Original Research

Filosofies-teologiese uitgangspunte van ‘missionale’ kerkwees: ’n Kritiese evaluering

Jaco Kruger
In die Skriflig/In Luce Verbi | Vol 47, No 1 | a711 | DOI: https://doi.org/10.4102/ids.v47i1.711 | © 2013 Jaco Kruger | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 18 March 2013 | Published: 26 September 2013

About the author(s)

Jaco Kruger, Faculty of Theology, North-West University, South Africa

Abstract

In hierdie artikel word ’n perspektief gebied op die tendens wat min of meer sedert die aanvang van die millennium ook in Suid Afrika posgevat het, naamlik om die kerk as diemissionale kerk te tipeer. Hierdie ontwikkeling in die nadenke oor die kerk is oënskynlik ’n reaksie op ’n vroeëre, statiese siening van die kerk, waar meer op die kerk as instelling gefokus is en wat funksioneer deur mense nader te trek en deel te maak van die instelling. In teenstelling hiermee wil die missionale kerk in haar benadering by God self begin, as die sendende God en van daar ’n meer dinamies-kommunikatiewe siening van kerkwees ontwikkel. Laasgenoemde beteken dat die kerk veel meer binne die kultuur van die wêreld aanwesig is om daar op ’n nuwe werklikheid te wys. Die navorsingsvraag wat in hierdie artikel gevra word, het te make met die filosofies-teologiese vertrekpunte van die missionale kerkweesbenadering. Watter siening van die verhouding tussen God en die skepping, oftewel die transendente en die immanente, lê ten grondslag van hierdie benadering? Watter invloed het die inagneming van filosofies-teologiese oorwegings op die beoordeling van die missionale kerkgedagte? Hierdie vrae word beantwoord deur die opvatting van missionale kerkwees, asook die institusioneel-kontraktuele opvatting van kerkwees waarteenoor dit reageer, teen die agtergrond van die sakramentele verstaan van die kerk te plaas. Die sakramentele verstaan van die kerk was deel van die deelnemende wêreldbeeld wat vir die eerste millennium van die kerk se lewe as vanselfsprekend aanvaar is.

This article presents a perspective on the growing tendency – also in South Africa – to characterise the church as missional. Thinking of the church in missional terms is apparently in reaction against an earlier, static view that focused on the church as an institution, and more specifically, an institution that functions by drawing people to itself. In contrast, the missional approach to church wants to start with God, as the One that sends, and from that perspective develops a more dynamic and communicative conception of the church. An important implication of this would be to have the church much more present in and to the culture of the world, in order to effectively point to a new reality. The research question informing this article has to do with the philosophical and theological underpinnings of the missional church approach. What assumptions about the relation between God and creation, or transcendence and immanence, underlie this approach? What implications would the consideration of the philosophical and theological assumptions underlying the missional church movement have for its evaluation? These questions are answered by placing the missional notion of the church, as well as the institutional-contractual notion against which it reacts, against the background of a sacramental understanding of the church. The latter was the notion of the church that was almost universally taken for granted in the first millennium of the church’s existence.


Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 3297
Total article views: 6316


Crossref Citations

No related citations found.