Original Research
A flame of sacred love: Mission involvement of women in the 19th century
Submitted: 10 September 2012 | Published: 27 September 2013
About the author(s)
Johan Kommers, Faculty of Theology, North-West University, Potchefstroom, South AfricaAbstract
Vroue-sendelinge het in die negentiende eeu geleenthede vir prestasie en aanvaarding in die publieke domein gevind wat hulle andersins misgun is. Hoewel hulle die voortou geneem het met bewegings vir die kerstening en modernisering van gemeenskappe in Asië en Afrika deur middel van die evangelisasie, opvoeding en fisiese versorging van vrouens, is hulle motiewe en die manier waarop hulle te werk gegaan het, bevraagteken. Dit is dus nodig om die opoffering en toewyding van hierdie vroue, wat die negentiende e eeu uitgesonder het as die belangrikste eeu vir Christelike uitbreiding, te herontdek. Hierdie merkwaardige vroue het alles opgeoffer en vele van hulle het ’n onuitwisbare indruk gemaak het op die mense in wie se stede hulle uiteindelik tuisgegaan het. Hulle staan uit as voorbeelde vir die huidige generasie. Al het hulle soveel dinge verloor wat deur die wêreld as belangrik geag is, het hulle veel gekry uit dit wat hulle persoonlik hoog geag het. Vir hulle het die relatiewe waarde van tydelike dinge min beteken, solank hulle die ewige waardes kon vestig. Hulle het voorwaar Paulus se woorde uitgeleef: ‘Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus’ (Fil 3:14).
Keywords
Metrics
Total abstract views: 4412Total article views: 12693