Original Research
Metateoretiese vertrekpunte ten opsigte van wetenskaplike navorsing in die Liturgiek
Submitted: 11 July 2012 | Published: 10 April 2013
About the author(s)
Barend J. de Klerk, School for Ecclesiastical Sciences, North-West University, Potchefstroom Campus, South AfricaAbstract
Om die nuwe ontwikkelings in die Liturgiek grondig te kan beoordeel, moet na die metateoretiese onderbou van die verskillende standpunte gekyk word. Wanneer ’n navorser op die terrein van die Liturgiek nie hierdie wendings in sy metateoretiese vertrekpunte verreken nie, kan sodanige navorser of meegesleur word deur hierdie denkrigtings, of aan die ander kant, impulsief reaksionêr ’n onwetenskaplike oordeel daaroor uitspreek. Die navorsingsartikel het daarom ten doel om die eie reformatoriese metateoretiese vertrekpunte ten opsigte van die Liturgiek te probeer formuleer en om vas te stel wat die invloed daarvan is in die konteks van wendings in die denkklimaat asook die leefwêreld en kultuur waarin die wetenskaplike taak uitgevoer word. Hierdie navorsingsartikel het verder ten doel om ’n voorbeeld daar te stel hoe hierdie metateoretiese beskouing ’n navorsingsprojek kan stuur. Die wyse waarop God in die doop werksaam is en die effek daarvan op vergifnis en versoening in die Suid-Afrikaanse konteks, is die voorbeeld van hoe ’n navorsingsprojek in die wetenskap van die Liturgiek aangepak kan word.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 2974Total article views: 6727