Original Research
A framework for crafting and implementing a congregational strategy in the local congregations of the Reformed Churches of South Africa
Submitted: 16 July 2012 | Published: 12 December 2012
About the author(s)
Aldeon B. Grobler, Potchefstroom Business School, North-West University, Potchefstroom Campus, South AfricaJ. Louw van der Walt, School of Ecclesiastical Science, North-West University, Potchefstroom Campus, South Africa
Barend J. de Klerk, School of Ecclesiastical Science, North-West University, Potchefstroom Campus, South Africa
Abstract
’n Raamwerk vir die ontwerp en implementering van ’n gemeentestrategie in die plaaslike gemeentes van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika. ’n Kerk is ’n unieke organisasie. Die kerk is primêr onsigbaar en geestelik van aard. Tog funksioneer dit as ’n instituut in die wêreld en moet dit doelmatig en doeltreffend bestuur word, ten einde alles ordelik te laat verloop en doelgerig te laat funksioneer. Johannes Calvyn het die idee dat ’n gemeente slegs ’n geestelike instelling is, waarvan die sigbare administratiewe deel as onbelangrik afgemaak word, verwerp. ’n Empiriese studie is gedurende 2010 onderneem om vas te stel tot watter mate gemeentestrategieë wel in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) opgestel en uitgevoer word. Die kennis wat ingewin is met die empiriese studie is gekombineer met ’n literatuurstudie oor die vakgebied van Strategiese Bestuur, en ’n raamwerk vir die ontwerp en implementering van ’n gemeentestrategie is daargestel. Hierdie raamwerk kan deur gemeenteleiers gebruik word in die ontwerp en implementering van hulle gemeente se strategie. Die navorsing sluit af met die aanbeveling dat daar oorweging geskenk moet word om ‘n kursus in strategiese bestuur in die opleidingsillabus van teologiese studente in te sluit. ’n Verdere aanbeveling is gemaak dat, weens die gespesialiseerde aard en koste aan eksterne Strategiese Bestuurskonsultante verbonde, die Administratiewe Buro van die GKSA oorweging behoort te skenk om hulle eie konsultant in diens te neem. Die opdrag moet wees om gemeentes van die GKSA by te staan in die ontwerp en implementering van die gemeentestrategie.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 5140Total article views: 10725
Crossref Citations
1. Enhancing youth involvement in community development: A pragmatic strategy for local churches
Mawethu Msebi, Jacques W. Beukes
Verbum et Ecclesia vol: 45 issue: 1 year: 2024
doi: 10.4102/ve.v45i1.2956
2. Influence of strategy formulation on the performance of catholic parishes in Kenya
David Ngigi Kariuki, Daniel M. Kitonga, Robert Arasa
Journal of African Studies and Development vol: 15 issue: 1 first page: 1 year: 2023
doi: 10.5897/JASD2022.0668
3. How Can Strategic Leadership be Applied to the Development of the Local Church?
Jan Inge Jenssen
Scandinavian Journal for Leadership and Theology vol: 6 year: 2019
doi: 10.53311/sjlt.v6.42