Original Research

Verrekening van die kragveld van die verbond in die inkleding van die kommunikatiewe driehoeksverhouding tussen teks, hoorder en prediker

Friedrich W. de Wet
In die Skriflig/In Luce Verbi | Vol 46, No 1 | a47 | DOI: https://doi.org/10.4102/ids.v46i1.47 | © 2012 Friedrich W. de Wet | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 09 July 2012 | Published: 14 September 2012

About the author(s)

Friedrich W. de Wet, School for Ecclesiastical Studies, Potchefstroom Campus, North West University, South Africa

Abstract

In hierdie artikel word die kommunikatiewe driehoeksverhouding tussen die Bybelse teks, die hoorders en die prediker homileties verken. Die probleemstelling waarmee gewerk word handel oor potensiële versteurings wat kan plaasvind in hierdie driehoeksverhouding wanneer die hoorders en die prediker in hulle menslike beperktheid in verbinding gebring word met die ewige Woord van God soos dit in die Bybelse teks na vore kom. In die loop van die artikel word die volgende aspekte verken: ’n Ideale tipering van die verhouding tussen die teks, hoorders en prediker waarin al drie faktore ’n regmatige plek het; die maniere waarop die kommunikatiewe driehoek in die spanningsveld tussen teks, hoorders en prediker kan skeeftrek; en pneumatologiese verankering van die kommunikatiewe driehoek in die kragveld van die verbondsruimte, waarin Jesus Christus versoenend (integrerend) teenwoordig is. Die gevolgtrekking waartoe gekom word, is dat die prediker in die kragveld van die verbond in staat gestel word om getrou te bly aan die teks (waarin God aan die Woord kom), aan die hoorders (as mededeelgenote in die genade van God sowel as – in missionêre konteks – mense wat geroep word om deelgenote in hierdie genade te word) en aan hom- of haarself (as nuwe mens in Christus) sonder dat die verbintenis aan een element in die  kommunikatiewe driehoek die verbintenis aan die ander versteur of laat disintegreer.

Reckoning with the force field of the covenant in aligning the communicative triangle between text, listener and preacher. In this article the communicative triangular relationship between the Biblical text, the listeners and the preacher is reflected upon from a homiletic point of view. The problem statement deals with potential distortions in this triangular relationship when the listeners and preacher (in their human finitude) are brought into contact with the eternal Word of God as it proceeds from the Biblical text. In the course of the article the following aspects are considered: An ideal establishment of the relationship between text, listeners and preacher – giving all three factors their due place; an exploration of situations in which the communicative triangle can possibly be distorted in the tension field between text, listeners and preacher; and anchoring the communicative triangle in the force field of the covenant, where Christ’s atoning (integrative) presence is felt. It is concluded that the preacher is enabled by Christ’s presence in the force field of the covenant to remain faithful to the text (through which God speaks), to the listener (as partakers in the grace of God as well as – in missionary context – people called to became partakers in this grace) and to himself (as a new man in Christ). This faithfulness entails that commitment to one element in the communicative triangle is not disturbed or disintegrated by commitment to the other elements.


Keywords

Text; Listeners; Preacher; Communicative triangle; New Covenant; Christ as Mediator

Metrics

Total abstract views: 5715
Total article views: 7449


Crossref Citations

No related citations found.