Article Information

Author:
Fika Janse van Rensburg1

Affiliation:
1Faculty of Theology, North-West University, Potchefstroom Campus, South Africa

Correspondence to:
Fika Janse van Rensburg

Postal address:
Internal Box 147, Potchefstroom Campus, North-West University, Private Bag X6001, Potchefstroom 2520, South Africa

How to cite this article:
Janse van Rensburg, F., ‘Redaksioneel tot die Koos Vorster Huldigingsbundel’, In die Skriflig/In Luce Verbi 46(1), Art. #669, 7 pages. http://dx.doi.org/10.4102/
ids.v46i1.669

Copyright Notice:
© 2012. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals.

This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.
Redaksioneel tot die Koos Vorster Huldigingsbundel
In This Editorial...
Open Access
   • Fasette van Koos Vorster se teologie
   • Etiek en etiese kwessies
   • Evolusie, en die gesprek oor teologie en natuurwetenskap
   • Fundamentele regte
   • Sistematiese Teologie
   • Prakties-teologies
   • Kerkregtelik
   • Bibliologies-eksegeties
Bylaag
   • Jakobus Marthinus (Koos) Vorster - Curriculum Vitae
Beroepslewe
Proefskrifte
Post-doktorale navorsing in die buiteland
Wetenskaplike publikasies
   • Boeke
   • Wetenskaplike artikels in bundels
   • Artikels in geakkrediteerde wetenskaplike tydskrifte as alleen–outeur
   • Artikels in geakkrediteerde wetenskaplike tydskrifte as mede–outeur
   • Populêr-wetenskaplike artikels en bydraes
   • Boekbesprekings
Wetenskaplike voordragte
   • Internasionale vakkonferensies
   • Nasionale vakkonferensies
   • Plaaslike konferensies
   • Ander optredes
   • Bywoning van ekumeniese kerklike byeenkomste
   • Navorsingsvelde
Nagraadse studente
   • Afgestudeerde nagraadse studente
      • Magistersgrade
      • Doktorsgrade
   • Huidige nagraadse studente
      • Doktorsgrade
NNS-toekennings
Besondere spesialiteitsterreine
Akademiese betrokkenheid
Universitêre betrokkenheid
   • 1995–2011
Kerklike betrokkenheid
   • 1995–2011

Die oproep om bydraes vir hierdie Festschrift het tot gevolg gehad dat kollegas van heinde en verre positief gereageer het – ’n teken van die hoë agting, respek en waardering vir Koos Vorster onder ’n wye kring navorsers!

Die artikels waarmee die verskillende outeurs Koos Vorster huldig, is nie rondom ’n bepaalde tema beplan nie, en tog is die persoon wat Koos Vorster is en die werk wat hy gedoen het, ’n samebindende faktor. Hierdie Festschrift se 20 artikels kan saamgegroepeer word onder agt groter temas:

• Fasette van Koos Vorster se teologie (2 artikels)
• Etiek en etiese kwessies (4 artikels)
• Evolusie en die gesprek oor teologie en natuurwetenskap (2 artikels)
• Fundamentele regte (3 artikels)
• Sistematiese Teologie (4 artikels)
• Prakties-teologies (2 artikels)
• Kerkregtelik (1 artikel)
• Bibliologies-eksegeties (2 artikels)

Fasette van Koos Vorster se teologie
In die eerste artikel van die Festschrift, ‘’n Inleiding tot die teologies polities-etiese denke van Koos Vorster’, ondersoek Amie van Wyk en Nico Vorster die teologies-polities gekleurde etiese denke van Koos Vorster. In die eerste deel bespreek hulle sy epistemologiese uitgangspunte, waaronder sy omvattende openbaringshistoriese benadering, sy hermeneutiek, voorliefde vir ’n deontologiese etiek en sy afwysing van etiese absolutisme soos dit veral vergestalting vind in fundamentalistiese benaderings tot die etiek. Die tweede deel bespreek sy houding teenoor apartheid en die struggle in die sewentiger- en tagtigerjare van die vorige eeu. Laastens bespreek hulle Koos Vorster se sienings oor menswaardigheid, menseregte, die verhouding tussen kerk en godsdiens, asook sy siening oor die samelewing en die ekonomie. Williams Mbamalu se invalshoek in sy artikel ‘Jakobus Marthinus Vorster’s ecclesio-political philosophy: A critical interpretation’ is ietwat anders. Hy is van oordeel dat imago Dei die verenigende konsep is in die navorsingspublikasies van Koos Vorster.

Etiek en etiese kwessies
In sy artikel ‘Do the prophetic and reformist approaches in Christian Ethics exclude one another? A responsibility ethics attempt at reconciliation’ kom Etienne de Villiers tot die gevolgtrekking dat die profetiese en reformerende benaderings mekaar komplementeer, oorvleuel en interpenetreer, en dat albei die benaderings geakkommodeer en geïntegreer kan word in ’n Christelike etiek van verantwoordelikheid. In die artikel ‘Triniteit en etiek: Van ’n relasionele God tot ’n etiek van die Ander’ beredeneer Rian Venter dat die Triniteitsleer vrugbare perspektiewe kan open tot die publieke diskoers oor alteriteit. Leentie de Lange bied met ‘An integrated ethical approach to bioethical decision-making: A proposed model for ministers’ ‘n model aan vir die toepassing van bio-etiek in ’n gereformeerde konteks. Sy bepleit onder andere ’n erkenning van die dialektiek tussen die universele en die subjektiwiteit van menseverhoudings en dat die breër geloofsgemeenskap in berekening gebring moet word. Riaan Rheeder gee in sy artikel ‘Lewe tot die bitter einde: Eutanasie as vrywillige keuse deur persone met demensie, met verwysing na die praktyk in Nederland’ ’n voorlopige beoordeling van die eutenasiepraktyk ten opsigte van persone met demensie in die lig van die gereformeerde etiek.

Evolusie, en die gesprek oor teologie en natuurwetenskap
Die evolusie-argument teen menswaardigheid en die uniekheid van die mens word deur Gijsbert van den Brink ondersoek in sy artikel ‘Evolutionary theory, human uniqueness and the image of God’. Hy poog om klassieke Christelike Teologie te versoen met evolusie. Sodoende word die voortgaande vitaliteit van hierdie teologie beklemtoon. Johan Buitendag betoog in sy artikel ‘Is die ortodoksie se verstaan van die sondeval belemmerend vir die gesprek tussen teologie en natuurwetenskap?’ dat die gereformeerde ortodoksie se begrip van die sondeval ‘n belemmering is vir die gesprek tussen teologie en natuurwetenskap. Hy kom tot die gevolgtrekking dat die imago Dei ’n beliggaamde menslike persoon is wat biologies in die geskiedenis in terme van selfbewussyn en morele verantwoordelikheid ontluik.

Fundamentele regte
Koos Vorster het ’n besondere bydrae gelewer tot die debat oor regte in die algemeen en fundamentele regte in die besonder. Dit is daarom te verwagte dat die Festschrift-bydraes dit sal insluit. Nico Koopman bespreek Koos Vorster se bydrae tot menseregte in sy artikel ‘Towards the fulfilment of three dimensions of rights? A theological contribution’. In sy artikel ‘’n Beoordeling van die Skrifberoep ten opsigte van die doodstraf’ beredeneer De Wet Saaiman dat dit nie voldoende is om slegs ’n goeie uiteensetting van vertrekpunte of selfs hermeneutiese reëls te gee nie, maar dat die Christelike etikus ook ’n grondige kennis van die werklikheid moet hê. Hy wys hoe die Skrif, ten spyte van goeie hermeneutiese vertrekpunte, gemanipuleer kan word om die etikus se eie vooronderstellings te weerspieël. Francois Muller evalueer Koos Vorster se voorkeur vir die aktief-plurale-opsie as die beste vir owerhede se ingesteldheid ten opsigte van godsdiens in sy artikel ‘Die owerheid se ingesteldheid ten opsigte van godsdiens: Die geskiktheid van die aktief-plurale opsie vir die toepassing van artikel 36 van die Nederlandse Geloofsbelydenis‘. Hy ondersoek die agtergrond waarbinne en die doel waarmee die belydenis geformuleer is, die belangrikste tekstuele veranderings (1905, 1982), asook die korrekte betekenis van artikel 36.

Sistematiese Teologie
In sy artikel ‘Historical tension between the holistic and dualistic view of man in the church’ beredeneer Herm Zandman dat ’n dualistiese mensbeskouing nadelig is vir ’n lewe aan God toegewy, maar dat ’n holistiese mensbeskouing juis hiertoe bevorderlik is. Michael Welker lewer in sy artikel ‘In what sense can a Christological image of the divine provide cultural orientations?’ ’n Besondere bydrae tot die sogenaamde iconic problem in godsdienstige kontekse. Hans Kommers lig die teologie van Hermann Friedrich Kohlbrügge toe in sy artikel ‘‘Wir tun nichts Gutes, wobei wir nicht sündigen’: de heiliging in de verkondiging binnen de gereformeerde kerk in het 19e eeuwse Wuppertal’. Sy gevolgtrekking is dat heiligmaking uiteindelik ’n geïntegreerde lewe inhou. In sy artikel ‘Van Christologie tot Jesulogie? Teologiese gesprek met Sakkie Spangenberg na aanleiding van sy boek Jesus van Nasaret (2009)’ bevraagteken en kritiseer Amie van Wyk die filosofiese vertrekpunte en die teologiese konklusies van Sakkie Spangenberg se boek oor Jesus van Nasaret.

Prakties-teologies
In sy artikel ‘Verrekening van die kragveld van die verbond in die inkleding van die kommunikatiewe driehoeksverhouding tussen teks, hoorder en prediker’ gee Fritz de Wet ’n homiletiese verkenning van die kommunikatiewe driehoeksverhouding tussen die Bybelse teks, die hoorders en die prediker. Hy kom tot die gevolgtrekking dat die prediker in die kragveld van die verbond in staat gestel word om aan die teks, aan die hoorders en aan homself getrou te bly – sonder dat die verbintenis aan een element in die kommunikatiewe driehoek die verbintenis aan die ander versteur of laat disintegreer. Robert Vosloo vind aansluiting by Koos Vorster se onlangse werk oor temas soos geheue, vergewing en versoening in sy artikel ‘Traumatic memory, representation and forgiveness: Some remarks in conversation with Antjie Krog’s Country of my skull’.

Kerkregtelik
In sy artikel ‘Die hermeneutiek van gereformeerde kerkreg’ fokus Dries du Plooy op die belangrikheid en noodsaaklikheid van ’n hermeneutiek vir die gereformeerde kerkreg. Hy voorsien en beredeneer duidelike hermeneutiese reëls om mee te help dat kerke en kerklike vergaderings die artikels van die kerkorde asook besluite en reglemente wat daarop berus, geldig kan interpreteer en toepas.

Bibliologies-eksegeties
In sy artikel ‘Moses, Elijah, and Jesus: Reflections on the basic structures of the Bible’ handel Bram van de Beek oor die einde van die lewens van Moses en Elia as verteenwoordigers van die Torah en die profete. Hy toon die implikasie aan van die rol wat Moses en Elia in die Nuwe Testament speel, en kom tot die gevolgtrekking dat redding nie in die wet of in bekering te vind is nie, maar om in Christus in sy dood gedoop te word. Die laaste artikel is dié van Herrie van Rooy: ‘Esegiël 33 as wentelpunt in die boek van Esegiël’. Hy maak die voorstel dat hoofstuk 33 van Esegiël in die finale vorm van die boek ’n wentelfunksie het. Aan die een kant vat dit kortliks die boodskap van die profeet voor die val van Jerusalem saam, maar berei ook die leser voor vir die boodskap van Esegiël 34–48.

Benewens die outeurs wat hulle artikels ter ere van Koos Vorster gelewer het, is daar ander kollegas wat graag tot die Festschrift wou bydra om daardeur hulle agting vir Koos Vorster te wys, maar wat deur omstandighede verhinder is. Hulle is Piet Strauss (UVS), Stephen Giles (NWU), Heinrich Zwemstra (NWU), Timothy Lent (NWU), Ernst Conradie (UWC), Rikus Fick (NWU), Christina Landman (UNISA), Eddy van der Borght (Amsterdam), Hans Wiher (Berne), Hoffie Hofmeyer (UVS) en Jan Hoek (Nederland).

Mag Koos Vorster in sy wetenskaplike arbeid steeds verder groei en ontwikkel!

Fika Janse van Rensburg
Gasredakteur

Bylaag

Jakobus Marthinus (Koos) Vorster − Curriculum Vitae
Koos Vorster is op 12 Desember 1946 in Johannesburg gebore. Hy is getroud met Johanna Alida (Hannetjie) van der Merwe, tans lektor in Wiskunde aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus). Hulle het vier kinders: Nico (1973–09–13), Wikus (1975–08–04), Christien (1977–11–05), en Koos (1980–01–19). Sy skoolopleiding het hy ontvang aan die Laerskool Aucklandpark, Johannesburg (1953); Laerskool Joshua Naude Roodepoort (1954–1959); en Hoër Seunskool Helpmekaar, Johannesburg (1960–1964). Sy naskoolse opleiding was aan die Potchefstroom Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO): 1966–1974 (voltyds), 1975–1977 (deeltyds), 1982–1984 (deeltyds), en hy behaal agtereenvolgens die volgende grade: B.A. (1968), Honns. B.A. (1968), M.A. (1971), Th.B. (1974), D.Phil. (1978), Th.D. (1984), en in 2004 word hy ’n NNS-gegradeerde navorser.

Beroepslewe

1969–1974: Lektor in Kultuurfilosofie en Kultuurgeskiedenis aan die PU vir CHO.
1975–1978: Predikant van die Gereformeerde Kerk Gobabis.
1979–1990: Predikant van die Gereformeerde Kerk Derdepoort, Pretoria.
1990–1994: Professor in Ekklesiologie aan die Hammanskraalse Teologiese Skool en uitengewone professor in die Fakulteit Teologie en Fakulteit Lettere en Wysbegeerte aan die PU vir CHO.
1992–1994: Viserektor van die Hammanskraalse Teologiese Skool.
1995–2011: Professor in die departement Dogmatologie en Ekklesiologie in die Fakulteit Teologie van die PU vir CHO/NWU.
1999–2010: Direkteur van die Skool vir Kerkwetenskappe, Fakulteit Teologie, PU vir CHO/NWU.
2002–2004: Viserektor Teologiese Skool Potchefstroom.
2004–2007: Rektor Teologiese Skool Potchefstroom.

Proefskrifte

1978, ‘Die kerk en die kleurvraagstuk vandag’, D.Phil. proefskrif, Kultuurfilosofie, De Jongh Boekhandel, Braamfontein.
1984, ‘Die neo-Marxistiese politieke teologie in Suid-Afrika’, Th.D. proefskrif, Dogmatologie, PU vir CHO, Potchefstroom.

Navorsing hiervoor is gedoen aan die Vrije Universiteit in Amsterdam en die Sentrum van die Wêreldraad van Kerke in Geneve, Switserland. Albei proefskrifte handel oor aspekte van die kontemporêre filosofiese en teologiese stromings en die invloed daarvan op die kerk.

Post-doktorale navorsing in die buiteland

1976: Navorsing oor die Neo–Marxisme en die invloed daarvan op die Wêreldraad van Kerke en die gereformeerde kerke in Nederland by die Vrye Universiteit van Amsterdam en die Ekumeniese Sentrum in Geneve.
1986: Navorsing in Nederland oor die Politieke Teologie.
1988: Navorsing in Berlyn oor die Politieke Teologie.
1989: Navorsing in Geneve, Bonn, New York en Washington oor die Politieke Teologie.
1991: Navorsing by die sitting van die Wêreldraad van Kerke in Canberra oor die Politieke Teologie.
1994: Navorsing in Noordwijkerhout oor kerkvernuwing.
1996: Navorsing in Bedford oor kerkvernuwing.
1997: Navorsing in Seoul en Busan oor kerkvernuwing.
1998: Navorsing in Atlanta oor etiese perspektiewe op menseregte.
1999: Navorsing in Vancouver en Grand Rapids oor etiese perspektiewe op menseregte.
2000: Navorsing by die Menseregtekomissie van die Verenigde Nasies oor etiese perspektiewe op menseregte.
2000: Navorsing in Yogjakarta oor etiese perspektiewe op menseregte.
2001: Navorsing by die Menseregtekomissie van die Verenigde Nasies oor etiese perspektiewe op menseregte.
2001: Navorsing in Kobe oor etiese perspektiewe op menseregte.
2002–2006: Navorsing by die Menseregtekomissie van die Verenigde Nasies oor etiese perspektiewe op menseregte.
2006: Navorsing in Phoenix, Arizona by die Society of Christian Ethics.
2008–2011: Navorsing by die Menseregtekomissie van die Verenigde Nasies oor etiese perspektiewe op menseregte.

Wetenskaplike publikasies

Boeke
1971, ‘Die begrippe Corpus Christi en Corpus Sociale met betrekking tot kultuur’, ongepubliseerde M.A. verhandeling, PU vir CHO, Potchefstroom.
1980, Die kruis of die vuis? Kerk en rewolusie in S.A, TG van Wyk, Pretoria.
1981a, Die kerk en die kleurvraagstuk vandag, De Jongh, Johannesburg.
1981b, Het die kerk nog betekenis?, NG Kerkboekhandel, Pretoria.
1984, ‘Die neo-Marxistiese politieke teologie’, ongepubliseerde Th.D. proefskrif, PU vir CHO, Potchefstroom.
1996, Is die kerk funksioneel? Gedagtes oor Gereformeerde Kerkvernuwing in ’n post-modern konteks, Potchefstroomse Teologiese Publikasies, Potchefstroom.
1999, An introduction to Reformed church polity, Potchefstroomse Teologiese Publikasies, Potchefstroom.
2004, Ethical perspectives on human rights, Potchefstroom Theological Publication, Potchefstroom.
2007, Christian attitude in the South African Liberal Democracy, Potchefstroom Theological Publications, Potchefstroom.
2008, The challenge of contemporary religious fundamentalism, Book series, 1, Church History Society of South Africa, Pretoria.
2011, Menswaardigheid, versoening en vergiffenis, Potchefstroom Teologiese Publikasies, Potchefstroom.

Wetenskaplike artikels in bundels
1985a, ‘Kerk en politiek’, in J.H. van Wyk & J.M. Vorster (red.), Altyd reformeer: Gesprekke oor godsdiens en politiek, bl. 100–118, Boekhandel De Jong, Braamfontein.
1985b, ‘Die Christen in gesprek met die toekoms van Suid-Afrika’, in J.H. van Wyk & J.M. Vorster (red.), Altyd reformeer, Gesprekke oor Godsdiens en Politiek, bl. 180–183, Boekhandel De Jong, Braamfontein.
1990, ‘Ons gemeenskaplike roeping as Afrikaanse Kerke in Suid-Afrika vandag’, in H. du Toit & P. Kruger (red.), Geroep tot eenheid, bl. 74–83, NG Kerkboekhandel, Halfway House.
1991a, ‘Understanding the South African reality’, in L. Alberts & F. Chikane The road to Rustenburg, Struik Christian Books, Cape Town.
1991b, ‘Die kerk, die armes en armoede’, in J. Helberg (red.), Kerkwees as getuienis in Suid-Afrika vandag, bl. 127–140, Potchefstroomse Teologiese Publikasies, Potchefstroom.
2009, ‘Is the private ownership of land a fundamental human right?’, in E. van der Borght (ed.), The God-given land: Religious perspectives on land reform in South-Africa, bl. 81–94, Rozenberg, Amsterdam.
2010, ‘Options for the implementation of religious freedom’, in E. van der Borgt, Freedom of religion, bl. 153–175, Brill, Leiden.
2012, ‘A Christian perspective on human dignity’, in E. van der Borght (ed.), Strangers and pilgrims on earth: Essays in honour of Abraham van de Beek, bl. 817–831, Brill, Amersfoort.

Artikels in geakkrediteerde wetenskaplike tydskrifte as alleen–outeur
1974, ‘Die versoening by Paulus’, In die Skriflig 7(29), 35–47.
1977, ‘Die kerk in die moderne wêreld, ’n Diagnose’, In die Skriflig 11(41), 14–29.
1979a, ‘Die invloed van die neo–Marxistiese kultuuranalise op die Wêreldraad van Kerke en die Gereformeerde Kerke in Nederland’, In die Skriflig 13(51), 7–15.
1979b, ‘Boekbespreking: GES – the church and its social calling’, In die Skriflig 13(52), 49–52.
1979c, ‘Knelpunte tussen Christene in Suid-Afrika ten opsigte van die politieke betrokkenheid van die kerk’, In die Skriflig 13(52), 3–11.
1987, ‘Die sleutels van die koninkryk van die hemel’, Nederduitse Gereformeerde Teologiese Tydskrif 28(1), 46–52.
1988, ‘Die roeping van die Gereformeerde Kerke in die Suid-Afrikaanse politiek’, In die Skriflig 22(85), 2–12.
1991a, ‘Buitekerklikheid en makrokerklikheid in die gereformeerde ekklesiologie’, In die Skriflig 25(4), 471–483.
1991b, ‘Die betekenis van die verbondsdoop vir die kerklike bediening en die Christelike lewe’, Nederduitse Gereformeerde Teologiese Tydskrif 32(2), 242–249.
1992a, ‘Die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika in ekumeniese konteks’, In die Skriflig 26(1), 15–28.
1992b, ‘Die eise aan die gereformeerde prediking in die teenswoordige kultuur van verandering’, In die Skriflig 26(4), 451–463.
1992c, ‘Kerkreg en konteks’, Studia Historiae Ecclesiasticae 18(1), 87–95.
1993a, ‘Kuyper se ekklesiologie en die interpretasie van kerklike sake in Art 30 van die Kerkorde van die GKSA’, In die Skriflig 27(2), 215–229.
1993b, ‘Godsdiensvryheid in ’n toekomstige Suid-Afrika in die lig van Art 36 van die Nederlandse Geloofsbelydenis’, In die Skriflig 27(3), 307–321.

Nederduitse Gereformeerde Teologiese Tydskrif 34(4), 522–531.
1994a, ‘Die kerk in ’n nuwe konteks’, In die Skriflig 28(3), 309–327.

Praktiese Teologie in Suid-Afrika 9(1), 14–19.
1994c, ‘Kerkvernuwing in die lig van Bybelse begrippe vir die kerk’, In die Skriflig 28(4), 508–525.
1994d, ‘Tendense in die teologie van die Wêreldraad van Kerke sedert 1948’, Studia Historiae Ecclesiasticae 20(2), 234–253.
1995a, ‘Die bydrae en relevansie van die ekklesiologiese besinning in die GKSA’, In die Skriflig 29(1&2), 117–134.
1995b, ‘Vernuwing in die prediking in die lig van hedendaagse lewensbeskoulike tendense?’, In die Skriflig 29(3), 443–466.
1996a, ‘Vernuwing in die gereformeerde erediens’, In die Skriflig 30(2), 201–221.
1996b, ‘Vernuwing in gemeenskapsbelewing in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika’, In die Skriflig 30(4), 471–487.
1997a, Eologies–etiese perspektiewe op die 1996-grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, In die Skriflig 31(1&2), 70–91.
1997b, ‘’n Oorsig van die versoeningsleer by Paulus en die implikasies daarvan vir versoening in Suid-Afrika’, Nederduitse Gereformeerde Teologiese Tydskrif 38(1&2), 4–15.
1997c, ‘Die diens van die Gereformeerde predikant’, In die Skriflig 31(3), 267–281.
1997d, ‘Die kerklike tug as sleutel van die koninkryk van die hemele’, Studia Historiae Ecclesiasticae 23(1&2), 149–168.
1998a, ‘Die toerustingstaak van die Gereformeerde predikant: ’n Praktiese bedienings model’, In die Skriflig 32(1), 19–35.
1998b, ‘Periodisation in church history’, Studia Historiae Ecclesiasticae 24(1), 208–225.
1998c, ‘Die Arminianisme en gereformeerde prediking vandag’, In die Skriflig 32(3), 293–310.
1998d, ‘Die belydenis van Belhar in dogma-historiese perspektief’, In die Skriflig 32(4), 469–485.
1999a, ‘’n Waarskynlike bedieningsmilieu vir die GKSA in die dekade na 2000’, In die Skriflig 33(1), 99–119.
1999b, ‘Calvin and human rights’, Ecumenical Review 51(2), 209–220.
1999c, ‘Religious rights in South-Africa: An evaluation of the heritage and the future contribution of the Christian Reformed tradition’, Studia Historiae Ecclesiasticae 25(2), 21–41.
1999d, ‘The reformed tradition and human rights’, Studia Historia Ecclesiasticae 25(22), 56–90.
2000a, ‘Nooit weer nie? ’n Teologies–etiese beoordeling van die idees oor politieke Vryheid in Suid-Afrika sedert 1899’, In die Skriflig 34(1), 35–54.
2000b, ‘The constitutional state: A turning point for the Christian churches in South- Africa’, Studia Historia Ecclesiasticae 26(1), 91–108.
2000c, ‘Minority rights in a constitutional state: An ethical assessment’, Ecumenical Review 52(4), 490–502.
2000d, ‘The emergence of an ethos of human rights’, Studia Historia Ecclesiasticae 26(2), 116–141.
2000e, ‘A contemporary principle for Christian ethics in view of prominent historical paradigms’, Studia Historia Ecclesiasticae 26(2), 1–23.
2001a, ‘’n Christelike teorie van menseregte’, In die Skriflig 35(1), 1–23.
2001b, ‘Kuyper and apartheidstheology in South Africa: Another perspective’, Studia Historia Ecclessiasticae 27(2), 56–73.
2002a, ‘Die reg op lewe’, In die Skriflig 36(2), 185–206.
2002b, ‘The resurgence of religious fundamentalism and its influence on women’s rights’, Studia Historiae Ecclesiasticae 28(1), 120–143.
2002c, ‘Racism, xenophobia and human rights’, Ecumenical Review 54(3), 296–312.
2002d, ‘Human rights and moral conflicts’, Ecumenical Review 54(4), 458–471.
2002e, ‘State, religion and religious freedom’, Studia Historiae Ecclesiasticae 28(2), 290–312.
2003a, ‘’n Etiese perspektief op godsdiensvryheid’, In die Skriflig 37(2), 251–269.
2003b, ‘HIV/Aids and human rights’, Ecumenical Review 55(4), 345–361.
2003c, ‘A reformed perspective on religious pluralism in Africa’, Studia Historiae Ecclesiasticae 29(2), 319–338.
2004a, ‘The attitude of Christ as a principle for modern Christian ethics seen from a classic reformed perspective’, Studia Historiae Ecclesiasticae 30(2), 1–28.
2004b, ‘Truth, reconciliation, transformation and human rights’, Ecumenical Review 56(4), 480–502.
2005a, ‘Die regte en verantwoordelikhede van die homoseksuele persoon’, In die Skriflig 39(3), 1–24.
2005b, ‘Christelike gesindheid en politieke protes’, Hervormde Teologiese Studies 61(4), 1411–1431
2005c, ‘Ecocide, the integrity of creation and the rights of the next generation’, Verbum et Ecclesia 26(3), 867–890.
2005d, ‘Christelik-etiese perspektiewe op armoedeverligting in Suid-Afrika’, Nederduitse Gereformeerde Teologiese Tydskrif 46(2&3), 451–463.
2005e, Nation–building in South-Africa, Has progress been made?, Ecumenical Review 57(4), 473–491.
2006a, ‘The ethics of land restitution’, Journal of Religious Ethics 34(4), 686–797.
2006b, ‘Christelike gesindheid in die werkplek in Suid-Afrika vandag’, Nederduitse Gereformeerde Teologiese Tydskrif 47(1&2), 220–233.
2006c, ‘Die etiek van regstellende aksie’, Acta Theologica 26(1), 225–248.
2006d, ‘Christian attitude and the human dignity of women’, Studia Historiae Ecclesiasticae 32(2), 229–268.
2006e, ‘Christian attitude in business’, Verbum et Ecclesia 27(3), 1110–1132.
2006f, ‘Being a church today in South Africa’s liberal democracy’, Studia Historiae Ecclesiasticae 32(3), 285–314.
2006g, ‘Christelike gesindheid en ander godsdienste’, In die Skriflig 40(3), 1–24.
2007a, ‘Analytical perspectives on religious fundamentalism’, Journal for the Study of Religions and Ideologies 17(2), 1–20.
2007b, ‘Protecting the most vulnerable’, Ecumenical Review 59(2&3), 346–362.
2008a, ‘Christian ethical perspectives on marriage and family-life in modern Western culture’, Hervormde Teologiese Studies 64(1), 463–481.
2008b, ‘’n Christelike perpektief op menswaardigheid/A Christian-ethical perspective on human dignity’, Nederduitse Gereformeerde Teologiese Tydskrif 49(1&2), 195–205.
2009a, ‘The ethics of forgiveness’, Verbum et Ecclesia 30(1), 365–383.
2009b, ‘Down memory lane to a better future’, HTS Teologiese Studies 65(1), 1–6.
2009c, ‘The contribution of deontological Christian ethics to the contemporary human rights discourse’, In die Skriflig 43(3), 497–518.
2009d, ‘Versoening ‘in Christus’ en sosio-politieke versoening’, Nederduitse Gereformeerde Teologiese Tydskrif 50(1&2), 552–565.
2009e, ‘Forgiveness and impunity in a situation of transition: A socio-political perspective’, Missionalia 37(1), 66–84.
2010a, ‘’n Ekklesiologiese model vir die bediening van die versoening in ’n sosio-politieke konteks’, In die Skriflig 44(2), 429–454
2010b, ‘Calvin and human dignity’, In die Skriflig 44 (Suppl. 3), 197–214
Vorster, J.M., 2010c, ‘Der Beitrag der deontologischen christlichen Ethik zum heutigen Menschenrechtsdiskurs’, Evangelische Theologie 70(4), 246–262.
2010d, ‘Religious instruction in public schools in view of the fundamental right to religious freedom: A Christian ethical perspective’, Nederduitse Gereformeerde Teologiese Tydskrif 51(3&4), 205–216.
2011a, ‘Banning the burqa? An ethical appraisal’, Journal of Reformed Theology 5, 63–80
2011b, ‘A Christian ethical perspective on the moral status of the human embryo’, Acta Theologia 2011(1), 189–204.
2011c, ‘Go out and gather each day’: The implications of the ethics of Exodus 16 for modern consumerism, Koers 76(1), 4–20.
2011d, ‘An ethics of hope for moral renewal in South-Africa’, Journal of Theology in South-Africa 140, 4–20.
2011e, ‘Die menswaardigheid van die menslike embrio: Die debat tot dusver’, In die Skriflig 45(2&3), 551–569.

Artikels in geakkrediteerde wetenskaplike tydskrifte as mede–outeur
Leuschner, F.W. & Vorster, J.M., 1998, ‘Skolastiek: Kernbeginsels met besondere verwysing na aspekte van Anselmus, Abelardus en Thomas van Aquino’, Studia Historiae Ecclesiastica 24(2), 80–101.
Juma, F.A. & Vorster, J.M., 1998, ‘Küng’s theory of paradigms in church history: An evaluation’, Studia Historiae Ecclesiastica 24(2), 116–130.
Choi, B.K. & Vorster, J.M., 1999, ‘An evaluation of Hans Küng’s conception of church history in view of Augustine’s conception of history: A reformed perspective’, Studia Historiae Ecclesiastica 25(2), 190–216.
Connock, E.B. & Vorster, J.M., 2000, ‘The rise and development of Mysticism and its Possible influence on the Charismatic movement’, Studia Historiae Ecclesiastica 26(2), 170–197.
Smit, C.J. & Vorster, J.M., 2000, ‘Die GKSA en sy gereformeerde identiteit: Kan dit behou Word in ’n post-moderne gemeenskap?’, In die Skriflig 34(4), 515–533.
Smit, C.J. & Vorster, J.M., 2001, ‘Dae van verootmoediging, verskillende kerkgemeenskappe, en die verhouding van kerk en staatsowerhede’, Studia Historiae Ecclesiastica 27(1), 143–162.
Yi, C.H. & Vorster, J.M., 2002, ‘The church, poverty and relevant ideologies in South African 1948–1994: A church historical perspective’, Studia Historiae Ecclesiastica 28(2), 197–222.
Vorster, N. &. Vorster, J.M., 2002, ‘Sosiale stratifikasie aan die Kaap gedurende die periode Van 1652–1795’, Studia Historiae Ecclesiastica 28(2), 262–289.
Vorster, N. & Vorster, J.M., 2003a, ‘Etiese grondslae van die grondwetlike reg: ’n Reformatoriese perspektief’, Koers 68(1), 59–85.
Jardim, L.J. & Vorster, J.M., 2003b, ‘Hijaband the construction of female religious identity’, In die Skriflig 37(2), 271–287.
Keegan, B. & Vorster, J.M., 2003c, ‘The Anselm debate and the Gospel of Saint Mark’, Studia Historiae Ecclesiasticae 29(1), 122–142.
Lloyd, E. & Vorster, J.M., 2003d, ‘Religious beliefs and the social factors in the development of Non-conformity and Anglicanism in the Upper Cynon Valley, South Wales 1800–1870’, Studia Historiae Ecclesiasticae 29(1), 187–206.
Juma, F.A. & Vorster, J.M., 2003e, ‘Factors that contributed to the growth of the Kenya Assemblies of God Church: An analysis of multi-paradigms’, Studia Historia Ecclesiasticae 29(2), 222–228.
Barry, S. & Vorster, J.M., 2003f, ‘A Wesleyan methodology for effecting political and social Transformation’, Studia Historia Ecclesiasticae 29(2), 264–280.
Morgan, E.R. & Vorster, J.M., 2003g, ‘The Mennonites and the Amish: A critique of religious conservatism with special reference to the Old Order Amish in Pennsylvania’, Studia Historia Ecclesiasticae 29(2), 54–78.
Pomfret, A. & Vorster, J.M., 2004a, ‘An ethical evaluation of the historical significance of propriety chapels’, Studia Historiae Ecclesiasticae 30(1), 118–139.
Prothero, D. & Vorster, J.M., 2004b, ‘D.M. Lloyd Jones’ view on reformed preaching: A theological and historical analysis and evaluation’, Studia Historiae Ecclesiasticae 30(1), 168–186.
Vorster, J.M. & Zwemstra, H.M., 2004c, ‘’n Teologies-etiese perspektief op die beskerming Van sosio-ekonomiese regte’, In die Skriflig 38(4), 561–578.
Vorster, J.M. & Rheeder, A.L., 2006, ‘Genetiese manipulasie as selektiewe voortplanting: ’n Voorlopige teologies–etiese beoordeling’, In die Skriflig 40(1), 131–153.

Populêr-wetenskaplike artikels en bydraes
Verskeie artikels verskyn in populêr-wetenskaplike tydskrifte en koerante nasionaal en internasionaal sedert 1974.

Boekbesprekings
Vyf–en–twintig boekbesprekings in geakkrediteerde teologiese tydskrifte. Tien boekbesprekings in populêr-wetenskaplike tydskrifte.

Wetenskaplike voordragte

Internasionale vakkonferensies
1986, Oktober: Die Bevrydingsteologie in Suid-Afrika, Konferensie van gemeenskaps leiers in Nederland, Suid-Afrikaanse Ambassade, Den Haag.
1986, Oktober: Die Bevrydingsteologie. Teologiese Seminarium van die Nederlandse Gereformeerde Kerke, Apeldoorn, Nederland.
1988, Oktober: Kerk en Politiek, Konferensie van gemeenskapsleiers in Genève Switserland, Suid-Afrikaanse Ambassade, Genève.
1988, Oktober: Die Bevrydingsteologie in Suid-Afrika, Konferensie van gemeenskaps leiers in Bonn, Duitsland, Suid-Afrikaanse Ambassade in Bonn.
1994, Junie: The Church in a new context, Kongres: The Vitality of Reformed Theology, Noordwijkerhout, Nederland.
1996, September: Christianity and postmodernity, British Church Growth Association, Bedford, Engeland.
1997, Oktober: Christianity in the 21st Century: A paradigm shift?, Kosin University Korea.
1999, Augustus: Religious rights in South Africa, International Association for Religious Freedom, Vancouver.
2000, Maart/April: Adviseur namens die International Association for Religious Freedom (IARF) by die 56e sitting van die Menseregtekomissie van die VN, Genève.
2000, Augustus: The Christian reformed tradition and human rights, International Association for the History of Religions, Durban.
2001, Maart/April: Adviseur namens die International Association for Religious Freedom (IARF) by die 57e sitting van die Menseregtekomissie van die VN, Genève.
2001, Oktober: Kuyper and Apartheidstheology in South Africa, Kobe Theological Seminary, Kobe, Japan.
2002, Maart/April: Adviseur namens die International Association for Religious Freedom (IARF) by die 58e sitting van die Menseregtekomissie van die VN, Genève.
2003, Maart/April: Adviseur namens die International Association for Religious Freedom (IARF) by die 59e sitting van die Menseregtekomissie van die VN, Genève.
2003, Julie/Augustus: Religious fundamentalism and gender, International Association for Religious Freedom, Budapest.
2003, Maart/April: Adviseur namens die International Association for Religious Freedom (IARF) by die 59e sitting van die Menseregtekomissie van die VN, Genève.
2003, Oktober: Religious pluralism in Africa, Lesing by ’n Sendingkonferensie van die Eglise Reformee, Lubumbashi, DRK.
2004, Maart/April: Adviseur namens die International Association for Religious Freedom (IARF) by die 59e sitting van die Menseregtekomissie van die VN, Genève.
2004, Oktober: Is private land ownership a fundamental human right?, Vrije Universiteit Amsterdam, Utrecht.
2005, Maart/April: Adviseur namens die International Association for Religious Freedom (IARF) by die 59e sitting van die Menseregtekomissie van die VN, Genève.
2005, Julie: Christian identity and religious pluralism in Africa. International Reformed Theological Institute, Seoul, Korea.
2006, April: Current options for the constitutional implementation of religious freedom, International Reformed Theological Institute, Driebergen, Nederland.
2007, Januarie: Active pluralism as a correction for active universalism and active neutralism in the execution of religious freedom in a constitutional democracy, Dallas, Texas, USA, Society of Christian Ethics.
2007, Julie: Church discipline and the unity of the Church, Cluj, Roemenië, International Reformed Theological Institute.
2008, September: The ethics of forgiveness, Cambridge, England, Society for the Study of Christian Ethics.
2009, Julie: Calvin and human dignity, Aix en Provence, Frankryk, International Reformed Theological Institute.
2011, Julie: A case for a Transforming Christology in South-Africa, Potchefstroom, Suid–Afrika, International Reformed Theological Institute.
2012, Maart: Human Rights Education in Tertiary Education, Geneva, Switzerland, United Nations Human Rights Council.

Nasionale vakkonferensies
1979, Augustus: ’n Prinsipiële bewoordeling van SACLA, Byeenkoms Kerk en Universiteit, Randse Afrikaanse Universiteit.
1982, Maart: Knelpunte tussen Christene in Suid-Afrika oor die politieke betrokkenheid van die Kerk, Gereformeerde Teologiese Vereniging, Pretoria.
1986, Augustus: Die Gereformeerde Kerke en die Suid-Afrikaanse politiek, Algemene vergadering van die Gereformeerde Teologiese Vereniging, Pretoria.
1990, Maart: Kerk en geweld, Byeenkoms gereël deur die Argus groep, Markteater, Johannesburg.
1991, Januarie: Kerkreg en konteks, Kerkhistoriese Werkgemeenskap, Stellenbosch.
1991, Maart: Menseregte in Bybelse perspektief, Gereformeerde Teologiese Vereniging, Oos-Transvaal.
1993, Januarie: Prediking in Afrikakonteks, Werkgemeenskap vir Praktiese Teologie.
1994, Augustus: Die kerk in ’n moderne wêreld, Algemene Vergadering van die Gereformeerde Teologiese Vereniging, Pretoria.
1998, Augustus: ’n Paradigmaverskuiwing, ’n Werklikheid wat gelei het tot ’n veranderde samelewing, Algemene Vergadering van die Gereformeerde Teologiese Vereniging, Johannesburg.
1999, Januarie: Calvin and Human Rights, Church History Society of Southern Africa, Potchefstroom.
2000, Januarie: The constitutional state: A turning point for the churches in South- Africa, Church History Society of Southern Africa, Stellenbosch.
2002, Mei: Gender, religion and women rights, Potchefstroom.
2004, Januarie: Gender, religion and women rights. Kerkhistoriese Werkgemeenskap van Suid-Afrika, Pretoria.
2004, Augustus: Socio-economic rights in South Africa: Guidelines for ecclesiastical involvement in the promotion of socio-economic rights as fundamental rights, Beyers Naude Stigting, Stellenbosch.
2004, Augustus: Waarheid en Versoening, Algemene Vergadering van die Gereformeerde Teologiese Vereniging, Potchefstroom.
2005, Augustus: Gereformeerd-wees, Relevant? Plenêre sessie van die Algemene Vergadering van die Gereformeerde Teologiese Vereniging, Potchefstroom.
2005, Augustus: Die etiek van regstellende aksie, Parallelle sessie van die Algemene Vergadering van die Gereformeerde Teologiese Vereniging, Potchefstroom.
2006, Maart: The right to life and abortion. Colloquim. Fakulteit Regte, Vrystaat Universiteit, Bloemfontein.
2006, Oktober: Gay marriages, Colloquim, Fakulteit Regte, Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus), Potchefstroom.
2007: ’n Christelike perspektief op menswaardigheid, Kerk/Staat konferensie, Fakulteit Teologie, Stellenbosch.

Plaaslike konferensies
1993, Julie: Aktuele prediking, Winterskool Fakulteit Teologie, Potchefstroom.
1995, Julie: Tendense in die moderne samelewing, Winterskool Fakulteit Teologie, Potchefstroom.
1996, Julie: Teologies-etiese perspektiewe op die 1996 Grondwet van die RSA, Winterskool Fakulteit Teologie, Potchefstroom.
1997, Oktober: Die hantering van verandering, konflik en kritiek deur die predikant, Seminaar oor ‘pastoriepyne’ aangebied deur die Departement Diakoniologie van die PU vir CHO, Potchefstroom.
1998, Julie: Samelewingstendense en die eise wat dit stel aan die gereformeerde bediening, Seminaar aangebied deur die Departement Diakoniologie van die PU vir CHO, Potchefstroom.

Ander optredes
1984–2006: Verskeie optredes en paneelbesprekings oor televisie en radio in Suid-Afrika oor kerk en politiek met besondere verwysing na etiese vraagstukke in die verband soos geweld, burgerlike ongehoorsaamheid, disinvestering en strategieë van politieke verandering.

Bywoning van ekumeniese kerklike byeenkomste
1988, Junie: Afgevaardigde van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika na die Gereformeerde Ekumeniese Sinode in Harare, Zimbabwe.
1989, Junie/Julie: Waarnemer uit Suid-Afrika by die Kirchentag Berlyn, Duitsland.
1991, Maart: Waarnemer uit Suid-Afrika by die sitting van die Wêreldraad van Kerke, Canberra, Australië.
1997, Oktober: Afgevaardigde as waarnemer van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika by die International Conference of Reformed Churches in Seoul, Korea.
2000, Julie: Afgevaardigde as waarnemer van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika by die Gereformeerde Ekumeniese Raad, Yogyakarta, Indonesia.
2001, Oktober: Afgevaardigde van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika by die Sinode van die Reformed Churches of Japan, Osaka.

Navorsingsvelde
1976–1991: Die politieke teologie.
1991–1997: Kerkvernuwing in ’n postmoderne konteks.
1997–tans: Etiese perspektiewe op menseregte en morele vernuwing van die samelewing.

Nagraadse studente

Afgestudeerde nagraadse studente

Magistersgrade
Pabst, V.C., 1998, Luther’s theology of the sacrament of Baptism. (M.A.)
Banze, M.N., 1999, An evaluation of the impact of Christianity on the socio-cultural life in the Congo since colonization: A Church Historical study. (Th.M.)
Yi, C.H., 2002, The Church and poverty in South-Africa 1948–2000. (Th.M.)
Ryan, R., 2002, The life of Martin Luther: To reform or to follow Rome? (M.A.)
Fick, P.H., 2002, Dogma en prediking: Caesarius van Arles en die Semi-Pelagiaanse kwessie. (Th.M.)
Nel, L.A.S., 2002, Kerk- en geweldsmisdaad in Suid-Afrika: ’n Teologies-etiese studie. (M.Th.)
Prothero, D.D.M., 2002, Lloyd-Jones’ standpoint on Reformed preaching: A theological and historical analysis and evaluation. (M.A.)
Muller, D.F., 2003, Die kriteria vir die ware kerk beskou vanuit die Nederlandse Geloofsbelydenis, artikel 29. (Th.M.)
Pytches, N.L., 2003, The Eucharistic thought and practice of Bishops JC Ryle and HCG Moule. (M.A.)
De Lange, M.C., 2003, Natural science and Christian theology: Relation and analogies. (M.A.)
Berg, J.A., 2003, Die hantering van die morele konflik tussen die reg van privaatheid en die reg op gesondheid in MIV/VIGS–voorkoming: ‘n Teologies-etiese studie. (Th.M.)
Saayman, D.W., 2003, Die etiek van polemiek. (M.Th.)
Barry, S., 2004, Human rights from the perspective from John Wesley. (M.A.)
Zwemstra, H.M., 2004, Die grondwetlike beskerming van sosio-ekonomiese regte in Suid-Afrika: ’n Teologies-etiese perspektief. (M. Th.)
Jardim, G.L., 2004, Woman as a symbol: A perspective on Islamic self-understanding. (M.A.)
Netshisaulu, N.W., 2005, Children’s rights and parental authority: A theological-ethical evaluation. (M.Th.)
Potgieter, J.D., 2006, Godsdiensvryheid in die huidige Onderwysbeleid in Suid-Afrika: ’n Christelik-etiese studie. (M.Th)
Munro, R.M., 2006, The effects, influence and legacy of the Reformation on Scottish Church History. (M.A.)
Hughes, E., 2007, The third Order of St Dominic (the Lay Dominicans): The possible way forward for an Order in crisis. (M.A)
Giles, S.P., 2008, Imperatives of the Gospel and imperatives of the South-African Constitution regarding the Right to Life: A Christian ethical perspective. (M.A.)
Masase, T., 2009, The view of homosexuality in the Venda culture: A Christian ethical evaluation. (M.Th.) Coetzee, D.W., 2010, ’n Christelike gedragskode vir besigheid. (M.Th.)
Aleixo, J.D., 2012, The alleviation of poverty in Mozambique – A Christian ethical perspective. (M.A.)

Doktorsgrade
Choi, B.K., 1999, An evaluation of Hans Küng’s view of church history in view of Augustine’s concept of history. (Th.D.)
Naylor, P., 2000, English particular Baptists: From 1688 to the early nineteenth century. (Ph.D.)
Keegan, B.A., 2002, The Anselm debate and the Gospel of St Mark. (Ph.D.)
Lloyd, E.M., 2002, The relationship between religious beliefs and the social-economic factors in the development of non-conformity and Anglicanism in the Upper Cynon Valley: 1800–1970. (Ph.D.)
Morgan, E.R., 2002, The Mennonites and the Amish: A critique of religious conservatism with special reference to the Old Order Amish in Pennsylvania. (Ph.D.)
Pomfret, A., 2002, An ethical evaluation of the historical importance of proprietary chapels. (Ph.D.)
Scott, J., 2002, The life of Francis of Assisi: Is Franciscanism relevant today? (Ph.D.)
Juma, F., 2003, The growth of the Assemblies of God Church in Kenia 1969–1997: A church historical study. (Ph.D.)
White, C., 2003, The struggle for Catholicity in the Tudor Church of England. (Ph.D.)
Kommers, J., 2005, Ontwaakt, Gij die slaapt! Het reformatorisch getuigenis van Gotfried Daniel Krummacher, Hermann Friedrich Kohl brügge en Paul Geyser tijdens de Erwecckung in het Wuppertal van die 19e eeuw: Een bijdrage tot de preek– en vroomheidsgeschiedenis van de 19e eeuw. (Ph.D.)
Mbamalu, O.N.W., 2005, Christian ethics and HIV/Aids prevention: A focus on the youth of Gauteng. (Ph.D.)
Prothero, D., 2005, An analysis and theological evaluation of revival and revivalism in America from 1730–1860. (Ph.D.)
Saayman, D.W., 2005, Dogma en etos: Die eenheid van die Bybelse leer en lewe as begronding vir die Christelike etiek in die moderne samelewingskonteks. (Ph.D.)
Zandman, H.J.G., 2005, Physical education in holistic Christian education. (Ph.D.)
Ryan, C.P., 2006, Euroclydon (Acts. 27:4): The theological controvercy between John Wesley and Augustus Toplady. (Ph.D.)
James, Scott., 2006, An evaluation of the doctrine of miraculous healing within the Roman Catholic tradition. (Ph.D.)
Winston, R.G., 2006, Martin Bucer: His influence on the English reformation and Anglicanism. (Ph.D.)
Zwemstra, H.M., 2007, Die roeping van die kerk ten opsigte van sosio-ekonomiese regte in Suid Afrika: ’n Teologies-etiese studie. (Ph.D.)
Fick, P.H., 2008, Johannes Pomerius as mistikus. (Ph.D. Church and Dogmahistory.)
Barry, S., 2008, Who will blow the trumpet? A Christian ethical evaluation of the Jubilee as a hermeneutical tool for healing in post apartheid South Africa, (Ph.D. Ethics.)
Lent, T.K., 2009, The fifth commandment: A biblical and philosophical interpretation and its application in the USA. (Ph.D. Ethics.)
De Lange, M.C., 2010, Metatheoretical frameworks and theological ethics: Bioethical decisionmaking from a reformed perspective. (Ph.D.)
Muller, D.F., 2010, Die roeping van die Suid-Afrikaanse owerhede binne die grondwetlike demokrasie in die lig van artikel 36 van die Nederlandse geloofsbelydenis. (Ph.D.)
Myburgh, D.A., 2010, Die relevansie van die etiek van die Heiligheidsbeweging: ’n Teologies-etiese analise en beoordeling. (Ph.D.)
Wambua, L.M., 2010, An evaluation of the role played by the Kenyan Independent Churches in the protection of the fundamental human rights of children. (Ph.D.)
Fereirra, A.W.G., 2011, Ware en valse bekerings, Die gebruik van die Tien Gebooie in evangelisasie. (Ph.D.)
Brown, D.J., 2011, Christian ethics and compassion ministry to orphans and vulnerable children in the current Aids crisis in South Africa. (Ph.D.)

Huidige nagraadse studente

Doktorsgrade
• Amechi, L.A. (Ph.D. Etiek.)
• Gilbrant, H. (Ph.D. Kerk- en Dogmageskiedenis.)
• Giles, S.P. (Ph.D. Etiek.)
• Masase. P.T. (Ph.D. Etiek.)
• Sekhaulela, A. (Ph.D. Etiek.)
• Yiu, S. (Ph.D. Etiek.)
• Bornmann, M. (Ph.D. Etiek.)
• Inniger, M. (Ph.D. Etiek.)
• Wong, D. (Ph.D. Etiek.)

NNS-toekennings

1968: Beurs vir voltydse studie vir Honneurs B.A.
1970: Beurs vir voltydse studie vir M.A.
1999: Toekenning ter waarde van R6000 om voordrag te lewer by internasionale konferensie van die ‘International Association for Religious Freedom’ in Vancouver Kanada, Augustus.
1999: Promotorstoekenning ter waarde van R20 000 vir toedeling aan nagraadse studente.
2001: Toekenning van die NRF ter waarde van R20 810 vir navorsing by die Menseregtekommissie van die VN oor ‘Rassisme en Xenofobie’.
2003: Toekenning van die NRF ter waarde van R7500 vir voorlegging aan die Menseregtekomissie van die Verenigde Nasies in Geneve.
2003: Toekenning van die NRF ter waarde van R3500 vir voorlegging aan die Menseregtekomissie van die Verenigde Nasies in Geneve.
2006: Toekenning van die NRF ter waarde van R3500 vir voorlegging aan die Menseregtekomissie van die Verenigde Nasies in Geneve.
2008: Toekenning as gegradeerde navorser ter waarde van R39 700.
2009: Toekenning as gegradeerde navorser ter waarde van R39 700.
2010: Toekenning as gegradeerde navorser ter waarde van R40 000.
2011: Toekenning as gegradeerde navorser ter waarde van R40 000.
2012: Toekenning as gegradeerde navorser ter waarde van R40 000.

Besondere spesialiteitsterreine

• Kontemporêre kerk- en dogmageskiedenis.
• Kontemporêre filosofiese en teologiese strominge.
• Futurologie met betrekking tot toekomstige bedieningseise van die kerk in Suid-Afrika.
• Etiek en Menseregte.

Akademiese betrokkenheid

1975: Lid van die Gereformeerde Teologiese Vereniging.
1984: Voorsitter van die Gereformeerde Teologiese Vereniging, Pretoria.
1989–1995: Voorsitter van die algemene vergadering van die Gereformeerde Teologiese Vereniging.
1990: Hoofbestuurslid van die Kerkhistoriese Werkgemeenskap van Suid-Afrika.
1990–1997: Mederedakteur van die geakkrediteerde tydskrif Studia Historia Ecclesiasticae.
1997–2005: Hoofredakteur van die geakkrediteerde tydskrif Studia Historia Ecclesiasticae.
1989–1995: Lid van die hoofredaksie van die geakkrediteerde tydskrif In die Skriflig.
1997–1999: Wetenskaplike medewerker van die geakkrediteerde tydskrif In die Skriflig.
2000–2005: Subredakteur van die geakkrediteerde tydskrif In die Skriflig.
1997–tans: Lid van die Suid–Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.
2005–tans: Hoofredakteur van die geakkrediteerde tydskrif In die Skriflig/In Luce Verbi.
2004–tans: Lid van die Society of Christian Ethics, VSA.

Universitêre betrokkenheid

1995–2011
• Lid van die Fakulteitsraad Teologie.
• Lid van die Onderrigleerkomitee van die Fakulteit Teologie.
• Lid van die Komitee vir Gevorderde Grade van die Fakulteit Teologie.
• Lid van die Dagbestuur van die Fakulteit Teologie en die Uitvoerende Komitee van die Senaat van die Teologiese Skool.
• Lid van die Senaat van die PU vir CHO/NWU.
• Lid van ’n werkgroep van die Breë Transformasieproses van die Universiteit.
• Direkteur van die Skool vir Kerkwetenskappe van die Fakulteit Teologie.
• Eksterne evalueerder van die Departement Sistematiese Teologie en Ekklesiologie van die Universiteit van Stellenbosh, 30–31 Oktober 2000.

Kerklike betrokkenheid

1995–2011
• Adviseur van Sinodale vergaderings.
• Adviseur van die Deputate vir Ekumeniese Sake.
• Adviseur van die Deputate vir die Bewaring en Vermeerdering van die Kerk.
• Adviseur van die Deputate vir Skakeling met die Sentrale Owerheid en Streekowerhede.
• Adviseur van die Deputate vir gesprek met ander Nasionale Sinodes.
• Voorsitter van die Deputate vir Kerklike Tydskrifte.
• Lid van die redaksiekommissie van Die Kerkblad.
• Adviseur van die Deputate Korrespondensie met buitelandse kerke.
• Adviseur van die Deputate vir die Argief.
• Adviseur van die Deputate vir Appèlle en Beswaarskrifte.


Crossref Citations

No related citations found.