Editorial
Editorial
In die Skriflig/In Luce Verbi | Vol 40, No 3 | a349 |
DOI: https://doi.org/10.4102/ids.v40i3.349
| © 2006 Editorial Office
| This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 30 July 2006 | Published: 30 July 2006
Submitted: 30 July 2006 | Published: 30 July 2006
About the author(s)
Editorial Office,, South AfricaFull Text:
PDF (64KB)Abstract
Ons derde uitgawe van 2006 bevat onderwerpe uit verskille dissiplines in die Teologie en aanverwante dissiplines. Hiermee hoop ons om ’n bydrae te lewer vir praktyk-gerigte bediening, berading en Christelike leierskap. Hartlik dank aan al ons skrywers! Die artikel van J.J. de Bruyn en D.J. Human, oor ’n kontekstuele uitleg van Psalm 110, bespreek ’n saak wat onder diskussie is onder akademici in die Bybelwetenskappe en menings hieroor verskil. Tog is die debat belangrik omdat dit hermeneutiese beginsels en metodiek raak. In hierdie tyd van modernistiese en post- modernistiese hermeneutiese vertrekpunte bly die uitbouing van ’n gefundeerde gereformeerde hermeneutiek een van die belangrikste studievelde in die teologie en In die Skriflig wil ook hierin ’n bydrae lewer. Daarom word studente in die veld aangemoedig om die argumente van hierdie artikel, en ander wat oor die saak gestel word, te evalueer en te bespreek in diskussieartikels. Sodoende kan die reformatoriese hermeneutiek uitgebou word en ons blad aan sy geformuleerde doel voldoen.
Keywords
No related keywords in the metadata.
Metrics
Total abstract views: 2979Total article views: 1978