Original Research

Metateoretiese vertrekpunte ten opsigte van wetenskaplike navorsing in gemeentebediening

Gert Breed
In die Skriflig/In Luce Verbi | Vol 47, No 1 | a88 | DOI: https://doi.org/10.4102/ids.v47i1.88 | © 2013 Gert Breed | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 11 July 2012 | Published: 19 April 2013

About the author(s)

Gert Breed, School for Eccleciastical Sciences, North-West University, Potchefstroom Campus, South Africa

Abstract

Hierdie artikel is deel van ’n reeks oor die verrekening van die metateoretiese vertrekpunte in die wetenskap van Praktiese Teologie. Die eerste fase van die reeks bied die teoretiese onderbou vir die werklikheids-, hermeneuties- en wetenskapsteoretiese beskouing van die vak. Die tweede fase fokus op die invloed wat hierdie vertrekpunte op die wetenskaplike navorsing van die verskillende vakgroepe in die Praktiese Teologie het. Hierdie artikel handel oor die wetenskaplike benaderingswyse tot die navorsingsveld van gemeentebediening. In hierdie artikel word die persoonlike metateoretiese perspektief waarmee die vakgebied van gemeentebediening benader word, uitgespel en verantwoord ten opsigte van die volgende: die werklikheidsbeskouing waarmee daar op die navorsingsveld van gemeentebou gefokus word; die onderbou van die hermeneutiese beskouing wat nodig is om tot ’n verstaan te kom en tot ’n verantwoordbare verhouding tussen die elemente wat in die gemeentebouproses ter sprake kom; en ten slotte om die wetenskapsteoretiese benadering waarmee die navorsingsveld van gemeentebou op ’n wetenskaplik-verantwoorde wyse ondersoek kan word, te beskryf.


Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 3132
Total article views: 6954


Crossref Citations

No related citations found.