van die aarde of aardbewoners dus onteenseglik ongelowige mense (Du Rand <xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">2007</xref>:202; K&#x00F6;nig <xref ref-type="bibr" rid="CIT0018">2009</xref>:299). Hulle fokus is uitsluitlik op die aarde; hulle dink nie aan God nie en leef sonder hoop in Christus. Vir hulle is die aarde &#x2019;n afgod en voorwerp van aanbidding, en daarom tref baie van die oordele waarna Openbaring verwys die natuurlike stelsels van die aarde (Garland <xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">2004</xref>:281). Beale (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">1999</xref>:290) beskryf die &#x2018;aardbewoners&#x2019; of &#x2018;bewoners van die aarde&#x2019; as &#x2019;n tegniese term vir ongelowige afgodsaanbidders wat onder verskeie vorms van vergeldende geregtigheid ly. Storms (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">2024</xref>:158&#x2013;162) beklemtoon eweneens dat die term &#x2018;aardbewoners&#x2019; konsekwent na ongelowiges verwys. Die vraag is egter: Is dit reg om hierdie tegniese term slegs soteriologies te omskryf?</p>
<p>Ice (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0017">2009</xref>:350&#x2013;354) bespreek die Ou-Testamentiese ontwikkeling van die term en toon aan dat elke w&#x00EA;reldwye verwysing na &#x2018;bewoners van die aarde&#x2019; op oordeel dui en byna altyd op die eskatologiese verdrukkingstydperk. Die &#x2018;Jesaja-apokalips&#x2019; (Jes 24&#x2013;27) het duidelike eskatologiese betekenis en verwys ook na die bewoners van die aarde wat deur die Here geoordeel sal word (Jes 24:6, 17). Jesaja 24:4&#x2013;6 verskaf redes waarom die Here die &#x2018;bewoonde w&#x00EA;reld&#x2019; en die bewoners van die aarde sal oordeel. Jesaja 26:21 stel dit soos volg:</p>
<disp-quote>
<p>Want kyk, die Here gaan uit sy woonplek kom om van die bewoners van die aarde rekenskap te eis oor sondeskuld. Die grond sal die bloed daarop onthul, en nie langer hulle wat daarop gedood is, bedek nie.</p>
</disp-quote>
<p>Volgens Jesaja 26:21 sal daar rekenskap van die aardbewoners ge&#x00EB;is word, terwyl Openbaring 3:10 na beproewing verwys: die aardbewoners sal tydens die &#x2018;uur van beproewing&#x2019; (<italic>t&#x0113;s h&#x014D;ras tou peirasmou</italic>) op die aarde leef en dan &#x2018;op die proef gestel word&#x2019; (<italic>peiraz</italic>&#x014D;). Hierdie &#x2018;beproewing&#x2019; is nie &#x2019;n versoeking nie, maar &#x2019;n toets om iemand se aard of karakter te openbaar (Bauer et al. [BDAG] <xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">2000</xref>:792&#x2013;793). Die doel is om bekering vir aardbewoners te bewerkstellig, of om hulle te straf omdat hulle hul nie bekeer nie (Ice <xref ref-type="bibr" rid="CIT0017">2009</xref>:353). Tog blyk dit dat ondanks hierdie oordele, geen bekering by die aardbewoners plaasvind nie (Op 6:15&#x2013;17; 9:20&#x2013;21; 16:9, 11, 21; Garland <xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">2004</xref>:264&#x2013;265; Ice <xref ref-type="bibr" rid="CIT0017">2009</xref>:353).</p>
<p>Hierdie &#x2018;uur van beproewing&#x2019; sal w&#x00EA;reldwyd wees, want dit sal die &#x2018;hele bewoonde w&#x00EA;reld&#x2019; (<italic>t&#x0113;s oikoumen&#x014D;s hol&#x0113;s</italic>) raak (vgl. Op 3:10). Die teks verwys nie na &#x2019;n plaaslike beproewing soos byvoorbeeld met Smirna die geval was nie (Op 2:10; Brown <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">1966</xref>:310), en ook nie na die verwoesting van Jerusalem in 70 n.C. nie, want laasgenoemde was nie &#x2019;n w&#x00EA;reldwye gebeurtenis nie. Die uur van beproewing sal die hele bewoonde w&#x00EA;reld gelyktydig raak, nie net gedeeltelik of sporadies nie. Die uur van beproewing sal nie die hele inter-adventtydperk dek nie, want dan sou die gemeente in Filadelfia dit reeds ervaar het. Inteendeel, gelowiges wat volhard, word juis belowe dat hulle daarvan bewaar sal word (Fanning <xref ref-type="bibr" rid="CIT0010">2020</xref>:177; Garland <xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">2004</xref>:262&#x2013;263). Gemeet aan die tyd toe Openbaring geskryf is, l&#x00EA; hierdie uur nog in die toekoms, want dit g&#x00E1;&#x00E1;n nog aanbreek (vgl. Op 3:10). Gedurende die inter-adventtydperk stry gelowiges wel teen bose magte in die hemelruim, die w&#x00EA;reld en hulle eie gevalle natuur (vgl. Joh 16:33; Ef 6:10&#x2013;18), maar God se toorn-oordele oor die hele aarde vind eers tydens die uur van beproewing plaas.</p>
<p>Die uur van beproewing sal eindig aan die einde van die inter-adventtydperk wanneer Christus na die aarde terugkeer. Christus s&#x00EA; sodra die uur van beproewing verby is, kom Hy gou &#x2013; &#x2019;n verwysing na sy wederkoms (Op 3:11a; Ladd <xref ref-type="bibr" rid="CIT0019">1972</xref>:62&#x2013;63). Hoe kan die uur van beproewing met die inter-adventtydperk in verband gebring word? Beale (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">1999</xref>:290, [<italic>outeur se eie vertaling</italic>]) beskryf die tydperk as &#x2019;n &#x2018;versterking van die eindtyd se &#x201C;verdrukking&#x201D; op &#x2019;n sekere stadium in die toekoms&#x2019;, maar beskou dit as reeds aan die gang en hy staaf sy bewering deur na Openbaring 1:9 en 2:9 te verwys. Alhoewel Johannes en die gemeente in Smirna se verdrukking erg was, word hierdie siening weerl&#x00EA; deur die feit dat dit nie w&#x00EA;reldwyd was nie. Brown (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">1966</xref>:310), [<italic>outeur se eie vertaling</italic>]) meen tereg dat die uur van beproewing &#x2019;n &#x2018;streng eskatologiese of apokaliptiese gebeurtenis&#x2019; sal wees. In ooreenstemming met die nie-chiliaste (Du Rand <xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">2007</xref>:202), verwys hierdie uur van beproewing &#x2018;na die tydperk wat die finale einde voorafgaan&#x2019; en raak dit die &#x2018;hele <italic>bewoonde mensew&#x00EA;reld</italic>&#x2019;. In Openbaring is die &#x2018;aardbewoners&#x2019; of &#x2018;bewoners van die aarde&#x2019; dus &#x2019;n <italic>tegniese term</italic> wat soteriologiese sowel as eskatologiese toespelings het (Garland <xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">2004</xref>:335&#x2013;336; Ice <xref ref-type="bibr" rid="CIT0017">2009</xref>:354). Die aardbewoners is ongelowiges wat gedurende die eskatologiese uur van beproewing sal leef.</p>
<p>Gegewe hierdie begrip van die bewoners van die aarde, en toegepas op Openbaring 6:9&#x2013;11, ontstaan die volgende vrae: Wanneer vermoor hulle die martelare? Wanneer is die &#x2018;kort rukkie&#x2019; verby; en wanneer is die getal martelare &#x2018;voltallig&#x2019;? Wanneer Christus die vyfde se&#x00EB;l oopmaak, is daar reeds siele van martelare in die hemel onder die altaar. Hulle moes dus reeds tydens die oopmaak van die eerste vier se&#x00EB;ls gesterf het (Fanning <xref ref-type="bibr" rid="CIT0010">2020</xref>:247; Heil <xref ref-type="bibr" rid="CIT0015">1993</xref>:242; Patterson <xref ref-type="bibr" rid="CIT0021">2012</xref>:183&#x2013;184). Hulle roep met &#x2019;n harde stem (<italic>kraz&#x014D;</italic>) en vra hoe lank die Here die voltrekking van sy oordeel, om &#x2018;ons bloed&#x2019; op die aardbewoners te wreek, gaan uitstel (Op 6:9&#x2013;10). Sulke gebede is geregverdig, want dit is juis die eskatologiese tyd wanneer God die ongelowige w&#x00EA;reld sal oordeel (Ice <xref ref-type="bibr" rid="CIT0017">2009</xref>:357; Thomas <xref ref-type="bibr" rid="CIT0024">1992</xref>:445). Thomas (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0024">1992</xref>:445) argumenteer dat hierdie harde uitroep &#x2019;n enkele, spesifieke petisie is, nie &#x2019;n aanhoudende pleitrede nie. Die martelare rig dus nie hierdie versoek regdeur die inter-adventtydperk nie, maar eenmalig in die uur van beproewing wat reeds aangebreek het (kontra Beale <xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">1999</xref>:390), terwyl die aardbewoners nog op aarde leef (Garland <xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">2004</xref>:335; Patterson <xref ref-type="bibr" rid="CIT0021">2012</xref>:183&#x2013;184). Die martelare van Openbaring 6:9&#x2013;11 vra dus nie dat die Here hulle bloed wreek op mense wat reeds gesterf het nie, maar op aardbewoners wat op daardie stadium nog op die aarde sal wees. Die martelare van Openbaring 6:9&#x2013;11 (en ook 7:9&#x2013;17 en 20:4, soos dit later aangetoon word) verwys daarom nie na alle Christen-martelare wat gedurende die hele inter-adventtydperk hulle lewens vir Christus opgeoffer het nie (kontra Ladd <xref ref-type="bibr" rid="CIT0019">1972</xref>:104). Die tydperk waarin hierdie gebeure sal plaasvind, is die uur van beproewing, aangesien dit die tydperk is waartydens die aardbewoners (as tegniese term omskryf) op die aarde sal wees.<xref ref-type="fn" rid="FN0001"><sup>1</sup></xref></p>
<p>Die martelare word aanges&#x00EA; om nog &#x2019;n &#x2018;kort rukkie&#x2019; te rus (Op 6:11). Hierdie &#x2018;kort rukkie&#x2019; sal eindig wanneer die uur van beproewing eindig (vgl. Op 3:11a). Die moorde op gelowiges sal sekerlik stop en die martelare sal voltallig wees wanneer Christus na die aarde terugkeer (Waymeyer <xref ref-type="bibr" rid="CIT0027">2016</xref>:241&#x2013;242). God het &#x2019;n spesifieke aantal martelare verordineer (Du Rand <xref ref-type="bibr" rid="CIT0009">2011</xref>:50; Mounce <xref ref-type="bibr" rid="CIT0020">1997</xref>:149). Die martelare van Openbaring 6:9&#x2013;11 is deel van hierdie getal, maar die res van hierdie vasgestelde getal sal nog na hierdie gebeure sterf totdat die groep volledig is. Hulle is nie &#x2018;dieselfde&#x2019; martelare as diegene van Openbaring 20:4 wat onthoof is nie (kontra Du Rand <xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">2007</xref>:565). Openbaring 6:9&#x2013;11 en 20:4 beskryf ook nie &#x2018;dieselfde toneel&#x2019; nie (kontra Storms <xref ref-type="bibr" rid="CIT0022">2015</xref>:458). Die martelare waarna Openbaring 6&#x2013;20 verwys, vorm saam die volle, verordineerde getal martelare wat nie die een na die ander tydens die hele inter-adventtydperk sal sterf nie, maar wel almal wat gedurende dieselfde eskatologiese eindtyd, naamlik tydens die uur van beproewing, gaan sterf.</p>
</sec>
<sec id="s0003">
<title>Die &#x2018;groot verdrukking&#x2019; en die martelare van Openbaring 7:9&#x2013;17</title>
<p>In Openbaring 6:12&#x2013;17 gaan die Here voort om die versoek van die martelare van Openbaring 6:9 te beantwoord (Heil <xref ref-type="bibr" rid="CIT0015">1993</xref>:230; vgl. Op 8:13). Wanneer Christus die sesde se&#x00EB;l oopmaak, is die gevolge nie plaaslik nie, maar kosmies van omvang, want die hemel en die aarde word deur hierdie se&#x00EB;l se oordeel geraak (vgl. Jes 24:19&#x2013;21; Op 6:12&#x2013;14). Die konings van die aarde, die hoofamptenare, chiliarge, die rykes en invloedrykes, elke slaaf en elke vry mens &#x2013; almal besef dat hulle die &#x2018;groot dag&#x2019; van die toorn van God wat op die troon sit, en van die Lam beleef (vgl. Op 6:15&#x2013;17). Hierdie dag staan bekend as die eskatologiese &#x2018;dag van die Here&#x2019; (Fanning <xref ref-type="bibr" rid="CIT0010">2020</xref>:249; Ladd <xref ref-type="bibr" rid="CIT0019">1972</xref>:106&#x2013;107). Dit is &#x2019;n tyd wanneer God buitengewoon, direk en dramaties ingryp om sy vyande te oordeel, sy raadsplan te vervul en Homself te openbaar. Dit verskil van ander tye wanneer God in sy voorsienigheid die skepping meer indirek bestuur.</p>
<p>Die eskatologiese dag van die Here sal onverwags en skielik kom soos &#x2019;n dief in die nag (1 Tess 5:2; 2 Pet 3:10). Dit word beskou as die begin van die uur van beproewing. Die hele inter-adventtydperk maak nie deel uit van die eskatologiese dag van die Here nie; slegs die uur van beproewing is deel daarvan. Fruchtenbaum (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0011">2004</xref>:174) wys op sinonieme wat hierdie dag beskryf: die dag van die Here se gramskap, wanneer Hy gruwelike verwoesting oor al die aardbewoners bring (Sef 1:18); die sewentigste sewetal (Dan 9:27); die groot parskuip van God se toorn (Op 14:19); en die oordeel wat kom (1 Tess 1:10). Nadat die sesde se&#x00EB;l oopgemaak is, word gevra: &#x2018;Wie kan staande bly?&#x2019; Openbaring 7 toon dat God se engele en ook gelowiges sal bly staan, al sal baie van laasgenoemdes vermoor word (Op 7:1&#x2013;3, 9&#x2013;17).</p>
<p>Die martelare van Openbaring 6:9&#x2013;11 het &#x2019;n eenmalige versoek aan die Here gerig, maar dieselfde word nie van die martelare van Openbaring 7:9&#x2013;17 ges&#x00EA; nie. Die martelare van Openbaring 6:9&#x2013;11 sowel as di&#x00E9; van 7:9&#x2013;17 ontvang wit stolas. Laasgenoemdes is &#x2019;n groot menigte uit die hele bewoonde w&#x00EA;reld, en hulle kom uit die &#x2018;groot verdrukking&#x2019; (Op 7:9, 14). Die verwysing is spesifiek na &#x2018;die&#x2019; groot verdrukking (<italic>t&#x0113;s thlipse&#x014D;s t&#x0113;s megal&#x0113;s</italic>). Du Rand (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">2007</xref>:311; vgl. Mounce <xref ref-type="bibr" rid="CIT0020">1997</xref>:163&#x2013;164) stel dit raak wanneer hy s&#x00EA;: &#x2018;Die spesifieke woord, <italic>die</italic>, wil egter tog op &#x2019;n bepaalde traumatiese moment in die algemene vervolging van die Christene verwys.&#x2019; In sy profetiese rede s&#x00EA; Jesus dat die &#x2018;gruwel van verwoesting&#x2019; waarvan die profeet Dani&#x00EB;l praat, op die heilige plek sal staan, waarna Hy na die &#x2018;groot verdrukking&#x2019; verwys (Matt 24:15, 21). Hy voeg by dat &#x2018;daar groot verdrukking [<italic>sal</italic>] wees, soos daar sedert die begin van die w&#x00EA;reld tot nou toe nog nie was nie, en beslis ook nie weer sal wees nie&#x2019; (Matt 24:21). Hierdie groot verdrukking sal die hele w&#x00EA;reld tref (nie slegs Jerusalem nie) en baie mense sal in daardie tyd sterf (Matt 24:22; vgl. Jes 24:6).</p>
<p>Dani&#x00EB;l 12:1 beskryf dit as &#x2019;n onge&#x00EB;wenaarde &#x2018;tyd van verdrukking&#x2019;, en enkele verse later, as deel van dieselfde visioen, word verduidelik hoe lank die &#x2018;verfoeilike afgodsbeeld&#x2019; sal bly staan (Dan 12:11). Jeremia 30:7 beskryf ook &#x2019;n tyd sonder enige gelyke: &#x2018;Helaas, want daardie dag is groot en sonder gelyke! Dit is &#x2019;n tyd van benoudheid vir Jakob, maar hy sal daaruit verlos word&#x2019;. Hierdie tyd het nog nooit in die geskiedenis plaasgevind nie. Omdat daar nie meer as een onge&#x00EB;wenaarde tyd van groot verdrukking kan wees nie, dek die &#x2018;tyd van benoudheid vir Jakob&#x2019; (Jer 30:7) en die &#x2018;groot verdrukking&#x2019; (Matt 24:21; Op 7:14) dieselfde tydperk (Garland <xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">2004</xref>:138).</p>
<p>Die uur van beproewing sluit dus &#x2019;n fase in wat die &#x2018;groot verdrukking&#x2019; genoem word &#x2013; &#x2019;n tyd wanneer die &#x2018;gruwel van verwoesting&#x2019; in die heilige plek sal staan (Matt 24:15; vgl. Dan 9:27). Nie alleen sal dit gesien kan word nie, maar enigiemand wat in daardie tyd leef en boonop in die omstreke van Judea woon, moet onmiddellik na die berge vlug (Matt 24:16). Die martelare waarna Openbaring 7:9&#x2013;17 verwys, sterf dus nie een vir een regdeur die inter-adventtydperk nie (kontra Beale <xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">1999</xref>:424), maar kom uit die groot verdrukking &#x2013; &#x2019;n tyd van onge&#x00EB;wenaarde lyding soos die w&#x00EA;reld nog nooit beleef het en ook nooit weer sal beleef nie. &#x2018;Onmiddellik n&#x00E1; die verdrukking van daardie dae&#x2019; sal Christus terugkeer na die aarde (Matt 24:29&#x2013;30; vgl. Op 3:10&#x2013;11). Soos <xref ref-type="fig" rid="F0001">Figuur 1</xref> aantoon, sluit die inter-adventtydperk die uur van beproewing in, en die uur van beproewing sluit weer die groot verdrukking in. Hierdie drie tydperke &#x2013; die inter-adventtydperk, die uur van beproewing en die groot verdrukking &#x2013; eindig wanneer Christus na die aarde terugkeer.</p>
<fig id="F0001">
<label>FIGUUR 1</label>
<caption><p>Die inter-adventtydperk, die uur van beproewing en die groot verdrukking.</p></caption>
<graphic xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xlink:href="IDS-59-3243-g001.tif"/>
</fig>
</sec>
<sec id="s0004">
<title>Die onthoofding van die martelare van Openbaring 20:4</title>
<p>Soos reeds betoog, is die &#x2018;aardbewoners&#x2019; of die &#x2018;bewoners van die aarde&#x2019; in Openbaring &#x2019;n tegniese term wat verwys na &#x2019;n groep ongelowige mense van regoor die hele bewoonde w&#x00EA;reld, wat tydens die uur van beproewing sal leef. Volgens Openbaring 13:7&#x2013;8 sal die aardbewoners die &#x2018;dier&#x2019; aanbid &#x2013; die een wat volmag oor elke stam, volk, taal en nasie ontvang. Die ander dier wat uit die aarde opkom, dwing die aardbewoners om die eerste dier te aanbid (Op 13:12). Jesus verbind die gruwel van verwoesting wat op die heilige plek sal staan, met die groot verdrukking (Matt 24:15, 21&#x2013;22). Nie net mislei die vals profeet (oftewel die dier uit die aarde) die aardbewoners deur hulle te beveel om &#x2019;n beeld vir die dier op te rig nie, maar hy laat almal doodmaak wat weier om die beeld te aanbid (Op 13:14&#x2013;15; vgl. 16:13). Hy verplig ook almal om die merk van die dier te ontvang (Op 13:11a, 16&#x2013;18). Die aardbewoners sal dus nie deur die hele inter-adventtydperk op aarde leef nie, maar spesifiek tydens die uur van beproewing &#x2013; &#x2019;n tyd wat die groot verdrukking insluit. Dit impliseer dat die merk van die dier nie regdeur die simboliese 1000 jaar (aldus nie-chiliaste) ontvang kan word nie, net soos die aanbidding van die dier en sy beeld nie gedurende die hele inter-adventtydperk <italic>kan</italic> plaasvind nie, maar beperk is tot die 42 maande waarin die dier volmag oor die aarde sal ontvang (vgl. Op 13:4&#x2013;5, 7). Dit is gedurende hierdie tydperk, die groot verdrukking, dat die martelare van Openbaring 20:4 onthoof sal word omdat hulle &#x2018;nie neergeval het om die dier en sy beeld te aanbid nie, en nie die merk op die voorkop of op die hand ontvang het nie&#x2019;. Die gesagsfiguur wat hierdie onthoofdings sal aanhits, is die dier uit die aarde, oftewel die vals profeet (Op 13:11a, 15; 16:13).</p>
<p>Nog nooit in die geskiedenis is alle mense regoor die w&#x00EA;reld gedwing om &#x2019;n merk op die voorkop of regterhand te ontvang voordat hulle kan koop of verkoop nie (Op 13:16&#x2013;17). Hierdie gebeure vind dus nie aanhoudend tydens die inter-adventtydperk plaas nie. Indien iemand sou beweer dit het reeds gebeur, bly die &#x2018;naam van die dier&#x2019; steeds onbekend, en bly daar steeds die oproep tot wysheid om die &#x2018;getal van die dier&#x2019; te bereken (Op 13:17&#x2013;18). Indien die merk van die dier nog nie ontvang kan word nie, beteken dit dat die dier, sy beeld en die vals profeet, ook nog nie verskyn het nie (Op 13). Tydens die groot verdrukking sal die bewoners van die aarde egter die dier en sy beeld aanbid en die merk van die dier ontvang. Gevolglik sal hulle die wyn van God se toorn drink en in die groot parskuip van sy toorn gewerp word (Op 14:9&#x2013;11, 17&#x2013;20). Diegene wat die merk van die dier ontvang en hom en sy beeld aanbid, sal deur die eerste bak met oordeel getref word, en bose swere sal op hulle uitbreek (Op 16:2). Hierdie oordeel het nog nooit in die geskiedenis plaasgevind nie, maar kan slegs tydens die groot verdrukking plaasvind wanneer die vals profeet die aanbidding van die dier en sy beeld verpligtend maak en dit met die dood afdwing. Gelowiges wat in daardie tyd leef en wat ore het om te hoor, word aangemoedig om hulleself aan God se soewereine wil te onderwerp en te weet dat Hy hulle bloed sal wreek (vgl. Op 13:9&#x2013;10). Baie gelowiges sal hulle lewe tydens die groot verdrukking verloor: party weens die algemene ontberings van hierdie tyd, en ander omdat hulle onthoof word. Sommige sal as gevangenes weggevoer word, en ander deur die swaard gedood word (Op 13:10; 20:4). Tog is hierdie martelare oorwinnaars &#x2018;op grond van die bloed van die Lam en op grond van hulle getuienis. Selfs in die aangesig van die dood het hulle nie hulle eie lewens liefgehad nie&#x2019; (Op 12:11; vgl. 15:2&#x2013;4). Dit blyk dat daardie gelowiges wat tydens die groot verdrukking weier om die dier en sy beeld te aanbid, of die merk van die dier te ontvang, &#x2019;n besondere se&#x00EB;n sal ontvang: &#x2018;Skryf neer! &#x201C;Gelukkig is die dooies wat van nou af in die Here sterf. Ja,&#x201D; s&#x00EA; die Gees, &#x201C;sodat hulle mag rus van hulle geswoeg, want hulle dade volg hulle&#x201D;&#x2019; (Op 14:13). Hierdie saligspreking sluit nie die se&#x00EB;n van ander gelowiges wat sterf, uit nie maar is in die besonder bedoel vir die martelare wat deur die dier doodgemaak word (Thomas <xref ref-type="bibr" rid="CIT0025">1995</xref>:215&#x2013;216). <xref ref-type="table" rid="T0001">Tabel 1</xref> som die bespreking tot dusver op.</p>
<table-wrap id="T0001">
<label>TABEL 1</label>
<caption><p>Ooreenkomste en verskille tussen Openbaring 6:9&#x2013;11; 7:9&#x2013;17 en 20:4.</p></caption>
<table frame="hsides" rules="groups">
<thead>
<tr>
<th valign="top" align="left"></th>
<th valign="top" align="left">Openbaring 6:9&#x2013;11</th>
<th valign="top" align="left">Openbaring 7:9&#x2013;17</th>
<th valign="top" align="left">Openbaring 20:4</th>
</tr>
</thead>
<tbody>
<tr>
<td align="left">&#x2019;n Visioen</td>
<td align="left">En ek sien</td>
<td align="left">En ek sien</td>
<td align="left">En ek sien</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">Martelare</td>
<td align="left">Die siele van di&#x00E9; wat doodgemaak is.</td>
<td align="left">&#x0149; Groot skare wat hulle klere wit gemaak het in die bloed van die Lam.</td>
<td align="left">Die siele van hulle wat onthoof is.</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">Redes vir martelaar-skap</td>
<td align="left">Vanwe&#x00EB; die woord van God en hulle getuienis.</td>
<td align="left">Nie genoem nie.</td>
<td align="left">Vanwe&#x00EB; die getuienis oor Jesus en die woord van God. Hulle het nie die dier en sy beeld aanbid nie en nie die merk ontvang nie.</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">Die martelare ontvang</td>
<td align="left">Wit stolas.</td>
<td align="left">Wit stolas.</td>
<td align="left">Word lewend as deel van die eerste opstanding.</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">Tydsaspek</td>
<td align="left">Rus vir &#x2019;n kort rukkie totdat julle voltallig sal wees.</td>
<td align="left">Kom uit die groot verdrukking.</td>
<td align="left">Regeer saam met Christus vir &#x2019;n 1000 jaar.</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">Groep martelare voltallig?</td>
<td align="left">Nog nie voltallig nie.</td>
<td align="left">Implisiet nie voltallig nie.</td>
<td align="left">Implisiet voltallig.</td>
</tr>
</tbody>
</table>
<table-wrap-foot>
<fn><p><italic>Bron</italic>: Outeur se eie werk</p></fn>
</table-wrap-foot>
</table-wrap>
</sec>
<sec id="s0005">
<title>Die martelare uit die eerste deel van die uur van beproewing</title>
<p>Indien die dier uit die aarde tydens die groot verdrukking vir die dood van die martelare verantwoordelik sal wees (weliswaar met die gesag van die eerste dier, wat sy gesag van die draak ontvang het), ontstaan die volgende vraag: Wie of wat dryf die moord op gelowiges vanaf die begin van die uur van beproewing totdat die groot verdrukking aanbreek (vgl. Op 13:4, 12)? Die aardbewoners word as die martelare se moordenaars aangedui (waarna Op 6:9&#x2013;11 bv. verwys), maar wie of wat dryf hulle daartoe?</p>
<p>Openbaring 17:1 stel &#x2019;n &#x2018;groot prostituut&#x2019; bekend wat &#x2018;by baie waters bly&#x2019;. Hierdie &#x2018;vrou&#x2019; word beskryf as &#x2019;n &#x2018;groot stad wat heerskappy oor die konings van die aarde het&#x2019;. Haar invloed sal w&#x00EA;reldwyd wees, aangesien die &#x2018;waters&#x2019; waar sy woon &#x2018;die volke en skares en nasies en tale&#x2019; verteenwoordig (Op 17:15, 18). Openbaring 17:2 voeg by dat die konings van die aarde met die prostituut gehoereer het, en dat die aardbewoners dronk geword het &#x2018;van die wyn van haar hoerery&#x2019;. Die verwysing na die aardbewoners wat tydens die uur van beproewing sal leef, plaas hierdie vrou en haar invloed in dieselfde tydsraamwerk, naamlik aan die begin van die uur van beproewing. Verder s&#x00EA; Openbaring 17:6 dat die vrou dronk word van &#x2018;die bloed van die heiliges, en van die bloed van die getuies van Jesus&#x2019; (vgl. Op 17:1, 6). Dit is nie die vrou wat dronk word van die aardbewoners se wyn nie, maar die aardbewoners wat vir &#x2019;n tyd lank dronk raak van h&#x00E1;&#x00E1;r wyn. Die gevolgtrekking is dat die groot prostituut se invloed vir &#x2019;n bepaalde tyd verantwoordelik is vir die dood van baie martelare. Waarom net vir &#x2019;n bepaalde tyd? Omdat sy net vir &#x2019;n tyd lank oor die konings van die aarde heers en op die dier sal sit (Op 17:3, 18).</p>
<p>Hierna verander die situasie dramaties: Die prostituut word &#x2018;kaal en verlate&#x2019; gelaat, haar &#x2018;vleis&#x2019; word ge&#x00EB;et, en sy word met &#x2018;vuur verbrand&#x2019; (Op 17:16&#x2013;17). Die koningskap word dan aan die dier oorgegee (Op 17:17). Dit lei tot die gevolgtrekking dat die aardbewoners hulle van die vrou se wyn af wegdraai en hulle eerder aan die dier verwonder, en hom begin volg (Op 13:3; 17:8). Daarom kan afgelei word dat vanaf die begin van die uur van beproewing tot die aanbreek van die groot verdrukking, die groot prostituut &#x2013; wat oor die konings van die aarde heers en invloed uitoefen oor volke, skares, nasies en tale &#x2013; mede-verantwoordelik sal wees vir die dood van die martelaar-gelowiges wat in hierdie tyd sterf. Hierdie stelling word nog duideliker wanneer die bediening van die twee martelare in Openbaring 11 in ag geneem word.</p>
</sec>
<sec id="s0006">
<title>Die twee getuies van Openbaring 11</title>
<p>Openbaring 11 beskryf twee getuies wat vir &#x2018;1260 dae&#x2019; lank sal profeteer. Wanneer hulle getuienis voltooi is, sal die &#x2018;dier wat uit die onpeilbare diepte verrys&#x2019; die twee getuies doodmaak (Op 11:3, 7). Hulle liggame sal in die hoofstraat van die groot stad l&#x00EA; &#x2013; die stad waar die Here gekruisig is &#x2013; en die aardbewoners sal daaroor juig en bly wees en vir mekaar geskenke stuur, omdat hierdie twee profete die aardbewoners gefolter het (Op 11:8&#x2013;10). Weereens, die &#x2018;aardbewoners&#x2019; is &#x2019;n tegniese term vir ongelowiges wat tydens die uur van beproewing op aarde sal leef. Dit plaas die bediening van die twee getuies dus binne die uur van beproewing, spesifiek vir die &#x2018;1260 dae&#x2019; van daardie eskatologiese tydperk. Anders gestel: Die bediening van die twee getuies strek nie oor die hele tydperk vanaf Christus se eerste koms tot sy wederkoms nie. Hulle het nie die afgelope 2000 jaar die aarde met allerhande plae getref nie, en hulle liggame l&#x00EA; ook nie in die strate van Jerusalem tydens die hele inter-adventtydperk nie (vgl. Op 11:6, 8). Net so wek God hulle nie regdeur die inter-adventtydperk uit die dood op nie, en daar is nie herhaaldelik groot aardbewings in Jerusalem waarin &#x2019;n tiende van die stad val nie (Op 11:12&#x2013;13). Hierdie reeks gebeure het nog nooit in die geskiedenis plaasgevind nie; dit sal tydens die eskatologiese uur van beproewing plaasvind, en nie regdeur die inter-adventtydperk nie (kontra Botha <xref ref-type="bibr" rid="CIT0004">2014</xref>:143; kontra K&#x00F6;nig <xref ref-type="bibr" rid="CIT0018">2009</xref>:267&#x2013;268).</p>
<p>Daar is minstens drie redes waarom die bediening van die twee getuies waarskynlik van die begin van die uur van beproewing af vir 1260 dae in Jerusalem sal plaasvind:</p>
<p>Eerstens, dit blyk dat die gebeure aan die einde van die twee getuies se bediening met die voltooiing van die tweede ramp saamval (Op 11:11&#x2013;14). Die derde ramp bevat die sewende trompet se oordeel, wat op sigself die sewe laaste plae insluit. Hierdie derde ramp en laaste plae vind tydens die groot verdrukking plaas. Dit impliseer dat die twee getuies reeds van die begin van die uur van beproewing af sal profeteer (Dean <xref ref-type="bibr" rid="CIT0006">2011</xref>:226; Fruchtenbaum <xref ref-type="bibr" rid="CIT0011">2004</xref>:231).</p>
<p>Tweedens, die dier wat uit die onpeilbare diepte sal verrys en die twee getuies sal doodmaak, is dieselfde dier wie se dodelike wond genees is (vgl. Op 11:7; 13:3, 12; 17:8). Hierdie dier verskyn nie eers aan die einde van die groot verdrukking nie (Op 13:3&#x2013;8; vgl. 17:7). Kort n&#x00E1; die dood van die twee getuies blyk dit dat die dier die heilige plek sal betree en homself as God sal voordoen (vgl. Op 13:6&#x2013;7; 2 Tess 2:4). Op daardie stadium beveel die vals profeet die aardbewoners om &#x2019;n beeld op te rig &#x2018;vir die dier wat deur die swaard gewond is, maar weer lewend geword het&#x2019; (Op 13:14b). Jesus waarsku dat wanneer gelowiges die gruwel van verwoesting in die heilige plek sien staan, hulle wat in Judea is onmiddellik na die berge moet vlug (Matt 24:15&#x2013;22). Dit sou vreemd wees as die twee getuies self nie ook uit Jerusalem vlug nie. Dit dui daarop dat hulle bediening reeds by die aanvang van die uur van beproewing sal begin.</p>
<p>Derdens, indien die twee getuies eers in die tweede helfte van die uur van beproewing optree, sou dit beteken dat hulle aan die einde van die groot verdrukking sal sterf. Christus keer egter direk n&#x00E1; die groot verdrukking na die aarde terug. Die aardbewoners sal nie op daardie tydstip toegelaat word om vir drie en &#x2018;n half dae vir mekaar geskenke te stuur nie. Daarom moet die twee getuies se bediening van 1 260 dae begin by die aanvang van die uur van beproewing, en net voor die groot verdrukking eindig. <xref ref-type="table" rid="T0002">Tabel 2</xref> som elke verwysing in Openbaring 6&#x2013;20 op van die gelowiges wat tydens die uur van beproewing sal sterf.</p>
<table-wrap id="T0002">
<label>TABEL 2</label>
<caption><p>Martelare in die &#x2018;uur van beproewing&#x2019;.</p></caption>
<table frame="hsides" rules="groups">
<thead>
<tr>
<th valign="top" align="left">Eerste deel (42 maande, oftewel 1 260 dae)</th>
<th valign="top" align="left">Middelste <italic>dae</italic></th>
<th valign="top" align="left">Groot verdrukking (42 maande, oftewel 1 260 dae)</th>
</tr>
</thead>
<tbody>
<tr>
<td align="left">Die martelare van Openbaring 6:9&#x2013;11 sterf vanaf die tyd wanneer Christus die eerste vier se&#x00EB;ls oopmaak. Hulle ontvang wit stolas.</td>
<td align="left">Die dier uit die onpeilbare diepte maak die twee getuies dood (Op 11:7, 11&#x2013;12).</td>
<td align="left">Die martelare kom uit die groot verdrukking en hulle het wit stolas aan (Op 7:9, 14). &#x2018;Gelukkig is die dooies wat van <italic>nou af</italic> in die Here sterwe&#x2019; (Op 14:13; vgl. 15:2&#x2013;4).</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">Onder die invloed van die groot prostituut, of die vrou wat dronk is van die bloed van die heiliges, maak die aardbewoners die gelowiges dood (Op 6:9&#x2013;11; 17:6).</td>
<td align="left"></td>
<td align="left">Satan, die dier, die vals profeet, die beeld van die dier en die aardbewoners sal verantwoordelik wees vir die dood van die martelare (Op 12:11, 17; 13:7, 15&#x2013;6).</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">Die martelare moet nog &#x2019;n kort rukkie rus totdat hulle voltallig is (Op 6:11).</td>
<td align="left"></td>
<td align="left">Die martelare word onthoof (Op 20:4; vgl. 13:10). Wanneer Christus terugkeer, is die martelare voltallig.</td>
</tr>
</tbody>
</table>
</table-wrap>
<p>Anders as die gelowige martelare, is die aardbewoners ongelowige mense. <xref ref-type="table" rid="T0003">Tabel 3</xref> gee &#x2019;n oorsig van die lewensloop van die aardbewoners in Openbaring en toon dit as &#x2019;n te&#x00EB;beeld van di&#x00E9; van bogenoemde martelare.</p>
<table-wrap id="T0003">
<label>TABEL 3</label>
<caption><p>Die &#x2018;aardbewoners&#x2019; in die uur van beproewing.</p></caption>
<table frame="hsides" rules="groups">
<thead>
<tr>
<th valign="top" align="left">Eerste deel (42 maande, oftewel 1260 dae)</th>
<th valign="top" align="left">Middelste dae</th>
<th valign="top" align="left">Groot verdrukking (42 maande, oftewel 1260 dae)</th>
</tr>
</thead>
<tbody>
<tr>
<td align="left">Die vrou ry vanuit die groot stad op die dier.</td>
<td align="left">Van die vrou na die dier (Op 17:15&#x2013;18).</td>
<td align="left">Die dier heers oor die bose koninkryk.</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">Die aardbewoners word dronk van die groot prostituut se wyn (Op 17:2). Die aardbewoners stort die martelare se bloed (Op 6:10).</td>
<td align="left">Die aardbewoners is bly en gee vir mekaar geskenke wanneer die twee getuies sterf (Op 11:10).</td>
<td align="left">Die aardbewoners se name is nie in die boekrol van die lewe opgeskryf nie. Hulle sal verbaas wees as hulle die dier sien, want eers was dit, maar is nou nie meer nie, en sal tog weer wees (Op 17:8).</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">Alle (ongelowige) mense weet die groot dag van die toorn van die Lam het gekom (Op 6:12&#x2013;17).</td>
<td align="left">&#x2019;n Engel verkondig die ewige evangelie aan die aardbewoners. Nog &#x2019;n engel waarsku: moenie die dier en sy beeld aanbid nie; moenie die merk van die dier ontvang nie (Op 14:6, 9&#x2013;11).</td>
<td align="left">Al die aardbewoners aanbid die dier uit die see (Op 13:8).</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">&#x2018;Wee, wee, wee die bewoners van die aarde, wanneer die ander drie engele binnekort met &#x2019;n geskal op hulle trompette blaas&#x2019; (Op 8:13).</td>
<td align="left"></td>
<td align="left">Die dier uit die aarde laat die bewoners van die aarde die eerste dier aanbid, die een wat van sy dodelike wond genees is (Op 13:12). Die vals profeet mislei die aardbewoners met tekens en beveel hulle om &#x2019;n beeld op te rig vir die dier wat deur die swaard gewond is, maar weer lewend geword het (Op 13:14).</td>
</tr>
</tbody>
</table>
</table-wrap>
</sec>
<sec id="s0007">
<title>Bevindings en gevolge van die ondersoek</title>
<p>In Openbaring is die &#x2018;aardbewoners&#x2019; of die &#x2018;bewoners van die aarde&#x2019; &#x2019;n tegniese term met soteriologiese sowel as eskatologiese implikasies. Dit dui op &#x2019;n groep ongelowige mense van regoor die hele w&#x00EA;reld wat tydens die uur van beproewing sal leef. Hierdie aardbewoners is verantwoordelik vir die dood van die martelare waarna Openbaring 6:9&#x2013;11 verwys. Die martelare vra nie dat die Here hulle bloed wreek op mense wat reeds gesterf het nie, maar op die aardbewoners wat op daardie stadium nog fisies op die aarde leef (Fanning <xref ref-type="bibr" rid="CIT0010">2020</xref>:245&#x2013;247; Garland <xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">2004</xref>:335; Patterson <xref ref-type="bibr" rid="CIT0021">2012</xref>:183&#x2013;184; Thomas <xref ref-type="bibr" rid="CIT0024">1992</xref>:441). Hieruit volg dit dat die bloed van die martelare van Openbaring 6:9&#x2013;11 nie regdeur die interadventtydperk (die simboliese 1000 jaar volgens die nie-chiliaste) gestort sal word nie, maar spesifiek tydens die eskatologiese uur van beproewing.</p>
<p>Die aardbewoners sal gedurende die uur van beproewing leef &#x2013; &#x2019;n tydperk wat die onge&#x00EB;wenaarde groot verdrukking insluit. Slegs tydens hierdie groot verdrukking sal dit moontlik wees om die merk van die dier te ontvang en die dier en sy beeld te aanbid. Die martelare waarna Openbaring 20:4 verwys &#x2013; gelowiges wat geweier het om die dier en sy beeld te aanbid en wat nie die merk van die dier ontvang het nie &#x2013; sal tydens die groot verdrukking onthoof word en nie regdeur die simboliese 1000 jaar soos die nie-chiliaste beweer nie. Daar is wel talle martelare vir Christus tydens die interadventtydperk, maar hulle word nie om dieselfde redes vermoor nie; hulle sterf nie omdat hulle die merk van die dier weier of die aanbidding van die dier en sy beeld verwerp nie. Die martelare van Openbaring 6&#x2013;20 sal dus nie regdeur die hele interadventtydperk doodgemaak word nie, maar slegs tydens die eskatologiese uur van beproewing, wat die groot verdrukking insluit.</p>
<p>Uit hierdie ondersoek kan ten minste ses gevolge vir die nie-chiliasme ge&#x00EF;dentifiseer word soos vervolgens bespreek.</p>
<sec id="s20008">
<title>Anachronistiese interpretasie van die rolspelers</title>
<p>Die aardbewoners sal tydens die uur van beproewing in aanraking kom met die twee getuies, die dier uit die see, die dier uit die aarde, die groot prostituut, asook die beeld van die dier. Indien hierdie artikel se argument korrek is, is dit anachronisties om verwysings na hierdie rolspelers buite die uur van beproewing te soek. Ongeag wie of wat die twee getuies is, sal hulle byvoorbeeld nie regdeur die simboliese 1000 jaar op die toneel wees nie, maar slegs gedurende die eerste deel van die uur van beproewing (kontra Botha <xref ref-type="bibr" rid="CIT0004">2014</xref>:143; kontra K&#x00F6;nig <xref ref-type="bibr" rid="CIT0018">2009</xref>:267&#x2013;268). Net so sal die vals profeet die aanbidding van die dier verpligtend maak en met die dood afdwing, maar slegs tydens die groot verdrukking en nie regdeur die inter-adventtydperk nie (kontra Beale <xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">1999</xref>:707&#x2013;714; kontra Storms <xref ref-type="bibr" rid="CIT0022">2015</xref>:495).</p>
</sec>
<sec id="s20009">
<title>Nie-chiliasme oor Christus se heerskappy</title>
<p>Nie-chiliasme leer dat Christus deur die hele inter-adventtydperk (die simboliese 1000 jaar) regeer, en dat sekere gelowiges &#x2019;n eerste, geestelike opstanding ervaar waardeur hulle van d&#x00E1;&#x00E1;rdie punt af saam met Jesus regeer. Byvoorbeeld, volgens hierdie beskouing regeer die martelare van Openbaring 6:9&#x2013;11 slegs tydens die kort rukkie waarin hulle wag, totdat die getal martelare voltallig is. Waymeyer (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0027">2016</xref>:230; vgl. Deere <xref ref-type="bibr" rid="CIT0007">1978</xref>:69) wys egter tereg daarop dat Openbaring 20:4&#x2013;6 dit duidelik maak dat Christus se volgelinge die volle 1000 jaar saam met Jesus sal regeer en nie slegs vanaf &#x2019;n geestelike eerste opstanding soos wat die nie-chiliaste beweer nie.</p>
</sec>
<sec id="s20010">
<title>Die 1000 jaar as &#x2019;n letterlike tyd</title>
<p>Openbaring 20 verwys nie bloot na &#x2019;n &#x2018;1000&#x2019; nie, maar na 1000 <italic>jaar</italic>. Wanneer getalle aan tyd gekoppel word in Openbaring &#x2013; soos byvoorbeeld 1260 dae of 42 maande &#x2013; word hierdie getalle nie simbolies gebruik nie. Daar is dus geen aanduiding daarvan dat die &#x2018;1000 jaar&#x2019; van Openbaring 20 simbolies verstaan moet word nie (Waymeyer <xref ref-type="bibr" rid="CIT0027">2016</xref>:250). Nie-chiliasme maak die fout om getalle sowel as tyd in simbole te verander, wat hierdie artikel as anachronisties beskou.</p>
</sec>
<sec id="s20011">
<title>Die onbepaalde konsepte van Openbaring 20</title>
<p>Openbaring 20 se onmiddellike konteks beskryf onbepaalde konsepte. Johannes skryf byvoorbeeld dat Satan n&#x00E1; die 1000 jaar vir &#x2019;n &#x2018;kort tydjie&#x2019; (<italic>mikros chronos</italic>) losgelaat sal word (Op 20:3, 7), en hy mislei dan &#x2019;n onbepaalde menigte &#x2013; &#x2018;hulle getal is soos die sand van die see&#x2019; (Op 20:8). Indien Johannes die 1000 jaar as &#x2019;n volledige, onbepaalde, of simboliese tydperk wou voorstel, sou hy dit met behulp van onbepaalde konsepte vir tyd en getalle kon doen.</p>
</sec>
<sec id="s20012">
<title>Die funksie van simbole in Openbaring</title>
<p>Hoewel Openbaring vrylik van simbole gebruik maak, is nie alles in die boek simbolies nie. Waymeyer (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0027">2016</xref>:132&#x2013;134) stel drie vrae om te bepaal of die 1000 jaar simbolies ge&#x00EF;nterpreteer moet word of nie: Lei &#x2019;n letterlike interpretasie tot absurditeit? Bied &#x2019;n simboliese interpretasie groter duidelikheid? Val dit binne &#x2019;n gevestigde vorm van simboliese taal (soos bv.&#x2019;n hiperbool)? Dit is sinvol om die 1000 jaar as &#x2019;n letterlike tydperk te verstaan. Daar is ook geen groter duidelikheid indien die getal simbolies ge&#x00EF;nterpreteer sou word nie. Verder pas die 1000 jaar van Openbaring 20 nie in by enige bestaande vorm van figuurlike taalgebruik nie; dit is nie eers hiperbolies nie, want die inter-adventtydperk duur alreeds veel langer as &#x2019;n 1000 jaar. Indien God wou aandui dat &#x2019;n bepaalde tydperk werklik &#x2019;n 1000 jaar sou duur, hoe anders sou die Here dit kon uitdruk?</p>
</sec>
<sec id="s20013">
<title>Hermeneutiese vertrekpunte en die profesie as genre</title>
<p>In hierdie artikel is die nie-chiliastiese hermeneutiese vertrekpunte bloot aanvaar en die eksegetiese resultate van die &#x2018;1000 jaar&#x2019; en die &#x2018;simboliese tyd&#x2019; op die martelare van Openbaring 6&#x2013;20 toegepas om te bepaal of die nie-chiliastiese beskouings haalbaar is. Die gevolgtrekking is dat a-millennialistiese en postmillennialistiese beskouings anachronisties, en dus verkeerd is. Vlach (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0026">2012</xref>:243) sowel as Ladd (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0019">1972</xref>:14) beklemtoon dit dat al is die Openbaring aan Johannes &#x2019;n ontsluiering (<italic>apokalupsis</italic>) van Jesus Christus, noem die teks vyf keer (Op 1:3; 22:7, 10, 18, 19) eksplisiet dat die genre van die boek profesie is en nie &#x2018;apokaliptiek&#x2019; is nie. Alhoewel die profesie&#x00EB; in Openbaring dikwels simbolies uitgebeeld word, l&#x00EA; daar letterlike waarhede agter hierdie simbole &#x2013; waarhede wat in die geskiedenis (hetsy die verlede, die hede of die toekoms) tot vervulling kom.</p>
</sec>
</sec>
<sec id="s0014">
<title>Slot</title>
<p>Indien mense altyd sou kon s&#x00EA; wie hulle vermoor het, sou alle moordsake dan nie opgelos kon word nie? Indien die dood van die martelare van Openbaring 6&#x2013;20 vandag ondersoek sou word, verg dit &#x2019;n teologiese &#x2018;v&#x00F3;&#x00F3;r-doodse&#x2019; ondersoek, en nie &#x2019;n post-mortem nie. Hierdie martelare is &#x2019;n groep gelowiges wat eers in die toekoms, tydens die eskatologiese uur van beproewing, sal sterf.</p>
<p>Openbaring noem verskeie rolspelers wat verantwoordelik sal wees vir die dood van die martelare: die aardbewoners, die vrou Babilon, die draak, die dier uit die see, die dier uit die aarde, en selfs die beeld van die dier. Die motief vir hierdie toekomstige moorde is reeds bekend: die gelowiges sal volhardend gehoorsaam wees aan die Woord van God en die getuienis van Jesus. Tydens die groot verdrukking sal baie gelowiges onthoof word omdat hulle weier om die dier en sy beeld te aanbid of die merk van die dier te ontvang.</p>
<p>Die martelare van Openbaring 6&#x2013;20 sal dus tydens die eskatologiese dag van die Here sterf. Tog gee die Here reeds nou al aan hulle bloed &#x2019;n eervolle en diep-teologiese stem; nie net sal die Eersgeborene &#x2013; die Woord van God &#x2013; die bloed van die martelare wreek nie, maar Hy sal ook kom regeer as Koning van die konings en Here van die heersers tot in alle ewigheid (Op 1:5; 11:15; 19:13, 16).</p>
</sec>
</body>
<back>
<ack>
<title>Erkennings</title>
<sec id="s20015" sec-type="COI-statement">
<title>Mededingende belange</title>
<p>Die outeur verklaar dat daar geen finansi&#x00EB;le of persoonlike verbintenisse is wat die skryf van hierdie artikel op onvanpaste wyse kon be&#x00EF;vloed nie.</p>
</sec>
<sec id="s20016">
<title>Outeursbydrae</title>
<p>J.J.S. is die enigste outeur van hierdie navorsingsartikel.</p>
</sec>
<sec id="s20017">
<title>Etiese oorwegings</title>
<p>Hierdie artikel het alle etiese standaarde gevolg vir navorsing sonder direkte kontak met mense of diere.</p>
</sec>
<sec id="s20018" sec-type="data-availability">
<title>Databeskikbaarheidsverklaring</title>
<p>Die outeur verklaar dat alle data wat hierdie navorsingsartikel en bevindinge ondersteun, in hierdie artikel en literatuurverwysings beskikbaar is.</p>
</sec>
<sec id="s20019">
<title>Vrywaring</title>
<p>Die menings en sienings wat in hierdie artikel meegedeel word, is di&#x00E9; van die outeur en weerspie&#x00EB;l nie noodwendig die amptelike beleid of posisie van enige geaffilieerde instelling, befondser, agentskap of di&#x00E9; van die uitgewer nie. Die outeur is verantwoordelik vir hierdie artikel se inhoud.</p>
</sec>
</ack>
<ref-list id="references">
<title>Literatuurverwysings</title>
<ref id="CIT0001"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Bauer</surname>, <given-names>W</given-names></string-name>., <string-name><surname>Danker</surname>, <given-names>F.W</given-names></string-name>., <string-name><surname>Arndt</surname>, <given-names>W.F</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Gingrich</surname>, <given-names>F.W</given-names></string-name>., [BDAG]</person-group> <year>2000</year>, <source><italic>A Greek&#x2013;English lexicon of the New Testament and other early Christian literature</italic></source>, <edition>3rd rev. edn.</edition>, <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>F.W.</given-names> <surname>Danker</surname></string-name> (ed.)</person-group>, <publisher-name>University of Chicago Press</publisher-name>, <publisher-loc>Chicago, IL</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0002"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Beale</surname>, <given-names>G.K</given-names></string-name></person-group>., <year>1999</year>, <source><italic>The book of Revelation: A commentary on the Greek text (NIGTC)</italic></source>, <publisher-name>Eerdmans</publisher-name>, <publisher-loc>Grand Rapids, MI</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0003"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Boettner</surname>, <given-names>L</given-names></string-name></person-group>., <year>1977</year>, &#x2018;<chapter-title>A postmillennial response</chapter-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>R.G.</given-names> <surname>Clouse</surname></string-name> (ed.)</person-group>, <source><italic>The meaning of the millennium: Four views</italic></source>, pp. <fpage>199</fpage>&#x2013;<lpage>208</lpage>, <publisher-name>IVP Academic</publisher-name>, <publisher-loc>Downers Grove, IL</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0004"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Botha</surname>, <given-names>R</given-names></string-name></person-group>., <year>2014</year>, <source><italic>Openbaring ontsluit</italic></source>, <publisher-name>CUM</publisher-name>, <publisher-loc>Vereeniging</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0005"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Brown</surname>, <given-names>S</given-names></string-name></person-group>., <year>1966</year>, &#x2018;<article-title>The hour of trial (Rev 3:10)</article-title>&#x2019;, <source><italic>Journal of Biblical Literature</italic></source> <volume>85</volume>(<issue>3</issue>), <fpage>308</fpage>&#x2013;<lpage>314</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.2307/3264244">https://doi.org/10.2307/3264244</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0006"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Dean</surname>, <given-names>R.L</given-names></string-name></person-group>., <year>2011</year>, &#x2018;<article-title>Chronological issues in the book of Revelation</article-title>&#x2019;, <source><italic>Bibliotheca Sacra</italic></source> <volume>168</volume>(<issue>670</issue>), <fpage>217</fpage>&#x2013;<lpage>226</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.31826/9781463233051-017">https://doi.org/10.31826/9781463233051-017</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0007"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Deere</surname>, <given-names>J.S</given-names></string-name></person-group>., <year>1978</year>, &#x2018;<article-title>Premillennialism in Revelation 20:4&#x2013;6</article-title>&#x2019;, <source><italic>Bibliotheca Sacra</italic></source> <volume>135</volume>(<issue>537</issue>), <fpage>58</fpage>&#x2013;<lpage>73</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0008"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Du Rand</surname>, <given-names>J</given-names></string-name></person-group>., <year>2007</year>, <source><italic>Die A tot Z van Openbaring</italic></source>, <publisher-name>CUM</publisher-name>, <publisher-loc>Vereeniging</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0009"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Du Rand</surname>, <given-names>J</given-names></string-name></person-group>., <year>2011</year>, &#x2018;<article-title>&#x2019;n Noodkreet om God se regverdiging of &#x2019;n wraakroep om selfgelding? Martelaars aan die voet van die altaar (Op 6:1&#x2013;11)</article-title>&#x2019;, <source><italic>In die Skriflig</italic></source> <volume>45</volume>(<issue>1</issue>), <fpage>39</fpage>&#x2013;<lpage>55</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4102/ids.v45i1.4">https://doi.org/10.4102/ids.v45i1.4</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0010"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Fanning</surname>, <given-names>B.M</given-names></string-name></person-group>., <year>2020</year>, <source><italic>Revelation</italic></source>, <publisher-name>Zondervan</publisher-name>, <publisher-loc>Grand Rapids, MI</publisher-loc>. <comment>(Zondervan Exegetical Commentary on the New Testament)</comment>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0011"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Fruchtenbaum</surname>, <given-names>A.G</given-names></string-name></person-group>., <year>2004</year>, <source><italic>The footsteps of the Messiah</italic></source>, <publisher-name>Ariel Ministries</publisher-name>, <publisher-loc>Tustin, CA</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0012"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Garland</surname>, <given-names>A.C</given-names></string-name></person-group>., <year>2004</year>, <source><italic>A testimony of Jesus Christ &#x2013; A commentary on the book of Revelation</italic></source>, vol. <volume>1</volume>, <publisher-name>Spirit and Truth</publisher-name>, <publisher-loc>Camano Island, WA</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0013"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Gentry</surname>, <given-names>K.L</given-names></string-name></person-group>., <year>1998</year>, &#x2018;<chapter-title>A preterist view of Revelation</chapter-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>S.N.</given-names> <surname>Gundry</surname></string-name> &#x0026; <string-name><given-names>C.M.</given-names> <surname>Pate</surname></string-name> (eds.)</person-group>, <source><italic>Four views on the book of Revelation</italic></source>, pp. <fpage>35</fpage>&#x2013;<lpage>92</lpage>, <publisher-name>Zondervan</publisher-name>, <publisher-loc>Grand Rapids, MI</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0014"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Gentry</surname>, <given-names>K.L</given-names></string-name></person-group>., <year>1999</year>, &#x2018;<chapter-title>Postmillennialism</chapter-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>S.N.</given-names> <surname>Gundry</surname></string-name> &#x0026; <string-name><given-names>D.L.</given-names> <surname>Bock</surname></string-name> (eds.)</person-group>, <source><italic>Three views on the millennium and beyond</italic></source>, pp. <fpage>11</fpage>&#x2013;<lpage>57</lpage>, <publisher-name>Zondervan</publisher-name>, <publisher-loc>Grand Rapids, MI</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0015"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Heil</surname>, <given-names>J.P</given-names></string-name></person-group>., <year>1993</year>, &#x2018;<article-title>The fifth seal (Rev. 6:9&#x2013;11) as key to the Book of Revelation</article-title>&#x2019;, <source><italic>Biblica</italic></source> <volume>74</volume>(<issue>2</issue>), <fpage>220</fpage>&#x2013;<lpage>243</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0016"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Hoekema</surname>, <given-names>A.A</given-names></string-name></person-group>., <year>1977</year>, &#x2018;<chapter-title>Amillennialism</chapter-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>R.G.</given-names> <surname>Clouse</surname></string-name> (ed.)</person-group>, <source><italic>The meaning of the millennium: Four views</italic></source>, pp. <fpage>155</fpage>&#x2013;<lpage>187</lpage>, <publisher-name>IVP Academic</publisher-name>, <publisher-loc>Downers Grove, MI</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0017"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Ice</surname>, <given-names>T.D</given-names></string-name></person-group>., <year>2009</year>, &#x2018;<article-title>The meaning of &#x201C;Earth Dwellers&#x201D; in Revelation</article-title>&#x2019;, <source><italic>Bibliotheca Sacra</italic></source> <volume>166</volume>(<issue>663</issue>), <fpage>350</fpage>&#x2013;<lpage>365</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0018"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>K&#x00F6;nig</surname>, <given-names>A</given-names></string-name></person-group>., <year>2009</year>, <source><italic>&#x2019;n Perspektief op Openbaring</italic></source>, <publisher-name>CUM</publisher-name>, <publisher-loc>Vereeniging</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0019"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Ladd</surname>, <given-names>G.E</given-names></string-name></person-group>., <year>1972</year>, <source><italic>A Commentary on the Revelation of John</italic></source>, <publisher-name>Eerdmans</publisher-name>, <publisher-loc>Grand Rapids, MI</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0020"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Mounce</surname>, <given-names>R.H</given-names></string-name></person-group>., <year>1997</year>, <source><italic>The book of Revelation</italic></source>, <edition>rev. edn.</edition>, <comment>(NICNT)</comment>, <publisher-name>Eerdmans</publisher-name>, <publisher-loc>Grand Rapids, MI</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0021"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Patterson</surname>, <given-names>P</given-names></string-name></person-group>., <year>2012</year>, <source><italic>The new American Commentary: Revelation</italic></source>, vol. <volume>39</volume>, <publisher-name>B&#x0026;H Publishing</publisher-name>, <publisher-loc>Nashville, TN</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0022"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Storms</surname>, <given-names>S</given-names></string-name></person-group>., <year>2015</year>, <source><italic>Kingdom come: The amillennial alternative</italic></source>, <publisher-name>Mentor</publisher-name>, <publisher-loc>Ross-shire</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0023"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Storms</surname>, <given-names>S</given-names></string-name></person-group>., <year>2024</year>, <source><italic>Our God reigns: An amillennial commentary on Revelation</italic></source>, <publisher-name>Mentor</publisher-name>, <publisher-loc>Ross-shire</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0024"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Thomas</surname>, <given-names>R.L</given-names></string-name></person-group>., <year>1992</year>, <source><italic>Revelation 1&#x2013;7: An exegetical commentary</italic></source>, <publisher-name>Moody Press</publisher-name>, <publisher-loc>Chicago, IL</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0025"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Thomas</surname>, <given-names>R.L</given-names></string-name></person-group>., <year>1995</year>, <source><italic>Revelation 8&#x2013;22: An exegetical commentary</italic></source>, <publisher-name>Moody Press</publisher-name>, <publisher-loc>Chicago, IL</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0026"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Vlach</surname>, <given-names>M.J</given-names></string-name></person-group>., <year>2012</year>, &#x2018;<article-title>The kingdom of God and the millennium</article-title>&#x2019;, <source><italic>The Master&#x2019;s Seminary Journal</italic></source> <volume>23</volume>(<issue>2</issue>), <fpage>225</fpage>&#x2013;<lpage>254</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0027"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Waymeyer</surname>, <given-names>M</given-names></string-name></person-group>., <year>2016</year>, <source><italic>Amillennialism and the age to come</italic></source>, <publisher-name>Kress Biblical Resources</publisher-name>, <publisher-loc>The Woodlands</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
</ref-list>
<fn-group>
<fn><p><bold>How to cite this article:</bold> Scholtz, J.J., 2025, &#x2018;&#x2019;n Ondersoek na die martelare van Openbaring 6&#x2013;20&#x2019;, <italic>In die Skriflig</italic> 59(1), a3243. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4102/ids.v59i1.3243">https://doi.org/10.4102/ids.v59i1.3243</ext-link></p></fn>
<fn id="FN0001"><label>1</label><p>Antipas is &#x2019;n voorbeeld van &#x2019;n betroubare getuie wat tydens die inter-adventtydperk, maar v&#x00F3;&#x00F3;r die aanvang van die uur van beproewing, doodgemaak is. Hy is vermoor ter wille van Christus se Naam en het sy geloof in Jesus nie verlo&#x00EB;n nie (Op 2:13). Antipas was ongetwyfeld &#x2019;n martelaar, maar hy behoort nie tot die groep martelare waarna Openbaring 6&#x2013;20 verwys nie. Sy moordenaar(s) is reeds lankal oorlede en is dus nie onder die aardbewoners wat gedurende Openbaring se uur van beproewing nog lewend sal wees nie.</p></fn>
</fn-group>
</back>
</article>