Original Research

Die verbond - van Ou Testament na Nuwe Testament

H. F. van Rooy
In die Skriflig/In Luce Verbi | Vol 17, No 66 | a1189 | DOI: https://doi.org/10.4102/ids.v17i66.1189 | © 1983 H. F. van Rooy | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 05 June 1983 | Published: 05 June 1983

About the author(s)

H. F. van Rooy,, South Africa

Full Text:

PDF (268KB)

Abstract

Die verbondsbegrip het in die Ou Testamentiese wetenskap weer ’n plek gekry op grond van die werk van Eichrodt en die studie van ooreenkomste tussen die verbond in die Ou Testament en die buite-Bybelse staatsverdrae, sedert die werk van Korosec,Mendenhall en baie ander. Natuurlik bestaan hieroor nie eenstemmigheid nie, veral omdat oor die ouderdom van die verbondsgedagte in die Ou Testament nie eenstemmigheid bestaan onder geleerdes nie. Die studie van die verbond in die Nuwe Testament het egter nie naastenby dieselfde aandag gekry nie - iets wat miskien as een van die redes vir die ontkenning van die waarde van die verbond vir Nuwe Testamentiese gelowiges beskou kan word. In hierdie studie word drie sake aangeraak, nl. die terminologie vir verbond in die Ou en Nuwe Testament, die agtergrond vir en belangrikste vorme van die verbond in die Ou Testament en enkele opmerkings oor die verbond in die Nuwe Testament.

Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 2770
Total article views: 1690


Crossref Citations

No related citations found.